S v Farmer (395/2000) [2001] ZASCA 74; [2002] 1 All SA 427 (A) (30 May 2001)

57 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Appeal — Application for condonation for late filing of notice of appeal — Merits of the case as sole dispute — Appellant convicted of assault with intent to cause grievous bodily harm — Appeal against sentence dismissed on grounds of lack of reasonable prospects of success — Court finds no misdirection by magistrate in sentencing discretion.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2001
>>
[2001] ZASCA 74
|

|

S v Farmer (395/2000) [2001] ZASCA 74; [2002] 1 All SA 427 (A); 2001 (2) SACR 103 (SCA) (30 May 2001)

Rapporteerbaar
Saak No:
395/2000
In die saak van:
JAN FARMER
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
_____________________________________________________________________
Coram:
Scott,
Streicher, Navsa ARR
Aangehoor
op:
18 Mei 2001
Gelewer
op:
30 Mei 2001
Opsomming: Appèl
teen verwerping van korrektiewe vonnis as vonnisopsie – prosedure
by
aanhoor van
aansoek om kondonasie vir laat liassering van kennisgewing van
appèl waar
enigste geskilpunt die meriete van die saak is.
____________________________________________________________________________________
UITSPRAAK
____________________________________________________________________
NAVSA
JA:
[1]
Hierdie
is ‘n appèl teen die weiering van die appellant se aansoek
om kondonasie vir die
laat
liassering
van ‘n
kennisgewing
van appèl.
[2]
Die
appellant het in die landdroshof te Welkom tereggestaan op twee
aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer.
Luidens
die klagstaat het die appellant in ‘n voorval op 8 Februarie 1998
by die klub Bell-Air te Goudstraat, Bronville, die twee
klaers met ‘n
mes gesteek.
[3]
Die
appellant het onskuldig gepleit en het nie ‘n pleitverduideliking
verskaf nie. Die twee klaers en die appellant was die enigste
getuies
wat in die verhoor getuig het. Op 13 Mei 1998 is die appellant
skuldig bevind. Op 26 Augustus 1998 is hy tot nege maande
gevangenisstraf gevonnis op elk van die twee aanklagte waarvan drie
maande voorwaardelik opgeskort is. In effek is die appellant
tot 12
maande gevangenisstraf gevonnis.
[4]
Die
appellant was van voorneme om teen die opgelegde vonnis te appelleer.
Sy kennisgewing van appèl is buite die voorgekrewe
tydperk in
die Vrystaatse Provinsiale Afdeling, die hof
a quo,
geliasseer.
[5]
In
die hof
a quo
,
as deel van die beslegting van die
aansoek om kondonasie, is volledig aandag geskenk aan die meriete van
die appellant se saak. Die
aansoek is van die hand gewys op die
basis dat daar geen vooruitsigte van sukses op die meriete van die
saak was nie. Die partye
is dit eens dat die meriete van die beoogde
appèl deurslaggewend is. Dit is nie in dispuut dat die
appellant se verduideliking
vir die laat liassering van sy
kennisgewing van appèl bevredigend is nie. Aangesien die
besluit van die hof
a quo
nie een op appèl was soos
bedoel in artikel 20(4) van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959
(“die Wet”) nie, is verlof
om te appelleer na hierdie hof nie
nodig nie. Die appèl word dus in terme van artikel 20(1) van
die Wet aangehoor. Die eienaardigheid
wat hieruit vloei is in
S v
Gopal
1993 (2) SASV 584 (A) bespreek. Harms AR het te
585 c –
e
die volgende gesê:
“… indien ‘n persoon in die
landdroshof aan ‘n misdryf skuldig bevind en gevonnis word en sy
appèl na die Provinsiale
(of, indien van toepassing, die
Plaaslike) Afdeling van die Hooggeregshof misluk, mag hy alleen met
die nodige verlof na hierdie
Hof appelleer. As hy egter sou nalaat
om sy eerste appèl na behore voort te sit en dit nodig is om
kondonasie te verkry (soos
bv vir die laat aantekening van appèl)
en dié aansoek misluk, het hy ‘n outomatiese reg van appèl
teen die
afwys van sy aansoek na hierdie Hof. Dit geld selfs indien
sy aansoek vanweë ‘n gebrek aan vooruitsigte op appèl
afgewys
is.
S v Tsedi
1984 (1) SA 565
(A);
S v Absalom
1989 (3) SA 154
(A). En sou hierdie Hof argumentsonthalwe bevind dat
die Hof
a quo
verkeerd was in sy beoordeling van die kanse op
sukses, en die appèl slaag, moet die strafappèl dan
waarskynlik deur
daardie Hof bereg word met die wete dat hierdie Hof
reeds ‘n oordeel, wat nie bindend is nie, oor die meriete
uitgespreek het.”
[6]
‘n
Afwysing van ‘n aansoek vir kondonasie bloot op die basis dat daar
nie redelike vooruitsigte van sukses is nie, kan dus onwenslike
gevolge hê. Na my mening blyk die praktiese oplossing die
volgende te wees. Waar die enigste dispuut in ‘n aansoek om
kondonasie
die meriete van ‘n beoogde appèl is moet die
appèl as sulks afgehandel word. Dit sal dan die onwenslikheid
wat in
die
Gopal
saak,
supra
, beskryf is, uitsluit. In
die huidige geval is hierdie roete ongelukkig nie gevolg nie. Dit is
dus nodig om die appèl soos
hy tans voor ons dien te besleg.
[7]
Die
kern van die appellant se saak op appèl is dat gegewe
versagtende faktore soos provokasie, die invloed van drank en die
appellant se persoonlike omstandighede en verder die feit dat geeneen
van die klaers permanente beserings opgedoen het en geen mediese
getuienis ten opsigte van die erns van die beserings aangebied is
nie, het die landdros fouteer deur nie ‘n vonnis, anders as direkte
gevangenisstraf op te lê nie.
[8]
Namens
die appellant word aangevoer dat ‘n boete of korrektiewe toesig in
al die omstandighede van die saak die gepaste vonnis is.
In
laasgenoemde verband is daar grootliks gesteun op die verslag en
getuienis van ‘n maatskapplike werker, Mev Snell wat aanbeveel
het
dat die appellant gevonnis word tot korrektiewe toesig, hetsy
kragtens Artikel 276(1)(h) of Artikel 276(1) (i) van die
Strafproseswet
51 van 1977. Die vraag is egter nie of daar ander
gepaste vonnisse is wat opgelê kon word nie. Die vraag is of
gesê
kan word dat die landdros sy diskresie nie behoorlik
uitgeoefen het by die oplegging van vonnis nie. Na my mening kan nie
gesê
word dat die landros enige mistasting begaan het nie.
[9]
Die
hof
a quo
het tereg bevind dat nòg provokasie nòg
drank ‘n bydraende faktor by die pleeg van die aanrandings was.
Dit is normaalweg
wenslik dat in ‘n saak soos hierdie mediese
getuienis ten opsigte van die erns van die beserings deur die klaer
opgedoen, aangebied
word. In die onderhawige geval is dit nie gedoen
nie, maar is wel voldoende getuienis voor die landdros geplaas om die
hof in staat
te stel om ‘n oordeel oor die erns van die beserings
te vel.
[10]
Ek
handel verder met die appellant se aanval op die landdros se
verwerping van korrektiewe toesig as ‘n vonnisopsie. Daar word
in
betoog spesifiek verwys na ‘n deel van die landdros se uitspraak
waar hy na Mev Snell se getuienis oor die moniteerbaarheid
van
korrektiewe toesig handel en die volgende sê:
“Sy sê haar
inligting is anders, maar dit is so dat hierdie Hof al verskeie
toesiggevalle gehad het en dit is so dat sy nie
direk met die gevalle
dan gemoeid is nie, maar dat die sogenaamde moniteringsbeamptes wel
kom getuienis aflewer en dit is so dat
daar meer male ernstige
verbreking van voorwaardes is. Daar was al gevalle gewees waar daar
tot 65% verbreking van voorwaardes is,
alvorens daar daadwerklik
opgetree word teen die sogenaamde droster en hy voor die Hof gedaag
word sodat daar dan dienooreenkomstig
direk met hom gehandel kan word
en ‘n ander alternatiewe vonnis oorweeg en moontlik opgelê
kan word. Met die gevolg dat
korrektiewe toesig vir hierdie Hof sy
romantiek verloor het.”
Die appellant betoog dat
die landdros vooraf standpunt teen korrektiewe toesig as ‘n
vonnisopsie ingeneem het. Dié deel
van die landdros se
uitspraak waarna verwys word, is na my mening, niks meer nie as die
landdros se beskrywing van sy ervaring in
sy hof waar korrektiewe
toesig as ‘n vonnisopsie geopper was nie. Dit moet ook in die lig
van latere dele van die uitspraak gesien
word. Later in sy uitspraak
sê die landdros die volgende:
“Dit is ook so en
daar is wel gesag op die punt dat korrektiewe toesig nie die alfa en
die omega van alle vonnisse is nie. Dit
is maar slegs een van die
vonnisopsies wat die Hof kan oorweeg…”
Nog later sê die
landdros:
“Die
Hof is derhalwe die mening toegedaan dat korrektiewe toesig nie ‘n
gepaste vonnisopsie is onder die omstandighede, ook vanweë
die
aard en die erns van hierdie twee betrokke misdrywe. Die Hof is van
mening ook dat ‘n boetevonnis met die alternatief van
gevangenisstraf ook nie van pas sal wees nie.”
[11]
Korrektiewe
toesig is ‘n vonnisopsie in die spektrum van vonnisopsies. Die hof
a quo
het met verwysing na
S v Dimpane
1996 (2) SASV
165 (0)
en
S v Schutte
1995 (1) SASV 344 (K)
tereg
beklemtoon dat ‘n te geredelike oplegging van korrektiewe toesig in
omstandighede waar dit onvanpas is daartoe sal lei dat
die
regspleging gediskrediteer word.
[12]
Ek
stem saam met die bevinding van die hof
a quo
dat die landdros
behoorlike aandag geskenk het aan korrektiewe toesig as vonnisopsie.
Dat hy dit vewerp het beteken nie dat daar
‘n mistasting was by die
oplegging van vonnis nie. Daar is na my mening geen rede om te
bevind dat die landdros skuldig is aan
‘n onbehoorlike uitoefening
van sy diskresie nie. Daar bestaan gevolglik nie goeie gronde om met
die vonnis in te meng nie.
[13]
Die
hof
a quo
het gevoglik tereg tot die gevolgtrekking gekom dat
daar nie ‘n redelike vooruitsig was dat ‘n appèl teen die
opgelegde
vonnis sou slaag nie.
[14]
Die
appèl word van die hand gewys.
__________________
MS
NAVSA AR
APPèLREGTER
STEM
SAAM:
SCOTT
JA
STREICHER
JA