About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 165
|
|
S v Van Zyl (425/89) [1990] ZASCA 165; 1991 (1) SA 804 (AD); [1991] 4 All SA 103 (AD) (30 November 1990)
Saaknommer 425/89
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
è
AFDELING)
In die saak tussen:
W J J VAN ZYL
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HOEXTER, BOTHA,
STEYN, KUMLEBEN et F 'n GROSSKOPF, ARR
VERHOOR:
20 September 1990
GELEWER:
30 November 1990
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER, AR,
Die tersaaklike
feite asook die statut
ê
re
bepalings wat by die beoordeling van hierdie app
èl
ter
sprake kom, word in die uitspraak van my kollega KUMLEBEN
uiteengesit. Met eerbied verskil ek van sy gevolgtrekking dat die
app
è
l nie kan slaag nie.
Om die redes hieronder genoem,
meen ek dat die prokureur-generaal se lasgewing van 10 April 1986
waarmee hy voorgegee het om ingevolge
art 139 van die Wet te beslis
dat die appellant vir verhoor moet teregstaan, regtens aahvegbaar en
vir hiersiening vatbaar is. Ek
huldig verder die mening dat die aard
en wese van die prokureur-generaal se onregmatige optrede sodanig is
dat dit opsigself 'n regskending
daarstel (kyk in dié verband:
S v Moodie 1961(4) SA 752 (A) 758; S v Naidoo 1962(4) SA 348 (A) 354;
S v Mushimba en Andere
1977(2) SA 829 (A); S v Mavuso 1987(3) SA 499
(A) 505). Aangesien dusdanige
3
regskending die tweede verhoor ten
grondslag lê, is laasgenoemde strafverrigtinge teen die
appellant insgelyks nietig; en kan
die skuldigbevinding en vonnisse
nie staande bly nie.
In ons regspleging beklee die
prokureur-generaal 'n hoë en verantwoordelike amp. Hy is die
owerheidsinstansie wat ten behoewe
van die Staat vervolg. By die
ordelike verloop van strafverrigtinge binne die Republiek vertolk die
prokureur-generaal 'n sleutelrol.
Sy werksaamhede is slegs aan die
beheer en voorskrifte van die Minister van Justisie onderworpe.
Die beslissing van die
prokureur-generaal om ingevolge art 139(b) 'n persoon vir verhoor te
laat teregstaan, is 'n gewigtige besluit.
Ten einde die risiko van
ondeurdagte of willekeurige beslissings te verminder, het die
Wetgewer in sy. wysheid die regsbevoegdheid
wat hy deur art 139 aan
die prokureur-generaal toevertrou het met
4
h uitdruklike statutêre
voorskrif begrens. Die prokureur--
generaal kan ingevolge art 139 sy
diskresie uitoefen slegs
na oorweging -
" van die oorkonde van 'n
voorlopige
ondersoek wat ingevolge artikel
137 aan hom deurgestuur is."
Die vraag waarop die antwoord in
die onderhawige geval na
my mening lotsbepalend is, is
eenvoudig of, met betrekking
tot die appellant, die
prokureur-generaal ooit oorweging
geskenk het aan 'n oorkonde van 'n
voorlopige ondersoek wat
ingevolge art 137 aan hom
deurgestuur was.
Geen gesag hoef bygehaal te word
nie vir die
welbekende stelling dat wanneer 'n
statutêr-gemagtigde
owerheidsinstansie by die
uitoefening van sy bevoegdhede
daardie uitdruklike statutêre
voorskrifte wat sy
bevoegdhede begrens en omlyn,
verontagsaam, sy handeling
regtens aanvegbaar is; en dat dit
op hiersiening tersyde
gestel kan word.
5
Na my beskeie oordeel staan dit in
die onderhawige geval soos 'n paal bo water dat met betrekking tot
die appellant se voorlopige
ondersoek die afgeknotte oorkonde wat aan
die prokureur-generaal voorgelê is, en aan die hand waarvan die
prokureur-generaal
oënskynlik besluit het om die tweede verhoor
van stapel te stuur, nie 'n
oorkonde daarstel wat ingevolge
art 137 aan hom deurgestuur is nie.
Op 21 Januarie 1985, en by
hervatting van die
eerste verhoor, het die aanklaer
die prokureur-generaal se
lasgewing ingevolge art 123(b) by
die streekhof ingedien.
Nadat die streeklanddros die
appellant van die omskepping
tot 'n voorlopige ondersoek
verwittig het, was die
streeklanddros kragtens art 126
regtens verplig om daartoe
oor te gaan -
" om op die wyse hieronder
beskryf na die
aanklag teen die beskuldigde
ondersoek in te stel."
6
Die instelling van 'n ondersoek
waarna art 126 verwys, behels die nakoming van 'n hele aantal
proseseule stappe, waaronder klaarblyklik
ingesluit is die aanhoor en
notulering van getuienis. Teen die tyd dat die prokureur-generaal die
eerste verhoor tot 'n voorlopige
ondersoek omskep het, het die
verrigtinge by die eerste verhoor dermate gevorder dat die appellant
reeds besig was om getuienis af
te lê. Voor omskepping was die
aanklaer met kruisondervraging van die appellant besig. Aangesien die
appellant by die omskepping
nog nie sy getuienis voltooi het nie, was
die streeklanddros onmiddellik na die omskepping regtens verplig,
onder meer, om aan die
appellant die geleentheid te bied (a) om die
oorblywende gedeelte van sy getuienis (dit wil sê voltooiing
van kruisondervraging
en daarna herondervraging) voort te sit; en (b)
om daarna verdere verdedigingsgetuies op te roep. By omskepping het
die bepalings
van art 124 weliswaar tot
7
gevolg dat die voorafgaande
verhoorverrigtinge deel van die
voorlopige ondersoek uitmaak. Maar
die instelling van h
ondersoek waarna art 126 verwys
slaan klaarblyklik op die
aanhoor en notulering van die
getuienis by die voorlopige
ondersoek as 'n geheel. Die
streeklanddros het egter die
ondersoek
" verdaag hangende die
beslissing van die
Prokureur-generaal."
Dientengevolge het die
streeklanddros versuim om die
vereiste ondersoek, soos in die
bepalings van hoofstuk 20
bedoel, in te stel.
Luidens art 137 was die
streeklanddros regtens verplig om -
" by die afsluiting "
van die appellant se voorlopige
ondersoek 'n oorkonde daarvan aan die prokureur-generaal deur te
stuur. Oor die begripsinhoud van
die woord "afsluiting" in
die samehang van hoofstuk 20 kan daar weinig twyfel bestaan. Dit
8
beteken die bereiking van dáárdie
stadium in die voorlopige ondersoek waarby die getuienis as 'n geheel
aangevoer en
voltooi is. Hierdie gevolgtrekking is nie alleen logies
onontwykbaar nie maar word verder aangedui deur die bepalings van art
135
wat, met die oog op die moontlike ontslag van 'n beskuldigde by
afsluiting van die voorlopige ondersoek, uitdruklik 'n beoordeling
deur die landdros van
"...die getuienis as 'n
geheel...." verg. Deur die voorlopige ondersoek voor voltooiing
van die getuienis te staak het die
streeklanddros "afsluiting"
van die ondersoek, soos in art 137 bedoel, verhoed. Bygevolg was dit
vir die prokureur-generaal
onmoontlik om oorweging te skenk aan 'n
oorkonde wat ingevolge art 137 aan hom deurgestuur is.
Die bepalings van arts 137 en 139
is na my oordeel gebiedend. In die onderhawige geval, egter, het die
regsproses nie volgens daardie
gebiedende bepalings
9
verloop nie. Sowel die
streeklanddros as die prokureur-generaal het in atryd met daardie
bepalings opgetree. Die gevolg is dat toe
die prokureur-generaal
voorgegee het om ingevolge art 139(b) 'n beslissing te neem, daar aan
sy kant 'n regtens ontoereikende aandagbesteding
was. Regtens was sy
beslissing ongeldig.
Namens die respondent is o a
betoog dat uit hoofde van afstanddoening aan die kant van die
appellant enige magsoorskrydings waarvan
die streeklanddros of die
prokureur-generaal die verwyt dra, in die wind geslaan kan word. In
die situasie waarmee die hof hier te
make het, is daar na my beskeie
mening om twee grondige redes geen ruimte nie vir die aanwending van
die stelreël quilibet renuntiare
juri pro se introducto. Ten
eerste moet daarop gelet word dat dit hier gaan oor prosedures wat
die behoorlike gang van strafregtelike
verrigtinge bepaal en wat
derhalwe die gemeenskapsbelang raak. Tweedens sou
10
"afstanddoening" namens
die appellant van die bepalings van
arts 137 en 139 neerkom op 'n
miskenning en 'n blatante
oortreding van gebiedende
statutêre voorskrifte.
In die bekende saak van Ritch and
Bhyat v Union
Government (Minister of Justice)
1912 A A 719 het Wn
Hoofregter INNES hom hieroor soos
volg uitgelaat (op
734-5):-
"The maxim
of the Civil Law (C.2,3,29), that every man is able to renounce a
right conferred by law for his own benefit was fully
recognised by
the law of HoIIand. But it was subject to certain exceptions, of
which one was that no one could renounce a right contrary
to law, or
a right introduced not only for his own benefit but in the interests
of the public as well. (Grot., 3, 24, 6; n. 16; Schorer,
n. 423;
Schrassert, 1, c, 1, n. 3, etc). And the English law on this point is
precisely to the same effect. In Hunt vs Hunt (31 L
J, Ch., p 175),
Lord WESTBURY expressed himself as follows: 'The general maxim
applies quilibet potest renuntiare juri pro se introducto.
I
beg attention to the words pro se, because
they have been introduced into the maxim to show that no man can
renounce a right which
his duty to the public, which the claims of
society, forbid the renunciation of.' And ALDERSON, B., in Graham vs
Ingleby (1 Exch.,
11
p.657) remarked that 'an
individual cannot waive a matter in which the public have an
interest.' Cases in which the result of the
renunciation or waiver
would be to effect something either expressly forbidden by statute or
absolutely illegal by common law, of
course, present no difficulty.
But the same principle must necessarily apply where the result of a
renunciation by an individual
would be to abrogate the terms of a
statute which in their nature are mandatory and not merely directory.
(See Craies, p 83). Because
otherwise the result would be not merely
to destroy private rights, but to defeat the provisions of an
enactment intended on general
and public grounds to be peremptory and
binding on all concerned."
Ewe insiggewend in dié
verband is S v Nzuza
1963(3) SA 631 (A). Daar het dit
gegaan oor art 156(1)
van die destydse Strafproseswet 56
van 1955. Die
inleidende woorde van art 156(1)
het soos voig gelees:-
"ledere strafverhoor geskied
en die getuies lê,
behalwe soos deur hierdie Wet of enige
ander
wetsbepaling uitdruklik anders bepaal word, hul
getuienis
mondeling af in die ope hof in die
teenwoordigheid van die
beskuldigde "
In Nzuza se saak het die
beskuldigde by sy verhoor op 'n
aanklag van moord die getuienis by
die voorlopige ondersoek
12
erken; en sonder dat enige
getuienis hoegenaamd aangevoer
is, het die verhoorhof hom skuldig
bevind. Die
skuldigbevinding is deur hierdie
hof tersyde gestel. Op
635 A-H word soos volg deur
hierdie hof opgemerk:-
"It appears from the record
that no witnesses were called at the trial; all that the prosecuting
counsel did was to read the
evidence given at the preparatory
examination. Prima facie therefore no evidence was led before the
trial Court. But the matter does
not end there, because the appellant
did more than to make admissions of facts; what he did was to consent
to the proposition that
the evidence given at the preparatory
examination should be regarded as having been given at the trial. In
other words, the appellant
consented to a form of procedure other
than that specified in sec. 156(1). The question now arises whether
the appellant could validly
so consent.
In the case of Rex v Perkins,
1920
A D 307
, INNES, CJ, said the following at pp 310-311:
'The terms of the statute are
peremptory - a confession made to a peace officer, other than a
magistrate or justice 'shall not be
admissible in evidence under this
section' unless confirmed and reduced to writing as prescribed. Such
confession, the
13
Legislature in its wisdom has
decreed, shall not be evidence at all, and an accused cannot by his
consent remedy the defect. Rex v
Bertrand, L R 1, P.C. Appeal, p 520,
is instructive upon the point. That was a strong case. The accused
had been tried for murder
and the jury, failing to agree, had been
discharged. At the second trial the evidence given by some of the
witnesses on the first
occasion was read over to them, liberty to
examine, and cross-examine being given to the prisoner and the
prosecution. No objection
was taken by the accused or his counsel to
that course; and in effëct they assented to it. But the Judicial
Committee held that
that did not validate the irregularity - or
legalise the evidence. It was pointed out that the matter could not
be regarded only
with reference to the prisoner. 'The object of a
trial' so the judgment ran, ' is the administration of justice in a
course as free
from doubt, or chance of miscarriage, as merely human
administration of it can be - not the interests of either party. This
remark
very much lessens the importance of a prisoner's consent, even
when he is advised by counsel and substantially, not of course
literally,
affirms the wisdom of the common
14
understanding in the profession,
that a prisoner can consent to nothing.' These remarks were obiter;
but they are entitled to great
weight, and they confirm the view
already expressed that the accused in this case could not by waiver
or consent render admissible
a statement which the Legislature has
expressly and unconditionally declared to be inadmissible. Reference
was made during the argument
to sec. 318 of the Act; that clause no
doubt introduces a procedure novel in criminal cases, but it has no
operation upon the matter
before us.'
Sec 318 of Act 31 of 1917, to
which the learned CHIEF JUSTICE refers, reads as follows:
'The accused may admit on
the
trial any
material fact and such
admission
is
sufficient proof of the
fact
without
other evidence.'
In my opinion the words of sec 156
(1) of the Code are also peremptory. That section decrees that
witnesses shall give their evidence
viva voce, and the only
exceptions made are those expressly allowed by statute. It follows
that the appellant could not by his consent
validate the invalid
procedure adopted by counsel for the prosecution in the present
case." (Emfase deur my aangebring.)
15
Kyk verder: Rex v Norton 1917 TPA
3 op 4 - 5; Rex v Blackbeard 1925 TPA 965 op 969-970.
Om bostaande
redes meen ek dat die hof a quo met sy afwysing van die appellant se
aansoek om hersiening gefouteer het. Die app
è
l-slaag.
Die bevel van die hof a quo word tersyde gestel en deur die volgende
bevele vervang:
"(1) Die aansoek om
hersiening slaag.
(2) Die strafverrigtinge in die
verhoor teen WILLEM JOHANNES JACOBUS VAN ZYL (gedaag sowel in 'n
verteenwoordigende hoedanigheid ingevolge
art 332 van die
Strafproseswet 51 van 1957 as in sy persoonlike hoedanigheid) wat
onder saaknommer 14/1735/860 in die streekhof te
Pretoria op 20 Mei
1986 begin het en na afloop waarvan die beskuldigde op 11 Junie 1987
op sekere aanklagte wat hom ten laste gelê
is, skuldig bevind
en
16
daarna gevonnis is, word nietig
verklaar en tersyde gestel."
G G HOEXTER, AR
BOTHA, AR
)
STEYN, AR
)
Stem saam
F 'n GROSSKOPF, AR )
\
425/89
/mb
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
è
LAFDELING)
In die saak tussen:
W J J VAN ZYL
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HOEXTER, BOTHA,
STEYN, KUMLEBEN et F H GROSSKOPF ARR
VERHOORDATUM
: 20 SEPTEMBER
1990
LEWERINGSDATUM:
30 NOVEMBER
1990
UITSPRAAK
KUMLEBEN AR
/....
KUMLEBEN AR
Die appellant het in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hooggeregshof aansoek gedoen
dat strafverrigtinge, waarin hy aangekla
was, hersien en tersyde
gestel word. Die aansoek is van die hand gewys. Die hof a
quo
het egter aan die appellant verlof verleen om na hierdie hof in hoër
beroep te kom.
Na sy skuldigbevinding in die
streekhof,
waarna ek later sal verwys, het
die appellant daarteen
app
è
l
aangeteken. Die beslegting van die app
è
l
is by
ooreenkoms uitgestel en agterweë
gehou tot na
afhandeling van die
hersieningsaansoek. Die partye het
die bepalings van Reël
5(b)(i) van hierdie hof
toegepas, en slegs dié dele
van die oorkonde wat op die
hersiening betrekking het, is voor
die hof geplaas.
2/...
2.
Die appellant het 'n beëdigde
verklaring ter ondersteuning van sy hersieningsaansoek gemaak. Die
adjunk prokureur-geheraal, mnr
van der Merwe, wat deurentyd by die
aangeleentheid betrokke was, het 'n beantwoordende beëdigde
verklaring ingedien. (Ek sal
na hom verwys bloot as "die
prokureur-generaal" aangesien sy magte, volgens a 3(3) van die
Strafproseswet 51 van 1977,
met dié van 'n prokureur-generaal
ooreenstem.) 'n Beëdigde verklaring is ook deur die aanklaer
gemaak. Die feite is nie
in geskil nie. Die gebeure wat die
hersiening voorafgegaan en daartoe aanleiding gegee het, is die
volgende.
1. Op 11 Junie 1984 het die
appellant op 27
aanklagte van bedrog en 11
aanklagte van diefstal as
mede-beskuldigde tereggestaan. Die
regspersoon, Willem
van Zyl (Edms) Bpk, deur die
appellant verteenwoordig,
was beskuldigde no 1. Die
appellant in sy hoedanigheid
3/...
3.
as direkteur van hierdie
maatskappy, en alternatiewelik
in sy persoonlike hoedanigheid, is
as beskuldigde no 2
aangekla. (Gerieflikheidshalwe sal
ek voortaan na die
appellant verwys asof hy die
enigste beskuldigde was.)
Hy het op al die aanklagte
onskuldig gepleit en die
verhoor is voortgesit. Die Staat
het 11 getuies geroep
en sy saak gesluit. Die
verdediging het ook getuienis
aangebied, insluitende dié
van die appellant self.
Gedurende sy kruisondervraging het
die aanklaer, as
gevolg van nuwe feite wat tot sy
kennis gekom het,
besluit dat die saak verder
ondersoek behoort te word.
Hy het, met die medewete van die
verdediging, die
aangeleentheid met die
prokureur-generaal bespreek en
die saak is uitgestel en na hom
verwys om 'n beslissing
ingevolge a 123(b) te oorweeg.
(Aangesien die
Strafproseswet die enigste wet is
wat ter sake is,
herhaal ek vervolgens nie die naam
of nommer daarvan
nie.)
4/...
4.
Op 15 Januarie 1985 het die
prokureur-generaal gelas dat die verhoor tot 'n voorlopige ondersoek
omskep moes word.
Op 21 Januarie 1985, by
hervatting van die verhoor, het die aanklaer die prokureur-generaal
se opdrag, betreffende die omskepping
tot 'n voorlopige ondersoek,
by die hof ingedien. Die streeklanddros het die appellant daarvan
verwittig en die volgende nota aangeteken:
"Verrigtinge omskep
in 'n voorlopige ondersoek. Ondersoek verdaag hangende die
beslissing van die Prokureur-Generaal."
Die verhoor is dus tot
'n voorlopige ondersoek omskep. (Die effek daarvan, luidens a
124(a), was dat die verrigtinge in die verhoor,
wat ver gevorder
het, deel van die oorkonde van die voorlopige ondersoek uitgemaak
het.)
4. Sonder dat die voorlopige
ondersoek
5/...
5. enigsins verder gevoer is, het
die prokureur-generaal op 10 April 1986, kragtens a 139 (b), gelas
dat die appellant weer eens in
die streekhof tereg moes staan.
(Voortaan verwys ek na die twee verhore as die "eerste verhoor"
en die "tweede verhoor".)
Die appellant is gedagvaar om op
'n gewysigde klagstaat voor die streekhof te verskyn.(Die verskille
tussen dié klagstaat
en sy voorganger is onbelangrik.) Op
hierdie stadium, d w s, toe dit duidelik geblyk het dat die tweede
verhoor die voortsetting
van die voorlopige ondersoek sou vervang,
het die appellant se prokureur met die aanklaer in verbinding getree.
Die getuienis van
die aanklaer in dié verband lui soos volg:
"Na betekening van die
dagvaardings op beskuldigdes het die regsverteenwoordiger van die
beskuldigdes my gekontak. Hy het my
meegedeel dat hy ten aansien van
die geldigheid van die prosedure wat deur die staat gevolg is 'n
regsopinie bekom het vanaf Advokaat
Johan Engelbrecht. Hierna het ek
en hy 'n gepaste
6/...
6.
verhoordatum gereël op welke
datum die verhoor teen beskuldigdes 'n aanvang geneem het, nadat
beskuldigdes formeel deur die hof
in kennis gestel was van die
besluit van die Prokureur-generaal. Hierdie besluit van die
Prokureur-generaal was egter heelwat vroeër
deur my aan die
regsverteenwoordiger van die beskuldigdes oorgedra."
5. Die tweede verhoor het op 20
Mei 1986
begin. Die appellant is kragtens a
141(1) formeel
van die prokureur-generaal se
besluit ingevolge
a 139(b) in kennis gestel. Die
appellant het geen
beswaar geopper dat die voorlopige
ondersoek nie
afgehandel is nie en het op die
gewysigde klagstaat
onskuldig gepleit. Die partye het
ingevolge a 141(3)(a)
ooreengekom dat die getuienis, wat
in die voorlopige
ondersoek ingevolge a 123(a)
ingelyf was, as getuienis
in die tweede verhoor sou dien.
Die Staat het
daaropvolgend getuies geroep. Die
verdediging het sy
saak gesluit sonder dat enige
verdere getuienis
aangebied is. Die appellant, soos
reeds gemeld, is op
7/...
7. verskeie aanklagte skuldig
bevind en tot gevangenisstraf gevonnis.
Sekere verdere feite wat nog nie
genoem is nie, moet volledigheidshalwe ook vermeld word. Die
streeklanddros, mnr M C de Wit, het
by al drie verrigtinge - die twee
verhore en die voorlopige ondersoek - voorgesit. Die appellant was
deurentyd deur sy prokureur,
mnr Swartzberg, bygestaan: enige
verwysing in hierdie uitspraak na die appellant sluit
dus, waar toepaslik, sy prokureur
in.
Op grond van hierdie feite het die
appellant in sy kennisgewing van mosie aansoek gedoen om 'n bevel dat
die twee verhore "hersien
en reggestel of tersyde gestel word."
Die wesenlike feite, soos hierbo
opgesom,
8/...
8.
toon onteenseglik aan: (i) dat die
eerste verhoor reelmatig verloop het; (ii) dat die prokureur-generaal
se besluit om die eerste
verhoor tot 'n voorlopige ondersoek te
omskep in orde was; (iii) dat die voorlopige ondersoek reelmatig 'n
aanvang geneem het; maar
(iv) dat sekere van die verdere stappe
voorgeskryf in Hoofstuk 20 van die Wet, wat voorsiening maak vir 'n
voorlopige ondersoek, nie gedoen
is nie; (v) dat daar in die veronderstelling dat die
prokureur-generaal bevoeg was om die appellant
opnuut aan te kla,
geen onreëlmatigheid aan die tweede verhoor gekleef het nie.
Met betrekking tot (iv) hierbo, en
met die oog op betoë wat oorweeg moet word, is dit dienlik om
die bepalings van Hoofstuk 20,
wat op hierdie geval betrekking het,
met kantskrifte en al, aan te haal:
9/...
9.
a
126
"
Prosedure deur landdros
by voorlopiqe ondersoek gevolg te word
"
"Waar 'n prokureur-generaal
gelas dat 'n voorlopige ondersoek teen 'n beskuldigde gehou word,
moet die landdros of streeklanddros,
na ontvangs van die beslissing
van die prokureur-generaal, die beskuldigde van die
prokureur-generaal se beslissing in kennis stel
en daartoe oorgaan om
op die wyse hieronder beskryf na die aanklag teen die beskuldigde
ondersoek in'te stel."
a 127
"
Terugroeping van getuies
na omskeppinq van verhoor tot voorlopige ondersoek
"
"Waar 'n prokureur-generaal
gelas dat 'n verhoor tot 'n voorlopige ondersoek omgeskep word, is
dit nie nodig dat die landdros
of streeklanddros 'n getuie terugroep
wat reeds by die verhoor getuienis afgelê het nie, maar die
oorkonde van die getuienis
aldus afgelê, as juis gewaarmerk
deur die landdros of streeklanddros, na gelang van die geval, of,
indien bedoelde getuienis
in snelskrif of op meganiese wyse
aangeteken is, 'n stuk wat voorgee 'n transkripsie te wees van die
oorspronklike oorkonde van daardie
getuienis en wat voorgee as juis
gewaarmerk te wees onder die naamtekening van die persoon wat dit
getranskribeer het, het dieselfde
regskrag en -gevolg en is as
getuienis in dieselfde omstandighede toelaatbaar as getuienis wat in
die
10/...
10.
loop van 'n voorlopige ondersoek
afgelê word: Met dien verstande dat as dit na die oordeel van
die betrokke landdros of streeklanddros
in belang van die regspleging
mag wees om 'n getuie wat reeds ondervra is, vir verdere ondervraging
terug te roep, so 'n getuie teruggeroep
en verder ondervra word en
die getuienis deur hom afgelê op dieselfde wyse aangeteken word
as ander getuienis wat by 'n voorlopige
ondersoek afgelê word."
a 128
"
Ondervraging van getuies
vir vervolging by voorlopige ondersoek
"
"Die aanklaer kan, by 'n
voorlopige ondersoek, 'n getuie oproep ter ondersteuning van die
aanklag waarop die beskuldigde gepleit
het of om met betrekking tot
'n ander misdryf te getuig wat na bewering deur die beskuldigde
gepleeg is."
(h Verdere pleit op 'n bestaande
aanklag word blykbaar
nie beoog nie: Kyk a 124:- "Waar
'n prokureur-generaal
ingevolge paragraaf .... (b) van a
123 optree -
(b) en die beskuldigde op 'n
aanklag gepleit het, gaan
die voorlopige ondersoek voort op
die aanklag waarop
die beskuldigde gepleit het:")
11/...
11.
a 130
"Aanklag by afsluiting van
getuienis vir vervolging gestel te word
"
"Die aanklaer moet, by die
afsluiting van die getuienis ter ondersteuning van die aanklag, die
aanklag of aanklagte aan die beskuldigde
stel wat uit die getuienis
ontstaan en wat die anklaer teen die beskuldigde wil inbring."
a 131
"
Beskuldigde moet op
aanklaq pleit
"
"Die landdros of
streeklanddros, na gelang van die geval, moet, behoudens die
bepalings van artikels 77 en 85, 'n beskuldigde
aan wie 'n aanklag
ingevolge artikel 130 gestel word, aansê om onverwyld op die
aanklag te pleit."
a 132
"
Prosedure na pleit
"
"(l)(a) Waar 'n beskuldigde
wat ingevolge artikel 131 aangesê is om op 'n aanklag te pleit
waarop hy nog nie voorheen gepleit
het nie, aan die ten laste gelegde
misdryf skuldig pleit, ondervra die voorsittende regterlike amptenaar
hom ooreenkomstig die bepalings
van paragraaf (b) van artikel 112(1).
(b) Indien die voorsittende
regterlike amptenaar nle oortuig is dat die beskuldigde al die
12/...
12.
bewerings in die aanklag erken
nie, notuleer hy in watter opsig hy nie aldus oortuig is nie en teken
'n pleit van onskuldig aan: Met
dien verstande dat 'n bewering met betrekking waartoe bedoelde
regterlike amptenaar aldus oortuig
is en wat as 'n erkenning
genotuleer is, by die verhoor van die beskuldigde as bewys van so 'n
bewering bly staan.
(2) Waar 'n beskuldigde wat
ingevolge artikel 131 aangesê is om op 'n aanklag te pleit
waarop hy nog nie voorheen gepleit het
nie, onskuldig aan die ten
laste gelegde misdryf pleit, tree die voorsittende regterlike
amptenaar ingevolge die bepalings van artikel
115 op."
a 133
"
Beskuldigde kan by
voorlopige ondersoek getuig
"
"'n Beskuldigde kan, nadat
daar aan die bepalings van artikel 132 voldoen is maar behoudens die
bepalings van artikel 151(1)(b)
wat
mutatis mutandis
van
toepassing is, getuienis of 'n onbeëdigde verklaring met
betrekking tot 'n aanklag aflê wat ingevolge artikel 130
aan
hom gestel is, en die oorkonde van sodanige getuienis of verklaring
word voor enige hof in strafregtelike verrigtinge teen die
beskuldigde by die blote voorlegging daarvan en sonder verdere bewys
as getuienis toegelaat."
a 134
"
Beskuldigde kan getuienis
by voorlopige ondersoek oproep
"
13/...
13.
"'n Beskuldigde kan enige
bevoegde getuie ten behoewe van die verdediging oproep."
a 135
"
Ontslag van beskuldigde
by afsluiting van voorlopige ondersoek
"
Sodra 'n voorlopige ondersoek
afgesluit is en die landdros of die streeklanddros, na gelang van die
geval, op die getuienis as 'n
geheel van oordeel is dat daar nie
voldoende getuienis voorgelê is om die beskuldigde op verhoor
te stel nie op 'n aanklag
wat ingevolge artikel 130 aan die
beskuldigde gestel is of op 'n aanklag ten opsigte van 'n misdryf
waaraan die beskuldigde op so
'n aanklag skuldig bevind kan word, kan
hy die beskuldigde ten opsigte van daardie aanklag ontslaan."
a 137
"Landdros moet oorkonde
van voorlopige ondersoek na prokureur-generaal deurstuur
"
"Die landdros of die
streeklanddros, na gelang van die geval, moet, by die afsluiting van
'n
voorlopige ondersoek en of die
beskuldigde ingevolge artikel 135 ten opsigte van 'n aanklag ontslaan
word of nie, 'n afskrif van die
oorkonde van die voorlopige ondersoek
aan die prokureur-generaal stuur en, waar die beskuldigde nie ten
opsigte van al die aanklagte
ontslaan word wat ingevolge artikel 130
aan hom gestel is nie, die verrigtinge verdaag in afwagting van die
14/...
14.
beslissing van die
prokureur-generaal."
a 139
"Prokureur-generaal kan
beskuldigde vir vonnis of verhoor laat teregstaan
"
"Na oorweging van die
oorkonde van 'n voorlopige ondersoek wat ingevolge artikel 137 aan
hom deurgestuur is, kan die prokureur-generaal-
ten opsigte van 'n aanklag waarop
die beskuldigde ingevolge artikel 131 skuldig gepleit het, die
beskuldigde vir vonnis laat teregstaan
voor enige hof wat
regsbevoegdheid het;
die beskuldigde vir verhoor laat
teregstaan voor enige hof wat regsbevoegdheid het, hetsy die
beskuldigde ingevolge artikel 131
op 'n aanklag skuldig of onskuldig
gepleit het en of hy ingevolge artikel 135 ontslaan is al dan nie;
weier om die beskuldigde te
vervolg,
en die prokureur-generaal moet die
betrokke laer hof van sy beslissing in kennis stel."
Dit is duidelik, soos reeds
vermeld, dat die voorlopige ondersoek nie sy voorgeskrewe gang
15/...
15. gevolg het nie. In dié
sin was dit onvoltooid. Dit het mnr Cilliers, wat namens die
respondent voor ons opgetree het, geredelik
toegegee. Daar kan egter
gesê word dat dit wel behoorlik 'n aanvang geneem het in
soverre dit die vorige verrigtinge vervang
het en die getuienis van
die eerste verhoor in die voorlopige ondersoek beliggaam was.
Op grond van
die feite hierbo genoem, is daar tydens die beredenering van hierdie
app
è
l 'n vraag geopper wat nie deur
die hof a
quo
oorweeg en ook nie in die betoogshoofde van die appellant aangeraak
is nie: nl, of die prokureur-generaal, vanwe
ë
die feit dat die voorlopige ondersoek nie volgens die bepalings van
Hoofstuk 20 van die Wet afgehandel was nie, hoegenaamd bevoeg
was om
die appellant by die tweede verhoor aan te kla. 'n Ontkennende
antwoord berus op die volgende feite en aannames. Die
prokureur-generaal
16/...
16.
het immers
uitdruklik kragtens a 139(b) opgetree toe hy die tweede verhoor gelas
het. Dié artikel moet met a 137 saamgelees
word. Laasgenoemde
bepaal dat "by afsluiting van 'n voorlopige ondersoek" die
oorkonde na die prokureur-generaal deurgestuur
moet word. Die
afsluiting van 'n voorlopige ondersoek is, volgens dié
gedagtegang, 'n voorvereiste (h sogenaamde "jurisdictional
fact") vir die prokureur-generaal se bevoegdheid om
ingevolge
a
139
op te tree. In
casu
is die voorlopige ondersoek
nie behoorlik afgesluit nie. Die prokureur-generaal se optrede, deur
die tweede verhoor te gelas, was
bygevolg
ultra vires
. Dit was
dus nietig.
Implisiet
in bostaande is die premisse
(hierna
"die stelling" genoem) dat indien, om watter
rede ook
al, die voorskrifte van die aangehaalde
artikels,
of sommige van hulle, nie nagekom is nie, die
17/...
17. prokureur-generaal nie by
magte is om kragtens a 139 op te tree nie (vgl.
S v Tieties
1990(2) S A 461 (A)). Die kern van hierdie stelling is dat die
prokureur-generaal
'n
onre
ë
lmatigheid
gepleeg het van 'n soortgelyke aard en omvang as in die geval waar 'n
hof, wat 'n saak bereg het, nie die nodige regsbevoegdheid
besit het
nie of nie behoorlik saamgestel is nie.
S
v Gqeba and Others
1989(3) SA 712 (A)
is 'n voorbeeld van laasgenoemde deurdat 'n assessor tydens die
verhoor onre
ë
lmatiglik
ontslaan is. Op 717
I
-
J is ges
ê
"...the Court was accordingly
not properly composed, and its findings cannot stand. The fact that
the accused consented to the
continuation of the trial before two
members of the Court cannot affect this conclusion. See
R v Price
1955(1) SA 219 (A) at 223D."
Ingelyks is daar in die
onderhawige geval aan die hand gedoen dat enige toestemming tot die
voortydige beëindiging van die voorlopige
ondersoek nie ter sake
18/...
18.
is nie.
Met bogenoemde stelling kan ek nie
saamstem nie. Dit druis teen die bewoording van die twee artikels (aa
137 en 139) in; die doel
van 'n voorlopige ondersoek vereis nie so 'n
uitleg nie; en die handhawing van die stelling sal ook tot
onbevredigende gevolge lei.
Soos hierdie hof in verband met
wetsuitleg in
Kuhne & Naqel (Pty) Ltd v Elias and Another
,
1979(1) SA 131(T) op 133 E - P opgemerk het:
"(I)t is necessary to
ascertain the intention of the Legislature and it is now trite law
that this is determined by having regard
to the language used, the
scope and object of the enactment as a whole, and the consequences in
relation to justice and convenience
of adopting one view rather than
the other. See eg
Charlestown Town Board and Another v Vilakazi
1951 (3) SA 361
(A) at 370."
Om by die laaste oorweging te
begin. By afsluiting van die getuienis ter ondersteuning van die
19/...
19.
aanklag,
moet die aanklaer die aanklag of aanklagte aan
die
beskuldigde stel wat uit die getuienis ontstaan en
wat die
aanklaer teen die beskuldigde wil inbring (a
130). Dit
het ten doel dat die verdere stappe,
uiteengesit
in die daaropvolgende artikels, in die
belang van
beide die vervolging en die verdediging
gedoen
moet word. Maar, veronderstel dat die aanklaer
nie enige
verdere aanklag "wat uit die getuienis
ontstaan
het" wil inbring nie, dat 'n beskuldigde reeds
op die
bestaande aanklag gepleit het, dat die
ondervraging
ingevolge a 115 reeds plaasgevind het, en
dat die
beskuldigde nie op sy ontslag aanspraak maak
nie (maar
inteendeel uitdruklik toestem dat die
oorkonde
kragtens a 137 na die prokureur-generaal
gestuur
word sodat hy sy beslissing ingevolge a 139 kan
neem). In
sodanige geval verg behoorlike regspleging of
geregtigheid
myns insiens nie dat sodanige beslissing
(om 'n
beskuldigde te dagvaar), en gevolglik die
20/...
20.
daaropvolgende verhoor, tot 'n
nulliteit gerelegeer moet word nie.
Die volgende vraag is of die
bewoording
van
a 137 steun of regverdiging
verleen aan die
gevolgtrekking dat 'n voltooide
voorlopige ondersoek
nodig is vir die regsgeldigheid
van 'n beslissing
ingevolge a 139. A 137 het, soos
die kantskrif
aantoon, in wese te doen met die
administratiewe
verpligting om die oorkonde na die
prokureur-generaal
deur te stuur. Indien die artikel
slegs sou gelees
het: "Die streeklanddros moet
'n afskrif van die
oorkonde van die ondersoek aan die
prokureur-generaal
deurstuur", sou dit inbegrepe
gewees het dat die
deursending "by afsluiting"
moet geskied en nie terwyl
die voorlopige ondersoek nog aan
die gang is nie. Die
woorde "by afsluiting van die
voorlopige ondersoek",
wat terloops in 'n ondergeskikte
sinsnede voorkom, is,
21/...
21. indien nie oortollig nie,
bloot aanduidend van 'n
tydstip waarop deursending van die
oorkonde moet plaasvind. Dit is heel onwaarskynlik dat die wetgewer
'n jurisdiksiebepalende vereiste
wat op a 139 betrekking het, op so
'n sydelingse of indirekte wyse sou skep. Die bewoording van a 139
self neem die saak nie verder
nie. Dit verwys slegs na die oorkonde
wat aan die prokureur-generaal deurgestuur is en, terloops, nie na 'n
voltooide
voorlopige ondersoek nie.
Daar kan ook nie uit die algemene
doel en
strekking van Hoofstuk 20 afgelei
word dat so 'n
voorvereiste bestaan nie.
Weliswaar is die bepalings
van daardie Hoofstuk ter
bevordering van die
regspleging bedoel. Maar, soos in
'n ander samehang
later aangetoon sal word, verleen
elke substantiewe
voorskrif in die Hoofstuk 'n reg
aan die vervolging of
die verdediging of albei en
geregtigheid vereis, m i,
22/...
22.
nie dat, ongeag die houding van
die partye, die geldigheid van 'n besluit ingevolge a 139 van 'n
voltooide voorlopige ondersoek
moet afhang nie.
Ten slotte wys ek daarop dat die
aanvaarding
van die stelling tot 'n
beskuldigde se nadeel mag strek.
Een van die besluite wat 'n
prokureur-generaal kragtens
a 139 mag neem is om te weier om
'n beskuldigde te
vervolg. Indien dit die
prokureur-generaal se
beslissing is, geniet 'n
beskuldigde in 'n mate
immuniteit teen verdere vervolging
(a 142). Waar die
partye, b v, by afsluiting van die
getuienis ter
ondersteuning van die aanklag
(miskien weens die swak
gehalte daarvan) ooreenkom om die
voorlopige ondersoek
nie verder voort te sit nie, maar
om die oorkonde
eerder na die prokureur-generaal
deur te stuur vir sy
beslissing ingevolge a 139, sou 'n
besluit ingevolge
sub-paragraaf (c) daarvan ten
voordeel van 'n
23/...
23.
beskuldigde,
indien die stelling juis is, van nul en gener waarde wees.
Ek meen
dus dat die stelling dat die prokureur-generaal
ultra vires
opgetree het, bloot omdat daar nie aan sekere bepalings van Hoofstuk
20 voldoen is nie en die voorlopige ondersoek bygevolg nie tot
sy
eindpunt deurgevoer is nie, nie korrek is nie.
Tydens
beredenering voor ons het mnr Cilliers
'n ander
antwoord op hierdie stelling aangebied. Sy
betoog was
die volgende. Indien die tweede verhoor in
isolasie
beskou word (d w s, sonder inagneming van die
gebeure
wat dit voorafgegaan het), is dit duidelik dat
die
prokureur-generaal bevoeg was om by wyse van 'n
dagvaarding
die beskuldigde weer te laat teregstaan
(aa 3(a),
4 en 54). Hy het dus oor die nodige
magtiging
beskik, aldus die betoog, maar het
24/...
24. verkeerdelik (indien die
stelling juis is) ingevolge a 139 opgetree. Ek benadruk dat die
prokureur-generaal nie
per incuriam
na art 139 verwys terwyl
hy inderdaad bedoel het om op grond van 'n ander magtiging in die Wet
op te tree nie: vgl
Moulder v Thom and Another
1973(3) 5A 1
(T) 6 G - H. Hierdie betoog berus dus op 'n wyer grondslag, naamlik,
dat indien die nodige bevoegdheid wel in die magtigende
wetgewing
vervat is, die handeling nie as
ultra vires
beskou kan word
nie al het die persoon bewustelik ingevolge die verkeerde
magtigingsbepaling opgetree. Daar is gesag vir hierdie
benadering
ofskoon die feite van dié beslissings van die onderhawige
verskil. In
Partnership In Mining Bpk v Federale Mynbou Bpk en
Andere
1984(1) SA 175 (T) op 182 C - E is gesê:
"In 'n reeks sake is beslis
dat die uitoefening van 'n mag wat deur 'n wetgewende bepaling
verleen word geldig is al het die
gemagtigde party in die
kennisgewing van die uitoefening van sy mag na 'n
25/...
25.
verkeerde
bepaling verwys
of op 'n verkeerde
bepaling staatqemaak in plaas van die bepaling wat hom magtig
.
Die
ratio
in hierdie beslissings is dat, in die betrokke omstandighede, daar
geen vereiste was om na die bevoegdheidgewende bepaling te verwys
nie. Kyk
MacRobert v Pretoria Municipal
Council
1910 TPD 931
op 940 en 945 en
Latib v Administrator, Transvaal
1969 (3) SA 186
(T) op 190E - 191A. Kyk ook
R
v Standard Tea and Coffee Co (Pty) Ltd and Another
1951(1) SA 641 (T) op 644 en
Marais v
Aldridge and Others
1976 (1) SA 746
.
(Tl op 750D-E. Die
Standard Tea and
Coffee
saak was op app
è
l
omvergewerp, maar nie op hierdie punt nie - kyk
1951 (4) SA 412
(A)
op 415 heel bo. Ek stem met mnr
Welsh
saam dat die beginsel in hierdie gewysdes ook van toepassing is op
die huidige saak." (My onderstreping.)
En in
Latib v The
Administrator, Transvaal
1969(3) 186 (T) 190 'n - 191 A het die
belese regter (Galgut R) soos volg opgemerk:
"It seems clear, therefore,
that, where there is no direction in the statute requiring that the
section in terms of which a proclamation
is made should be mentioned,
then, even though it is desirable, nevertheless there is no need to
mention the section
and, further, that, provided that the enabling
statute grants the power to make the proclamation, the fact that it
is said to be made
under the wrong section will not invalidate
26/...
26.
the notice.
" (My
onderstreping.)
Aangesien ons nie die voordeel van
volledige beredenering in dié verband gehad het nie, verkies
ek om nie enige mening oor
die geldigheid van hierdie betoog uit te
spreek nie.
Ek keer terug na die feite.van
hierdie saak. Die funderende beëdigde verklaring van die
appellant, nadat die feite kortliks uiteengesit
is, sluit af met die
volgende bewering:
"Ek is geadviseer dat die
latere verhoor teen my 'n nulliteit is aangesien daar op onreëlmatige
wyse en teenstrydig met
die voorskrifte van Artikels 123 en verder
van die Strafproseswet No. 51 van 1977 gehandel is en verlang
hersiening van hierdie verrigtinge."
Daar sal opgemerk word dat daar
geen
suggestie is dat enige stap sonder
appellant se wete of
tot sy nadeel geskied het nie.
27/...
27. Die aanklaer in sy beëdigde
verklaring beweer dat:
3.
Tydens kruisverhoor van
beskuldigde 2 het nuwe feite ten aansien van die saak bekend geword
wat na die oordeel van myself genoop het
dat die aangeleentheid
verder ondersoek behoort te word. Op daardie stadium het ek met die
medewete van die verdediging die aangeleentheid
met die Adjunk
Prokureur-generaal, Advokaat M.T. van der Merwe, bespreek.
4.
Na afloop van my samespreking in 3
supra
na verwys, het die Adjunk Prokureur-generaal 'n
lasgewing ingevolge artikel 123(b)
van Wet 51 van 1977 uitgereik waardeur die verrigtinge omskep is in
die van 'n voorlopige ondersoek.
Op 21 Januarie 1985 is die
verrigtinge formeel met die kennis van die verdediging omskep in die
van 'n voorlopige ondersoek.
5.
Na omskepping van die verrigtinge
in die van 'n voorlopige ondersoek, is daar nie weereens van
beskuldigdes verwag om te pleit op
die aanklagtes waarop beskuldigdes
alreeds by aanvang van die verhoor gepleit het nie, aangesien dit na
my oordeel en die van die
regsverteenwoordiger van
28/...
28.
beskuldigdes, sinneloos sou wees.
6.
Na afhandeling van die verdere
ondersoek is die verrigtinge hierna weereens aan die Adjunk
Prokureur-generaal voorgelê vir sy
beslissing. Die Adjunk
Prokureur-generaal het hierna opdrag uitgereik dat 'n vervolging
ingestel moes word op die aanklagtes en teen
die beskuldigdes soos
uiteengesit in AANHANGSEL A2. Daaropvolgend is beskuldigdes deur my
gedagvaar om in die hof te verskyn.
7.
Na betekening van die dagvaardings
op beskuldigdes het die regsverteenwoordiger van die beskuldigdes my
gekontak. Hy het my meegedeel
dat hy ten aansien van die geldigheid
van die prosedure wat deur die staat gevolg is 'n regsopinie bekom
het vanaf Advokaat Johan
Engelbrecht. Hierna het ek en hy 'n gepaste
verhoordatum gereel op welke datum die verhoor teen beskuldigdes 'n
aanvang geneem het,
nadat beskuldigdes formeel deur die hof in kennis
gestel was van die besluit van die Prokureur-generaal. Hierdie
besluit van die
Prokureur-generaal was egter heelwat vroeër deur
my aan die regsverteenwoordiger van die beskuldigdes oorgedra.
Laastens wil ek dit baie
duidelik stel dat beskuldigdes en hul regsverteenwoordiger deeglik op
hoogte gebring was van die prosedures
en besluite van die staat in
die aangeleentheidp en
29/...
29.
op geen stadium was enige
beswaar van verdedigingskant geopper nie_
."
Paragraaf 8 van die
prokureur-generaal se beedigde verklaring lees soos volg:
"Insoverre as wat sekere
bepalings van Hoofstuk 20 van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977 nie
letterlik nagekom is nie (byvoorbeeld
artikels 130 en 131) doen ek
met respek aan die hand dat geen onreëlmatigheid begaan is nie,
maar dat die nie-nakoming daarvan
die gevolg was van die tydstip
waarop die verhoor in 'n voorlopige ondersoek omskep is, te wete
terwyl die Applikant reeds besig
was om te getuig. In hierdie verband
verwys ek die Agbare Hof eerbiediglik na artikel 123(b) van Wet 51
van 1977, wat bepaal dat
'n verhoor op enige stadium voor
vonnisoplegging in 'n voorlopige ondersoek omskep kan word. Indien
die Agbare Hof van oordeel sou
wees dat gemelde bepalings ten spyte
van bogemelde steeds toegepas moes gewees het doen ek eerbiediglik
aan die hand dat
die Applikant deurentyd regsverteenwoordig was en
dus ingelig sou gewees het van die aard van die verrigtinge en die
prosedure en
dat die Applikant geensins benadeel was deur die
nie-nakominq van gemelde bepalings nie."
Die respondent het geen
repliserende
verklaring ingedien nie en die
bewerings in die
30/...
4
30.
beantwoordende
verklarings,
veral die wat ek deur
onderstreping
beklemtoon het, moet dus as juis aanvaar word.
Wat die feite betref is die eerste
en
belangrike vraag die volgende. Het
die appellant
voor
die prokureur-generaal sy
beslissing ingevolge a 139
geneem het, ingestem dat hy 'n
sodanige beslissing mag
neem, nieteenstaande die feit dat
die voorlopige
ondersoek nie afgehandel is nie?
Ek het reeds daarop
gewys dat op 21 Januarie 1985,
nadat die eerste verhoor
tot 'n voorlopige ondersoek omskep
is, die
streeklanddros die "ondersoek
verdaag [het] hangende
die beslissing van die
Prokureur-Generaal." Daar moet
afgelei word dat die "beslissing",
wat die
streeklanddros in vooruitsig
gestel het, een ingevolge
a 139 was. Dit was die enigste een
waarna die
streeklanddros met die aantekening
kon verwys.het. Dit
31/...
31 . was ook waarskynlik die
bedoeling om sodoende in
effek
die verhoor te laat voortgaan
met 'n gewysigde klagstaat, en soos Cardozo R in
Jacobs &
Young v Kent
Vol 230 New York Reports 239 op 242 dit gestel het:
"Intention not otherwise
revealed may be presumed to hold in contemplation the reasonable and
próbable."
Ek het reeds daarop gewys dat,
volgens die onbetwiste feite, alles met die medewete van die
appellant gebeur het. Daar kan dus na
my mening aanvaar word dat die
appellant tot 'n verwysing vir daardie doel ingestem het. Die
appellant se optrede toe hy die tweede
keer in die verhoorhof verskyn
het, bevestig hierdie gevolgtrekking. Hy opper hoegenaamd geen
beswaar dat die voorlopige ondersoek
sonder sy toestemming voortydig
of onvoltooid gestaak is nie. Hy dring nie daarop aan dat dit moet
voortgaan nie. Inteendeel, hy
het ingestem dat die getuienis van die
voorlopige
32/...
32.
ondersoek deel uitmaak van die verhoor en beide die appellant en sy
prokureur was bereid om daarmee voort te gaan.
Indien ek
verkeerd is in my siening dat die appellant
voor
die
beslissing ingevolge a 139 daartoe ingestem het, toon die feite aan
dat hy ten minste die moontlikheid van so 'n beslissing voor
voltooiing van die voorlopige ondersoek moes besef het en dat hy
daarna bedoel het om afstand te doen van enige regte waarop hy by
'n
voortsetting van die voorlopige ondersoek andersins aanspraak sou kon
gemaak het.
Die betoog
namens die appellant aan ons
voorgelê,
wat ook in sy hoofde van betoog vervat is,
oorvleuel
in 'n mate met die meermaal genoemde stelling-
maar is in
wese verskillend. Dit is soos volg: Na, en
as gevolg
van, die omskepping van die verhoor tot 'n
33/...
33.
voorlopige ondersoek, het die
bepalings van a 130 tot
137 van toepassing geword; daar
was nie aan hulle
voldoen nie; die versuim het
"growwe en onherstelbare
onreëlmatighede"
daargestel; die feit dat die appellant
aan die begin van die tweede
verhoor geen beswaar
daarteen geopper het nie is nie
van enige belang nie;
die skuldigbevindings en vonnisse,
waartoe die tweede
verhoor gelei het, moet gevolglik
tersyde gestel word.
Die appellant betoog nie, soos
reeds aangedui, dat die
beweerde onreëlmatighede hom
enigsins in sy verweer of
die aanvoering van sy saak in die
tweede verhoor
benadeel het nie, of dat die
getuienis, wat ingelyf en
gelei is by daardie verhoor, nie
sy skuldigbevindings
regverdig nie. Die appellant steun
dus uitsluitlik op
die premisse dat die beweerde
onreëlmatighede so h
growwe afwyking van die
voorgeskrewe statutêre
prosedure ten opsigte van 'n
voorlopige ondersoek was
dat dit sonder meer 'n fatale
regskending tot gevolg
34/...
34.
gehad het. Daar ontstaan dus drie
vrae vir beantwoording:
Eerstens
, of enige onreëlmatigheid,
wat tydens of ten opsigte van die voorlopige ondersoek begaan mag
gewees het, enigsins op die tweede
verhoor betrekking het.
Tweedens
,
indien wel, of 'n sodanige onreëlmatigheid plaasgevind het.
En
derdens
, indien wel, of dit (of hulle) van so 'n aard is dat die
bewys daarvan
per se
die tweede verhoor tot niet maak.
Wat die eerste vraag betref, by
die aanvang
van die tweede verhoor is
ooreengekom dat die oorkonde
van die voorlopige ondersoek as
getuienis in die
verhoor sou dien, net soos die
partye tot die toelating
van enige feite of bewysmateriaal
in 'n strafsaak kon
ingestem het. In die omstandighede
is dit moeilik om
in te sien hoe die appellant
slegter daaraan toe kan
wees omdat getuienis, wat sy
oorsprong in 'n - so
veronderstel ek - onvoltooide, en
gevolglik
35/...
35.
onreelmatige, voorlopige ondersoek
in 'n verdere (en op die oog af selfstandige) verhoor gebruik is. Hoe
dit ook al sy, ek is bereid
om die appellant se vooropstelling - dat
die voorlopige ondersoek en verhoor een ondeelbare strafverrigting
uitmaak - vir huidige
doeleindes te aanvaar en voorts die tweede
vraag te oorweeg, " naamlik, of daar tydens die voorlopige
ondersoek hoegenaamd enige
onreëlmatighede plaasgevind het.
Die appellant se beswaar, volgens
sy
betoogshoofde en in hierdie hof,
was dat nie aan die
bepalings van artikels 130 tot 137
voldoen was nie.
Die inhoud en strekking van elkeen
is reeds hierbo
uiteengesit. Ek aanvaar ten gunste
van die appellant
dat elkeen van hulle (met die
duidelike uitsondering
van a 136) 'n reg aan 'n
beskuldigde verleen of 'n
verpligting op die voorsittende
beampte plaas, die
. 36/...
36. nakoming waarvan tot voordeel
van 'n beskuldigde strek. Sommige van die voorskrifte in die genoemde
artikels word in gebiedende
taal geformuleer. In dié verband
wys
Swart v Smuts
1971(1) S A 819(A) 829 F - 'n op die
volgende:
"In die algemeen word 'n
handeling wat in stryd met 'n statutêre bepaling verrig is, as
'n nietigheid beskou, maar hierdie
is nie 'n vaste of onbuigsame reël
nie. Deeglike oorweging van die bewoording van die statuut en van sy
doel en strekking kan
tot die gevolgtrekking lei dat die Wetgewer
geen nietigheidsbedoeling gehad het nie. Daar is in hierdie verband
verskeie
indicia
en interpretasiereëls wat van diens is
om die bedoeling van die Wetgewer vas te stel. Dit is bv. beslis, na
aanleiding van die
bewoording van die wetsvoorskrif self, dat die
gebruik van die woord 'moet' (Engels 'shall'), of enige ander woord
van 'n gebiedende
aard, 'n aanduiding is van 'n
nietigheidsbedoeling; en dat 'n
soortgelyke uitleg van toepassing is in gevalle waar die wetsbepaling
negatief ingeklee is, d.w.s.
in die vorm van 'n
verbod. Selfs in sodanige gevalle
kan daar ander oorwegings wees wat desondanks tot 'n
geldigheidsbedoeling lei."
Vir die doeleindes van hierdie
geval moet 'n verdere
37/...
37.
oorweging, implisiet in bogenoemde
dictum
, ook beklemtoon word: 'n Statutêre vereiste of
voorskrif is uiteraard slegs gebiedend indien, op 'n behoorlike
uitleg daarvan,
dit blyk dat afstanddoening, deur die persoon in wie
se guns die wetsbepaling verorden is, nie beoog en toegelaat word
nie. Die stelreel
quilibet licet renuntiare iuri pro se introducto
geld
tensy
die erkenning en toepassing daarvan teen die
openbare belang sou indruis. In so 'n geval moet die betrokke
handeling, ondanks afstanddoening,
nagekom word. Soos in
Ritch and
Bhyat v Union Government
1912 AD 719
op bll 734/5 gesê is:
"The maxim of the Civil Law
(C. 2, 3, 29), that every man is able to renounce a right conferred
by law for his own benefit was
fully recognised by the law of
Holland. But it was subject to certain exceptions, of which one was
that no one could renounce a right
contrary to law, or a right
introduced not only for his own benefit but in the interests of the
public as well. (
Grot
. , 3, 24, 6; n. 16;
Schorer
, n.
423;
Schrassert
, 1, c. 1,
38/...
38.
n. 3, etc.)."
(Sien ook
S.A. Eagle Insurance
Co Ltd v Bavuma
1985 (3) 42 (A) 49 G - 50 C.)
Na my mening - soos reeds aangedui
- bestaan daar geen oorweging van openbare belang wat vereis dat, sou
die partye betrokke by 'n
voorlopige ondersoek ooreenkom om dit
voortydig af te sluit, die landdros nietemin verplig is om bloot as
'n formaliteit daarmee
voort te gaan nie. Insgelyks, waar 'n
beskuldigde terugwerkend van sy regte afstand doen en die
nie-nakoming van sekere bepalings
van Hoofstuk 20 kondoneer, bestaan
daar myns insiens geen aanvaarbare rede waarom 'n latere verhoor as
'n nulliteit beskou behoort
te word nie. Die gronde waarop ek meen
dat toestemming tot 'n verwysing na die prokureur-generaal vir sy
beslissing ingevolge a 139
voor die tyd geskied
39/...
39.
het (of, alternatiewelik, dat die
appellant daarna
afstand gedoen het) is reeds
genoem. In die lig van
sodanige toestemming kan daar, m
i, geen sprake van 'n
onreëlmatigheid wees nie. (En
waar ex
post facto
afstanddoening plaasvind, word
enige sodanige
onreëlmatigheid uitgewis -
asook uiteraard enige
moontlike benadeling.)
In die omstandighede bevind ek dat
tydens die voorlopige ondersoek geen onreëlmatigheid plaasgevind
het nie. Dit is gevolglik
onnodig om die derde vraag hierbo gestel,
te beantwoord.
Ek sou die
app
è
l van die hand wys.
M E KUMLEBEN
APP
è
LREGTER