About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2003
>>
[2003] ZASCA 13
|
|
Absa Bank Ltd v Greyvenstein (54/2002) [2003] ZASCA 13; 2003 (4) SA 537 (SCA) (17 March 2003)
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
rapporteerbaar
Saak
nr: 54/2002
In die saak
tussen:
ABSA
BANK LIMITED
Appellant
en
W
A GREYVENSTEIN
Respondent
Coram
:
Howie
P, Harms, Streicher, Conradie en Cloete, ARR
Verhoor
:
21
Februarie 2003
Gelewer
:
17
Maart 2003
Tjek
gemerk ânie oordraagbaar nieâ â oordrag van eiendomsreg deur
nemer aan `n derde as gevolg van valse voorstelling â toestemming
van nemer dat verbod op oordraagbaarheid geïgnoreer word â
invorderingsbankier se verontagsaming van verbod op oordraagbaarheid
nie onregmatig teenoor nemer.
U I T S P R A A K
STREICHER
AR
STREICHER
AR:
[1] Op 21 Januarie 2000 is `n tjek
gedateer 7 Desember 1999 by die appellant gedeponeer op die rekening
van Investcorp CC (âInvestcorpâ).
Die tjek is getrek deur die
Standard Bank van Suid-Afrika Beperk (âdie Standard Bankâ) op die
Krugersdorp tak van die Standard
Bank ten gunste van die respondent
âof orderâ. Dit was vir `n bedrag van R325 000, is gekruis en
gemerk ânie verhandelbaar
nieâ asook ânot transferableâ. Die
respondent se handtekening en sy identiteitsnommer het op die keersy
van die tjek verskyn.
Die appellant het die tjek vir invordering
aanvaar, dit is deur Standard Bank ontmoet en die rekening van
Investcorp is met die opbrengs
daarvan gekrediteer. In `n aksie
ingestel deur die respondent teen die appellant in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling (âdie
hof
a quo
â) het die respondent
beweer dat die appellant onregmatig en nalatig teenoor hom, as synde
die eienaar of nemer of begunstigde van
die tjek, opgetree het deur
die tjek vir die rekening van Investcorp in te vorder en dat hy as
gevolg daarvan skade gelyk aan die
bedrag van die tjek gely het. Die
hof
a quo
het die respondent se vordering gehandhaaf en vonnis
aan hom, in sy hoedanigheid as eienaar van die tjek, toegestaan vir
betaling
van R325 000 plus rente en koste. Hierdie is `n appèl
teen daardie beslissing.
[2] Art
6(5) van die Wisselwet 34 van 1964 (âdie Wetâ) bepaal dat `n
wissel wat woorde bevat wat oordrag verbied, geldig tussen
die partye
tot die wissel is maar dat dit nie verhandelbaar (ânot negotiableâ)
is nie. In
Standard Bank of SA Ltd v Sham Magazine Centre
1977
(1) SA 484
(A) op 493E-H is daarop gewys dat die woord ânegotiableâ
nie altyd dieselfde betekenis in die Wet het nie. Dit kan beteken
âtransferable
in the sense that the transferee becomes the holder
free from equities
â. In `n ander verband kan dit beteken
âtransferable in the sense that the transferee becomes a holder
subject to equities
â. In die geval van art 6(5) beteken dit
ânot transferableâ d.w.s. in die geval van `n wissel wat gemerk
is ânie oordraagbaar
nieâ kan dit nie oorgedra word aan `n ander
persoon op so`n wyse dat hy die houer van die wissel word nie. Die
woorde ânot negotiableâ
en ânie verhandelbaar nieâ word dus
in art 6(5) gebruik in die sin waarin die woorde ânegotiatedâ en
âverhandelâ in art
29(1) van die Wet gebruik word. Ingevolge art
29(1) geskied verhandeling van `n wissel wanneer dit van een persoon
na `n ander oorgedra
word op so`n wyse dat die oordragnemer die houer
van die wissel word. Die houer van `n wissel kan betaling van die
wissel onder sy
eie naam opvorder (art 36(a)). Dit volg dus dat `n
wissel wat ânie oordraagbaar nieâ gemerk is, nie aan `n persoon
oorgedra kan
word op so`n wyse dat hy betaling van die wissel onder
sy naam kan vorder nie. Investcorp was gevolglik nie geregtig om
betaling
van die tjek te vorder nie.
[3] Die
hof
a quo
het waarskynlik gesteun op die beslissing in
Indac
Electronics (Pty) Ltd v Volkskas Bank Ltd
[1991] ZASCA 190
;
1992 (1) SA 783
(A) op
797A-D waar hierdie hof by monde van Vivier AR beslis het:
'There can
now be no reason in principle why a collecting banker should not be
held liable under the extended lex Aquilia for negligence
to the true
owner of a cheque, provided all the elements or requirements of
Aquilian liability have been met. . .. In a situation
such as the
present a delictual action for damages would accordingly be available
to a true owner of a cheque who can establish (i)
that the collecting
banker received payment of the cheque on behalf of someone who was
not entitled thereto; (ii) that in receiving
such payment the
collecting banker acted (a) negligently and (b) unlawfully; (iii)
that the conduct of the collecting banker caused
the true owner to
sustain loss; and (iv) that the damages claimed represent proper
compensation for such loss.'
In
First National Bank of SA Ltd v Quality Tyres (1970) (Pty) Ltd
[1995] ZASCA 65
;
1995 (3) SA 556
(A) op 568F is beslis dat die frase âtrue ownerâ
in die aangehaalde passasie nie enige spesiale of tegniese betekenis
het nie
en dat die woord âtrueâ eintlik oorbodig is in die
onderhawige konteks.
[4] Die
appellant het betoog dat die respondent nie meer die eienaar van die
tjek was toe dit deur die appellant ingevorder is nie
en dat die hof
a quo
gevolglik gefouteer het om te bevind dat hy onregmatig
en nalatig teenoor die respondent opgetree het. In die alternatief
het hy
betoog dat die respondent deur estoppel verhinder word om aan
te voer dat hy die eienaar van die tjek was deurdat hy by wyse van
endossement op die keersy van die tjek aan die appellant voorgegee
het dat hy sy eiendomsreg in die tjek oorgedra het, dat die appellant
enige beperking op die oordrag van die tjek kon ignoreer en dat hy
die tjek kon invorder vir iemand anders as die nemer daarvan.
Verder
in die alternatief het hy betoog dat die respondent bydraend nalatig
was deur sy handtekening op die keersy van die tjek aan
te bring en
dat sy eis ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding 34 van 1956 verminder moes word.
[5] Slegs
twee getuies het by die verhoor van die saak getuig. Hulle was die
respondent en me Motala, die teller van die appellant
by wie die tjek
gedeponeer is. Volgens die respondent het hy, nadat hy die tjek van
Standard Bank ontvang het, dit aan ene Keith
Scott by die
besigheidsperseel van Scott Asset Management (Edms) Bpk (âScott
Asset Managementâ) oorhandig met die bedoeling dat
die opbrengs
daarvan deur Scott Asset Management in sy naam op die South African
Futures Exchange (âSafexâ) belê moes word.
Omrede Scott
Asset Managers verskeie kliënte genaamd Greyvenstein gehad het,
het hy âdie tjek geëndosseer met (sy) ID-nommer
agteropâ
sodat hulle kon identifiseer dat dit vir hom was. Hy het verstaan dat
die tjek nie oordraagbaar was nie en het nie bedoel
om dit oor te dra
nie. Op `n vorige geleentheid het hy `n tjek wat gekruis was en nie
verhandelbaar gemerk was, geëndosseer
sodat dit deur Scott Asset
Managers op sy naam belê kon word. In beide gevalle moes Scott
sorg dat die bedrag van die tjek
ingevorder word en dat die opbrengs
daarvan op Safex belê word. Hy het geweet dat ten einde `n tjek
te endosseer, agterop geteken
moes word en het toegegee dat `n
bankamptenaar wat die tjek sou sien, sou meen dat dit geëndosseer
is. Later wou hy te kenne
gee dat hy ook in die vorige geval bedoel
het dat sy handtekening slegs `n identifiserende funksie moes vervul.
Hy het nietemin bedoel
dat die tjek gebank moes word in die
trustrekening van Scott Asset Managers. Dit was gemeensaak tussen die
partye dat: (a) Scott,
Investcorp en Scott Asset Managers
onderskeidelik gesekwestreer en gelikwideer is gedurende April 2000;
en (b) Scott Asset Managers
sedert Februarie 1999 `n lid was van
Safex en dat sy registrasie om besigheid op Safex te doen op 5
Oktober 1999 opgeskort is.
[6] Me
Motala het getuig dat sy bewus was daarvan dat `n tjek wat nie
oordraagbaar gemerk is, nie ingevorder kon word vir die rekening
van
iemand anders as die nemer nie. Volgens haar het sy gewoonlik gekyk
of daar `n handtekening op die keersy van `n tjek was indien
`n tjek
gedeponeer word op `n rekening van iemand anders as die nemer van die
tjek. In hierdie geval het sy volgens haar waarskynlik
slegs na die
handtekening op die keersy van die tjek gekyk en nie die verbod op
die oordrag van die tjek raakgesien nie. Sy het die
bank se stempel
reg onder die appellant se handtekening en identiteitsnommer op die
keersy van die tjek, welke keersy andersins blanko
was, aangebring.
[7] Die
hof
a quo
het bevind dat me Motala `n eerlike getuie was, dat
die respondent nie beïndruk het as `n getuie nie en dat sy
getuienis dat
hy sy handtekening op die keersy van die tjek vir
identifikasie-doeleindes aangebring het onwaarskynlik en vals was.
Die hof
a quo
het egter bevind dat die feit dat die respondent
se getuienis betreffende die aanbring van die handtekening vals was
nie enige verskil
maak nie; dat bewys is dat Scott die tjek gesteel
het deurdat hy die tjek geneem het met die opdrag om dit op Safex te
belê
wel wetende dat hy nie die opdrag kon uitvoer nie; dat me
Motala wederregtelik en nalatig opgetree het deur `n nie-oordraagbare
tjek
te aanvaar vir invordering vir die rekening van iemand anders as
die begunstigde; dat die appellant nie bewys het dat me Motala deur
die handtekening op die keersy van die tjek mislei is nie; en dat die
verwere van estoppel en bydraende nalatigheid gevolglik nie
kon slaag
nie.
[8] Alhoewel
nie uitdruklik so gestel nie, skyn die hof
a quo
te bevind het
dat as gevolg van die feit dat die tjek by wyse van valse
voorwendsels van die respondent verkry is, dit van die respondent
gesteel is en dat eiendomsreg in die tjek gevolglik nie deur hom
oorgedra is nie. Insoverre die hof
a quo
beslis het dat in die
geval van diefstal by wyse van valse voorwendsels die eiendomsreg in
die gesteelde saak onder geen omstandighede
op die dief oorgaan nie
was die beslissing verkeerd.
[9] Die
eiendomsreg in `n tjek, synde `n roerende liggaamlike saak, word
oorgedra soos in die geval van enige ander roerende liggaamlike
saak.
Die saak moet gelewer word deur die oordraggewer aan die oordragnemer
en daar moet `n saaklike ooreenkoms wees tussen die oordraggewer
en
die oordragnemer in die sin dat die oordraggewer moet bedoel om
eiendomsreg oor te dra en die oordragnemer moet bedoel om eiendomsreg
te ontvang (sien die
Quality Tyres
-saak op 568G). Indien aan
die voormelde vereistes voldoen word, gaan die eiendomsreg in die
saak op die oordragnemer oor al het
hy die oordrag by wyse van valse
voorwendsels verkry. In
Dalrymple, Frank and Feinstein v Friedman
and Another
(2)
1954 (4) SA 649
(W) op 664A-C het Ramsbottom R
die reg in hierdie verband soos volg uiteengesit:
â
In
all cases in which theft by means of false pretences is committed
âthere are present all the elements constituting the crime
of
fraudâ, see
Rex v. Davies,
1928 A.D. 165
,
per
STRATFORD, J.A., at p. 170. Transactions induced by fraudulent
misrepresentation may be void
ab initio
, or they may be
voidable only. This distinction is well known in the sphere of
contract, and is illustrated in the case of
Cundy v. Lindsay,
L.R. 3 App. Ca. 459. Where, as in that case, there is no consent on
the part of the owner to the passing of the property to the person
who obtained it by fraud, the transaction is void
ab initio
and the ownership of the property remains in the person defrauded.
But if the owner consents to the passing of the property, although
his consent was obtained by means of a fraudulent misrepresentation,
the transaction is voidable only. In such cases, ownership passes
to
the fraudulent party.â
[10] Ten
beste vir die respondent het hy die tjek aan Scott, handelende namens
Scott Asset Managers, oorhandig met die doel dat Scott
dit op `n
trustrekening (wat inderdaad nie bestaan het nie) van Scott Asset
Managers moes inbetaal. Scott het op sy beurt die tjek
in daardie
hoedanigheid ontvang en het voorgegee dat hy dienooreenkomstig met
die tjek sou handel. Die opbrengs van die tjek sou
dus die eiendom
van Scott Asset Managers word. Scott Asset Managers moes die rekening
van die respondent met `n bedrag gelykstaande
aan die opbrengs van
die tjek krediteer en moes die krediet aanwend deur dit in die naam
van die respondent op Safex te belê.
Indien Scott nie van plan
was om dienooreenkomstig met die tjek te handel nie het hy lewering
daarvan deur middel van valse voorwendsels
verkry.
[11] Die
respondent se advokaat het betoog dat Scott, handelende namens Scott
Asset Managers slegs as agent van die respondent opgetree
het en dat
eiendomsreg in die tjek in ieder geval nie oorgedra kon word omrede
dit nie oordraagbaar was nie.
[12] Hierbo het ek reeds daarop
gewys dat die woorde ânot transferableâ op die tjek tot gevolg
gehad het dat die tjek nie aan
`n ander oorgedra kon word op so`n
wyse dat die oordragnemer die houer daarvan word nie. Dit beteken
egter nie dat die eiendomsreg
in die dokument self, as synde `n
liggaamlike saak, nie oorgedra kon word nie.
[13] Indien die respondent
wel bewus was dat die tjek vanweë die feit dat dit nie
oordraagbaar nie gemerk was, nie vir `n ander
rekening as sy eie
ingevorder kon word nie, kon die feit dat dit so gemerk was `n
aanduiding gewees het dat Scott as sy agent by
die invordering van
die tjek moes optree. Dit is egter duidelik dat hy dit nie geweet het
nie en dat sy getuienis tot die teendeel
nie aanvaar kan word nie. Hy
het dan juis die tjek aan Scott vir invordering op `n ander rekening
as sy eie oorhandig. Geen ander
basis vir `n bevinding dat die tjek
aan Scott as agent van die respondent oorgedra is, is aangevoer of te
vinde in die getuienis
nie. Die teendeel is die geval. Die tjek moes
op die rekening van Scott Asset Managers inbetaal word en die
opbrengs sou die eiendom
wees van Scott Asset Managers wat dit in
trust vir die respondent moes hou. Dit was gevolglik waarskynlik die
bedoeling van die respondent
om eiendomsreg in die tjek oor te dra en
daar is alle rede om aan te neem dat dit ook Scott se bedoeling was
om, in die hoedanigheid
waarin hy opgetree het, eiendomsreg te
ontvang. Die respondent was dus nie meer die eienaar van die tjek toe
dit by die appellant
gedeponeer is vir invordering nie.
[14] In
die respondent se besonderhede van vordering het hy beweer dat die
appellant onregmatig en nalatig teenoor hom as eienaar
of nemer of
begunstigde van die tjek opgetree het. Die respondent se advokaat het
egter nie betoog dat die appellant onregmatig teenoor
hom as nemer,
en nie eienaar nie, opgetree het deur die tjek in te vorder nie. Die
rede hiervoor is moontlik te vinde in die volgende
passasie in die
Quality Tyres
- saak op 570B-C:
â
In the written heads of argument it was submitted
that a collecting bank's legal duty of care extends to the named
payee of a cheque,
whether or not he is the owner of it. In argument
before this Court counsel said that he was not pursuing the
submission. Suffice
it to say that counsel's decision was right, for
the submission is manifestly without merit.â
In
Strydom NO v Absa Bank Bpk
2001 (3) SA 185
(T) op 194B het Du
Plessis R die volgende ten opsigte van hierdie stelling gesê:
â
In
ons deliktereg word nie vereis dat waar skade aan 'n roerende saak
toegebring word, die eiser die eienaar van daardie saak moet
wees
nie. By aanspreeklikheid vir suiwer ekonomiese verlies kom
eiendomsreg ook nie ter sprake nie. Daar mag dus dalk in die toekoms
nog 'n debat wees oor die vraag of die vereiste van eienaarskap van
die dokument in teenstelling met die vraag of die eiser skade
gely
het, die korrekte benadering is by die aanspreeklikheid van banke.â
Hierdie saak is egter nie
gevoer op enige ander basis as dat die appellant onregmatig teenoor
die respondent as eienaar van die tjek
opgetree het nie. Dit is
gevolglik nie nodig om met die bogenoemde vraag te handel nie.
[15] Dit
volg dat die appèl moet slaag. Die volgende bevel word gemaak:
Die
appèl word gehandhaaf met koste.
Die
bevel gemaak deur die hof
a quo
word vervang met die volgende
bevel:
Die eiser se eis word van die hand gewys met koste.
__________
P
E Streicher
Appèlregter
Howie,
P )
Harms,
A P )
Conradie,
AR)
Cloete,
AR ) stem saam