About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 161
|
|
S v Malgas en Andere (121/90) [1990] ZASCA 161 (30 November 1990)
Saak nommer 121/90 E du P
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MZWANDILE SANDY MALGAS
Eerste Appellant
SPIHWO MABELO
Tweede
Appellant
GOODWILL MAHOTE
Derde Appellant
AMOS
TSHABALALA
Vierde Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: HOEXTER, MILNE et F H GROSSKOPP ARR.
Verhoordatum
:
Leweringsdatum:
16 November 1990 30 November 1990.
2
UITSPRAAK F 'n GROSSKOPF AR:
Die vier appellante was onderskeidelik
beskuldigdes 1, 2, 3 en 4 in die hof
a quo
. Hulle is saam met
beskuldigdes 5 en 6 deur die verhoorhof daaraan skuldig bevind dat hulle op 4
Julie 1988 'n medegevangene vermoor
het. Ten tyde van die voorval was hulle
almal gevonniste gevangenes wat by die Groenpuntgevangenis te Sasolburg aangehou
was. Die
verhoorhof het bevind dat daar wel versagtende omstandighede in die
geval van beskuldigdes 5 en 6 was, en hulle is onderskeidelik
tot 12 jaar en 10
jaar gevangenisstraf gevonnis. Wat die vier appellante betref, het die
verhoorhof egter bevind dat daar geen versagtende
omstandighede aanwesig was
nie, en die vier appellante is elkeen die doodvonnis vir die moord
opgelê.
Die vier appellante appelleer met verlof van die hof
a quo
teen die
bevinding van daardie hof dat daar geen versagtende omstandighede in hulle geval
was nie, en teen die
3
doodvonnis wat hulle toe opgelê is kragtens die bepaling van
artikel 277 van die Strafproseswet, 51 van 1977, ("die Strafproseswet")
soos dit
destyds gegeld het.
Sedertdien het die Strafregwysigingswet, 107 van 1990, ("die Wysigingswet")
op 27 Julie 1990 in werking getree. Die vroeëre bedeling
met betrekking tot
die doodvonnis is ingrypend deur die Wysigingswet verander. Die relevante
bepalings van die Wysigingswet is volledig
uiteengesit en behandel in die, tot
nog toe ongerapporteerde, uitsprake van hierdie hof in die volgende sake:
S v
Masina and Others,
saak 695/89 van 13 September 1990;
S v Senonohi
,
saak 619/89 van 17 September 1990;
S v Nkwanyana and Others
, saak 52/90
van 18 September 1990.
Daar sal vervolgens kortliks na sekere van die belangrikste bepalings van die
Wysigingswet verwys word vir sover dit in die onderhawige
saak relevant mag
wees. Terselfdertyd sal daar verwys word na die uitleg van hierdie bepalings
soos dit uit die bogenoemde beslissings
blyk.
4
Kragtens artikel 4 van die Wysigingswet is artikel 277 van die Strafproseswet
in die geheel deur 'n nuwe artikel 277 vervang. Daardeur
is daar weggedoen met
die verpligte doodvonnis in die geval van moord waar daar geen versagtende
omstandighede bevind is nie. Ingevolge
die nuwe artikel 227 moet die verhoorhof
"'n bevinding uitbring oor die aan - of afwesigheid van enige strafversagtende
of -verswarende
faktore". Die doodvonnis word opgelê indien die
voorsittende regter "met inagneming van daardie bevinding, oortuig is dat die
doodvonnis die gepaste vonnis is." In die
Nkwanyana
-saak,
supra
,
is beslis dat "die gepaste vonnis" inderdaad beteken dat dit die enigste gepaste
vonnis moet wees. Vgl ook die
Senonohi
-saak,
supra
, waar beslis is
dat die doodstraf nie opgelê word tensy die hof oortuig is dat geen ander
straf gepas sou wees nie. Daar is
bygevoeg dat die doodvonnis slegs in gevalle
van uitsonderlinge erns opgelê sal word.
Die betekenis van die begrippe "strafversagtende faktore" en
"strafverswarende faktore" is in die
Masina
-saak,
5
supra
, behandel. Dit is daar neergelê dat die uitdrukking
"strafversagtende faktore" 'n wyer begrip uitdruk as wat voorheen deur
"verswarende omstandighede" behels was, en dat "strafversagtende - of
verswarende faktore" alle faktore insluit wat behoorlik deur
'n hof in ag geneem
kan word, hetsy ter versagting, het sy ter verswaring van vonnis. (Vgl ook
Senonohi
se saak,
supra
). Volgens die
Masina
-beslissing sal
"verswarende faktore" onder ander faktore soos relevante vorige veroordelings en
'n beskuldigde se (verswarende) optrede
na die pleging van 'n misdaad insluit.
Hierdie is juis van die verswarende faktore wat in die onderhawige saak onder
oë geneem
moet word.
Die bepalings van artikel 20 van die Wysigingswet bring mee dat hierdie
appèl afgehandel moet word asof die nuwe artikel 277
te alle tersaaklike
tye in werking was. Verder blyk dit uit die bepalings van artikel 13 (b) van die
Wysigingswet dat die appèlhof
in die geval van 'n appèl teen 'n
doodvonnis nou 'n onafhanklike diskresie uitoefen. Die appèlhof moet self
oordeel
of, met inagneming van die
6
strafversagtende en -verswarende faktore wat uit die oorkonde blyk, die
doodvonnis die gepaste vonnis is. (Vgl weer die
Senonohi
-saak,
supra
).
By 'n appèl teen die doodvonnis het hierdie hof ook die
bevoegdheid kragtens artikel 20(3) van die Wysigingswet om die vonnis
tersyde te
stel en die saak na die verhoorhof terug te verwys vir, onder andere, die
aanhoor van sekere getuienis. Sekere van die
appellante in die onderhawige saak
het hulle aanvanklik op die bepalings van hierdie artikel beroep.
Appellant 3 het reeds voor die aanvang van die verrigtinge in die hof
a
quo
geweier om met die advokaat wat
pro Deo
vir hom beskikbaar gestel
was, te konsulteer. Hy het ook geweier om enige instruksies aan sy advokaat te
gee tot tyd en wyl daar
aan 'n sekere eis van hom voldoen is. Appellant 3 het
naamlik geëis dat tien persone deur hom genoem, waaronder die
staatspresident,
die minister van justisie en biskop Tutu, almal teenwoordig
moet wees alvorens hy met enige advokaat sal konsulteer. Dit het later
geblyk
7
dat appellant 3 veronreg gevoel het oor sy skuldigbevinding en vonnis in die
streekhof te Humansdorp en oor die wyse waarop sy klagtes
hanteer is.
By die
aanvang van die verrigtinge in die hof
a quo
het appellant 3 sy versoek
tot die hof gerig dat die gemelde tien persone opgeroep moet word om teenwoordig
te wees. Appellant 3 het
by verdere navraag deur die geleerde verhoorregter
egter toegegee dat nie een van daardie tien persone vir hom van enige nut by sy
verhoor in die onderhawige saak kon wees nie. Appellant 3 het egter geweier om
die rede vir sy versoek aan die verhoorhof te openbaar.
Die geleerde
verhoorregter het bevind dat appellant 3 se versoek onredelik was en hy het dit
na my mening tereg geweier. Daarna het
hy breedvoerig aan appellant 3
verduidelik wat die dienste van 'n
pro Deo
advokaat behels en hy het
appellant 3 aangeraai om in sy eie belang van die dienste van die advokaat
gebruik te maak. Dit is verder
aan appellant 3 verduidelik dat tensy hy met die
advokaat
8
konsulteer en hom behoorlik opdrag gee, die advokaat nie van enige hulp vir
hom kan wees nie. Appellant 3 is ook die keuse gelaat
om self sy verdediging
waar te neem. Hy het te kenne gegee dat hy dit alles verstaan, maar hy het
volhard in sy weiering om aan die
verrigtinge deel te neem alvorens daar nie aan
sy versoek voldoen is nie.
Mnr
Grobler
, wat aanvanklik as appellant 3 se
pro Deo
advokaat
aangewys was, het die hofverrigtinge daarna op versoek van die verhoorhof as
amicus curiae
bygewoon, vir geval appellant 3 later van standpunt sou
verander. Die geleerde verhoorregter het daarna aan appellant 3 verduidelik
wat
die doel van kruisondervraging is en hy het hom in die geval van elke getuie die
geleentheid gebied om die betrokke getuie te
kruisondervra, maar appellant 3 het
halsstarrig geweier om hoegenaamd aan die verrigtinge deel te neem. Toe dit sy
beurt was om te
getuig of getuies te roep, het die verhoorregter weereens aan
appellant 3 verduidelik wat sy regte was, maar hy het geantwoord dat
hy slegs
sal getuig
9
wanneer die hof die betrokke persone wat hy genoem het, ontbied en wanneer
hulle teenwoordig is. Nadat die doodvonnis oor hom uitgespreek
is, het appellant
3 wel opdrag aan mnr
Grobler
gegee om namens hom aansoek te doen om
verlof om teen die vonnis te appelleer.
Na my oordeel het die geleerde verhoorregter met jobsgeduld teenoor appellant
3 opgetree. Appellant 3 was deurgaans hardkoppig, uitdagend,
en by geleentheid
selfs uittartend. Sy regte is by herhaling aan hom verduidelik, maar hy het
verkies om nie sy saak by wyse van
getuienis of kruisondervraging aan die
verhoorhof voor te lê nie. Hy het daardie keuse met volle kennis van sy
regte uitgeoefen.
Dit is namens appellante 1 en 2 in hulle onderskeie betoogshoofde in die
alternatief aangevoer dat hierdie hof, kragtens die bevoegdhede
in artikel 20(3)
van die Wysigingswet aan hom verleen, die vonnisse tersyde behoort te stel en
die saak na die verhoorhof moet terugverwys
met die opdrag om die getuienis van
appellant 3 aan te hoor. Na
10
my oordeel verdien so 'n aansoek nie eens oorweging nie. Dit was appellant 3
se oorwoë besluit om nie self te getuig nie. Daar
is tans ook geen aansoek
namens hom om heropening van die saak nie. Alhoewel appellant 3 op 'n stadium
nadat hy gevonnis is, vir
'n heropening van die verrigtinge gevra het, het hy
later aan 'n afvaardiging van advokate (wat die saak in opdrag van die
Oranje-Vrystaatse
Vereniging van Advokate ondersoek het) te kenne gegee dat hy
nie voortgaan met enige voorgenome aansoek om die saak te heropen of
om verdere
getuienis aan te bied nie. Nadat dit duidelik geword het dat appellant 3 steeds
volhard in sy weiering om te getuig, het
die advokate vir appellante 1 en 2 te
kenne gegee dat hulle nie met die aansoek vir terugverwysing voortgaan nie.
Die verhoorhof se beoordeling van die staats- en verdedigingsgetuies, en sy
bevinding omtrent hulle geloofwaardigheid en betroubaarheid
- of gebrek daaraan
- is deur die advokate van al vier die appellante as korrek aanvaar. Die
feitebasis waarop die verhoorhof se
skuldigbevinding berus, is ook nie in geskil
geplaas nie.
11
Hierdie toegewings is na my mening tereg gedoen. Die vraag of
die verhoorhof versagtende omstandighede moes bevind het, is in die
lig van die
bogenoemde bepalings van die Wysigingswet ook nie meer ter sake in hierdie
appèl nie. Die enigste vraag is of
die doodvonnis, gesien die relevante
strafversagtende en -verswarende faktore, die gepaste vonnis vir elkeen van die
vier appellante
was, dan wel of hierdie hof, in die uitoefening van sy
diskresie, die doodvonnis met 'n ander gepaste vonnis moet vervang. Ten einde
hierdie vraag te beantwoord, is dit nodig om eerstens na die feite van die saak
te verwys en om te bepaal watter rol elkeen van die
vier appellante by die
pleging van die misdaad gespeel het.
Die moord op die oorledene is kort na middernag op Maandag 4 Julie 1988 in
sel 3 in die Groenpuntgevangenis gepleeg. Op daardie stadium
was daar volgens
die staatsgetuie Mabantla altesaam 35 gevonniste prisoniers in sel 3 toegesluit.
Sel 3 was geleë in die B-seksie
by die medium gevangenis te Groenpunt. Ene
Dawid Gotso was die enigste bewaarder wat van middernag tot 08:00 die
volgende
12
oggend by die B-seksie diens sou doen. Die selle is Sondagmiddag 3 Julie 1988
om omstreeks 16:00 toegesluit, maar Gotso het nie geweet
waar die selsleutels
gebêre was nie. Hy was in besit van 'n tweerigting radio en 'n knuppel,
maar daar was geen manier waarop
hy gedurende die nag toegang tot die selle kon
verkry nie. Dit blyk nie uit die getuienis waarom die bewaarders nie toegang tot
die
selle moet hê nie, alhoewel mens aan verskeie redes kan dink. Gotso
het deur een van die vensters in die sel gesien hoe die
oorledene aangerand
word, maar hy kon niks doen om die verdere aanranding te verhoed nie. Sy opdrag
aan die gevangenes om die aanval
te staak, is eenvoudig deur hulle
geïgnoreer. Indien hy en ander bewaarders vroeer in die sel kon ingaan, is
dit net moontlik
dat hulle die doodslag van die oorledene kon verhoed het.
Op 'n stadium kort voor 15 Junie 1988 was appellant 1, die oorledene, die
staatsgetuie William Pokwana en ene Lizo Ndukwana saam in
die gevangenis te
Kroonstad as prisoniers aangehou. Op 15 Junie 1988 is hulle saam
13
oorgeplaas na die Groenpuntgevangenis waar hulle aanvanklik saam met
appellante 2, 3 en 4 in sel 5 aangehou is. Gedurende hulle verblyf
in sel 5 het
daar 'n rusie tussen appellant 1 en die oorledene ontstaan en het hulle mekaar
op
'n stadium oor en weer voor die bors gegryp. Een van die redes vir die
onenigheid tussen appellant 1 en die oorledene was omdat hulle
beide na bewering
'n onnatuurlike verhouding met hulle mede-gevangene, Lizo Ndukwana, gehad het.
'n Ander rede was omdat die oorledene
op die sogenaamde grondgebied van
appellant 1 en sy vriende oortree het. Appellant 1 was lid van die 27 bende
terwyl appellante 2,
3 en 4 lede van die 26 bende was. Die 26 bende was volgens
die getuienis 'n
filiaal van die 27 bende. Appellant 1 het daarteen beswaar
gemaak dat die oorledene en Pokwana aan dieselfde kant van die sel as die
lede
van die 26 bende slaap en hy het die oorledene en Pokwana aangesê om aan
die oorkant van die sel te gaan slaap. Pokwana
het gehoor gegee aan hierdie
versoek, maar die oorledene het hom nie daaraan gesteur nie. Op 'n
later stadium het die oorledene wei na die oorkant van die sel getrek.
14
'n Tyd later is die vier appellante, die oorledene en Pokwana, maar nie Lizo
Ndukwana nie, van sel 5 na sel 3 oorgeplaas. Sel 3 het
bestaan uit 'n
langwerpige slaapgedeelte met vensters langs die mure en 'n aangrensende
toiletgedeelte. Die inwoners van sel 3 het
teenaan mekaar langs die twee lang
mure van die slaapgedeelte geslaap. Pokwana het by die een hoek verste van die
toiletgedeelte
geslaap. Die oorledene se slaapplek was aan dieselfde kant van
die sel direk langs hom. Die staatsgetuie Kamali Ishmael het aan dieselfde
kant
van die sel en aan die ander kant van die oorledene geslaap. Langs Ishmael het
die staatsgetuie Edison Mabantla geslaap. Reg
teenoor die oorledene en die
staatsgetuies het die vier appellante geslaap. Appellant 4 het in die hoek
teenoor Pokwana geslaap terwyl
appellant 1 langs appellant 4 en teenoor die
oorledene geslaap het. Beskuldigde 5 was net soos die appellante ook lid van die
26
bende, en hy het saam met hulle geslaap. Die ligging van beskuldigde 6 se
slaapplek en die presiese aard van sy
15
verbintenis met die 26 bende was in geskil gewees.
Pokwana en Ishmael was
beide lede van die 28 bende, maar die oorledene en Mabantla het nie aan enige
bende behoort nie. Van die ander
prisoniers in sel 3 het aan die Big Five bende
en die Air Force bende behoort.
Die staatsaak het hoofsaaklik op die getuienis van die ooggetuies Pokwana,
Mabantla en Ishmael berus. Hulle getuienis het weliswaar
nie in al die fyner
besonderhede ooreengestem nie, maar in hoofsaak het hulle almal dieselfde
sombere verhaal van die grusame moord
op die oorledene vertel. Die verhoorhof
het hulle getuienis as bevredigend beskryf en dit as betroubaar en geloofwaardig
aanvaar.
Hierdie drie ooggetuies het die rol van elkeen van die vier appellante
by die voorbereiding en die pleging van die misdaad beskryf,
asook hulle
weersinswekkende optrede na die pleging van die moord. Waar die getuienis van
die ooggetuies met dié van appellante
1, 2 en 4 verskil het, het die
verhoorhof die getuienis van die ooggetuies bo dié van die
16
appellante verkies. Getuienis van appellant 1 om die skuld op appellante 2 en
3 te pak, en van appellant 2 om appellante 1 en 3 as
die belhamels voor te hou,
is nie deur die verhoorhof aanvaar nie. Hulle getuienis dat hulle deur sekere
van die ander appellante
gedreig is om aan die pleging van die misdaad deel te
neem, is deur die verhoorhof as vals verwerp. Appellant 3 is deur sowel die
staatsgetuies as sy mede-appellante by die pleging van die misdaad betrek, maar
hy het verkies om nie te getuig of daardie bewerings
te weerlê nie.
Appellant 4 het 'n baie swak indruk as getuie op die verhoorhof gemaak en sy
getuienis omtrent die aanvang van
sy deelname is as ontwykend en vaag deur die
verhoorhof beskryf. Ek stem, met respek gesê, saam met die verhoorhof se
beoordeling
van die getuienis. Soos reeds gemeld, het die appellante dit ook nie
in geskil geplaas nie.
Appellante 3 en 4 het op Sondag 3 Julie 1988 vroegaand in die toiletgedeelte
van sel 3 begin om sekere voorwerpe te vervaardig wat
as messe kon dien. Hulle
het 'n
17
metaalbord waaruit gevangenes gewoonlik eet, in stukke gebreek en die stukke
tot messe verwerk en dan skerp gemaak en geslyp. Sowel
Mabantla as Ishmael het
die aand na die toilet gegaan en daar gesien hoe appellante 3 en 4 stukke van
die metaalbord tussen die tralies
afgebreek het en dit dan skerp gemaak en
geslyp het. Volgens Mabantla was daar nog 'n derde persoon teenwoordig wat
appellante 3
en 4 gehelp het. Ishmael het daardie persoon as beskuldigde 5
geïdentifiseer. Hierdie getuienis is trouens deur appellant 4
self beaam.
Hy het egter bygevoeg dat die breek van die metaalbord en die maak van die messe
sy enigste bydrae was. Volgens appellant
4 het appellant 3 hom aanvanklik
meegedeel dat die slagoffers drie lede van die Big Five bende sou wees. Die
messe wat daar in die
toilet vervaardig is, is op 'n later stadium na appellante
1 en 2 se slaapplek geneem waar dit onder die appellante uitgedeel is.
Die appellante het geweet dat die bewaarders van die Groenpuntgevangenis om
middernag omruil. Dit is verder
18
gemene saak dat die sel helder verlig was aangesien die buisligte nie
gedurende die nag afgeskakel is nie. Kort na middernag het die
vier appellante
en beskuldigdes 5 en 6 'n sg kringsitting by die slaapplek van die appellante
gehou. Volgens die getuienis is dit
gebruiklik dat wanneer bendelede hulle eie
sake wil bespreek of besluite wil neem, hulle in 'n kring bymekaar gaan sit. Die
bespreking
vind dan met gedempte stemme plaas sodat buitestaanders nie kan hoor
wat daar gesê word nie. Terwyl die kringsitting hier reg
teenoor sy
slaapplek aan die gang was, het die oorledene regop in sy bed gesit. Meeste van
die ander prisoniers het trouens op daardie
stadium ook regop in hulle beddens
gesit en gekyk wat gaan gebeur. Die vier appellante en hulle twee
mede-beskuldigdes was almal
in hulle groen dagklere gekleed. Aldrie die
ooggetuies het van hierdie kringsitting in die middel van die nag getuig en
aldrie het
vertel hoe die oorledene tweemaal deur sekere van die appellante
nadergeroep is, maar dat hy geweier het om te gaan. Die getuienis
van
19
die ooggetuies stem verder ooreen dat appeiiant 7 een van die groep was wat
die oorledene aangesê het om nader te kom en dat
hy vir die oorledene
meegedeel het dat hulle "gister se ding moet klaarmaak". Dit blyk nie uit die
getuienis waarna appellant 1 verwys
het nie, maar op die waarskynlikhede het dit
verband gehou met die reeds gemelde onenigheid wat daar tussen appellant 1 en
die oorledene
bestaan het. Die ooggetuies verskil wel oor die vraag of die ander
persoon wat die oorledene nadergeroep het appellant 2 dan wel
appellant 3
was.
Vervolgens sal daar kortliks uiteengesit word watter rol appellante 3,
4, 1 en 2 (in daardie volgorde behandel) onderskeidelik in
die aanval op die
oorledene gespeel het.
Die ooggetuies is dit eens dat appellant 3 aan die voorpunt van die groep van
ses aanvallers was wat die oorledene met hulle tuisgemaakte
messe stormgeloop
het toe
20
hy geweier het om hulle bevel te gehoorsaam. Die oorledene se lot was
beseël gewees. Hy het opgespring en homself probeer verdedig
deur appellant
3 met 'n harde voorwerp in 'n kous oor die kop te slaan. Hy het appellant 3
bokant die een oog getref en daar het
bloed uit die wond uitgekom. Appellant 3
het vir 'n oomblik gehuiwer, maar toe weer tot die aanval oorgegaan. Tydens die
kruisondervraging
van sommige van die staatsgetuies is dit namens sekere van die
appellante gestel dat appellant 3 hom as gevolg van sy besering aan
die aanval
onttrek het, en wel om die bloed van sy gesig te gaan afwas in die toilet.
Daardie bewering is deur die ooggetuies ontken.
Volgens Mabantla was appellant 3
trouens die een wat die oorledene die eerste steekwond toegedien het. Dit is
beaam deur appellant
2 wat gesê het dat appellant 3 die oorledene
aanvanklik in die bors gesteek het. Dit blyk trouens duidelik uit die getuienis
van die ooggetuies dat al ses die aanvallers vir die oorledene gesteek het.
Nadat appellant 3 die aanval begin het, het die ander
vyf ook
21
ingespring en die oorledene met die messe begin steek. Volgens die mediese
getuienis was daar tydens die regsgeneeskundige lykskouing
van die oorledene
onder andere verskeie sny- en steekwonde in sy borskas, buik en rug
waargeneem.
Appellant 4 het getuig dat hy nie aan die aanval deelgeneem het
nie, maar dat hy eenkant gestaan het om toe te sien dat die ander
gevangenes in
die sel nie praat of opstaan nie. Volgens hom was sy aandag dus nie op die
aanval toegespits nie. Die ander getuienis
is egter oorweldigend dat appellant 4
inderdaad van die begin af daadwerklik aan die aanval op die oorledene
deelgeneem het. Hy het
die oorledene aan die bene beetgekry en gehelp om hom
plat te trek. Toe die oorledene eenmaal op die grond gelê het, het hulle
hom vasgedruk en het al ses die aanvallers hom met die messe gesteek en gesny.
Volgens Ishmael het beskuldigde 5 die oorledene se
kop agteroor getrek terwyl
appellant 4 sy
22
keel probeer afsny het. Die oorledene het toe nog gelewe en die bloed het by
sy keel uitgespuit. Later het appellant 4 daarin geslaag
om ook die oorledene se
gorrel af te sny. Mabantla het aanvanklik getuig dat dit appellant 2 was wat die
oorledene se keel afgesny
het, maar hy het homself later gekorrigeer en
gesê dat dit inderdaad appellant 4 was wat dit gedoen het. Appellaht 4 het
self
getuig dat hy eers op 'n
laat stadium tot die aanval toegetree het. Dit
was toe appellant 3 hom nader geroep het om ook sy "merk" te maak. Volgens
appellant
4 was die oorledene se keel toe reeds afgesny gewees en was dit net
die been wat oorgebly het. Appellant 4 sê dat hy toe die
been met die
groot mes gebreek het. Dit is egter duidelik uit al die getuienis dat appellant
4 deurgaans by die aanval betrokke was,
en dat hy nie slegs teen die einde, en
toe die oorledene waarskynlik reeds dood was, hom met die aanval vereenselwig
het níe.
Appellant 1 het getuig dat hy net by die oorledene
23
se voete gestaan het terwyl appellante 2, 3 en 4 en beskuldigde 5 besig was
om die oorledene aan te rand. Die getuie Pokwana het egter
gesien hoe appellant
1 die oorledene in die keel en in die maag gesteek het. Die ander twee
ooggetuies bevestig dat appellant 1 vir
die oorledene gesteek het. Volgens die
getuienis van Pokwana het appellant 1 altyd eerste namens die groep gepraat en
was hy inderdaad
die leier van die groep. Die getuie Ishmael het appellant 1 as
die "generaal" van die 27 bende beskryf.
Voor die aanval op die oorledene het
die getuie Pokwana in sy bed in die hoek van die sel gesit. Dit was direk langs
die oorledene.
Toe die aanvallers nader storm, het Pokwana opgespring, maar net
daar bly staan, direk langs die plek waar die aanvallers besig was
om die
oorledene aan te rand. Op 'n stadium het appellant 2 hom daar weggejaag eh het
hy drie tot vier meter van die toneel af wegbeweeg.
Net toe appellant 2 hom
weggejaag het, het Pokwana gesien dat appellant 2 besig was om die oorledene se
maag oop te sny en
24
sy derms uit te trek. Die ander twee ooggetuies was digby die toneel
aan die ander kant van die oorledene. Hulle bevestig dat dit
appellant 2 was wat
die oorledene se maag oopgesny het en sy derms uitgetrek het. Volgens die getuie
Ishmael was die oorledene nog
nie dood toe appellant 2 met hierdie afgryslike
daad besig was nie. Appellant 2 se weergawe was dat hy deur appellant 1 gedwing
was
om aan die aanval deel te neem. Hy het erken dat hy die oorledene in die
maag gesteek het, maar hy het ontken dat hy sy maag oopgesny
het of sy ingewande
uitgetrek het. Na my mening het die verhoorhof appeilant 2 se weergawe tereg
verwerp.
Nadat die vier appellante en beskuldigdes 5 en 6 die oorledene op
hierdie grusame wyse vermoor het, het hulle voortgegaan met verdere
optrede wat
nog meer weersinwekkend was. Hulle het die liggaam van die oorledene deur die
slaapgedeelte na die toilet toe gesleep
en daar het hulle die liggaam onthoof en
die ingewande uit die liggaam verwyder.
25
Daarna het hulle na die slaapgedeelte teruggekeer en het almal van die
oorledene se bloed gedrink. Die getuie Ishmael het gehoor hulle
sê "die
hond se bloed is bitter". Om hierdie makabere seremonie af te sluit, het al ses
die aanvallers toe hulle bendeteken
gegee deur hulle vuiste met duime omhoog in
die lug te hou. Een van hulle het toe nog opgemerk dat hulle hulle taak voltooi
het en
dat "dom Jan" doodgemaak is.
h Tyd later het kaptein Van den Bergh van die gevangenisdiens een van die
vensters in sel 3 oopgemaak en met die prisoniers in die
sel gepraat. Appellant
1 het intussen reeds al die tuisgemaakte messe bymekaargemaak. Hy het dit deur
die venster aan kaptein Van
den Bergh aangebied en bygevoeg dat hulle klaar is
met hulle werk. Kaptein Van den Bergh wou egter nie die wapens in ontvangs neem
nie en dit is later die nag deur konstabel Pienaar van die S.A. Polisie in
beslag geneem.
Teen die agtergrond van hierdie afskuwelike moord
26
en al die ander relevante oorwegings, moet daar vervolgens bepaal word wat
die strafversagtende en -verswarende faktore in hierdie
saak is. Sekere van die
strafversagtende en -verswarende faktore geld in gelyke mate vir al die
appellante, terwyl ander strafversagtende
en -verswarende faktore slegs op
individuele appellante betrekking het. Daar sal eerstens gehandel word met
daardie strafversagtende
faktore wat volgens die appellante se betoog vir hulle
almal geld.
Dit is namens die appellante betoog dat die omstandighede waaronder lede van
verskillende bendes by die Groenpuntgevangenis in een
sel saamgegooi was,
noodwendig tot 'n plofbare toestand moes lei, en dat hierdie hof dit as
strafversagtend in aanmerking behoort
te neem. In die lig van die besondere
feite van die onderhawige geval, gaan hierdie betoog na my mening nie op nie.
Daar was wel
sekere van die appellante wat aangevoer het dat hulle deur
mede-appellante gedwing was om aan die aanval op die
27
oorledene deel te neem, en dat hulle dit uit vrees gedoen het. Daardie
getuienis van die betrokke appellante is egter deur die verhoorhof
as vals
verwerp.
Hierdie was nie 'n geval waar lede van twee strydende bendes om gebruiklike
redes met mekaar slaags geraak het nie, of waar die appellante
as lede van een
bende, om bepaalde redes wraak wou neem op die oorledene as lid van 'n ander
bende nie. In hierdie geval was die
oorledene nie lid van enige bende nie. Die
appellante, daarenteen, het wel as 'n bende teen hom opgetree. Die waarskynlike
rede vir
hierdie optrede teen die oorledene was tweeledig. In die eerste piek
het appellant 1 dit blykbaar nie gedoog dat die oorledene ook
'n onnatuurlike
verhouding met Lizo Ndukwana aangeknoop het nie, en in die tweede plek kon
appellant 1 dit waarskyniik nie verdra
dat die oorledene sy bevele met
betrekking tot die sogenaamde grondgebied van die 26 bende aanvanklik
geïgnoreer het nie. Appellant
1 was klaarblyklik 'n bendeleier wat nie
sulke teenstand geduld het
28
nie, en hy het die hulp van lede van die 26 bende ingeroep om die oorledene
te vermoor. Daar is getuienis wat daarop dui dat sekere
van die appellante ook
hulle eie persoonlike beweegredes gehad het waarom hulle aan die aanval
deelgeneem het. So wou appellant 4
byvoorbeeld graag 'n oorplasing na 'n ander
gevangenis gehad het.
Die gevolg was in ieder geval 'n lafhartige aanval deur 'n bende op 'n enkele
slagoffer wat nooit 'n kans gehad het nie. Na my oordeel
was hierdie
bende-optrede in die onderhawige geval eerder strafverswarend as
strafversagtend.
Die appellante het verder betoog dat die haglike omstandighede waaronder 'n
groot aantal gevangenes in een sel saamgehok was, hulle
van alle privaatheid
ontneem het en 'n
deprimerende uitwerking op hulle gemoed gehad het. Volgens hierdie betoog het
dit meegebring dat hulle persepsie van wat reg en verkeerd
is, vervaag het, en
het dit verder daartoe gelei dat selfbehoud allesoorheersend vir hulle geword
het. Die probleem met hierdie betoog
is dat dit, by gebrek aan
29
getuienis, geen feitebasis het waarop dit berus nie. Daar is wel getuienis
dat daar 35 gevangenes daardie betrokke Sondagnag in sel
3 geslaap het, en die
afleiding is sekerlik geregverdig dat daar onder daardie omstandighede geen
sprake van privaatheid was nie
en dat dit 'n deprimerende effek gehad het. Dit
sal egter spekulasie wees om te bevind dat dit die oorsaak was waarom die
appellante
nie tussen reg en verkeerd kon oordeel nie. Selfs al word dit verder
aanvaar dat die appellante se vermeende drang na selfbehoud
onder die
omstandighede allesoorheersend was, verklaar dit nog nie waarom hulle 'n wrede
aanval op die oorledene geloods het nie.
Daar is immers geen getuienis wat
daarop dui dat die oorledene enige gevaar vir die appellante se voortbestaan
ingehou het nie.
Daar kan in hierdie verband verwys word na die uitspraak van hierdie hof in
S v Peterson en Andere
1980(1) SA 938(A) op 945 D - 946 A. In daardie
geval is dit ook betoog dat die sogenaamde gevangenis-subkultuur as 'n
versagtende omstandigheid beskou moes word. Op 945 G-H van
30
Peterson
se saak verskyn daar die volgende aanhaling uit die saak van
S v Pietersen en Andere
(h ongerapporteerde uitspraak van hierdie hof
gedateer 28 Maart 1978):
"Die sogenaamde gevangenis-subkultuur is nie
per se
'n versagtende
omstandigheid nie., Om te beoordeel of dit 'n versagtende omstandigheid is al
dan nie moet daar steeds gelet word
wat die invloed daarvan op 'n
langtermyn-gevangene in die omstandighede van sy betrokke geval is toe hy 'n
moord gepleeg het."
Anders as wat die
geval by die bewys van
versagtende omstandighede was, rus daar geen bewyslas op 'n
beskuidigde om
strafversagtende faktore te bewys nie. (Vgl
Nkwanyana
se saak,
supra
). 'n Beskuldigde moet egter daardie
strafversagtende faktore waarop hy wil steun, opper, en hy
moet 'n
behoorlike feitebasis daarvoor lê deur al die
getuienis waaroor hy op die betrokke aspek beskik, aan te
bied - tensy dit natuurlik reeds uit die getuienis blyk.
(Vgl weer
Nkwanyana
se saak
supra
). Dit het die appellante
in die onderhawige saak nie gedoen nie. Die staat was
31
gevolglik nooit geroepe om weerleggende getuienis met betrekking tot die
nadelige invloed van die sogenaamde gevangenis-subkultuur
op die
geestesvermoëns of gemoedere van die appellant aan te bied nie.
Alvorens
ek die strafverswarende faktore behandel wat vir al die appellante geld, sal die
posisie van die individuele appellante bespreek
word. Daar sal gelet word op die
persoonlike omstandighede van elke appellant, die besondere rol wat hy gespeel
het, asook op enige
verdere strafversagtende of -verswarende faktore wat in elke
besondere geval geld.
Appellant 1 was 40 jaar oud. Hy het 'n lang lys van vorige veroordelings,
waaronder een vir verkragting en vier vir aanranding met
die opset om ernstige
liggaamlike leed te berokken. Appellant 1 was die persoon wat die moeilikheid
met die oorledene gehad het,
en hy was waarskynlik die persoon wat besluit het
dat daar teen die oorledene opgetree moet word. Hy was die aanstigter van die
geweld.
Appellant
32
1 het klaarblyklik 'n sleutelrol vervul. Hy was ook as die "generaal"
beskryf. Sy leiersrol blyk uit sy optrede voor die aanval op
die oorledene, as
ook uit die feit dat hy die persoon was wat die messe na die tyd bymekaar gemaak
het om dit aan die gevangenisowerhede
te oorhandig. Hy het aan die aanval self
deelgeneem en die oorledene sekere steekwonde toegedien, maar dit blyk nie dat
hy vir enige
van die dodelike beserings verantwoordelik was nie. Die betoog dat
appellant 1 as gevolg van appellant 3 se optrede by die moord
betrokke geraak
het, word deur die getuienis weerspreek en moet verwerp word.
Appellant 2 se ouderdom word ook op ongeveer 40 jaar geskat. Daar is namens
hom betoog dat hy 'n ongeletterde persoon met 'n lae opvoedingspeil
is. Dit is
seker 'n
strafversagtende faktor, maar teen die agtergrond van die feite van die
onderhawige saak, kan daar beslis nie te veel gewig aan hierdie
faktor geheg
word nie. Appellant 2 het lank tevore reeds volwassenheid bereik. Daar is ook
geen
33
aanduiding dat hy van lae intelligensie was nie, of dat hy nie tussen reg en
verkeerd kon oordeel nie.
Appellant 2 het ook 'n lang lys van vorige
veroordelings, maar in sy geval was dit hoofsaaklik diefstal wat hy in die
verlede gepleeg
het, en is daar geen vorige veroordeling weens enige
geweldsmisdaad nie. Dit is 'n aspek wat mens in sy guns in aanmerking sou kon
geneem het, was dit nie vir sy wrede en bloeddorstige optrede tydens die aanval
op die oorledene nie. Appellant 2 was die persoon
wat die oorledene se maag
oopgesny het en sy ingewande uitgetrek het terwyl hy nog geleef het. Daar is
geen getuienis dat appellant
2 deur iemand anders gedwing of aangesê was
om so op te tree nie. In die lig van daardie optrede van hom kan dit nie bevind
word dat hy nie 'n geweldenaar is nie. Appellant 2 het 'n prominente rol in die
aanval gespeel, en hy was ook andersins een van die
belhamels. Daar is na my
oordeel geen aanvaarbare getuienis waarop dit bevind kan word dat hy deur enige
ander lid van die groep
gedwing of
34
beïnvloed was om die oorledene aan te rand nie.
Appellant 3 het
verkies om nie aan die verrigtinge in die hof
a quo
deel te neem nie.
Daar is reeds gemeld dat hy sy keuse uitgeoefen het nadat die volle implikasies
daarvan aan hom verduidelik was.
Wat sy weergawe is, is dus aan die hof
onbekend. Die hof is meegedeel dat hy ongeveer 29 jaar oud was toe die misdaad
gepleeg is.
Sy vorige veroordelings is nie bewys nie, maar dit blyk wel uit die
getuienis dat hy in ongeveer 1986 deur die streekhof te Humansdorp
gevonnis is,
en dat hy teen Julie 1988 nog in aanhouding was.
Dit is namens appellant 3
betoog dat hy ontevrede was oor die vonnis wat die streekhof te Humansdorp hom
opgelê het, en dat
hy verder gefrustreerd was oor die beweerde traagheid
van die gevangenisowerhede om sy briewe weg te stuur. Hierdie feite blyk nie
alles uit die oorkonde nie, maar al word dit ook aanvaar, bied dit na my oordeel
hoegenaamd geen regverdiging vir die doodslag van
'n
35
onskuldige derde party nie.
Dit staan vas dat appellant 3 betrokke was by
die vervaardiging van die messe wat by die moord gebruik was. Hy was ook
behulpsaam
by die afneem van die fluitjies by ander gevangenes in sel 3.
(Hierdie fluitjies is deur die gevangenis-owerheid aan sekere gevangenes
toevertrou sodat hulle dit in geval van dreigende gevaar kon gebruik om alarm te
maak). Appellant 3 was aan die voorpunt van die
groep wat op die oorledene
afgestorm het, en ondanks die besering wat hy in die proses opgedoen het, het hy
die oorledene die eerste
steekwond toegedien. Appellant 3 word egter nie
spesifiek met die verdere aanval op die oorledene verbind nie. Die verhoorhof
het
bevind dat appellant 3 'n leidende rol by die voorbereiding en die aanval op
die oorledene gespeel, het. Daardie bevinding is ten
volle geregverdig op die
getuienis, veral waar appellant 3 nie die teendeel kom beweer het nie. Hy is
trouens in die loop van die
getuienis as 'n "fighting general" beskryf.
Appellant 4 was 28 jaar oud. Hy was reeds voorheen
36
skuldlg bevind aan onder andere moord met versagtende omstandighede,
verkragting, roof en strafbare manslag. Hy het appellant 3 gehelp
met die
vervaardiging van die messe en hy het ook 'n fluitjie by 'n ander gevangene in
sel 3 afgeneem. Tydens die aanval op die oorledene
was hy die persoon wat die
oorledene platgetrek het en sy keel afgesny het.
Appellant 4 se hoof verweer
was dat hy pas tevore 'n lid van die Air Force bende doodgemaak het en dat hy
van die welwillendheid van
die 26 bende afhanklik was om hom teen die weerwraak
van die Air Force bende te beskerm. Om daardie rede het hy die 26 bende gehelp
met die vervaardiging van die messe. Dit blyk egter uit appellant 4 se eie
getuienis dat hy die beweerde gevaar van 'n aanval op
hom deur die Air Force
bende, en sy beweerde vrees vir so 'n aanval, heeltemal oordryf het. (Dit is
natuurlik in die veronderstelling
dat daar wel probleme tussen appellant 4 en
die Air Force bende bestaan het). Appellant 4 het self getuig dat hy vroeër
die
37
Sondagaand vir appellant 3 meegedeel het dat hulle die lede van die Air Force
bende moes inlig oor wat hulle besig was om te doen,
en dat hulle die Air Force
lede moes gerusstel oor hulle beoogde optrede later die nag. Alhoewel appellant
3 daarteen gekant was,
het appellant 4 drie van die leiers van die Air Force
bende gaan haal en hulle ingelig oor die voorgenome optrede. Die getuie Eric
Somkulu, wat namens beskuldigde 6 getuig het, was een van die leiers van die Air
Force bende, en hy het bevestig dat appellant 4
die Air Force leiers daardie
Sondagaand oor die voorgenome optrede daardie nag gewaarsku het. Volgens
appellant 4 het die Air Force
leiers hulle toe nog ewe vriendelik meegedeel dat
daar twee gevangenes met fluitjies in sel 3 was. Die Air Force leiers het selfs
sover gegaan as om die name van daardie gevangenes aan appellant 4 te verstrek,
en om hulle slaapplekke aan hom uit te wys. Dit het
daartoe gelei dat appellant
4 daarin geslaag het om een van die fluitjies by 'n lid van die Big Five bende
af te neem. Dit blyk verder
uit die getuienis van
38
appellant 4 dat hy na die vervaardiging van die messe daardie Sondagaand met
ene Taaibos gaan dobbel het, soos hulle trouens gewoond
was om te doen. Taaibos
was 'n lid van die Air Force bende, en volgens die getuie Mabantla het appellant
4 en Taaibos goed oor die
weg gekom. In die lig van die voorgaande het die
verhoorhof na my mening tereg (maar om ander redes) bevind dat appellant 4 se
beweerde
vrees vir die Air Force bende onoortuigend was. Sy bewering dat hy wag
gestaan het om die Air Force bende dop te hou, is tereg as
vals verwerp.
Appellant 4 het in ieder geval nie beweer dat hy bloot 'n teësinnige
deelnemer aan die moord was nie, en dat hy
slegs op aandrang van die 26 bende
daaraan deelgeneem het nie.
Hoewel appellant 4 nie een van die leidende figure was nie het hy 'n
belangrike rol in die wrede aanval op die oorledene gespeel.
Benewens die strafverswarende faktore wat op die individuele appellante
betrekking het, en wat reeds hierbo
39
behandel is, is daar sekere strafverswarende faktore wat ten aansien van
elkeen van die appellante geld. Dit hou in die eerste plek
verband met die wrede
moord op die oorledene. In die oë van die gemeenskap was hierdie sonder
twyfel 'n
afskuwelike misdaad. Dit was 'n fyn beplande moord wat sonder
enige regverdiging op koelbloedige wyse deur 'n bende op 'n
weerlose
mede-gevangene gepleeg was. Dit is alles strafverswarend. Die weersinwekkende
wyse waarop die liggaam van die oorledene daarna
vermink is, en die barbaarse
gedrag van die appellante om sy bloed na die tyd te drink, is na my oordeel
verdere strafverswarende
faktore.
In die lig van die vorige veroordelings van die appellante, en gesien die
gedrag van die appellante ten tyde van, en direk na die
moord op die oorledene,
is daar na my oordeel geen redelike vooruitsig op hervorming nie. 'n Verdere
termyn van gevangenisstraf skep
trouens die wesenlike gevaar dat die appellante
nog dergelike moorde in die gevangenis sal pleeg.
40
Die strafversagtende faktore waarop die appellante gesteun het, dra myns
insiens weinig gewig, en word heeltemal oorskadu deur die
gewigtige
strafverswarende faktore wat genoem is. Dit geld vir al vier die appellante. Na
my oordeel is hierdie inderdaad 'n geval
van uitsonderlinge erns waar die
doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Die appèl van al vier die
appellante teen die doodvonnis wat hulle opgelê is, word gevolglik
afgewys.
F 'n GROSSKOPF AR.
HOEXTER AR
MILNE AR Stem saam