About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 165
|
|
S v Ndepa (273/91) [1991] ZASCA 165 (26 November 1991)
Saak No 273/91.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen
MKUSELE NDEPA
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HEFER ,VAN DEN HEEVER ARR et PREISS Wrn AR .
AANGEHOOR
: 21 NOVEMBER 1991.
GELEWER
: 26 NOVEMBER 1991.
UITSPRAAK
HEFER AR
/
2.
HEFER AR
:
Die persoon na wie in hierdie uitspraak as
die appellant verwys sal word, is op 20 Julie 1988 in die Oos-kaapse Afdeling
skuldig bevind
op twee aanklagte van moord (aanklagte 1 en 2), 'n aanklag van
huisbraak met die opset om te steel en diefstal (aanklag 3) en 'n
aanklag van
roof met verswarende omstandighede (aanklag 4). Op aanklagte 1 en 2 is hy ter
dood veroordeel nadat die verhoorhof be-vind
het dat daar geen versagtende
omstandighede was nie. Sedertdien is die Strafregwysigingswet107 van 1990
gepromul-geer en is sy vonnisse
op hierdie twee aanklagte ooreen-komstig art
19(8) oorweeg. Ooreenkomstig art 19(12) is sy saak nou aan hierdie hof
voorgelê
vir heroorweging van die doodvonnisse.
Appellant se
skuldigbevindings het voortgespruit uit die gebeure die aand van 6 Augustus 1986
op die plaas Vrede in die distrik Middelburg,
Kaap, waar die 70-jarige mnr L R
Serfontein en sy 66-jarige vrou alleen gewoon het.
3. Die plaashuis is
ongeveer 5 km vanaf die dorp en onge-veer 500 meter vanaf die Richmond pad.
Daardie aand was appellant en drie
metgeselle te voet op pad na die plaas van
ene mnr Moolman waar appellant dagga sou gaan haal het,toe mnr en mev Serfontein
in hulle
motor by hulle verby gery het. Lg was op pad dorptoe waar hulle die
aand by familie deurgebring het. Met hulle terugkoms vanaf Moolman
se plaas moes
appellant en sy geselle weer by Vrede verbygaan. Appellant het opgemerk dat mnr
Ser-fontein se voertuig nog nie terug
was nie. Hy het voor-gestel dat hulle by
die plaashuis gaan inbreek. Daar aangekom, het een van die ander ( na wie
voortaan as besk
4 verwys sal word) 'n venster gebreek. Appellant het deur die
venster geklim, die agterdeur oopgesluit en sy maats binne gelaat.
Terwyl hulle
besig was om die huis te plun-
der het die Serfonteins opgedaag. Appellant en besk 4 het in 'n kamer
(blykbaar'n spens) gaan skuil en hulle maats elders in die huis.
Mnr Serfontein
moes onraad gemerk het want,
4. toe appellant weer sien, was hy in die gang
met h haelge-weer in sy hande en sy vrou kort agter hom. Besk 4 het mnr
Serfontein
van agter gegryp. Hy het egter losgeruk, die geweer op appellant
gerig en gedreig om hom te skiet indien hy sou nader kom. Daarop
het besk 4 hom
van ag-ter met 'n mes gesteek wat appellant die geleentheid ge-gee het om hom
ook te bestorm. 'n Worsteling het ontstaan
waartydens mnr Serfontein erg beseer
en ontwapen is. Daar-op het besk 4 hom half bewusteloos geslaan met die geweer.
Appellant het
die een punt van 'n tou - wat as versiering in die huis gedien het
- om mnr Serfontein se bene gebind en die ander punt aan die knop
van 'n deur.
Intussen is besk 4 met die skreeuende mev Serfontein die gang af. Ap-pellant het
die bondel klere wat hy reeds in die
slaap-kamer bymekaar gemaak het, gaan haal
en toe opgemerk dat mnr Serfontein losgekom het. Daarop het hy twee van mnr
Serfontein
se eie dasse aanmekaar gebind en dit styf om lg se nek gedraai en
geknoop.
5. Op pad die huis uit nadat hy mnr Serfontein met die dasse om sy nek in die
gang gelaat het, het ap-
pellant mev Serfontein op 'n stoel in die
studeerkamer opgemerk. Daar het bloed langs haar een been afgeloop. (Dit het
later geblyk
dat sy op daardie stadium reeds verkrag moes gewees het.) Ongeag
haar toestand het sy nog die moed gehad om op haar aanvallers te
skree .
Ap-pellant het hom aanvanklik nie aan haar gesteur nie maar toe hy by die deur
kom en op die punt was om die huis te verlaat,
het hy omgedraai en haar op
presies dieselfde wyse as haar man met twee ander dasse om die nek
stilge-maak.
Appellant en sy maats het die plaas verlaat in mnr Serfontein se
motor met die goed wat hulle uit die huis gesteel het. Later die
aand het hulle
die buit ver-deel en op 'n plesiertog deur die strate van Middelburg ge-gaan.
Uiteindelik het hulle die voertuig buite
die dorp gelaat waar dit onklaar geraak
het. Na die voorval het
6.
appellant Middelburg verlaat maar ongeveer twee
weke later is hy gearresteer toe hy by die klubhuis op die gholfbaan
naby die
dorp ingebreek het.
Dit dien nouliks vermeld te word dat mnr en mev
Serfontein weens versmoring deur die dasse om hulle nekke gesterf het. Die
verhaal
van hulle dood soos hierbo be-skryf is grotendeels die een wat appellant
self by sy ver-hoor vertel het. Volledigheidshalwe kan bygevoeg
word dat sy
metgeselle die aand van 6 Augustus sy mede-beskul-digdes by die verhoor was.
Hulle is vrygespreek van die moorde omdat,
volgens die verhoorregter, dit nie bo
rede-like twyfel bewys is dat hulle "subjektief voorsien het dat in die
uitvoering van 'n gemeenskaplike
opset (die ap-pellant) die oorledenes sou dood
nie". Al die beskuldig-des was ook aangekla van verkragting op mev Serfontein.
Op
hierdie aanklag is hulle vrygespreek omdat nie vasge-stel kon word presies
wie van hulle die misdaad gepleeg het nie.
7. Ingevolge art 19(12)(a)(i)(ii) van die Straf-
regwysigingswet moet die saak oorweeg word asof dit 'n ap-pèl teen die
vonnis is en art 277 van die Hoofwet, soos vervang by
art 4 van die
Wysigingswet, in werking was ten tyde van die vonnisoplegging deur die
verhoorhof. Soos bekend het die wysiging van
art 277 van die Hoofwet (die
Strafproseswet 51 van 1977) tot gevolg gehad dat 'n appèl teen die
doodvonnis anders as voorheen
beoordeel word. Dit is die taak van hierdie hof
om, na oorweging van alle straf-verswarende en - versagtende faktore, self te
be-sluit
of die doodvonnis in die besondere geval die enig-ste gepaste vonnis
is.
Appellant se advokaat het aangevoer dat die ap-pellant se betreklike
jeugdigheid, die feit dat hy nie em-stige vorige veroordelings
het nie, die feit
dat die appel-lant en sy maats nie met voorbedagte moordplanne na die plaas is
nie en die moontlikheid dat hy ten
tyde van die moorde onder die invloed van
drank en dagga was as
8. strafversagtende faktore in aanmerking geneem moet
word.
Toe die misdade gepleeg is, was appellant reeds 25 jaar oud. Wat egter
van groter belang is, is dat hy ouer as sy medebeskuldigdes
was en, soos die
verhoorhof tereg bevind het, 'n leidende rol gespeel het. Dit is hý wat
voorgestel het dat by die huis ingebreek
word; dit is hý wat die huis
eerste binne is en die deur vir die an-der oopgesluit het; en dit is hý
wat uiteindelik
die oor-ledene gedood het. Sy betreklike jeugdigheid het geen
verband gehad met die misdade nie. Dat hy nie ernstige vorige veroordelings
het
nie, is waar. Wat nogtans in-siggewend is, is dat die huidige oortredings
gepleeg is binne twee maande nadat hy uit die gevangenis
ontslaan is waar hy 'n
vonnis van vier jaar gevangenisstraf uitgedien het weens die onwettige handel in
dagga. Hierdie vonnis het
hom nie afgeskrik nie want die aand van 6 Augustus
1991 was hy weer, volgens eie erkenning, op pad om dagga te gaan haal. Ek is
egter
bereid om in sy guns aan te neem dat
9.
dit nie bewys is dat hy
onrehabiliteerbaar of inherent 'n geweldenaar is nie.
Dat hy en sy medebeskuldigdes die betrokke aand aanvanklik nie moordplanne
gekoester het nie en na die huis is omdat appellant 'n
gulde geleentheid gesien
het om daar in te breek en te steel terwyl die inwoners weg was, is ook waar. As
strafversagtende faktor
kandit egter nie veel gewig dra
nie. Volgens appellant se eie getuienis het hy die ligte van mnr Serfontein
se naderende motor gesien. Klaarblyk-lik kon hy en sy
maats gevlug het en selfs
die goedere wat hulle reeds bymekaar gemaak het, verwyder het. Maar hulle het
dit nie gedoen nie. Instede
daarvan het hulle in die huis bly skuil en by die
eerste beskikbare geleentheid op die eienaars toegesak. Word dit verder in ag
geneem
dat die polisie tydens hulle ondersoek van die huis gevind het dat die
telefoondraad afgesny was, is die enigste redelike afleiding
dat daar op een of
ander stadium besluit is om die eienaars in te wag en gewelddadig te oorrompel.
Daar
10.
moes dus minstens hierdie mate van vooraf
beplanning ge-wees het.
Die verhoorhof het die moontlikheid dat appel-lant onder die invloed van
drank of dagga was oorweeg en verwerp. Ek vind dit nie nodig
om die redes vir
die verwerping van appellant se getuienis dat hy en die an-der beskuldigdes die
aand in die huis op Vrede 'n bottel
brandewyn uitgedrink het, te behandel nie.
Dit is vol-doende om te sê dat die kritiek van appellant se advokaat teen
die verhoorhof
se redes geen steek hou nie. Appel-lant het verder getuig dat hy
en die ander beskuldigdes vroeër die dag gedrink en dagga gerook
het. Die
verhoor-hof het bevind dat dit geen effek op hulle kon gehad het toe hulle ure
later by die huis ingebreek het nie. Ook
hierdie bevinding kan nie bevraagteken
word nie.
Verswarende faktore is daar baie. Die eerste is dat appellant twee bejaarde
mense in hulle eie huis
vermoor het. Tweedens is daar die manier waarop die
11.
moorde gepleeg is. Eerder as om op besonderhede
van die beserings wat aan die lyke gevind is in te gaan, volstaan ek met die
opmerking
dat beide mnr en mev Serfontein erg moes gely het voordat hulle finaal
om die lewe gebring is. Dat daar eers 'n hewige worsteling
was, is duidelik;
daar-van getuig die feit dat daar bloedspatsels oa teen die mure op verskeie
plekke in die huis gevind is. Derdens
was dit totaal onnodig om óf mnr
óf mev Serfontein om die lewe te bring aangesien hulle vir praktiese
doelein-des reeds
buite aksie gestel is. In hierdie verband spreek appellant se
eie getuienis - dat hy reeds by die deur was op pad na buite toe hy
omgedraai
het en terug is na die studeerkamer waar hy mev Serfontein om die lewe gebring
het - duidelik van sy gesindheid. Vierdens
is daar die feit dat die moorde met
direkte opset gepleeg is en vyfdens dat dit vir eie gewin in die loop van 'n
rooftog plaasgevind
het. Boonop het die appellant op geen stadium enige teken
van berou oor sy optrede getoon nie. Inteen-
12. deel, soos vantevore
beskryf, het hy later die aand gedeel in die buit en het hy en sy kornuite uit
pure windmakerig-heid met
die geroofde voertuig rondgery totdat dit onklaar
geraak het.
Ek het vantevore opgemerk dat ek bereid is om te aanvaar dat dit
nie bewys is dat die appellant 'n inherente geweldenaar is wat nie
gerehabiliteer kan word nie. As strafversagtende faktor word dit totaaal
oorskadu deur die verswarende faktore waarna so pas verwys
is. Boonop kom die
gemeenskapsbelang in 'n saak soos die onderhawige sterk na vore. Dit is
alombekend dat aanvalle op die (heel dik-wels
bejaarde) inwoners van die
afgeleë plase en selfs van woonhuise in die stede aan die orde van die dag
is. Daarom is dit eerder
die afskrikkings- en vergeldings elemente van
strafoplegging wat beklemtoning verdien. In hierdie lig beskou is die doodstraf
myns
insiens die enigste gepaste vonnis vir die moorde wat die appellant gepleeg
het.
13. Die appèl word afgewys en die doodvonnis bekragtig.
J J F HEFER AR.
VAN DEN HEEVER AR )
STEM SAAM. PREISS Wrn AR )