About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2003
>>
[2003] ZASCA 72
|
|
S v Basson (404/02, 293/02) [2003] ZASCA 72; [2003] 3 All SA 51 (SCA); 2004 (1) SA 246 (SCA); 2003 (2) SACR 373 (SCA) (3 June 2003)
DIE
HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
SAAK
NR
: 404/2002 en 293/2002
In die saak tussen:
DIE STAAT Appellant
- en -
WOUTER
BASSON
Respondent
_____________________________________________________________________
Coram: HARMS, ZULMAN,
STREICHER, NAVSA ARR & HEHER Wnd AR
Verhoor: 12 EN 13 MEI 2003
Gelewer:
3 JUNIE 2003
Artikel 319 van Wet 51 van 1977
- 'n regsvraag ontstaan wanneer die feite waarop 'n verhoorhof sy
uitspraak baseer 'n ander regsgevolg
het as die regsgevolg wat die
verhoorhof bevind het - die hof van appèl is gebonde aan die
feitebevindings van die verhoorhof
- akademiese vrae kan nie
voorbehou of deur die hof van appèl oorweeg word nie.
_____________________________________________________________________
U I T S
P R A A K
_____________________________________________________________________
STREICHER
en NAVSA ARR
STREICHER en NAVSA ARR
:
[1] Die respondent is
aangekla in die Transvaalse Provinsiale Afdeling op 67 aanklagte van
onder andere moord, poging tot moord, sameswering
tot moord, bedrog,
diefstal, besit van dwelmmiddels en handel in dwelmmiddels. Op `n
relatief vroeë stadium van die verhoor
het die staat aansoek
gedoen vir die rekusering van die verhoorregter. Die verhoorregter
(Hartzenberg R), het die aansoek van die
hand gewys. Die verhoor het
daarna voortgegaan en na sluiting van die staatsaak het die
respondent aansoek gedoen om ontslag en
is hy inderdaad ontslaan op
21 van die aanklagte. Die respondent het daarna self getuig en na
sluiting van die verdedigingsaak is
hy deur die verhoorhof onskuldig
bevind en ontslaan op al die oorblywende aanklagte. Die staat was nie
tevrede met die uitspraak
nie en het by die verhoorhof aansoek gedoen
vir die voorbehoud ingevolge art 319(1)
1
van die Strafproseswet 51 van 1977 (âdie Wetâ) van 37 sogenaamde
regsvrae asook vir verlof om ingevolge die Grondwet na hierdie
hof te
appelleer teen die verhoorregter se weiering om homself te rekuseer.
Die eerste vraag waarvan die voorbehoud gevra is, was
of die
verhoorregter regtens fouteer het deur homself nie te rekuseer op
grond van 'n skyn van partydigheid en vooruitbeoordeling
nie. Die
ander vrae was almal ten minste ten dele daarop gemik om aan te toon
dat die verhoorregter die indruk geskep het dat hy
teenoor die staat
bevooroordeeld was. Die verhoorregter het een vraag voorbehou vir
oorweging deur hierdie hof en het drie vrae voorbehou
op voorwaarde
dat die eerste vraag ten gunste van die staat beslis word. (Ons sal
voortaan soms na die voorbehoue vrae verwys as
die appèl.)
Andersins was die aansoek vir die voorbehoud van regsvrae, asook die
aansoek om verlof om ingevolge die Grondwet
te appelleer,
onsuksesvol. Daarna het die respondent ingevolge art 317(5) gelees
met art 319(3)
2
by hierdie hof aansoek gedoen vir die voorbehoud van 36 vrae. Met die
uitsondering van vraag 10 stem die vrae wesenlik ooreen met
die vrae
waarvan die voorbehoud deur die verhoorhof geweier is. Laasgenoemde
aansoek is vir beregting verwys na die hof voor wie
die appèl
sou dien. Die appèl sowel as die aansoek vir die voorbehoud
van addisionele regsvrae dien gevolglik nou voor
ons.
[2] Die voormelde vraag 10 in die
aansoek vir die voorbehoud van regsvrae kan gerieflikerwys eerste
afgehandel word. Die vraag lees
soos volg:
â
Of die Agbare
Verhoorhof nie regtens fouteer het deur nie verlof toe te staan
ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
om verlof om
te appelleer ten aansien van die rekusering nie.â
Die vraag maak nie sin nie en moet
waarskynlik soos volg gelees word:
â
Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur nie verlof toe te
staan ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika
om te
appelleer ten aansien van die rekusering nie.â
Dit is nie `n vraag wat tydens die
verhoor ontstaan het nie. Dit het tydens die aansoek om verlof om te
appelleer ontstaan. Die staat
het egter verduidelik dat die bedoeling
nie was om so `n regsvraag voor te behou nie. Die bedoeling was om by
hierdie hof aansoek
te doen vir verlof om ingevolge die Grondwet te
appelleer teen die verhoorregter se weiering om homself te rekuseer.
Die staat was
egter genoop om hierdie nie-bestaande aansoek tydens
betoog te laat vaar. Artikel 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof
59 van 1959
bepaal naamlik dat hierdie hof, behoudens die bepalings
van die artikel en enige ander wetsbepaling, regsbevoeg is om enige
beslissing
van die hof van `n provinsiale of plaaslike afdeling te
verhoor en te beslis. Nóg die artikel nóg enige ander
wetsbepaling
vereis dat verlof vir sodanige appèl verkry moet
word. Dit volg dat indien die Grondwet inderdaad aan die staat `n reg
van
appèl teen die verhoorregter se weiering om homself te
rekuseer verleen, `n aansoek om verlof om teen sodanige weiering te
appelleer regtens onontvanklik is.
[3] Die staat is ontevrede oor `n reeks beslissings en
bevindings deur die verhoorregter. Dit staan egter vas dat die staat
geen algemene
reg van appèl teen beslissings en bevindings van
die verhoorregter het nie. In dié opsig bevind die staat hom
in `n
geheel ander posisie as `n beskuldigde. In Hoofstuk 31 van die
Wet (artikels 315 tot 324) word gehandel met appèlle in
gevalle
van strafregtelike verrigtinge in hoër howe. Art 316
verleen aan `n beskuldigde wat voor `n hoër hof aan `n misdryf
skuldig
bevind word `n reg om, onderhewig daaraan dat verlof om te
appelleer aan hom toegestaan word, teen sy skuldigbevinding te
appelleer.
Dit is `n algemene reg van appèl waartydens
feitebevindings bevraagteken mag word. Geen ooreenstemmende reg word
aan die staat
verleen nie. Artikel 317 verleen aan `n beskuldigde die
reg om aansoek te doen vir die aanbring van `n spesiale aantekening
op die
oorkonde dat enige van die verrigtinge in verband met of
gedurende sy verhoor onreëlmatig of met die reg strydig is.
Indien
hy skuldig bevind word, kan die beskuldigde dan ingevolge art
318, op grond van die onreëlmatigheid of strydigheid met die
reg,
teen sy skuldigbevinding na hierdie hof appelleer. Weer eens
word geen ooreenstemmende reg aan die staat verleen nie.
Bevooroordeling
is 'n tipiese voorbeeld van 'n onreëlmatigheid
wat gewoonweg onder art 317 val.
[4] Artikel
319 maak voorsiening vir die voorbehoud van `n regsvraag op versoek
van die beskuldigde sowel as die staat. In die geval
van die
voorbehoud van `n regsvraag en onderhewig aan sekere voorbehoude, kan
die appèl ingevolge art 322(1) gehandhaaf word
en kan die
uitspraak wat by die verhoor gegee behoort te gewees het of sodanige
ander bevel as wat deur geregtigheid vereis word,
gegee word. In
verskeie gewysdes is egter beslis dat art 322(1) nie betrekking het
op die voorbehoud van `n regsvraag op aansoek
van die staat in die
geval van `n onskuldigbevinding nie (sien
R v Gani and Others
1957 (2) SA 212
(A) op 222C; en
Magmoed v Janse van Rensburg and
Others
[1992] ZASCA 208
;
1993 (1) SACR 67
(A) op 110h). Ten opsigte van so`n geval
bepaal art 322(4) soos volg:
â
Wanneer
'n regsvraag op aansoek van die aanklaer in die geval van 'n
onskuldigbevinding voorbehou is en die appèlhof ten gunste
van
die aanklaer beslis het, kan die appèlhof beveel dat dié
van die in artikel 324 bedoelde stappe gedoen word wat
die hof
gelas.â
In
R v Gani and Others
, op die aangehaalde plek, het hierdie hof
ten aansien van die voorloper van art 322(4) beslis:
â
By
sec. 10 of Act 37 of 1948 the provision for reserving a question of
law was modified and at the same time a new provision, now
sec. 369
(3), was introduced. The effect of these changes was to enable a
question of law to be reserved at the request of the prosecutor
in
the case of an acquittal but at the same time to provide the
machinery, and the only machinery, to be put into operation by this
Court where a question reserved at the request of the prosecutor in
the case of an acquittal is answered in his favour.â
Voor die wysiging teweeggebring deur
art 10 van Wet 37 van 1948 kon `n regsvraag slegs voorbehou word in
die geval van `n skuldigbevinding
en kon die aanklaer slegs vir soân
voorbehoud vra indien die voorbehoud tot voordeel van die beskuldigde
was.
[5] Dit
volg dus dat waar `n beskuldigde onskuldig bevind is, soos in die
onderhawige geval, en `n voorbehoue regsvraag in die guns
van die
staat beantwoord word, hierdie hof se bevoegdhede nie gevind word in
art 322(1) nie maar wel in art 324 gelees met art 322(4).
Daarvolgens
het hierdie hof `n diskresie om te gelas dat geregtelike stappe
opnuut ingestel word op die oorspronklike aanklagte asof
die
beskuldigde nie voorheen op die aanklagte tereggestaan het en verhoor
is nie, onderhewig daaraan dat geen regter of assessor
voor wie die
oorspronklike verhoor gedien het aan sulke verrigtinge deelneem nie.
Soos blyk uit die hierbo aangehaalde passasie uit
die
Gani
-saak
is dit die enigste regshulp wat aan die staat in die genoemde
omstandighede verleen kan word (sien ook die
Magmoed
-saak op
110h en die sake daar aangehaal). Die vraag of dit in die lig van die
bepalings van art 35(3)(m) van die Grondwet
3
nie onkonstitusioneel sou wees om te gelas dat `n beskuldigde soos
die respondent wat onskuldig bevind is, weer op dieselfde misdrywe
teregstaan nie, is nie deur die partye geopper nie. In die lig van
ons uiteindelike bevinding sal ons vir doeleindes van hierdie
saak en
sonder om enige beslissing in hierdie verband te gee, aanvaar dat dit
nie die geval is nie.
[6] Die
enigste wyse waarop die staat ingevolge die Wet kan appelleer teen
die beslissing van die verhoorhof is dus by wyse van die
voorbehoud
van `n regsvraag ingevolge art 319. Die staat het ingevolge die Wet
geen reg van appèl ten opsigte van foutiewe
feitebevindings
deur die verhoorregter nie. Slegs indien die verhoorhof vanweë
`n regsfout `n verkeerde beslissing gegee het,
kan die staat
appelleer. Ten einde te bepaal of die verhoorhof `n regsfout begaan
het moet vasgestel word op welke feitebasis hy
sy beslissing gebaseer
het. `n Ander feitebasis kan immers nie `n aanduiding gee of die
regter `n regsfout begaan het nie. Of die
verhoorhof se
feitebevindings reg of verkeerd is, is gevolglik totaal irrelevant
ten einde te bepaal of hy regtens fouteer het. Dit
volg dat `n
regsvraag slegs ontstaan wanneer die feite waarop die verhoorhof sy
uitspraak baseer `n ander regsgevolg kan hê
as die regsgevolg
wat die vehoorhof bevind het. Om die voormelde redes (a) moet daar
sekerheid bestaan ten aansien van die regspunt
wat ter sprake kom en
van die feite waarop die verhoorregter sy bevinding gebaseer het; en
(b) moet, wanneer `n regsvraag voorbehou
word, dit duidelik
uiteengesit word, nie alleen welke regspunt ter sprake kom nie, maar
ook die feite waarop die verhoorhof sy bevinding
gebaseer het (sien
Director of Public Prosecutions, Natal v Magidela and Another
2000 (1) SACR 458
(HHA) op 462g â 463c). Wanneer die staat so `n
regsvraag laat voorbehou, is dit dus nodig vir die staat om die
bepaalde feite behoorlik
en volledig op te stel as deel van die
uiteensetting van die regsvraag (sien
S v Goliath
1972 (3) SA
1
(A) op 9H).
[7] In
die staat se aansoek om die voorbehoud van regsvrae steun hy telkens
op feite wat volgens hom deur die verhoorhof as bewese
bevind moes
gewees het en nie op die feite wat die verhoorhof inderdaad bevind
het nie. Die staat het gepoog om dit te regverdig
deur te betoog dat
vir doeleindes van die beregting van regsvrae `n hof van appèl
nie gebonde is aan die verhoorhof se feitebevindings
nie. In dié
verband het die staat gesteun op
Attorney-General, Venda v Molepo
and Others
1992 (2) SACR 534
(V) op 539i en
S v Kriel
1968
(3) SA 451
(T) op 453G waar, met betrekking tot die voorbehoud van `n
regsvraag in die landdroshof op aandrang van die staat, gesê is
dat `n hof van appèl nie meer gebonde is aan die landdros se
feitebevindings nie en dat die beslissings van die provinsiale
howe
tot die teendeel as verworpe beskou moet word in die lig van die
beslissing in
Attorney-General, Transvaal v Flats Milling Co (Pty)
Ltd and Others
1958 (3) SA 360
(A) op 370A-B. In die
Flats
Milling
-saak is gehandel met `n regsvraag wat in die landdroshof
voorbehou is ingevolge die bepalings van die sedertdien herroepe art
104
van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944. In die loop van sy
uitspraak het Ogilvie Thompson Wnd AR opgemerkâ
Dat alhoewel die landdros verplig is om sy
feitebevindings vir sover hulle by die regsvraag wesenlik is uiteen
te sit, hy soms onsuksesvol
mag wees (op 369G);
Dat dit soms nodig is om na die volle verband waarin
`n stelling gemaak is te kyk ten einde die stelling te verstaan (op
369H);
Dat dit soms nodig is om verder as die feitebevindings
te kyk ten einde te bepaal of die regsvrae wat geopper word nie
bloot akademies
is nie (op 369H-370A).
Daarna het hy gesê (op 370A-B):
â
The foregoing considerations lead
me to the conclusion that, while the Court will, in deciding appeals
under secs. 104 and 105 of
Act 32 of 1944, as a general rule confine
itself to the findings of fact as reflected in the case stated by the
magistrate under
sec. 104 (1), that is not an absolute
rule: in appropriate cases the Court of appeal, and this Court, may
have recourse
to the facts of the case as disclosed at the trial. In
so far as they indicate the contrary, the following cases must be
held to
have been wrongly decided:
Attorney-General v Port
1938 T.P.D. 208
at p. 212;
Attorney-General v Devon Properties
(Pty.) Ltd.
1952 (2) SA 328
(T) ;
Rex v Foley and Others
1953 (3) SA 496
at p. 499 (E);
Rex v Bono
1953 (3) SA 506
(C).â
[8] Die
Flats Milling
-saak het nie beslis dat die hof van appèl
nie gebonde is aan die verhoorhof se feitebevindings nie maar slegs
dat in gepaste
omstandighede na die res van die rekord van die
verrigtinge gekyk mag word. Dit mag byvoorbeeld gedoen word om
duidelikheid te kry
oor die feitebasis waarop die saak beslis is of
om te bepaal of die regsvrae wat geopper word nie bloot akademies is
nie.
[9] Indien `n regsvraag voorbehou sou
kon word waar die resultaat, beoordeel aan die hand van die feite wat
bevind moes word deur
die verhoorhof en nie aan die hand van die
feite wat werklik bevind is nie, regtens verkeerd is, sou dit beteken
dat aan die staat
`n volledige reg van appèl ten opsigte van
die feitebevindings van die verhoorregter gegee word. Dit is
klaarblyklik nie die
geval nie.
[10]
Wanneer
`n regsvraag soos voormeld ontstaan, het die verhoorhof, of, indien
hy dit sou weier, hierdie hof `n diskresie om op aansoek
deur die
staat daardie regsvraag voor te behou vir oorweging deur hierdie hof
(sien art 319(1) en (3) en art 317(5)). Daardie diskresie
sal, soos
in die geval van enige ander aansoek vir verlof om te appelleer,
slegs ten gunste van die staat uitgeoefen word indien
daar `n
redelike vooruitsig is dat die hof van appèl sal bevind dat `n
regsfout inderdaad begaan is. Dit sal egter nie ten
gunste van die
staat uitgeoefen word indien dit bloot van akademiese belang is nie
(sien die
Flats Milling
-saak op 373D-374E). Dit sal die geval
wees indien geen regshulp aan die staat verleen kan word indien
bevind sou word dat `n regsfout
begaan is nie.
[11] Soos
reeds vermeld, is die enigste regshulp wat aan die staat verleen kan
word in die geval van die voorbehoud van `n regsvraag
in die geval
van `n onskuldigbevinding `n bevel ingevolge waarvan gelas word dat
geregtelike stappe ten opsigte van dieselfde misdrywe
weer ingestel
word. Dit volg dat wanneer die staat wens te appelleer teen `n
onskuldigbevinding op grond daarvan dat `n regsfout
begaan is, `n
regsvraag slegs voorbehou sal word indien daar `n redelike vooruitsig
bestaan dat die beskuldigde skuldig bevind sou
gewees het indien die
regsfout nie begaan is nie. Indien daar nie so `n redelike vooruitsig
bestaan nie is daar geen rede om `n nuwe
verhoor te gelas nie. Die
regsfout is dan in werklikheid irrelevant wat betref die
onskuldigbevinding. Dit volg verder dat wanneer
die staat wens te
appelleer teen die weiering van die verhoorregter om homself te
rekuseer op grond daarvan dat die verhoorregter
`n regsfout begaan
het, `n regsvraag slegs voorbehou sal word indien daar `n redelike
vooruitsig bestaan dat die aansoek om die rekusering
van die
verhoorregter sou geslaag het indien die regsfout nie begaan is nie.
Om dieselfde rede sal hierdie hof nie `n voorbehoue
regsvraag beslis
indien daar nie ten minste `n redelike vooruitsig bestaan dat indien
die regsfout nie begaan is nie die beskuldigde
skuldig bevind sou
gewees het nie of, in die geval van `n appèl teen die weiering
van die verhoorregter om homself te rekuseer,
daar nie `n redelike
vooruitsig bestaan dat die aansoek om rekusering van die
verhoorregter sou geslaag het indien die regsfout nie
begaan is ni
e.
Die Appèl
[12] Gedurende Februarie 2000 het die
staat aansoek gedoen vir die rekusering van die verhoorregter. Sy
uitspraak is gerapporteer
as
S v Basson
[2000] 3 All SA 59
(T). Tydens die aansoek het die staat aangevoer dat die verhoorregter
se optrede kumulatief dui op partydigheid. Die staat het betoog
dat
die volgende aangeleenthede aanduidend van partydigheid was:
(a) Die verhoorhof het toe die aanvang van die verhoor
uitgestel moes word vir die aanhoor van argument oor `n eksepsie teen
sekere
aanklagte, op versoek van die respondent en nieteenstaande
teenkanting deur die staat, argument aangehoor oor die
toelaatbaarheid
tydens die verhoor van die oorkonde van die
verrigtinge ten opsigte van `n aansoek om borgtog deur die
respondent;
(b) Die tydstip waarop die verhoorregter sy uitspraak
oor die toelaatbaarheid van die oorkonde gegee het. Die staat het
naamlik beswaard
gevoel dat die verhoorregter uitsluitsel gegee het
oor die toelaatbaarheid van die oorkonde voordat die getuie Knobel
getuig het.
Die rede daarvoor is dat die staat wou hê dat die
respondent se saak aan Knobel gestel moes word voordat hy verneem het
dat
die oorkonde nie toelaatbaar was nie;
(c) `n Verkeerde stelling deur die verhoorregter gemaak
ten aansien van die privilegie van `n getuie;
(d) Die verhoorregter se vraag âen wat daarvanâ na
aanleiding van `n stelling deur die staatsadvokaat;
(e) Die verhoorregter se versuim om die respondent se
advokaat daarop attent te maak dat `n submissie deur hom gemaak
tydens die aansoek
met betrekking tot die borgoorkonde verkeerd was;
(f) Die feit dat die verhoorregter in sy kamers gelag
het toe die mislukking van die staat se aansoek om beslaglegging van
die respondent
se bates ter sprake gekom het;
(g) Die verhoorregter het op `n stadium in die hof vir
een van die staatsadvokate gevra of hy lank aan sy handtekening
geoefen het;
(h) Op twee geleenthede het die verhoorregter die
respondent se advokaat gelyk gegee dat `n probleem op `n kollegiale
basis uitgesorteer
kon gewees het (die staatsadvokate het dit
skynbaar as `n suggestie dat hulle nie kollegiaal optree nie,
beskou);
(i) Die verhoorregter het tydens die getuienis van ene
Bruwer aan die staatsadvokaat gesê dat dit onnodig was om dinge
wat in
dokumente gestaan het in die fynste detail te behandel en dat
hy verveeld was om te luister na die fyn detail wat aanhoudend voor
hom geplaas word;
(j) Tydens `n beswaar deur die respondent se advokaat
teen die uitlees van dokumente het die staatsadvokaat gesê dat
hy in die
war is, waarop die verhoorregter gesê het: âWel, as
dit net nou is, is ek bly.â
(k) Die verhoorregter het gedurende die aanhoor van
getuienis ten aansien van die vloei van fondse gesê dat dit nie
vreeslik
baie sou neem om hom te oortuig dat die WPW groep van
maatskappye eintlik ten behoewe van die projek opgetree het nie. Die
projek
was `n projek van die Suid-Afrikaanse Weermag om `n defensiewe
en offensiewe vermoë in die veld van chemiese en biologiese
oorlogvoering
daar te stel. Die staat het gepoog om te bewys dat
aansienlike bedrae van die projek na die WPW groep van maatskappye
gekanaliseer
is; en dat die groep van maatskappye deur die
respondent, die projekoffisier, besit en beheer is maar geen verband
met die projek
gehad het nie.
[13] Die
verhoorregter het verwys na die regspraak in verband met die toets
wat aangewend moet word om te bepaal of `n regter homself
behoort te
rekuseer. In die besonder het hy verwys na
President of the
Republic of South Africa and Others v South African Rugby Football
Union and Others
[1999] ZACC 9
;
1999 (4) SA 147
(CC) op 171 C-F en
S v
Roberts
1999 (2) SACR 243
(HHA) op 251c-252a waar die toets soos
volg geformuleer is:
â
(1) There must be a suspicion that the judicial
officer might, not would, be biased.
(2) The suspicion must be that of a reasonable person in
the position of the accused or litigant.
The suspicion must be based on reasonable grounds.
. . .
The suspicion is one which the reasonable person
referred to would, not might, have.â
Daarna het die verhoorregter met elk
van die beweerde aanduidings van partydigheid gehandel en die aansoek
van die hand gewys.
[14] Die eerste vraag wat die staat die
verhoorhof gevra het om voor te behou was: âOf die Agbare Hof
regtens gefouteer het deur
nie te rekuseer op grond van partydigheid
en vooruitbeoordeling nieâ. Die verhoorregter was egter van mening
dat die staat na sy
weiering op 16 Februarie 2000 om homself te
rekuseer ten minste moes aandui dat hy van voorneme was om te
appelleer en dat dit onbillik
jeens die respondent was om die staat
toe te laat om aan die einde van 'n verhoor wat eers op 14 April 2002
afgehandel is, weer eens
die punt van rekusering te opper. Die
verhoorregter het gevolglik self die volgende vraag voorbehou:
â
Of die Staat nie regtens belet is
om op hierdie stadium aansoek te doen vir beslissing van die
regsvraag of die hof nie gedurende
Februarie 2000 sigself moes
rekuseer het op aansoek van die Staat nie in die lig van die volgende
faktore: Die Staat het nie aangedui
dat die Staat die beslissing na
afhandeling van die saak verwys wil hê as `n regsvraag nie. Op
daardie stadium het daar reeds
25 getuies getuig en het die saak
reeds 35 verhoordae geduur en was die oorkonde reeds lywig. Die Staat
het besef dat die Staat beplan
om nog meer as 100 of 120 getuies te
lei en dat die verhoor nog minstens `n jaar sou duur. Die Staat het
beplan om die geuienis van
twee getuies in onderskeidelik Amerika en
Engeland op kommissie te gaan inwin. In werklikheid het die verhoor
daarna nog meer as
260 dae in beslag geneem en was die koste verbonde
aan die verhoor aansienlik. Alhoewel die beskuldigde op borg
vrygelaat was moes
hy uit die aard van die saak die verrigtinge
bywoon, behalwe toe die getuienis van die getuie Webster in Florida
op kommissie afgeneem
is en nadat hy gedurende Februarie 2002 `n
beroerte aanval gehad het en verskoon is van verdere bywoning van die
argumente.â
[15] Op voorwaarde dat hierdie vraag in die guns van die
staat beslis word, het die verhoorhof drie verdere vrae voorbehou.
Die eerste
van die vrae wat so voorbehou is, lees:
â
Of die hof regtens fouteer het
deur te bevind dat die aspekte geopper deur die Staat as aanduidend
van vooruitberegting en partydigheid
nie sodanig was dat dit `n
redelike suspisie van partydigheid by `n redelike litigant of `n
redelike aanklaer sou gewek het nieâ.
Dit is duidelik dat indien hierdie vraag geen regsvraag
opper nie die vraag wat onvoorwaardelik voorbehou is bloot akademies
is.
[16] Alvorens gehandel word met die vraag of die eerste
voorwaardelik voorbehoue vraag kwalifiseer vir voorbehoud as `n
regsvraag
is dit dienstig om te vermeld dat die staat aanvanklik die
houding ingeneem het dat by die beoordeling daarvan gebeure na die
rekuseringsaansoek
in Februarie 2000 ook in ag geneem kon word. Voor
ons het die staat egter toegegee dat die vraag of die verhoorregter
regtens fouteer
het deur homself nie in Februarie 2000 te rekuseer
nie, beoordeel moet word aan die hand van gebeure wat sy weiering
voorafgegaan
het.
[17] Die staat het aangevoer dat die
voormelde voorwaardelik voorbehoue vraag inderdaad `n regsvraag is
omrede die verhoorregter in
werklikheid `n ander toets toegepas het
as die een deur hom geformuleer. Volgens die staat het die
verhoorregter die gebeure vanuit
sy eie oogpunt en nie objektief
vanuit die oogpunt van die redelike litigant beoordeel nie. In dié
verband het die staat verwys
na passasies in die uitspraak waarin die
verhoorregter tydens die skets van die agtergrond van die gebeure
melding gemaak het van
sy
oordeel, van wat
hy
gedink
het, wat
hy
wou aandui, wat
sy
bedoeling was en so
meer. Dit is egter duidelik dat die verhoorregter die aansoek benader
het op die basis dat beslis moes word wat
die persepsie van `n
redelike litigant in die posisie van die staat sou wees. Dit is
verder duidelik dat hy tot die gevolgtrekking
gekom het dat die
persepsie van die staat onredelik was en dat geen redelike litigant
`n vermoede van bevooroordeeldheid aan die
hand van die gebeure
waaroor die staat hom bekla het, sou gevorm het nie. Sy
verduideliking van die agtergrond tot die ter sake gebeure
was na ons
mening niks anders as `n poging om `n persepsie wat hy as onredelik
beskou het, te besweer nie. Daarvoor kan hy nie geblameer
word nie.
[18] Die
staat het ook aangevoer dat `n verhoogde toets behoort te geld in die
geval waar die staat vra vir die rekusering van `n
verhoorregter. Dit
doen die staat met verwysing na die
Magmoed
-saak (op
100j-101c) waarin daarop gewys is dat in ons strafregstelsel daar
tradisioneel nie dieselfde mate van besorgdheid is dat
die verhoor
billik jeens die staat moet wees as wat daar is dat dit billik
teenoor die beskuldigde moet wees nie. Indien die verhoorregter
`n
ligter toets toegepas het as wat die reg vereis, kon die fout wat
gemaak is net die staat bevoordeel het. Dit kan dan nie gesê
word dat daar `n redelike vooruitsig bestaan dat die aansoek om
rekusering sou geslaag het indien die fout nie gemaak is nie. Dit
volg dat die vraag of `n swaarder toets toegepas moes word bloot
akademies is.
[19] Die verhoorregter het `n feitebevinding gemaak dat
sy optrede nie by `n redelike litigant `n suspisie van
bevooroordeeldheid
sou gewek het nie. Onder die omstandighede kan nie
gesê word dat die verhoorregter regtens fouteer het deur te
weier om homself
te rekuseer nie.
[20] Dit volg dat die regsvraag wat uit
eie beweging deur die verhoorhof voorbehou is bloot akademies is en
dat dit nie voorbehou
moes word nie. Die eerste voorwaardelik
voorbehoue vraag moes ook nie voorbehou word nie aangesien geen
regsvraag daarby betrokke
is nie.
[21] Die oorblywende twee voorwaardelik voorbehoue
regsvrae lees:
'(b) Of
die hof regtens fouteer het om argumente oor die toelaatbaarheid van
die borgoorkonde aan te hoor voordat die beskuldigde
gepleit het in
die lig daarvan dat die Staat reeds maande vantevore aan die
verdediging aangedui het dat die Staat beoog om daardie
oorkonde
tydens die verhoor te gebruik, die verdediging aangedui het dat die
verdediging die toelaatbaarheid daarvan betwis en die
verdediging die
hof versoek het om die argumente aan te hoor, omdat daar nie enigiets
anders tov die voortsetting van die saak op
daardie stadium gedoen
kon word nie weens die Staat se versoek om uitstel van die argument
oor die interpretasie van artikel 18(2)
van die Wet op Oproerige
Byeenkomste.
(c) Of die hof nie regtens fouteer het om te
bevind, op 15 November 1999, en net voordat gen. Knobel begin getuig
het, dat die Staat
nie geregtig is om die borgoorkonde, vermeld in
(b) hierbo, tydens die verhoor te gebruik nie.'
[22] Die feit dat die argument oor die
toelaatbaarheid van die borgverrigtinge voor die aanvang van die
verhoor aangehoor is en nie
na die aanvang van die verhoor kon geen
verskil aan die uitslag van die saak maak nie. Die tweede
voorwaardelik voorbehoue regsvraag
is gevolglik bloot van akademiese
belang en behoort nie deur die verhoorhof voorbehou te gewees het
nie.
[23] Die
verhoorhof was van mening dat dit onbillik teenoor die respondent sou
wees om die staat toe te laat om die borgoorkonde tydens
die verhoor
te gebruik. Hy was hierdie mening toegedaan omrede hy van oordeel was
(a) dat dit onbillik van die staat was om, tydens
die respondent se
ondervraging gedurende die borgverrigtinge, dokumente van hom te
weerhou en (b) dat die aanklaer tydens die borgverrigtinge
onbillik
opgetree het deur dit te omskep in â`n ondervraging om bloot `n
basis te lê vir kruisverhoor by die verhoorâ en
deur in die
proses bewustelik gebruik te maak van inligting wat by die verhoor
ontoelaatbaar sou wees.
4
Laasgenoemde inligting het bestaan uit uittreksels uit die
ondervraging van die respondent deur die Kantoor vir Ernstige
Ekonomiese
Misdrywe. Die
verhoorhof was verder van
mening dat dit prakties baie moeilik sou wees om die gedeeltes wat
die staat toegegee het ontoelaatbaar
was, te skei van wat toelaatbaar
kon wees en dat die staat nie âverskriklike nadeelâ sou ly indien
die borgoorkonde nie toegelaat
sou word nie. Op grond van hierdie
oorwegings het die verhoorhof beslis dat die staat nie geregtig was
om die borgoorkonde tydens
die verhoor te gebruik nie.
[24] Uit
die voorgaande is dit duidelik dat die verhoorhof `n diskresie
uitgeoefen het op grond van wat hy as billik onder die omstandighede
beskou het. `n Beskuldigde is geregtig op `n billike verhoor. Indien
die toelating van getuienis onbillik teenoor die beskuldigde
sal
wees, kan die verhoorhof gevolglik weier om dit toe te laat (sien art
35(3) van die Grondwet en
S v Khan
1997 (2) SACR 611
(HHA) op
618b-d). Of die verhoorhof se oordeel korrek is, is `n feitevraag en
nie `n regsvraag nie (sien
Attorney-General, Transvaal v Kader
[1991] ZASCA 135
;
1991 (4) SA 727
(A) op 740F-J). Geen regsvraag het gevolglik ter
sprake gekom nie. Die staat se beswaar is dat die verhoorhof se
oordeel verkeerd
was en nie dat die verhoorhof enige regsfout begaan
het nie. Ook in hierdie geval behoort die vraag nie deur die
verhoorhof voorbehou
te gewees het nie.
[25] Die appèl van die staat op grond van die
voorbehoue regsvrae moet gevolglik van die rol geskrap word.
Die aansoek om
voorbehoud van regsvrae
[26] Daar is talle gebreke in die staat
se aansoek om die voorbehoud van regsvrae waarvoor die staat aansoek
om kondonasie gedoen
het. Ons handel vervolgens met die aansoek om
kondonasie.
[27] Dit is beswaarlik `n oordrywing om te sê dat
feitlik geen van die vereistes vir `n aansoek vir die voorbehoud van
regsvrae
nagekom is nie. Selfs die staat het te kenne gegee dat die
gebreke so ernstig is dat dit moontlik nie gekondoneer behoort te
word
nie.
[28] `n Aansoek vir die voorbehoud van `n regsvraag is
in wese `n aansoek om verlof om te appelleer. Reël 6(1) van die
reëls
van hierdie hof bepaal dat in die geval van so `n aansoek
moet die aansoek in tweevoud by die griffier ingedien word. âAansoekâ
beteken ingevolge reël 1(1) `n aansoek by wyse van kennisgewing
van mosie op die voorgeskrewe vorm in die bylae tot die reëls.
Die vorm vereis dat dit gepaard moet gaan met `n beëdigde
verklaring ter ondersteuning van die aansoek en dat van die
respondent
verlang word om, indien hy van voorneme is om die aansoek
te bestry, `n beëdigde verklaring ter ondersteuning van sy
verdediging
op die applikant te beteken en by die griffier van
hierdie hof in te dien. Reël 6(5) vereis dat die aansoek (i)
duidelik, saaklik
en op die punt af moet wees; (ii) `n billike
uiteensetting moet bevat van al die inligting wat nodig is om die Hof
in staat te stel
om die aansoek te oorweeg; (iii) op die meriete van
die saak moet ingaan alleen vir sover dit nodig is om die bepaalde
gronde waarop
verlof om te appelleer gevra of teengestaan word, te
verduidelik en te staaf; en (iv) nie op aangeleenthede moet ingaan
wat nie ter
sake is nie.
[29] Die staat het sy aansoek om verlof
om te appelleer geloods in Junie 2002 deur nagenoeg 800 bladsye,
vervat in nege volumes, af
te lewer. Ses van die volumes het
betrekking op die bedrogaanklagte en drie op die geweld- en
dwelmaanklagte. Die aansoek is nie
vergesel met die vereiste
kennisgewing van mosie nie.
[30] Die genoemde ses volumes het wel vergesel gegaan
van `n ongetekende dokument getitel âVERSOEKSKRIF TEN OPSIGTE VAN
DIE BEDROGAANKLAGTEâ
en `n inhoudsopgawe. In die âversoekskrifâ
word in drie kort paragrawe, met verwysing na dokumente, vermeld
welke vrae die staat
voorbehou wil hê ten opsigte van die
bedrogaanklagte asook dat die staat aansoek doen om verlof om
ingevolge die Grondwet te
appelleer op gronde uiteengesit in `n
gespesifiseerde dokument. Die dokumente waarna verwys word, kan slegs
met moeite gevind word
en wel in die derde van die drie volumes wat
betrekking het op die geweld- en dwelmaanklagte. Hulle word nie
vermeld in die inhoudsopgaaf
wat betrekking het op die
bedrogaanklagte nie en die dokumente is ook nie agtereenvolgens
gepagineer nie, wat dit moeilik maak om
hulle te vind. Die
feitebewerings is onbeëdig.
[31] Die drie volumes wat betrekking
het op die geweld- en dwelmaanklagte bevat `n versoekskrif vir die
voorbehoud van regsvrae. Dit
is geteken deur W A Hofmeyr as Nasionale
Direkteur van Openbare Vervolgings. Op die volgende bladsy is daar `n
beëdigde verklaring
deur W A Hofmeyr waarin hy verklaar dat hy
die Adjunk Direkteur van Openbare Vervolgings is, dat hy die
versoekskrif gelees het en
dat hy die korrektheid van die feite
daarin vervat bevestig sover dit binne sy kennis strek. Dit bevat ook
`n aantal afsonderlik
gepagineerde aanhangsels wat, soos reeds gesê,
dit moeilik maak om hulle te vind. Hofmeyr het op geen stadium die
hofverrigtinge
wat oor 31 maande gestrek het bygewoon nie en sê
ook nie dat hy die oorkonde ten opsigte daarvan gelees het nie. Hy
was dus
in geen posisie om die korrektheid van die feite vermeld in
die versoekskrif te bevestig nie.
[32] Afgesien van die voormelde gebreke is die aansoek
nie duidelik en saaklik en op die punt af soos vereis deur reël
6(5) nie.
In die besonder bevat dit nie `n duidelike uiteensetting
van die regspunt wat na bewering ter sprake kom en van die
feitebevindings
waarop die regspunt gebaseer is nie.
[33] Op
2 November 2002 het die respondent `n beantwoordende verklaring
bestaande uit drie volumes (234 bladsye) afgelewer.
In limine
het die respondent daarop gewys dat die aansoek nie aan die hofreëls
voldoen nie. In die besonder het hy daarop gewys dat Hofmeyr
nie die
feite kon staaf waarop die aansoek gebaseer is nie, dat die aansoek
nie duidelik, saaklik en op die punt af was nie en dat
dit
onsamehangend en vol irrelevanthede was. Die respondent het nietemin
gehandel met die meriete van die aansoek.
[34] Op versoek van die regters voor wie die aansoek
aanvanklik gedien het, het die griffier op 25 November 2002, voordat
die staat
`n repliserende verklaring afgelewer het, soos volg aan die
staat geskryf:
â
1. ân Aansoek moet by wyse van kennisgewing van
mosie gebring word gesteun deur ân eedsverklaring deur ân
deponent met persoonlike
kennis van die inhoud daarvan. Dit is nie
hier gedoen nie.
2. Reël 6(5) van hierdie Hof vereis o.a. dat ân
aansoek duidelik, saaklik en op die punt af moet wees. In die
onderhawige geval
word gebruik gemaak van aanhangsels, gedetaileerde
betoogshoofde en veelvuldige aanhalings in stede daarvan om die
aansoekgronde
en die stawing daarvoor bondig op te som en kortliks
uiteen te sit.
3. Veral bande 1A, 1B en 1E maar ook ander gedeeltes van
die stukke handel met beweerde feitemistastings en ander aspekte wat
na die
betoog op partydigheid aan die kant van die verhoorregter dui.
Die kwessie van partydigheid is reeds die kerngeskilpunt in aansoek
404/02 waar die verhoorregter regsvrae voorbehou het. Daar word nie
verduidelik waarom daardie onderwerp ook in die onderhawige aansoek
behandel moet word nie.
4. Indien in saak 404/02 bevind word dat rekusering moes
plaasgevind het, blyk dit dat die vrae wat in die onderhawige aansoek
geopper
word akademies sal word. Behoort saak 404/02 dan nie eerste
afgehandel te word nie?
5. Die aangeleentheid kan aandag geniet na bovermelde
tekortkominge en vrae onderskeidelik reggestel en beantwoord is.'
[35] Die staat het nietemin op 6
Desember 2002 `n repliserende verklaring tesame met `n bundel beskryf
as âaanhangsel Aâ afgelewer.
Aanhangsel A bevat die deel van die
oorkonde van die saak wat betrekking het op die staat se betoog oor
die regter se uitlatings
in kamers en hou dus verband met die
rekuseringsvraagstuk.
[36] Op
13 Desember 2002 het die staat egter wel `n dokument getitel
â
KENNISGEWING VAN VERSOEKSKRIFâ
asook `n bundel met
dieselfde titel afgelewer. Die dokument was skynbaar bedoel om `n
kennisgewing van mosie te wees terwyl die bundel
`n beëdigde
verklaring met die opskrif
âVERVANGENDE BEëDIGDE
VERKLARING'
deur adv Ackerman bevat. Hy was die leier van die
regspan wat die saak namens die staat in die verhoorhof gevoer het.
In die eersgenoemde
dokument, waarna ons voortaan sal verwys as die
kennisgewing van mosie, vra die staat vir die voorbehoud van 36
regsvrae; dat al
die regsvrae by `n enkele geleentheid aangehoor
word; en dat die staat se nie-nakoming van die reëls ten opsigte
van die aansoek
vir die voorbehoud van regsvrae gekondoneer word.
[37] Ook in die geval van `n aansoek om kondonasie word
`n kennisgewing van mosie op die voorgeskrewe vorm vereis en word
vereis dat
die aansoek duidelik, saaklik en op die punt af moet wees
(sien reël 12(1) en (3) gelees met reël 1(1)).
[38] Alhoewel die nuwe aansoek skynbaar
bedoel was om die vorige aansoek te vervang, bevat die kennisgewing
van mosie nie `n bede
vir sodanige vervanging nie. Dit bevat ook nie
`n versoek dat die respondent daarop antwoord indien hy die aansoek
sou wou bestry
nie. Die gevolg daarvan is dat daar inderdaad geen
antwoord van die respondent op die nuwe aansoek en die aansoek om
kondonasie is
nie.
[39] Daar is ook ander probleme met die nuwe aansoek
insluitende die aansoek om kondonasie. Bladsye 3 tot 9 van beëdigde
verklaring
deur Ackerman, welke bladsye handel met die aansoek om
kondonasie, is weggelaat uit die bundels wat aan die lede van hierdie
hof
beskikbaar gestel is. Op daardie bladsye bied die staat
verskoning aan vir sy nalate om aan die reëls te voldoen; word
erken
dat die staat se aanvanklike aansoek onnodig omslagtig was;
word gesê dat die staat verkeerdelik onder die indruk was dat
aan
die reëls voldoen is; en word gepoog om te verduidelik
waarom nie aan die vereiste dat die aansoek duidelik en saaklik en op
die punt af moet wees voldoen is nie. Ten spyte van die voorgaande
het die staat voortgegaan om in die vervangende aansoek groot
gedeeltes van die eerste aansoek wat nie aan die reëls voldoen
nie, net eenvoudig by wyse van verwysing by die nuwe aansoek
te
inkorporeer. Weer eens word die regspunt wat na bewering ter sprake
is en die feite waarop dit gebaseer is nie duidelik uitgespel
nie.
[40] Ook die hoofde wat deur die staat
ten opsigte van die aansoek afgelewer is, is nie duidelik, saaklik en
sonder onnodige besonderhede
soos wat vereis word deur hierdie hof
nie. Die betoog is vervat in vyf bundels wat 444 bladsye beslaan. In
hierdie betoogshoofde
het die staat hom geensins gebonde geag aan die
oorkonde met betrekking tot die aansoek nie. Bundel 3/5 van die
betoogshoofde, wat
uit ontoelaatbare aanhangsels bestaan, is ook nie
gepagineer nie. Die respondent se betoogshoofde wat handel met die
gebreke in die
aansoek vir verlof om te appelleer en met die meriete
beslaan daarenteen 97 bladsye.
[41] Dit verg dissipline om te besin oor die
voorleggings wat die kern van enige aansoek uitmaak en om te besluit
hoe om op die beste
moontlike wyse die feite waarop die voorleggings
berus voor die hof te plaas. Dié dissipline is nodig vir die
ordelike beregting
van sake en vir die regspleging in die algemeen.
Die staat het nagelaat om hierdie dissipline aan die dag te lê.
[42] Uit die voorgaande is dit duidelik dat die staat
steeds nie `n behoorlike aansoek vir die voorbehoud van regsvrae voor
hierdie
hof geplaas het nie en dat die staat se aansoek om kondonasie
self defektief is. In die omstandighede meen ons dat daar voldoende
gronde bestaan om die staat se aansoek om kondonasie, sonder
verwysing na die meriete van die saak, van die hand te wys. Ons het
egter wel die meriete van die staat se aansoek vir die voorbehoud van
regsvrae oorweeg en gaan nou voort met die behandeling daarvan.
[43] Voor ons is die staat verteenwoordig deur advokate
Ackerman en Pretorius. Adv Pretorius het ons eerste toegespreek en
wel oor
die kondonasie en die voorbehoud van vrae 11 tot 36. Daarna
het adv Ackerman begin deur te sê dat die staat op die Grondwet
steun; dat die kerngeskilpunt in hierdie saak partydigheid aan die
kant van die verhoorregter is; en dat die voorgestelde vrae
'gekunsteld'
is en bloot geopper is ter stawing van die staat se
betoog dat die verhoorregter partydig was. Omrede dit tydens sy
betoog geblyk
het dat, soos voorheen gemeld, die staat se aansoek om
verlof om ingevolge die Grondwet te appelleer nie oorweeg kan word
nie, het
adv Ackerman aan die einde van sy betoog, op die vraag welke
regshulp die staat verlang, bloot versoek dat bevind word âdat
rekusering
wel `n regsvraag daarstel en op grond van die getuienis
bevind word dat die agbare verhoorregter hom moes rekuseerâ. Dit is
gevolglik
beswaarlik nodig om met die aansoek om die voorbehoud van
die sogenaamde regsvrae te handel. Aangesien die vrae egter geopper
is
as synde selfstandige regsvrae wat ingevolge art 319 voorbehou
behoort te word en die staat nie uitdruklik die aansoek teruggetrek
het nie, handel ons nietemin vervolgens met elk van die vrae.
[44] '1
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het deur nie te rekuseer
op grond van partydigheid en vooruitbeoordeling op wyer
gronde as wat
die hof
a quo
toegestaan het.'
Die staat het die versoek om die voorbehoud van hierdie
vraag laat vaar.
[45]
'2
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer (het) deur voorwaardelike
toestemming te verleen ten opsigte van die regsvraag dat
die
argumente oor die toelaatbaarheidsvraagstuk van die borgoorkonde aan
te hoor (aangehoor word) voor die aanvang van die verhoor
soos bedoel
in artikel 105 van die Strafproseswet.â
â
3 Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het
deur voorwaardelik toestemming te verleen ten opsigte van die
regsvraag of die Staat
nie by magte sal wees om die borgverrigtinge,
wat gevolg het op die beskuldigde se arrestasie op die
bedrogaanklagte, gedurende die
verhoor te gebruik nie.'
Soos geformuleer, het hierdie vrae nie
in die loop van die verhoor ontstaan nie. Dit handel met die
verhoorhof se bevinding in die
aansoek om voorbehoud van regsvrae.
Die staat wou in werklikheid die onvoorwaardelike voorbehoud van twee
van die vrae wat die verhoorhof
voorwaardelik voorbehou het, gehad
het. Ons het reeds daarop gewys dat daardie vrae nie voorbehou moes
word nie aangesien geen regsvraag
by vraag 3 ter sprake kom nie en
vraag 2 bloot van akademiese belang is.
[46]
'4
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het deur te beslis dat die
gemelde borgverrigtinge nie deur die Staat gebruik mag word
om `n
verweer van die beskuldigde te weerlê nie.'
Tydens argument aan die einde van die saak het die staat
weer eens aansoek gedoen dat die borgoorkonde toegelaat word om `n
verweer
van die respondent te weerlê. Die verhoorhof het die
aansoek van die hand gewys vir dieselfde redes as waarom die vorige
aansoek
geweier is en ook omdat die aansoek op so `n laat stadium
gebring is.
[47] Soos in die geval van die
verhoorhof se vroeëre weiering om die borgoorkonde toe te laat
as getuienis is dit duidelik dat
die verhoorhof `n diskresie
uitgeoefen het op grond van wat hy as billik onder die omstandighede
beskou het. Hy het dit nie gedoen
op die basis dat die oorkonde
regtens nie toelaatbaar was nie. Soos in die geval van die vorige
weiering het geen regsvraag gevolglik
ter sprake gekom nie. Die staat
se beswaar is dat die verhoorhof se oordeel verkeerd was en nie dat
die verhoorhof enige regsfout
begaan het nie. Die vraag kan gevolglik
nie voorbehou word nie.
[48]
â5
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het deur die Staat se
aansoek in terme van artikel 186 van die Strafproseswet vir
die
aanhoor van die getuies Yusuf Murgham, Dieter Dreier en Generaal
Regli se getuienis van die hand te wys.'
Artikel 186 van die Wet bepaal soos volg:
â
Die
hof kan in enige stadium van strafregtelike verrigtinge iemand as 'n
getuie by daardie verrigtinge dagvaar of laat dagvaar, en
die hof
moet 'n getuie aldus dagvaar of aldus laat dagvaar indien die
getuienis van so 'n getuie vir die hof blyk noodsaaklik te
wees vir
die regverdige beregting van die saak.â
[49] Die verhoorhof het die staat se aansoek van die
hand gewys omdat hy van oordeel was dat die getuienis van die drie
persone nie
noodsaaklik was vir die regverdige beregting van die saak
nie omrede hulle getuienis na sy oordeel nie van veel waarde sou wees
nie.
Alhoewel die staat in sy vervangende aansoek en in sy hoofde
aanvoer dat die verhoorhof se beslissing nie ooreenkomstig die reg is
nie, is geen basis vir hierdie bewering in enige van die twee
dokumente te vinde nie. In die betoog voor ons is ook geen basis vir
die bewering aangevoer nie. Die verhoorhof het `n feitebevinding
gemaak en geen regsvraag wat voorbehou kan word het gevolglik
ontstaan
nie.
[50]
'6
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het deur die Staat se
aansoek in terme van artikel 2(1) van die Wet op Internasionale
Samewerking, No 75 van 1996 vir die afneem van Roger Leslie Buffhan
se getuienis in Brittanje van die hand te wys.'
Die genoemde artikel verleen aan `n hof
`n diskresie om `n versoekskrif uit te reik waarin die bystand van `n
vreemde staat versoek
word om die getuienis van `n persoon wat in
daardie staat is te verkry. Die diskresie kan uitgeoefen word indien
dit aan die hof
blyk dat die ondervraging van die persoon noodsaaklik
is in belang van geregtigheid en dat die aanwesigheid van die persoon
nie verkry
kan word sonder onbehoorlike vertraging, onkoste of
ongerief nie.
[51] Die
verhoorhof se uitspraak vorm nie deel van die stukke voor ons nie.
Dit is wel gerapporteer as
S v Basson
2001 (1) SACR 235
(T).
In die staat se hoofde word aangevoer dat die verhoorhof 'n
mistasting ten opsigte van die reg begaan het. Dit blyk egter nie
waar die probleem lê nie. Uit die uitspraak blyk dit dat die
verhoorhof bevind het dat die verkryging van die getuienis van
Buffhan in Brittanje vir verskeie redes wat in die uitspraak genoem
word, nie in belang van geregtigheid was nie. Dit is 'n
feitebevinding.
[52]
â7
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het deur te versuim om
ontoelaatbare kruisverhoor deur die verdediging aan bande
te lê
of te verhoed.'
In
die mondelinge betoog voor ons is nie met hierdie vraag gehandel nie.
In die staat se vervangende aansoek word verskeie kategorieë
van
kruisondervraging wat volgens die staat strydig met die reg is,
genoem. Die staat beweer nie dat beswaar gemaak is en dat die
beswaar
van die hand gewys is nie. In `n verhoor wat oor twee jaar strek, is
dit te verwagte dat gevalle sal voorkom waar ontoelaatbare
kruisverhoor toegelaat word. Dit is vanselfsprekend dat nie elke so
`n geval sal kwalifiseer vir die voorbehoud van `n regsvraag,
waar
die enigste regshulp wat toegestaan kan word in geval die regsvraag
gehandhaaf word, `n verhoor
de novo
is nie. Soos blyk uit die
voorgaande kan hierdie vraag slegs voorbehou word en slegs gehandhaaf
word indien daar `n redelike vooruitsig
bestaan dat die respondent
skuldig bevind sou gewees het indien die beweerde regsfout nie begaan
is nie.
[53] In die onderhawige geval voer die
staat in sy aansoek aan dat die ontoelaatbare kruisverhoor tot gevolg
gehad het dat ontoelaatbare
getuienis, wat die verhoorregter
beïnvloed het ten aansien van die feite van die saak, toegelaat
is. Om te bepaal of daar `n
redelike vooruitsig bestaan dat `n
skuldigbevinding sou gevolg het indien die ontoelaatbare kruisverhoor
nie toegelaat is nie, word
egter `n ontleding benodig van presies hoe
die hof se bevindings daardeur beïnvloed is en watter effek dit
op die uitslag van
die saak gehad het. Dit is nie gedoen nie.
[54] Die vraag kan gevolglik nie voorbehou word nie.
[55]
'8
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het deur Generaal Knobel
nie te herroep na afloop van die beskuldigde se getuienis
nie.'
In
die vervangende aansoek word nie eers gesê hoekom die
verhoorhof geweier het om Knobel te herroep of wat die regsvraag is
wat as gevolg van sodanige weiering ontstaan het nie. In die staat se
mondelinge betoog voor ons is ook nie met hierdie vraag gehandel
nie.
Die staat het wel in sy hoofde van betoog aangevoer dat die
verhoorhof `n mistasting begaan het ten aansien van die toepassing
van art 186.
5
Redes vir die stelling word egter nie aangevoer nie.
[56] Uit die uitspraak van die verhoorhof blyk dit dat
die verhoorhof geweier het om Knobel te herroep omrede hy dit nie in
belang
van geregtigheid beskou het om dit te doen nie veral omdat die
aansoek eers tydens argument aan die einde van die saak gedoen is.
[57] Geen saak is gevolglik uitgemaak vir die voorbehoud
van hierdie vraag nie.
[58]
'9
Of die Agbare Verhoorhof regtens gefouteer het deur die beskuldigde
in terme van artikel 174 van die Strafproseswet te ontslaan
op
aanklag 2 van die Akte van beskuldiging.'
Artikel 174 bepaal soos volg:
â
Indien
die hof, by afsluiting van die saak vir die vervolging by 'n verhoor,
van oordeel is dat daar geen getuienis is dat die beskuldigde
die in
die aanklag bedoelde misdryf of 'n misdryf waaraan hy op die aanklag
skuldig bevind kan word, gepleeg het nie, kan hy 'n uitspraak
van
onskuldig lewer.â
[59] Aanklag 2 was een van bedrog. Dit
is beweer dat die respondent voorgegee het dat `n bedrag in ene
Heyndricks se bankrekening
betaal is as reiskoste na Iran, die
verkryging van projektielstukke vanuit Iran en vir die vestiging van
inligtingskanale in Iran.
Die geld is inderdaad aangewend vir die
verkryging van âchemical agent monitorsâ. Tydens argument was die
regter se houding dat
daar geen benadeling vir die staat was nie en
dat die bewese feite gevolglik nie die misdaad bedrog daarstel nie.
Dit was egter nie
die basis waarop die respondent, volgens die
verhoorregter se uitspraak, op die aanklag ontslaan is nie. Die staat
sê self
in die vervangende aansoek: 'Later toe die
Verhoorregter die redes vir ontslag op aanklag 2 gee, blyk dit dat
dit gegrond was op
feitelike bevindings.' In ieder geval was die
vraag of daar benadeling was ook 'n feitevraag.
[60] Geen regsvraag is gevolglik ter
sprake nie.
[61]
â10
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur nie verlof toe
te staan ingevolge die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika om
verlof om te appelleer ten aansien van die rekusering nie.â
Hierdie vraag is in paragraaf 2 hierbo behandel.
[62]
â11
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur te bevind dat
op `n korrekte uitleg van artikel 18(2)(a) van die Wet
op Oproerige
Byeenkomste, No 17 van 1956 â die Hof nie by magte is om `n
samesweringhandeling te bereg wat volledig binne die regsgebied
plaasgevind het, maar wat betrekking het op `n beoogde misdryf wat
buite die landsgrense gepleeg sal word nie, en derhalwe 6 aanklagte
nietig verklaar het.â
Hierdie vraag het betrekking op
aanklagte 31, 46, 54, 55, 58 en 61. Ingevolge hierdie aanklagte is
die respondent aangekla van oortredings
van art 18(2)(a) van die Wet
op Oproerige Byeenkomste 17 van 1956 deurdat hy met andere sou
saamgesweer het om die persone genoem
in die aanklagte te dood. Die
artikel bepaal soos volg:
â
18(2) Iemand wat-
(a) met 'n ander persoon saamsweer om by die pleeg van
'n misdryf, hetsy ingevolge die gemene reg of ingevolge 'n statuut of
'n statutêre
regulasie, behulpsaam te wees of om dit te
bewerkstellig of te pleeg; of
(b) 'n ander persoon uitlok, aanstig, beveel of verkry
om so 'n misdryf te pleeg,
is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding
strafbaar met die straf waarmee 'n persoon wat weens die werklike
pleging van daardie
misdryf skuldig bevind is, gestraf kan word.â
[63] Die
respondent het voordat hy op die aanklagte gepleit het ingevolge art
85(1)(c) beswaar teen die aanklagte aangeteken op grond
daarvan dat
hulle geen misdrywe openbaar het nie. Die verhoorhof het die beswaar
gehandhaaf op die basis dat âmisdryfâ in art
18(2) uitgelê
moet word om `n misdryf te wees wat in die Republiek van Suid-Afrika
beregbaar is; en dat in die geval van die
genoemde aanklagte die
misdrywe wat die staat in gedagte het âbeplan was om buite die RSA
gepleeg te word en ook buite die RSA
gepleeg is behalwe in die geval
wat die handeling nie uitgevoer is nieâ. Die verhoorhof het
gevolglik die betrokke aanklagte tersyde
gestel. Sien
S v Basson
[2000] 1 All SA 430
(T).
[64] Die
respondent betoog dat, omrede daar nie `n onskuldigbevinding was nie,
die voorgestelde regsvraag nie voorbehou kan word nie.
In die verband
steun die respondent op
R v Adams
1959 (3) SA 753
(A) op 764G;
S v Mene
1978 (1) SA 832(A)
op 838A-C; en
S v Khoza en
Andere
[1990] ZASCA 142
;
1991 (1) SA 793
(A) op 795J-796C). In die
Adams
-saak
het dit gegaan oor die vraag of `n beskuldigde, in die geval van die
afwysing van `n eksepsie teen `n akte van beskuldiging
voor die
afhandeling van die saak, kon vra vir die voorbehoud van `n regsvraag
ten opsigte van sodanige afwysing. Die hof het beslis
dat die
beskuldigde dit net na afhandeling van die saak kon doen. In die loop
van sy uitspraak het Steyn HR gesê:
â
I may add that the reliance by
RUMPFF, J., in the Court below upon the prosecutor's right to seek a
reservation of a question of law
on a successful exception or
objection to an indictment, as a reason for according an accused a
corresponding right on an unsuccessful
exception or objection, does
not appear to me to be well founded. In my view the only right
conferred upon the prosecutor is to apply
for a reservation in his
own favour in the case of an acquittal or in favour of an accused in
the case of a conviction. If an exception
or objection to his
indictment is upheld, he can amend it or present a new indictment,
and in a suitable case resort may be had to
the procedure under sec.
385
6
of the Act. Because of these remedies available to the prosecutor it
is even more unlikely than in the case of an accused that the
Legislature could have intended to vest him with a right, not
possessed by him before, and unrestricted by the fact that the trial
has not been concluded.â
[65] Die vorige Strafproseswet 56 van
1955 was van toepassing maar vir huidige doeleindes is die ter sake
artikels, naamlik artikels
366 (1) en (2), 369 (1) en (3) en 370 van
daardie wet, wesenlik dieselfde as die artikels in die huidige
Strafproseswet, naamlik
artikels 319(1) en (2), 322(1) en (4) en 324.
[66] In
S v Mene
het die verhoorhof die klagstaat nietig verklaar
omdat daar nie voldoende besonderhede verskaf sou gewees het nie en
`n regsvraag
in verband daarmee voorbehou (op 836A-C). Die respondent
het betoog dat die vraag nie voorbehou kon word nie omrede, onder
andere,
daar geen onskuldigbevinding was nie (op 836D). Die hof het
ten aansien van die staat se betoog dat die uitspraak in die
Adams
-saak nie gevolg moes word nie, by monde van Rumpff HR
soos volg beslis (op 838B-C):
â
Namens
die Staat is betoog dat ons daardie uitspraak nie moet volg nie. Dit
is o.a. betoog dat dit 'n
obiter dictum
is en dat art. 366 (2)
nie behoorlik in ag geneem is nie. Die bevinding in die Adams -saak
is nie 'n
obiter dictum
nie en in die uitspraak word
uitdruklik na art. 366 verwys. 'n Mens sou miskien met die vertolking
soos toegepas in die Adams -saak
kon verskil, maar om te bevind dat
die vertolking regtens verkeerd is, is na ons mening nie moontlik
nie. Indien daar 'n hiaat in
die wetgewing is, is dit die taak van
die Wetgewer om dit aan te vul. Die beswaar in limine moet gehandhaaf
word . . .â
[67] In
S v Seekoei
1982 (3) SA 97
(A) op 101D-E het Rabie AR in
hierdie verband gesê:
â
'n Regsvraag soos bedoel in art
319 van die Wet kan, volgens bestaande beslissings, net in 'n paar
gevalle op aansoek van die aanklaer
voorbehou word, nl (1) waar daar
'n skuldigbevinding was en waar die regsvraag tot voordeel van die
beskuldigde kan wees (
R v Adams
1959 (3) SA 753
(A) te 764G -
H), of waar dit op die geldigheid van die straf wat opgelê is,
betrekking het (
S v Ntuli
1975 (1) SA 429
(A) te 435A), en (2)
waar daar 'n onbeskuldigbevinding was soos bedoel in art 322 (4) van
die Wet.â
[68] Soos
gesê deur Rumpff HR in die
Mene
-saak, kan mens moontlik
met die vertolking van die betrokke artikels soos toegepas in die
Adams
-saak verskil. In die lig van die voormelde beslissings
is dit egter nie meer moontlik om te bevind dat die vertolking
regtens verkeerd
was nie.
[69] In die onderhawige geval is die
respondent nie onskuldig bevind ten opsigte van aanklagte 31, 46, 54,
55, 58 en 61 nie. Dit volg
dus dat in die lig van die voormelde
beslissings `n regsvraag nie voorbehou kan word ten opsigte van die
tersyde stelling van die
aanklagte nie.
[70] In ieder geval, al sou die
nietigverklaring van die aanklagte beskou kon word as `n
âonskuldigbevindingâ, meen ons nie dat
die diskresie wat hierdie
hof het om die geopperde regsvraag voor te behou, ten gunste van die
staat uitgeoefen behoort te word nie
en wel vir die volgende redes:
(a) Die Wet skryf nie
voor hoelank na die onskuldigbevinding `n regsvraag voorbehou kan
word nie. Onder die omstandighede moet dit
na ons mening binne `n
redelike tyd geskied. Die tydperke voorgeskryf vir appèlle gee
`n aanduiding wat as redelik behoort
te kwalifiseer. In hierdie geval
het `n redelike tyd reeds jare gelede verstryk. Die staat het betoog
dat dit nie die geval was nie
vanweë die algemene beginsel dat
appèlle nie stuk stuk aangehoor behoort te word nie (sien
R
v Adams and Others
1959 (3) SA 753
(A) op 762C-763H). Die
oorweging dat appèlle nie stuk stuk aangehoor behoort te word
nie is egter geen beletsel daarteen dat
`n appèl teen die
nietigverklaring van `n aanklag, op die basis dat dit geen misdryf
openbaar nie, onmiddellik na sodanige
nietigverklaring aangehoor word
nie. Die geding met betrekking tot die betrokke aanklagte was op
daardie stadium afgehandel gewees.
Daar was dus geen sprake van stuk
stuk beregting nie. Indien die regsvraag op daardie stadium voorbehou
is, kon die verhoorhof die
saak uitstel hangende die appèl.
Dit sou die aangewese weg wees in die onderhawige geval aangesien
baie van die getuienis
ten opsigte van die ander aanklagte ook
betrekking sou hê op die aanklagte wat nietig verklaar is. Daar
was dus gegronde redes
waarom die aanklagte saam aangehoor moes word.
Indien daar nie gegronde redes was waarom die aanklagte saam
aangehoor moes word nie,
kon die verhoorhof ingevolge art 81 die
aanklagte skei en met die saak ten opsigte van die oorblywende
aanklagte voortgaan. `n Appèl
direk na nietigverklaring op die
ter sake basis hou dus nie die nadele van stuk stuk beregting in nie
maar hou inderdaad voordele
in.
(b) Die staat het na die uitspraak te kenne gegee dat hy
nie gaan appelleer maar dat daar `n appèl van die minister
ingevolge
art 333 kon wees wat toekomstige aangeleenthede sou dek.
(c) Die staat het geen argument teen die verhoorhof se
uitleg van art 18(2)(a) aangevoer nie.
(d) Van die getuienis waarop die staat sal steun ten
opsigte van hierdie aanklagte is reeds deur die verhoorhof verwerp
met betrekking
tot van die ander aanklagte waarop die respondent
tereggestaan het.
Vrae 12 tot 16
[71] Hierdie vrae het betrekking op die dwelmaanklagte
25, 26 en 27. Ingevolge hierdie aanklagte is die respondent aangekla
van die
verkryging, gebruik of besit van ecstasy kapsules. Volgens
aanklag 25 het die respondent gedurende Januarie 1997 100 ecstasy
kapsules
aan ene Wentzel gelewer te die Brooklyn besigheidsentrum.
Aanklag 26 is tot die effek dat die respondent 2018 Ecstasy kapsules
aan
Wentzel gelewer het by die parkeerterrein te Magnoliadal. In
aanklag 27 word beweer dat die respondent op 29 Januarie 1997 tydens
`n lokval 1040 ecstasy kapsules aan Wentzel oorhandig het. Die
voorbehoud van die volgende vrae word nou gevra.
â
12. Of die Agbare Verhoorhof nie
regtens gefouteer het deur op al die bewese feite op aanklag 25-27
dit nie die optrede van beskuldigde
binne die omvang/bestek van besit
soos uiteengesit in die aanklag van oortreding van artikel 22A(10)(a)
van die Wet op Beheer van
Medisyne en Verwante Stowwe, No. 101 van
1965 bring nie;
13. Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 25-7 deur
die verkeerde bewystoets toe te gepas het deur nie die omringende
omstandighede/omstandigheidsgetuienis soos aangebied in die staat
saak enigsins in aanmerking te neem tydens die opweging van die
waarskynlikhede soos beslis is in
S v Radebe
1991 (2) SASV 166
(T) nie;
14. Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 25-7 deur te
beslis dat daar nie objektiewe stawing vir Wentzel bestaan
nie en dat
hy derhalwe 'n enkel getuie is;
15. Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 25-7 deur
bevindings te maak en te steun op moontlikhede waar daar
geen
getuienis op rekord voor is nie en geen bewysmateriaal voor die hof
is nie;
16. Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur ten aansien van
aanklagte 25, 26 en 27 nie self na die gewraakte band te
luister waar
daar 'n wesenlike geskilpunt was oor wat hoorbaar was op die band
nie.â
[72] In die vervangende aansoek word gevra dat âdie
regsvrae ten opsigte van die dwelmgedeelte voorbehou wordâ, maar
daar word
slegs gehandel met aanklag 27. Insoverre vrae 12 tot 16
betrekking het op aanklagte 25 en 26 is dus geen saak uitgemaak vir
hulle
voorbehoud nie. Wat aanklag 27 betref, was dit gemeensaak dat
die respondent op 29 Januarie 1997 tydens `n lokval `n swart sak
bevattende
ongeveer 1000 ecstasy kapsules in sy besit gehad het. Die
verhoorhof het egter bevind dat die respondent se getuienis dat
Wentzel
hom met `n truuk gevang het en dat hy nie bewus was dat die
swart sak ecstasy kapsules bevat het nie meer waarskynlik was as die
getuienis van Wentzel. Die verhoorhof het gevolglik bevind dat die
respondent nie op hierdie aanklag skuldig bevind kon word nie.
[73] Die staat voer nie aan dat die verhoorhof fouteer
het deur te bevind dat die respondent nie skuldig bevind kon word aan
die besit
van ecstasy kapsules indien hy nie daarvan bewus was dat hy
sulke kapsules in sy besit gehad het nie. Die staat is ontevrede met
die verhoorhof se feitebevinding dat die respondent onbewus was dat
die plastieksak ecstasy kapsules bevat het. Onder die omstandighede
kan vraag 12 nie voorbehou word nie. Soos reeds hierbo gesê, is
die bewese feite die feite wat deur die verhoorhof bevind is
bewese
te wees en nie die feite wat volgens die staat bevind behoort te
gewees het nie.
[74] Vrae
13, 14 en 15 is te vaag geformuleer om te kwalifiseer vir voorbehoud.
Die âomringende omstandighede/omstandigheidsgetuienisâ,
die
âobjektiewe stawingâ en die âmoontlikhedeâ waarop die
verhoorhof sou gesteun het, word nie geïdentifiseer nie. In
ieder geval, indien `n hof omringende omstandighede of sekere
getuienis of te wel âobjektiewe stawingâ buite rekening laat
omrede
hy meen dat hy regtens nie geregtig is om daarop te steun nie,
begaan hy `n regsfout indien hy regtens wel daarop mag steun. Indien
hy dit egter buite rekening laat vanweë onagsaamheid of omrede
hy nie meen dat dit die saak enigsings verder voer nie of indien
hy
steun op moontlikhede waar daar geen getuienis op rekord voor is nie,
dan begaan hy `n fout ten opsigte van die feite van die
saak en geen
regsfout nie. Sien para 24 hierbo en
Morrison v Commissioner
for Inland Revenue
1950 (2) SA 449
(A) op 455 waar Schreiner AR
gesê het:
'A
question that depends for its answer on matters of degree, on what
weight is to be given to this and that variable factor . . .
seems to
me to be ordinarily answerable only for the particular case and to be
therefore a question of fact.'
(Sien
ook
S v Legote en `n Ander
2001 (2) SACR 179
(HHA) op 185a-d.)
[75] Geen saak is deur
die staat uitgemaak dat die verhoorhof omstandigheidsgetuienis of
getuienis wat objektiewe stawing aan die
staatsaak verleen vanweë
`n regsfout buite rekening gelaat het of dat hy vanweë `n
regsfout gesteun het op moontlikhede
waarvoor daar geen getuienis op
rekord is nie.
[76] Wat vraag 16 betref, het die staat self erken dat
die verhoorregter na die bandopname wat gemaak is tydens die lokval,
geluister
het. Die band is twee keer in die ope hof voorgespeel. Daar
is gevolglik geen meriete in die staat se versoek dat vraag 16
voorbehou
word nie.
[77]
â17
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur nie die
korrekte regsbeginsels t.o.v. geheueverfrissing toe te pas nie
en
vervolgens bevind het dat die transkripsie van die gesprek van
beskuldigde met Nasionale Intelligensie Agentskap vir
geheueverfrissing
nie toelaatbaar is nie.â
Die verhoorhof het geweier om die staat toe te laat om
`n transkripsie van `n gesprek wat lede van die Nasionale
Intelligensie Agentskap
(âdie N.I.A.â) met die respondent gehad
het, in te handig, sodat die getuies Kennedy en Engelbrecht hulle
geheues aan die hand
daarvan kon verfris. Die bevinding is op die
volgende feitebasis gebaseer.
[78] Die N.I.A. het op 17, 18 en 19 Januarie 1994 `n
gesprek gevoer met die respondent. Kennedy, Engelbrecht en ene
Alberts was teenwoordig.
`n Bandopname van die gesprek is gemaak. In
opdrag van Kennedy het Alberts opdrag aan `n mev Du Plooy gegee om
die bande te transkribeer.
Die opdrag was nie om `n woordelikse
transkripsie te maak nie en sy het dit ook nie gedoen nie. Indien sy
wel `n woordelikse transkripsie
sou gemaak het, sou die transkripsie
van die orde van 700 bladsye gewees het en nie 166 soos dit inderdaad
was nie. Sommige dele
is deur mev Du Plooy opgesom, sommige dele is
weggelaat en waar daar onduidelikhede was het sy haar eie konstruksie
van die gesprek
geformuleer. Die bande is nie meer beskikbaar nie.
Nadat mev Du Plooy die transkripsie gemaak het, het sy dit aan
Alberts oorhandig,
hy het nie daarna gekyk nie maar het dit aan
Kennedy oorhandig. Laasgenoemde het homself vlugtig daarvan vergewis
dat die transkripsie
betrekking het op die relevante gesprek en het
dit toe gebêre. `n Week of twee voor die oorweging van die
aangeleentheid deur
die verhoorhof , ses jaar later, het Kennedy en
Alberts weer die transkripsie gesien en het Engelbrecht dit vir die
eerste keer gesien.
Kennedy en Engelbrecht het getuig dat hulle op
daardie stadium die transkripsie gelees het en dat dit `n woordelikse
weergawe van
die gesprek is. Die verhoorhof het tereg nie
laasgenoemde getuienis aanvaar nie. In elk geval, indien hulle nog
woordeliks kon onthou
wat gesê is, het hulle nie die dokument
benodig ten einde hulle geheue te verfris nie.
[79] Die verhoorhof het bevind dat die transkripsie nie
as getuienis toelaatbaar was nie omrede dit nie `n juiste weergawe
van die
gesprek bevat nie. Die staat voer aan dat die juistheid bewys
is deur die getuienis van Kennedy en Engelbrecht. Weer eens aanvaar
die staat nie die feitebevindings van verhoorhof soos wat hy verplig
is om te doen nie.
[80] In
soverre die verhoorhof se uitspraak vatbaar is vir 'n uitleg dat `n
juiste weergawe van die gesprek vereis word vir doeleindes
van
geheueverfrissing het hy wel regtens fouteer. Ten einde te
kwalifiseer vir aanwending vir doeleindes van geheueverfrissing moet
`n dokument slegs `n juiste weergawe bevat van die getuie se
herinnering van die betrokke gebeure op `n tydstip toe die gebeure
vars
in sy geheue was (sien
S v Van Tonder
1971 (1) SA 310
(T)
op 312
in fine
â 313F). Indien die verhoorhof wel soos
voormeld gefouteer het, is die fout wat hy gemaak het egter slegs van
akademiese belang.
Dit is duidelik dat die transkripsie nie `n
weergawe bevat van die getuies se herinnering van die gesprek nie.
Dit kon dus nie vir
doeleindes van geheueverfrissing gebruik word
nie.
[81] Die vraag kan gevolglik nie voorbehou word nie.
Vrae 18, 19 en 20
[82] Reeds in sy hoofde van betoog het die staat
aangedui dat hulle nie meer vra vir die voorbehoud van hierdie vrae
nie.
Vrae 21 en 22
[83] Hierdie vrae het betrekking op aanklag 60 en lees
soos volg:
â
21 Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op die bewese feite op
aanklag 60 dit nie die optrede van beskuldigde binne die
bestek of
omvang van oortreding van artikel 18 (2) (a) van die Wet op Oproerige
byeenkomste naamlik 'n sameswering soos in aanklag
60 uiteengesit,
bring nie.
â
22 âOf
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 60 deur te
beslis dat 'n medesamesweerder bewus moet wees van die
spesifieke
uitvoeringshandeling en wat dit sal behels in die geval van 'n
sameswering nie.â
[84] Vraag
21 maak nie sin nie. In sy hoofde van betoog vra die staat dat die
volgende vraag voorbehou word ten opsigte van aanklag
60:
â
Of die agbare Hof
a quo
nie
regtens fouteer het deur die beskuldigde ingevolge van artikel 174 te
ontslaan op aanklag 60 nie. Deurdat naamlik vereis is dat
`n
medesamesweerder bewus moet wees van die speifieke
uitvoeringshandeling ten opsigte van `n sameswering en gesien in die
lig van
die objektiewe vasstaande feite wat op daardie stadium bewys
is en die regsbeginsels ten opsigte van sameswering.â
[85] In aanklag 60 is Basson daarvan aangekla dat hy `n
oortreding van art 18(2)(a) van die Wet op Oproerige Byeenkomste 17
van 1956
gepleeg het deurdat hy met andere saamgesweer het om die
misdaad moord ten aansien van ene Abdullah Mohamed Omar te pleeg
en/of by
die pleging van die misdaad behulpsaam te wees en/of die
pleging daarvan te bewerkstellig. Die aanklag het spesifiek
betrekking op
`n sameswering met betrekking tot Omar.
[86] Volgens die staatsaak het ene Van Zyl, `n lid van
die Burgerlike Samewerkings Buro (âdie BSBâ) 'n projek gehad om
mnr. Omar
deur middel van `n sluipmoord-aanval te vermoor. Later is
die plan aangepas en is beplan om `n middel, digoksien, oor Omar se
kos
te strooi. Digoksien is hartmedisyne waarvan `n oordosis dodelik
kon wees vir `n hartlyer soos Omar.
[87] Omrede die staat nie `n reg van appèl ten
opsigte van feitebevindings het nie, is dit, soos reeds aangetoon,
van wesenlike
belang in `n aansoek vir die voorbehoud van `n
regsvraag dat die staat duidelik uitspel welke feitebevindings die
beweerde regtens
verkeerde bevinding ten grondslag lê. Dit het
die staat nie gedoen nie. Die uitspraak ten opsigte van aanklag 60 is
ook nie
as deel van die stukke aangeheg nie. Dit vorm wel deel van
die appèloorkonde. Daaruit blyk dit dat die verhoorhof soos
volg
bevind het:
â
Verder verstaan ek nie die Staat
se saak om te wees dat die beskuldigde
bewustelik
betrokke was
by die sameswering om Omar met hartmedisyne te vermoor nie. Die
getuienis wat voor die hof is toon dit in ieder geval
nie aan nie. .
. .
Die enigste moontlike basis waarop die beskuldigde dus
skuldig kan wees aan die aanklag is dat hy deel was van `n
sameswering om vyande
van die staat met gifstowwe te vermoor. Dit is
soos ek die Staat se saak verstaan. Die probleem egter met hierdie
argument is dat
daar geen getuienis voor die hof is dat digoksien `n
gifstof is nie. Trouens dit is duidelik dat dit hartmedisyne is. Al
word aanvaar
dat `n oordosis daarvan dodelik kan wees kan ek nie sien
hoe die verskaffing daarvan, sonder die kennis van die beskuldigde,
kan
deel vorm van `n komplot om mense met gifstowwe te vermoor nie. .
. . Hy is net so min daarby betrokke as wat hy betrokke sou gewees
het as iemand die slagoffer met `n motor omgery het.â
[88] Ek verstaan die voormelde aangehaalde gedeeltes om
te beteken dat die verhoorhof bevind het dat die staat nie getuienis
aangebied
het wat daarop dui dat die respondent betrokke was by `n
sameswering om spesifiek Omar om die lewe te bring nie en dat dit ook
nie
die staat se saak was nie. Die korrektheid van die bevinding moet
aanvaar word. In ieder geval skyn die staat, in die vervangende
aansoek, die korrektheid van die bevinding te aanvaar. In die lig van
dié bevinding en die feit dat die respondent daarvan
aangekla
is dat hy saamgesweer het om spesifiek Omar te vermoor, is hy tereg
ontslaan op aanklag 60.
[89] Dit volg dat die vraag of `n persoon wat saamsweer
om `n ander persoon by wyse van gifstof te vermoor, ingevolge art
18(2) skuldig
bevind kan word indien die ander samesweerders van plan
verander en besluit om hom deur middel van `n oordosis medisyne te
vermoor,
bloot van akademiese belang is.
[90] Nóg vrae 21 en 22 nóg die vraag in
die staat se hoofde voorgestel kan dus as `n regsvraag voorbehou
word.
Vrae 23 en 24
[91] Hierdie vrae het betrekking op aanklag 57 en lees
soos volg:
â
23 Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op die bewese feite op
aanklag 57 dat dit nie die optrede van beskuldigde binne
die bestek
of omvang van oortreding van artikel 18(2)(a) van die Wet op
Oproerige Byeenkomste naamlik 'n sameswering soos aangekla
bring nie
en te ontslaan na die staat saak.
24 Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 57 deur te
bevind omdat die staat nie die getuienis van mnr. BURGER
gediskrediteer het nie, nie sy getuienis algeheel te verwerp nie
gegewe die wyse waarop hy in kruisverhoor getuig het nie.â
[92] Aanklag 57 is soortgelyk aan aanklag 60 behalwe dat
die slagoffer ter sprake eerw Chikane was. Die staat se saak, volgens
die
opsomming van wesenlike feite, is dat die respondent magtiging
aan `n wetenskaplike, dr Immelman, gegee het om gifstof aan drie
veiligheidspolisiemanne
Smit, Otto en Van Staden te gee; dat Immelman
paraoxon aan hulle gegee het, dat hulle by die Johannesburgse
Internasionale Lughawe
toegang tot Chikane se bagasie verkry het; dat
hulle die paraoxon aan Chikane se klere gesmeer het; en dat Chikane
daarna, elke keer
wat hy sy klere aangetrek het, siek geword het.
[93] Immelman het getuig dat die respondent aan hom
magtiging gegee het om middels aan die drie persone te verskaf indien
hulle daarvoor
sou vra en dat hy op hulle versoek paraoxon aan hulle
verskaf het nadat hulle navraag gedoen het oor die toediening van
gifstof aan
klere. Die verhoorhof het egter bevind dat in die lig van
die getuienis van die staatsgetuie Burger daar geen verband bewys is
tussen
Immelman se paraoxon en Chikane se klere nie en tot die
volgende gevolgtrekking gekom:
â
Alles
in ag genome is dit duidelik dat die Staat se saak teen die
beskuldigde berus op bespiegeling en afleidings maar dat dit deur
die
direkte getuienis wat deur die Staat aangebied is weerspreek word.
Dit is vir my onduidelik op watter grondslag die hof die direkte
getuienis sal kan verwerp en ek het gevolglik tot die slotsom gekom
dat daar nie voldoende getuienis voor die hof was waarop `n redelike
hof moontlik skuldig sou kon bevind nie.â
[94] Die
verhoorhof het die korrekte toets vir ontslag aan die einde van die
staatsaak toegepas (sien art 174 van die Wet en
S v Khanyapa
1979 (1) SA 824
(A) op 838F-G). Of sy oordeel korrek was, is `n
feitevraag wat nie tans ter oorweging voor ons dien nie (sien die
Magmoed
-saak op bl 100c-i).
[95] Die staat betoog dat die verhoorregter fouteer het
deur voorrang te verleen aan stellings in kruisverhoor wat nog nie
getuienis
was nie. Dit blyk egter nie aan welke stellings in
kruisverhoor die verhoorregter verkeerdelik voorrang sou gegee het
nie. Verder
word aangevoer deur die staat dat die verhoorhof die saak
benader het op die basis dat hy verplig was om Burger se getuienis te
aanvaar
omrede hy nie deur die staat gediskrediteer is nie. Die basis
vir hierdie betoog is waarskynlik die volgende stelling deur die
verhoorregter:
âDie
Staat het ook `n hoofstuk geskryf oor Burger se getuienis en die hof
versoek om dit as leuenagtig te verwerp. Die probleem
daarmee is dat
die Staat vir Burger geroep het as `n getuie en nie `n poging
aangewend het om hom as vyandig verklaar te kry nie
of hom te
diskrediteer nie.â
[96] Ek
dink dit is onbillik teenoor die verhoorregter om hierin te lees dat
hy onder die indruk verkeer het dat hy verplig was om
Burger se
getuienis te aanvaar omrede hy nie deur die staat gediskrediteer is
nie. Na ons mening het die verhoorregter waarskynlik
nie bedoel om
meer te sê as dat Burger se getuienis voor hom is, dat hy nie
gediskrediteer is nie en dat sy getuienis nie sodanig
was dat dit
verwerp kon word nie.
[97] In die omstandighede het die staat geen saak
uitgemaak vir die voorbehoud van vrae 23 en 24 nie.
Vrae
25 tot 30
[98] Hierdie
vrae het almal betrekking op aanklag 59. Onder hierdie aanklag word
die respondent daarvan aangekla dat hy tesame met
ander persone ter
bevordering van `n gemeenskaplike doel gepoog het om aartsbiskop Tutu
te intimideer deur `n bobbejaanfetus by sy
woning op te hang. In die
alternatief word `n sameswering om te intimideer beweer.
[99] Die
saak wat die staat gepoog het om te bewys was dat die respondent
Immelman vir `n bobbejaanfetus gevra het; dat Immelman `n
bobbejaanfetus aan ene R oorhandig het; dat R die fetus aan ene T
oorhandig het; dat die fetus agtereenvolgens aan van der Walt,
Burger
en Van Zyl oorhandig is; en dat laasgenoemde twee persone die fetus
by Tutu se huis opgehang het.
[100] Die
verhoorhof se vernaamste bevindings was dat nie bevind kon word dat
die doel met die ophang van die fetus was om Tutu te
intimideer nie
en verder dat daar groot onsekerheid was oor die vraag of die fetus
wat opgehang is die fetus was wat van Roodeplaat
Navorsingslaboratoriums (Edms) Bpk (Immelman) afkomstig was. Die
staat vra nou vir die voorbehoud van die volgende vrae:
[101]
â25
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens gefouteer het deur nie die
terugroeping van dr Van Rensburg ten aansien van aanklag 59
toe te
laat nie, veral waar die Hof en die verdediging nie die korrekte
stellings aan dr. Immelman oor sy getuienis gemaak het nie.â
Die staat het versoek dat in die lig van verkeerde
stellings wat deur die verhoorhof en die verdediging gemaak is, die
getuie Van
Rensburg teruggeroep word ten einde sy getuienis op te
klaar. Wat die regsvraag is wat ter sprake gekom het en om welke rede
die
terugroeping `n invloed op die uitslag van die saak kon gehad
het, blyk nie uit die vervangende aansoek nie. In ieder geval skyn
dit voor die einde van die verhoor gemeensaak te geword het wat die
getuienis van Van Rensburg was.
[102]
â26
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op die bepaalbare
bewese feite op aanklag 59 die optrede van beskuldigde hom
nie binne
die omvang en bestek van 'n gemeenskaplike opset of sameswering bring
soos hy aangekla is nie.â
Deur te bevind dat nie bewys is dat die fetus wat by
Tutu se huis opgehang is die fetus was wat van die RNL afkomstig was
nie het
die verhoorhof in effek bevind dat nie bewys is dat die
respondent enige aandeel gehad het in die ophang van die fetus by
Tutu se
huis nie. Dit is `n feitebevinding die korrektheid waarvan
aanvaar moet word.
[103]
â27
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 59 deur
op die inhoud van die verklaring van VAN DER WALT, wat
'n nie getuie
is, te gesteun het nie.â
Dit blyk dat die verhoorhof wel steun in `n verklaring
deur Van der Walt gevind het vir sy bevinding dat nie bewys is dat
die doel
met die ophang van die fetus was om Tutu te intimideer nie.
Vir huidige doeleindes sal ek aanvaar dat die verhoorhof regtens
fouteer
het deur ontoelaatbare getuienis as toelaatbaar te beskou.
Dit is egter duidelik dat die uitslag van die saak presies dieselfde
sou gewees het as die verhoorhof nie op die inhoud van die verklaring
gesteun het nie. Dit kon immers nie die verhoorhof se bevinding
dat
nie bewys is dat Basson enige aandeel gehad het in die ophang van die
fetus by Tutu se huis beïnvloed het nie. Die vraag
is dus bloot
akademies.
[104]
â28
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 59 deur
bevindings te maak en te steun op moontlikhede waar daar
geen
getuienis op rekord voor is nie en geen bewysmateriaal voor die hof
is nie.â
Dit
blyk nie uit die vervangende aansoek welke moontlikhede die staat in
gedagte het nie. Dit is gevolglik nie moontlik om te bepaal
of `n
regsfout gemaak is nie.
[105]
â29
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 59 deur
te bevind dat ingeval van 'n sameswering die beskuldigde
bewus moes
gewees het van die spesifieke uitvoeringshandeling wat gepleeg is
nieâ.
In die lig van die feit dat die verhoorhof bevind het
dat nie bewys is dat die respondent `n aandeel in die ophang van die
fetus by
Tutu se huis gehad het nie is hierdie vraag ook akademies.
[106]
â30
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 59 deur
die verkeerde bewystoets toe te gepas het deur nie die
omringende
omstandighede/omstandigheidsgetuienis en waarskynlikhede soos
aangebied in die staat en verdedigingsaak in aanmerking
te neem by
die opweging van die waarskynlikhede in die getuienis van MNR. R.
IMMELMAN en die getuies van RNL nie soos beslis in
S v Radebe
1991 (2) SASV 166 (T) nie.â
Vir die redes genoem ten opsigte van
vraag 13 kan hierdie vraag nie voorbehou word nie.
Vraag 31
[107] Hierdie vraag het betrekking op aanklag 62. Dit
lees soos volg:
â
31
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur die verkeerde
bewystoets toe te gepas het deur nie die omringende
omstandighede/omstandigheidsgetuienis
en waarskynlikhede soos
aangebied in die staat en verdedigingsaak in aanmerking te neem by
die opweging van die waarskynlikhede in
die getuienis ten opsigte van
aanklag 62 nie soos beslis in
S v Radebe
1991 (2) SASV 166 (T)
nie.â
Vir die redes genoem ten opsigte van vraag 13 kan die
vraag nie voorbehou word nie.
Vrae 32 tot 35
[108] Hierdie vrae het betrekking op aanklag 63. Aanklag
63 is `n sogenaamde oorkoepelende aanklag waarin beweer word dat die
respondent
saamgesweer het met verskeie entiteite en persone om
misdade teen verskeie persone te pleeg. Die vervangende aansoek bevat
die volgende
versoek ten opsigte van hierdie aanklag:
â
Gegewe
die bevinding van die Agbare Hof
a quo
dat beskuldigde nie
bewus was dat die stowwe van RNL misbruik word nie, versoek u
petisionaris dat die regsvrae op aanklag 63 voorbehou
word.â
[109] Die enigste ander verwysing na die verhoorhof se
uitspraak ten opsigte van aanklag 63 is die volgende:
â
Ten
aansien van hierdie klag is dit die petisionaris se bede dat
beskuldigde se bande met die BSB (wat bewys is) met respek totaal
negeer en onderspeel is. Sy verbintenis met die gespesialiseerde
eenhede is met respek onderskat en is die bevinding van die Agbare
Hof
a quo
met respek deurspek met feitelike mistastings.â
[110] Geen
foutiewe bevinding ten aansien van die regsposisie word uitgelig nie.
Die bevindings waaroor gekla word, word weergegee
as feitelike
bevindings. Tog word gevra dat sogenaamde regsvrae voorbehou word.
[111]
â32
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op die bewese feite
op aanklag 63 dat dit nie die optrede van beskuldigde
binne die
bestek of omvang van oortreding van artikel 18 (2) (a) van die Wet op
Oproerige Byeenkomste naamlik 'n sameswering soos
aangekla bring nieâ
Alhoewel
nie in soveel woorde gesê nie, is dit implisiet in die
verhoorhof se uitspraak dat bevind is dat die aangebode getuienis
nie
`n afleiding van sameswering regverdig nie. Dit is `n feitebevinding
en nie `n regsbevinding nie.
[112]
â33
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 63 deur
te bevind dat daar 'n beperking op aanspreeklikheid in
geval van 'n
sameswering moet wees waar 'n meer radikale metode aangewend word ter
bereiking van die einddoel as wat by aanvang oor
die omvang van die
sameswering ooreengekom was nie.â
â
34 Of
die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het op aanklag 63 deur te
beslis dat 'n medesamesweerder bewus moet wees van die spesifieke
uitvoeringshandeling en wat dit sal behels in die geval van 'n
sameswering nie.â
In die lig van die verhoorhof se bevinding dat die
getuienis nie die afleiding regverdig dat die respondent met andere
saamgesweer
het om die beweerde misdade te pleeg nie is hierdie vrae
van bloot akademiese belang.
[113]
â35
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het deur die verkeerde
bewystoets toe te gepas het deur nie die omringende
omstandighede/omstandigheidsgetuienis
en waarskynlikhede soos
aangebied in die staat en verdedigingsaak in aanmerking te neem by
die opweging van waarskynlikhede in die
getuienis ten opsigte van
aanklag 63 en die band met die BSB nie en soos beslis in
S v
Radebe
1991 (2) SASV 166 (T) nie.â
Vir
die redes genoem ten opsigte van vraag 13 kan hierdie vraag nie
voorbehou word nie.
[114]
â36
Of die Agbare Verhoorhof nie regtens fouteer het ten opsigte van
aanklag 36 deur te bevind dat vir aanstigting daar vereis
word dat
iemand vatbaar vir die aanstigting moes gewees het nie.â
Onder
aanklag 36 is die respondent daarvan aangekla dat hy die
Suid-Afrikaanse Weermag, die bevelstruktuur van die Direktoraat
Spesiale
Take en Renamo se topstruktuur uitgelok of aangestig het om
sekere Renamo lede dood te maak. Hierdie Renamo lede is in
Suid-Afrika
gehuisves. Die destydse Sekretaris-Generaal van Renamo,
Orlando Christina, is buite Pretoria vermoor. Die moord is deur twee
speurders
ondersoek. Die staat steun op `n dokument wat voorgee `n
verslag te wees aangaande `n ondersoek na die moord en om gedoen te
gewees
het deur vier groepe o.a. die Suid-Afrikaanse Polisie en die
Suid-Afrikaanse Geneeskundige Dienste. Die dokument beveel die
eliminasie
aan van die vyf persone wat in die aanklag genoem word.
Die letters WB verskyn onderaan die dokument.
[115] Daar
was getuienis voor die hof dat dit die gebruik van die tiksters van
die Suid-Afrikaanse Weermag was om die voorletters
van die opsteller
van `n dokument aan die onderkant van `n dokument wat deur hulle
getik is aan te bring. Die dokument is gevind
onder dokumente in
trommels wat by ene Bosch gevind is. Die staat het aangevoer dat die
trommels van die respondent afkomstig was.
[116] Die
verhoorhof het die respondent aan die einde van die staatsaak op
hierdie aanklag ontslaan, vir die volgende redes: Volgens
die
getuienis deur die staat aangebied, was die respondent nie aktief by
die ondersoek betrokke nie; was die dokument nie `n militêre
dokument nie; kon die respondent geen invloed op die besluitneming hê
nie; en is geen so ân aanbeveling inderdaad gemaak
nie. In die lig
van die voormelde het die verhoorhof bevind dat daar geen
moontlikheid bestaan het dat `n redelike hof die respondent
op die
aanklag kon skuldig bevind nie.
[117] Die verhoorhof het na ons mening
duidelik bevind dat daar nie getuienis was waarop bevind kon word dat
die respondent die gewraakte
aanbevelings gemaak het nie. In die
omstandighede is die vraag van bloot akademiese belang en kan dit nie
voorbehou word nie.
[118]
Om
op te som:
Die vraag wat deur die verhoorhof vir oorweging deur
hierdie hof ingevolge die bepalings van art 319 van die
Strafproseswet voorbehou
is, moet van die rol geskrap word aangesien
`n beslissing ten opsigte daarvan bloot akademies is.
Die eerste en derde vrae wat voorwaardelik deur die
verhoorhof voorbehou is moet van die rol geskrap word omrede geen
regsvraag
geopper word nie en die staat geen reg van appèl
ten opsigte van feitebevindings het nie.
Die tweede vraag wat voorwaardelik deur die verhoorhof
voorbehou is, moet van die rol geskrap word omrede die antwoord
daarop slegs
van akademiese belang is.
Die staat se aansoek om kondonasie van die nie-nakoming
van hierdie hof se reëls met betrekking tot `n aansoek vir die
voorbehoud
van âregsvraeâ waarvan die voorbehoud deur die
verhoorhof geweier is, moet vanweë die staat se flagrante
nie-nakoming
van die reëls en die feit dat daar geen meriete in
die aansoek is nie, van die hand gewys word.
[119] Die volgende bevel word gevolglik
gemaak:
1. Die vrae wat deur die verhoorhof vir oorweging deur
hierdie hof voorbehou is, word van die rol geskrap.
2. Die staat se aansoek om kondonasie van die
nie-nakoming van hierdie hof se reëls met betrekking tot sy
aansoek vir die voorbehoud
van âregsvraeâ waarvan die voorbehoud
deur die verhoorhof geweier is, word van die hand gewys.
________________
STREICHER AR
_______________
NAVSA AR
HARMS AR)
ZULMAN AR) STEM SAAM
HEHER Wnd AR)
1
Artikel 319(1) lees soos volg: â(1) Indien 'n regsvraag by die
verhoor van iemand in 'n hoër hof weens 'n misdryf ontstaan,
kan daardie hof uit eie beweging of op versoek van òf die
aanklaer òf die beskuldigde daardie vraag vir oorweging
deur
die Appèlafdeling voorbehou, en daarop sit eersgenoemde hof
die vraag uiteen wat voorbehou word en gelas hy dat dit
spesiaal in
die oorkonde aangeteken word en dat 'n afskrif daarvan aan die
griffier van die Appèlafdeling deurgestuur word.â
2
Die artikels lees soos volg:
â319 (3) Die bepalings
van artikels 317 (2), (4) en (5) en 318 (2) is
mutatis mutandis
met betrekking tot alle verrigtinge ingevolge hierdie artikel van
toepassing.â
â317 (5) Indien 'n
aansoek om kondonasie of om 'n spesiale aantekening geweier word,
kan die beskuldigde binne 'n tydperk van
een-en-twintig dae vanaf so
'n weiering of binne die langer tydperk wat om gegronde redes
toegelaat word, by wyse van 'n versoekskrif
aan die Hoofregter
gerig, by die Appèlafdeling aansoek doen om kondonasie of dat
'n spesiale aantekening op die oorkonde
aangebring word, wat vermeld
in watter opsig die verrigtinge na bewering onreëlmatig of met
die reg strydig is, na gelang
van die geval, en daarop is die
bepalings van subartikels (7), (8), (9) en (10) van artikel 316
mutatis mutandis
van toepassing.â
3
Die artikel lees soos volg: â(3) Elke beskuldigde persoon het die
reg op `n billike verhoor, waarby inbegrepe is die reg â(m)
om nie
verhoor te word weens `n oortreding ten opsigte van `n handeling of
versuim ten opsigte waarvan daardie persoon voorheen
vrygespreek of
skuldig bevind is nie;â.
4
Sien art 5(8)(b) van die Wet op die Ondersoek van Ernstige
Ekonomiese Misdrywe 117 van 1991.
5
Die artikel word aangehaal in para 48 hierbo.
6
Die voorloper, in Wet 56 van 1955 van die huidige art 333.