About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 83
|
|
S v Toboko en 'n Ander (582/91) [1992] ZASCA 83 (22 May 1992)
Saaknommer: 582/91 N v H
PETRUS TOBOKO & 'N ANDER
en
DIE STAAT
SMALBERGER, AR :-
Saaknommer : 582/91 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen
PETRUS TOBOKO
Eerste Appellant
BENEDICT
MOKHOTHOTSO
Tweede Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: SMALBERGER, AR, et NICHOLAS,
HOWIE, WN ARR
VERHOORDATUM
: 14 MEI 1992
LEWERINGSDATUM
:
22 MEI 1992
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:
Die appellante is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling deur KLOPPER,
Wn R en twee assessore skuldig bevind aan huisbraak
met die opset om te roof en
roof met verswarende omstandighede (aanklag 1) en moord (aanklag 2). Op aanklag
1 is hulle elk
2
tot agtien jaar gevangenisstraf gevonnis. Op aanklag 2, by ontstentenis van
versagtende omstandighede, is hulle albei, kragtens die
destydse geldende reg,
die verpligte doodvonnis opgelê. Die verhoorregter het hulle aansoeke om
verlof om teen hulle skuldigbevindings
op aanklag 2 te appelleer, geweier. Hulle
daaropvolgende petisie aan die Hoofregter vir sodanige verlof is eweneens van
die hand
gewys.
Na die inwerkingtreding van die Straf= regwysigingswet 107
van 1990 is die appellante se gevalle ooreenkomstig art 19(8) van daardie
Wet
oorweeg deur die paneel aangestel ingevolge art 19(1). Die paneel het bevind dat
indien art 277 van die Strafproseswet 51 van
1977, soos gewysig deur
eersgenoemde Wet, ten tye van die vonnisoplegging in werking was, die
doodvonnisse waarskynlik nogtans opgelê
sou gewees het. Dit het tot gevolg
dat hierdie Hof die aangeleentheid nou moet oorweeg asof daar appélle
van
3
die appellante teen hulle doodvonnisse voor hom dien. Die bewese feite in die
onderhawige geval kom kortliks op die volgende neer.
Mnre P J van Aswegen ("die
oorledene") en J T van Aswegen ("die klaer") twee broers, albei bejaarde
persone, was woonagtig op hulle
plaas in 'n afgeleë deel van die distrik
Dewetsdorp. Gedurende die nag van 29 September 1988, terwyl die oorledene en die
klaer
in afsonderlike kamers beide aan die slaap was, het die appellante by die
plaashuis ingebreek. Toegang is deur 'n kombuisvenster
verkry. Die eerste
appellant was met 'n tuisgemaakte mes, en die tweede appellant met 'n
skroewedraaier, wat hulle vroeër vanuit
buitegeboue op die werf verwyder
het, gewapen. Die klaer is gewek deur 'n geweldige vuishou op sy mond wat van sy
tande uitgeslaan
en gebreek het. Sy aanvaller was die tweede appellant.
Dié het hom steekhoue toegedien met die skroewedraaier, en hom ook
gewurg. Van die klaer is geld en 'n vuurwapen geëis, en
4
hy is met die dood gedreig. Die eerste appellant het by hulle aangesluit. Die
twee appellante het die klaer met die gang afgedwing
na die oorledene se
slaapkamer. Die oorledene was bebloed en het op sy bed gesit - lê. Die
eerste appellant het die oorledene
genader waarop die oorledene hom geskop het
dat hy teen die muur beland het. Die eerste appellant het die oorledene toe
verwoed met
'n mes aangeval en hom verskeie steekwonde toegedien. (Volgens die
klaer is die oorledene "ten minste 'n halfdosyn kere" gesteek.)
Die tweede
appellant het op daardie tydstip niks aan die oorledene gedoen nie. Geld is uit
die oorledene se hangkas geneem. Daarna
is die klaer deur die tweede appellant
na die motorhuis gedwing waar hy uit die motor se paneelkissie geld gehaal het
wat hy aan
die appellante oorhandig het. Hulle het almal weer na die huis
teruggekeer. Kort na hulle aankoms daar het die klaer sy bewussyn
verloor. Toe
hy later bykom, was
5
die appellante reeds weg. Hy het daarin geslaag om by sy motor te kom en het
hulp gaan ontbied. Dit het later geblyk dat verskeie
items uit die huis geroof
was. Die oorledene is dood as gevolg van die beserings wat hy tydens die
aanrandings op hom opgedoen het.
Die oorsaak van sy dood was "indringende wonde
van die kop, nek, romp en boonste ledemate met indringing van die superior vena
cava,
linker interne jugulêre vena, regterlong vate en bloedverlies". Die
oorledene se liggaam het altesame 27 wonde gehad. Uit die
voorkoms van die wonde
was dit tydens die regsgeneeskundige lykskouing duidelik dat twee verskillende
wapens - 'n mes en 'n voorwerp
soos 'n skroewedraaier - vir die indringende
wonde ver= antwoordelik was. Gelyke aantal wonde, waarvan verskeie potensieel
noodlottig
was, is met elk van die wapens toegedien. Die klaer het tydens die
voorval veelvuldige oppervlakkige steekwonde met 'n enkel
6
penetrerende wond opgedoen. Hy het ook frakture van die ribkraakbeen en
kneuswonde aan die nek en buik
gehad.
Die verhoorhof het bevind dat die steekwonde waaraan die oorledene
beswyk het, deur beide appellante toegedien is. Die tweede appellant
word met
die aanval verbind deur (1) die skroewedraaierwonde; (2) bloed op sy klere van
dieselfde bloedgroep as dié van die
oorledene; (3) 'n hoofhaar van die
oorledene wat op sy klere gevind is; en (4) sy skoenspore in die oorledene se
kamer. Aangesien
die klaer nooit gesien het dat die tweede appellant die
oorledene aanrand nie, moes die tweede appellant noodwendig deelgehad het
aan
die aanranding op die oorledene voordat hy (die klaer) aangeval is. Die
verhoorhof het ook bevind dat albei appellante met
dolus directus
opgetree het - 'n onvermydelike afleiding gesien die aard, omvang en ligging van
die wonde wat die oorledene toegedien is.
7
Die beginsels wat tans in ' n appèl teen die doodvonnis van toepassing
is, is welbekend en behoef geen toeligting nie. Hierdie
Hof is geroepe om met
inagneming van verswarende en versagtende faktore te beslis of die doodvonnisse
ten opsigte van die moord die
enigste gepaste vonnisse is.
Daar is verskeie
verswarende faktore aanwesig. Die rooftog was goed beplan. Die beplanning het
ingesluit 'n lang reis deur die appellante
na hulle eindbestemming en sekere
voorsorgmaatreëls, insluitende die verkryging van geskikte wapens, voordat
hulle die huis
binnegegaan het. Hierdie is dus nie 'n geval waar die appellante
op die ingewing van die oomblik opgetree het nie. Hulle motief vir
die rooftog
was suiwer materiële gewin. Die oorledene en die klaer was bejaarde persone
wat in die privaatheid van hulle eie
huis aangeval is toe hulle totaal weerloos
was. Die oorledene is op 'n wrede en
8
meedoënlose wyse aangerand. Ofskoon dit nie bewys is dat die appellante
na die plaas toe gegaan het met die vooropgesette bedoeling
om die oorledene
dood te maak nie, is die nodige opset later tydens die rooftog gevorm en het
albei appellante met die direkte opset
om te dood opgetree. Daar was ook tydens
die verhoor geen tekens van opregte berou vir hulle verfoeilike daad by hulle te
bespeur
nie.
Daar is weinig strafversagtende faktore aanwesig. Die appellante
is nie eerste oortreders nie. Hulle het albei vorige veroordelings
vir geweld.
Die oortredings was egter betreklik gering en is gepleeg toe die appellante nog
jeugdiges was. Die Staat het die houding
ingeneem dat die afwesigheid van enige
noemenswaardige vorige veroordelings as 'n strafversag= tende faktor beskou kon
word. Ek aanvaar
dit so vir die doeleindes van die onderhawige appél. Die
advokate wat namens die appellante verskyn het, het wedersyds
9
betoog dat die een appellant onder die invloed van die ander opgetree het.
Die betrokke plaas was aan die eerste appellant bekend
aangesien hy vroeër
vir 'n tydlank daar gewerk het en dit is dus waarskynlik dat die inisiatief vir
die rooftog van hom gekom
het. Dit maak egter nie saak nie, want dit is duidelik
dat welke appellant ookal die inisiatief geneem het, die ander appellant
gewillig
en selfs geesdriftig meegedoen het aan die gebeure. Daar kan dus geen
sprake van beïvloeding wees wat as strafversagtend beskou
kan word
nie.
Ten tye van die pleging van die misdaad was die appellante 24 en 23 jaar
oud onderskeidelik. Hulle was dus nie meer jeugdiges nie.
Albei het vaste
betrekkings gehad en was getroud. Die een het een kind gehad, die ander twee.
Albei het 'n betreklike lae opvoedingspeil
en kom van 'n minderbevoorregte
sosio-ekonomiese agtergrond. Hierdie
10
faktore is nie noodwendig op sigself strafversagtend nie - hulle dui egter
daarop dat die moontlikheid nie uitgesluit kan word dat
die appellante
rehabiliteerbaar is nie.
Daar is betoog dat die oorledene die eerste
appellant beledig het toe hy hom geskop het en dat dit tot die verdere
aanranding aanleiding
gegee het. Dit is as strafversagtend voorgehou. Daar steek
niks in die betoog nie. Die oorledene was reeds noodlottig gewond voordat
hy die
eerste appellant geskop het. Buitendien was die oorledene se optrede daarop
gemik om hom teen die eerste appellant te verweer.
Die eerste appellant kan dus
nie regtens op die beweerde belediging staatmaak as synde strafversagtend
nie.
By oorweging van die vraag of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis
is, is daar nie tussen die twee appellante te onderskei nie.
Die
strafverswarende
11
en -versagtende faktore geld in gelyke mate ten opsigte van albei. Ofskoon
die verswarende faktore die versagtende faktore verreweg
oortref, is dit nie
noodwendig deurslaggewend nie. Die oogmerke van
straftoemeting moet ook in aanmerking geneem word by die
beoordeling van
die gepaste vonnis. Dat die appellante
moontlik vir rehabilitasie vatbaar is,
is een van die
oogmerke wat oorweeg moet word. In gevalle soos
die
onderhawige moet afskrikking en vergelding egter
voorrang geniet. Soos
gestel in
S v Mnune
('n
ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof
gelewer op
26 Maart 1992):
"Aanvalle op weerlose bejaardes wat in hulle eie wonings, dikwels op
afgeleë plase, beroof en vermoor word, is in die afgelope
tyd in uitsprake
van hierdie hof beskryf as iets wat uiteraard vir die gemeenskap verderflik is.
In sulke gevalle tree die gemeenskapsbelang,
asook die afskrikkings- en
vergeldings= elemente sterk op die voorgrond by die oorweging van die gepaste
straf."
12
(Sien ook in diê verband
S v Shabalala and Qthers
1991(2) SASV
478(A) op 483 C - E.) Hierdie is
uiteraard 'n geval waar "the perceptions,
sensibilities and interests of the community demand nothing less than the
extreme penalty"
(
S v Majosi and Others
1991(2) SASV 532(A) op 541 E -
F).
In die geval van elk van die appellante word die appél afgewys en
die doodvonnis bekragtig.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
NICHOLAS, Wn AR ) stem saam HOWIE, Wn AR )