S v Mungati (151/91) [1991] ZASCA 151 (19 November 1991)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Confession — Admissibility of confession — Appellant contending confession was involuntary due to police coercion — Trial court admitting confession as evidence — Appellant convicted of murder and sentenced to death — Appeal against conviction and sentence — Court finding no evidence of coercion, and confession was made voluntarily — Conviction upheld. The appellant, Willem Tshivangwaho Mungati, was involved in an incident where a police constable was shot and killed during an attempt to seize suspected stolen vehicles. The State alleged that Mungati shot the constable with a firearm provided by an accomplice, Mabaso. Mungati contested the admissibility of his confession, claiming it was obtained under duress. The trial court admitted the confession, leading to his conviction for murder and a subsequent death sentence. The legal issue was whether the confession was admissible given the appellant's claims of coercion. The court held that the confession was admissible as there was no credible evidence of coercion, affirming the conviction and the death sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 151
|

|

S v Mungati (151/91) [1991] ZASCA 151 (19 November 1991)

CG SAAKNOMMER: 151/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
WILLEM TSHIVANGWAHO
MUNGATI
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, EKSTEEN et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 8
NOVEMBER 1991
GELEWER
: 19 NOVEMBER 1991
VAN DEN HEEVER AR
2
Gedurende die vroeë aand van Vrydag, 7 Julie 1989, het vier lede van die
Suid-Afrikaanse Polisie ondersoek ingestel na voertuie
wat hulle vermoed het
gesteel was, wat gestaan het op die perseel van Moses Mabaso in Meadowlands,
Soweto. Daar is besluit om beslag
te lê op twee kombi's en hulle en Mabaso
na die Meadowlands Polisiestasie te neem. Dié taak is opgedra aan
konstabels
Van der Schyff en Swanepoel. Die vangwa is vort met die oorblywende
polisiemanne. Van der Schyff kon die rooi kombi wat hy sou bestuur
met Mabaso
ook daarin, nie aan die gang kry nie. Swanepoel het dit met die tweede, 'n
gryse, gestoot om dit te laat vat en toe dit
nie gebeur nie, aanhou stoot om dit
by sy bestemming te kry. Appellant en twee ander persone het die kombi's in h
derde voertuig,
h wit bakkie, agternagesit. h End verder waar die twee kombi' s
vir h tweede keer tot stilstand gebring is, het iemand uit die bakkie
geklim, na
die agterste kombi gestap en konstabel Swanepoel in
3
die agterkop geskiet. Hy is kort daarna in Baragwanath Hospitaal
oorlede.
In die vervolging wat gespruit het uit dié gebeure het die
Staat beweer dat dit appellant was wat oorledene geskiet het met
'n vuurwapen
wat Mabaso aan hom oorhandig het nadat hy, Mabaso, nie daarin kon slaag om die
polisie om te koop om nie die kombi's
te verwyder nie. Appellant en Mabaso (as
beskuldigde no 2) is naamlik in die Witwatersrand Plaaslike Afdeling aangekla
van moord,
roof met verswarende omstandighede en onwettige besit van h vuurwapen
en van ammunisie ter oortreding van artikels 2 en 36 onderskeidelik
van Wet 75
van 1969.
Die grootste deel van die verhoor is bestee aan die toelaatbaarheid
van 'n bekentenis wat appellant voor luitenant-kolonel Kilian
verly het en van
die daaropvolgende uitwysings en mededelings wat hy gedoen het aan luitenant
Steyn. Appellant het die vrywilligheid
4
van die bekentenis betwis. Die verhoorhof het die geskil ten gunste van die
Staat uitgewys.
Ek kom later by die besonderhede van die bekentenis wat as
bewysstuk E voor die hof geplaas is. Nadat dit gedoen is, het appellant
ter
verdediging getuig dat hy gedwing is om die bakkie te bestuur en dat die ander
twee persone in daardie voertuig, Bruce en Thladiane,
die sondebokke is wat
verantwoordelik is vir die optrede teen die oorledene. Mabaso het onder eed
ontken dat hy daardie optrede aangestig
het of daaraan aandadig
was.
Appellant is skuldig bevind aan moord, Mabaso onskuldig. Beide is
onskuldig bevind aan roof: dit is nie buite twyfel bewys dat Swanepoel
geskiet
is met die opset om die kombi's uit die besit van die polisie te neem nie. Beide
is skuldig bevind op die aanklagte onder
die Wapenwet.
Na skuldigbevinding het appellant weer getuig.
5
Hy het persoonlike besonderhede aan die hof voorgelê, maar gebly by sy
weergawe dat hy gedwing is om die bakkie te bestuur vir
Bruce en Thladiane om
die polisie te agtervolg. Na bewys van vorige veroordelings is hy weens die
moord op konstabel Swanepoel ter
dood veroordeel, vandaar die huidige
appèl.
Luitenant-kolonel Kilian, voor wie bewysstuk E op Springs verly
is, het niks te doen gehad met die ondersoek van die saak nie en ook
geen kennis
gedra van die feite daarvan nie. Hy was tevrede nadat hy volledig met appellant
daarop ingegaan het, dat hy uit vrye
beweging wil praat. Advokaat Smith wat op
appèl namens appellant opgetree het, het korrek toegegee dat
luitenant-kolonel Kilian
se getuienis nie vatbaar is vir kritiek nie. Verskeie
ander getuies is geroep om te bewys dat daar op geen stadium, vandat hy op
14
September 1989 in die hande van die polisie gekom het, invloed of dwang op
appellant uitgeoefen is om hom te oorreed om te
6
bieg nie.
Appellant het getuig hoe dat hy gemartel is, versmoor is,
bewussyn verloor het, natgegooi is om hom weer by te bring, totdat hy onderneem
het om sekere feite toe te gee en op skrif te laat stel. Die verhoorhof het met
goeie rede hierdie getuienis as vals verwerp. Al
die lede van die polisie
ondersoekspan is in detail gekruisvra sonder dat afbreuk gedoen is aan hulle
getuienis. Appellant, toe dit
by sy beurt kom, vertel dat dit h heel nuwe groep
was, nie diê wat betrokke was by die ondersoek en getuienis afgelê
het nie, wat hom in opdrag van kaptein Calitz so hardhandig bearbei het. Sy
broer Nephalama, wat hom moes staaf, is blykbaar nie
van hierdie
front-verandering ingelig nie en plaas konstabel Bouwer, een van die
ondersoekspan, in die kantoor waar die marteling
sou plaasgevind het en die
polisie vir praktiese doeleindes die wêreld genooi het om getuie te wees
van hulle onwettige optrede.
Nephalama het kamma
7
deur die venster van dié kantoor geloer toe hy sy broer
se krete hoor en het - nogal in herverhoor - uitgebrei op
die baie ander
persone in die omgewing:
"... en ek het ... navrae gedoen hoekom is daar so baie mense, is hulle betrokke
in die hele saak, toe sê hulle nee, sekere
van hulle het werk kom soek;
aansoeke kom doen vir werk en die ander het klagtes daar kom
lê."
Appellant se vrou, Millicent, wat by was
toe ammunisie in
appellant se besit gevind is, het geen woord gerep
oor
die klappe wat hy daar na bewering moes verduur nie. En
waar appellant
beweer dat die inhoud van sy bekentenis
onwaar is, het hy self so klei getrap
dat die hof a quo
se bevinding dat hy 'n deurtrapte leuenaar is, nie
net
onaanvegbaar is nie, maar onvermydelik was.
Die aanvanklike poging om appellant se verhaal
op appèl te onderskraag met die betoog dat daar
moes
iets
gebeur het om hom te laat besluit om te bieg, is
onlogies. Dit nooi
die hof om 'n aanname te maak teen die
inslag in van appellant se leuens en die staatsgetuies se
8
aanvaarde ontkenning daarvan: dat daardie "iets" polisiegeweld was. Dit is
gou laat vaar.
Die verhoorhof het korrek besluit om die bekentenis as getuienis toe te laat.
Dit het die skuldigbevinding aan moord onafwendbaar
gemaak. Appellant se verhaal
in die hof dat hy gedreig is om as onwillige getuie ander persone wat op misdaad
gerig is te vergesel,
is ook nie ontleding waardig nie.
Om te kom dan by vonnis en, in die uitoefening van 'n onafhanklike diskresie,
oorweging daarvan of die doodvonnis aan appellant opgelê
die enigste
gepaste straf vir sy wandaad is. Daarvoor moet die geraamte van die gebeure
vervat in die eerste paragraaf hierbo, lyf
gegee word.
Die persone met wie die polisie die aand te
" doene gekry
het, was die volgende. Duidelikheidshalwe
word genoem dat Mabaso in die
wandel ook bekend is as
Mos en Thladiane se naam deur sy maats verkort word
na
9
Thladi.
Die twee staatsgetuies wat vertel het van die aanloop tot die
skietery is Twala en Ndou. Hoewel Ndou saam met appellant grootgeword
het, is
daar geen aanduiding dat hy enige, noem dit maar sakeverbintenis, met appellant
of Mbaso gehad het nie behalwe as kliënt.
Ndou het vertel dat hy h Capri
van appellant gekoop het vir R800,00. Die grondslag van die sakeverhouding
tussen Twala, appellant
en Mabaso is nie in die getuienis uitgepluis nie, maar
al die aanduidings is dat hulle aktiwiteite ten aansien van voertuie beide
onderlinge raakvlakke gehad het en onwettig was. Twala sê dat hy en Mabaso
mekaar gehelp het om voertuie te herstel en dat
hy 'n paar weke vroeër 'n
Cortina van appellant gekoop het. Daardie voertuig was nog in appellant se naam
geregistreer toe die
polisie daarop beslag lê toe Twala self gearresteer
en vir drie dae aangehou is. Kaptein Calitz het ponse ("stencils") in die
voertuig gevind.
10
Mabaso het by onder meer appellant en Twala aangeklop toe hy voor die
skietery geld soek om die polisie te probeer omkoop en het op
Twala staatgemaak
daarna om 'n onwettige vuurwapen te versteek.
Appellant het ook aan voertuie
gewerk. Hy het die betrokke dag 'n Dodge Colt gespuitverf en moes vir Mabaso 'n
Cortina se kondensator
en punte aanbring. Die grys Volkswagen kombi wat op
Mabaso se perseel gestaan het, het hy volgens bewysstuk E vir Thladiane geverf.
Toe hy gearresteer is, was hy in besit van 'n Ford bakkie en het hy konstabel
Bouwer vertel dat Mabaso dié voertuig "gekap"
,het, d.w.s. met behulp van
ponse die nommers wat op metaal aangebring is, verander het. Mabaso is kort
daarna gearresteer en het
die polisie geneem na 'n huis waar ponse gevind is,
wat Bouwer toe met appellant se Ford bakkie vergelyk het.
Die polisie het
registrasiedokumente gevind waarvolgens voertuie geregistreer was in die naam
van
11
Mabaso se vrou, Elizabeth. Hy self het aanspraak daarop gemaak dat die rooi
kombi sy eiendom was. Dit is ná die voorval gevind
by sy ouers se huis.
Die deel van die bakwerk waarop die onderstelnommers gewoonlik verskyn, was
weggesny, maar die registrasienommer
GHH 869 T op die vensters uitgegrafeer is
dié van h voertuig wat in Hillbrow as gesteel aangemeld is.
Thladiane
se grys kombi waarin oorledene geskiet is en wat appellant vroeër
gespuitverf het, is ná die voorval verwyder
en brandgesteek. Mabaso het
dit aan kaptein Calitz uitgewys. Die onderstel nommerplaatjie was verwyder en
die enjinnommer beskadig
sodat die oorsprong daarvan nie vasgestel kon word
nie.
Thladiane kon nooit deur die polisie opgespoor word nie. Hy en Bruce was
volgens Twala dikwels by Mabaso aan huis. Ndou getuig dat
hulle die betrokke
aand weer daar was. (Die wit bakkie waarin hulle en appellant die twee kombi' s
gevolg het toe oorledene en Van
der
12
Schyff dié verwyder, was volgens Ndou by Mabaso se perseel al voor die
vangwa opgedaag het.) Daar is geen positiewe aanduidings
nie dat hierdie twee in
die gewone loop betrokke was by dieselfde soort aktiwiteite as Mabaso, appellant
en Twala nie, behalwe dié
reeds genoem wat betref Thladiane en die grys
kombi. Ons weet egter dat Bruce ook gearresteer is. Hy en appellant het saam uit
'n
sel ontsnap. Beide is gewond toe hulle herarresteer is. Bruce is uit die
hospitaal ontset (en is steeds soek), appellant was nie
so bevoorreg
nie.
Twala en Ndou se weergawe van wat die aand gebeur het stem in wese
ooreen dat, nadat die vangwa opgedaag het, voertuie ondersoek is
en die vangwa
vertrek het, daar 'n poging was om die jong konstabels in die versoeking te lei
met omkoopgeld. Volgens Twala is die
aanbod deur Mabaso gedoen. Daar is 'n
terloopse suggestie in bewysstuk E dat die polisie geswik het voor die
versoeking:
13
"Thladi sê toe aan ons dat die twee polisiemanne reeds ons geld geneem het
en dat hulle ons nie kan wen nie want hulle wil
nou loop met die geld en die
twee voertuie."
Daar steek egter niks in nie. Al het
Thladiane so iets
gesê,het Mabaso, wat erken dat hy probeer het om geld
met
behulp van sy trawante bymekaar te maak om aan
Van der Schyff te gee,
vertel dat hy die bydraes
teruggegee het toe Van der Schyff kom berig dat
oorledene
die aangebode bedrag afgewys het as te karig. Appellant
erken
dat hy sy bydrae terug ontvang het van Mabaso en
dat verontwaardiging oor die
polisie se optrede geen rol
by hom gespeel het die aand nie.
Die moontlikheid bestaan egter wel dat die
polisie se optrede op ander wyse 'n bydraende faktor was
tot wat gevolg
het. Mabaso was onrealisties indien hy
gedink het dat so 'n aanbod ooit kon
slaag. Kollegas van
die twee konstabels wat agtergelaat is, was bewus van
die
vraagtekens wat om Mabaso se besit van die twee kombi's
14
gehang het en Van der Schyff en oorledene is verwag om
daarmee by die
polisiestasie aan te kom tesame met Mabaso
self. Na die vertrek van die
vangwa het hulle ook geen
ander vervoer as dié waarop beslag
gelê is, gehad om by
daardie kollegas weer aan te sluit nie.
Mabaso-hulle
moes besef het dat hy 'n slagyster wat hy vir die
polisie
probeer stel het, self afgetrap het, en dat sodra hulle
by die
stasie opdaag, die wiele aan die rol gesit sou
word om d.m.v. 'n aanklag van
omkopery veral Mabaso se
probleme te vererger, wat weens sy rekord, soos dit
na
skuldigbevinding aan die lig gekom het, vir hom geen
vreugde kon inhou
nie.
Volgens appellant se bekentenis is daar
kajuitraad gehou toe die omkooppoging deur die mat val:
"Ons plan was om die twee polisiemanne te skiet. Dit het ons reeds by Mos se
plek bespreek aangesien daar slegs twee polisiemanne
was."
In die loop van die uitwysing wat hy die
volgende dag aan
15
ander polisie, onbetrokke by die ondersoek, gedoen het,
het hy gesê:
"Is dáár wat ons begin beplan dat ons moet nou die twee
polisiemanne baklei. Hulle kan ons nie 'beat' nie, ons is nou
ses". (Bewysstuk
F)
As gevolg van daardie besluit is appellant
bewapen. Hy sê in bewysstuk E dat Mabaso se vrou 'n wapen in die huis gaan
haal en
aan Thladi gegee het, wat Thladi aan hom oorhandig het pas voor
oorledene geskiet is. Beide Ndou (wat in vrees leef en gevra het
of die hof nie
kan toesien nie dat hy 'n vuurwapen ter selfverdediging mag kry) en Twala (wat
soos blyk uit wat vroeër gesê
is, in Mabaso en appellant se dampkring
beweeg) het getuig dat appellant reeds gewapen was toe hy saam met Bruce en
Thladiane in
die wit bakkie die kombi-stoet agtervolg het.
Wat daarna gebeur het, het appellant so beskryf in bewysstuk E:
"Ons het hulle gevolg tot by Maponya se
16
drankwinkel waar hulle gestop het. Die ander kombi het nog nie gestart nie en
hulle het die enjinkap oopgemaak. Hulle het ons nie
gesien nie en ek, Bruce en
Thladi het te voet nadergegaan. Ons het toe gesien die kombi wou nog nie start
nie .. . Die ... polisieman
het toe weer die kombi met die ander kombi verder
gestoot vir ongeveer 400 meter tot by 'n T-aansluiting waar baie motors en mense
was."
Daar is die bakkie in opdrag van Thladiane
parallel met 'n
Putco bus tot stilstand gebring - die afleiding is,
sodat
die insittendes van die kombi's nie die bakkie sou gewaar
nie. Die
bekentenis gaan voort:
"Ek het toe na die kombi gegaan waarin die polisieman was wat gesê het hy
gaan nie die geld vat nie en drie skote op hom gevuur.
Bruce kon nie geskiet het
op die ander polisieman nie want Mos het langs hom gesit. ... Ons het toe die
twee kombi's net daar gelos
en na Mos se huis gegaan waar ons vergadering gaan
hou het"
in die loop waarvan Mabaso se voorstel dat
die kombi's
verwyder moet word, aanvaar is. Mabaso het sy
vuurwapen
teruggeëis van appellant en dit later aan Twala gegee om
te
gaan wegsteek:
17
"(O)ns het die kombi's gaan haal en Mos het een na sy pa se huis geneem en
Thladi het een na Pomolong geneem. Ek het Thladi in my
BMW gevolg. ... Daar by
Pomolong het Thladi die nommerplate en disc van die voertuig afgehaal en my vier
buitebande gegee omdat ek
gehelp het. Thladi het toe die kombi, dit is die een
waarin ek die polisieman geskiet het, aan die brand
gesteek."
Bevestiging daarvoor dat
daar wel twee
vuurwapens op die toneel was, vind ons in Ndou se
getuienis. Daar is geen
suggestie dat hy, nie een van
Mabaso se binnekring nie, geweet het wat die
inhoud van
appellant se bekentenis is nie. Hy het nie die skietery
gesien
nie, slegs skote gehoor 'n rukkie nadat hy gesien
het dat appellant 'n
pistool in die hand het en in die wit
bakkie klim om agter die kombi's aan te
ry. Ndou getuig
dat Mabaso na die voorval in besit was van 'n
vuurwapen
wat volgens Ndou se beskrywing en demonstrasie, 'n
rewolwer moes
gewees het, nie die pistool bewysstuk 1
nie, wat via Twala by appellant
uitgekom hét en hy
uiteindelik aan die polisie oorhandig het.
18
Die gebeurde daarna en die kronologiese stappe in die polisieondersoek is nie
tersaaklik wat betref vonnis nie.
Volgens die polisie het dit appellant nadat
hy gearresteer is nie lank geneem nie om sy volle samewerking aan hulle te gee.
Waar sulke
samewerking soms h teken van berou kan wees, is dit nie die geval
hier nie. Appellant het in die verhoor vanuit die staanspoor leuens
vertel en sy
vorige samewerking probeer ondergrawe.
Van versagtende omstandighede, wat
betref die pleging van die misdaad, is daar geen sprake hier nie. Die polisie
het hulle plig gedoen,
boonop op bedagsame wyse. Daar is nie 'n enkele woord
gerep as sou hulle onbeskof gewees het of enigiets gedoen het waarteen iemand
op
die toneel met reg aanstoot kon neem nie. Die moord is beplan, boonop as 'n
verrassingsaanval deur 'n goed gewapende getalle-oormag
teen twee
niksvermoedende
19
jongmanne wie se aandag gerig was op die voertuigprobleme waarmee hulle
opgeskeep was. Die teiken was 'n 21-jarige, op die drumpel
van volwassenheid,
wat maar net sy plig gedoen het en teen wie appellant se enigste beswaar kon
gewees het dat hy wet en orde nastreef
en misdaad bestry. Dat die moord so
openlik gepleeg is te midde van h skare mense wat hulle normale Vrydagaandgang
gegaan het, minag
nie net wet en orde nie maar ook daardie gewone wetsgehoorsame
skare. En appellant wou seker maak dat die rugaanval slaag: hy het
drie keer die
sneller getrek. Daarna het hy vier motorbande as beloning aanvaar in ruil vir
oorledene se lewe. Ek kon niks in die
oorkonde vind wat laat dink dat wat hy die
aand gedoen het vir appellant in die minste kwel nie.
Mnr Smith het as
versagtende omstandighede voorgehou dat appellant 33 jaar oud is en sy rekord
nie daarop dui dat hy tot dusver 'n
geweldenaar was nie; dat hy sy matrikulasie
eksamen geslaag het en hom daarna as
20
paneelklopper en spuitverwer bekwaam het; en dat hy dus prima facie bruikbare
mensemateriaal is of daartoe omvorm kan word.
Die faktore wat hy noem is
egter nie versagtende omstandighede in die sin van faktore wat appellant se
morele verwytbaarheid verminder
nie. Hulle geld slegs as verdere materiaal wat
ook in ag geneem word om te besluit of die doelstellings van straftoemeting nie
bereik
kan word nie deur 'n andersoortige straf gewoonlik langtermyn of selfs
lewenslange gevangenisstraf. Mnr Smith het betoog dat dit
so is, omdat die
gebrek aan geweldsoortredings teen appellant se kerfstok en sy intelligensie en
vaardighede toon dat hy rehabiliteerbaar
is.
Met die eerste oogopslag lyk
appellant se vorige veroordelings soos gelys in sy SAP 69 neutraal. Nadere
betragting oortuig anders.
Ek ignoreer 'n vorige veroordeling vir "drank besit
op 'n privaat perseel". Die
21
res, hoewel nie een daarvan ernstig is nie, toon tog dat van 1985 sy lewe 'n
patroon begin neem waarvan voertuie en vuurwapens deel
is. In November 1985 is
hy gering beboet weens "klaringsbewys op voertuig nie van toepassing nie". Die
aanranding met die opset om
ernstig te beseer waarvoor hy in dieselfde maand
gewaarsku en ontslaan is, kon nie ernstig gewees het nie, maar is gepleeg met "f
irearm butt and booted foot". In Julie 1988 is hy beboet R900,00 of by
wanbetaling 18 maande gevangenisstraf vir onwettige besit
van ammunisie. Dit
alles beuselagtig in verhouding met waarmee ons nou besig is. Van ietwat meer
belang, gesien die getuienis dat
hy na sy arrestasie in September 1989 saam met
Bruce uit 'n sel ontsnap het, is 'n skuldigbevinding ook in Julie 1988 opgeloop
vir
ontsnapping waarvoor hy gevonnis is tot 18 maande gevangenisstraf waarvan 12
maande vir 5 jaar opgeskort is op die geykte voorwaardes.
Dit is egter onnodig om te besluit of appellant
22
moontlik 'n gewete ingeplant of sonder twyfel agter tralies gehou sal kan
word. In 'n geval soos hierdie moet rehabilitasie en voorkoming
as oogmerke by
vonnisbepaling terugstaan vir afskrikking en veral vergelding. Hierdie
koelbloedige sluipmoord op 'n polisieman wat
in ordentlikheid sy plig om wet en
orde te probeer handhaaf gedoen het, het gekalwe aan die fondamente van die
geordende samelewing.
Dit val binne die kader van oortredings wat so ernstig is
dat geen ander straf gepas beskou kan word, as die doodvonnis nie. Die
appèl word afgewys.
L VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM:
BOTHA AR EKSTEEN AR