L T A Construction Bpk v Administrateur van Transvaal (112/90) [1991] ZASCA 147; 1992 (1) SA 473 (AD); [1992] 3 All SA 1007 (AD) (14 November 1991)

82 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Construction contracts — Payment of interest on overdue amounts — Appellant, L T A Construction Bpk, completed work under two contracts with the Respondent, the Administrateur van Transvaal, but disputes delayed payment — Arbitrator awarded capital amounts and interest, but Respondent only paid part of the total due — Appellant's counterclaim for outstanding interest exceeding the capital amounts was dismissed by the court a quo — Legal issue whether accumulated interest exceeding the principal amount is recoverable — Court held that interest cannot be claimed if it exceeds the capital sum, affirming the dismissal of the counterclaim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 147
|

|

L T A Construction Bpk v Administrateur van Transvaal (112/90) [1991] ZASCA 147; 1992 (1) SA 473 (AD); [1992] 3 All SA 1007 (AD) (14 November 1991)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPELAFDELING
In die saak tussen:
L T A CONSTRUCTION BPK
Appellant
en
DIE ADMINISTRATEUR VAN
TRANSVAAL
Respondent
Coram
: JOUBERT, E M GROSSKOPF, VIVIER, F H GROSSKOPF ARR
et
VAN COLLER Wnd AR.
Verhoor
: 17 September 1991
Gelewer
: 14 November 1991
UITSPRAAK JOUBERT
, A R :
/Hierdie .....
2
Hierdie is 'n appèl teen die afwysing deur Mc CREATH R
van die appellant se teenaansoek in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling.
Die
uitspraak van die Hof
a guo
is gerapporteer as
Administrasie van
Transvaal v Oosthuizen en 'n Ander
,
1990 (3) SA 387
(W). Met verlof van die
Hof
a quo
kom die appellant tans in hoër beroep na hierdie
Hof.
Die relevante feite wat die agtergrond tot die appèl vorm, kan
gerieflikheidshalwe soos volg geskets word. Die Wes-Randse Ontwikkelingsraad,
die voorganger van die Transvaalse Administrasie, ("die Administrateur") het as
bouheer gedurende 1979 twee skriftelike kontrakte
met die appellant ("L T A
Construction Bpk") as bouaannemer gesluit. Kontrak nr 473/79 het betrekking
gehad op die oprigting van
'n reservoir te Dobsonville, Soweto, terwyl kontrak
nr 513/79 die oprigting van twee watertorings en 'n pompstasie ten doel
/3
3
gehad het. Beide kontrakte was beheer deur dieselfde 'General
conditions of contract 1972. Works of Civil Engineering Construction'
as
algemene voorwaardes.
Ten tyde van die uitvoering van beide kontrakte het
daar egter geskille ontstaan wat agtereenvolgens verwys is na die ingenieur, die
bemiddelaar en die arbiter (ene Oosthuizen). Na aanleiding van hierdie geskille
het die Administrateur 'n aansoek in die Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling teen
Oosthuizen as eerste respondent en L T A Construction Bpk as tweede respondent
aanhangig gemaak. L T A Construction
Bpk het die aansoek bestry. Die regshulp
wat die Administrateur aangevra het, word in die uitspraak van die Hof
a
quo
vermeld (p 391 D-E). Die Hof
a quo
het hierdie regshulp
toegestaan (p 398 A). Die appèl is nie gemoeid met die meriete van die
aansoek nie.
Die appèl handel oor die teenaansoek van
/4
4
L T A Construction Bpk teen die Administrateur wat deur die Hof
a quo
afgewys is.
Die grondslag van die teenaansoek is soos volg. L T
A Construction Bpk het gedurende Julie 1981 die werk ingevolge kontrak nr 473/79
voltooi maar vermelde geskille tussen die partye het die betalings vertraag. Op
15 Oktober 1987 het Oosthuizen as arbiter onder kontrak
nr 473/79 die volgende
toekennings gemaak :
1.
'n Kapitale bedrag van R63
080-30 soos op 30 Julie 1981 verskuldig.
2.
h
Kapitale bedrag van R57 750-00 soos op 23 Augustus 1983
verskuldig.
3.
Rente teen prima bankkoers op
R63 080-30 vanaf 30 Julie 1981 tot datum van betaling.
4.
Rente teen prima bankkoers op R57 750-00 vanaf 23 Augustus 1983 tot
datum van betaling.
/5
5
Voorsiening vir die betaling van gemelde rente word in die
algemene voorwaardes van die twee skriftelike kontrakte gemaak.
Op 24
Desember 1987 het die Administrateur 'n bedrag van R241 660-60 aan L T A
Construction Bpk betaal wat volgens Aanhangsel "J"
tot die aansoek soos volg
saamgestel is:
1.
Kapitale toekenning R63
080-30.
2. Rente hierop tot maksimum van die kapitaal R63
080-30.
3.
Kapitale toekenning R57
750-00.
4. Rente hierop tot maksimum van die kapitaal R57
750-00.
Dit blyk hieruit dat die Administrateur die
twee kapitale toekennings van R63 080-30 en R57 750-00 tesame met rente
gelykstaande aan
hierdie twee kapitale toekennings aan L T A Construction Bpk
betaal het. Volgens L T A Construction
/6
6
Bpk het die rente op die kapitale toekenning van R63
080-30
vanaf 30 Julie 1981 tot 23 Desember 1987 egter die bedrag
van R138
593-21 beloop terwyl die rente op die kapitale
toekenning van R57 750-00
vanaf 23 Augustus 1983 tot 23 Desember
1987 die bedrag van R63 021-25 bedra het. Hiervolgens
was die
Administrateur op 23 Desember 1987 'n totale bedrag
van R322 444-76 aan L T A
Construction Bpk verskuldig terwyl
die Administrateur op 24 Desember 1987
slegs 'n bedrag van
R241 660-60 aan L T A Construction Bpk betaal het,
latende
h balans van R80 784-16. Volgens sy teenaansoek eis
L T A Construction Bpk betaling van R80 784-16, synde die
balans van die verskuldigde rente, plus rente daarop wat
vanaf 24 Desember 1987 tot 30 April 1989
R18 920-16 beloop asook rente daarop vanaf 1 Mei 1989 tot
datum van betaling. In sy repliserende beëdigde verklaring
het die Administrateur o.a. die standpunt ingeneem dat L T
/7
7
AConstruction Bpk nie geregtig is om rente te verhaal wat die
kapitale bedrag van die toekennings oorskry nie. Die Hof
a quo
het die
Administrateur se standpunt gehandhaaf en derhalwe die teenaansoek van die hand
gewys.
Die vraag is vervolgens of opgehoopte rente regtens verhaal kan word
insoverre dit die kapitaalsom oorskry.
Laat ons die regsbronne raadpleeg.
Die Romeinse reg
.
Dit word algemeen aanvaar dat die tydperk van die
klassieke Romeinse reg van ongeveer 150 voor Chr. tot 250 A D gestrek het.
Gedurende
hierdie tydperk het die Romeine 'n bloeiende ekonomie met h goed
ontwikkelde geldwese en geldhandel gehad. "De bankier (
argentarius
)
vervult voortaan een belangrijke functie. Hij moge in den beginne alleen het
wisselbedrijf hebben uitgeoefend, weldra zien
/8
8
we hem de meest uiteenloopende bankoperaties verrichten. Hij
financiert ondernemingen in en buiten Italië. Hij leent geld tegen
rente
aan burgers, aan provinciesteden en aan staatshoofden. Via zijn
vertegenwoordigers komen door zijn bemiddeling betalingen elders
tot stand ten
behoeve van zijn cliënten. Hy blijft borg (
receptum argentarii
), int
vorderingen en neemt geld á deposito. Het bankwezen naar grieksch
voorbeeld word te Rome tot een aanzienlijk bedrijf."
Aldus Hermesdorf,
Schets
der Uitwendige Geschiedenis van het Romeinsch Recht
, 2e druk, p
186.
Rente (
usurae
,
faenus
,
fenus
,
foenus
) was
geld wat vir die gebruik van die uitgeleende kapitaalsom (
sors
of
pecuniae creditae
) betaal word:
pro usu pecuniae creditae
.
Brissonius (1531-1591) in sy
De Verborum Significatione seu Dictionarium
Juridicum
, 1743, s.v.
Usura
, noem rente
quasi merces et pensio
pecuniae
. Eintlik is
/9
9
rente
fructus civiles
wat regtens die opbrengs van
uitgeleende
geld is (D 6.1.62 pr, Voet 22.1.1). Die rentebetaler
heet
usurarius
(D 22.1.7).
In die klassieke tyd is verbruikleen (
mutuum
)
aangewend om geldlenings aan te gaan. Daarmee kon egter
slegs die uitgeleende kapitaalsom teruggeëis word. Geen
rente kon uit
hoofde daarvan geëis word nie.
D 19.5.24 : - - - respondit pecuniae guidem creditae usuras nisi in
stipulationem deductas
non deberi.
(Watson
et alii
se vertaling: "He responded that interest is not owed on
money which is lent unless this is reduced to a
stipulation").
Rente kon slegs geëis word
indien dit uitdruklik in 'n
stipulatio
beding was. Die
stipulatio
was 'n
negotium stricti luris
wat aanleiding tot 'n
condictio certae
pecuniae
of 'n
actio certae pecuniae creditae
gegee het. Soos verwag
kan word,
/10
10
het dit gebruiklik geword om die geldlening sowel as die rente
in dieselfde
stipulatio
te beding (
stipulatio credendi causa
). D
45.1.126.2. 'n Dergelike
stipulatio
is dikwels in 'n skriftelike
bewysstuk (
cautio
) beliggaam wat die praktiese bruikbaarheid daarvan
aansienlik bevorder en vergemaklik het. In die na-klassieke Romeinse reg het die
solemniteitsvereistes verdwyn. Vir doeleindes van hierdie uitspraak is dit nie
nodig om in verdere besonderhede die lotgevalle van
die
stipulatio
in die
ontwikkeling na h algemene verbintenisskeppende ooreenkoms te behandel
nie.
Van oudsher is rente deur die owerheid op verskillende maniere beperk
weens ekonomiese oorwegings wat daarop gerig was om die geldgierigheid
van
geldskieters in te kort en sodoende h mate van beskerming of verligting aan
rentebetalers te verleen. Bowendien met die vestiging
van die Christelike Kerk
vanaf die 4e eeu A D in die Romeinse
/11
11
ryk het dit op godsdienstige gronde h verbete stryd teen rente
gevoer. Raadpleeg Zimmermann,
The Law of Obligations
,
Roman
Foundations of the Civilian Tradition
, 1990, p 166-170. Een van die metodes
wat aangewend is, was om van tyd tot tyd die rentekoers vas te pen. In die
klassieke tyd was
die rentekoers 12% (
usurae centesimae
) terwyl
Justinianus dit in 528 A D vir gewone mense op 6% (
usurae semisses
)
gestel het. (Cod 4.32.26.2). Rente wat aan die opgelegde koerse voldoen, heet
usurae legitimae
. (D 22.2.4 pr.). 'n Tweede metode was om die heffing van
rente op rente (
usurae usurarum
) te verbied. (D 12.6.26.1, D 22.1.29, D
42.1.27, Cod 4.32.28). Die derde metode was die verbod op rente
in duplum
waarop ons vervolgens moet ingaan.
Die verbod op
usurae in duplum
het
betrekking op rente wat die kapitaalsom oorskry. Dergelike rente word in die
Corpus Juris Civilis
ook
usurae supra duplum
/12
12
(D 12.6.26.1),
usurae ultra duplum
(D 22.2.4.1) of
usurae ultra alterum tantum
(D 22.1.9 pr.) genoem. Die woord
duplum
omvat die uitgeleende kapitaalsom sowel as die rente daarop. Sien
die Middeleeuse glossa ad "duplum", D 22.2.4.1 :
Connumerata summa sortis cum
usuris in fine anni
. Eintlik sou dit meer korrek wees om te praat van 'n
renteverbod
ultra sortem
.
Die regsbeginsels wat uit die relevante
tekste van die Digesta vir die klassieke tydperk vasgestel kan word, is die
volgende:
1. 'n Beding om rente teen die wettige rentekoers van 12% per jaar op die
kapitaalsom te betaal (
usurae centesimae
) was geldig en afdwingbaar. Dit
het immers op wettige rente
(usurae legitimae
) betrekking gehad. Rente
wat beding is teen 'n rentekoers bo 12% per jaar was egter onwettig en
onafdwingbaar
/13
13
insoverre dit die
usurae legitimae
oorskry het. Word
rente betaal wat die
usurae legitimae
oorskry, kon betaling daarvan wat
die oorskryding betref, teruggevorder word. D 12.6.26 pr., D 22.1.29. 2. Die
verbod op rente
in duplum
het tot gevolg gehad dat rente insoverre dit
die kapitaalsom oorskry onwettig en onopeisbaar was. Agterstallige
usurae
legitimae
kon oploop en was nog steeds wettig en afdwingbaar tot 'n maksimum
bedrag gelykstaande aan die kapitaalsom. Sodra die rente egter
die wettige perke
van die bedrag van die kapitaalsom oorskry het (
supra modum usurarum
licitum
), was die oorskryding onwettig en onafdwingbaar. Word die rente
betaal wat die kapitaalsom oorskry dan kon betaling daarvan insoverre
dit
oorskry, teruggevorder word. D 12.6.26.1, D 22.1.9 pr,
/14
14
D 22.1.44., D 22.2.4.1.
Wat die klassieke tydperk
betref, kry
ons in Cod 4.32.10 'n
constitutio
van Keiser Antonius
(212-
217 A D), ook bekend onder sy bynaam Caracalla, wat soos
volg
lui:
Usurae per tempora solutae non proficiunt [reo] ad dupli computationem. tunc
enim ultra sortis summam usurae non exiguntur, quotiens
tempore solutionis summa
usurarum excedit eam computationem. Scott se vertaling: "Where the interest paid
at different times amounts
to double the principal, this will be of no advantage
to the debtor; for it is only when the interest at the time of payment amounts
to more than the principal that it cannot be
collected."
Hierdie verordening is in ooreenstemming
met die Romeinse
reg van die klassieke tydperk. Betalings van rente wat in
die verlede
gemaak is, kom nie tot voordeel van die rentebetaler
/15
15
die berekening van die verbod op rente
in duplum
nie.
In
die klassieke tydperk is dit die oploop van agterstallige
wettige rente
wat by die berekening of rente die kapitaalsom
oorskry, in ag geneem word
teneinde die verbod op rente in
duplum
toepaslik al dan nie te
maak.
Onder invloed van die Christelike godsdiens
was Justinianus rente geensins goedgesind nie. In 529 A D
het hy in Cod.
4.32.27. 1 en 2 soos volg verorden:
Sl Cursum insuper usurarum ultra duplum minime procedere concedimus, nec si
pignora quaedam pro debito creditori data sint, guorum
occasione quaedam veteres
et ultra duplum usuras exigi permittebant.
(Scott se vertaling: "We by no means permit more than double interest to be
collected, not even where pledges have been given to the
creditor to secure the
debt, under which circumstances certain ancient laws authorized more than double
the interest to be collected."
/16
16
Hier bevestig Justinianus die renteverbod
in duplum
en
skaf
'n uitsondering daarop, wat in die klassieke tydperk
t.o.v.
pandgewing toegelaat is, af.
S2 Quod et in bonae fidei iudiciis ceterisgue omnibus in quibus usurae
exiguntur censemus. (Scott se vertaling : "We decree that this
rule shall be
observed in all bonae fidei contracts, and in all other cases in which interest
can be collected.").
Justinianus verorden hier dat sy
constitutio
op alle
bonae
fidei
uitsprake en in alle gevalle waar rente geëis word van toepassing
is.
Justinianus het in Novellae 121 en 138 by die berekening van die renteverbod
in duplum
verorden dat gedeeltelike betalings (
solutiones per
partes
) van rente ook in ag geneem moes word. Die effek daarvan was dat
/17
17
'n kapitaalsom in totaal nie meer rente kon voortbring as die
omvang van die kapitaalsom nie. Dit geld vir betaalde sowel as agterstallige
rente. Latere juriste sou verskeie strydvrae oor gemelde Novellae voer.
Raadpleeg Von Gluck (1755-1831),
Ausfuhrliche Erlauterung der Pandecten
,
band 21, 1820, S 1134 p 106-115.
Die Middeleeuse reg
.
By die
Glossatore kon ek geen noemenswaardige bydrae tot die renteverbod
in
duplum
vind nie. Hul benadering was om die rente jaarliks te bereken om vas
te stel of dit die kapitaalsom oorskry of nie. Vivianus (helfte
van die 13e eeu)
in sy Casus ad Cod 4.32.10 stel dit soos volg: - - - imo cuiuslibet anni per se
& facta sic computatione, debet
perpendi an usura excedat sortem, an non. 'n
Dergelike benadering negeer heeltemal enige beperking van die rentekoers
self.
/18
18
Ongelukkig weens gebrek aan tyd kon ek nie die Kommentatore
raadpleeg nie. Die 17e eeuse Italiaanse juris Fachinaeus vermeld in sy
Controversiarum Iuris
lib X cap LXV die opvattinge van sommige
Kommentatore oor Cod 4.32.10 wat deur Novella 121 afgeskaf is.
Die uitstaande
aspek van die Middeleeuse reg is die feit dat die Kanonieke reg die heffing van
rente as 'n doodsonde beskou het en
dit op Bybelse gronde verbied het. Sien
Zimmermann,
op.cit
., p 170-172, De Blécourt-Fischer,
Kort
Begrip van het Oud-Vaderlandse Burgerlijk Recht
, 6e druk, p308-309 en
Brissaud,
A History of French Private Law
, 1912, S S 385-387. Die
Nederlanders het gebruik gemaak van regsfigure soos rentekoop (de Groot
3.14.13-19, van der Keessel ad Gr.
3.14.13-19, de Blécourt-Fischer,
op.cit
., p 198, 308-309) en lijfrente (de Groot 3.14.20, van der Keessel
ad Gr. 3.14.20, de Blécourt-Fischer,
op.cit
.,
/19
19
p 310) wat nie deur die Kanonieke verbod geraak is nie.
In Latyn heet rentekoop
emptio annui reditus
en die jaarlikse
rente
annuus reditus
. Sien van der Keessel,
Theses Selectae
632, en
ad Gr. 3.14.13 (band 4 p 361).
Duitse iuriste
.
Von Gail (1526-1587)
verkondig in sy
Practicarum Observationum
lib 2 obs 5 nr 2 dat rente ook
in ander kontrakte as geldlening gehef kan word. Rente kan beding word
betreffende
interesse damni emergens
maar nie t.o.v.
interesse lucri
cessantis
nie (nr 16).
Interesse
is skadevergoeding. Verder meen hy
dat
usurae moderatae
wel gevorder kan word (nr 17).
Carpzovius
(1595-1666),
Definitiones Forensis
2.30.28 wys op verskeie uitsonderings
waar die invordering van rente wat
in duplum
oorskry, toegestaan word.
Een van die uitsonderings het op skadevergoeding (
interesse
)
/20 .....
20
betrekking.
In die eerste helfte van die 17e eeu het
Sigismund Finkelthaus (1580-1669) in sy
Observationes Practicae
, Obs XL,
Resolutio Dubiorum
, nr 14 die volgende opmerking gemaak:
Legitimarum
enim usurarum etiam ultra duplum hodie moribus nostris est permissus. Die
betrokke fragment is deur die regsverteenwoordigers
van L T A Construction Bpk
by wyse van h fotokopie bekom van Finkelthaus se aangehaalde werk wat in Parys
opgespoor is. Ek sal straks
aandag aan Finkelthaus bestee.
Die
Romeins-Hollandse reg
.
Keiser Karel V (1515-1555) het in art 8 van die
Ewige Edik 4 Oktober 1540 ( 1 Groot Placaet-Boek 317) alle koopliede wat
"alleenlijcken
Coopmanschap met gelde" doen, gelas om " niet en zullen mogen
gheven gelt op fruict
/21
21
of gewin, hooger dan den Pennick twaelve op 't honderd
voor
een Jaar." Verder verklaar hy "alle Contracten ende
Obligatien, by de
welcke men soude mogen nemen grooter ghewin
dan voorsz is voor woeckerye,
ende over sulcks nul ende van
onwaerden." In art 9 word nie-koopliede verbied
om hul
geld aan gemelde koopliede te gee "om seecker bewint te hebben
alle
Jare, opte peyne van confiscatie van 't voorschreven
gelt, ende boven dien
gehouden ende gheacht te worden openbare
Woeckeraers, ende over sulcks
gestraft ende ghecorrigeert."
Volgens van der Keessel (1738-1816) ad Gr 3.10.
9 et 10 het
art 9 in onbruik geraak. Van owerheidsweë is die
rentekoerse
van tyd tot tyd vasgestel. Voet 22.1.3.
Rente se oorsprong kan verskil. Voet
(1647-1713) ad Gr 3.3.10 wys daarop :
Usurae regulariter, nunc non nisi ex pacto debentur, vel post litem contestatam
ex mora, sive sint negotia
/22
22
bonae fidei sive stricti juris, excepta venditione praediorum, et obligatione
legatorum aut fideicommissorum, ac deposito, saltem
si graphiarius nummos
depositos in suos usus converteret. (Vertaling deur Van Warmelo en Visser:
"Rente word nou as 'n reël
nie verskuldig nie, behalwe ingevolge h
ooreenkoms, of na
litis contestatio
, op grond van versuim of
regshandelinge wat op die goeie trou of die onwrikbare reg berus; (verder ook)
by die verkoop van erwe en
kragtens die verbintenis tot (lewering van)
legate
en
fideicommissa
, asook by die bewaargewing; (ook) minstens
as die griffier die gelde wat in bewaring gegee is vir sy eie gebruik sou
aanwend.").
In die Romeins-Hollandse reg is alle
geoorloofde kontrakte as verbintenisskeppende ooreenkomste afdwingbaar. Vir alle
praktiese doeleindes
het die onderskeid tussen kontrakte
stricti iuris
en
kontrakte
bonae fidei
byna verdwyn sodat alle kontrakte as
bonae
fidei
beskou is behalwe vir twee uitsonderinge soos vermeld in
Bank of
Lisbon and
/23
23
South Africa Ltd v De Ornelas and Another
, 1988(3) SA
580
(A) op p 601 F-J. Rente kan in beginsel in enige geoorloofde kontrak
beding word. Groenewegen ad Cod 4.32.22, Van Leeuwen C F 1.4.4.17,
Voet 22.1.7
in fine
.
Die vraag ontstaan of die renteverbod
in duplum
opgeneem is in die Romeins-Hollandse reg wat in Provinsie Holland en
Wes-Friesland gegeld het.
Die mees bekende Hollandse juriste verkondig die
resepsie van die renteverbod
in duplum
soos dit in die Romeinse klassieke
tydperk bekend was, nl. dat die oploop van agterstallige rente
(
interessen
) ophou sodra dit die kapitaalsom oorskry. Novellae 121 en 138
se bepalings oor gedeeltelike betalings is nie opgeneem nie. Raadpleeg
Groenewegen (1613-1652) ad Cod 4.32.27 nrs 1 en 2; Van Leeuwen
(1626-1682) C F
1.4.4.35
; Voet (1647-1713) 22.1.19; Lybrechts (ob. 1758),
Aanmerkingen over
het Redeneerend Vertoog over
/24
24
het Notaris Ampt
, 2e deel, 1778, 51ste Aanmerking, p
652; Van der Keessel (1738-1816),
Theses Selectae
549, ad Gr 3.10. 9
& 10 (band 4 p 239); Van der Linden (1756-1835), 1.15.3 nr 3. Voet 22.1.19
wys op die volgende:
"It was therefore regarded in our customs as not unfair
for the obligation for interest to last until the principal sum had been repaid,
even though the interest should overtop three times or four times the amount of
the principal sum, provided that it were paid piecemeal."
(Gane se vertaling).
So ook Groenewegen ad Cod 4.32.27 nr 3.
'n Uitsondering op die renteverbod
in duplum
wat toegelaat is, is jaarlikse rente (
annuus reditus
)
uit hoofde van 'n rentekoop (
emptio annui reditus
) waarna ek
supra
verwys het. Groenewegen ad Cod 4.32.27 nr 3.
h Tweede uitsondering volgens de Haas (1685-1760) in voetnoot 1 op Van
Leeuwen C F L.4.4.35 is i(3
/25
25
quod hodie titulo ejus quod interest percipitur
(d.w.s.
compensatoriae usurae
) met 'n beroep op Stockmans,
Decis
. 78. Dog
Stockmans was 'n juris van Suid-Nederland wat in sy
Decisiones Brabantiae
nr 78 op 'n beslissing van die Grote Raad van Mechelen van Februarie 1644 steun.
Die Grote Raad van Mechelen het sy appèlbevoegdheid
t.o.v. Noord-Holland
in 1582 verloor toe die Hooge Raad van Holland, Seeland en Wes-Friesland te Den
Haag ingestel is.
Schorer (1717-1800) het in sy
Aanteekeningen
op de
Groot 3.10.10 noot 29, soos vertaal uit Latyn deur Austen in 1797, 'n
minderheidsopvatting gehuldig, nl. dat agterstallige rente
wat die kapitaalsom
oorskry wel teruggevorder kon word. As gesag hiervoor beroep hy hom op Stockmans
se
Decisiones Brabantiae
nr 78 waarna ek
supra
verwys het. Hy
steun ook op die 17e eeuse Duitse juris Finkelthaus,
Observationes
Practicae
, 1662, Obs. XL, van wie ek
supra
/26
26
melding gemaak het. Finkelthaus se gesag is die 16e eeuse
Italianer Surdus, die Duitser Zangerus (1557-1607) en twee
minder bekende
Duitsers, te wete (Petrus Fredericus) Mindanus
en (Ernest) Cothmann. Met
allé respek vir Schorer kan sy
afwykende standpunt nie opweeg teen die
gesaghebbende standpunt
van die mees bekende Hollandse juriste nie.
De Haas in sy noot(e) tot Merula,
Manier
van Procederen
,
1741, 4.37.2, vermeld gevalle waar namptissement
(provisionele vonnis) deur die Hof van Holland gevel is op
'n obligatie
(skulderkenning) asook 'n rentebrief vir agterstallige
rente wat die kapitaalsomme oorskry het. Van der Keessel
ad Gr 3.10. 9 & 10 (band 4 p 240) se kommentaar hieroor (soos
vertaal deur Gonin) is soos volg :
"Ek sê dat ek nie begryp hoe dit met die beginsels van die reg te verenig
is nie, tensy die Raadshere van die Hof miskien van
mening was dat daar by
namptissement of 'n aksie om provisionele
vonnis
/27
27
nie met daardie regsreël rekening gehou moes word nie, maar dat dit tot die
beslegting van die hoofaksie moes oorstaan. Maar
so h standpunt sou ek nouliks
kan goedkeur, aangesien 'n verweer van daardie aard, wat uit 'n vaste
regsreël geput is, allesins
duidelik is."
Oor
die betekenis van rentebrief raadpleeg Kersteman,
Hollandsch,Rechtsgeleert
Woordenboek
, 1768, s.v. Kustingbrief p 244.
In provinsie Friesland is die
Romeinse reg se renteverbod
in duplum
, soos beperk deur Justinianus in sy
Novellae 121 en 138, geresipieer. Die Friese wetgewer het egter deur wetgewing
in 1613 die Romeinse
reg van die klassieke tyd ingevoer. Sande (1568-1638),
Decisiones Frisicae
, 1635, 3.14.5; Huber H.R. 3.37.39. Sodoende is die
reg van provinsie Friesland wat die renteverbod
in duplum
betref in lyn
gebring met die reg van provinsie Holland en
/28
28
Wes-Friesland.
In provinsie Gelderland het die renteverbod
in duplum
nie gegeld nie. Schomaker (1685-1767)
Selecta Consilia et
Responsa Juris
, 1738-1765, band 5 cons. 6 nrs 15,16.
In 't kort my
gevolgtrekking is die volgende: Na my oordeel is die renteverbod
in
duplum
(meer korrek
ultra sortem
), soos dit in die klassieke tydperk
van die Romeinse reg t.o.v. die oploop en invordering van agterstallige rente
tot die bedrag
van die kapitaalsom gegeld het, wel in provinsie Holland en
Wes-Friesland geresipieer. Sien ook 1
Observationes Tumultuariae
267 waar
die Hooge Raad na aanleiding van
concursus creditorum
in h insolvente
boedel die volgende bevel t.o.v. rente op die bewese skuldeise verleen het :
Etiam respectu omnium creditorum hoc iudicatum in hac lite
,
ne usurae
sortem excedant
. Dit is h toepassing van die renteverbod
in
duplum
.
/29
29
Ons regspraak
.
In die Suid-Afrikaanse regspraak is
die renteverbod
in duplum
dat agterstallige rente bo die kapitaalsom nie
verhaalbaar is nie in h lang reeks gerapporteerde gewysdes toegepas. Hulle het
in
1830 begin met
Niekerk v Niekerk
,
1 Menz. 452
en strek tot
Stroebel
v Stroebel
,
1973 (2) SA 137
(T). Onder hierdie gewysdes is daar twee Volle
Hof beslissings van Transvaal, te wete
Union Government v Jordaan's
Executor
,
1916 T P D 411
(de Villiers R P, Wessels en Curlewis R R wat
aldrie hoofregters geword het) en
Van Coppenhagen v Van Coppenhagen
,
1947
(1) SA 576
(T) (Millin, Malan en Neser R R).
Na my oordeel het die Hof
a quo
tereg bevind dat geen gesag voorhande
is wat aantoon dat die renteverbod
in duplum
deur abrogasie afgeskaf is
nie (p 397 E). Die onderhawige geval is in die lig van die lang reeks
/30
30
gewysdes te onderskei van die posisie in
Davehill (Pty)
Ltd
& Others v Community Development Board
, 1988(1) 290
(A)
op p 298 G-J waar hierdie Hof bevind het dat die
gemeenregtelike
regsreël wat die verhaalbaarheid van saamgestelde rente
(
usurae
usurarum
) verbied het in die regspraktyk in onbruik
geraak
het en sodoende deur abrogasie afgeskaf is.
Adv.
Burman
,
namens L T A Construction Bpk, het betoog dat hierdie Hof die renteverbod
in
duplum
behoort af te skaf omdat dit 'n anachronisme is wat teen die openbare
beleid is deurdat rente nie meer immoreel is soos die Middeleeuse
Kanonieke reg
dit bestempel het nie. Hierdie betoog is onaanvaarbaar. Die renteverbod
in
duplum
is alles behalwe h anachronisme. Dit vorm deel van ons daaglikse
ekonomiese lewe. Dit vervul 'n ekonomiese funksie om skuldenaars
wat hul in
finansiële verknorsing bevind, te help. Soos Huber in sy
Praelectiones
ad D 22.1.28 dit
/31
31
stel :
Nam, ut antea diximus, Legislator in moderantis usuris id inprimis spectat, ne
homines angusta & inclinata re, destruantur; guales
solent esse, qui usuras
solvere negueunt, creditoribus guidem raro cunctantibus exigere : Qui autem
usuras prompte solvunt, non sunt
in eo statu, ut egeant hoc levamine : Sic
igitur nihil est causae, quemobrem usurae solutae cursum usurarum solitum
abrumpere debeant.
Rente is die lewensbloed van die
handelsverkeer. Die afskaffing van die renteverbod
in duplum
is in die
huidige omstandighede nie die funksie van hierdie Hof nie. Hierdie Hof het geen
bevoegdheid om 'n nuttige geldende gemeenregtelike
regsreël af te skaf nie.
Dit is 'n aangeleentheid vir die wetgewer. Ten spyte daarvan dat die
Suid-Afrikaanse Regskommissie
reeds in Junie 1974 die afskaffing van die
renteverbod
in duplum
voorgestel het, het die wetgewer tot
/32
32
hede dit nie gedoen nie.
Adv.
Burman
het ook betoog dat die renteverbod
in duplum
slegs
op geldlenings betrekking het en daarom nie in die onderhawige geval toepaslik
is nie. Die partye het met mekaar 'n kontrak
vir die totstandbringing van werke
deur L T A Construction Bpk teen vergoeding gesluit. In die algemene voorwaardes
van die kontrak
is daar voorsiening vir rente op die kontrakprys gemaak. Wat
hierdie betoog uit die oog verloor en daarom onaanvaarbaar is, is dat
die
renteverbod
in duplum
glad nie tot geldlenings beperk is nie. In beginsel
geld dit vir alle kontrakte uit hoofde waarvan 'n kapitaalsom verskuldig is wat
onderhewig aan 'n bepaalde rentekoers is, soos
supra
aangetoon is.
/33
33
Die appèl word derhalwe afgewys met koste wat die koste
van twee advokate insluit.
C P JOUBERT AR.
E M GROSSKOPF AR
VIVIER AR Stem saam.
F H GROSSKOPF AR
VAN COLLER Wn AR