About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 191
|
|
S v Jordaan en 'n Ander (162/91) [1991] ZASCA 191 (29 November 1991)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak
tussen:
RAYMOND JORDAAN
Eerste Appellant
SELWYN SAAYMAN
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
CORAM:
E M GROSSKOPF, GOLDSTONE,
ARR et VAN COLLER, Wn AR
VERHOOR:
19 November 1991
GELEWER:
29 November 1991
2
UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR
Die appellante is saam met twee ander
persone in die Kaapse Provinsiale Afdeling (WILLIAMSON R en assessore) skuldig
bevind aan moord
op 'n mede-gevangene in die Mosselbaaise gevangenis. Geen
versagtende omstandighede is bevind nie, en al vier beskuldigdes is op
31
Augustus 1987 ter dood veroordeel. Aansoeke om verlof tot appèl is van
die hand gewys deur die verhoorregter en deur hierdie
hof.
Op 27 Julie 1990
het die Strafregwysigingswet, no 107 van 1990, ("die nuwe Wet") in werking
getree. Kragtens artikel 19 van die nuwe
Wet is die doodvonnis op die twee
appellante, asook hul mede-beskuldigdes, heroorweeg deur die paneel wat
ingevolge die nuwe Wet
aangestel is. Die paneel het ingevolge artikel 19(10)
bevind dat die doodvonnis waarskynlik op die twee appellante opgelê sou
gewees het indien artikel 277 van die Strafproseswet, no 51 van 1977, soos
vervang deur die nuwe Wet, ten tyde van vonnisoplegging
in werking was. Ten
3
opsigte van die twee mede-beskuldigdes het die paneel bevind dat die
doodstraf waarskynlik nie opgelê sou gewees het nie.
Die appellante se saak kom gevolglik nou op appèl
voor
ons ingevolge artikel 19(12) van die nuwe Wet. Die appêlhof se
bevoegdhede in 'n appèl kragtens daardie sub-artikel word
uiteengesit in
artikel 19(12)(b). Onder andere kan die appèlhof die doodvonnis tersyde
stel en die saak na die verhoorhof
terugverwys met die opdrag om met 'n
aangeleentheid, met inbegrip van die aanhoor van getuienis, te handel op die
wyse wat die appèlhof
goed ag (artikel 19(12)(b)(iii)).
Die appellante
doen nou aansoek om terugverwysing van die saak ingevolge gemelde artikel ten
einde verdere getuienis te lei. Dit gaan
oor strafversagtende faktore. Voordat
ek verder op die aard van die getuienis ingaan, is dit egter gerieflik om eers
na te gaan watter
beginsels geld ten opsigte van so 'n aansoek. In
S v.
Mathee
(AA - ongerapporteerd, saak 258/91, gelewer 28 November 1991) is die
volgende hieromtrent gesê:
4
"Soos reeds telkemale deur hierdie hof beklemtoon, het die nuwe Wet heeltemal
nuwe beginsels neergelê waarkragtens doodvonnisse
opgelê word. Waar
'n aansoek van begin tot einde ooreenkomstig hierdie beginsels bereg word,skep
dit geen prosesregtelike probleme
nie. Die wetgewer het dieselfde beginsels
egter van toepassing gemaak op sake waarin die doodvonnis opgelê is wat
ten volle
afgehandel is (soos die onderhawige - artikel 19 van die nuwe Wet) en
sake wat voor die inwerkingtreding van die nuwe Wet 'n aanvang
geneem het, maar
ten tyde van die inwerkingtreding nog nie afgehandel is nie (artikel 20 van die
nuwe Wet). Hierdie artikels bring
dus mee dat 'n hof op appèl die
gepastheid van 'n doodvonnis moet bepaal ooreenkomstig beginsels wat nie ten
tyde van die
verhoor gegeld het nie. Hierdeur word die moontlikheid geskep dat
daar getuienis mag wees wat ter sake is tot die oplegging van die
doodvonnis
ooreenkomstig die nuwe beginsels maar wat nie tydens die verhoor gelei was nie
omdat dit nie ter sake was ingevolge die
beginsels wat destyds gegeld het nie.
Dit is hoofsaaklik om vir sulke gevalle voorsiening te maak, meen ek, dat die
bogemelde artikel
19(12)(b)(iii) en die ooreenstemmende artikel 20(3) in die
nuwe Wet verskyn."
Mathee
se
saak het te doen gehad met getuienis wat glad
nie ter sake was kragtens die ou bedeling nie, en derhalwe nie
destyds
toelaatbaar was nie. 'n Mens kan egter ook gevalle hê
waar die
getuienis wel destyds toelaatbaar was, maar waar die
nuwe Wet die basis van
relevantheid, of 'n verandering in die
5
bewyslas, teweeg gebring het, sodat daar nou wesentlik 'n nuwe situasie op
appèl ontstaan het. Getuienis oor versagtende omstandighede,
waarmee ons
tans te doen het,is 'n goeie voorbeeld
hiervan. Kragtens die vorige
regsposisie was die beskuldigde beswaar met die bewyslas om die bestaan van
versagtende omstandighede
te bewys. Tans hoef 'n beskuldigde bloot te wys op die
bestaan van 'n feitebasis in die getuienis wat die redelike moontlikheid aantoon
dat 'n strafversagtende faktor aanwesig mag wees. Hieruit volg dit dat daar
getuienis mag wees wat relevant kon gewees het met betrekking
tot versagtende
omstandighede maar wat nie gelei was nie omdat dit nie genoeg was om 'n bewyslas
te kwyt nie. Tans hoef daar egter
slegs 'n redelike twyfel geskep te word, en
dit maak uiteraard 'n groot verskil aan die praktiese waarde van die
getuienis.
In die lig van die omstandighede wat ek hierbo genoem het, het
hierdie hof dan ook in
S v. Nofomela
(AA.
ongerapporteer, saak 161/91,
gelewer 28 November 1991) bepaal dat 'n appellant, ten einde te slaag met 'n
aansoek ingevolge artikel
6
19(12)(b)(iii), die hof van die volgende aspekte sal moet
oortuig:
"(a) that the proposed evidence is relevant to the issues of mitigating or
aggravating factors and the exercise by the trial court
of its discretion in the
light of the new test;
(b) that, save for exceptional circumstances, there is a reasonable possibility
that such evidence would have been presented to the
trial court by the appellant
if the test had then been what it now is;
(c) that the proposed evidence would presumably be accepted as true by the trial
court;
(d) that, if accepted, such evidence could reasonably lead to a different
sentence."
Dit bring my dan terug by
die feite van die onderhawige
saak. Nadat die appellante aan moord skuldig bevind was, is geen
getuienis
met betrekking tot versagtende omstandighede gelei nie.
Die aangeleentheid is
bloot geargumenteer op die rekord van die
getuienis met betrekking tot skuldigbevinding. Dit is ook al wat
tans in die appèl voor ons is. In die aansoeke om terugverwysing
is daar getuienis van 'n kliniese sielkundige, Mnr. G Friedman,
oor die twee appellante se agtergronde en
persoonlikheidsamestellings. Indien die aansoeke toegestaan
7
word, word daar beoog om die getuienis van Mnr. Friedman te lei. Daarbenewens
sal daar moontlik getuienis nodig wees om sekere feite
met betrekking tot die
appellante se agtergronde voor te dra om as basis vir.Mnr. Friedman se getuienis
te dien. Die staat sal natuurlik
ook op hierdie aangeleentheid wil ingaan, en
tydens die verhoor mag verdere kwessies ontstaan wat aanvullende getuienis
vereis. Namens
die appellante is daar egter beklemtoon dat die aansoek slegs te
doen het met die appellante se persoonlikhede en geestestoestande
insoverre dit
betrekking mag hê op hul verwytbaarheid. Daar is geen rede om te vermoed
dat die getuienis wat die appellant
wil lei, nie betroubaar sal wees nie. Hoewel
hierdie getuienis by die verhoor gelei kon gewees het in 'n poging om
versagtende omstandighede
te bewys, bied die verandering in die bewyslas na my
mening 'n voldoende rede hoekom dit nie gedoen is nie. Die aansoeke behoort
dus
myns insiens te slaag indien die beoogde nuwe getuienis relevant sou wees en 'n
invloed op die bepaling van 'n vonnis sou kon
hê.
Mnr. Downer, namens die staat, het dan ook betoog
dat
8
die beoogde verdere getuienis geen invloed op die appellante se
vonnis kan hê nie. Ek meen dat dit nie wenslik is om hierdie
argument tans in besonderheid te bespreek nie aangesien ek
liewers nie nou enige kommentaar, al is dit
prima facie
, wil uitspreek
oor die effek van die bestaande getuienis en die moontlike uitwerking daarop van
die nuwe getuienis nie. Ek het egter
die staat se argumente deeglik oorweeg, en
meen dat die beoogde nuwe getuienis wel relevant is en moontlik 'n invloed op
die vonnis
sou kon hê. Die verhoorhof sal moet oordeel, in die lig van al
die getuienis wat voor hom sal wees, of die doodvonnis die gepaste
vonnis is
ingevolge artikel 277(2)(b) van die Strafproseswet.
Weens die voorgaande word
die volgende bevel uitgereik: Die doodvonnis word ter syde gestel en die saak na
die verhoorhof terugverwys
met die opdrag om enige verdere getuienis aan te hoor
wat namens die appellante of die staat aangebied word omtrent die appellante
se
persoonlikhede en geestestoestande insoverre dit betrekking mag hê op hul
verwytbaarheid vir die
9
moord wat hulle gepleeg het; en om daarna die vonnis op te lê wat na
die oordeel van die verhoorhof opgelê sou gewees
het indien artikel 277
van die Strafproseswet, no 51 van 1977, in werking was ten tyde van
vonnisoplegging deur die verhoorhof.
E M GROSSKOPF, AR