S v Shabangu (550/90) [1991] ZASCA 136 (27 September 1991)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Death penalty — Appellant convicted of multiple serious crimes including murder, rape, and armed robbery — Sentenced to death for murder — Appeal against death sentence — Court to determine if death penalty is "appropriate sentence" under amended legislation — No mitigating factors found — Death sentence upheld as appropriate given the severity of the crimes and the appellant's criminal history.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 136
|

|

S v Shabangu (550/90) [1991] ZASCA 136 (27 September 1991)

Saak Nr 550/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JABULANI SHABANGU
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
E M GROSSKOPF, VIVIER, ARR et
NICHOLAS Wn AR
VERHOOR
19 Augustus 1991
GELEWER:
27 September
1991
UITSPRAAK
E M GROSSKOPF, AR
2
Die appellant is in die Transvaalse Oos- en Suid-Oostelike Rondgang Plaaslike
Afdeling van 'n hele reeks misdade aangekla, onder meer
van moord. Ek sal later
in groter besonderheid nagaan wat hierdie misdade alles behels het. Op die
aanklag van moord is hy skuldig
bevind. Die hof (CURLEWIS R en assessore) het,
ooreenkomstig die reg wat toe gegeld het, bevind dat daar geen versagtende
omstandighede
was nie. Die appellant is gevolglik op die moordklag ter dood
veroordeel. Met verlof van die verhoorregter kom hy nou in hoër
beroep teen
die doodvonnis. Weens die veranderinge aangebring deur die Strafregwysigingswet
no. 107 van 1990 moet ons nou opnuut
besluit of die doodvonnis "die gepaste
vonnis" is ingevolge artikel 277(2)(b) van die Strafproseswet, no. 51 van 1977.
Volgens vorige
gewysdes van hierdie hof beteken "die gepaste vonnis" die
enigste
gepaste vonnis.
Die reeks misdade waaraan die appellant skuldig bevind is, is almal in
dieselfde omgewing gepleeg. In breë trekke toon die getuienis
die volgende.
Vanaf ongeveer Mei 1987 het die
3
appellant, as gevangene wat op parool vrygelaat is, by ene Mnr. Peyper op 'n
kleinhoewe naby Witrivier gewerk. Op 7 Augustus 1987
het hy weggeloop nadat hy
ingebreek het en Mnr. Peyper se pistool en sy dogter se rewolwer, asook
ammunisie vir albei, gesteel het.
Om ongeveer 17h30 op 7 Augustus het ene Amos
Mamba en 'n vrou, Zodwa Madonsela, deur 'n suikerrietland in dieselfde omgewing
geloop.
Die appellant het van agter aangekom en Mamba net onder sy regter
skouerblad van agter raakgeskiet. Mamba het weggehardloop. Die
appellant het
tóe vir Zodwa Madonsela tweekeer daar verkrag. Hy wou haar daarna
doodmaak, maar sy het gepleit dat sy 'n baba
het. Hy het toe van sy voorneme
afgesien. Die volgende misdaad was later dieselfde aand. Joyce Khoza was die
aand omtrent 20h30 in
die slaapkamer van haar huis. Haar twee kinders van vyf
jaar en twee jaar onderskeidelik was by haar. Die appellant het aan die deur
geklop en gesê hy soek haar man, Qwabe. Sy sê hy is nie tuis nie.
Die appellant sê toe hy soek R200. Sy sê
sy het dit nie, en hy dreig
om haar dood te maak. Sy skree, en ander mense daag op. Die appellant dreig
om
4
hulle te skiet, en hulle hardloop weg. Joyce het toe R180
uitgehaal en
deur die venster gegooi. Op een of ander stadium het die appellant twee skote
van buite in die huis ingeskiet. Joyce
is nie getref nie.
Op 10 Augustus 1987
was David Ndlovu by ene Ntibane se stat. Hy en Ntibane en dié se vrou en
kinders het saam in die kookhuis
gesit. Hy het 'n skoot buite hoor klap. Die
persoon wat die skoot afgevuur het, en dis tans duidelik dat dit die appellant
was, het
gevra waar die eienares van die huis was. Daar is aan hom gesê
dat sy nie daar was nie. Die appellant het 'n tweede skoot afgevuur.
Ndlovu en
sommige van die andere het uitgehardloop en gehoor dat hy Ndlovu se fiets, wat
buite gestaan het, wegneem. Ntibane het
nie soos die ander weggehardloop nie,
maar in die deur bly staan. Die appellant skiet toe 'n derde keer en eis 'n
bedrag R200. Ntibane
sê dat hy nie geld het nie, en net 'n besoeker by die
stat is. Die appellant het dit blykbaar aanvaar en weggeloop.
Later dieselfde aand volg die gebeure wat aanleiding
.
5
gegee het tot die moordklag. Omtrent 22h00 was Dinah Ndabezitha reeds in die
bed. Sy hoor 'n geklop aan die buitedeur. Sy vra wie
dit is. Die appellant
sê hy is 'n polisiebeampte van Nelspruit. Hy sê sy moet oopmaak, hy
soek drank. Sy sê daar
is nie drank in die huis nie. Hy sê hy sal
die deur oopskop, en begin dit ook doen. Hy vuur ook 'n skoot af, wat Dinah in
die
linkerarm tref (volgens die getuie Zulu is hierdie skoot eers later
geskiet). Sy weier steeds om oop te maak. Appellant sê
hy sal vir Zulu,
blykbaar 'n familielid van Dinah, gaan haal.
Zulu was besig om by 'n vuur te sit en kosmaak toe die appellant by hom
aankom. Die appellant het gesê dat hy 'n
polisiebeampte van Nelspruit
is en dat hy op soek na 'n verdagte is. Hy vra toe Zulu se metgesel, 'n ouer
man, waar hy drank kan kry.
Die ouer man het hom probeer afraai om drank te gaan
soek, maar die appellant het 'n vuurwapen uitgehaal en vir Zulu aangesê
om
saam met hom te gaan. Hulle is toe saam na Dinah se huis. Daar aangekom eis
hulle dat sy die deur oopmaak. Volgens Zulu is die
skoot wat Dinah getref het,
op hierdie tydstip afgevuur.
6
Dinah het die deur oopgemaak vir die appellant en Zulu. Op daardie stadium
het haar man, die oorledene, uit die kamer gekom. Appellant
het Zulu
aangesê om vir drank te soek, maar hy het niks gekry nie. Zulu is toe weg,
ten spyte daarvan dat die oorledene aan
hom gesê het, "Hoe kan jy ons
verlaat, want ons word doodgemaak". Nadat Zulu weg is, het die appellant 'n paar
treë teruggestap,
en die oorledene, wat voor hom gestaan het, in die buik
geskiet. Die appellant sê toe hy soek geld. Dinah sê sy het nie
geld
nie. Hy sê toe "jy dink dat hierdie ammunisie wat ek hier afgevuur het is
speelgoed, maar dit is R50 vir 'n skoot wat
ek afgevuur het, vir elke skoot".
Dinah sê sy sou gaan kyk, en keer terug met R70. Die appellant sê
"Jesus, hierdie geld
is baie min, hier kort nog R30". Die appellant is toe die
huis in, waar hy 'n radio-kassetspeler geneem het. Hy is daarmee weg. Die
oorledene is dieselfde dag dood. Volgens die verslag van die nadoodse ondersoek
was die dood veroorsaak deur 'n erge beskadiging
van sy buikorgane veroorsaak
deur 'n skietwond in die buik.
7
Die volgende insident was op 13 Augustus 1987. Ene mev. Pohl was die eienares
van Louw's Creek Trading Store. Ene Fernando Mandlane
het saam met haar gewerk.
Ongeveer 11h00 die oggend het die appellant daar aangekom en vir Fernando gevra
om horlosiebande te sien.
Fernando het hom gewys wat daar was. Die appellant vra
toe 'n ander soort. Die appellant is gesê om 14h00 weer te kom, wanneer
daar 'n groter verskeidenheid horlosiebande sou wees. Ongeveer 15h45, toe mev.
Pohl alleen was, kom die appellant weer, en vra vir
die horlosieband. Sy toon
hom die nuwe voorraad wat in 'n glas toonbank was. Hy wys haar watter een hy wou
hê. Sy buk af om
die laai oop te trek. Toe sy opkyk, kyk sy in 'n
handvuurwapen vas. Die appellant vra geld. Mev. Pohl loop na die kasregister
toe,
en buk af om haar eie vuurwapen te kry. Op daardie oomblik skiet die
appellant haar onder haar ken. Sy vuur ook 'n skoot, en hy hardloop
weg.
Die laaste insident waaraan die appellant skuldig bevind is, was op 19
Augustus 1987. Ongeveer 19h00 daardie aand" was Jabulani Nkosi
en 'n paar ander
mense by sy huis. Hy was op
8
pad uit, en het die appellant by die deur sien staan. Die
appellant het 'n
vuurwapen in sy hand gehad. Die appellant het
probeer om almal in die huis te
kry, maar Jabulani het
weggehardloop. Die appellant het 'n skoot op hom
geskiet.
Jabulani het weggekom. Thandi Nkosi was nog in die huis.
Die
appellant het haar om geld gevra terwyl hy nog sy vuurwapen in
die
hand gehad het. Sy het in haar kamer gegaan, deur die
venster geklim en
weggehardloop. Die appellant het haar
agtervolg, en 'n skoot op haar geskiet,
maar dit was mis. Sy het
weggekom.
Weens hierdie reeks misdade is die appellant as volg skuldig bevind en
gevonnis.
1. Huisbraak met die opset om te steel en diefstal van die Peypers se wapens en
ammunisie, en onwettige besit van die gemelde vuurwapens
en ammunisie - 9 jaar
gevangenisstraf in totaal op die verskillende klagtes wat samelopend is, sodat
dit 'n effektiewe 5 jaar uitmaak.
9
2. Poging tot moord op Amos Mamba - 7 jaar gevangenisstraf.
3. Twee klagtes van verkragting op Zodwa Madonsela. Hierdie twee klagtes is
saamgeneem en hy is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf.
4. Roof met verswarende omstandighede op Joyce Khoza - 7 jaar
gevangenisstraf.
5. Roof met verswarende omstandighede op David Ndlovu -7 jaar
gevangenisstraf.
6. Dat hy hom voorgedoen het as 'n lid van die Suid-Afrikaanse polisie teenoor
Dinah Ndabezitha en Zulu - 2 jaar
gevangenisstraf.
7.
Moord op die oorledene, Vasco Mdluli.
Doodvonnis.
8. Poging tot moord op Dinah Ndabezitha - 7 jaar gevangenisstraf
9. Roof met verswarende omstandighede op Mev. Pohl - 6 jaar
gevangenisstraf
10. Poging tot moord op Mev. Pohl -
7 jaar gevangenisstraf
10
11. Poging tot roof met verswarende omstandighede met betrekking tot Thandi
Nkosi - 6 jaar gevangenisstraf
12. Gewone aanranding op Jabulani Nkosi - 1 jaar
gevangenisstraf
Al die vonnisse van gevangenisstraf
is gelas om saam te loop met die 10 jaar gevangenisstraf wat opgelê is vir
die verkragtings
op Zodwa Madonsela.
Oor die appellant as persoon was daar min gewees voor die hof. Volgens die
Akte van Beskuldiging was hy 28 jaar oud. Die verhoor het
vroeg in 1989 in
aanvang geneem, en 'n mens kan veronderstel dat hy ten tyde van die gebeure 26
of 27 jaar oud kon gewees het. Volgens
die psigiaters wat hom ondersoek het
(waarby ek later kom) was hy egter skynbaar 33 jaar oud in Maart/April 1989. Hy
het vyf vorige
veroordelings gehad wat strek vanaf 1975 tot 1987: 3 vir
huisbraak en diefstal, een vir diefstal, en een vir roof. Die vonnisse ten
opsigte waarvan hy op parool was, was waarskynlik dié opgelê in
April 1987. Op 24 April is hy gevonnis to R90 of 90
dae gevangenisstraf vir
c
11
huisbraak en diefstal, en op 27 April tot dieselfde vonnis vir roof. Die
langste periode van gevangenisstraf wat hom opgelê
was, is 6 maande vir
diefstai op 19 Augustus 1981.
By die aanvang van die verhoor is die appellant
vir ondersoek ingevolge artikel 78 van die Strafproseswet gestuur. Die twee
psigiaters
wat hom ondersoek het, het gesertifiseer dat hy 'n anti-sosiale
persoonlikheid het. Na hul mening was hy in staat om hofverrigtinge
te begryp en
sy verdediging na behore te voer. Met die inligting tot hul beskikking was die
appellant, volgens hul mening, ten tye
van die misdade in staat om die
ongeoorloofdheid van sy handelinge te besef en om sy handelinge ooreenkomstig
diê besef te
rig. Hierdie menings word uiteengesit in die psigiaters se
sertifikate. Nie een van hulle het getuig nie.
In vonnis ter versagting het die appellant gesê dat hierdie ondersoek
deur die psigiaters die enigste psigiatriese ondersoek
was wat hy in sy lewe
gehad het, en dat hy nog nooit enige psigiatriese of sielkundige behandeling
ontvang het nie.
12
h Hof wat oorweeg of die doodvonnis die gepaste vonnis is, moet eers bepaal
watter strafverswarende en strafversagtende faktore aanwesig
is.
Namens die
appellant is daar aangevoer dat daar verskeie strafversagtende faktore was.
Eerstens is daar betoog dat daar 'n afwesigheid
van
dolus directus
aan
die kant van die appellant was. Die hof
a guo
het egter afgelei dat die
appellant wel die direkte opset gehad het om die oorledene te dood, en na my
mening was dit 'n geregverdige
afleiding uit die feite. Dan is daar betoog dat
daar geen voorafbeplanning van die moord was nie. 'n Mens kan natuurlik nie weet
presies wanneer die appellant besluit het om iemand in Dinah se huis te skiet
nie. Die feit dat hy egter eers vir Dinah deur die
deur geskiet het, en toe die
oorledene van aangesig tot aangesig geskiet het, toon dat hy geen aanleiding
nodig gehad het om sy vuurwapen
te gebruik nie. Selfs al sou 'n mens
veronderstel dat hy nie lank voor die tyd besluit het om die oorledene te dood
nie, sou dit
myns insiens nie 'n
wesentlike strafversagtende faktor uitmaak
nie.
13
Dan is daar verwys na die appellant se persoonlikheid, en veral die feit dat
die psigiaters gediagnoseer het dat hy 'n "anti-sosiale
persoonlikheid" het. Dat
die appellant so 'n persoonlikheid het, blyk duidelik genoeg uit sy dade. Daar
is egter niks voor ons om
aan te dui dat hierdie persoonlikheid strafversagtend
is, of dat dit verbeter of genees kan word deur sielkundige behandeling nie.
As
daar so 'n moontlikheid was, sou die psigiaters daaroor kon getuig het, maar nie
een van hulle is geroep nie. Onder hierdie omstandighede
is die appellant se
getuienis dat hy nog nooit psigiatriese of sielkundige behandeling ontvang het
nie, ook betekenisloos.
Ek meen dus nie dat die faktore genoem deur die appellant se advokaat as
strafversagtend aangemerk kan word nie. Daar is egter heelwat
strafverswarende
faktore. Die ernstigste hiervan is die koelbloedigheid van die moord. Die
appellant het na die oorledene se huis
gegaan om te roof. Hy het hom sonder
enige provokasie doodgeskiet. Die enigste denkbare rede, anders as pure
bloedlus, was om Dinah
so te intimideer dat sy geen
14
weerstand sou bied nie. En nadat hy die oorledene die dodelike skoot in die
buik toegedien het, het hy sonder aarseling met sy roof
voortgegaan.
h
Verdere verswarende faktor is die appellant se vorige veroordelings. Dit is
egter opmerklik, en eintlik verbasend as 'n mens die
huidige reeks misdade
betrag, dat hy net een veroordeling vir 'n geweldsmisdaad het, en dit is die een
vir roof op 27 April 1987.
Volgens sy lys vorige veroordelings was die roof
gepleeg met behulp van 'n sambok, en het die appellant R70 kontant gesteel. Sy
vonnis,
soos reeds gemeld, was 'n boete van R90, of by gebrek aan betaling, 90
dae gevangenisstraf. Dit was
'n baie ligte vonnis, in ag genome die
appellant se vorige veroordelings, en ek kan alleen veronderstel dat daar
gewigtige versagtende
faktore moes gewees het.
Om saam te vat: daar is wesentlike verswarende faktore hier aanwesig, sonder
enige noemenswaardige versagtende faktore. Die feit dat
daar geen versagtende
faktore is nie, beteken egter nie noodwendig dat die doodvonnis opgelê
moet word nie. 'n Mens
15
moet ag slaan op al die omstandighede van die saak om te besluit, in die lig
van die oogmerke van strafoplegging, of die doodvonnis
die enigste gepaste straf
sou wees. En dit bring my dan weer terug by die appellant as mens. Dit blyk nie
dat hy voor die gebeure
van Augustus 1987 'n gewelddadige bestaan gevoer het
nie. As die moord 'n geïsoleerde daad was, sou 'n mens miskien die
appellant
as rehabiliteerbaar kon beskou het. Die feit dat hy egter binne 'n
tydperk van minder as twee weke hierdie hele reeks gruwelmisdade
gepleeg het,
dwing 'n mens tot die gevolgtrekking nie alleen dat daar waarskynlik nie veel
hoop op rehabilitasie is nie, maar ook
dat die beskerming van die publiek
voorrang moet geniet bo enige hoop op rehabilitasie wat daar mag wees. Ek het
natuurlik nie uit
die oog verloor dat die appellant apart gestraf word vir die
ander misdade wat hy gepleeg het nie. Ten spyte van hierdie aparte strawwe
is
die hof geregtig om na die geheelbeeld van sy optrede gedurende hierdie tydperk
te kyk om te probeer bepaal met watter soort mens
die hof hier te doen het, en
of, in sy geval, die doodvonnis die enigste gepaste straf is.
16
Die feit dat die publiek teen die appellant beskerm moet word, en daarby, dat
andere van soortgelyke oortredings afgeskrik moet word,
beteken egter nie
noodwendig dat die doodstraf opgelê behoort te word nie. Albei hierdie
oogmerke kan ook deur lang gevangenisstraf,
of selfs lewenslange
gevangenisstraf, bereik word. Die vraag is dan of die appellant se optrede so
ernstig was dat slegs die doodstraf
die bogemelde oogmerke asook die oogmerk van
vergelding, kan bevredig. Met heelwat huiwering het ek tot die slotsom geraak
dat die
doodvonnis nie die enigste gepaste straf in hierdie saak is nie. Ek is
veral beïnvloed deur die feit dat die appellant nie 'n
geskiedenis van
geweld het nie, en dat die moord gepleeg is gedurende 'n kort tydperk waarin hy
blykbaar sy geestelike ewewig byster
geraak het.
Die appèl slaag dus, en die doodvonnis op die moordklag (klag 11) word
ter syde gestel en vervang met lewenslange gevangenisstraf.
VIVIER, AR
E M GROSSKOPF, AR NICHOLAS, Wn AR Stem saam