About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 197
|
|
S v Van Vuuren (235/90) [1991] ZASCA 197 (29 November 1991)
Saak Nr 235/90 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
M.P.C. VAN VUUREN
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
CORBETT HR et
VIVIER, VAN DEN HEEVER ARR.
VERHOOR:
13
September 1991.
GELEWER:
29
November 1991.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2/...
2.
VIVIER AR:
Die appellant, 'n 46-jarige vrou,
is in die Streekhof op Bethal daaraan skuldig bevind dat sy gedurende
die tydperk vanaf 26 Julie
1986 tot 29 Oktober 1988 op verskillende
geleenthede 'n totale bedrag van R73 456-07 van haar werkgewer,
Volkskasbank ("die
bank") gesteel het. Sy is gevonnis tot
vyf jaar gevangenisstraf waarvan die helfte vir vyf jaar op die
gebruiklike voorwaardes
opgeskort is. Sy het teen die vonnis na die
Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer wat die vonnis vervang
het met een van vyf
jaar gevangenisstraf waarvan vier jaar
gevangenisstraf vir vyf jaar op die gebruiklike voorwaardes opgeskort
is. Met verlof van die
Hof a
quo
appelleer sy na hierdie Hof
teen die vonnis.
Die appellant het by die verhoor
skuldig
3/...
3.
gepleit. Die omstandighede
waaronder die misdryf gepleeg is, blyk uit haar eie getuienis ter
versagting sowel as uit dié van
mnr Gouws, die hoofbestuurder
van Mannekrag by die bank en prop. Pretorius, haar predikant. Die
appellant was vanaf 1961 totdat sy
teen die einde van 1988 ontslaan
is, in diens van die bank by sy tak op Bethal. Sy was toe die
rekenmeester op Bethal en derde in
bevel van die tak. Die metode wat
die appellant gebruik het om die voormelde bedrag te steel, was om
telkens deur middel van fiktiewe
inskrywings in die bank se boeke,
fondse oor te plaas na een van die bank se eie rekenings waarop sy
tekenmagte gehad en waaruit
sy dan die geld onttrek het, Sy het
aanvanklik 'n bedrag van R12 000 op hierdie wyse gesteel deur die
rekening van h kliënt
van die bank met hierdie bedrag te
debiteer en die tekort op sy rekening aan te vul uit 'n
kasboekrekening van
4/...
4.
die bank waarin rente wat die bank
op kliënte se oortrokke rekenings verdien het, gestort is.
Daarna is fondse vir al die ander
geld wat die appeilant onttrek het,
vanuit gemelde kasboekrekening oorgeplaas.
Behalwe die eerste onttrekking van
R12 000 en een ander
onttrekking van R23 710, blyk die
getal of die
onderskeie bedrae van die
onttrekkings nie uit die
oorkonde nie. Die appellant het
wel gesê dat daar nooit "klein bedrae" deur haar
onttrek is nie. Die feit dat die
geld oor 'n tydperk van meer as twee
jaar gesteel is en dat 'n inspeksie van die tak op Bethal deur
kontrole-beamptes van die bank
op 17 Augustus 1988 nie die
onreëlmatighede aan die lig gebring het
nie, is aanduidend van die
bedrewenheid van die
optrede van die appellant. Sy was
hoog aangeskrewe
en is deur haar meerderes vertrou.
Volgens Gouws was die bank van plan om haar verder op te lei met die
5/...
5.
oog daarop om haar as een van die
eerste vroulike bestuurders of onderbestuurders aan te stel.
Die appellant se getuienis by die
verhoor was dat sy die geld gesteel het weens haar gesin se
finansiële nood en dat sy self
geen persoonlike voordeel daaruit
behaal het nie. Haar man is 'n alkoholis en verwaarloos sy
verpligtings teenoor die huishouding
en sy gesin. Voor sy haar werk
by die bank verloor het, het sy en haar man saam nagenoeg R2 500 per
maand na aftrekkings verdien,
wat nie genoeg was om in die gesin se
finansiële behoeftes te voorsien nie. Hulle 24-jarige dogter was
'n student aan 'n kollege
op Potchefstroom en haar studies het baie
geld gekos. Hulle 25-jarige seun het haar hulp benodig met die
terugbetaling aan die Weermag
van sekere oorbetalings aan hom terwyl
hy grensdiens gedoen het en met die betaling van sy ander skulde soos
'n bedrag van
6/...
6.
R3 500 ten opsigte van sy
kredietkaart en R4 000 ten opsigte van sy motor. Haar man het
ongeveer die helfte van sy netto salaris van
Rl 100 per maand aan
drank bestee. Die res van sy salaris is gebruik om die
verband-paaiemente op die huis en die rente op sy oortrokke
bankrekening te betaal. Sy is deur haar man verantwoordelik gehou om
die ander huishoudelike en gesinsuitgawes te betaal. Benewens
haar
ander huislike probleme blyk dit verder uit Pretorius se getuienis
dat die appellant se man haar by tye aangerand het. Die Verhoorhof
het aanvaar dat haar gesinsopset 'n groot las vir die appellant was
wat haar onder erge emosionele druk geplaas het.
Ten tyde van die verhoor het die
appellant reeds al die geld aan die bank terugbetaal. Dit het sy
gedoen uit haar pensioengeld wat
aan haar uitbetaal is by haar
ontslag, sowel as met die huip van twee
7/...
7.
lenings wat sy by haar familie
gekry het. Sy het 'n
nuwe betrekking by die plaaslike
hospitaal gekry waar
sy h netto salaris van Rl 520 per
maand verdien. Dit
is duidelik uit die getuienis van
Pretorius dat die appellant diep berou het oor haar optrede, selfs
tot so 'n mate dat sy op 'n stadium
depressief geraak en probeer het
om selfmoord te pleeg. Volgens Pretorius het sy egter daarin geslaag
om haar reg te ruk en weer
haar plek in die samelewing in te neem.
Die appellant is 'n eerste oortreder.
Dit is die appellant deur die Hof
a
quo
verkwalik dat sy nie haar meerderes by die bank in haar
vertroue geneem het met haar finansiele probleme nie. Die Hof a
quo
sê in sy uitspraak dat dit op die waarskynlikhede aanvaar moet
word dat, indien sy dit sou gedoen het, die bank haar wel op
die een
of ander manier uit haar verknorsing sou gehelp het. Daar word
8/...
8.
in hierdie verband verwys na Gouws
se getuienis dat 'n sielkundige van die bank vantevore die appellant
se man met sy drankprobleem
gehelp het. Die onbetwiste getuienis van
die appellant was egter dat die bank haar en haar man reeds "buite
perke" finansieel
gehelp het, dat beide van hulle 'n oortrokke
rekening by die bank gehad het en dat sy, met haar kennis van die
bank se houding, oortuig
was dat die bank hulle nie verder sou gehelp
het nie. Na my mening is die houding van die Hof a
quo
dat die
bank die appellant sou gehelp het, gevolglik nie geregverdig nie. Die
Hof a
quo
bevraagteken verder die appellant se getuienis dat
sy al die geld wat sy gesteel het, nodig gehad het vir haar gesin se
finansiële
behoeftes, en sê dat sy nie verduideiik het
waarom dit nodig was om bo en behalwe haar en haar man se
gesamentlike maandelikse
verdienste van R2 500 nog
9/...
9.
sowat R3 000 gemiddeld per maand
van die bank te steel om aan die finansiële behoeftes van die
gesin te voldoen nie. Die Hof
a
quo
sê dat indien in
gedagte gehou word dat die appellant se seun in die Weermag en haar
dogter op kollege was, dit wil voorkom
asof die appellant se
huishoudelike uitgawes nie R5 500 per maand kon bedra het nie.
Alhoewel die appellant sekerlik meer besonderhede
kon verskaf het oor
wat haar kinders haar gekos het en die omvang van die verband-
paaiemente en die rente op die oortrokke bankrekenings,
kan ek nie
met die Hof a
quo
saamstem dat dit voldoende rede is om die
appellant se onbetwiste getuienis dat sy al die geld wat sy gesteel
het vir die gesin se
finansiële behoeftes gebruik het,
tebetwyfel nie. In die omstandighede van die huidige saak beskou ek
nie die bogemelde twee
punte van kritiek teen die Hof a
quo
se
uitspraak as belangrik nie en ek meen nie dat dit
10/...
10.
enige invloed gehad het op die
vonnis wat die Hof a
quo
opgelê het nie.
Namens die appellant is verder
betoog dat die Hof a
quo
in sy oplegging van een jaar
verpligte gevangenisstraf die vertrouensposisie wat die appellant
beklee het, die vergeldingselement
van straf en die belange van die
gemeenskap oorbeklemtoon het. Daar is namens die appellant aan die
hand gedoen dat 'n algehele opgeskorte
vonnis in die besondere
omstandighede van die saak voldoende gewig aan al hierdie aspekte
gee. Die Hof a
quo
sê uitdruklik in sy uitspraak dat
ernstige oorweging daaraan geskenk is om die hele vonnis op te skort,
maar dat hy daarteen
besluit het. Daar word in hierdie verband gesê
dat die appellant haar skuldig gemaak het aan 'n ernstige oortreding
wat oor
'n lang tydperk gepleeg is en dat 'n groot bedrag geld
gesteel is. Vroeër in sy uitspraak
11/...
11.
sê die Hof a
quo
dat
hoewel die gemeenskap van Bethal moontlik nie vra dat die appellant
na die gevangenis gestuur moet word nie, die gemeenskap,
in die bree
gesien, 'n belang daarby het dat bankamptenare wat in 'n
vertrouensposisie is en toegang het tot fondse wat geredelik
op 'n
oneerlike manier tot hul eie voordeel aangewend kan word, na behore
gestraf word. Indien die straf onvoldoende is, mag die
opvatting in
die gemeenskap ontstaan dat mits die omstandighede maar sodanig is
dat simpatie daardeur opgewek word, dit moreel verskoonbaar
is dat
persone in die posisie van die appellant hulle aan fondse help ten
einde hul eie lewensstandaard te handhaaf. Die Hof kan
nie toelaat
dat so 'n opvatting by die gemeenskap ontstaan nie.
Met hierdie benadering van die Hof
a
quo
kan ek nie fout vind nie. Diefstal van 'n groot bedrag
geld wat oor 'n tydperk van langer as twee jaar gepleeg
12/...
12.
word, is 'n ernstige misdaad, en
wanneer dit deur 'n persoon in die vertrouensposisie waarin die
appellant haar bevind het, gepleeg
word, is die laakbaaarheid van die
wandaad soveel groter. Die morele verwytbaarheid van die appellant
bly steeds groot, ondanks haar
jammerlike persoonlike omstandighede.
Hier is geen sprake van 'n skielike versoeking of optrede op die
ingewing van die oomblik nie,
maar eerder van fyn beplanning en
oorwoë handeling wat oor 'n lang tydperk telkens herhaal is. Na
my mening word al die versagtende
faktore in die guns van die
appellant voldoende weerspieël in die vonnis wat die Hof a_
quo
opgelê het en is daar geen grond om met daardie vonnis in
te meng nie,
Ek sou die
app
è
l afwys.
W. VIVIER AR.
SAAKNOMMER: 235/90
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
è
LAFDELING)
In die saak van:
M P C VAN VUUREN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: CORBETT HR, VIVIER
et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 13 SEPTEMBER 1991
GELEWER
:
29 NOVEMBER 1991
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Ek het die uitspraak van my
kollega Vivier gelees, maar het tot 'n ander insig as syne gekom.
Die streeklanddros het met
vonnisbepaling verwys na die drie bekende faktore waarna gekyk moet
word, maar wat die derde betref, gepraat
nie van die belange van die
samelewing nie, maar "die verwagtings wat die gemeenskap
koester", wat iets anders is.
As verswarende faktore het hy
tereg genoem dat appellant 'n senior beampte by Volkskas was en in 'n
vertrouensposisie; dat sy oor
'n lang tydperk die oortreding gepleeg
het; en aangehaal uit beslissings wat klem daarop lê dat die
howe 'n plig het om die
norme van sake-moraliteit te onderskraag.
Hy het ook baie van die
versagtende faktore gelys, egter nie almal nie.
Die hof van tweede instansie het
misgetas in sy redes toe hy die streekhof se vonnis verminder het van
5 jaar waarvan helfte opgeskort
is na 5 jaar waarvan 4
3
opgeskort, soos uitgewys in die
uitspraak van Vivier AR. Die volle prent wat blyk uit die aangevoerde
getuienis, is die volgende:
Appellant was
46 jaar oud toe sy voor die streekhof verskyn het en 'n eerste
oortreder. Sy het vir 28 jaar by Volkskas gewerk. Haar
werksrekord
was uitstekend. Sy was geoormerk vir opleiding om tot 'n bestuurder
of onderbestuurder gepromoveer te word. Desondanks
was die loon wat
sy na aftrekkings uitgekry het in die omgewing van R1 300,00 of R1
400,00 per maand.
Mnr Gouws van Volkskas, 'n
geregistreerde bedryfsielkundige, het getuig dat appellant se
leeftyd 'n kwesbare is vir vrouens wat
aan spanning onderwerp word.
"Wat gebeur is dat emosioneel die vrou redelik onstabiel raak
en ek dink een van die belangrikste
gevolge
4
daarvan is dat so 'n persoon se
oordeel laat hom in baie opsigte in die steek as gevolg van ...
emosionele spanning en die emosionele
onstabiliteit." 3.
Spanning moes appellant wel verduur. Finansiële probleme het
begin of is vererger toe haar man baie
siek was. Sy betreklik karige
inkomste - tussen R1 100,00 en R1 200,00 per maand - was onvoldoende
om saam met hare, aan die behoeftes
van die gesin te voldoen.
Haar eggenoot se drinkgewoonte het
'n drankprobleem geword; wat ook baie geld verorber het, en hom
apaties gemaak het.
Sy moes ook sy plek probeer
volstaan, in die huis en wat betref hulle kinders, wat haar geld uit
die sak gejaag het.
5
Die seun kon die versoeking wat 'n
kredietkaart skep nie weerstaan nie; en moes boonop geld deur die
Weermag oorbetaal, terugbetaal
en het dit nie gehad nie. Vir die
dogter, student op 'n onderwyskollege, moes studie- en losiesgelde
betaal word. Die karretjie op
huurkoop vir haar gekoop, het toe
boon-op gebreek en beaam dat 'n kar inderdaad 'n erf genaam is, soos
die seun s'n ook was.
Teen hierdie agtergrond kon die
tweede verband op hul huis en 'n oortrokke rekening by Volkskas
vanweë hoë rentekoerse slegs
verdere probleme skep in plaas
van verligting bring. 4. Hoewel appellante nie rekenskap kon gee van
die volle bedrag wat sy geneem
het nie, is daar niks om haar
getuienis in twyfel te trek nie,
6
dat dit behalwe vir die uitgawes
veroorsaak deur die kinders soos bo genoem, alles maar "gebruik
is vir die huis en vir die mense
en vir die skuid in die dorp".
Daar is geen suggestie dat sy uitspattig was of luukshede aangekoop
het nie.
Die samelewing waarvan sy 'n
gesiene lid was, het haar in 'n mate reeds gestraf, en weer vergewe.
Sy is kerkmens en was onder sensuur
geplaas maar weens opregte berou
is sy weer opgeneem in die gemeente. Sy is werk aangebied by die
piaaslike hospitaal waar sy ondanks
volle kennis van haar
omstandighede, in h vertrouensposisie geplaas is.
Sy het haarseif ook bestraf. Sy
het gepoog om selfmoord te pleeg om haar gesin skande te spaar. Sy
het by die besturende direkteur
van Volkskas gaan verskoning vra vir
wat sy aan
7
hulle gedoen het.
7. Sy het haar oudag finansiëel
verwoes. Mnr Gouws het vertel dat sy haar pensioengeld wat oor 28
jaar opgebou is, gebruik het
om Volkskas gedeeltelik te vergoed. Die
uitstaande balans het sy geieen van haar moeder en haar skoonsuster,
en dit moet aan hulle
terugbetaal word. Mnr Gouws het getuig dat dit
Volkskas beleid is
in so 'n geval dat die werknemer
nie weer in diens geneem
word nie. Ook teen Volkskas se
beleid, is namens haar
getuienis ter versagting afgelê:
"... ons het ook 'n beleid
dat ons nie getuig ten gunste van enige so 'n persoon nie, maar in
hierdie spesifieke geval omdat
die beskuldigde soveel jare by ons, 28
jaar by ons gewerk het en uitstekende diens gelewer het, het die
besturende direkteur vir
my gevra of ek bereid is om te getuig ter
versagting en ek het onmiddellik gesê ja omdat ons van opinie
is dat ons nie graag
sou wou hê dat sy tronkstraf moet kry
nie."
8
Proponent Pretorius se getuienis
ter versagting
het, nie bewustelik nie, appellant
se lojaliteit teenoor
haar man en strewe om die
gesinseenheid te bewaar,
beklemtoon. Hy het vertel waarvan
sy geswyg het: sy
moes nie alleen die finansies van
die huis hanteer nie,
maar haar man
"as persoon wat die meeste
deel van die finansies uitgegee het op alkoholiese drank het dan van
haar rekenskap geëis as
die begroting nie klop nie en dan wil ek
daarby ook, wat ek ook uit 'n pastorale oogpunt bemerk het is dat sy
in die verlede ook
fisies aangerand is en as 'n mens dit in ag neem,
die finansiële druk en die aanranding met die alkohol saam in ag
neem en h
mens neem in ag dat 'n vrou in haar menopause dikwels tot
irrasionele optrede geneig is, dan glo ek dat hierdie 'n groot
oorsaak
tot die probleem kon wees".
Wat die gemeenskap se houding
teenoor haar
betref sê hy: "Ek kon
'n gevoel van empatie bespeur
eerder as 'n gevoel van
veroordeling." Haar man, veral,
het haar nodig want sy
alkohol-probleem kan vererger sou
sy gevangenis toe gaan. Die
hospitaal en die kerk het
9
haar dienste nodig. Sy was die
sterker ouer-figuur wat aan haar ongetroude kinders leiding gegee het
en gee.
Verdere afleidings wat die hof kan
maak, is dat, afgesien van die effek daarvan op appellante self sou
sy gevangenisstraf moes ondergaan,
sy geen waarborg het dat sy weer
werk sal kry wanneer sy vrygelaat word nie;
sy waarskynlik nie haar skuld aan
haar moeder en skoonsuster sal kan aflos nie;
die gesinswoning met twee
verbande beswaar in die slag sal bly;
alles daarop dui (waar sy
ouderdom amper vyftig bereik het met 'n skoon rekord en berou het)
dat sy self nie rehabilitasie of afskrikking
nodig het nie. Sy sal
nie weer so maak nie.
Ek aanvaar dat vergelding nog een
van die onmisbare boustene is vir die regverdiging van straf. (Vgl
SNYMAN,
STRAFREG
, 2de uitgawe, bl 16-26.) Dit dra
10
na my mening minder gewig as
andersins, waar gesteelde
geld op die oortreder se eie
rekening terugbetaal is,
soos hier. Nog appellant nog die
samelewing kan as
gevolg van daardie vergoeding,
onder die wanindruk
verkeer dat misdaad lonend is of
die howe haar vergryp
geringskat, sou sy gepas buite die
gevangenisstraf
bestraf word.
Waar ons howe daarop klem lê
dat straf
geindividualiseer moet word, en
dit met gerustheid
aanvaar kan word soos haar leraar
en huidige werkgewer
doen dat sy nie weer sal steel
nie, meen ek dat straf, as
vergelding, nie moet uitbly nie,
maar andersoortig moet
wees as dié deur die howe a
quo opgelê, nl. effektiewe
gevangenisstraf. Hiemstra sê
(
SUID-AFRIKAANSE
STRAFPROSESREG
, 4de
uitgawe, bl 584):
"Strafoplegging behoort tot
een van die swartste hoofstukke in die Westerse Kultuurgeskiedenis.
Die wreedaardigheid daarvan was
nie misdaadbestryding nie; dit was
misdaad self, in afskuwelike gedaante. En tog
11
was die ondervinding dat
hardvogtige strawwe die misdadigheid nie verminder het nie. Nie die
swaarte van die strawwe nie, maar die
sekerheid van skuldigbevinding
is die
afskrikmiddel ...
Hoe die straf toemeter sy mag
uitoefen is 'n maatstaf van die geestelike beskawingspeil van die
gemeenskap. Dit word nie gemeet aan
hardheid of sagtheid nie, maar
aan geregtigheid en doeltreffendheid. ...
Daar moet nie alleen na die aard
van die oortreding en die belang van die publiek gekyk word nie, maar
ook na die belange van die
oortreder, m.a.w. die vonnisoplegger moet
individualiseer. Daarbenewens moet hy steeds met die oog op die hoe
gevangenisbevolking
en die koste wat daarmee gepaard gaan, soek na
alternatiewe vir regstreekse gevangenisstraf.
Korttermyngevangenisstraf het gewoonlik
weinig waarde as
afskrikkings- en rehabilitasiemiddel. Gevangenisstraf in die algemeen
bring 'n ontneming van verantwoordelikheid
mee, 'n ontwrigting van
die gevangene se familielewe en 'n moeilike heraanpassing wanneer hy
ontslaan word.
Oorweginge wat in die oog gehou
behoort te word
by vonnisoplegging is die
volgende:
(i)
(ii) Meer opgeskorte of
uitgestelde vonnisse met positiewe voorwaardes moet opgelê
word, bv. vergoeding aan klaers en hulle
afhanklikes,
12
dienslewering aan die gemeenskap,
verpligte bywoning van lesings wat verband hou met die oortreder se
oortreding, bywoning van of
inwoning by 'n inrigting vir behandeling,
of plasing onder die toesig van 'n proefbeampte."
Deur appellant se vonnis in sy
geheel op te skort op die positiewe voorwaarde wat gemeenskapsdiens
van haar verg naas die negatiewe
voorwaarde van nie-herhaling, kan
aan al die vereistes van straftoemeting voldoen word. Sou sy direkte
gevangenisstraf moet ondergaan,
sal inderdaad deel van haar
boetedoening waarskynlik ongedaan gemaak word, en die persone wat aan
haar geld geleen het en terugbetaling
verwag, in plaas van sy self,
benadeel wees. Die verrigtinge by 'n internasionale
kriminologie-kongres wat in 1975 in Kaapstad gehou
is, is gepubliseer
in boekvorm onder die titel "
LAW, CRIME AND THE COMMUNITY
".
Op bl 129-130 verskyn die versugting:
" (
I
)t
is clear that one of the most urgently
13
required penal reforms is to
develop ways of keeping offenders out of prison - that is, of
creating a range of imaginative and socially
constructive
non-institutional sentencing alternatives."
Waar die Wetgewer nou voorsiening
gemaak het vir sulke konstruktiewe vonnisse in art 297 (1) van die
Strafproseswet, behoort die howe
toe te sien dat daardie voorskrifte
nie 'n dooie letter op die wetboek bly nie, deur in gepaste gevalle
waarvan hierdie beslis een
is gebruik te maak van die moontlikhede
daardeur geskep.
Kyk ook DU TOIT,
STRAF IN SUID
AFRIKA
bl 380 en by analogie, die opmerkings van Miller R in
S
v KHULU
1975 (2) SA 518
(N), veral by 520H-521B.
Die Johannesburgse tak van NIMRO
is versoek om, met die oog op 'n moontlike gemeenskapsdiens-bevel,
die aangeleentheid te ondersoek
en aanbevelings te doen. Ons is Me
Riest van dié organisasie dank verskuldig vir die
professionele maatskaplike verslag ter
voldoening aan die versoek.
Dit bevestig appellant se omstandighede soos
14
hierbo uiteengesit en beveel aan
dat appellant se vonnis
opgeskort word op voorwaarde
ondermeer dat sy 300 ure
gemeenskapsdiens verrig by die
Silwerjare Ouetehuis op
Bethal onder toesig van mevv
Swart, die matrone, en
Bosch, die voorsitter van die Raad
van dié inrigting wat
bereid is om die
verantwoordelikheid te aanvaar.
Vir die oningewyde lyk 300 uur se
onbetaalde
klerikale werk dalk na 'n
beuselagtige vergelding vir die
begane oortreding, selfs
inagnemend dat klaer se skade
vergoed is. Me Riest se verslag
oortuig van nee:
"The accused is employed at
the Bethal Hospital where she works from Monday to Friday from 7.30
am to 4 pm. On a Saturday she
works at a local butchery from 7 am to
2 pm. She also engages in overtime work to supplement her income. The
accused would have to
undertake community service in her free time
from 4 pm onwards, during week-days. She is thus giving up all
leisure time, which is
sufficiently deterring and is punishing in its
effect."
'n Afskrif van die verslag is aan
appellant se
regsadviseurs beskikbaar gestel
met die uitnodiging om
15
geskrewe betoog aan hierdie Hof
voor te lê m.b.t. die bevoegdheid van die Hof om as voorwaarde
van h opgeskorte vonnis die verrigting
van gemeenskapsdiens te gelas,
die wenslikheid en uitvoerbaarheid van so 'n vonnis en die
voorgestelde tydperk daarvan, en enige
ander saak wat relevant beskou
mag wees by die oplegging van so 'n vonnis.
Skriftelike betoog is aan ons
voorgelê, ook deur die advokaat namens respondent. Appellant se
advokaat is blykbaar onder die
indruk dat ingevolge die huidige art
297(1 )(a)(i)(cc) - wat in 1986 gewysig is hoewel die wysiging eers
op 1 Februarie 1989 in werking
getree het - gemeenskapsdiens slegs as
voorwaarde gekoppel kan word aan 'n bevel waardeur die hof die
oplegging van vonnis uitstel.
Hy versoek dat gevolg gegee word aan Me
Riest se aanbevelings, behalwe dat hy vra dat die vonnis wat nou oor
appellant se hoof hang
(by implikasie, "tersyde gestel word en
vonnisoplegging")
16
uitgestel word onderhewig aan die
voorgestelde voorwaarde. Kortom, daar word geen beswaar aeopper teen
die inhoud van die voorgestelde
voorwaarde nie, slegs betoog
aangaande wat die inhoud van die primêre bevel moet wees waarby
daardie voorwaarde aangeheg sal
word. Die nuwe art 297(1)(a)(i)(cc)
gee egter slegs meer detail as wat in sy voorganger vervat was. Art
277(1)(b) self is onverander
en bepaal nog steeds dat 'n hof na
goeddunke kan vonnis oplê maar opskort "op 'n in paragraaf
(a)(i) bedoelde voorwaarde
wat die hof in die bevel bepaal"; wat
dan gemeenskapsdiens soos uitgespel in art 297(1)(a)(i)(cc) insluit.
Ek verstaan nie dat appellant
belangstel daarin om die bestaande vonnis te verruil vir
gemeenskapsdiens slegs indien die gevangenisstraf
op hierdie stadium
heeltemaai tersyde gestei word nie.
Die respondent se advokaat stei
voor dat, indien hierdie Hof gemeenskapsdiens as 'n gepaste vonnis
17
beskou, minstens 500 uur diens
gelas word wat gekoppel word aan vyf jaar gevangenisstraf in geheel
opgeskort vir vyf jaar.
Ek meen dat indien die
gevangenisstraf tersyde gestel in plaas van opgeskort sou word, die
wanindruk waaronder die oningewyde mag
verkeer dat appellant maar lig
daarvan afkom, verkeerdelik gesterk sou word. Die voorgestelde 300
uur is egter, gesien appellant
se omstandighede, voldoende. Daarby
moet in gedagte gehou word dat die opgeskorte gedeelte van haar straf
wat vanaf skuldigbevinding
haar reeds bedreig het, nou met 'n jaar
verhoog word, vanaf vier na vyf jaar.
Na my mening
moet die app
è
l slaag deurdat die
landdros se vonnis geskrap en
vervang word met die
volgende wat, waar dit in die plek
kom van die bevel op 6
Maart 1989 gemaak, die gevolg sal
hê dat die
opskortingsperiode van daardie dag
loop, m.a.w. in Maart
1994 uitloop:
18
"Die beskuldigde word
gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf in geheel opgeskort vir 5 jaar op
voorwaarde:
Dat beskuldigde nie skuldig
bevind word nie aan diefstal of poging daartoe gepleeg gedurende die
opskortingstermyn ten opsigte waarvan
sy gevonnis word tot direkte
gevangenisstraf van minstens 12 maande.
Dat beskuldigde 300 ure
gemeenskapsdiens lewer by die Silwerjare Ouetehuis op Bethal onder
toesig van die matrone en die voorsitter
van die Raad.
3. (a) Bedoelde di ens sal bestaan
uit klerikale en
administratiewe take soos aangewys
deur en onder toesig van die matrone en die voorsitter
van die Raad.
Dit neem 'n
aanvang op of voor
31 Januarie 1992.
Beskuldigde sal voor daadie datum
haar by Silwerjare Ouetehuis aanmeld en daarna gereeld
19
en stiptelik op die datums en tye
tussen haar en die matrone ooreengekom op die grondslag: (i) dat
beskuldigde, behalwe met toestemming
van die matrone weens siekte of
dwingende nood minstens 6 uur per week aldus diens sal doen; (ii) dat
NIMRO die plasing in soverre
as wat nodig mag wees verder koordineer
en aan die verhoorhof halfjaarliks verslag doen totdat die
gemeenskapsdiens voltooi is."
L VAN DEN HEEVER AR STEM SAAM:
CORBETT HR