About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 177
|
|
S v Molefe (170/91) [1991] ZASCA 177 (28 November 1991)
CG SAAKNOMMER: 170/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
R B MOLEFE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: BOTHA, VIVIER et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 18 NOVEMBER 1991
GELEWER
: 28 NOVEMBER 1991
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Hierdie appèl gaan slegs oor die doodvonnis wat weens sy
skuldigbe,vinding aan moord aan appellant opqelê is voor die
wysiging van
die Straforoseswet deur art 4 van Wet 107 van 1990. Die betrokke moord is
gepleeg op 9
Maart 1989 in die loop van 'n rooftog, helder oordag gepleeg by
'n woonhuis in Alberton. Met die verhoor het appellant ontken dat
hy ooit in sy
lewe in Alberton was: die goed uit die woonhuis gesteel wat in sy kamer gevind
is op die 12de Maart, het 'n aangetroude
familielid met wie hy haaks is,
konstabel Oupa Moerane, hom gevra om te berg totdat Moerane dit sou kom afhaal;
die vingerafdruk
gekry op die moordtoneel is, ondanks deskundige getuienis dat
dit sy linkerduim is wat daardie afdruk gelaat het, nie syne nie.
Na skuldigbevinding het hy gebly by sy verhaal dat hy nog nooit in Alberton
was nie. Sy pro Deo advokaat kon slegs die hof toespreek
oor appellant se
agtergrond en omstandighede: hy is 28 jaar oud, het
3
slegs tot by standard 1 op skool gevorder, het grootgeword in Soweto, het nog
sy hele lewe lank by sy moeder gebly en was basies die
broodwinner in die huis,
hoewel hy nie toe die roof en moord gepleeg is, gewerk het nie.
Die verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede bewys is
nie. Nadat appellant sekere vorige veroordelings erken
het, is hy gevonnis tot
18 jaar gevangenisstraf vir die roof waarvan hy ook aangekla is, en die destyds
verpligte doodstraf opgelê
vir die moord. Die verhoorregter het bygevoeg
"dat as dit nie verpligtend was nie, is hierdie 'n saak waar ek in elk geval die
doodvonnis
sou oplê" - vanselfsprekend, omdat hy dit as 'n gepaste vonnis
beskou het. Dit is ai oorbekend dat Wet 107 van 1990 ingrypende
veranderings
gebring het t.a.v. die benadering tot beide die oplê van en appèl
teen die doodvonnis. Die vraag waaroor
hierdie hof self moet oordeel, is nie of
die doodvonnis hier 'n
4
gepaste vonnis was nie, maar of dit
die
(enigste) gepaste vonnis is,
met inagneming van die strafversagtende en -verswarende faktore wat uit die
oorkonde blyk. Daar is nie
aan die hand gedoen dat daar enige feite buite die
oorkonde bestaan wat daardie oordeel sou beïnvloed nie, en ek kan my nie
so
iets indink nie.
Wat volg is h opsomming van die feite wat betrekking kan hê op vonnis.
Getuienis wat slegs relevant was t.a.v. die skuldigbevinding
word nie weergegee
nie, - soos byvoorbeeld dié wat dit buite twyfel stel dat konstabel
Moerane nie kon betrokke gewees het
nie by die rooftog waarmee appellant hom wou
opsaal. Die onaanvegbare skuldigbevinding word nie voor ons bevraagteken
nie.
Mev Hendriëtte Potgieter het vanuit haar huis met juweliersware sake
gedoen. Sy het ware ontvang van 'n Mev Palframan en dit
op 'n
kommlssie-grondslag aan individuele kliënte wat sy self gewerf het verkoop,
en
5
weer vir haar kliënte herstel- of herskeppingswerk laat doen. Wat sy
ontvang het van Mev Palframan het gekom in 'n kunsleer rolverpakking.
Vir
individuele items ontvang van kliënte om herstel te word of items wat aan
hulle gelewer moes word, het sy piepkiein koevertjies
gebruik.
Op die
betrokke dag, Donderdag 9 Maart 1989, was oorledene alleen by haar huis
geleë in Southcrest, Alberton, nadat haar man
werktoe en twaalfjarige
dogtertjie skooltoe is. Hy het elfuur teruggekom om die sleutels van haar BMM
wat hy per abuis saamgeneem
het werktoe, vir haar te bring. Alles tuis was
normaal. Toe hulle dogtertjie om 13.50 met die bus tuiskom, het sy afgekom op 'n
vermoorde
moeder en geplunderde huis. Die buit is per motor verwyder want die
BMW wat om elfuur nog voor die voordeur gestaan het, was ook
weg.
Volgens die paramedici wat kort daarna opgedaag het, het die dood nie lank
tevore ingetree nie. Die oorledene het op haar maag gelê
op die vloer in
die
6
slaapkamer. Haar voete was met geknoopte dasse vasgebind, so ook haar hande
agter haar rug. Dasse met knope daarin was deur haar mond
en om haar nek so styf
vasgebind dat sy glad nie kon asemhaal nie en dit 'n gesukkel gekos het om 'n
skêr tussen mens en materiaal
in te kry om dit los te knip. Haar sweetpak
broek was nat. Dr Kemp wat die nadoodse ondersoek behartig het, het verduidelik
dat met
versmoring "it is what they call an agonal act, it means that as you are
dying you lose control". Die oorsaak van dood was dan ook
versmoring deur
verwurging.
Volgens die beserings aan die lyk gevind, was met oorledene hardhandig
gehandel, hoewel daar nie in die. huis tekens was van 'n worsteling
met 'n
aanvaller nie. Daar was naamlik kneusings oor haar regter elmboog, linker
bo-arm, aan die agterkant en binnekant van haar
regter bo-arm, rug en linker
bo-lyf, en regter bo-been. Sy het 'n 2,5 cm breë kneusingshalsband gehad
waar die das
7
styfgetrek is. Aan die voorkant van haar nek was krapmerke, waarskynlik self
aangebring toe sy benoud probeer het om die das weg te
kry om asem te kan skep.
Die agterste gedeelte van haar tong was ook erg gekneus, wat dui op drukking
hoër op aan die nek as
wat die das daarom vasgeknoop gewees het. Dr Kemp
was van mening dat dit moontlik veroorsaak kon gewees het deur verwurging met
die
hand, hoewel die hyoïedbeen en skildklier-kraakbeen nie gebreek was
nie, "indicating that it was more a ligature strangulation
than anything else"
wat haar dood veroorsaak het. (Sy aandag is nooit daarop gevestig dat 'n das ook
deur haar mond styf vasgebind
was nie.) Waar die lugweë afgesluit word soos
hier, waarvan haar blou gelaatskleur en die onderhuidse speldpuntbloeding in
haar
gesig en oë getuig het, sou sy nie langer as vier minute nog geleef
het nie.
Dr Kemp het gemeen dat dit heel moontlik is dat die beserings wat hy aan
oorledene gevind het deur slegs
8
een persoon veroorsaak kon gewees het.
Die ondersoekbeampte was van mening
dat sy moes verras, effektief gedreig, en eers na 'n ruk doodgemaak gewees het.
Mnr Potgieter
se getuienis staaf so 'n teorie. Die huis was nie gesluit nie.
Daar was twee honde op die perseel, 'n ondermaat baster Doberman en
h
foksterrier-kruis hondjie, wat altwee altyd by oorledene was en slegs deur haar
gepaai sou kon gewees het. Hulle was los op die
perseel en verskrik toe hy daar
kom. En dan is daar al die kneusplekke wat Dr Kemp aan haar gevind het wat met
verskillende stampe
en stote of wat ook al en dus met verloop van tyd toegedien
moes gewees het. Maar presies wat gebeur het daar in die huis en hoe
die
indringer by die honde verbygekom het, sou slegs appellant kon vertel het. Dit
kon nie gewees het omdat die honde hom ken nie.
Die Potgieters het geen
bediendes aangehou nie, hoewel daar 'n vrou op 'n geleentheidsgrondslag kom
stryk het. Mnr Potgieter het
9
appellant van geen kant geken, of herken nie.
Die ondersoekbeampte was van
mening dat een persoon alles kon gedoen het wat die spore gelaat het wat die
polisie daar aangetref het,
afhangende van "die professionaliteit van die
krimineel". Dat die boosdoener geen amateur was nie, blyk uit die polisie se
waarnemings.
Vingerafdrukke is gesoek, maar die rower was geslepe: hy het
onuitkenbare smeersels gelaat waar hy gevat het omdat hy sy hande bedek
het met
iets soos kouse, te oordeel na die "nate en patroontjies soos wat hy geweef is"
wat die polisie in die smeersels waargeneem
het. Hy was egter nie geslepe genoeg
nie. Klein koevertjies met juweliersware daarin is in oorledene se werkskamer
oopgeskeur en
verstrooi. Toe appellant dit doen het hy kaalhande gewerk en
daarop wel vingerafdrukke gelaat. h Hofkaart is voorberei en aan die
verhoorhof
voorgelê ter ondersteuning van deskundige getuienis dat die
linkerduimafdruk op een so h koevert gevind, diê
van
10
die appellant is.
Wat buitgemaak is uit die huis, was 'n TV-stel, 'n
video-bandopnemer, al Mnr Potgieter se klerasie, van oorledene en die kind se
klere
en oorledene se voorraad juweliersware asook die gewese inhoud van
koevertjies. Die totale waarde van wat geroof is, is ongeveer
R80 000,00 plus
die BMW die waarde waarvan volgens Mnr Potgieter R5 000,00 was.
Oorledene is astrant oorrompel in haar eie huis, helder oordag, toe en waar
sy alle reg gehad het om haar veilig te voel. Sy het nie
deur agtelosigheid as't
ware misdaad uitgelok nie.
Vanweë die voertuig wat by die voordeur gestaan het moes appellant
verwag het dat daar iemand tuis is met wie hy sou moes afreken.
Die strooptog moes goed vooraf beplan en die huis bespied gewees het en hy
tevrede dat sy oogmerk haalbaar is. Dit kon onmoontlik
nie op die ingewing
van
11
die oomblik aangepak gewees het nie.
Waar die dood moes ingetree het binne
4 minute nadat haar lugweë afgesny is deur die das, is die afleiding soos
reeds genoem
'n onvermydelike dat sy vóór dit die stampe en stote
ontvang het wat die ander kneusplekke aan haar lyf veroorsaak
het. Mens kan jou
indink in die angs wat haar verskriklike dood moes voorafgegaan het en die
vernedering van die finale "agonal act"
waar sy op haar maag op die vloer met
hande en voete vasgebind gelê het.
Haar huis is met dieselfde minagting bejeën as haar liggaam. Alles is
omgedolwe en rondgestrooi in appellant se kieskeurige soektog
na ware wat hy
maklikste en ten beste sou kon van die hand sit.
Die hele episode is bowendien alles berekend aangepak om geen spore na te
laat nie, met kouse oor die hande; en beide beplanning en
optrede was
grootskeeps.
Dit was onnodig om haar dood te maak. Daar is
12
niks op rekord nie wat daarop dui dat hy rede gehad het om te vermoed dat
oorledene hom weer sou kon herken. Met hande en voete vasgebind,
kon sy stil
gehou gewees het deur byvoorbeeld 'n das in haar mond te stop of lap daarom te
bind waardeur hy alle geleentheid sou
gehad het om weg te kom.
Die verhoorhof het dit onnodig gevind om uitsluitsel te gee oor die vraag of
appellant se opsetvorm dolus eventualis of dolus directus
was. Waar die das so
styf was dat sy glad nie kon asemhaal nie is die voor die hand liggende
afleiding dat die persoon wat dit so
styf getrek het sou gehoor het dat sy nie
langer asemhaal nie. Appellant het niks laat val wat laat vermoed dat hy in die
omstandighede
van die onderhawige saak nie die dood van die weerlose vrou gewil
het nie; maar al word aanvaar dat sy opsetvorm dolus eventualis
was, is dit op
sigself nie 'n versagtende omstandigheid nie. Vgl die opmerking van Holmes AR in
S v DE BRUYN EN
'n
ANDER
1968 (4) SA 498
(A) op 511H.
Daar is geen die minste aanduiding in die. oorkonde van deernis vir 'n
medemens of berou nie, slegs van egosentriese gevoelloosheid
en totale
gewetelooshaid.
Wat die oortreding self betref is daar geen getuienis wat dui op iets wat
appellant se morele verwytbaarheid verminder nie. Daarna
het hy volhard om
Moerane te beswadder.
Sy vorige veroordelings lyk so:
13.
SEE ORIGINAL JUDGEMENT PAGE
14
Die twee huisbrake van 1978 moes gepleeg gewees het voor hy skuldig
bevind is in 1977. Sy rekord toon dat hy beide oneeriik en 'n
geweldenaar is wat
sy volwasse bestaan óf met misdaad óf in die gevangenis
deurgebring het. Hy is nie alieen nie deur
gevangenisstraf afgeskrik of
gerehabiliteer nie maar die huidige saak toon dat hy uit sy "foute" van die
verlede waardeur hy aan
die pen gebring is, geleer het hoe om vernuftiger en op
groter skaal te oortree.
Dat hy slegs standard 1 behaal het, is 'n kieurlose
faktor waar ons nie weet waarom hy daar vasgehaak het nie, en of hy nie verder
wou leer nie. Gebrek aan formele opieiding beteken in eik geval nie gebrek aan
inteiligensie nie. Hy is geen naïewe plaasarbeider
nie, maar 'n stedeling
wat gesofistikeerd genoeg is om 'n prokureur te gaan raadpleeg toe hy agterkom
die poiisie is op sy spoor.
Appellant het geen feitebasis vir enige
15
strafversagtende faktore daargestel nie. (
s v NKWANYANA EN ANDERE
[1990] ZASCA 95
;
1990
(4) SA 735
(A);
S v MBONAMBI
1991 (1) SASV 123 (A) 126.) Ek vind niks in
die oorkonde om op te weeg teen die gelyste verswarendes nie. Appellant se
advokaat het
betoog dat hoewel appellant kennelik geweteloos en
onrehabiliteerbaar is, dit voldoende sou wees om hom permanent uit die
samelewing
te verwyder. Lewenslange gevangenis sou gepas wees, derhalwe is die
doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis nie, so doen hy aan
die
hand.
Appellant se geskiedenis en die feite van diê saak oortuig van sy
verdorwenheid. Waar 'n weerlose vrou in die veiligheid van
haar huis
helderoordag aangeval, beroof en onnodig om die lewe gebring is, tree die
gemeenskapsbelang sterk na vore. Sulke optrede
is uiteraard iets wat vir die
gemeenskap verderflik is. (Vgl
S v SESING
1991 (2) SASV 361 (A) 365 g;
S v MAKIE
1991 (2) SASV 139 (A) 143.) Die verswarende faktore roep
16
luidkeels om vergelding. Selfs lewenslange gevangenlsstraf sou onvoldoende
wees. Die appèl word afgewys.
L VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM:
BOTHA AR VIVIER AR