S v Kusse (192/90) [1991] ZASCA 153 (21 November 1991)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Drug Offences — Sale of prohibited substances — Appellant convicted of dealing in heroin — Evidence presented by State witnesses regarding sale transaction — Appellant's alibi disputed and found unconvincing — Appellant's conviction upheld by lower court — Appeal against conviction and sentence dismissed — Court finds sufficient evidence to support appellant's identity as seller of heroin, despite inconsistencies in witness testimonies.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 153
|

|

S v Kusse (192/90) [1991] ZASCA 153 (21 November 1991)

192/90
NvH
DUMILE KUSSE v DIE STAAT
SMALBERGER, AR -
1
192/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
DUMILE
KUSSE
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER, GOLDSTONE ARR
et HARMS Wnd AR
DATUM VERHOOR
: 12 NOVEMBER 1991
DATUM
GELEWER
: 21 NOVEMBER 1991
UITSPRAAK SMALBERGER, AR
:
Die appellant is in die streekhof te
Paarl aan 'n oortreding van Artikel 2(a) van Wet 41 van 1971 skuldig bevind
deurdat hy in verbode
2/
2
afhanklikheidsvormende medisyne, te wete heroien, handel gedryf het. Hy is
tot sewe jaar gsvangenisstraf gevonnis. Op appèl
na die Kaapse
Provinsiale Afdeling is sy skuldigbevinding bekragtig,
maar twee en 'n half
jaar van sy vonnis is voorwaardelik opgeskort. Sy huidige appèl, wat teen
beide sy skuldigbevinding sn
vonnis gerig is, geskied met verlof van die Hof a
quo
.
Die appellant is tesame met sewe mede-beskuldigdes aangekla. Vyf van hulle is
skuldig bevind, vier aan dieselfde aanklag as die appellant
en een aan 'n
mindere aanklag. Hulle is wisselende tydperke van gevangenisstraf opgelê.
Drie van hulle het onsuksesvol appèl
aangeteken teen hulle
skuldigbevindings. Ook in hulle geval is hulle vonnisse op appèl deur die
Hof a
quo
versag deur deel daarvan op te skort. Anders as in die geval
van die
3/
3
appellant, berus hulle hulle egter by die uitspraak van die Hof a
quo
.
Die feitlike grondslag van hulle skuldigbevindings verskil van dié van
die appellant. Vir die doeleindes van die onderhawige
appèl is dit nie
nodig om daarop in te gaan nie. Ons kan ons bepaal by die feite wat die
appellant se skuldigbevinding ten
grondslag lê.
Die kern van die Staat
se saak is dat die appellant die verkoper was van 'n aantal "slopies". Diê
"slopies" (volgens die getuienis)
het elk uit 'n klein hoeveelheid heroïen
wat styf in foelie toegedraai is, bestaan. Blykens die getuienis vir die Staat
is die
omstandighede waaronder die "slopies" verkoop is, soos volg. Die getuie
Mervin Radien het getuig dat hy op die namiddag van 1 April
1987 tesame met ene
Afrika, ene Kiddo en twee van die appellant se mede-beskuldigdes, beskuldigdes 4
en 5, op soek was na 'n
4/
4 dwelmmiddel bekend as Mandrax. Na verskeie onsuksesvolle
pogings om Mandrax te bekom,is hulle na die huis van die appellant te New
Crossroads. Volgens Radien was die appellant aan hom bekend. Radien en Kiddo het
die appellant se huis binnegegaan en hom vir Mandrax
gevra. Die appellant het 'n
"slopie" te voorskyn gebring, en hulle versoek om na 'n huis in Guguletu te gaan
waar hy by hulle sou
aansluit. Hy het 'n seuntjie saam met hulle gestuur om
hulle die weg te wys. Radien en sy metgeselle is na dié huis toet Daar
is
'n stop dagga gekoop en 'n daggapyp is voorberei. Die appellant het daar
opgedaag. Hy het gedeelte van die inhoud van 'n "slopie"
oor die dagga gestrooi.
Afrika het eerste die pyp gerook en daarna Radien. Die mengsel het 'n drastiese
uitwerking op hulle gehad.
Radien se lippe het lam geword en sy mond dik, en hy
het gesukkel om sy balans te behou. Daarna is 'n
5/
5 kooptransaksie met die appellant aangegaan, en is daar,
volgens Radien, 52 "slopies" van hom gekoop. Hulle wou meer gehad het maar
dit
is al wat die appellant kon voorsien. Die "slopies" is deur beskuldigde 5 in
ontvangs geneem. By h latere geleentheid het Radien
(asook beskuldigdes 4 en 5)
die polisie na die appellant se huis vergesel waar hy die appellant aan hulle
uitgewys het (as synde
die persoon wat die "slcpies" verkoop het). Dit dan in
breë trekke is die getuienis van Radien.
Die getuie Afrika het in
hooftrekke die getuienis van Radien bevestig. Hy het getuig dat die rook van die
mengsel 'n "helse uitwerking"
op hom gehad het. Hy het later verneem dat iemand
dood is nacat daardie persoon die inhoud van een van die "slopies"gerook het.
(Dit
dien gemeld te word dat daar intussen van die "slopies" deur beskuldigde
5
6/
6
verkoop is.) Afrika het toe besluit, in oorleg met
beskuldigde 4 en Kiddo,
om die oorblywende "slopies",
40 in getal, te begrawe. (Die "slopies" was op
daardie
tydstip blykbaar in Kiddo se besit.) Toe die polisie
later met die
appellant by hom opdaag, het hy die
"slopies" opgegrawe en aan hulle
oorhaniig.
Beskuldigdes 4 en 5, op hulle beurt, het ook getuig dat
die
"slopies" van die appellant gekoop is, en die
getuienis van Radien en Afrika
in dié en ander opsigte
wesentlik bevestig.
Speurder
adjudant-offisier Smuts, die mede-ondersoekbeampte in die saak, bevestig dat
Radien en beskuldigdes 4 en 5 hom na die appellant
se huis geneem het waar hulle
die appellant aan hom uitgewys het. As gevolg van inligting van beskuldigdes 4
en 5 bekom, is hy toe
na die getuie Afrika. Hy bevestig dat Afrika 40 "slopies"
opgegrawe het en aan hom oorhandig het. Dit is gemene saak dat die inhoud
van
die "slopies"
7/
7 getoets is en dat daar bevind is dat dit heroïen
bevat.
Die appellant se verweer was h alibi. Volgens hom het hy op 31 Maart
1987 Kaapstad verlaat, en hy was op 1 April in die Ciskei. Ter
stawing hiervan
het hy 'n buskaartjie met sy naam daarop, gedateer 31 Maart, vir 'n enkelrit na
die Ciskei, ingehandig. Hy ontken
dat hy enige "slopies" op 1 April, of te
eniger ander tyd, aan Radien en sy metgeselle verkoop het. Hy erken wel dat
Radien en vier
metgeselle, onder wie beskuldigdes 4 en 5, op 28 Maart by sy huis
opgedaag het op soek na ene Gojhelwa. Hy het hulle toe na haar
huis in sy eie
motor vergesel, waar hy hulle gelos het. Die appellant se vrou het sy getuienis
dat hy op 1 April nie tuis was nie,
gestaaf.
Die verhoorlanddros het die getuienis vir die Staat aanvaar, en die appellant
se alibi verwerp as
8/
8
synde nie redelik moontlik waar nie. Sy bevindings in dié opsig word
op appèl aangeveg.
By sy beoordeling van die getuienis van die
Staatsgetuies waarna verwys is (Smuts natuurlik uitgesluit), was die
verhoorlanddros gedagtig
daaraan dat hulle as medepligtiges beskou moes word, en
dat hy gevolglik hulle getuienis met die nodige omsigtigheid moes bejeën.
Ten opsigte van beskuldigde 5 het hy bevind dat "hy kwalik as 'n betroubare
getuie aangemerk kan word". Geen nadelige geloofwaardigheids-bevindings
is ten
opsigte van dis ander getuies gemaak nie. In die geval van Radien is daar bevind
dat hy kruisondervraging "redelik goed deurstaan"
het, en die indru/c word
geskep dat die verhoorlanddros hom as 'n redelike goeie getuie beskou
het.
Met betrekking tot die appellant en sy vrou het die verhoorlanddros as
volg bevind:
9/
9
"Die aanklaer het sy getuienis der mate afgebreek dat dit onmoontlik as redelik
moontlik waar afgemerk kan word. Sy vrou Elsie Kusse
wat sy verhaal dat hy in
die Ciskei was toe die voorval plaasgevind het, probeer onderskraag, weerspreek
hom op etlike punte waar
redelikerwys verwag kan word dat, as sy die waarheid
praat, sy hom sou staaf."
Die verhoorlanddros se
bevinding ten opsigte van die
appellant is ietwat oordrewe; dié ten
opsigte van sy
vrou ongeregverdig. Met die nagaan van haar getuienis
blyk
dit nie dat sy die appellant op etlike (of selfs
enige) punte weerspreek het
nie. Die verhoorlanddros
het dus duidelik misgetas ten opsigte van
haar
getuienis. Na aanleiding daarvan staan dit ons vry -
trouens is ons verplig - om opnuut na die getuienis te
kyk ten einde te
bepaal of die appellant se skuld bo
redelike twyfel bewys is.
Mnr Mohamed, wie namens die appellant verskyn
het, het ons op etlike teenstrydighede gewys in die
getuienis van die staatsgetuies aangaande die gebeure
10/
10
rondom die aankoop van die "slopies". Hulle behels,
onder meer, die
presiese datum van die voorval; die
kleur en tipe motor waarmee die getuies
en die
appellant dié dag gery het; hoeveel "slopies" hulle
wou koop
en oor onderhandel het; wie die werklike
kooptransaksie met die appellant
aangegaan het; wie
almal op daardie tydstip aanwesig was; hoe en deur
wie
die "slopies" versteek is nadat hulle aangekoop is; en
of daar wel
dagga op die toneel gekoop is aldan nie.
Oat dié verskille wel
bestaan,is nie te betwyfel nie.
Wat die uitwerking van hierdie verskille
betref geld die volgende opmerking van NICHOLAS R in S
v Oosthuizen
1982(3) SA 571(T) op 576 C:
"Where the statements are made by different persons, the contradiction in itself
proves only that one of them is erroneous: it does
not prove which one. It
follows that the mere fact of the contradiction does not support any conclusion
as to the credibility of
either person."
11/
11
Die blote bestaan van die teenstrydighede regverdig dus
nie
die afleiding dat al die getuies fouteer het of
ongeloofwaardig is nie. Dit
mag egter wees dat in 'n
bepaalde geval daar nie gesê kan word wie die
waarheid
praat nie, in welke geval die Staat die risiko loop om
nie daarin
te slaag om die bewyslas wat op hom rus te
kwyt nie. Dit geld egter nie hier
nie. In die
onderhawige geval is die teenstrydighede nis van
wesentlike
belang nie met betrekking tot die werklike
geskilpunt tussen die Staat en die
appellant. As daar
op die getuienis in die geheel gelet word, kan
daar
myns insiens geen twyfel bestaan, ondanks mnr Mohamed
se betoog tot die teendeel, dat Radisn en sy metgeselle
by die aankoop van
h aantal "slopies" betrokke was.
Dat daar wel so 'n kooptransaksie
plaasgevind het, is
nooit ernstig by die verhoor betwis nie.
Die
appellant, trouens, na aanleiding van sy verweer, was
12/
12
nie in 'n posisie om dit te betwis 'nie. Om te postuleer dat daar nooit 'n
kooptransaksie was nie beteken dat die getuies (beskuldigdes
4 en 5 ingesluit)
saamgesweer het om valse getuienis af te lê. Daar is hoegenaamd geen rede
waarom die getuies hulleself onnodig
sou inkrimineer in gebeure wat nie
plaasgevind het nie, met waarskynlike nadelige strafregtelike gevolge.
Daarbenewens is die aantal
"slopies" wat aan die polisie oorhandig was deur
Afrika aanduidend van die feit dat daar kort vantevore 'n redelike groot
kooptransaksie
aangegaan was. Die geskil gaan dus nie oor of daar 'n
kooptransaksie was nie, maar oor die identiteit van die verkoper, meer bepaald
of dit die appellant was.
Op die oog af is daar geen rede waarom die
staatsgetuies die appellant ten onregte aan die pen sou wou laat ry nie of,
anders gestel,
waarom hulle die
13/
13
werklike verkoper sou wou beskerm ten koste van die appellant. Daar bestaan
geen opsigtelike motief aan hulle kant om hom valslik
te beskuldig nie. Die
nadelige uitwerking wat die inhoud van die "slopies" op rokers gehad het - tot
selfs een sterfgeval - verhoog
die waarskynlikheid dat die getuies die werklike
bron van die "slopies" sou uitwys, want dit was deur sy toedoen dat die hele
aangeleentheid
op die lappe gekom het en hulle in die moeilikheid gedompel is.
Daarbenewens was hulle "belegging" in die "slopies" waardsloos, wat
hulle
waarskynlik ook sou noop tot die uitwysing van die ware verkoper. Verder, as die
appellant hie die verkoper was nie, dan was
daar 'n uitgebreide sameswering aan
die kant van twee getuies, twee mede-beskuldigdes en minstens een polisiebeampte
(Smuts) om hom
valslik vas te trek. Nie alleenlik is 'n sameswering van daardie
omvang onwaarskynlik nie,
14/
14 maar daar sou dan waarskynlik 'n groter mate van
ooreenstemming en onderskraging in hulle getuienis verwag kon word as wat wel
die geval was. Af gesien hiervan is dit opvallend dat die getuies nooit onder
kruisondervraging van 'n sameswering beskuldig is nie.
Die appellant erken dat
Radien en sy metgeselle op 28 Maart by sy huis aangedoen het, en hy hulle na h
ander huis geneem het op soek
na iemand. Dit kom in 'n groot
mate ooreen met
wat Radien, Afrika en beskuldigdes 4 en
5 sê gebeur het, behalwe vir die datum en die beweerde
verkoop van "slopies" deur die appellant. As Radien
en sy metgeselle wel
op 28 Maart met die appellant in
aanraking was, en hulle daarna besluit het
om hom
valslik van die verkoop van die "slopies" te beskuldig,
waarom
koppel hulle nie sodanige beskuldiging aan die
gebeure van 28 Maart nie -
eerder as om 'n dag en datum
te kies ten opsigte waarvan die appellant moontlik 'n
15/
15 geslaagde alibi verweer kon opper (soos die appellant
gepoog het om te doen)? Hierdie oorwegings dui almal op die aanvaarbaarheid
van
die getuienis, veral dié van Radien (gesien die indruk wat hy op die
verhoorlanddros gemaak het), wat die appellant as
die skuldige
aanwys.
Hierteenoor het ons die getuienis van die appellant en sy vrou.
Ofskoon die verhoorlanddros se bevindings teen die appellant ietwat
oordrewe
was, was die appellant geensins 'n bevredigende getuie nie. Sy ontkenning dat
Radien hom by sy huis aan die polisie uitgewys
het, is klaarblyklik vals. Radien
word in dié opsig deur Smuts gesteun, en daar is geen rede om Smuts se
getuienis te wantrou
nie. Die appellant se getuienis bots ook in ander opsigte
met die meer aanvaarbare getuienis van Smuts. Sy pogings om Smuts te verbind
met
'n sameswering teen hom gaan nie op nie. Wat die buskaartjie betref waarop die
appellant
16/
16
steun om aan te toon dat hy nie op 1 April tuis was nie, die volgende: Dit is
nie duidelik waarom die appellant 'n enkelkaartjie uitgeneem
het nie waar hy
voornemens was om binne 'n week terug te keer nie. Dit is ook eienaardig dat hy
in besit gelaat is van die enkelkaartjie
na die Ciskei (maar nie die enkel=
kaartjie terug nie) en dat hy dit nog boonop toevallig gehou het. Ofskoon die
appellant beweer
dat hy na Ciskei gegaan het, soos dit sy gebruik was, om klere
te verkoop en geld vir verkope in. te samel, is dit opvallend dat
hy nooit
daarna weer vir daardie doel soontoe is nie. Sy verskoning dat hy op borg uit
was en nie kon gaan nie omdat hy weekliks
op 'n Maandag aan die polisie moes
rapporteer, is onaanvaarbaar. Hy het juis, volgens hom, op 'n Dinsdag na die
Ciskei gegaan en
op 'n Sondag teruggekeer. Waarom kon hy dit ook nie voortaan
gedoen het nie?
17/
17 Die appellant se vrou voer sy saak nie juis verder nie.
Sy het amper 'n jaar na die voorval getuig. Dit is inherent onwaarskynlik
dat sy
sou kon onthou het waar die appellant op 1 April, amper 'n jaar vantevore, was -
veral omdat sy nie gepoog het om die datum
aan 'n spesifieke gebeurtenis of
voorval te koppel wat haar geheue sou kon prikkel of steun nie. Gevolglik kan
min waarde aan haar
getuienis geheg word. Gesien die getuienis in die geheel is
ek tevrede dat daar wel op Radien, Afrika en beskuldigde 4 se getuienis
peil
getrek kan word, veral waar hulle mekaar oor en weer staaf (ek laat beskuldigde
5 buite rekening vanweë die verhoorlanddros
se bevindings). Na my mening is
daar bo redelike twyfel bewys dat die appellant "slopies" bevattende
heroïen aan Radien en sy
metgeselle verkoop het, en dat die appellant se
ontkenning tot die teendeel vals is. Gevolglik was die appellant tereg skuldig
bevind.
18/
18 Wat vonnis betref het die Hof a
quo
ten gunste van
die appellant aanvaar dat hy onder die indruk was dat hy met Mandrax handel
gedryf het, nie heroïen nie. Gevolglik
is die appellant se vonnis in
heroorweging geneem, en 'n gedeelte daarvan opgeskort. Die appèl teen
vonnis lê dus teen
die vonnis wat opnuut deur die Hof a
quo
opgelê is. Mnr Mohamed kon nie na enige mistasting aan die kant van
daardie Hof verwys nie. Gesien die aard van die dwelmmiddel
wat by vonnis ter
sake is, en die hoeveelheid daarvan, kan daar nie gesê word dat die vonnis
skreiend onvanpas is nie. Daar
bestaan gevolglik geen behoorlike grondslag vir
inmenging met die vonnis nie.
Bygevolg word die appellant se appèl
teen sy skuldigbevinding en vonnis afgewys.
J W SMALBERGER, AR GOLDSTONE, AR )
) STEM SAAM
HARMS, Wnd AR )