Premier Van Die Gautengse Provinsiale Regering v Myburgh (644/02) [2004] ZASCA 18; [2004] 2 All SA 349 (SCA) (29 March 2004)

50 Reportability

Brief Summary

Pension — Payment of pension benefits — Claim for interest on delayed payment of pension benefits — Respondent's employment terminated on 30 November 1996, with pension benefits paid on 15 January 1997 — Respondent claimed moratory interest for the delay — Appellant contended that payment terms governed by Proclamation 21 of 1996, which stipulated interest only if payment was not made within 60 days — Court found no contractual obligation on the appellant to pay benefits on the last day of service, as the obligation lay with the Government Employees Pension Fund — Appeal upheld, with costs awarded to the appellant.




DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN SUID-AFRIKA

RAPORTEERBAAR
Saaknommer : 644/02

In die saak tussen :

PREMIER VAN DIE GAUTENGSE
PROVINSIALE REGERING APPELLANT

en

JOHANNES JACOBUS MYBURGH RESPONDENT


CORAM : HARMS, SCOTT, MTHIYANE, BRAND ARR en
PONNAN Wnd AR

DATUM : 11 MAART 2004

GELEWER : 29 MAART 2004

Opsomming: Pensioengratifikasie betaalbaar deur Pensioenfonds ingevolge
Proklamasie 21 van 1996 – beweerde ooreenkoms dat die appellant uit
hoofde van afsonderlike ooreenkoms vir betaling van rente op gratifikasie
aanspreeklik is – bestaanbaarheid van beweerde ooreenkoms met art 26 van
die Proklamasie


UITSPRAAK



BRAND AR/

2
BRAND AR :
[1] Aanvanklik het die hui dige respondent, na wie ek
geriefshalwe as die 'eiser' sal verwys, die appellant (die
'verweerder') in die Landdroshof van Joha nnesburg aangespreek
vir 'n bedrag van R13 186.18. Daar is die eis met koste van die
hand gewys. Op appèl na die TPD is die eiser egter deur Kirk-
Cohen R, met wie Roux R sa amgestem het, gelyk gegee.
Vervolgens het hierdie hof aan die verweerder verlof verleen om
die onderhawige appèl voort te sit, maar met die voorbehoud
beoog in art 20(5)(a) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959 dat
die verweerder die koste van di e appèl betaal, o ngeag die uitslag
daarvan.

[2] Ten spyte van heelwat onsek erheid oor die eiser se
gedingsoorsaak op die pleitstukke, is die onderliggende feite eintlik
heel eenvoudig en grotendeels gemene s aak. Tot en met 30
November 1996 was die eiser in diens van die verweerder. Sy
diensbeëindiging op 30 Novemb er 1996 het gevolg toe die
verweerder sy aansoek om op vervroegde aftrede te gaan,
aanvaar het. By aftr ede het die eiser op 'n vrywillige
skeidingspakket geregtig geword. Deel van hierdie vrywillige
3
skeidingspakket was 'n pensioengr atifikasie van R690 030.05, wat
op 15 Januarie 1997 aan hom betaal is. Die eiser se saak is dat hy
reeds op die datum van sy diens beëindiging, dit is 30 November
1996, op betaling van hierdie bedrag ge regtig was. Die
R13 186.18 wat hy eis verteen woordig moratore rente, bereken
teen die statutêre koer s van 15,5% per jaar op die bedrag van sy
pensioengratifikasie vir die 45 dae wat hy vir uitbetaling moes wag.
In sy besonderhede van vordering is die eiser se gedingsoorsaak
soos volg geformuleer:

'Die verweerder het 'n regsplig gehad om op die laaste dag van
diensbeëindiging aan die eiser sy pensioenvoordele te oorhandig. Die eiser
se diens het geëindig op 30 November 1996. Nieteenstaande die verpligting
wat op die verweerder gerus het om op datum van diensbeëindiging die
pensioenvoordele aan die eiser oor te betaal, is die pensioenvoordele in stede
van 30 November 1996 eers op 15 Janarie 1997 in die bedrag van
R690 030.05 aan die eiser oorbetaal.'

[3] Volgens die eiser se na dere besonderhede het hierdie
regsplig aan die kant van die verweerder sy ontstaan gehad in 'n
kontrak. Aangaande di e totstandkoming en die bepalings van
hierdie kontrak, was die eise r se saak dat sy aansoek om
vervroegde aftrede, wat uiteindelik deur die verweerder aanvaar is,
4
geskied het in an twoord op 'n uitnodigi ng wat in 'n omsendbrief
deur die Departement van Staatsdiens en Ad ministrasie, gedateer
22 Mei 1996 ('die omsendbrief') bel iggaam is, welke brief deur die
verweerder aan hom voorgehou is. Bygevolg, het die eiser
aangevoer, het die inho ud van hierdie omsen dbrief regtens deel
van 'n kontrak tussen die partye geword. Uitgaande van hierdie
vertrekpunt, het die eiser hom in besonder beroep op para 17(a)
van die omsendbrief, wat soos volg lui:

'17. For purposes of the payment of the pension benefits relating to the
voluntary severance package, the Department of Finance (Chief Directorate:
Pensions Administration) indicated/requested that –
(a) since affected members of the Government Employees Pension Fund
are entitled to expect that their pension benefits be paid to them promptly,
departments/administrations must take whatever steps may be necessary to
ensure that all relevant documents are fully and correctly completed to reach
the Department of Finance: Pensions Administration not later than six weeks
before the date on which a person's services are terminated'.
(Onderstreping deel van die oorspronklike.)

Volgens die eiser moet die term 'p romptly' in hierdie paragraaf
verstaan word as 'n verwysing na die dag waarop die betrokke
amptenare se diens beëindig is. Gevolglik was die verweerder,
5
volgens die eiser, ingevolge para 17(a), kontraktueel verplig om te
voldoen aan sy verwagti ng waarna in die pa ragraaf verwys word,
naamlik, dat hy sy pensioengratifika sie op datum van
diensbeëindiging sou ontvang.

[4] In sy pleit het di e verweerder ontken dat hy kontraktueel die
verpligting op hom gene em het waarop die ei ser se saak berus.
Volgens die verweerder is die beta ling van rente op die eiser se
pensioengratifikasie statutêr ge reël deur art 26 van Proklamasie
21 van 1996 ('die Proklamasie') wat in die Sta atskoerant van 19
April 1996 deur die President afgekondig is. Die gedeelte van
art 26 waarop die verweerder hom beroep, lui soos volg:

'26(1) Notwithstanding anything to the contrary in any law contained, a
benefit payable in terms of this Law shall be paid to the member … entitled to
such benefit within a period of 60 days after the date on which the Board
receives a duly completed statement in the prescribed form or, if the Board
receives such statement before the date on which a benefit is payable to the
member or pensioner concerned in terms of this Law, within a period of 60
days after the date on which such benefit is so payable.
(2) If a benefit is not paid within the period referred to in subsection (1),
interest shall be paid by the Fund to the member … on any part of the amount
6
of the benefit not paid within the period of 60 days referred to in subsection (1)
at the rate prescribed.'

In die lig van hierdie bepalings , so het die verweerder aangevoer,
sou die eiser eers op rente geregtig wees indien hy nie binne 60
dae na sy diensbeëi ndiging sy pensioengr atifikasie on tvang het
nie. Aangesien die gebeurlikheid w aarvoor in art 26(2) voorsiening
gemaak is nooit ger ealiseer het nie, was di e eiser nie op enige
rente geregtig nie.

[5] Volgens die pleitstukke het beide partye skynbaar van die
vertrekpunt uitgegaan dat dit die verweerder was wat vir die
betaling van die eiser se pensioen gratifikasie aanspreeklik was.
Soos aanstons sal blyk, was hierdie vertrekpunt kennelik verkeerd.
Betaling van die eiser se pensioeng ratifikasie was die verpligting
van die Government Employees Pension Fund (' die Fonds') wat
ingevolge art 2 van die Proklamasie tot stand gekom het. In hierdie
lig was die eiser se saak uite indelik dat daar, benewens die
verbintenis tussen hom en die Fonds, in die lig van para 17(a) van
die omsendbrief 'n aparte kontrak tuele verhouding tussen hom en
die verweerder ontstaan het waarvolgens die verweerder
onderneem het om toe te sien dat die Fonds sy gratifikasie op
7
datum van sy diensbeëindiging betaal. So gesien, ontstaan die
vraag waarom die eiser geregtig sou wees op die moratore rente
wat hy eis, eerder as op skadev ergoeding weens kontrakbreuk.
Daarmee gepaard gaande is die verder e vraag hoekom die
omvang van die eiser se skade noodwendig gelyk gestel moet
word aan rente teen die koers va n 15,5% per jaar, wat in terme
van die Wet op die Voorgeskrewe Rentekoers 55 van 1975 vir
moratore rente voorgeskryf is. Mo ratore rente, wat eintlik 'n
surrogaat vir skadevergoeding ween s kontrakbreuk is, is immers
slegs verhaalbaar van die party wa t vir die hoofskuld aanspreeklik
is en wat versuim het om dit tydig te betaal (sien byvoorbeeld
Thoroughbred Breeders Association v Price Waterhouse 2001 (4)
SA 551 (HHA) 593A-G). Hierdie probl eme in die eiser se saak is
egter ondervang deur 'n ooreenkoms wat by die aanvang van die
verhoor namens die pa rtye aangegaan is. In te rme hiervan is die
geskilpunte tussen hulle beperk tot die volgende twee vrae:
(a) Het daar 'n ooreenkoms tuss en die partye tot stand gekom
waarvolgens die verwee rder verplig was om toe te sien dat die
eiser sy pensioenvoordele op die laaste dag van sy diens
ontvang?
8
(b) Indien wel, is sodanige ooreenkoms uitgesluit deur die
bepalings van art 26 van die Proklamasie?

[6] Hierdie formulering wat daaro p neerkom dat die vrae rondom
die kontrak waarop die eiser steun tweeledig van aard is, dra nie
werklik by tot groter helderheid nie. By b ehoorlike ontleding van
die party se teenoorstaande standpunte is die vernaamste vraag in
hierdie verband eintlik maar een, naamlik of die ooreenkoms
waarop die eiser hom beroep bestaanba ar is met die bepalings
van art 26 van die Proklamasie.

[7] Met verwysing na die geskilp unte soos in die verhoorhof
geformuleer, was die landdros se beslissi ng dat die eiser nie die
ooreenkoms waarop hy hom ber oep, bewys het nie. Hierdie
beslissing was hoofsaaklik die resultaat van die landdros se
bevinding dat 'promptly' in para 17(a) van die omsendbrief nie
sinoniem is met die datum van sy diensbeëindiging nie. Die
landdros se beslissing ten gunste van die verweerder op
geskilpunt (a) het dit vir hom o nnodig gemaak om te handel met
geskilpunt (b).

9
[8] Hierteenoor het die hof benede op appèl di e eiser gelyk
gegee in sy standpu nt dat para 17(a) inderd aad in 'n ooreenkoms
tussen die partye beliggaam is en dat 'promptly' in die konteks van
dié paragraaf, 'can only mean at the date of retirement and not
thereafter'. Dit het die hof a quo genoodsaak om ook geskilpunt
(b), rakende art 26 van die Prokla masie, te beslis. Hieroor was die
hof se beslissing dat, aangesien art 26 slegs op die verhouding
tussen die eiser en die Fonds betr ekking gehad het, die bepalings
van die artikel nie die verweerder (in teenstelling met die Fonds)
verhoed het om 'n kontrak aan te ga an soos dié waarop die eiser
hom beroep nie.

[9] Die oorweging van die hof a quo se bevindings verg,
eerstens, 'n nadere beskouing van die onderlinge verhouding
tussen die eiser, die verweerder en die Fonds en, tweedens, 'n
behoorlike uitleg van klousule 17(a ) teen die agterg rond van die
omsendbrief as geheel.

[10] Blykens die Proklamasie is die Fonds geskep om vir die
betaling van pensioen voordele aan staats amptenare, insluitende
amptenare van die verweerder, voorsiening te maak. Die eiser was
'n lid van die Fonds en die beta ling van sy pensioengratifikasie op
10
15 Januarie 1997 is deur die Nasionale Departement van
Finansies (Hoofdirektoraat: Pens ioenadministrasie) uit die Fonds
gedoen. Ingevolge art 2(2) van die Proklama sie is die Fonds 'n
regspersoon. Artikel 29( 1) van die Proklamasi e maak voorsiening
vir die uitvaardiging van reëls vir die Fonds. Hierdie reëls, wat as
skedule 1 tot die Proklamasie toegevoeg is, is in terme van
art 29(5) van die Proklamasie bindend op die eiser, die verweerder
en die Fonds. Die Proklamasie en die reëls bevat uitvoerige
bepalings, onder meer, oor hoe 'n lid se pensioenvoordele bereken
moet word asook oor wanneer en op welke wyse en voorwaardes
sodanige voordele aan hom betaalbaar sou word. Artikel 20(1) van
die Proklamasie bepaal, onder me er, dat 'no award of a benefit or
any increase thereof and no alterat ion of any condit ion ... shall be
lawful unless the award, in crease [or] alteration ... is authorized by
an Act of Parliament'. Soos op die ou end tereg deur die eiser
aanvaar is, het hy in die lig van hierdie uitvoerige statutêre
bepalings geen aans praak op betaling van sy pensioenvoordele
teenoor die verweerder gehad nie. Sy reg op hierdie voordele, wat
sy gratifikasie ingesluit het, was teenoor die Fonds en is gereël
deur die bepalings va n die Proklamasie en die reëls van die
Fonds.
11

[11] Dit bring my by die omsend brief. Dit is 'n brief van die
Direkteur-generaal van die Nasionale Departement van
Staatsdiens en Administrasie gerig aan alle staatsdepartemente
en provinsiale administrasies. Dit het vergesel gegaan van sewe
aanhangsels gemerk A tot G. Ter inleiding verd uidelik die brief dat
die aantal amptenare in die St aatsdiens, ooreenkomstig 'n
kabinetsbesluit, afgeskaal moes word en dat daar gevolglik 'n
uitnodiging aan staats amptenare in diens van die geadresseerdes
gerig moes word om vir vervroeg de aftrede aansoek te doen. Die
res van die omsendbrief en sy aa nhangsels kan myns insiens in
twee breë kategorieë verdeel word. Eerstens, bevat dit 'n
uiteensetting van voor dele, insluitende pens ioen- en ander
voordele, waarop ampte nare in verskillende klasse by vervroegde
aftrede geregtig sou wees. Die instansies aan wie die brief gerig is,
is dan gevra om die aard en o mvang van hierdie voordele aan
hulle amptenare oor te dra en n ader toe te lig. Wat die aard en
omvang van pensioenv oordele betref, is die verduideliking
gebaseer op die bepalings van die Proklamasie en die reëls van
die Fonds. Inderwaarheid is uittreksels van daardie gedeeltes van
die reëls wat op pensioenv oordele by vervroegde aftrede
12
betrekking het as aanhangsels by die brief aangeheg. Voorts is die
geadresseerdes versoek om 'n afskrif van die volledige
Proklamasie, insluitende die reëls, te bekom, ten einde hulle
nadere toeligting aan potensiële aansoekers aan die hand daarvan
te doen. Wat pensi oenvoordele betref het die omsendbrief dus in
wese gesê dat suksesv olle aansoekers by vervroegde aftrede
geregtig sou wees op daardie voor dele wat in die Proklamasies en
die reëls uiteengesit is.

[12] Benewens die uiteensetting van die voordele, bevat die
omsendbrief 'n tweede kategorie inligting wat hoofs aaklik bestaan
uit voorskrifte en instruksies deu r die Nasionale Departement van
Staatsdiens en Administra sie aan die geadresseerde
staatsdepartemente en provinsi ale administrasies. Hierdie
voorskrifte handel, enersyds, oor die kriteria wat by die oorweging
van aansoeke om vervroegde aftr ede toegepas moes word en,
andersyds, oor die prosedures wat gevolg moes word met
betrekking tot amptenare wie se aansoeke aanvaar is.

[13] Dit staan vas dat die eise r se diensverhouding met die
verweerder ingevolge 'n ooreenkoms tussen die partye beëindig is,
welke ooreenkoms tot stand gekom het toe die verweerder die
13
eiser se aansoek om vervroegde aftrede aanvaar het. Dit is
eweneens duidelik dat, vir soverre die ei ser staatgemaak het op
die uiteensetting van voordele in die omsendbrief toe hy sy
aansoek om vervroegd e aftrede gedoen het, hierdie uiteensetting
van voordele regtens beskou moet word as bepalings van die
kontrak wat tussen die partye tot stand gekom he t. Myns insiens
kan dieselfde egter nie gesê word van die tweede kategorie van
mededelings in die omsendbri ef, bestaande uit voorskrifte of
instruksies aan departemente en administrasies, nie.

[14] Teen hierdie agter grond kan nou oorweeg word of die eiser
sy saak uitgemaak het dat klousule 17(a) van die omsendbrief
gekonstrueer moet word as 'n kontraksbepaling waarvolgens die
verweerder teenoo r die eiser ondern eem het dat hy sy
pensioengratifikasie op die la aste dag van sy diens sal ontvang.
Die verweerder se vernaamste verw eer was dat hy hom nie tot so
'n onderneming kon verbind nie omdat art 26 van die Proklamasie
dit verbied. Ek vind dit onnodi g om finaal oor die meriete van
hierdie verweer te beslis, omdat daar verskeie ander redes is
waarom klousule 17(a) van die omsendbrief eenvoudig nie die
saak wat die eiser daarop probeer bou het, kan dra nie.
14

[15] Eerstens val klousule 17(a) myns insiens nie in die eerste
kategorie van mededeli ngs in die omsend brief, bestaande uit
beloftes van voordele nie, ma ar in die tweede kategorie,
bestaande uit instruksies deur di e Departement van Staatsdiens
en Administrasie aa n die geadresseerde in stansies. Hierdie
instruksies is deur niemand beoog om kontraksbepalings te word
nie. Meer pertinent, die wese va n klousule 17(a) is nie 'n
onderneming dat vervroegde uittreder s hulle pensioenvoordele
'promptly' sal ontva ng nie. Dit is 'n instruksie aan die
geadresseerdes, insluitende di e verweerder, dat hulle die
tersaaklike dokumente voor die bepaalde datum moet voorsien
sodat die Fonds die suksesvolle aansoekers se pensioenvoordele
'promptly' kan betaal. Hi erdie instruksie het ne t so min 'n bepaling
van die kontrak tussen die eiser en die verweerder geword as,
byvoorbeeld, die instruksies wat in die verd ere sub-paragrawe van
para 17 van die omsendbri ef volg. Hiervolgens is die
geadresseerde instans ies aangesê om toe te sien dat aansoeke
om pensioenvoordele gedoen word op die wyse en in die vorms
wat deur die Prokla masie en die reëls va n die Fonds voorgeskryf
is.
15

[16] In die tweede pl ek kan ek nie saams tem met die standpunt
van die hof a quo dat 'promptly' die laaste dag van die eiser se
diens beteken nie. In sy konteks verwys 'promptly' myns insiens
nie na 'n bepaalde dag nie; eerder het dit betrekking op stiptelike
betaling in ooreenstemming met di e toepaslike voorskrifte rakende
pensioenbetalings. Die bedoeling met para 17( a) was, soos met
die res van die omsendbrief, kl aarblyklik nie om van die
Proklamasie en die reëls van die Fonds af te wyk nie, maar juis om
toe te sien dat dit toegepas word . So gesien betek en klousule
17(a) dat die admini strasie aangesê word om die betrokke
dokumente minstens ses weke voor die amptenaar se uittrede te
verskaf sodat aan die amptenaar se verwagting, dat hy sy
pensioenvoordele in ooreens temming met die toepaslike
voorskrifte van die Fonds sal ontvang, vo ldoen kan word. In die
konteks kan die toepaslike voorskrifte maar net dié wees wat in art
26 van die Proklamasie vervat is wa t immers uitdruklik reël presies
wanneer pensioenvoordele b etaalbaar is en welke rente
betaalbaar is indien dit nie op daardie datum betaal word nie.

[17] Derdens dig die konstruksi e van klousule 17(a) waarop die
eiser steun aan die verweerder 'n aanbod toe om ui t eie fondse
16
beter pensioenvoordele te betaal as wat in terme van die
Proklamasie en die reëls van die Fonds betaalbaar is. Myns
insiens is daar, in die lig van art 26 saam gelees met art 20(1) van
die Proklamasie, 'n saak uit te maak vir die verweerder se
standpunt dat so 'n a anbod verbode sou wees. Soos ek egter
reeds aangedui het, is dit nie nodig om 'n finale beslissing oor die
juistheid van hierdie st andpunt te gee nie. Afgesien daarvan of die
verweerder regtens in staat was om so 'n aanbod te maak of nie, is
so 'n aanbod in al die omstandighede hoogs onwaarskynlik en kan
dit nie bloot op grond van 'n vae verwysing na 'promptly' in para
17(a) afgelei word nie.

[18] Gevolglik het die eiser my ns insiens nie die ooreenkoms
bewys waarop sy saak berus nie. Wat koste betref, is die
verweerder, ooreenkomstig die voor waarde wat hierdie hof by die
toestaan van verlof tot appèl opgel ê het, aanspreeklik vir die eiser
se koste in die onder hawige appèl. Daar is egter geen rede
waarom die eiser nie vir die koste van sy appèl in die hof a quo
verantwoordelik gehou moet word nie. Die slotsom waartoe ek
kom beteken immers in wese dat die landdros van die begin af reg
was.
17

[19] (a) Die appèl slaag.
(b) Die appellant word gelas om die koste van die appèl te
betaal.
(c) Die bevele van die hof a quo word ter syde gestel en
vervang met die volgende:
'Die appèl word van die hand gewys met koste.'



.......................
F D J BRAND
APPÈLREGTER
Stem saam
:

HARMS AR
SCOTT AR
MTHIYANE AR
PONNAN Wnd AR