S v Rautenbach (73/91) [1991] ZASCA 160 (25 November 1991)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Consideration of previous convictions — Appellant, a 55-year-old unrehabilitated insolvent, pleaded guilty to multiple counts of fraud and statutory offences under the Insolvency Act, resulting in significant financial losses to victims — The trial court imposed a five-year sentence for fraud and additional concurrent sentences for statutory offences, emphasizing the need for deterrence and community protection — Appellant appealed, arguing that prior sentences and circumstances should mitigate the current sentence — Court held that the trial court properly exercised its discretion in sentencing, considering the severity of the offences and the appellant's extensive criminal history, thus upholding the sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 160
|

|

S v Rautenbach (73/91) [1991] ZASCA 160 (25 November 1991)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(APPêLAFDELING)
SAAKNR. 73/91 In die appël tussen:
STEPHANUS PETRUS RAUTENBACH
APPELLANT
en ::
DIE STAAT
RESPONDENT
Coram:
VAN HEERDEN et EKSTEEN
ARR; PREISS WnAR
Aangehoor:
Maandag 25 November 1991
Transkripsie van
ex tempore
uitspraak op
Maandag 25 November 1991 deur Preiss WnAR
gelewer en waarmee Van Heerden et Eksteen ARR saamgestem het
UITSPRAAK
PREISS
WnAR:
Die appellant is 'n 55 jarige ongerehabiliteerde insolvent. Hy het in die
Streekhof te Worcester, Kaapprovinsie, op sewe aanklagte
van tjekbedrog skuldig
gepleit, asook op nege aanklagte van oortreding van a 137 (a) van die
Insolvensie -wet 24 van 1936 , deurdat
hy krediet vir meer as R20 by mense gekry
het sonder om sodanige mense in te lig dat hy insolvent is. Die klaers in die
bedrog aanklagte
het meer as R7000 verloor. Ten aansien van die statutêre
oortredings was die betrokke bedrae aansienlik groter, naamlik meer
as R117 000.
Die appellant is 'n gesamentlike vonnis van 5 (vyf) jaar gevangenisstraf op die
bedrog aanklagte opgelê. Op die
nege statutêre oortredings is hy tot
6 (ses) maande
3
gevangenisstraf op elke aanklag gevonnis. Die hof het egter gelas dat
laasgenoemde vonnisse samelopend met die vonnis van 5 jaar gevangenisstraf
uitgedien moet word. Die effektiewe tydperk van gevangenisstraf beloop gevolglik
5 jaar.
Die appellant se boedel is oorspronklik in 1974 gesekwestreer. Hy is
gedurende 1980 of 1981 gerehabiliteer, maar kort daarna, naamlik
gedurende 1982,
is sy boedel vir 'n tweede maal gesekwestreer. Hy is tans ongerehabiliteerd. Die
lys van sy vorige veroordelings
is swaar. Hy het sedert 1977 gereeld met die
gereg gebots. Die lys bevat onder andere 'n lang reeks kommersiële
misdrywe. Hy
is nie minder nie as sewe keer aan bedrog skuldig bevind. Ten
aansien van statutêre misdrywe voortspruitend uit sy insolvensie
is hy
reeds ses keer skuldig bevind.
Ondanks die ernstige aard van sy vorige veroordelings het hy slegs een keer
gevangenisstraf uitgedien. Hy is weliswaar
4.
voorheen gevangenlsstraf opgelê, maar nadat hy by die gevangenis
aangemeld het, is hy onmiddelik weer vrygelaat. Op 24 November
1986 is 'n
opgeskorte vonnis in werking gestel waarna hy vir die eerste keer
gevangenisstraf uitgedien het. Hy is na amper 'n jaar
op parool vrygelaat .
Die streeklanddros het aanvaar dat die appellant wel berou vir sy misdrywe
getoon het. Hy het die persoonlike omstandighede van die
appellant in ag geneem.
By die opweeg van die relevante faktore waarop 'n gepaste vonnis gegrond word,
het hy egter beslis dat die
element van afskrikking die belangrikste is, en dat
dit, en die belange van die gemeenskap vereis dat gevangenisstraf opgelê
behoort te word. Die deeglike wyse waarop al die betrokke elemente ontleed is,
bevat geen mistasting hoegenaamd nie. Die appellant
het na die Kaapse
Provinsiale Afdeling teen die opgelegde vonnis geappelleer, maar sonder sukses.
Laasgenoemde hof het egter verlof
tot appèl na hierdie hof
toegestaan.
5.
In hierdie hof het die appellant se advokaat daarop gewys dat al die
misdrywe gedurende die tydperk November 1984 tot Mei 1986 gepleeg
is. Hy het
aangevoer dat die misdrywe gevolglik gepleeg is voordat die appellant ooit
gevangenisstraf uitgedien het. Ek aanvaar dat
dit buitengewone omstandighede is,
maar die verhoorhof was bewus hiervan en het dit in ag geneem by
vonnisoplegging. Daar is na my
mening egter geen regverdiging vir die stelling
dat hierdie omstandighede opsigselfstaande die oplegging van verdere
gevangenisstraf
uitskakel nie. Al wat gesê kan word, is dat die
gevangenisstraf wat hy uitgedien het in verband gestaan het met 'n reeks
misdrywe
wat streng gesproke nie as
vorige
veroordelings beskou kan word
nie. Daar is verder betoog dat die verhoorhof nie die moontlikheid van die
inwerkingtreding van 'n
vorige opgeskorte vonnis oorweeg het nie. Daardie
argument gaan nie op nie. Die verhoorhof was van hierdie moontlikheid bewus en
het dit uitdruklik in sy uitspraak genoem.
6
Die streeklandros het ook na die algemene voorkoms van soortgelyke
misdade in sy streek verwys. Dit was en is 'n geldige en tersaaklike
oorweging:
(R v FORD 1939 AA 559 op 560 - 1)
Die appellant se advokaat het verder betoog
dat die appellant op 14 Augustus 1986 in die streekhof te Wynberg,
Kaapprovinsie, 'n opgeskorte
vonnis opgelê is vir misdrywe wat met die
onderhawige reeks misdrywe verband hou. Sy argument is dat gevangenisstraf die
doel
van hierdie opgeskorte vonnis sal verydel. Die antwoord hierop is
tweeledig. In die eerste plek word die kwessie van die moontlike
inwerkingtreding van die opgeskorte vonnis aan 'n ander hof oorgelaat. Die
gevangenisstraf wat hom tans opgelê is, sal eers
op daardie stadium as
deel van die tersaaklike agtergrond oorweeg moet word. In die tweede plek, en
gesien die erns en hoeveelheid
van die aanklagte, is daar niks wat die
verhoorhof verhoed het om ondanks die vorige opgeskorte vonnis gevangenisstraf
in sy diskresie
op
7.
te lê nie.
Ek is die mening toegedaan dat die verhoorhof in al hierdie omstandighede 'n
behoorlike diskresie uitgeoefen het. Gesien die aard
en omvang van die misdrywe
wat hier ter sprake is, die aansienlike verliese wat die klaers gely het, die
appellant se vorige veroordelings
vir soortgelyke misdrywe en die belange van
die handelsgemeenskap, bly die opgelegde vonnis van gevangenisstraf myns insiens
onaanvegbaar.
Die appèl word dus van die hand gewys.
H.J. PREISS