About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 159
|
|
S v Swarts (107/90) [1990] ZASCA 159; [1991] 4 All SA 155 (AD) (30 November 1990)
SAAKNOMMER: 107/90
PAULUS SWARTS
Appe.llanb
en
DIE
STAAT
Respondent
Hof a quo: ESSELEN R EN TWEE ASSESSORE (TPA)
ADVOKAAT VIR APPELLANT
: H J SAAIMAN (pro deo)
IN OPDRAG VAN
:
KORRESPONDENTE
:
ADVOKAAT VIR RESPONDENT
: D J HEYNS
IN OPDRAG VAN
:
PROKUREURGENERAAL, PRETORIA
KORRESPONDENTE
: PROKUREUR-GENERAAL,
BLOEMEONTEIN
CG SAAKNOMMER: 107/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak van:
PAULUS SWARTS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, KUMLEBEN et NIENABER ARR
AANGEHOOR
: 16 NOVEMBER 1990
GELEWER
: 30 NOVEMBER 1990
UITSPRAAK
NIENABER AR
2 Sy pleit ten spyt het die appellant nooit
werklik ontken dat hy Lucas Abraham Venter, 'n 71-jarige
man, eers vermoor
en sy 67-jarige eggenote, Hester
Johanna Carolina Venter, direk daarna
verkrag het nie.
Dit het alles op Sondag die 22ste Mei 1988 in hul huis
op
Swartruggens gebeur. Pas nadat mev Venter haar getuienis
voor 'n regter
en twee assessore in die Westelike Rondgang
Plaaslike Afdeling te Rustenburg voltooi het, het die
appellant formeel sy pleit van onskuldig na skuldig
gewysig. Daarop is hy op albei klagtes, die moord
(aanklag 2), en die verkragting (aanklag 4), skuldig
bevind en ten slotte ter dood veroordeel. Daarbenewens
is hy skuldig bevind aan, en gevonnis op, klagtes van
huisbraak met die opset om te steel (aanklag 1); roof
met verswarende omstandighede (aanklag 3); en die
onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie (aanklagte 5
en.6). Op dié klagtes is hy tot onderskeidelik 2 jaar
gevangenisstraf (aanklag 1), 8 jaar gevangenisstraf
3
(aanklag 3) en 9 maande en 3 maande gevangenisstraf (aanklagte 5 en 6)
veroordeel, met die voorbehoud dat die vonnisse op aanklagte
1, 5 en 6 met die
vonnis van 8 jaar gevangenisstraf op die roofklag moes saamval.
h Aansoek na
die verhoorhof om verlof om teen die doodvonnisse te appelleer, is geweier. Met
verlof van hierdie hof kom die appellant
nou in hoër beroep alleenlik op
die twee doodvonnisse wat hom op aanklagtes 2 en 4 opgelê is.
Die Venters (na wie ek voortaan ook as "die oorledene" en "die klaagster" sal
verwys) is die oggend om 9 vm kerk toe. Pas was hulle
by huis weg, of die
appellant daag daar op. Hy het die dag vantevore van 'n
werknemer van die Venters verneem dat "die oumense baie geld het in die
huis". Omstreeks 8 vm (so het hy tydens die ondersoek na versagtende
omstandighede op die moord-klag getuig) het hy eers vir 'n kort rukkie onder 'n
boom by 'n sportstadion, so 3 km van die Venters
se huis,
4 vertoef waar hy
twee halwe glase brandewyn gedrink en 'n
dagga-sigaret gerook het - enersyds om hom die nodige
koerasie te gee om die inbraak in hul huis aan te durf,
andersyds omdat hy naar gevoel het vanweë sy vorige nag
se fuiwery:
"Ek het nog hierdie gedagte in my kop gehad,om na daardie huis te gaan, maar
omdat ek so naar gevoel het het ek besluit om eers myself
reg te ruk om te drink
en dit het my die versterking gegee om uit te gaan na hierdie plek
toe."
By die Venters se huis aangekom,
het hy 'n
venster stukkend gegooi en ingebreek. Stelselmatig het
hy na die vermeende geld begin soek. Toe hy honger word,
het hy vleis, kaas en melk uit die yskas gehaal en by
geleentheid ook gerook. Klaarblyklik was daar by hom
geen dwingende haas om weer pad te gee nie. Hy het goed
geweet dat die huis net deur twee bejaarde persone bewoon
word en hy het hom op hul terugkeer voorberei deur die
telefoondraad te knip, 'n klomp van die oorledene se dasse
uit 'n hangkas te haal en aan mekaar vas te knoop, en 'n
5
elektriese koord van die vrieskas af te sny en byderhand
te hou. Sy verduideliking hieroor onder kruisverhoor is
insiggewend.
"Het u enigsins verwag of voorsien dat die
oorledene en sy
vrou kan terugkeer na die huis
toe terwyl u nog in die huis was? -- Nee,
ek
het nie daaraan gedink
nie.
HOF:
Hy sê hy het
nie wat? -- Ek het nie
daaraan gedink nie. O! gedink
nie.
MNR. VAN WYK:
Hoekom het u
dan dasse geknoop
in daardie tyd, want dit moes in daardie tyd
plaasgevind
het, klomp dasse gevat en geknoop?
-- Ja, op 'n stadium het ek gedink miskien
kan
die mense inkom en as altwee daar inkom sal ek
iets nodig hê om hulle mee vas te bind.
HOF:
Maar het u voorheen geweet dat hulle
bejaarde
mense was? -- Ja, ek het geweet dit is
ou mense.
MNR. VAN WYK:
Is dit vir daardie selfde rede
dat u ook die telefoondraad gesny het? -- Ja.
En u het ook die vrieskas se elektriese koord
gesny om as 'n
wapen te dien, is dit nie so nie?
-- Ja.
U het uself ook bewapen met BEWYSSTUK 2,
hierdie lang mes? -- Ja.
Ek stel dit aan u dat u hierdie stappe geneem
het om die
persone dood te maak en nie om uself
te beskerm indien u oorval sal word? --
(Geen
kommentaar)."
Hy was nog in die huis besig toe hy 'n motor by
6
die perseel hoor intrek. Dit was toe ongeveer 12h15.
Plaas van om weg te
hardloop, klim hy onder een van die
beddens in, gewapen met die mes wat hy
uit 'n kombuiskas-
laai gehaal het. Toe hy daarna gekruisvra word,
antwoord
hy soos volg:
"is dit korrek dat die motor wat u gehoor het het aan die agterkant van die huis
stilgehou? -- Ja.
Siende dat u geweet het dit is twee oumense wat daar bly hoekom het u nie net 'n
venster gebreek en by die voorkant van die huis
uitgespring en weggehardloop
nie? -- Omdat al die vensters van die huis diefwering gehad het. Dit was net die
een venster wat nie
diefwering voor gehad het. Die ene wat ek gebruik het om in
te klim. En 'n
verdere rede was dit dat ek te lank tyd gevat om 'n versameling te maak van al
die goed wat ek daar toe reeds versamel het, gehad
om sommer sonder dit daar uit
te spring."
Die appellant was dus nie
bang vir konfrontasie
nie. Konfrontasie het spoedig gevolg. Sommer met die
intrapslag in die huis het die klaagster onraad gewaar.
Wat daarna gebeur het, kan ten beste beskryf word aan die
hand van 'n aantal grepe uit die klaagster se getuienis.
7
"Toe ons binne is sê ek aan my eggenote ek ruik bantoe-reuk, 'n sweet
reuk."
In die toilet kom hulle op 'n
stuk kaas, 'n half-
vol bottel melk en sigaret-as af.
".....
Toe sê ek vir my man hy is in die huis ek kry die reuk sterk. Toe maak ek
my handsak oop en haal die pistool uit en ek loop
reg op die reuk af in die
middelste kamer."
"Toe sê ek toe ek die rewolwer uithaal, die pistool uithaal toe sê
ek vir hom: 'Vuilgoed kom uit onder die bed'."
"Toe ek die woorde uiter 'vuilgoed kom uit' toe steek hy sy kop uit."
"Op daardie stadium toe sê my man vir my: 'mamma gee my die pistool'. Na
ek die pistool vir hom oorhandig het toe vlieg hy
uit en hy storm met hierdie
mes (getuie toon aan die hof) en hy steek hom hier voor die kop en hy keer met
die arm."
(Die oorledene was as gevolg van 'n
beroerte-aanval aan sy
linkerkant verlam.)
"...
... ek vermoed met die steek of geslaan, maar met daardie momentum is dit (die
pistool) uit die hand uit. En hy het ons albei
onderstebo
8
gestamp. My man se kierie was op die tafel.
Ek het dit gegryp en ek het die swartman daarmee
geslaan."
"Het u hom raak geslaan? --
Op sy arm.
Wat het toe gebeur? -- Toe sê hy vir my: 'kyk
hoe slaan jy my ek gaan jou doodmaak.' "
"Ek het die kierie stukkend geslaan toe gryp hy een deel en hy slaan my oor my
gesig, die tande, onderstel in twee
stukke."
Die oorledene en die
klaagster het albei geval.
Die appellant het die pistool opgetel en in sy sak
gesteek. Die mës was in sy gordel.
Toe sê hy: 'staan op'."
"Toe sê ek vir hom: 'die oubaas kan nie alleen opstaan nie'. Toe vat hy
hom eenkant aan die arm en ek aan een arm en ons lig
hom op. Toe sê hy:
'gaan sit op die stoel'. Vir u? -- En my man.
Ja? -- Toe sê hy: 'haal af julle horlosies' . Toe haal ons dit af toe vat
hy dit. Toe se hy daarna: 'gaan kamer toe'."
"Toe sê hy vir ons: ' gaan kamer toe' . Hy sê toe aan my man:
'lê dit is .. (tussenbei).
HOF:
U sê aan u man lê, u?
-- Die swartman."
"Terwyl my man toe
lê op die bed het ek op die
9
ander bed gesit hy het my hande agter my rug vasgemaak.
HOF: En u? -- My hande agter my rug vasgemaak. Waarmee? -- Met 'n das. Een van
my man se dasse. Toe het hy begin en my man met dasse
wat alreeds aanmekaar
geknoop was verwurg. Sy hande - my man se hande het hy so vasgebind om die
gewrigte."
"Ja, toe het hy begin om die
dasse
(tussenbei). -- Om sy nek te
draai en knoop van
links na regs aan die katelstyl onder vasgebind
en van regs na links.
Wag so 'n bietjie. Van links na regs? -- Om die
nek vas aan die katelstyl. En aanhoudend
getrek en geknoop en getrek tot sy tong uitkom
.. (tussenbei).
Wag so bietjie. U sê aanhoudend getrek en ..
(tussenbei). -- En geknoop ..
Totdat? — Sy tong skeef uitkom.
Ja? -- En roggel geluide uit sy keel uit .
.
Laaste wat hy geprewel het was:
'Here wees ons
genadig'.
Die laaste wat hy geprewel
het was? -- Here
wees ons genadig. Toe was dit stil toe sê hy
vir
my: 'kom loop na die kamer', waar hy
uitgekom het, kamer 1 . Toe sê hy
vir my:
' klim op en lê. Toe vat hy daar dasse ook
gehad in daardie kamer."
In die kamer
neffens het die appellant die
klaagster oorkruis aan die katelstyl vasgemaak. Daarna
het hy haar begin
ontklee. Telkens as sy protesteer
10
dreig hy haar: "Bly stil, of ek maak jou dood". Hy het
ook haar voete
oopgesper en met die elektriese kabel wat
hy vantevore van die vrieskas afgesny het aan die bed
vasgemaak. Daarna
het hy haar rok begin losknoop. Die
onderkant van die rok het hy sommer met die mes oopgesny.
So ook haar
buustelyf en onderrok. Hy was op die punt om
met haar gemeenskap te hê toe hy 'n geroggel van die kamer
langsaan hoor waar die oorledene vasgemaak gelê het. Die
klaagster getuig:
"Net voor die seksdaad toe roggel my man toe spring hy uit die kamer, toe hy
die deur uitloop het hy die mes weer uitgepluk en in
my man se kamer gegaan.
Daarna was alles stil in my man se kamer en toe het hy voortgegaan met die
seks."
Terwyl hy besig was om haar te verkrag, het die
klaagster haar bewussyn verloor. Sy gaan voort:
"Toe ek my bewussyn herwin toe sien ek hy trek sy broeke aan. Toe het hy
begin om my te verwurg. En hy het al stywer en stywer getrek.
..
(tussenbei).
Is dit nou met die dasse? -- Met die dasse.
HOF:
En wat van die
elektriese kabel? -- Die
1 1
was om my voete gebind.
Ja? -- Die dasse was deur my mond om die nek -
sal ek vir u die litteken wys?
Ja. (Getuie beweeg na die bank en wys
littekens aan die regter). Die getuie wys na h
merk aan die regterkant van
haar nek wat
ongeveer 10 sentimeter in lengte is en na 'n
dowwe merk op
die linkerkantste wang.
MNR. VAN WYK:
U het nou gesê as ek u net
weer
kan bring na waar u getuienis laaste was, die
dasse is ook deur u
mond gebind? -- Ja.
As u dit net daar kan hervat? -- En om die nek
al stywer gewurg en gewurg totdat ek flou
geword het en my bewussyn verloor het.
HOF:
Dit is nou vir die tweede keer. Ja? --
Aan en af my bewussyn verloor. Sodra hy hoor
daar is 'n geluid .. (tussenbei).
Sodra hy? -- Hoor daar is 'n geluid, 'n roggel
dan trek hy stywer, die tou, die ding om my
nek. As ek bietjie hard roggel dan sê hy:
' bly stil ek maak jou dood' . So het ek gelê
bewusteloos, by positiewe totdat ek weer
geroggel het. Toe is hy bewus ek is nog nie
dood nie. Toe het hy gekom en hy het gevoel,
voel, voel hier aan my liggaam.
MNR. VAN WYK:
Is dit korrek, wys u hier by u
ribbes? -- Ja, by die ribbes. Voel, voel ..
(tussenbei).
HOF:
U wys op die linkerkant van u liggaam? --
Ja. Ja, sy wys op haar linkersy. Ja? -- Toe voel ek die steek. Wat ek kan
onthou is drie steke.
MNR. VAN WYK:
Hek agtermekaar gekom die drie -
u sê nou hy het gevoel, het hy die drie na mekaar gesteek? -- Ja, ek
het - maar net voor
12
die steek ek het vergeet toe het hy my, ek sal maar sê geblinddoek met 'n
swart woltjalie, stola."
"Die stola om my kop gedraai, vasgebind en toe daarna het hy die steekwonde
toegedien. Ek het duidelik gevoel hoe die warm bloed
oor my liggaam loop. En dit
het ook in mond in opgekom. Toe het ek maar so gelê dan raak ek
bewusteloos, kom by. So het ek
geworstel en ek het hom gehoor nog in die huis en
geprobeer om nie te worstel nie, want ek was bang hy kan verder iets doen.
Dat hy kan verder? -- Iets doen nog. So het ek my nag om gebid en gepleit by die
Here wil u my spaar, spaar my, wil u my neem, neem
my."
Blykens die mediese getuienis is die klaagster
inderdaad vier keer met 'n mes gesteek. Al die steekwonde was aan die linkerkant
van
die liggaam oor die borsgedeelte.
Nadat die appellant die klaagster verkrag het, het hy hul motor vol buit
gelaai. Hy het die sleutels in die hande gekry maar kon die
motor nie aan die
gang kry nie omdat dit met 'n immobiliseerder toegerus was. Hy is toe
onverrigter sake te voet daar weg met 'n
aantal
13
artikels waaronder die klaagster se horlosie, 'n leer aktetas, 'n goue pond,
ses beursies en R200,00 kontant. Eers die volgende oggend
is die klaagster deur
haar skoonsuster ontdek, waar sy feitlik nakend op die bed vasgemaak gele
het.
Die appellant het nie in alle opsigte met die getuienis van die
klaagster akkoord gegaan nie. Hy ontken byvoorbeeld dat hy na die
kamer terug is
waar die oorledene lê ën roggel het. Die verhoorhof glo die
klaagster, eerder as die appellant - en na
my mening tereg. Die appellant was
allermins konsekwent in die verskillende weergawes wat hy van die gebeure
verstrek het. In sy
latere getuienis het hy in wesenlike opsigte van sy vroeere
pleitverduideliking aan die landdros (kragtens art 119 van die Strafproseswet,
1977) afgewyk. Ek noem net 'n voorbeeld of twee.
In sy pleitverduideliking sê die appellant:
"A) Ek het die oorledene met dasse op die bed
14
vasgemaak en hom daarna met 'n das verwurg en hom daar gelos - ek wurg die
oorledene met die das tot hy dood was.
V) Enige reg of rede gehad om die oorledene te verwurg tot hy dood is?
A) Die oorledene wou my met pistool geskiet het en ek vat die pistool af en
verwurg hom. Ek wou oorledene doodmaak want hy wou my
geskiet het en as ek hom
gelos het sou hy my geskiet en doodgemaak
het."
Daarenteen sê hy in sy getuienis in hoof:
"Nou wou u die oorledene doodmaak? --
Nee.
Nou het u voorsien dat hy kan
verwurg en sterf
as gevolg van die dasse om sy nek? -- Nee."
Toe hy
onder kruisverhoor met sy antwoord tydens
pleitverduideliking gekonfronteer
word, is sy
verduideliking enersyds:
"Ek was nog geskrik gewees ten tye van my verskyning voor die landdros en ek was
nog heelwat 'dizzy' gewees."
en ándersyds dat
hy voorgesê is om die antwoorde aan die
landdros te verstrek.
Ook ontken hy dat hy die oorledene ooit met 'n
mes gesteek het terwyl die mediese getuienis sowel as die
15
foto's, selfs afgesien van die klaagster se getuienls,
dle teendeel
bewys.
Mens kan ook nie alles glo wat die appellant in
sy pleitverduideliking gesê het nie. So byvoorbeeld sê
hy by
daardie geleentheid:
"Nadat ek haar op bed vasgemaak het het sy my gevra of ek met haar gemeenskap
wil hê en ek het gesê 'ja'. Sy vra my en
ek het dan gemeen ek het
toestemming om met haar vleeslike gemeenskap te
hou."
Dit was nooit die strekking van sy latere
getuienis nie.
Na my mening was die verhoorhof dus volkome reg om die kwessie van vonnis op
die grondslag van die klaagster eerder as die appellant
se getuienis te
benader.
Op daardie grondslag kom die verhoorhof tot die gevolgtrekking dat die
appellant hom nie van die las gekwyt het om versagtende omstandighede
ten
opsigte van die moord te bewys nie. Derhalwe is die appellant ter dood
veroordeel.
16
Sedertdien het die regsposisie met betrekking tot die oplegging van die
doodstraf fundamenteel verander. Die Strafregwysigingswet,
107 van 1990, wat na
vonnis maar voor die aanhoor van hierdie appèl van krag geword het, het
'n totaal nuwe bedeling met betrekking
tot die oplegging van die doodstraf in
Suid-Afrika ingevoer. Daarvolgens moet die huidige appèl voortgesit word
"asof artlkels
4 en 13 (b) te alle tersaaklike tye in werking was." (Art 20(1)).
Tans is die toets anders, toegespits op, maar nie beperk tot, die
aan- of
afwesigheld van enige strafverswarende of strafversagtende omstandighede rakende
die betrokke halsmisdaad nie. Strafversagtende
omstandighede is 'n ruimer begrip
as díe eertydse "versagtende omstandighede". In albei opsigte rus die
bewyslas op die Staat:
om strafverswarende omstandighede te bewys en om
strafversagtende omstandighede te weerlê. Die regter in die hof a quo
lê
die doodvonnis op indien hy met inagneming van die hof se bevinding oor
die aan-
17
of afwesigheid van sodanige strafversagtende of verswarende omstandighede
"oortuig is dat die doodvonnis die gepaste vonnis is" (art
277 (2) (b) van die
Strafproseswet, 1977, soos tans deur art 4 gewysig), en hierdie hof het 'n wye
diskresie "indien hy van oordeel
is dat hy nie self die doodvonnis sou
opgelê het nie" om die vonnis van die hof a quo tersyde te stel en die
vonnis op te lê
wat na sy oordeel gepas is. (Art 322 (2A) van die
Strafproseswet, 1977, soos tans deur art 13 (b) gewysig.) Die kritieke vraag is
telkens of die doodstraf, in die lig van al die omstandighede wat bevind is,
die
gepaste vonnis is. Die voorgaande is almal aspekte wat in resente
beslissings van hierdie hof deurtastend bespreek is en in hierdie
uitspraak geen
verdere toeligting benodig nie. (Vgl
MASINA AND TWO OTHERS v THE STATE
,
gelewer op 13 September 1990;
SENONOHI v DIE STAAT
, gelewer op 17
September 1990;
NKWANYANA AND TWO OTHERS v THE STATE
, gelewer op 18
September 1990; MDAU_vDIE
18
STAAT
, gelewer op 28 September 1990.)
Wat gevolglik in die eerste
plek bekyk moet word, is watter versagtende en verswarende omstandighede daar
nou juis was. Daar is, terloops,
nie ooreenkomstig art 20 (3) van die nuwe
wysiging gevra dat die saak met die oog daarop na die verhoorhof terugverwys
moet word
nie.
Ter versagting is daar op die drank en dagga 'n beroep gedoen. Daarvan het
die appellant in sy aanvanklike pleitverduideliking self
geen melding gemaak
nie. Ook die klaagster het geen drank aan hom geruik nie. Maar selfs al aanvaar
mens dat die Staat nie die appellant
se bewerings in dier voege tydens sy
getuienis weerlê het nie, het die drank en die dwelms selfs op sy eie
weergawe geen noemenswaardige
rol by die pleging van die misdade gespeel nie.
Reeds voor hy begin drink het, was- die appellant van plan om by die Venters se
huis
ín te breek. Die twee halwe glase brandewyn en die zol
19
dagga was deels bedoel om hom die nodige durf te gee om dit te doen. Die
aansienlike tyd wat daarna verloop het, die 3 km na die Venters
se huis wat hy
moes stap, die behendigheid wat dit gekos het om die boonste vensterruit te
breek en daar in te klouter, en die berekende
wyse waarop hy sy kampanje daarna
beplan en uitgevoer het, g'etuig nie van iemand wat half-bedwelmd was nie.
Nerens in sy getuienis
verduidelik die appellant dat dit die drank en
daggá was wat hom tot die moord en die verkragting geïnspireer het
nie.
Na my mening was die verhoorhof reg om die drank en dagga as versagtende
omstandighede te verontagsaam, en dit maak ook nie juis
saak dat die bewyslas in
dié verband by die Staat berus het nie.
Voorts is betoog dat dit by die appellant hoogstens 'n geval van dolus
eventualis was en dat dié oorweging in sy guns behoort
te tel. Of die
appellant bloot opset by moontlikheidsbewussyn gehad het, is egter
20
te betwyfel. Sekerlik is dit nie die indruk wat mens uit die reeds
aangehaalde passasie tydens sy pleitverduideliking kry dat hy slegs
die
moontlikheid van die intrede van die dood van die oorledene voorsien het nie.
Volgens wat die appellant aan die landdros gesê
het, het hy die
regstreekse en onverbloemde bedoeling gehad om nie net die oorledene nie maar
ook die klaagster te vermoor. Niks
in sy latere getuienis het hieraan afgedoen
nie. Die appellant het vooraf goed geweet dat die huis deur twee bejaarde mense
bewoon
word wat hy sonder moeite sou kon oorweldig. Dit is presies wat hy beoog
het toe hy die telefoondraad en die elektriese koord geknip
het, die oorledene
se dasse geknoop, en homself met 'n mes uit die kombuiskas bewapen het.
Klaarblyklik het hy geweld beplan. Hy
het nie die geringste voorneme gehad om
hom sodra hulle opdaag uit die voete te maak nie. Al kan mens nie met vertroue
sê dat
hy na die Venters se huis is met die vooropgesette
21
opgmerk om die twee ou mense, kom wat wil, om die lewe te bring nie, moes hy
daardie moontlikheid wel deeglik voor oê gehad
het, en hom daarmee versoen
het, toe hy hom op hui terugkoms voorberei het; en in elk geval kan daar weinig
twyfel bestaan dat wat
sy plan vooraf ook al mog gewees het, hy die direkte
bedoeling gehad het om die oorledene dood te maak toe hy hom einde ten laaste
op
die bed vasgemaak en begin verwurg het. Dit was nie, soos hy in sy
pleitverduideliking suggereer, omdat hy bang was dat die oorledene
hom met die
pistool sou skiet nie -want op daardie stadium het hy die pistool reeds van die
oorledene afgeneem en was die oorledene
weerloos aan die katel vasgemaak. Ook
was dit nie om hom stil te maak, soos hy in sy getuienis probeer verduidelik het
nie -want
daar was geen getuienis dat die oorledene gegil of te kere gegaan het
nie; buitendien was die klaagster op daardie stadium nie gemuilband
nie en sy
was die een wat na verwagting om hulp sou geroep het. En dit was ook nie
22
om die oorledene te "immobiliseer", soos deur die appellant se advokaat
betoog is nie - want op daardie stadium was hy reeds teen
die bed vasgespalk.
Dat dit die appellant se direkte oogmerk was om die oorledene dood te maak, blyk
nie alleen daaruit dat hy aangehou
het om die oorledene te wurg selfs nadat sy
tong begin uitpeul het nie, maar ook daaruit dat hy weer na die kamer terug is
om die
oorledene stil te maak toe hy weer begin roggel het. En ten slotte blyk
sy gesindheid ook uit sy optrede teenoor die klaagster. Nadat
hy haar verkrag en
geblinddoek het, voel hy aan haar lyf en dien hy haar vier steekwonde met 'n mes
aan die linkerkant van die borsarea
toe. Sy klaarblyklike oogmerk was om haar om
die lewe te bring. En as dit met haar die geval was, is daar niks om aan te dui
dat
dit vroeër nie ook met die oorledene die geval was nie. Van dolus
eventualis as 'n versagtende omstandigheid kan daar, op die
getuienis as geheel,
na my mening dus ook geen sprake wees nie.
23
Dan is daar betoog dat die doodslag van die oorledene 'n impulsiewe daad was,
'n reaksie op die hou wat die klaagster hom met die
kierie toegedien het. Hy was
wel kwaad daaroor. Dit sê die klaagster self. Maar nêrens
verduidelik die appellant dat
dit juis om daardie rede was dat hy die oorledene
(en nie die klaagster nie) wou doodmaak. Mens kan begryp dat hy in pyn en woede
sou reageer toe die klaagster die kierie op hom breek. Dit is presies wat hy
gedoen het toe hy haar kunsgebit en bril flenters geslaan
het. Maar dit
verduidelik nie die moord op die oorledene nie. Wat oor 'n tydperk gebeur het,
was nie impulsief nie maar koud-berekend.
Hy het albei van hulle met die vooraf
gevlegte dasse vasgebind en hy het die oorledene toe stadig maar seker ten
aanskoue van die
klaagster verwurg en aanhou verwurg selfs nadat sy tong begin
uitsteek het. Na my mening moet die advokaat vir die Staat gelyk gegee
word,
gedagtig aan die wyse waarop die appellant albei sy
24
slagoffers aan die katelstyl vasgemaak het, dat hier 'n element van sadisme
te bespeur is. Sy oogmerk was om te martel en te moor.
Ook van impulsiwiteit kan
hier geen sprake wees nie.
Daar is gewag gemaak van die appellant se
betreklike jeugdigheid (24 jaar ten tyde van die voorval) en dat hy geen vorige
veroordelings
het waarby geweld 'n rol gespeel het nie. Op 24 jaar was hy kwalik
nog n kind. En wat sy vorige veroordelings betref, was daar weliswaar
net een,
maar dit was juis vir huisbraak, waarvoor hy 12 maande gevangenisstraf ontvang
het. Die ironie is dat hy presies dieselfde
misdaad gepleeg het terwyl hy op
parool op vrye voet was, 'n skamele 9 maande nadat hy gevonnis is. Dit getuig
nie van besonder belowende
hervormingsmateriaal nie. In elk geval moet hierdie
oorweging, dat hy homself denkbaar sou kon rehabiliteer, wyk wanneer mens na
die
omstandighede van sy optrede dié dag kyk. (Vgl
S v MOOI
1985 (1)
SA 625
25
(A) te 631A;
S v S
1987 (2) SA 307
(A) te 314F.) Dit
was n wrede,
waiglike daad wat tydens 'n beplande rooftog
gepleeg is op 'n weerlose
half-verlamde ou man. Die
gemeenskapsbelang speel ook 'n rol. In 'n
onlangse
uibspraak van hierdie hof, gelewer na die
inwerkingtreding van die Strafregwysigingswet, 1990, te
wete,
PAUL
BEZUIDENHOUT v DIE STAAT
, saaknommer 676/90,
gelewer op 28 September 1990, het hierdie hof soos volg
opgemerk:
"Bostaande oorwegings staan dan ook in noue verband met die gemeenskapsbelang as
'n faktor by straftoemeting. 'n Hof trag om die
gemeenskapsbelang te beskerm
deur 'n herhaling van die veroordeelde se misdadige vergrype te voorkom. Dit
spreek vanself dat waar
(soos in die onderhawige geval) dit oor 'n misdaad gaan
wat vir die gemeenskap inherent verderflik is, die belange van die maatskappy
meer gewig sal dra as by die geval waar die gemeenskapsbelange minder direk en
nadelig getref word. Na my beskouing word in die onderhawige
geval die
strafversagtende faktore deur laasgenoemde strafverswarende faktore verreweg
oortref."
Die vraag is ten besluite of
die doodstraf die
26
enigste gepaste vonnis op klagte 2 is. (Vgl
NKWANYA
NA
AND TWO
OTHERS v THE STATE
, supra, te 30-32.) Gegewe die omstandighede van hierdie
geval is die antwoord op hierdie vraag na my mening bevestigend. Inderdaad
was
dit 'n uiterste geval waar selfs lewenslange gevangenisstraf onvoldoende en
gevolglik nie 'n gepaste straf sou wees nie.
Díe appèl teen die vonnis op aanklag 2 behoort na my mening dus
te faal.
Dit bring my by die appèl teen die doodvonnis op die verkragtingklag,
klagte 4.
Die hof a quo het sy diskresie teen die appellant uitgeoefen en hom ter dood
veroordeel. Die hof het in ag geneem dat die klaagster
'n verfynde persoon was
wat die aaklige ervaring wat sy moes verduur, vir die res van haar lewe met
weersin in herinnering sal roep.
Die hof gaan dan voort:
"Hoewel die vastrekkery en daaropvolgende
27
steekhoue met bewysstuk 2 [die mes] ten aansien van die klaagster in aanklag 4
moontlik 'n verdere misdryf daarstel kan dit beswaariik
aangevoer word dat
sodanige handelinge nie deel van die omringende omstandighede van die
verkragting uitmaak nie."
Hlerdie uittreksel skep op
sy minste die indruk dat die
verhoorhof hom by die uitoefening van sy
diskresie daarop
verlaat het dat die appellant gepoog het om
die
klaagster, na voltooilng van die verkragting, te vermoor.
Dat daar wel so 'n poging was, blyk nie alleen
uit die appellant se optrede nie (om die klaagster vier
keer met 'n mes in die borsarea te steek waar sy weerloos
op die bed
vasgemaak gelê het), maar ook uit die
appellant se pleit van skuldig voor die landdros toe so 'n
aanklag nog voor hande was. Voor die verhoorhof is
hierdie aanklag van poging tot moord om die een of ander
rede, waaroor mens alleen maar kan spekuleer, laat vaar.
Die elemente van die misdaadsomskrywing "poging tot
moord" en die gesindheid waarmee dit gepaard gaan,
28
verskil so hemelsbreed van die omskrywing en gesindheid
wat vir
verkragting vereis word, dat die appellant in die
toekoms in beginsel steeds aan poging tot moord aangekla
sou kon word
sonder dat hy die verweer van autrefois
convict suksesvol sou kon opper (vgl
R v CONSTANCE EN h
ANDER
1960 (4) SA 629
(A)); des te meer sou
dlt die
geval wees waar die poging tot moord plaasgevind het
nadat die verkragting reeds voltooi was.
Waar 'n persoon tegelyk aan verkragting en moord
(of poging tot moord, of strafbare manslag) aangekla
word, moet die hof by vonnisoplegging steeds teen die
gevaar van 'n verdubbeling van vonnisse waak. Aldus is in
S v S
, supra, te 312C-F gesê:
"Tweedens blyk dit dat die Verhoorregter die dood van die oorledene in
aanmerking geneem het by die bepaling van 'n gepaste vonnis
op die verkragting
aanklag. In dié opsig het hy fouteer. Daar moet 'n duidelike verskil
getref word tussen die doodsveroorsaking
van die oorledene wat 'n element van
die strafbare manslag is, en die geweldpleging wat 'n
bestanddeel van die verkragting is. Die
29
Verhoorregter moes noodwendig die doodsveroorsaking van die oorledene in
aanmerking neem by die bepaling van 'n gepaste straf ten
opsigte van die
strafbare mansiag aanklag. Hy was nie geregtig om dit ook in aanmerking te neem
met betrekking tot die vonnis op
die verkragting aanklag nie. Op hierdie aanklag
was alleenlik die aard en omvang van die geweldpleging tydens die verkragting 'n
relevante oorweging. Dit is ongeoorloof om die doodsveroorsaking by
straftoemeting twee keer in aanmerking te neem omdat dit sou
indruis teen die
beginsel dat duplisering van vonnisse vermy moet word. Gevolglik moes die
Verhoorregter die oorledene se dood weggedink
het toe hy die appellant op die
verkragting aanklag gevonnis het, maar hy het klaarblyklik nagelaat om dit te
doen. (Sien
S v WITBOOI
1982 (1) SA 30
(A) op 35; S
v MOOI
1985
(1) SA 625
(A) op 630;
S v TWALA EN 'n ANDER
1985 (2) PH 'n 105
(A).)"
Hierdie oorweging geld vir enige kombinasie
van
potensiele halsmisdade, soos byvoorbeeld verkragting en
roof met
verswarende omstandighede (
S v TSHOMI EN 'n AND
ER
1983 (3) SA 662
(A)), moord en verkragting (
S v J
1989
(1) SA 669 (A)), verkragting, huisbraak met verswarende
omstandighede en poging tot moord (
S v G
1989 (3) SA 695
(A)). Die gevaar is veral opvallend waar 'n moord tydens
30
'n rooftog gepleeg is en die beskuldigde aan sowel moord
as roof met
verswarende omstandighede skuldig bevind word
(vgl
S v WITBOOI
1982 (1 ) SA 30 (A) te 35A-G;
S v
MOLOTO
1982 (1) SA 844
(A) te 854E-G;
S v DANIeLS E
N 'n
ANDER
1983 (3)
SA 275
(A) te 306A-C;
S v BAPELA AND
ANOTHER
1985 (1) SA 236
(A) te 247C-G;
S v MOOI
, supra,
te 630D en
S v PETERSEN
1989 (3) SA 420
(A)). Aldus is
in
S v MOOI
, supra, 630D-G gesê:
"Namens die appellant word aangevoer dat ui.t die twee so pas aangehaalde
passasies dit blyk dat dieselfde omstandighede wat die
Verhoorhof genoop het om
te bevind dat daar geen versagtende omstandighede ten opsigte van die moord was
nie, juis ook as verswarende
omstandighede aangemerk is ten opsigte van die
roof, en dat die Verhoorhof hom aldus skuldig gemaak het aan 'n onbehoorlike
'vermenigvuldiging'
van vonnisse. Meer bepaaldelik moet die vraag gestel word of
die Verhoorhof by oplegging van die doodstraf vir die roof, die dood
van die
oorledene in aanmerking geneem het. Indien wel, sou die Verhoorhof duidelik vir
die eenmalige intrede van die dood tweemaal
die doodstraf opgelê het. Daar
is egter geen aanduiding in die hof se motivering by straftoemeting vir die roof
dat hy dit
gedoen het nie. Inteendeel is dit
myns
31
insiens duidelik by noukeurige nalees van die uitspraak dat die verhoorhof wel
die intrede van die dood 'weggedink' het. Deurslaggewend
was die feit dat die
appellant onnodiglik en sonder meer op die oorledene geskiet het met die oogmerk
om hom buite aksie te stel
ten einde te roof. As die lewensgevaarlikheid van die
geweld deur die appellant toegepas wel by die straftoemeting 'n rol gespeel
het,
maak dit ook nie per se die doodstraf aanvegbaar nie. (
S v WITBOOI
1982
(1) SA 30
(A) op 34F-35F.) Myns insiens blyk dit nie dat die Verhoorhof
onbehoorlik die straf verdubbel het nie."
Die geweld
wat tot die dood gelei het, kwalifiseer
vanselfsprekend as 'n verswarende
omstandigheid vlr
doeleindes van die roof. Dan gaan dit om die
skuldigbevinding as sodanig aan die misdaad "roof met
verswarende
omstandighede". (Vgl
R v CAIN
1959 (3) SA
376 (A) te 383D-F;
R v CONSTANCE EN 'n ANDER
, supra, te
634A-D; 636A-G.) Maar wanneer dit by die vonnis vir die
roof kom, moet die moord, soos meermale gesê is,
weggedink word want anders word die dood van die
oorledene twee keer teen die beskuldigde in ag geneem -
een keer onder die rubriek "moord" en 'n tweede keer onder
32
die rubriek "roof met verswarende omstandighede".
Hierdie benaderlng is, sover my bekend, vir die eerste keer deur Trollip AR
in
S v MATHEBULA AND ANOTH
ER
1978 (2) SA 607
(A) te 613H geformuleer
(waaroor aanstons meer) en is daarna herhaaldelik toegepas. 'n Selfstandige
regsbeginsel is dit egter nie.
Die eintlike beginsel is dat dieselfde feit of
feitestel wat aan meerdere misdade gemeenskaplik is - in die een geval bes
moontlik
as 'n bestanddeel van die misdaadsomskrywing, en in die ander geval as
'n verswarende omstandigheid by vonnis - nie meermale teen
'n beskuldigde in ag
geneem moet word wanneer dit by die oplegging van vonnis op elk van die klagtes
kom nie. Die "wegdink" van die
een misdaad sodra
'n vonnis vir die ander oorweeg word, is dus hoogstens 'n riglyn.
Hierdie praktiese werkswyse word meestal aangewend waar verskillende klagtes
gelyktydig bereg word. Die vraag is of dit ook behoort
te geld waar h'n
33
beskuldigde op een klag tereg staan maar die teoretiese
moontlikheid
bestaan dat hy by 'n latere geleentheid, voor
'n ander hof en op 'n ander
klag, skuldig bevind mag word -
en dat presies dieselfde verswarende omstandigheid ook
daar ter sake mag
wees.
In
S v MAVHUNGU
1981 (1) SA 56
(A) te 68F-H
verklaar Trollip AR:
"The general rule is that a court, in assessing the sentence for an offence of
which the accused has been convicted, must not take
into account as aggravation
the facts or circumstances constituting a different, more serious offence with
which he has not been
chargedi (Cf
R v ABDULLAH
1956 (2) SA 295
(A) at
298H-299A; and see
R v BOESIGO
1956 (1) SA 234
(A) at 237C;
R v
WARDLE
1958 (3) SA 702
(SR);
S V BRERETON
1971 (1) SA 489
(RA) at
492E-F;) The reason for the rule is prejudice to the accused, actual or
protential."
Die sake waarna in die
dictum verwys word, is
almal gevalle waar dit in die loop van die verrigtinge
geblyk het dat die beskuldigde in werklikheid 'n veel
ernstiger misdryf begaan het as die een waarvoor hy
34
aangekla is. Om die beskuldigde dan te vonnis asof hy
aan die ernstiger
misdryf skuldig bevind is, sou teenoor
hom onbillik wees. Maar dit beteken
darem ook nie dat
daardie feit geïgnoreer moet word as dit
vanweë
tydsbestek of omstandigheid andersins wel relevant sou
wees
nie. Aldus vervolg die dictum:
"In the present case, however, I think that the unlawful conspiracy can and
ought to be taken into account as aggravation of the
present offence because of
its direct and close causal relation with the latter. After all, it was because
of the conspiracy that
the deceased was killed and his body became available,
that appellant, Pilane, and Masala were there to be able to remove the parts
of
the body they wanted and that they then disposed of the body, all of which
contributed towards appellants accessorial guilt. Moreover,
the conspiracy
serves to negative that ultimate participation in the mutilation and disposal of
the body may have been due to a sudden
impulse or temptation or an unexpected
opportunity. Hence to exclude it from consideration in assessing sentence would
be quite unrealistic."
Wat Trollip AR
hier sê, is op die oog af in
stryd met 'n terloopse opmerking wat hy vroeër in S v
35
MATHEBULA AND ANOTHER
, supra, op 613H gemaak het, waar
verklaar is:
"If, in order to avoid any possible duplication of punishment, one thinks away
the murder of Mrs Du Toit (because the appellants
were separately charged and
sentenced to death on count 1) and the attempted murder of Du Toit (a
separate and distinct count on which appellants ought to have been and might
still be sentenced
), the robbery, although serious, was not sufficiently
serious by itself, in my view, to have warranted the extreme penalty." (My
onderstreping.)
Die onderstreepte sinsnede wek die
indruk dat die poging
tot moord buite rekening gelaat moet word al is dit
origens wel ter sake. Na my mening sou dit (om Trollip
AR se eie woord in
S v MAVHUNGU
, supra, te gebruik)
"onrealisties" wees om 'n faktor wat wel deeglik by
vonnisoplegging relevant is, te verontagsaam, net omdat
dieselfde faktor altémit by 'n ander moontlike klag in h
ander moontlike verhoor, ook ter sake mag wees. Die
vrese vir verdubbeling moet nié naderhand omslaan in dié
vermindering van 'n vonnis wat andersins geleë sou wees
36
nie.
Die aangewese tydstip om teen 'n verdubbeling van vonnisse te waak, is
wanneer die verdere klag wel voor 'n ander hof dien en tot
'n skuldigbevinding
lei. Die probleme wat in dié verband denkbaar nog met die vroeëre
stelsel van verpligte doodvonnisse
ondervind sou kon gewees het (waar die hof by
die tweede geleentheid geen versagtende omstandighede kon vind nie), is met die
nuwe
stelsel besweer. Die hof het nou by die tweede geleentheid, net soos by die
eerste, 'n vrye diskresie om die doodvonnis op te lê
of nie. By die
uitoefening van daardie diskresie sal 'n hof in ag neem tot watter mate die
besondere verswarende omstandigheid wat
nou ter sprake is, blykens die uitspraak
van die hof in die vroeëre saak reeds vantevore by vonnisoplegging 'n rol
gespeel het.
En wat vir halsmisdade geld, geld ook vir mindere gevalle. Telkens is dit,
soos altyd maar by
37
vonnisoplegging, 'n kwessie van tersaaklikheid en ewewig. Dit wissel van
geval tot geval. 'n Omvattende reël, 'n
onwrikbare benadering, bestaan
nie. Neem 'n alledaagse voorbeeld: wanneer 'n man aan die onwettige besit van
'n
tuisgemaakte vuurwapen skuldig bevind is, mag dit by vonnisoplegging
relevant wees dat sulke vuurwapens dikwels in faksie-gevegte
gebruik word; dit
kan selfs relevant wees dat hy iemand met die besondere vuurwapen geskiet het.
Maar dan moet hierdie faktor nie
oorbeklemtoon word nie: hy moet nie gevonnis
word asof hy aan openbare geweld of aanranding (waarvan hy nie op daardie
stadium aangekla
was nie) skuldig bevind is nie. Word hy later wel van so iets
aangekla en skuldig bevind, moet die hof na die beste van sy vermoë
daarmee
rekening hou dat dié gemeenskaplike faktor vantevore reeds in ag geneem
is. Op die manier moet daar gepoog word om
'n
balans te handhaaf deur die
verskillende vonnisse met mekaar te versoen, net soos 'n hof 'n balans
probeer
38
handhaaf deur die kumulatiewe effek van verskillende vonnisse wat
terselfdertyd opgelê word in ag te neem.
Dit bring my dan by die geval
onder bespreking. Twee probleme is identifiseerbaar:
(a) Mens weet nie tot
watter mate die feit dat die appellant die klaagster na afhandeling van die
verkragting die vier messteke toegedien
het, by die oplegging van 'n gepaste
vonnis vir die roof met verswarende omstandighede deur die verhoorhof in ag
geneem is nie;
(b) Is hierdie faktor hoegenaamd relevant ten opsigte van die
verkragting?
Wat die eerste van hierdie twee vrae betref, is dit uit die uitspraak van die
verhoorhof duidelik dat hy wel die moord op die oorledenë
weggedink het toe
hy oor die vonnis vir die roof met verswarende omstandighede besin het. Maar
óf hy ook die poging tot moord
op die klaagster weggedink het, kan nie
uit die uitspraak self
39
bepaal word nie. Neem mens egter die tydperk van gevangenisstraf in ag wat
vir die roof opgelê is en die feit dat die verhoorhof
op die gevaar van
verdubbeling van vonnisse bedag was, is dit myns insiens redelik om te aanvaar
dat die messteke op die klaagster
nie by die verhoorhof 'n rol gespeel het toe
vonnis opgelê is vir die roof met verswarende omstandighede nie.
Wat
die tweede kwessie betref, is dit myns insiens wel relevant dat die verkragting
gepleeg is in die loop van 'n rooftog en dat die
appellant voor, tydens en na
die verkragting van geweld gebruik gemaak het. Die aanranding op die klaagster
met die mes was een van
'n
reeks deurlopende gebeurtenisse wat almal in meerdere of mindere mate met
mekaar verband gehou het. Die messteke is toegedien ten
einde die klaagster as
'n potensiële getuie teen die appellant te eiimineer. As sodanig was dit in
tyd sowel as samehang aan
die verkragting en die ander voorafgaande misdade
gekoppel. So beskou was die
40
latere aanranding op die klaagster wel deeglik 'n
verswarende faktor wat
die hof geredelik by vonnisoplegging vir die verkragting in ag sou kon neem -net
soos die hof in beginsel enige
vorige en selfs latere veroordeling of bewese
handeling wat 'n neiging tot dié soort misdaad aan die kant van 'n
beskuldigde
openbaar, of sy ongevoeligheid teenoor die slagoffer illustreer, as
verswarende faktore in ag sou kon neem. (Vgl
S V B
1981 (4) SA 851
(A) te
856H-857A;
S v S
1988 (1) SA 120
(A) te 123G-H;
S v J
1989 (1) SA
669
(A) te 675C-676A.) Weliswaar is verkragting per definisie geslagsgemeenskap
sonder toestemming en nie geslagsgemeenskap met geweld
nie, maar waar die
slagoffer se weerstand wel met geweld te bowe gekom is, is sodanige geweld
vanselfsprekend 'n relevante faktor.
So ook is die oorweging dat die verkragting
deur verdere geweld gevolg is, al was dit nie geweld wat op die gemeenskap as
sodanig
gemik was nie, steeds 'n faktor, aangesien dit die beskuldigde se
neiging
41
tot geweld of sy gevoelloosheid teenoor sy slagoffer
d'emonstreer. (Vgl
S v J
, supra, 674I-J.) Aldus ís in S
v PIETERS
1987 (3)
SA 717
(A) te 736F-G gesê:
"Ten slotte is daar aangevoer dat die geweldpleging wat die appellant op die
klaagster toegepas het nadat die verkragting afgehandel
is, nie in aanmerking
geneem kon word by die oorweging van 'n gepaste straf nie. Na my mening is die
betoog ongegrond. Die appellant
se optrede was 'n aaneengeskakelde, volgehoue
aanranding op die klaagster en die Verhoorregter was geregtig om die totale
beeld van
die appellant se optrede in aanmerking te neem by die oorweging van 'n
gepaste straf."
En as geweld na die tyd 'n faktor is
wat die hof in ag kan
neem, is die gesindheid waarmee die geweld toegedien is,
ook 'n faktor, want die een kleur die ander. Dit is alles
deel van "die totale beeld".
Ek meen dus nie dat die hof a quo die poging tot moord verkeerdelik as "deel
van die omringende omstandighede van die verkragting"
in ag geneem het nie.
Maar dit is in elk geval nie meer die pertinente vraag wat hierdie hof hom in
hierdie
42
verrigtinge moet afvra nie. Die vraag is nie, soos vroeer, of die hof a quo
sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie (vgl
S v PIETERS
, supra;
5 v
S
, supra); die vraag is nou hoe hierdie hof sy eie tans vrye diskresie moet
uitoefen.
In ooreenstemming met wat reeds gesê is, moet die oorweging dat die
appellant die oorledene gedood en roof met verswarende omstandighede
gepleeg
het, ofskoon relevant, nietemin verontagsaam word wanneer dit by die vonnis vir
die verkragting kom, aangesien die beskuldigde
reeds afsonderlik daarvoor
gestraf is. Vir die geweldpleging wat met die verkragting in verband staan,
voor, tydens en daarna, is
hy nog nie gestraf nie. Dit speel dus steeds 'n
rol.
Die vraag is dan of die doodstraf die enigste gepaste straf vir die
verkragting is. Dat dit 'n uiters ernstige misdaad was, val nie
te betwyf el
nie. Die klaagster, 'n bejaarde; verfynde dame is in haar eie huis
43
so brutaal verkrag dat sy op 'n keer selfs haar bewyssyn verloor het; feitlik
nakend is sy op haar bed vasgemaak en oopgespalk; die
appellant het haar
geterroriseer en met geweld gedreig; sy is verneder, en les bes is vier messteke
haar toegedien; waarna die appellant
haar net so gelos het terwyl hy besig was
om sy buit te versamel en homself uit die voete te maak. Maar na dit alles
gesê is,
bly dit 'n feit dat die klaagster fisies, anders as miskien
psigies, nie blywend benadeel is nie hoewel sy steeds die littekens van
haar
ervaring dra. Dit tel ook in die appellant se guns dat hy geen vorige
veroordeling vir verkragting of enige ander geweldsmisdaad
het nie. Word die
verkragting, soos dit hoort, los van die ander wandade beskou, meen ek nie,
selfs met inagneming van die geweldpleging
daarvoor, daartydens en daarna, dat
die doodstraf die enigste gepaste vonnis is nie, hoe ernstig en gruwelik die
verkragting ook
al was. Na my mening sou 'n langdurige termyn van
gevangenisstraf,
44
in dié geval 20 jaar, die aangewese vonnis vir die verkragting wees.
Ek meen voorts dat die vonnisse op klagtes 1, 3, 5 en
6, met hierdie vonnis moet
saamloop, wat in totaal dus 'n effektiewe vonnis van 20 jaar gevangenisstraf
beteken.
Die bevel van die hof is dus:
(1) Die appèl teen die doodvonnis wat die appellant
op die moordklag,
klagte 2, opgelê is, word van
die hand
gewys.
(2) Die appèl teen die doodvonnis wat
die appellant
. op die verkragtingklag, klag 4, opgelê is,
slaag. Die doodvonnis op klagte 4 word tersyde gestel en vervang met 'n
vonnis van 20 jaar gevangenisstraf. Dit word gelas dat die
vonnisse van
gevangenisstraf wat ten opsigte van klagtes 1, 3, 5 en 6 opgelê is, met
die gemelde vonnis sal saamloop.
45
P M NIENABER AR
STEM SAAM:
BOTHA AR) KUMLEBEN AR)