About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 159
|
|
S v Bosman (336/91) [1991] ZASCA 159 (25 November 1991)
Saak nr 336/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
WILLEM JACOBUS BOSMAN
Appellant
- en
-
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, MILNE et EKSTEEN
ARR.
VERHOOR:
19 November 1991.
GELEWER:
25 November 1991.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2/...
VIVIER AR:
Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling deur LATEGAN R en
assessore skuldig bevind op verskeie aanklagte, waaronder 'n
aanklag van moord.
Ten opsigte van hierdie aanklag het die Verhoorhof bevind dat daar geen
versagtende omstandighede is nie en ingevolge
die destyds geldende reg is
appellant die doodvonnis opgelê. Ten opsigte van die ander aanklagte is
die appellant gevonnis
tot altesaam 15 jaar en 6 maande gevangenisstraf. Met
verlof van hierdie Hof het hy geappelleer teen die bevinding dat daar geen
versagtende omstandighede by die pleging van die moord aanwesig was nie en die
gevolglike doodvonnis wat hom opgelê is. Die
uitspraak van hierdie Hof
waarin die appèl van die hand gewys is, is gerapporteer in 1990(1) SASV
306(A). Ek sal na hierdie
uitspraak
3/...
3.
as die eerste uitspraak verwys.
Nadat die appèl afgehandel is, het die Strafregwysigingswet 107 van
1990 ("die nuwe Wet") in werking getree sodat die geval
ingevolge art 19(8) van
die nuwe Wet deur die Paneel heroorweeg moes word. Die Paneel het bevind dat die
doodvonnis na sy oordeel
waarskynlik opgelê sou gewees het indien art 277
van Wet 51 van 1977, ("die Wet") soos deur art 4 van die nuwe Wet vervang,
ten
tyde van dievonnisoplegging in werking was. Gevolglik dien die saak ingevolge
art 19(12) van die nuwe Wet weer voor hierdie Hof
wat die saak op dieselfde wyse
moet oorweeg asof dit 'n appèl deur die appellant teen sy vonnis is en
art 277 van die Wet,
soos vervang deur art 4 van die nuwe Wet, in werking was
ten tyde van vonnisoplegging deur die Verhoorhof (art 19(12)(a)). Ingevolge
art
19(12)(b) het hierdie Hof 'n diskresie om, indien hy "van oordeel
4/...
4.
is dat hy self nie die doodvonnis sou opgelê het nie", die vonnis
tersyde te stel en die straf op te lê wat na sy oordeel
gepas is. Soos by
'n appèl teen die doodvonnis ingevolge art 316 A van die Wet, oefen
hierdie Hof, by 'n oorweging van die
saak ingevolge art 19(12) van die nuwe Wet,
gevolglik 'n onafhanklike diskresie uit en moet hy self oordeel of, met
inagneming van
die strafversagtende en strafverswarende faktore wat uit die
oorkonde blyk, sowel as die doelstellinge van straftoemeting, die doodvonnis
"die gepaste vonnis" ingevolge die nuwe art 277(2)(b) is. Die "gepaste vonnis"
is reeds deur hierdie Hof uitgelê om te beteken
"die enigste gepaste
vonnis" sodat die doodvonnis slegs in gevalle van uitsonderlike erns
opgelê sal word (S v Nkwanyana and
Others 1990(4) SA 735(A) op 745
E-F).
Die tersaaklike feite is kortliks die
5/...
5.
volgénde. Op 11 September 1987 het die appellant, wat sedert die begin
van daardie jaar met sy militêre diensplig besig
was, 'n diensgeweer en
patrone gesteel en van sy eenheid in Alexandra naby Johannesburg gedros. Hy het
na Kaapstad geryloop waar
sy ouerhuis was, maar omdat sy pa hom vroeër die
huis belet het, het hy by verskillende ander mense in die Skiereiland gaan
bly.
Op Vrydag 25 September is hy na Velddrif. Hy het daardie nag in die veld geslaap
en die volgende middag na Saldanha probeer
ryloop. Die oorledene het in sy
voertuig daar verbygekom en hom opgelaai. Die appellant het die geweer
tevoorskyn gebring en die
oorledene gedwing om terug te draai en met die
grondpad na Kersefontein te ry. Na ongeveer 22 km het die appellant die
oorledene
beveel om stil te hou. Hy het die oorledene uit die motor gedwing en
hom na 'n plek langs die Bergrivier, ongeveer 1 km daarvandaan,
laat
6/...
6.
stap waar hy hom doodgeskiet het. Hy het die oorledene se polshorlosie geneem
en daarna die lyk in die rivier gegooi. Hy het die oorledene
se geld uit die
motor vir homself geneem en met die motor na Kaapstad gery waar hy die Maandag
gearresteer is. Nadat hy aanvanklik
die polisie om die bos probeer lei het, het
hy hulle later vertel wat gebeur het en hulle na die plek geneem waar hulle die
liggaam
van die oorledene in die rivier gevind het. Die nadoodse ondersoek het
getoon dat die oorledene beswyk het as gevolg van twee skietwonde
in die rug wat
die hart en beide longe binnegedring het.
Die Verhoorhof het die appellant se
verduideliking vir sy optrede verwerp en bevind dat hy by die oorledene in die
motor geklim het
met die doel om hom te beroof, dat hy hom daarna na die rivier
geneem het met die dpel om hom daar dood te skiet en
7/...
7.
dat hy die oorledene met direkte opset doodgeskiet het. Voor ons het mnr
Maartens, namens die appellant, betoog dat sy psigopatiese
toestand, sy
ongelukkige jeugjare en sy jeugdigheid as strafversagtende faktore beskou moet
word. Wat eersgenoemde faktor betref,
het 'n psigiater, dr Zabow, namens die
staat by die verhoor getuig dat, alhoewel die appellant klinies gesproke as 'n
psigopaat beskou
moet word, daar geen direkte verband tussen sy psigopatiese
toestand en sy optrede die betrokke dag bestaan het nie. Hierdie toestand
het
alleen sy optrede beïnvloed tot die mate dat sy egosentrisme en gebrek aan
emosie met gepaardgaande gevoelloosheid teenoor
ander hom in staat gestel het om
die oorledene koelbloedig in eie belang te dood. Dr Zabow het getuig dat die
appellant glad nie
impulsief gehandel het die betrokke dag soos mens van 'n
psigopaat sou
8/...
8.
verwag nie, maar dat sy optrede berekend, beheers en planmatig was.
In die
lig van hierdie getuienis, wat deur die Verhoorhof aanvaar en nie voor ons
betwis is nie, kan die appellant se psigopatiese
toestand nie as 'n
strafversagtende faktor aangemerk word nie. In die eerste uitspraak het HEFER AR
tot 'n soortgelyke gevolgtrekking
gekom en in hierdie verband die volgende
gesê (op 309h-i):-
"In die onderhawige geval was die appellant ten spyte van sy gebrek, in staat
tot volkome wilsbeheersing en om die onregmatigheid
van sy optrede ten volle te
besef. Sy optrede die besondere dag openbaar geen teken van impulsiwiteit nie;
alle aanduidings is, inteendeel,
dat hy met kille berekening te werk gegaan
het."
Wat die appellant se ongelukkige
jeugjare
9/...
9.
betref, is dit so dat hy uit 'n onbestendige ouerhuis kom en dat sy
verhouding met sy vader ongelukkig was tot op die punt dat hy
sy vader te lyf
gegaan en die huis belet is. Hy het uiteindelik in 'n verbeteringskool beland
nadat hy aan aanranding met die opset
om ernstig te beseer skuldig bevind is.
Teen die einde van 1986 het hy std 8 in die verbeteringskool geslaag. Na my
mening kan die
appellant se ongelukkige jeugjare, opsigself genome, nie as 'n
strafversagtende faktor beskou word nie; alhoewel dit waarskynlik
tot sy
persoonlikheidsgebrek bygedra het.
Dit bring my by die appellant se
jeugdigheid. Hy was ten tyde van die moord slegs 18 jaar en 10 maande oud. In sy
uitspraak sê
die Verhoorhof onder andere die volgende oor hierdie
aspek:-
"In teorie mag dit wel gesê word dat dit moontlik 'n rol
kon gespeel het; dat 'n ouer
10/...
10.
man hieroor meer sober sou besin het, maar dit is maar een van vele moontlikhede
en waar ons hier werk met 'n beeld wat uit die oorwig
van waarskynlikhede moet
kristaliseer, is ons nie in staat om sy jeugdigheid
per se
as 'n
versagtende omstandigheid te sien nie."
Soos ek die
uitspraak oor die appellant se jeugdigheid lees, sê die Verhoorhof dat
daar nie op 'n oorwig van waarskynlikhede
bewys is dat sy jeugdigheid sy optrede
minder laakbaar gemaak het nie, en dat dit gevolglik nie as 'n versagtende
omstandigheid beskou
kan word nie. In die eerste uitspraak het hierdie Hof
bevind dat die Verhoorhof nie misgetas het toe hy tot hierdie gevolgtrekking
gekom het nie.
Tans rus die bewyslas op die staat om bo redelike twyfel
strafversagtende faktore te weerlê en strafverswarende faktore te bewys.
Daarby is "strafversagtende faktore" 'n wyer begrip as wat
11/...
11.
voorheen deur "versagtende omstandighede" behels was (S v Mbonambi and
Another 1991(1) SASV 123(A) op 126 g-h en S v Dlamini 1991(1)
SASV 128(A) op 134
g-h).
Na my mening het die staat nie in hierdie bewyslas geslaag wat die
jeugdigheid van die appellant betref nie, en mnr Cilliers, namens
die staat, het
geredelik toegegee dat die jeugdigheid van die appellant wel as h versagtende
faktor beskou moet word.
Die verswarende faktore, wat voor-die-hand-liggend
is, word uiteengesit in die eerste uitspraak en hoef nie hier herhaal te word
nie.
Die uiteindelike vraag is dan of, inaggenome die strafversagtende en
-verswarende faktore, die doodvonnis die enigste gepaste vonnis
is. By die
beslissing van hierdie vraag moet die doelstellinge van straftoemeting, naamlik
vergelding, afskrikking, voorkoming en
hervorming oorweeg word.
12/...
12.
Dr Zabow het ten opsigte van die doelstellinge van voorkoming en hervorming
getuig dat die appellant se prognose baie swak is. Die
kanse dat hy weer 'n
ernstige geweldsmisdaad sal pleeg, is goed en daar is min hoop dat hy sal
hervorm. Geen getuienis is egter gelei
en dit is ook nie voor ons betoog dat die
appellant in die gevangenis nie voldoende beheer sal kan word nie of dat hy 'n
gevaar vir
die gevangenisgemeenskap sal wees nie. Vgl S v Lawrence, 1991(2) SASV
57(A) op 59 d-h.
Mnr Cilliers het betoog dat die aard en die omstandighede
van die moord so gruwelik is dat die vergeldings- en afskrikkingselemente
as
deurslaggewend en die doodvonnis as die enigste gepaste vonnis beskou moet word.
Hierdie betoog dra klaarblyklik baie gewig en
ek sou geneig gewees het om
daarmee saam te stem as dit nie vir die jeugdigheid van die appellant was
nie.
13/...
13.
In S v Lehnberg
1975 (4) SA 553
(A) op 561 A-C het RUMPFF HR gesê
:-
"En h persoon van 18 of 19 jaar is, volgens my mening, onvolwasse of hy nog op
skool of universiteit is, en of hy reeds h jaar of
wat gewerk het. Om jeugdiges,
sonder meer, met die dood te straf, is om die jeugdige met die maat te meet
waarmee 'n rype volwassene
gemeet word. En ek dink ook nie dat die regspleging
van h beskaafde Staat begerig is om, behalwe in buitengewone omstandighede,
tienderjariges
te laat ophang nie."
In S v Dlamini
('n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof gelewer op 24 September 1991 in
saak no 553/90) is beslis dat alhoewel
die jeugdigheid van die appellant in die
omstandighede van daardie saak nie as 'n strafversagtende faktor beskou kon word
nie, dit
wel ter sake was by die vraag of die doodvonnis die enigste gepaste
vonnis is. Die appellant in daardie saak was
14/...
14.
19 jaar en 7 maande oud toe die misdaad gepleeg is en is deur hierdie Hof as
"not an immature youth, but a man already seasoned in
crime" beskryf. In sy
uitspraak haal NICHOLAS WAR dieselfde passasie uit die uitspraak in S v Lehnberg
aan wat ek hierbo aangehaal
het, en gaan dan as volg voort:-
"The same reluctance would, I believe, extend to cases where the accused, though
no longer a teenager, is standing on the threshold
of
manhood."
In al die omstandighede het ek tot die
gevolgtrekking gekom dat die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis is nie.
Ek sou 'n vonnis
van lewenslange gevangenisstraf oplê.
Die appèl slaag gevolglik. Die doodvonnis word vervang met een van
lewenslange gevangenisstraf. Afskrifte van hierdie uitspraak
sowel as van
die
15/...
15.
getuienis van Dr Zabow moet gestuur word aan die betrokke amptenare van die
Departement van Korrektiewe Dienste.
W. VIVIER AR
.
MILNE AR )
EKSTEEN AR ) Stem saam.