Minister van Wet en Orde v Wilson en 'n Ander (544/1990) [1992] ZASCA 81; 1992 (3) SA 920 (AD); [1992] 2 All SA 238 (A) (22 May 1992)

Brief Summary

Tort — Assault — Police officer's authority — The first respondent, Wilson, sought damages from the Minister of Law and Order and police officer Minnie for injuries sustained during an altercation in which Minnie, acting in his capacity as a police officer, assaulted Wilson without lawful justification. Minnie claimed to have acted in self-defense and to have been performing his duties; however, the court found that he had acted unlawfully and outside the scope of his authority. The court held that both Minnie and the Minister were jointly liable for the damages suffered by Wilson due to Minnie's unlawful actions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 81
|

|

Minister van Wet en Orde v Wilson en 'n Ander (544/1990) [1992] ZASCA 81; 1992 (3) SA 920 (AD); [1992] 2 All SA 238 (A) (22 May 1992)

LL
Saak No 544/1990
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appél van:
MINISTER VAN WET EN ORDE
Appellant
teen
RAYMOND JOHN WILSON
Eerste Respondent
en
MARK MINNIE
Tweede Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, SMALBERGER, KUMLEBEN,
F H GROSSKOPF ARR et HOWIE WAR
VERHOORDATUM
: 12 MEI 1992
LEWERINGSDATUM
: 22 MEI 1992
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2
Voortspruitende uit gebeure wat vroegaand
van 27
Februarie 1988 in en naby 'n woonstelgebou
("Hayleigh") in Port Elizabeth
plaasgevind het, het
die eerste respondent ("die eiser") 'n aksie vir skadevergoeding teen die
appellant en die tweede respondent ("Minnie") aanhangig
gemaak. Hy het o a
beweer dat hy op verskeie wyses deur Minnie aangerand en uiteindelik by die
agterkant van 'n polisie-voertuig
ingedwing was; dat Minnie, 'n speurder-sersant
in die Suid-Afrikaanse Polisie, binne die omvang van sy diensbevoegdhede as 'n
polisiebeampte
opgetree het; dat hy (die eiser) beserings opgedoen en pyn
ondervind het; dat hy van sy vryheid beroof was, en dat sy waardigheid
aangetas
was. Dienten-gevolge het hy ' n totale bedrag van R9 000 van die appellant en
Minnie, gesamentlik en afsonderlik, gevorder.
Wat die verweerskrifte betref, hoef slegs
3 vermeld te word dat Minnie erken het dat hy 'n beperkte mate van geweld
aangewend het en die eiser vir 'n tydperk van sy vryheid
beroof het omdat
hy
eers in noodweer gehandel en daarna 'n arrestasie uitgevoer het, asook dat
die appellant ontken het dat Minnie binne die bestek van
sy diensbevoegdhede
opgetree het.
Ten tye van die gebeure was die eiser bevriend met ' n dame ("Gayle") met wie
hy voor die verhoor getrou het. Gayle was 'n gewese
vrou van Minnie. Die eiser
getuig dat hy en Gayle die betrokke aand saam in sy woonstel in Hayleigh was.
Gayle was nie ten volle
gekleed nie en was besig om klere te stryk. Hy hoor die
deurklokkie lui; maak die voordeur oop en sien 'n man (wat later Minnie geblyk
te wees het) by die deur staan. Minnie vra of Gayle daar is omdat hy met haar
wil praat. Terself-dertyd beweeg hy deur die deuropening.
Die eiser
4 keer
hom met sy arm en sê dat Gayle besig is om aan te trek. Daarop slaan
Minnie die eiser in sy gesig. Die eiser strompel
terug en Minnie slaan en stamp
hom herhaaldelik met sy vuis en knie. Gayle probeer keer maar Minnie sê
vir die eiser: "Do you
know who I am, I'll ... kill you". Vervolgens beskuldig
Minnie die eiser dat hy eersgenoemde se vriendin opgebel en twak aan haar
oorgedra het. Hy hervat sy aanval met die vuis en knie en sê dan:
"Come, we are going to go to my girlfriend
and you are going
to tell her you haven' t
been phoning."
Daarop kry Minnie die eiser beet by die hare van sy agterkop en sleep hom as'
t ware met die trappe af na die grondvloer van Hayleigh
waar Minnie sy vinger in
die eiser se oog steek. Terwyl Minnie nog steeds die eiser beet het, beweeg
hulle ongeveer 50 meter na 'n
punt in Clydestraat en vandaar na die
5 ander
kant van die straat. Terwyl hulle Clydestraat oorsteek, slaan Minnie die eiser
in die ribbes. 'n Waarnemer ("X") vra vir Minnie
wat aan die gang is. Minnie
antwoord dat die eiser 'n verdagte persoon is waarop X sê dat Minnie
onmenslik optree. Laasge-noemde
se reaksie is tweërlei. Eerstens dwing hy
die eiser om op sy rug op die sypaadjie van Clydestraat te lê en sit hy sy
voet
op die eiser se nek, en tweedens snou hy vir X toe dat hy (Minnie) 'n
speur-dersersant is en dat "if you want a piece of me, come
and get it". 'n
Klein skare vergader en 'n dame maak die venster van 'n woonstel in Clydestraat
oop. Sy leun by die venster uit waarop
Minnie vir haar skreeu dat hy
speurdersersant Minnie is en dat sy die polisie telefonies moet ontbied. Later
sê Minnie vir
die eiser: "You can go, I am finished with you now". 'n
Omstander sê egter dat die polisie aan die kom is. Kort daarna daag
twee
vangwaens op. Minnie lig sy
6 voet vanaf die eiser se nek en neem hom na die
agter-kant van een van die waens. Op bevel van 'n ander polisieman klim die
eiser
in die wa. Gayle kom egter aangehardloop, vertel wat gebeur het, en
uiteindelik gaan die eiser, Gayle en polisiebeamptes na die eiser
se woonstel
waar hy 'n verklaring aan konstabel Goosen maak.
Die eiser getuig ook dat Minnie nooit vir hom gesê het dat hy
gearresteer word nie, en dat geen rede verskaf is waarom hy in
die vangwa moes
klim nie.
Gayle het die eiser se weergawe aangaande die aanvanklike aanranding op hom,
en die gebeure na haar aankoms by die vangwa, gestaaf.
Sy het egter uit die
woonstel gehardloop nadat Minnie haar uit die pad gestoot en voortgegaan het om
die eiser te slaan.
Goosen het ook ten behoewe van die eiser
7 getuig. Al wat vermeld hoef te word, is sy getuienis dat toe hy by die
toneel in Clydestraat opdaag Minnie vir hom gesê het
dat hy die eiser na
'n bepaalde polisiestasie moes neem vir sogenaamde daggatoetse.
Die eiser het
nog twee getuies wat volgens hulle waarnemers van die gebeure in Clydestraat
was, opgeroep. Die landdros het egter bevind
dat hulle powere getuies was en vir
huidige doeleindes is dit ook nie nodig om na hul weergawes te verwys nie.
Minnie was die enigste persoon wat getuig het nadat die eiser sy saak gesluit
het. Hy verhaal soos volg. Die oggend van 27 Februarie
1988 maak sy vriendin
("Bernadine") sekere mededelings aan hom. In die lig van sy eie kennis kom dit
daarop neer dat Gayle vir Bernadine
geskakel het en gesê het dat sy vir
Minnie wou ontmoet. Daarna gaan hy na 'n krieketwedstryd. Bernadine daag later
op. Sy is
in trane. Sy gee te kenne dat sy vir Gayle geskákel het
8
en dat laasgenoemde gesê het dat indien Minnie haar wou sien dit nie
vir Bernadine aangaan nie. Later besluit hy om Gayle op
te soek en aldus vas te
stel wat aan die gang is. Ene Marais laai hom naby Hayleigh af en beloof om vir
hom te wag. Die voor-deur
van die eiser se woonstel is oop maar geen lig brand
binne nie. Hy klop en 'n persoon wat later vir hom blyk die eiser te wees, kom
tot in die ingangs-portaal. Minnie stap binne en vra of Gayle daar is. Die eiser
sê: uit! Minnie meld dat hy met Gayle wil
praat. Die eiser reageer op twee
wyses. Eerstens herhaal hy sy bevel en tweedens slaan hy Minnie op sy mond.
Daarop gebruik Minnie
beide sy vuiste. Die linkervuis skram weg maar die
regtervuis tref die eiser vol in die gesig. Minnie gebruik ook sy knie en stamp
die eiser in sy maag. Daarop gryp die eiser hom en 'n ligte struweling ontstaan
terwyl hy probeer om een van die eiser se arms agter
laasgenoemde se
9 rug
vas te pen. Gayle verskyn op die toneel en trag om tussenby te tree. Minnie
stoot haar weg waarop sy uit die woonstel hardloop.
Minnie vervolg dat hy die
eiser uit die woonstel dwing met die mededeling dat hy hom na 'n polisiestasie
neem. Die rede is dat Minnie
die identiteit van sy aanrander wil vasstel en 'n
klagte teen hom aanhangig wil maak. Terwyl hy die eiser se regterarm agter
dié
se rug vashou gaan hulle met die trappe na benede en daarvandaan na
die plek waar Marais op Minnie sou wag. Marais en sy voertuig
is egter nie daar
nie. Ter nakoming van 'n bevel van hom gaan lê die eiser op sy maag op die
sypaadj ie. 'n Vrou kyk uit by
'n venster van 'n woonstelgebou en Minnie, met
verstrekking van sy amp en identiteit, vra haar om die polisie te skakel omdat
hy
'n vangwa benodig. Net daarna probeer die eiser opstaan. Minnie sit sy voet
op die agterkant van die eiser se
10 nek en sê dat hy moet bly lê
totdat die polisie opdaag. 'n Aantal persone versamel en op 'n navraag meld
Minnie dat
hy besig is met 'n arrestasie. Later daag 'n vangwa op. Hy vra vir
Goosen om die eiser na 'n spesifieke polisiestasie te neem, maar
noem nie 'n
rede vir die versoek nie.
Die landdros het bevind dat daar weersprek-ings tussen die getuienis van die
eiser en dié van Gayle was maar dat hulle nie
wesentlik was nie. Hoewel
hy hulle blykbaar as bevredigende getuies beskou het, was sy geheelindruk egter
dat hulle getrag het om
die gebeure 'n bietjie meer dramaties voor te stel as
wat "dit dalk in werklikheid was". Wat Minnie se houding in die getuiebank
betref, meld die landdros slegs dat hy selfversekerd en vol ver-troue voorgekom
het. Nogtans is Minnie se verweer van noodweer verwerp.
In eerste instansie
bevind die landdros dat Minnie se weergawe van sy beperkte
11
geweldsuitoefening nie te rym is met die veeltal beserings wat die eiser
volgens onder andere 'n mediese getuie opgedoen het nie.
Tweedens bevind die
landdros dat Minnie volgens sy eie weergawe ongenooid die woonstel ingestap het
en derhalwe die "aanvaller" was.
Vervolgens konkludeer die landdros dat die appellant en Minnie gesamentlik en
afsonderlik teen-oor die eiser aanspreeklik is vir die
skade wat hy gely het as
gevolg van Minnie se optrede. Ek keer aanstons terug na die redes hiervoor
betreffende die appellant se
aanspreeklikheid. Op hierdie stadium meld ek slegs
dat die som van R2 000 toegeken is as vergoeding vir die pyn en lyding wat die
eiser onder-vind het, en 'n identiese bedrag vir aantasting van sy waardigheid.
(Die eiser se vordering ten opsigte van vryheidsberowing
is voor die verhoor
geskik.)
Die appellant het hierna in hoër beroep na
12 die Oos-Kaapse Afdeling gegaan. Dié appèl, wat nie deur die
eiser of Minnie bestry is nie, was egter nie suksesvol
nie. Die hof van
appèl het naamlik ook bevind dat die appellant middellik vir die
regsge-volge van die onregmatige optrede
van Minnie aan-spreeklik was. Verlof is
egter aan die appellant verleen om na hierdie hof te appelleer. Vandaar die
onderhawige appèl
wat ook nie deur die eiser of Minnie bestry is nie.
Die kernvraag is of Minnie binne die bestek van sy diensbevoegdhede as
polisiebeampte, en dus as werknemer van die Staat, opgetree
het. Die landdros se
bevindinge dienaangaande kan soos volg saamgevat word: Volgens Minnie het hy
homself aan diens geplaas toe die
eiser hom geslaan het, en het hy daarna as
polisiebeampte opgetree ten einde 'n klag teen die eiser aanhangig te maak.
Derhalwe het
hy van meet af bedoel om as polisiebeampte op te tree en
13
is die appellant in die lig van die beslissing van hierdie hof in
Minister
of Police v Rabie
1986 (1) SA 117
(A), solidêr aanspreeklik vir die
skade wat die eiser gely het.
Op appêl na die Oos-Kaapse Afdeling is
betoog dat die landdros nie geregtig was nie om aan die een kant Minnie se
weergawe oor
sy geweldstoepas-sing te verwerp, en aan die ander kant sy
ipse
dixit
oor sy gesindheid te aanvaar. Hierdie betoog is egter verwerp. In
hierdie hof het die appellant weer eens aangevoer dat die landdros
nie
Minníe se getuie-nis oor sy oogmerke moes aanvaar het nie, en ek meen dat
hy dit reg had. By 'n deurlees van die landdros
se uitspraak tref dit dat hy
nêrens bevind of die eiser wel vir Minnie met die vuis geslaan het nie. En
indien dit nie gebeur
het nie, kan vanselfsprekend geen gewig geheg word nie aan
Minnie se weergawe dat hy homself onmiddellik na die beweerde hou aan
diens
14 geplaas het en as polisiebeampte opgetree het.
Dit is onnodig om
in besonderhede die botsende weergawes te kontrasteer. Die volgende oorwegings
toon m i onteenseglik aan dat Minnie
in die algemeen 'n ongeloofwaardige getuie
was:
a)
Volgens Minnie is hy na die
woonstel om navraag te doen oor o a 'n oproep aan Bernadine, maar het hy nooit
daarvan melding gemaak
nie. Hoe sou die eiser dan kom aan sy getuienis dat
Minnie hom van 'n oproep aan Bernadine beskuldig het?
b)
Daar was nie 'n rede waarom die eiser vir Minnie sou slaan nie
alvorens laasgenoemde voldoende geleentheid gehad het om te reageer
op die eiser
se bevel - volgens Minnie - dat hy uit die woonstel moes
padgee.
c)
Dit is hoogs onwaarskynlik dat die
eiser in die donkerte na die voordeur van die woon-stel sou gaan in reaksie op
'n klop aan die
deur.
15 Hoe dit ook al sy, daar was
geen rede nie waarom Minnie die eiser na 'n polisiestasie moes neem om o a sy
identiteit vas te stel.
Nadat hy die eiser tot oorgawe gedwing het, kon hy tog
'n lig van die woon-stel aangeskakel het.
d)
Indien Minnie se weergawe
juis is, sou ' n mens verwag dat hy die eiser daar in die woonstel sou meegedeel
het dat hy hom weens aan-randing
in hegtenis neem. Hy het dit egter op geen
stadium gedoen nie.
e)
Onthou sal word dat
volgens Goosen hy deur Minnie gevra is om die eiser na 'n polisie-stasie te neem
vir daggatoetse. Dit is haas
ondenk-baar dat Goosen hierdie brokkie getuienis
kon versin het en dit is klaarblyklik onvereenselwigbaar met 'n oogmerk van
Minnie
om 'n aanrandingsklag aanhangig te maak. Trouens, Minnie beweer ook nie
dat sodanige klag ter sprake was nie. Volgens hom het hy
glád
nie
16 aan Goosen 'n rede verstrek waarom die eiser
in 'n vangwa gelaai moes word nie - en dit is in sigself uiters
onwaarskynlik.
f) Minnie sê dat hy uiteindelik nie 'n aanrandingsklag teen die eiser
aanhangig gemaak het nie omdat dit ' n geval van suur
druiwe sou wees. Hierdie
motivering maak geen indruk nie.
Ek bevind dus dat die eiser se weergawe substansieël aanvaarbaar is en
dat Minnie se strydige getuienis verwerp moet word. Dit
volg dat die eiser nooit
vir Minnie geslaan het nie en dat laasgenoemde van meet af die geweldenaar was.
Hy kon hom dus nie, soos
hy dit stel, na 'n hou van die eiser aan diens geplaas
het nie. Inteendeel toon die waarskynlikhede aan dat tot by die gebeure in
Clydestraat Minnie nooit beoog het om 'n klag teen die eiser aanhangig te maak
of andersins as 'n polisiebeampte op te tree nie.
Daardie waarskynlikhede dui
ook daarop dat die
17 volgende gebeur het:
Minnie was gegrief oor die
mededelings wat Bernadine aan hom gemaak het. Allig het alkohol wat hy by die
krieketwedstryd gedrink het
sy inhibisies verminder. Toe die eiser hom toegang
tot die woon-stel weier, het hy gevolglik ontplof. Nadat hy die eiser in die
woonstel
aangerand het, was sy gevoel van gegriefdheid nog nie heeltemal
afgestomp nie. Hy wou toe opsluit die eiser na Bernadine neem sodat
die eiser 'n
verduideliking oor die telefoonoproep aan haar kon gee. Omdat hy Marais se
voertuig nie kon vind nie en omstanders begin
navraag doen het oor sy optrede
teenoor die eiser, moes hy egter 'n verduide-liking bedink. Hy het toe vir die
eerste keer laat blyk
dat hy 'n polisiebeampte was en dat hy in daar-die
hoedanigheid die eiser weens die pleging van 'n misdaad onder bedwang gehad het.
Gerieflikheidshalwe noem ek die gebeure tot bostaande verstrekking van 'n
18
verduideliking die eerste fase, en dié daarna die
tweede fase.
Gedurende die eerste fase het Minnie nooit beoog om as
polisiebeampte op te tree of voorgegee om sulks te doen nie. In besonder is
daar
geen sprake dat hy van sy bevoegdhede as polisiebeampte gebruik gemaak het of
wou maak nie. Hy het dus nie binne die omvang
van sy diensbevoegdhede opgetree
nie.
Die tweede fase is meer problematies. Die aanranding het nog voortgeduur in
die sin dat Minnie as't ware die eiser se nek met sy voet
vasgepen het, en
hoewel dit nie blyk dat hierdie optrede pyn ver-oorsaak het nie, is die eiser se
waardigheid sekerlik daardeur aangetas.
Indien die appellant middellik
aanspreeklik is, sou hy dus vir 'n gedeelte van die bevonde skade aanspreeklik
wees.
Ons is gevra om die juistheid van die meerderheidsuitspraak in
Rabie
in heroorweging te
19 neem. Om redes wat volg meen ek nie dat dit nodig
is
om aan die versoek te voldoen nie. Dit is in elk geval onwenslik omdat
slegs die appellant by die verhoor van die appèl verteenwoordig
was.
In
Rabie
is bevind dat waar ' n persoon as polisiebeampte aangestel
word die Staat 'n risiko van onregmatige benadeling van derdes skep; d
w s 'n
risiko dat die beampte sy bevoegdhede vir sy eie doeleindes kan misbruik deur bv
aanranding en onreg-matige arrestasie. Jansen
AR het dit nie nodig geag om die
perke van aanspreeklikheid weens die skepping van die risiko te omskryf nie maar
het vroeër
in die uitspraak gesê (op p 134D-E):
"... if there is ... a sufficiently close link between the servant's acts for
his own interests and purposes and the business of his
master, the master may
yet be liable." Dit kom my dus voor dat selfs by 'n toepas-
20 sing van die
Rabie
-maatstaf die verband tussen onreg-matige benadeling deur 'n
polisiebeampte vir sy eie doeleindes, maar met aanwending van sy bevoegdhede,
en
die risikoskepping so skraal kan wees dat die Staat nie middellike
aanspreeklikheid oploop nie.
Ek keer terug na die tweede fase. Minnie het nooit uit eie beweging besluit
om die eiser te arresteer of aan te kla nie. Inderdaad
het hy nooit die eiser
meegedeel dat hy onder arres was nie. En soos reeds gemeld, was dit slegs die
aanwesigheid van omstanders
wat meegebring het dat hy met vermelding van sy amp
versoek het dat die polisie ontbied moes word. Selfs toe wou hy sy fisiese
aanhouding
van die eiser ongedaan maak. Hy het naamlik op 'n latere stadium,
maar voor die aankoms van die vangwaens, vir die eiser gesê:
" (Y)ou can go, I am f inished with you
now."
21
Sy voorneme is egter gefnuik omdat een van die omstanders geskreeu het:
"(N)o wait for the police, they are coming
now."
In
Rabie
is bevind dat die betrokke polisiebeampte "intended
throughout to act as a policeman, in the sense of intending to exercise his
authority
as a policeman", en dat hy inderdaad dus-danig opgetree het. Per
kontras, en soos blyk uit bostaande, wou Minnie nie die eiser arresteer
nie en
het hy dit nie gedoen nie. En nieteenstaande wat hy laat blyk het, wou hy ook
nie sy bevoegdhede as polisiebeampte uitoefen
nie. Alles wat hy in Clyde-straat
te kenne gegee het, was bloot bedoel as rook-skerm om teenoor andere sy
geweldsuitoefening in sy
persoonlike hoedanigheid te verbloem. Minnie se gedrag
tydens die tweede fase is gevolglik so ver verwyderd van die risikoskepping
deur
sy aanstelling
22
as polisieman dat die Staat nie daarvoor aanspreeklik gehou kan word
nie.
Ten slotte meld ek dat die appellant nie op enige kostebevel aangedring
het nie.
Die appêl slaag en die volgende word gestel in die plek van die bevel
van die hof
a quo
:
"Die appél slaag en die bevel van die landdros word gewysig om te
lui:
'Die tweede verweerder word gelas om die
som van R4 000 en
gedingskoste aan die
eiser te betaal.'"
H J O VAN HEERDEN AR
SMALBERGER AR
KUMLEBEN AR
STEM SAAM
F H GROSSKOPF AR
HOWIE AR AR