S v Visser (12/91) [1991] ZASCA 171 (27 November 1991)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction — Appellant convicted of rape in the Regional Court and sentenced to eight years' imprisonment — Appeal upheld in part, with the conviction on the second count set aside due to trial irregularities — Appellant acquitted on the second charge after retrial — Legal issue regarding the acceptance of the complainant's testimony and the denial of the appellant's request to recall the complainant for further cross-examination — Court found that the trial court properly accepted the complainant's evidence and that the refusal to allow recall did not constitute a miscarriage of justice.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 171
|

|

S v Visser (12/91) [1991] ZASCA 171 (27 November 1991)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPELAFDELING)
saaknr. 12/91
In die appèl van
BARNEY WILLIAM VISSER APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
Coram
: E.M GROSSKOPF, VAN DEN HEEVER ARR et VAN COLLER WndAR
Datum aangehoor: 15 November 1991 Datum gelewer: 27 November 1991
2 UITSPRAAK
VAN COLLER WndAR
:
Appellant is in die streekhof te Vryheid skuldig bevind op twee klagtes van
verkragting. Ten opsigte van elke klagte is 'n vonnis
van 8 jaar gevangenisstraf
opgelê. Op appél na die Natalse Provinsiale Afdeling is die
skuldigbevinding op die eerste
klagte gehandhaaf. Die skuldigbevinding en vonnis
op die tweede klagte is op grond van onreëlmatighede in die verhoor tersyde
gestel. Die saak is wat dië klagte betref na die streekhof terugverwys om
de novo
deur 'n ander landdros verhoor te word. Op 10 Augustus 1990 is
appellant op die tweede klagte onskuldig bevind en ontslaan. Verlof
is deur
hierdie hof aan appellant verleen om teen die skuldigbevinding op die eerste
klagte te appelleer.
3
Die saak van die Staat 1 s dat appellant die klaagster gedurende die aand van
28 Desember 1988 te Vryheid verkrag het. Die klaagster
was op daardie stadium 19
jaar oud, ongetroud, en sy het by haar ouers ingewoon. Sy het as klerk by die
Departement Mannekrag gewerk.
Appellant was toe 33 jaar oud en hy het sedert
Augustus 1988 as verkoopsverteenwoordiger by die firma, PG Glass, op Vryheid
gewerk.
Mnr Scheltema, wat deurentyd names appellant opgetree het, het in hierdie hof
die skuldigbevinding op tweërlei grondslag aangeveg.
Hy het eerstens
aangevoer dat die streeklanddros fouteer het om die klaagster se getuienis te
aanvaar. Die tweede been van sy argument
was dat die verhoorhof 'n
onreëlmatigheid begaan het deur nie 'n aansoek om die herroeping van die
klaagster toe te staan nie
nadat sekere teenstrydighede in haar getuienis, en 'n
verklaring wat sy aan die polisie gemaak het, aan die lig gekom het.
4
Die getuienis van die klaagster aangaande die gebeure die aand van 28
Desember 1988 is kortliks soos volg. Appellant het haar genooi
om die aand saam
met hom te gaan eet. Alhoewel sy kennis met hom gemaak het by haar werk, het sy
nog nie voorheen met appellant uitgegaan
nie en sy het nie geweet dat hy getroud
is nie. Sy was aanvanklik onwillig om saam met appellant te gaan, maar het later
ingewillig
nadat appellant haar laat weet het dat 'n ander paartjie sou
saamgaan. Appellant het die klaagster by haar ouerhuis opgelaai. Hy
was vergesel
van ene mevrou Rhoda van der Merwe, en 'n kollega, ene Gordon Coleman. Hulle is
met Coleman se motor na 'n hotel waar
drankies gedrink is. Volgens die klaagster
het sy 'n brandewyn en soda gedrink. Aangesien die hotel nie die gereg wat hulle
bestel
het kon voorsit nie, het hulle na 'n restaurant gegaan waar hulle wyn
bestel het en geëet het. Die viertal het ongeveer 10.15
nm vanaf die
restaurant vertrek. Rhoda van der Merwe en Coleman wou na 'n hotel gaan maar
appellant was nie daartoe
5 geneë nie. Rhoda is op haar versoek by haar
woning afgelaai. Volgens klaagster wou sy ook huis toe gaan maar Coleman het
haar
oorreed om saam met hom en appellant na 'n motel, bekend as die Stilwater
Motel, te gaan. Daar aangekom is hulle na die dameskroeg.
Volgens die klaagster
is daar twee rondtes drankies bestel. 5y self het egter net een drankie, weer
brandewyn en soda, gedrink. Teen
ongeveer 11 nm wou sy huis toe gaan en Coleman
het aangebied om haar te neem. Appellant het egter aangedring daarop om haar te
neem.
Buite die motel het Coleman die klaagster gesoen, maar volgens haar was
dit nie 'n intieme soen nie. Appellant se bakkie was by die
motel waar Coleman
tuis was. Hy en die klaagster het met die bakkie vertrek na Vryheid wat ongeveer
10 km vanaf die motel is. Op
pad het die klaagster 'n sigaret aangesteek. Die
gebeure tot op hierdie stadium is in hooftrekke gemene saak. Die klaagster se
weergawe
aangaande wat verder gebeur het is soos volg. Appellant het gesê
hy gaan stilhou sodat sy klaar kon rook voordat hy haar by
haar ouerhuis aflaai.
Appellant het blykbaar geweet dat
6 sy nie voor haar ouers rook nie.
Appellant het nie stilgehou nie maar by 'n piekniekplek langs 'n rivier
afgedraai van die pad.
Hy het onder 'n boom stilgehou ongeveer 100 m van die
teerpad af. Die klaagster het getuig dat appellant haar aangekyk het met 'n
snaakse, wrede uitdrukking in sy oë. Sy was vreesbevange. Hy het haar nader
getrek en gesoen. Sy het begin huil en appellant
versoek om haar huis toe te
neem. Hy het iets uit sy voertuig se paneelkissie geneem en dit teen haar maag
gedruk. Sy kon nie die
voorwerp sien nie maar sy kon voel dat dit in staat was
om te sny as dit harder gedruk word. Appellant het die klaagster aangesê
om op te hou huil en te doen wat hy së. Op die wyse het hy haar gedwing om
uit te klim, haar klere uit te trek en om agter op
die bakkie te klim. Daar het
hy gemeenskap met haar gehou. Terwyl hy met die klaagster besig was het hy sy
lyfband van sy broek gehaal,
dit om haar nek gesit en gesê dat sy moet
ophou huil. Volgens die klaagster het appellant, voordat hy sy klimaks bereik
het,
opgestaan en langs die bakkie gaan staan
7 waar hy blykbaar gemasturbeer
het. Daarna het hy haar aangesê om aan te trek. Alvorens hulle vertrek
het, het appellant haar
vertel dat hy sy vrou met 'n ander man in die bed gekry
het, en dat hy voorheen al in die tronk was omdat hy die persoon iets aangedoen
het. Appellant het ook aan die klaagster gesê dat indien sy dit verkies,
hy haar by die polisiestasie kan aflaai waar sy 'n
saak aanhanging kan maak. Hy
het gesê dat hy baie geld het, en hy n advokaat sou kry en sy niks sou kon
bewys nie. Die klaagster
het getuig dat sy appellant versoek het om haar na haar
nefie se huis te neem. Sy het hom beduie na die huis van ene Luitenant de
Jager
in Heerenstraat waar appellant haar afgelaai het. Luitenant de Jager was nie
haar nefie nie maar sy het wel voorheen met hom
uitgegaan, en was goed met hom
bevriend. Die klaagster se getuienis is verder dat sy met haar aankoms by de
Jager histeries was en
dat sy gehuil het. De Jager het haar kalmeer en op haar
versoek 'n landdros, ene mnr Claasen, telefonies na sy huis ontbied. Claasen
het
kort daarna opgedaag en sy het aan hom en de Jager vertel wat
8 plaasgevind
het. Volgens die klaagster het de Jager die speurders gebel waarna hulle na haar
ouer suster se huis is. Daarna is hulle
na die klaagster se ouerhuis waar haar
moeder ook van die gebeure ingelig is. Die speurders het later opgedaag en sy is
na die hospitaal
geneem waar die distriksgeneesheer, dokter van Alften, haar
ondersoek het. Die klaagster het getuig dat sy slegs blou merke op haar
rug
gehad het as gevolg van die lé op die bakkie en dat sy nie ander
beserings gehad het nie. Sy is twee dae later weer na
die geneesheer en tydens
dié besoek het sy hom vertel van die blou merke. Die klaagster het voorts
in haar getuienis erken
dat sy al voorheen met een ander manspersoon gemeenskap
gehad het.
Luitenant de Jager, na wie die klaagster verwys het, is ook deur die Staat as
getuie geroep. Ten tye van die verhoor was hy 'n kaptein
in die Suid-Afrikaanse
Polisie. Hy het getuig dat hy om 12.15 vm op 29 Desember as gevolg van 'n harde
geklop aan die agterdeur van
sy huis wakker geword
9
het. Die persoon wat
geklop het was die klaagster. Sy was
half histeries en sy het gehuil. Hy het
haar probeer
kalmeer en in sy kamer op die bed laat sit. Haar klere
was
gekreukel en haar hare onnet. Hy het Tom Claasen op die
klaagster se
versoek gebel en hom gevra om na sy huis te kom. Die klaagster het aan hom en
Claasen vertel dat sy deur appellant verkrag
is. Volgens de Jager het die
klaagster geskok gelyk. Hy het geen drankreuk by haar waargeneem nie.
Thomas Claasen, 'n landdros van Vryheid, se getuienis het ooreengestem met
die van de Jager. Hy het getuig dat met sy aankoms by de
Jager die klaagster
baie ontsteld was en kermagtig gehuil het. Hy het geen beserings waargeneem nie
maar opgelet dat haar romp gekreukel
was. Hy het geen drankreuk waargeneem nie
maar hy het self vroeër die aand drank gebruik. Die klaagster het vir hom
nugter voorgekom.
10 Dokter F. E van Alften, die distriksgeneesheer van
Vryheid, het getuig dat hy die klaagster op 29 Oesember 1988 om 3.25 vm by die
hospitaal ondersoek het. Haar liggaamlike en geestestoestand was normaal en so
ook die toestand van haar klere. Die klaagster was
op haar gemak en nie geskok
nie. Die ondersoek van die klaagster se geslagsdele was maklik. Daar was geen
vars skeure van die maagdevlies
nie maar wel twee ou skeure. Volgens dr van
Alften se getuienis het die klaagster hom ook op 9 Januarie 1989 kom besoek. Sy
het gekla
van lae abdominale pyne, maar hy het geen aantekening dat sy van
rugpyn gekla het nie. Hy het ook geen aantekening daarvan dat die
klaagster sou
gekla het van blou kolle op die rug nie. Indien sy aandag op blou kolle op die
rug gevestig was, sou hy beslis 'n aantekening
daarvan gemaak het.
Appellant se getuienis is dat die klaagster dronk was op die stadium toe
hulle met sy bakkie vanaf die motel vertrek het. Sy het heelwat
meer gedrink as
wat haar getuienis voorgee.
11
Daar is geensins by die piekniekplek afgedraai of stilgehou nie en geen
verkragting of gemeenskap het plaasgevind nie. Volgens appellant
het die
klaagster hom versoek om haar by vriende se huis af te laai, want indien sy in
die toestand waarin sy was sou tuis kom, daar
moeilikheid sou gewees het. Die
klaagster het hom beduie na Kommissiestraat 90 waar hy haar afgelaai het.
(Hierdie adres stem nie
ooreen met die adres waar die klaagster volgens haar
getuienis afgelaai is nie.) Appellant het ook getuig dat daar varkkos agterop
sy
bakkie was. Hy het op daardie tydstip 'n paar varke aangehou op die plaas waar
hy woonagtig was. Hy het feitlik daagliks groente
en vrugte wat reeds bederf was
by die mark gekry vir sy varke.
Appellant se eggenote het getuienis vir die verdediging afgelê. Sy het
getuig dat sy op 29 Desember 1988 by die huis was toe
appellant in die
vroeë oggendure opgedaag het. Sy was bekommerd en kwaad en het uitgegaan om
hom te ontmoet. Appellant het aan
haar vertel dat hy saam met
12 Gordon gaan
uiteet het. Sy het gesien dat daar varkkos agterop die bakkie was.
Die verdediging het ook n vrouekonstabel, Maria van Eck, as getuie geroep.
Die enigste rede waarom hierdie getuie geroep was, is om
die verklaring wat sy
van die klaagster om 5.25 vm op 29 Desember 1988 geneem het, voor die hof te
plaas.
Dit blyk uit die oorkonde dat die verdediging op twee geleenthede gedurende
die verhoor aansoek gedoen het om die klaagster te herroep
vir verdere
ondervraging. Die eerste geleentheid was op 27 November 1989 en op daardie
stadium het die aanklaer reeds die verklaring
wat die klaagster aan die polisie
gemaak het tot beskikking van appellant se advokaat gestel. Die aanklaer was
egter van mening dat
haar getuienis nie wesenlik afgewyk het van haar verklaring
nie en hy het die aansoek om herroeping teengestaan. Die aansoek is deur
die
streeklanddros, wat op daardie stadium
13 nie insae in die verklaring gehad
het nie, van die hand gewys. Op 28 November 1989, en nadat die klaagster se
verklaring ingehandig
is, en die verhoorlanddros insae daarin gehad het, het
appellant se advokaat sy aansoek om herroeping van die klaagster herhaal,
Die
aansoek is weereens van die hand gewys.
Die streeklanddros het die getuienis van die klaagster aanvaar en dié
van appellant en sy eggenote verwerp. Hy het bevind dat
daar stawing vir die
klaagster se getuienis is in die getuienis van Claasen en de Jager. Die
streeklanddros meld in sy uitspraak
dat die klaagster se getuienis sonder twyf
el aanvaar kan word en dat voldoen is aan die versigtigheidsreels.
Wat die meriete van die saak betref, het mnr
Scheltema
aangevoer dat die streeklanddros nie die klaagster se
getuienis
krities benader het nie en fouteer het om dit te
aanvaar. Hy het aangevoer
dat die klaagster nie 'n
14 bevredigende getuie was nie en hy het na verskeie aspekte verwys, wat
volgens hom, duidelik aantoon dat die klaagster se getuienis
nie aanvaar kon
word nie. Mnr Scheltema se vernaamste kritiek teen die klaagster se getuienis is
gebaseer op die getuienis van die
distriksgeneesheer. Hy het ook na ander
aspekte verwys, soos byvoorbeeld verskille in die getuienis van die klaagster en
die polisie
aangaande besonderhede wat die klaagster aan hulle sou verstrek het.
Daar is seer sekerlik heelwat meriete in hierdie argumente.
Hierteenoor is daar
die getuienis van de Jager en Claasen en sekere waarskynlikhede wat steun bied
aan die getuienis van die klaagster.
In die lig van die bevinding waartoe geraak
is ten opsigte van mnr Scheltema se tweede argument, is dit egter nie nodig om
verder
hierop uit te brei nie en ook nie om te besluit of daar wel voldoende
gronde bestaan om met die verhoorhof se geloofwaardigheidsbevindings
in te meng
nie.
Mnr Scheltema het aangevoer dat die verhoorhof se weiering
15 om die
klaagster te herroep 'n growwe onreëlmatigheid in die verrigtinge daarstel
aangesien daar wesenlike weersprekings in
die klaagster se getuienis en haar
verklaring voorkom. Dit dien vermeld te word dat appellant se skuldigbevinding
op die tweede klagte
deur die hof
a quo
op grond van 'n soortgelyke
onreëlmatigheid tersyde gestel is. Die beweerde verkragting waarop die
tweede klagte betrekking
gehad het, het plaasgevind op die 3de Februarie 1989,
te Vryheid, dws nie lank na die verkragting wat in die eerste klagte die
appellant
ten laste gelê is nie. Die klaagster was 'n getroude vrou en die
verkragting sou op die perseel waar appellant werksaam was,
plaasgevind het. Die
hof
a quo
het bevind dat daar wesenlike verskille is in die klaagster se
getuienis en die verklarings wat deur haar aan die polisie gemaak
is. Dit is as
gevolg van hierdie onreëlmatigheid dat die bevele gemaak is waarna reeds
verwys is. Wat die eerste klagte betref,
het die hof
a quo
egter bevind
dat die verskille in die getuienis en die polisieverklaring nie wesenlik is nie
en dat daar derhalwe geen onreëlmatigheid
16 begaan is deur nie die
klaagster vir verdere ondervraging te herroep nie.
In
S v Xaba
1983 (3) SA 717
(A), waarin gehandel is met die plig van
'n aanklaer om 'n verklaring tot die beskikking van die verdediging te stel
wanneer 'n getuie
daarvan afwyk, sê Botha AR op 729 F - H die volgende
aangaande 'n wesenlike teenstrydigheid:
"It must be borne in mind that the rationale of the rule requiring disclosure
of a previous inconsistent statement is to provide a
safeguard against the
danger of an accused being convicted on the evidence of a witness who is not a
credible and reliable witness.
Whether or not a discrepancy between the evidence
of a state witness and his previous statement to the police is sufficiently
serious
to call for the performance of the duty of disclosure by the prosecutor
must therefore be assessed in the context of the effect that
such disclosure and
the cross-examination following upon it might have cm the credibility and
reliability of the witness. In my opinion
a discrepancy is serious whenever
there is a real possibility that the probing of it by means of cross-examination
could have an
adverse effect on the assessment by the trial court of the
witness' credibility and reliability. Such a real possibility is not created
by
a discrepancy of a minor or trivial nature."
17
In die onderhawige saak het die aanklaer wel die verklaring tot beskikking
van die verdediging gestel. Indien die teenstrydighede
wat hier ter sprake is
wesenlik is, was die weiering van die streeklanddros om aan die aansoek om
herroeping van die klaagster te
voldoen, onreëlmatig.
Ek ag dit nie nodig om al die weersprekings waarna verwys is te behandel nie.
Sommige kan nie as werklike teenstrydighede bestempel
word nie en ander is van
geringe aard. So bv kan 'n teenstrydigheid of appellant teenoor klaagster se
moeder dan wel teenoor haar
vader onderneem het dat hy haar teen 11 nm huis toe
sou bring nie as wesenlik bestempel word nie. Dieselfde kan egter nie van die
volgende teenstrydighede gesê word nie. Volgens haar verklaring het die
klaagster oa die volgende gesê aangaande wat
by die piekniekplek gebeur
het:
18
"Ek wou uitklim maar hy het die deur gesluit. Daarna het hy by die
bestuurderskant uitgeklim en langs my kom staan."
Volgens die klaagster se getuienis onder kruisverhoor was die deur nie
gesluit nie en het sy dit nie oorweeg om uit te klim nie. Sy
het getuig dat sy
op daaardie stadium alreeds te vreesbevange was. Hierdie twee weergawes is direk
teenstrydig en kan nie met mekaar
versoen word nie. Volgens wat in die
verklaring staan moes appellant die deur van binne gesluit het en daarna
uitgeklim het. Niks
sou die klaagster verhoed het om die deur weer oop te maak
nie, of om by die ander deur uit te klim nie. Die verklaring is dus nie
alleen
strydig met die klaagster se getuienis nie maar laat verskeie vrae ontstaan wat
in kruisverhoor verder ondersoek kon gewees
het. Nie alleen bestaan die
moontlikheid dat die klaagster leuenagtig is aangaande wat sy sê ten
aansien van die gebeure kort
voor die verkragting nie, maar dit kon daarop gerig
gewees het om die saak teen
19 appellant aan te dik. Die moontlikheid kan wel
nie uitgesluit word dat die klaagster die teenstrydighede op so 'n wyse kon
verduidelik
dat dit nie haar geloofwaardigheid nadelig sou raak nie. Daaroor kan
egter slegs gespekuleer word en dit doen geensins afbreuk aan
die werklike
moontlikheid dat verdere kruisondervraging die verhoorhof se
geloofwaardigheidsbevindings nadelig kon raak nie.
'n Verdere teenstrydigheid wat nie as gering of beuselagtig bestempel kan
word nie, het betrekking op die wyse waarop die seksdaad
voltooi sou gewees het.
Die strekking van die klaagster se verklaring is dat appellant die daad voltooi
het. Volgens haar getuienis
het appellant voordat hy sy klimaks bereik het, sy
privaatdeel uitgehaal en langs die bakkie gaan staan waar hy gemasturbeer het.
Die strekking van haar getuienis onder kruisverhoor is baie duidelik dat sy ook
in haar verklaring aan die polisie gesê het
dat appellant sy privaatdeel
uitgehaal het voordat hy saad gestort het. Wat hierdie teenstrydigheid betref
val die
20
ongewone optrede aan die kant van appellant dadelik op. Die ongewone optrede
word egter nie in die verklaring vermeld nie terwyl die
klaagster in haar
getuienis baie seker is dat sy dit wel vermeld het. Die moontlikheid dat verdere
ondervraging op hierdie aspek
die klaagster se geloofwaardigheid en
betroubaarheid nadelig kon aantas word versterk indien hierdie getuienis in
verband gebring
word met die getuienis van die klaagster in die tweede klagte.
Sy het ook getuig dat nadat sy verkrag is, appellant gemasturbeer
het. Nie lank
na die beweerde verkragting nie het sy besoek afgelê by die eerste
klaagster. Hulle het met mekaar oor die gevolge
van hulle onderskeie
ondervindinge gepraat, dog nie, so is getuig, aangaande wat presies met elkeen
gebeur het nie. Waar die feit
van die masturbasie nie in die klaagster se
verklaring gemeld word nie, maar wel in haar getuienis wat gegee is na die
gesprek met
die ander klaagster, kan die afleiding gemaak word dat die klaagster
hierdie getuienis versin het. Na my mening was daar ook 'n werklike
moontlikheid
dat verdere ondervraging ten opsigte
21 van hierdie teenstrydigheid 'n
nadelige uitwerking kon gehad het op die verhoorhof se siening van die klaagster
se geloofwaardigheid
en betroubaarheid.
Mnr Scheltema moet dus gelyk gegee word dat die landdros 'n
onreëlmatigheid begaan het deur nie die aansoek om herroeping van
die
klaagster vir verdere ondervraging toe te staan nie. Appellant was derhalwe
verkeerdelik die geleentheid ontneem om die klaagster
se geloofwaardigheid
verder te toets aan die hand van die verklaring wat deur die polisie van haar
geneem is. Daar kan geen twyfel
wees dat die onreëlmatigheid 'n regskending
tot gevolg gehad het nie. Die appél moet dus op hierdie grondslag
slaag.
Soos in die
Xaba
-saak, is dit ook wat hierdie saak betref, ongelukkig
dat die skuld of onskuld van appellant onbeslis gelaat word. Dit moet weereens
beklemtoon word dat 'n beskuldigde egter geregtig is op 'n regverdige verhoor,
iets wat nie hier geskied het nie.
22
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis word tersyde
gestel.
A P VAN COLLER WndAR E M GROSSKOPF AR ) VAN DEN HEEVER AR ) STEM SAAM