Van Staden v Venter (366/1990) [1991] ZASCA 184; 1992 (1) SA 552 (AD); [1992] 1 All SA 371 (A) (28 November 1991)

70 Reportability

Brief Summary

Partnership — Rights of partners — Effect of entry or exit of partners on claims — Appellant and respondent were partners in a law firm; appellant had a claim against respondent arising from their partnership. The legal issue concerned whether the appellant ceased to be a "person under disability" for the purposes of the Prescription Act when a third partner entered or exited the partnership. The court held that the appellant's status as a "person under disability" remained intact despite changes in partnership membership, thereby preserving the suspension of prescription on the claim against the respondent.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 184
|

|

Van Staden v Venter (366/1990) [1991] ZASCA 184; 1992 (1) SA 552 (AD); [1992] 1 All SA 371 (A) (28 November 1991)

LL
Saak
No 366/1990
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APP
è
LAFDELING
In die saak tussen:
PIETER COENRAAD VAN
STADEN
Appellant
en
JOHANNES LODEWICUS
VENTER
Respondent
CORAM:
BOTHA,
NESTADT, F H GROSSKOPF ARR,
VAN COLLER et HARMS WND ARR
VERHOORDATUM
:
4
NOVEMBER 1991
LEWERING
SDATUM 28 NOVEMBER
1991
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2.
Ek het die voordeel daarvan gehad
om die
uitspraak van my kollega HARMS te
lees. Ek stem met
eerbied nie
saam met hom dat die app
èl
van die
hand
gewys moet word
nie; na my oordeel behoort die app
è
l
te slaag. Die oorsaak van die
meningsverskil tussen
ons het slegs betrekking op die
uitleg van die laaste
woorde van paragraaf (iv) van die
omskrywing van
"regsonbevoegde persoon"
in artikel 1 van die
Verjaringswet van 1943. Vir gemak
van verwysing haal
ek die omskrywing weer aan, met
beklemtoning van die
gedeelte wat vir huidige
doeleindes van belang is:
"in die geval van 'n aksie
tussen vennote, ten opsigte van regte wat uit die vennootskap
ontstaan, elke vennoot
vir solank as wat hy 'n iid van bedoelde
vennootskap bly
."
Die vraag wat deur die feite van
die
onderhawige saak geopper word, is
wat die uitwerking
van die betrokke woorde is op 'n
"aksie" tussen twee
vennote wie se vennootskap 'n
gedaanteverwisseling
ondergaan vanweë die toetrede
of uittrede van ander
3. vennote
as net hulle twee, tot of van die vennootskap. In 'n vereenvoudigde
vorm gestel: A en B is in vennootskap; A het 'n vorderingsreg
teen B
wat uit die vennootskap ontstaan; C tree toe as 'n derde vennoot tot
die vennootskap; of, A, B en C is in vennootskap; A het
h
vorderingsreg teen B wat uit die vennootskap ontstaan; C tree uit die
vennootskap. Die vraag is: hou A op om 'n "regsonbevoegde
persoon" te wees (met die gevolg dat die skorsing van verjaring
ingevolge artikel 7(1)(b) tot 'n einde kom) wanneer C tot die
vennootskap toetree, of wanneer hy uit die vennootskap tree; of hou A
eers op om 'n "regsonbevoegde persoon" te wees wanneer
A en
B ophou om vennote van mekaar te wees?
Na my
mening kan 'n antwoord op die vraag nie bereik word alleen deur 'n
bestudering van die woorde van hierdie onbeholpe stukkie
wetgewing
nie. Die woorde op sigseif is eweseer vatbaar vir 'n uitleg wat lei
tot die een moontlike antwoord as vir 'n uitleg wat
lei tot die ander
moontlike antwoord. Wanneer C
4. toetree, of uittree, is die
juridiese effek daarvan dat die bestaande vennootskap ontbind word en
dat 'n nuwe vennootskap tot stand
kom. Dit kan wees dat die Wetgewer
dit in gedagte gehad het as die bepalende faktor met betrekking tot
die beeindiging van die skorsing
van verjaring. Maar die regsgevolge
van C se toetrede, of uittrede, doen nie afbreuk aan die wesentlike
feit dat A en B steeds vennote
van mekaar bly nie. In 'n nie-tegniese
sin is dit sekerlik nie verkeerd nie om te sê dat die
vennootskap tussen hulle twee
bly voortbestaan. Inderdaad is dit die
kern en die wese van die feitlike situasie, wat betref die aard van
die verhouding tussen
A en B. Dit kan net sowel wees dat die Wetgewer
nie wou gehad het dat in so 'n geval die skorsing van verjaring tot
'n einde kom
nie. Bekyk 'n mens die woorde wat die Wetgewer gebruik
het, dan pas hierdie moontlikheid maklik daarop, en sonder dat enige
herbewoording
nodig is. Die omskrywing in paragraaf (iv) begin met 'n
stelling van die geval waar
5. dit geld: in
"'n aksie tussen vennote". In ons voorbeeld is dit A en B.
As grondliggende uitgangspunt is
d
ie
Wetgewer gemoeid met die verhouding tussen A en B; nie met C nie. Dan
word daar verwys na regte wat ontstaan "uit die vennootskap":
klaarblyklik slaan dit op die vennootskap tussen A en B. In die
samehang sou daar geen begripsverskil wees tussen "vennootskap"
en "vennootskapsverhouding" nie; laasgenoemde woord sou net
duideliker uitdrukking gee aan die gedagte dat die Wetgewer
gemoeid
is met die verhouding tussen A en B. In die gebruik van die woord
"vennootskap" kan ek nie 'n aanduiding vind dat
die
Wetgewer dit as van enige betekenis sou beskou het of C toetree of
uittree nie. Waar daar dan verder verwys word na "bedoelde
vennootskap", is dit nog steeds slegs beskrywend van die
verhouding tussen A en B, of C nou ook al kom of gaan. In die woord
"bedoelde" l
ê
geen swanger betekenis verskuil nie; dit het maar net dieselfde
betekenis as die woord "such" in die Engelse teks. Dit
is
slegs 'n
6.
manier
van terugverwysing na die "vennootskap" wat reeds vermeld
is; en daardie "vennootskap" verwys weer terug
na die
eersgemelde
"aksie
tussen vennote". Die omskrywing eindig dus waar hy begin het: by
die feit dat A en B vennote is, sonder verwysing
na C se kom of gaan.
Op hierdie grondslag beteken die laaste gedeelte van paragraaf (iv)
net dit: solank as wat A en B vennote bly.
(Volgens die voorgaande
ontleding is dit selfs argumenteerbaar dat hierdie uitleg natuurliker
uit die woorde voortvloei as die ander
moontlikheid, en dat vir
laasgenoemde dit nodig is om bykomende, onuitgedrukte woorde te
veronderstel om uiting te gee aan die gedagte
dat "die
vennootskap" en "die bedoelde vennootskap" beteken die
vennootskap presies soos dit oorspronklik bestaan
het toe die skuld
ontstaan het, met onveranderde lidmaatskap ten opsigte van ander
vennote as di
é
wat by die "aksie" betrokke is. Dit is egter nie vir my
nodig om dit verder te oorweeg nie.)
Die bewoording van paragraaf (iv)
is dus
7. dubbelsinnig ten opsigte van
die vraag wat beantwoord moet word. Dit synde die geval, moet daar na
die vermoedelike bedoeling van
die Wetgewer gesoek word in die ratio
van die bepaling en die oogmerk wat die Wetgewer daarmee wou bereik.
Na my mening kan daar
geen twyfel bestaan oor die oogmerk nie: 'n
vennoot wat 'n eis uit die vennootskap het teen 'n medevennoot moet
nie benadeel word
deur tydsverloop met betrekking tot die
nie-afdwinging van die eis nie; die gewone gevolge van sodanige
tydsverloop, in die vorm
van verjaring, moet nie teen hom intree nie.
Die bestaansrede van daardie oogmerk is na my mening ewe duidelik:
dit is die erkenning
van die vertrouensverhouding tussen vennote, en
van die ongemaklikheid en onwenslikheid daarvan om so 'n eis af te
dwing terwyl die
vennootskap voortduur, en dus die behoefte aan
beskerming van die vennoot wat dit nie doen nie, teen die nadelige
gevolge wat andersins
sou ingetree het. Op daardie grondslag volg dit
vanself, na my mening, dat voorkeur gegee moet
8.
word aan die
uitleg dat die "regsonbevoegdheid" van A ten opsigte van sy
eis teen B nie tot 'n einde kom as gevolg van die
roetrede
of uittrede van C nie, want op di
é
manier kan ten beste uitvoering gegee word aan die ratio en die
oogmerk van die bepaling. Om anders te besluit, sou myns insiens
meebring dat die Wetgewer se bedoeling verydel word, aangesien die
toetrede of uittrede van ander vennote as die betrokke skuldeiser
en
skuldenaar in 'n
w
esentlike sin 'n blote
toevalligheid is wat betref die voortdurende vennootskapsverhouding
tussen hulle, en geen afbreuk doen nie
aan die toepaslikheid van die
beweegrede en die oogmerk van die bepaling op hulle. Inderdaad is ek
van oordeel dat die alternatiewe
uitleg tot 'n absurde resultaat sou
lei in verhouding tot wat die Wetgewer met die bepaling in gedagte
gehad en beoog het.
Aan die geldigheid van die
voorgaande benadering word daar na my mening nie afbreuk gedoen deur
die feit dat die Wetgewer die geldingsgebied
van
9. sy bepaling beperk het tot
skulde wat uit die vennootskap ontstaan nie. Daardie beperking het hy
verwoord in die uitdrukking "ten
opsigte van regte wat uit die
vennootskap ontstaan", wat heeltemal los en onafhanklik staan
van die woorde "vir solank
as wat hy 'n lid van bedoelde
vennootskap bly". Dit is onnodig om te bespiegel wat die
Wetgewer beweeg het om die trefwydte
van sy bepaling so te beperk.
Wat ook al die rede mag wees, kan die feit van die beperking nie in
logika gebruik word om met betrekking
tot die gebied waarbinne die
bepaling wel geld, die ratio en die oogmerk daarvan te verontagsaam
of verder af te water nie. Na my
oordeel is dit dus nie van enige
betekenis dat verjaring nie geskors word waar A se eis teen B
ontstaan buitekant die vennootskap
tussen hulle, of uit 'n ander
vennootskap wat ontbind word nie. Dit is ook nie van belang dat geen
voorsiening gemaak is vir die
hoogs uitsonderlike gebeurlikheid dat
die vennootskap tussen A en B beëindig word en 'n dag of twee
later
10.
heringestel word nie. Die feit dat
A in die genoemde
casus
-gevalle nie beskerm
word teen die loop van
verjaring nie, bied na my oordeel
geen logiese of ander
regverdiging vir 'n afleiding dat
die Wetgewer in die
geval waarmee ons in hiedie saak
te doen het, bedoel
het dat sodanige beskerming ook
moet verval nie.
Ten slotte kan ek nie aanvaar dat
die Wetgewer se oogmerk beskou moet word as vasgekoppel te wees aan
die gedagte dat daar by die
beëindiging van 'n besondere
vennootskap, deur die toetrede of uittrede van ander vennote as die
betrokke skuldeiser en skuldenaar,
'n verrekening en 'n afsluiting
van daardie hoofstuk behoort te wees nie. Ek kan geen oortuigende
rede vir so 'n vermeende bedoeling
raaksien nie. Die posisie kan
miskien so getoets word: gestel die bepaling het uitdruklik verklaar
dat in so 'n geval soos die huidige
die skorsing van verjaring tot 'n
einde kom. Dan sou 'n mens nog steeds kon vra: wat is die ratio en
11.
die oogmerk van die bepaling in
hierdie (veronder-
stelde) beperkte vorm? Na my
oordeel sou die antwoord
presies dieselfde wees as wat ek
hierbo aan die hand
gedoen het, net met die byvoeging
dat die Wetgewer die
bereiking van sy eie oogmerk op 'n
onlogiese en absurde
wyse ingekort het. Dit het hy
egter nie uitdrukiik
gedoen nie, en ek dink nie dat ons
dit by wyse van
implikasie hoef te doen nie.
Daarby verloor ek nie uit
die oog dat daar moontlik sekere
anomalieë uit my
beskouing van die betekenis van
die bepaling kan
voortvloei nie. Ek ag dit egter
nie nodig om na te
gaan in watter mate dit die geval
mag wees nie, want my
oortuiging is dat dit nie kan
opweeg teen die
oorwegings wat hierbo in oënskou
geneem is nie.
Na my oordeel
behoort die app
è
l dus te slaag, en
die bevele uitgereik in die landdroshof en die Hof a
quo
dienooreenkomstig vervang te word.
In die betoë voor hierdie Hof
was die
12.
advokate
dit eens dat as die app
è
l sou slaag
en die
spesiale pleit dus van die hand
gewys sou word, die
respondent die geleentheid moet hê
om, as die
verweerder in die aksie in die
landdroshof, 'n pleit op
die meriete te liasseer. Daarvoor
word voorsiening
gemaak in die bevel wat volg.
Die bevel van die Hof is soos
volg:
Die app
è
l
word gehandhaaf, met koste.
Die bevel van
die Hof
a quo
word tersyde
gestel en vervang deur die
volgende:
"(a) The appeal is allowed
with costs. (b) The order of the magistrates' court is set aside, and
there is sub-stituted for it
the following order:
'The special plea is dismissed
with costs.'"
13.
3. Die respondent is geregtig om
'n pleit op
die meriete in die landdroshof te
liasseer binne 3 weke van datum
van
hierdie uitspraak.
A.S. BOTHA AR
F H GROSSKOPF AR
STEM SAAM
VAN COLLER WND AR
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPELAFDELING)
Saaknr.
366/90 In die saak van
PIETER
COENRAAD VAN STADEN
APPELLANT
en
JOHANNES
LODEWICUS VENTER
RESPONDENT
Coram
:
BOTHA, NESTADT, F.H GROSSKOPF ARR, VAN COLLER et HARMS Wnd ARR.
Datum
gehoor: 4 November 1991
Datum
gelewer: 28 November 1991
2 U I
T
S P R A A K
HARMS WndAR
:
Die appellant is 'n prokureur wat
sedert die jare sestig in Port Elizabeth praktiseer. Die respondent,
ook 'n prokureur, was begerig
om 'n vennoot van die appellant te
word. 'n Vennootskapsooreenkoms is toe gedurende Desember 1969
gesluit; dit sou op 5 Januarie
1970 in werking tree, vir 'n
onbepaalde tyd voortduur en die partye sou gelyke vennote wees. Die
ooreenkoms het voorts bepaal dat,
as vergoeding vir die feit dat die
respondent as vennoot deur die appellant ingeneem word, die
respondent aan die appellant 'n bedrag
van R5000 "as
klandisiewaarde" voor of op 31 Desember 1972 moet betaal.
3
Die samestelling van
prokureursfirmas is selde staties en die partye het ook ooreengekom
dat, indien albei toestem, die vennootskap
ontbind kon word ten einde
n nuwe vennoot in te neem. Totdat 'n nuwe vennootskapsooreenkoms deur
die vennote goedgekeur en onderteken
is, sou die bestaande ooreenkoms
van krag bly.
Die vennootskapsooreenkoms het toe
op 5 Januarie 1970 in werking getree. Mettertyd het vennote gekom en
gegaan en toe die partye se
weë eindelik op 29 Februarie 1988
skei, was daar inderdaad reeds vier opeenvolgende vennootskappe
waarvan die partye lede was.
Binne een jaar na die finale ontbinding
van die vennootskap het die appellant aksie teen die respondent vir
betaling van die R5000
(synde die klandisiewaarde) in die landdroshof
te Port Elizabeth ingestel. Die respondent het 'n spesiale pleit van
verjaring geliasseer
en verkies om sy pleit op die meriete oor te hou
totdat die spesiale pleit afgehandel is. Tydens die verhoor van die
spesiale pleit
is die hof versoek, by wyse van 'n
4 gestelde saak, om te beslis of
"Eiser se vordering teen die Verweerder bevrydend verjaar het,
aldan niê." Die geskiipunt,
soos geformuleer in die
spesiale pleit, en saamgelees met die gestelde saak, was
of,voltooiing van verjaring van die appellant se
eis ingevolge
artikel 13(1)(d) van die Verjaringswet 68 van 1969 ("die 1969
Wet") uitgestel is of nie. Kragtens dié
bepaling word
verjaring, indien die skuldeiser en skuldenaar vennote is en die
skuld 'n skuld is wat uit die vennootskapsverhouding
ontstaan het,
vir een jaar nadat die vennootskapsverhouding tot 'n einde gekom het,
uitgestel.
Die verhoorlanddros het die
appellant se eis afgewys op die basis dat die vennootskapsverhouding
waaruit die verpligting tot betaling
gespruit het, reeds in 1975 tot
'n einde gekom het toe, volgens die gestelde saak, "die
vennootskap ontbind is deur die toetrede
van W A J van Staden
[appellant se seun] as derde vennoot"; die "beletsel"
wat voltooiing van verjaring uitgestel
het, naamlik die oorspronklike
5
vennootskap,
het
toe
verval;
daar
was,
volgens
die
landdros,
"at
l
east
a
judicial
moment in
time"
toe die partye nie meer
vennote
was
nie;
verjaring
is
dus
gedurende
1976
voltooi.
Die
Oos-Kaapse
Afdeling
het
nie
met
die
redenasie
van
die
landdros
saamgestem
nie
maar
het
op ander
gronde
dieselfde
resuTtaat
bereik.
Hierdie
beslissing
is as
Van Staden v Venter
1990 (4) SA 452
(OK) gerapporteer.
Die
app
è
l
is dus afgewys maar
verlof
tot verdere
app
ë
l
is
verleen.
Die
hof a
quo
se
siening
oor
die
landdros
se
benadering
was
dat, met n beroep op
Engelse
gesag,
'n
verandering
in
die
samestelling
van 'n
vennootskap
"does
not
alter
the
relationship
between the
parties
as
partners"
en
dat
die
partye dus,
ten
spyte van die
ontbinding
van
die
oorspronklike
vennootskap,
deurgaans
vennote
gebly
het.
Die
basis
waarop
die
hof
a
quo
egter
die
appellant
se eis
afgewys het, is
dat
die
artikel
vereis
dat
die
skuld
"uit
die
vennootskapsverhouding"
moes
ontstaan
het;
die
respondent
se
onderneming
om
die
R5000 te
6
betaal was 'n persoonlike
onderneming teenoor die appellant;
dit het gevolglik nie uit die
vennootskapsverhouding
ontstaan nie; dit is nie van 'n
ander kommersiële skuld wat
vóór die
totstandkoming van die vennootskap ontstaan het en bloot vir
doeleindes van gerief in die vennootskapsooreenkoms
geïnkorporeer
is, te onderskei nie; en gevolglik was die voltooiing van verjaring
nooit uitgestel nie.
Wat egter deur die partye se
regsverteenwoordigers en beide genoemde howe uit die oog verloor is,
is dat die 1969 Wet, wat die onderhawige
soort geskilpunt aanbetref,
alleen van toepassing is op 'n skuld wat ná die
inwerkingtreding van daardie Wet op 1 Desember
1970 ontstaan het. Kyk
artikel 16(1). Die respondent se skuld het gedurende Desember 1969
toe die ooreenkoms gesluit is, of ten laatste
op 5 Januarie 1970 toe
die ooreenkoms in werking getree het, ontstaan.
List v
Jungers
1979 (3) SA 106
(A) 121 C; 122 C. Hieruit volg dit dat die korrekte
vraag is of die appellant 'n
7
sogenaamde
regsonbevoegde skuldeiser was en of bevrydende verjaring van sy eis
ingevolge die bepalings van artikel 7(1)(b) van die
Verjaringswet 18
van 1943 ("die 1943 Wet") tydens sy regsonbevoegdheid
geskors is. Dit moet ook bepaal word wanneer sodanige
regsonbevoegdheid (indien enige) beëindig is. Dit mag terloops
genoem word dat kragtens die bepalings van die 1943 Wet die
verjaringstermyn
ses jaar sou wees en dat die dagvaarding in hierdie
saak op 27 Februarie 1989 uitgereik en aan die respondent beteken is.
Soos mettertyd
uit hierdie uitspraak sal blyk, is daar, wat dié
geskilpunt betref, 'n mate van ooreenstemming tussen die 1943 en die
1969
Wet. Die beredenering in die landdros en die hof
a guo
se
uitsprake moet dus weer oorweeg word.
Artikel 7
van die 1943 Wet lui soos volg:
"(1)
Bevrydende verjaring word geskors-
(a) solank
as wat nakoming van 'n verpligting deur
vis
major
verhinder word, of as wat die skuldenaar op enige ander grond volgens
wet geregverdig is om nakoming te vertraag;
8
solank as wat die skuldeiser
regsonbevoeg is;
gedurende die afwesigheid van die
skuldenaar buite die Unie vir 'n tydperk van meer as ses maande;
in die geval waar die skuldeiser
deur die skuldenaar se bedrog verhinder is om die werklike feite ten
opsigte van sy vorderingsreg
te wete te kom, tot die datum waarop
van die skuldeiser redelikerwyse verwag kon word dat hy bedoelde
feite sou te wete gekom het;
in 'n aksie op grond van die
bedrog van 'n skuldenaar, tot die datum waarop van die skuldeiser
redelikerwyse verwag kon word dat
hy bedoelde bedrog sou te wete
gekom het.
(2) Die tydsruimte van skorsing
van verjaring word nie as 'n gedeelte van die verjaringstermyn beskou
nie, maar verjaring begin weer
loop vanaf die datum van staking van
die skorsing, en word voltooi by verstryking van 'n tydperk wat op
die aanvangsdatum van die
skorsing dieselfde is as die onverstreke
gedeelte van die volle deur hierdie Wet vereiste verjaringstermyn."
Die begrip "regsonbevoegde
persoon" soos na verwys in artikel 7(1)(b) word in artikel 1
soos volg gedefinieer:
9
"(i) 'n minderjarige;
(ii) enige persoon onder kuratele;
(iii) in die geval van 'n aksie
tussen eggenotes, beide man en vrou, tensy hulle uitmekaar is;
(iv) in die geval van 'n aksie
tussen vennote, ten opsigte van regte wat uit die vennootskap
ontstaan, elke vennoot vir solank as
wat hy 'n lid van bedoelde
vennootskap bly."
Om na die hof
a
quo
se benadering terug te keer: die vraag is of die respondent se
onderneming om R5000 as klandisiewaaarde te betaal 'n reg is "wat
uit die vennootskap ontstaan" het. In hierdie opsig verskil die
bewoording van die 1943 Wet slegs in een opsig van die bepaling
in
artikel 13(1 )(d) van die 1969 Wet, naamlik dat in plaas van die
woord "vennootskap" is "vennootskapsverhouding"
gebruik. Aangesien 'n vennootskap niks meer of minder as 'n
vennootskapsverhouding is nie, is ek van oordeel dat hierdie vereiste
deur beide artikels gestel, dieselfde is. Namens die respondent is
dan ook betoog dat die hof
a quo
se beslissing
in
pari
materia
is en gehandhaaf moet word. Ek kan egter nie met
die hof
a
quo
se evaluering van die aard
10 van die
respondent se verpligting saamstem nie. Dit blyk uit die bepalings
van die ooreenkoms dat deel van die appellant se inbring
in die
vennootskap sy klandisiewaarde was. Die respondent het nie
klandisiewaarde gehad om in te bring nie aangesien hy nie vantevore
in Port Elizabeth gepraktiseer het nie. Die partye sou gelyke vennote
wees en hulle inbring moes ook gelyk wees. Die enigste redelike
uitleg wat aan die ooreenkoms geheg kan word, is dat die partye die
klandisiewaarde van die appellant op R10 000 gewaardeer het en,
ten
einde die inbring gelyk te stel, ooreengekom is dat die respondent
mettertyd R5000 aan die appellant moes betaal. Afgesien daarvan
was
die respondent se onderneming ook nie 'n onderneming wat los van die
vennootskapsooreenkoms gestaan het nie: dit is nie alleen
daarin
geïnkorporeer nie maar was ook vir sy ontstaan en voortbestaan
daarvan afhanklik; die verpligting is onlosmaaklik 'n
deel van die
vennootskapsverhouding; en, anders gestel, die bestaan van die
vennootskapsverhouding is 'n sine qua non vir die bestaan
van hierdie
verpligting. Dit
11
was nie 'n voorafgaande
verpligting nie en het inderdaad
pari
passu
met die
vennootskapsverhouding tot stand gekom. Na my
oordeel sou dit kunsmatig wees om
die respondent se
verpligting as iets anders as 'n
verpligting wat uit die
vennootskapsverhouding ontstaan
het, te tipeer.
Namens die respondent is in die
alternatief betoog dat die landdros se benadering ook 'n geldige
benadering ten aansien van die bepalings
van die 1943 Wet is. Volgens
artikel 7(1)(b) saamgelees met sub-paragraaf (iv) van die definisie
van 'n "regsonbevoegde persoon"
word verjaring opgeskort
solank as wat die krediteur (die appellant) 'n lid van
bedoelde
vennootskap bly, dit wil sê die vennootskap waaruit sy
aanspraak ontstaan het. Toegepas op die feite van hierdie saak sou
dit
beteken dat toe die oorspronklike vennootskap gedurende 1975
ontbind is deur die toetrede van 'n derde vennoot, die appellant
opgehou
het om 'n lid van die oorspronklike vennootskap te wees en
het die opskorting van verjaring ten aansien van die skuld wat uit
bedoelde
12 vennootskap ontstaan het, tot
'n einde gekom. Grondliggend hieraan 1 s natuurlik die beginsel dat
by die uittrede of toetrede van
'n vennoot die oorspronklike
vennootskap ontbind word en 'n nuwe vennootskap tot stand kom.
Joubert 19 Lawsa para 419; Bamford,
The
Law
of
Partnership
and
Voluntary
Association
in SA
(3de uitgawe) bl 75 - 76.
Namens die appellant is aan die
hand gedoen dat meer aandag aan die doel van die bepaling gegee moes
word en dat 'n sogenaamde doelgerigte
uitleg ("purposive
construction") toegepas moes word; die oogmerk van die bepaling
is dat vennote mekaar nie tydens die
bestaan van 'n
vennootskapsverhouding tussen hulle behoort aan te spreek nie; die
bepaling het te doen met die verhouding wat tussen
die litigante
bestaan het en die wetgewer was nie begaan oor of daar ook ander
vennote was nie; solank die litigante in 'n vennootskapsverhouding
tot mekaar staan, selfs in opeenvolgende vennootskapsverhoudings, is
verjaring ten aansien van enige skuld wat uit hierdie "verhouding"
(in 'n
13
breë sin) voortvloei,
opgeskort. Die regverdiging vir
hierdie uitleg sou daarin lê
dat dit 'n absurditeit sou
uitskakel. As A, B en C vennote is
en 'n skuldverhouding tussen A en,,B sou bestaan, sou dit tot 'n
absurditeit lei as C die vennootskap
verlaat en A dan verplig sou
wees om sy eis teen B af te dwing ten einde die gevolge van verjaring
te vermy en dit ten spyte van
die feit dat A en B nog steeds in 'n
vennootskapsverhouding staan.
Aangesien die beginsels in die
1943 Wet (insluitende artikel 7) gemeenregtelik gefundeer is, is dit
nodig in die soeke na die onderliggende
doel om die bepalings in 'n
historiese perspektief te beoordeel en 'n kort gemeenregtelike
ekskursie is dus gepas.
President
Insurance
Co
Ltd
v Yu Kwam
1963 (3) SA 766
(A); vergelyk ook
Montsisi
v
Minister
van
Polisie
1984 (1) SA 619
(A).
Bevrydende verjaring is in die
Romeinse reg 'n na-klassieke verskynsel en is sedertdien met ons.
Zimmermann,
The
Law of
14
Obligations:
Roman
Foundations
of
the
Civil
Tradition
bl 768. Dit was toe, en is steeds, die gevolg
van statutêre ingrype. Die teoretiese grondslag is dikwels
bevraagteken maar
ook in gloeiende terme aangeprys. Zimmermann, ibid;
Loubser, "Towards a Theory of Extinctive Prescription"
1988
SALJ 34
op 53. Een van die meer bekende gemeenregtelike verordeninge
is die Ewige Edik van 4 Oktober 1540 wat 'n verjaringstermyn van 2
jaar
vir die verhaal van, onder andere, regskoste neergelê het.
GPB vol 1 folio 319; vergelyk
Lubbers
and
Canisius
v
Lazarus
1907 TS 901.
Die konsep van opskorting van
verjaring kan ook na die Romeinse reg teruggevoer word. Verjaring het
nie teen regsonbevoegde persone
geloop nie en ook nie teen diegene
wat om ander redes verhinder is om hulle regte te laat geld nie.
Codex
7.40.2; Windscheid,
Lehrbuch
des
Pandektenrechts
(8ste uitgawe) vol 1 bl 489 - 490 gee voorbeelde.
Sien ook
De Bl
ë
court-Fischer, Kort
Begrip
van
het Oud-Vaderlands Burgerlijk Recht (6de uitgawe) bl 325.
15
Dit
het tot
die
stelre
ë
l
contra
non
valentem
agere, non
currit
praesriptio
aanleiding
gegee.
Die omgekeerde was ook waar:
In
pr
imis
exigen
dum
e
st
ut
sit
facultas
agendi
.
Dig
esta
44.3.1. Volgens De Groot,
Inleidinge
3.46.4 loop
verjaring
nie
in
die
geval
van
minderjarigheid,
uitlandigheid
of 'n
ander
beletsel
waardeur
iemand
nie
in
staat is om sy regte af te
dwing
nie.
Voet,
Commentarius
ad
Pandect
as
44.3.11
stel
ook
die
algemene
re
ë
l en
gee
as
voorbeelde
waar
die
reg of
bepalings
van
'n testament die
instel
van n
aksie
verhinder.
Soos
ook
in
die
geval
van
ander
skrywers, mag
dit
wees
dat
hy
die
kwessie
van
opskorting
van
verjaring
by
geleentheid
met
die
vraagstuk
van wanneer n
skuld
opelsbaar word, verwar. Voet 44.3.9 gee
egter
meer
tersaaklike
voorbeelde
van
opskorting
naamlik
die
gevalle
van
minderjariges,
kranksinniges,
persone
onder
kuratele
en
diegene
wat
vanwee
oorlogs-
of
amptelike
diens
afwesig is.
Van
Zurck,
Codex
Batavus
(4de
uitgawe
1764) bl 887 haal
die
stelre
ë
l
bloot
aan
sonder
om
voorbeelde
te-verskaf.
Van
der
Keessel,
Praelectiones
ad Gr
3.46.4 keur
16
die
algemene reël goed. Pothier,
Trait
ê
des
Obligations
3.8.2
verwys ook met goedkeuring na die stelreël. Hy wys
daarop dat
die reël nie altyd logies toegepas word nie aangesien 'n
minderjarige wat 'n voog het en dus in staat is om te ageer,
nog
steeds die skorsingsbeskerming geniet. Sien
President
Insurance
Co.
Ltd
v Yu Kwam
,
supra
,
op 773 F - G.
Om tot
dusver op te som: Dit is 'n algemeen geldende gemeneregsreël dat
bevrydende verjaring nie ten koste van diegene wat nie
hulle regte
kan afdwing nie, loop nie. Die verjaring word opgeskort totdat die
impedimentum
iuris
(om Van der Keessel se term
te gebruik) beeindig is. Die reël is egter nie altyd letterlik
toegepas nie aangesien verdere omstandighede
as skorsende faktore in
ag geneem is sonder dat daár enige vaste patroon gevolg is. J.
C. de Wet,
Opuscula
Miscellanea
bl 122.
Die
beginsel is ook nie in sy algemeenheid deur wetgewers
17
hier te lande herverorden nie. Die
Prescription Amendment
Act 6 van 1861 (Kaap) en The
Prescription Amendment Law 14
van 1861 (Natal) het in gevalle
van minderjarigheid,
geestesgebreke, afwesigheid uit
die kolonie en ten aansien van persone "under coverture"
verjaring opgeskort. Die
Wetboek
van
den
Oranjevrijstaat
, hoofstuk 23, het slegs vir opskorting ten
gunste van minderjariges (of persone wat regtens aldus beskou is) en
kranksinniges voorsiening
gemaak. Die Transvaalse Prescription
Amendment Act 26 van 1908 het persone "under disability"
gedefinieer as minderjariges,
kranksinniges onder kuratele en, in
aansluiting by Van Bijnkershoek
Obs
Tum
nr 3083,
getroude vrouens, maar net ten aansien van aksies tussen eggenote
-tensy daar 'n geregtelike skeiding tussen die partye
bestaan.
Krediteure wat uit die Transvaal afwesig was, het ook die voordeel
van opskorting geniet. Hierdie koloniale wette is deur
die 1943 Wet
herroep en, soos reeds sou blyk, is die Transvaalse voorbeeld
naastenby nagevolg. Dit is egter hier dat die wetgewer
vir die eerste
maal met die posisie van
18
vennote
gehandel het.
'n
Minderjarige wat onder voogdy staan of 'n persoon onder kuratele is
streng gesproke nie regsonbevoeg nie omdat daar wel deur of
namens
hulle gelitigeer kan word. Aksies tussen egliede
stante
ma
t
rimonio
is ook nie gemeenregtelik as 'n algemene
reël regtens onontvanklik nie. Sodanige litigasie is natuurlik
ongewens en strydig
met die gees van 'n huwelik. Uit hierdie analise
blyk dit dus dat daar geen vaste patroon in die Wet te bespeur i s
nie en dat elemente
van openbare beleid ingesluip het; die algemene
stelreël is afgewater en nie tot sy logiese konsekwensie
deurgevoer nie. Die
ander sub-paragrawe van art 7(1) van die 1943 Wet
is egter voorbeelde van die algemene reël.
Om meer
spesifiek met die
actio
pro
socio
te handel,
moet in ag geneem word dat die aksie verskeie situasies dek. Aan die
een kant is daar eisoorsake wat eers by die ontbinding
van die
vennootskap ontstaan: n tipiese geval is die eis vir
19 lewering van 'n rekening en
debattering daarvan.
Moste
rt v
Mostert
1913 TPD 255
;
Du
Bruyn v Joubert
1982 (4) SA 691
(W) 694 D. Aan die ander kant is
daar wel skuldoorsake wat tydens die bestaan van die vennootskap
ontstaan en daartydens afgedwing
kan word: so byvoorbeeld 'n eis teen
'n vennoot om sy ooreengekome deel in te bring of om 'n ooreengekome
tussentydse rekening te
lewer. Voet 17.2.9; Pothier,
Trait
é
du Contrat de
Soci
é
t
é
para 135;
Silbert
and Co v
Evans
& Co
1912 TPD 425
op 438;
Munro v
Ekerold
1949 (1) 5A 584
(SWA) 589;
Robson
v Theron
1978 (1) SA 841
(A) 849 E -
G en 850 C - D;
Shingadia
Bros v
Shingadia
1958
(1) SA 582
(FSC). Die besondere vertrouensverhouding tussen vennote
verg ook dat hulle nie in die gewone loop van sake teen mekaar
behoort te
litigeer nie. Die instel van n aksie kan 'n repudiasie van
die vennootskap daarstel (Voet 17.2.9) aangesien dit die
vertrouensverhouding
tussen die vennote 'n knou toedien. Vergelyk
Bovius,
De
Statutaria
Urbis
Praescri
ptlone 19.287 (
Tractatus
Tractatum
vol 19 folio 191).
Hoewel 'n vennoot dus nie 'n regsonbevoegde persoon in
20
regstegniese
sin
tydens
die
bestaan van 'n vennootskap is
nie
maar
wel in staat is om sy regte daartydens
af
te
dwing,
is
daar
goeie
gronde
om
sodanige
litigasie
te
ontmoedig of om 'n
vennoot
wat
nie
sy
aksie
instel
nie,
nie
te
penaliseer
nie.
Die
voor
die
hand
liggende
metode is om
verjaring
tydens
die
bestaan van 'n vennootskap op te skort. Daar bestaan wel
gemeenregtelike
gesag
vir
so 'n
resultaat.
Hector
Felicius,
Tractatus
de
Societate
32.74 en 32.75
stel
dat
die
actio
pro
socio
est
perp
etua
en
dat
verjaring
nie
begin
loop
alvorens
die vennootskap
ontbind
is
nie.
Hierdie
werk is nie
algemeen
beskikbaar
nie
maar
Roberts,
A
South
African
Legal
Bibliography
bl 120 verwys daarna en toon aan dat
Felicius
'n
laat
16de
eeuse
Italiaanse
juris
was.
Die
werk is
deur
Professor
J. J.
Henning,
Sentrum
vir
Ondernemingsreg, UOVS,
onder
my aandag
gebring.
Dat
die
skrywer
die
ius
commune
weergee,
blyk
daaruit
dat
die
derde
uitgawe
van
die
werk in
1666
in
Gorkum,
Suid-Nederland,
gepubliseer
is,
dat
die
skrywer na
Romeins-Hollandse
skrywers soos Groenewegen verwys en dat Voet (bv.
17.2.11)
op hom staatmaak. Vir
21
stawing van sy standpunt verwys
Felicius na 'n glos op Baldus
de Ubaldis se Kommentaar op Codex
7.1 (glos i), 'n verwysing
wat
nie
veel
om
die
lyf
het
nie
omdat
dit
die
verhouding
tussen vennote aan die verhouding
tussen 'n pupil en 'n tutor gelyk stel. Hy maak ook staat op Petrus
de Ubaldis se
De
Duobus
Fratribus
13.1
(en nie 13.2 soos Felicius sê nie) wat te vinde is in
Tractatus
Tractatum
vol 6, deel 1, folio 172. Hierdie werk bied wel stawing
vir die stelling. So ook Bovius,
loc
cit
. Hoewel daar
dus aanknopingspunte in die gemenereg is vir die beginsel dat
verjaring tussen vennote tydens die bestaan van die vennootskap
opgeskort word, kon ek geen bespreking vind wat met die posisie van
opeenvolgende vennootskappe handel nie.
By oorweging van die vraag wat die
doel van die bepaling in die 1943 Wet is wat verjaring tussen vennote
opskort, bestaan die volgende
moontlikhede:
(a) Persone behoort mekaar nie aan
te spreek terwyl daar 'n
22
vennootskapsverhouding tussen
hulle bestaan nie, of, anders gestel, 'n vennoot kan nie verkwalik
word as hy tydens die bestaan van
'n vennootskapsverhouding versuim
om sy medevennoot aan te spreek nie.
(b) Tydens die bestaan van 'n
venootskapsverhouding word aksies tussen die vennote wat uit daardie
bepaalde verhouding voortspruit,
ontmoedig. As die besondere
verhouding tot n einde kom, behoort verrekening tussen die vennote
plaas te vind en moet daardie hoofstuk
afgesluit word. 'n Skuld wat
uit daardie verhouding ontstaan het, behoort nie as a latente sweer
te bly voortbestaan nie.
Hoewel ek van oordeel is dat
beginsel (a) waarskynsel voorrang bo beginsel (b) behoort te geniet,
sal 'n analise van 'n aantal
casus
-gevalle aantoon dat daar
nie 'n beginsel soos in (a) geformuleer in die Wet te vinde is nie.
(1) Indien een vennoot aan die
ander n bedrag geld skuld wat nie uit die vennootskapsverhouding
ontstaan het nie,
23
word verjaring nie tydens die
bestaan van die vennootskap
opgeskort nie. Die van so 'n
kollaterale aksie moet net so traumaties op die
vennootskapsverhouding inwerk as 'n aksie wat uit die
vennootskapsverhouding vloei.
(2) Indien A en B gelyktydig in
twee aparte
vennootskapsverhoudings is, bv hulle is vennote in
'n
prokureurspraktyk en ook in 'n aparte afslaersfirma, sou
'n
ontbinding van die een verg dat eise wat uit daardie
verhouding
voortgevloei het, ingestel moet word aangesien
die voortbestaan
van 'n vennootskapsverhouding in die ander
nie verjaring sal
opskort nie. Hulle is immers nie meer
vennote in "bedoelde
vennootskap" nie.
(3) Daar kan geen twyfel wees dat
as vennote hulle
vennootskap ontbind en na n dag of wat weer
'n
vennootskapsooreenkoms op dieselfde terme sluit, die sluit
van
die nuwe ooreenkoms nie as 'n nuwe skorsing van eise uit
die
eerste vennootskap sou kon dien nie.
24
Dit bring mens dan by die feite
van hierdie saak. Indien 'n
nuwe vennoot, C, tot 'n bestaande
vennootskap tussen A en B
toetree, kom die ou vennootskap
tot 'n einde. Die twee
moontlike oorwegings in (a) en (b)
geld natuurlik ten
aansien van die eise wat uit die
eerste vennootskap ontstaan
het. Hierdie oorwegings is eweseer
op die drie aangehaalde
voorbeelde van toepassing.
Aangesien oorweging (a) nie ten
aansien van daardie drie
casus
-gevaMe met die bewoording
van die Wet versoenbaar is nie,
kan dit ook nie wat die
onderhawige geval betref, die
onderliggende oorweging gewees
het nie. Om gestalte aan hierdie
oorweging te gee, sal die
subartikel herbewoord moet word.
In ieder geval sou dit anomalies
wees om die tipiese eis wat uit die eerste vennootkap voortgevloei
het en wat aan skorsing onderhewig
was, soos bv. die eis vir 'n
tussentydse rekening, te laat voortleef tydens die bestaan van die
tweede vennootskap terwyl, aan die
ander kant, 'n eis om
25
finale afrekening begin om te
verjaar by ontbinding van die
eerste vennootskap. (Soos reeds
aangetoon, word
laasgenoemde eis nie deur die Wet
opgeskort nie omdat dit
eers by ontbinding van die
vennootskap ontstaan.) Ek vind dit ook moeilik om die oorlewing van
'n eis om inbring in die eerste vennootskap
te visualiseer: die nuwe
vennoot verkry tog 'n belang daarby.
Dit bring my dan by die voorgegewe
absurditeit waar A, B,
en C vennote is, C die vennootskap
verlaat en daar 'n
|
oorblywende eis tussen A en B is.
Vooraf, die blote feit
dat die wetgewer nie 'n betrokke
geval dek nie, beteken nie
dat daar 'n absurditeit voorkom
nie. Ek vind dit nie
aanvaarbaar om sekere anomalië
te gedoog ten einde 'n ander
anomalie te ondervang nie. Verder
is dit hoogs
onwaarskynlik dat 'n eis wat teen
B "uit die vennootskap"
ontstaan het nie ook 'n eis sou
wees waarin C 'n belang het
nie. Kom ons neem weer die eis om
inbring: A kan tog nie
onafhanklik van C so 'n eis hê
nie. Die voorgestelde uitleg
26
skep 'n nuwe anomalie: C se deel
aan die eis verjaar terwyl
A s'n opgêskort is. As A en
C mettertyd gesamentlik hulle
eis instel, hoe word die
verjaringstermyn bereken? 'n Verdere oorweging is die feit dat
verrekening normaalweg by beeindiging van
enige vennootskap ten
aansien van eise wat uit die ou vennootskap ontstaan het, plaasvind.
As daar 'n uitstaande verpligting is,
sal dit normaalweg (selfs by
wyse van noodwendige implikasie) deur middel van novasie 'n
vennootskapsverpligting in die nuwe vennootskap
word: wat B in die ou
vennootskap moes inbring, moet hy ook in die nuwe een inbring.
Skorsing werk dus in die konteks van die nuwe
vennootskap ten aansien
van die genoveerde eis.
Dit volg dus uit voorgaande dat ek
van oordeel is dat die uitleg wat deur die appellant voorgehou is,
nie met die bewoording van die
artikel of sy doel te versoen is nie,
dat die appellant se eis verjaar het en dat die appël met koste
van die hand gewys moet
word.
27
L T C
HARMS WndAR NESTADT AR STEM SAAM