Smuts v Booyens, Markplaas (Edms) Bpk en 'n Ander v Booyens (222/99, 257/99) [2001] ZASCA 57; [2001] 3 All SA 536 (A) (2 April 2001)

70 Reportability

Brief Summary

Company Law — Transfer of shares — Restrictions on transferability — Private company’s articles prohibiting transfer of shares without compliance with statutory procedures — Shares transferred in contravention of such restrictions — Validity of transfer to third party without knowledge of restrictions — Court held that shares cannot be transferred contrary to company’s articles, regardless of third party’s awareness of such restrictions. In this case, the appellant sought to set aside a sale of shares in a private company, arguing that the transfer contravened the company’s articles of association, which imposed restrictions on the transfer of shares. The respondent had purchased the shares without knowledge of these restrictions. The legal issue was whether a private company’s shares could be validly transferred to an innocent third party despite the existence of restrictions on transfer in the company’s statutes. The court concluded that the transfer was invalid as it did not comply with the statutory requirements, emphasizing that the restrictions on share transfers in a private company’s articles are binding and cannot be disregarded, irrespective of the third party's knowledge of such restrictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2001
>>
[2001] ZASCA 57
|

|

Smuts v Booyens, Markplaas (Edms) Bpk en 'n Ander v Booyens (222/99, 257/99) [2001] ZASCA 57; [2001] 3 All SA 536 (A); 2001 (4) SA 15 (SCA) (2 April 2001)

SAFLII
Note:
This
judgment was originally published in Afrikaans and is the
authoritative text. An English translation of this case is

available at:
http://saflii.org/za/other/ZAENGTR/2001/1.html
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
Saaknr:
A/222/99
In
die aangeleenthede tussen —
LEON
FERDINAND
SMUTS
Appellant
en
WILFRED
BOOYENS
Respondent
en
Saaknr:
257/99
MARKPLAAS
(EDMS)
BPK
Eerste Appellant
LEON
FERDINAND
SMUTS
Tweede Appellant
en
WILFRED
BOOYENS
Respondent
VOOR: VIVIER, NIENABER, OLIVIER,
SCHUTZ EN CAMERON ARR
AANGEHOOR:
5 MAART 2001
GELEWER:
2 April 2001

n
Privaatmaatskappy se aandele kan nie strydig met beperkings op die
oordrag daarvan in die maatskappy se statute (soos vervat in
artikels
21-24 van Tabel B van Bylae 1 van die Maatskappywet 61 van 1973) aan
‘n derde party oorgedra word, selfs al dra
die derde geen
kennis van sodanige beperkings nie.
U
I T S P R A A K
CAMERON
AR:
Hierdie
is twee aanverwante appèlle.  In beide is die kernvraag
of ‘n privaatmaatskappy se aandele, strydig met
bepalings in
die maatskappy se statute wat oordrag daarvan verbied of beperk, aan
‘n onskuldige derde oorgedra kan word.
In die eerste
appèl het die vraag in die Hof
a
quo
ter sprake gekom omdat die
kurator van die verkoper se insolvente boedel die tersydestelling van
‘n ooreenkoms waarvolgens
die verkoper se aandeelhouding in ‘n
privaatmaatskappy verkoop is, teen die koper as verweerder aangevra
het.  Du Plessis
R het aan die einde van die eisers se saak
absolusie van die instansie toegestaan.  Kort daarna het die
koper ‘n aansoek
geloods om deur middel van rektifikasie van
die lederegister registrasie van die betrokke aandele op sy naam te
verkry.  Coetzee
WndR het die verlangde regshulp toegestaan.
Teen beide bevele word nou ge-appelleer, in die eerste met die verlof
van hierdie
Hof en in die tweede met die verlof van die Hof
a
quo
.  Die partye was dit tydens
argument eens dat indien die eerste appèl suksesvol is die
tweede ook moet slaag.
In
1983 is Markplaas (Edms)  Bpk (

Markplaas

)(die
eerste appellant in die tweede appèl) gestig.  Die twee
stigters, Smuts (die eerste appellant in die eerste appèl
en
die tweede appellant in die tweede appèl) en Roux, was gelyke
houers van die uitgereikte aandele asook die enigste direkteure.

In 1993 het Roux sonder Smuts se wete en in stryd met

n
voorkoopsreg wat in die statute van Markplaas ten gunste van Smuts
vervat is,

n ooreenkoms (

die
koopooreenkoms

) met Booyens (die
respondent in beide appèlle) gesluit. Daarin is onder meer
ooreengekom dat Booyens Roux se aandeelhouding
in Markplaas (tesame
met Roux se belang in verskeie leningsrekeninge wat deur Markplaas
aan vier maatskappye verskuldig is waarin
Roux

n
belang het) teen

n bedrag van R250
000 aankoop.  Roux het daarna in Januarie 1994

n
vergadering van Markplaas se aandeelhouers bygewoon en in daardie
hoedanigheid standpunt oor

n
aangeleentheid wat die maatskappy raak ingeneem.  Later in
dieselfde maand het hy

n ooreenkoms
onderteken waarin hy die betrokke aandele gesedeer het as sekuriteit
vir

n lening.  Gedurende
September 1994 is Roux voorlopig gesekwestreer.  Die bevel is
word gedurende Oktober 1994 bekragtig.
Die eerste vergadering
van skuldeisers het op 28 November 1994 plaasgevind.  Die dag
daarna het Roux die aandelesertifikaat
by Markplaas se ouditeure
afgehaal en dit aan Booyens besorg.
In
die Hof
a quo
is
om tersydestelling van die koopooreenkoms by wyse van ‘n
aansoek gedoen met die kurator van Roux se boedel as eerste

applikant, en met Smuts, Roux se mede-direkteur en -aandeelhouer as
tweede applikant, en die sessionaris wat by die Januarie 1994-lening

betrokke was as derde applikant.  Die sewe respondente was
onderskeidelik Booyens, Markplaas, die Meester van die Hooggeregshof

en die vier maatskappye waarin Roux ‘n belang gehad het en wat
by die koopooreenkoms betrokke was.  Die aansoek is vir
verhoor
verwys.  Die gronde vir tersydestelling wat in die verhoorhof
deur die kurator aangevoer is, het in hoofsaak op die
bepalings van
die Insolvensiewet 24 van 1936 gesteun.  Met die wegval van die
kurator as gedingsparty is hulle tans nie meer
ter sake nie.
Daar is egter ook deur Smuts op Roux se versuim gesteun om die
bepalings van Markplaas se statute betreffende
die verkoop van
aandele na te kom en ‘n bevel is aangevra waarin verklaar word
dat die betrokke verkoop ongeldig was en dat
Roux se aandeelhouding
in die kurator vestig.
Du
Plessis R het onder andere bevind dat die statute bloot ‘n
persoonlike reg geskep het en dat Smuts gevolglik moes bewys
het dat
Booyens van die bestaan en nie-nakoming van Smuts se voorkoopsreg
bewus was.  (Vergelyk
Associated
South African Bakeries (Pty) Ltd v Oryx & Voreinigte Bäckereien
(Pty) Ltd en Andere
.)
[1]
By gebrek
aan enige sodanige getuienis het hy absolusie van die instansie
verleen.
Coetzee
WndR het daarna bevind dat die blote aangaan van die koopooreenkoms
vir Booyens die reghebbende ten aansien van die aandele
gemaak het en
dat Booyens derhalwe
prima facie
geregtig was om as aandeelhouer in die lederegister aangeteken en
geregistreer te word.  Hy was van mening dat geeneen van

Markplaas en Smuts se verwere teen dié aansoek deugdelik was
nie.  Hy het die betoog dat die Hof sy diskresie teen
Booyens
moes uitoefen, verwerp, asook dat die aansoek in die lig van die
verrigtinge vir tersydestelling voor du Plessis R (ten
aansien
waarvan daar ‘n petisie om verlof tot appèl hangende
was) voorbarig was.
In
hierdie Hof het Smuts sy argument in hoofsaak daarop gegrond dat die
bepalings in die maatskappy se statute op ‘n ooreenkoms

neergekom het om nie regte oor te dra nie (‘n
pactum
de non cedendo
)
wat, by onstentenis van voldoening van die prosedure in die statute
neergelê, verhoed het dat Booyens ooit reghebbende van
die
aandele kon word.  Die kernvraag op appèl is dus of die
verhoorhof korrek was in sy bevinding dat bewys dat Booyens
kennis
gedra het (van die bepalings en van die nie-voldoening daaraan)
noodsaaklik was.  Die betoog verg oorweging van vrae
wat nog nie
vantevore in dié opsig deur hierdie Hof besleg is nie.
In vorige analoë gevalle (waar ‘n privaatmaatskappy
se
statute afgedwing is), was die koper se kennis van die beletsel nie
as sodanig ter sprake nie en het die statute daarbenewens
‘n
uitdruklike verbod op oordrag bevat.
[2]
Die advokaat
namens Booyens het tereg toegegee dat indien bevind sou word dat
Booyens se kennis van die beletsel irrelevant was,
die appèl
moet slaag en dat Smuts op ooreenstemmende regshulp geregtig sou
wees.
Die
vraag vereis oorweging van Roux se bevoegdheid om regte deur middel
van die koopooreenkoms aan Booyens oor te dra en die effek
van
daardie ooreenkoms.  In
Liquidators,
Union Share Agency v Hatton
[3]
het Innes HR
beklemtoon dat die grondslag van aandeelhouding in ‘n
maatskappy aan wetgewing ontleen word en dat die aard daarvan

derhalwe deur wetgewing bepaal word:

A share in a
joint stock company is a
jus in
personam
, a right of action, the extent
and nature of which and the liability attaching to the ownership of
which depend upon statute.

Uiteraard moet die beginpunt by die
beantwoording van dié vraag dus die bepalings van die
Maatskappywet 61 van 1973 (“die
Maatskappywet” of “die
Wet”) wees.  Volgens art 20(1) “beteken die
uitdrukking ‘private maatskappy’”
in die Wet —
“‘
n
maatskappy met ‘n aandelekapitaal wat deur sy statute –
(a) die reg om sy aandele oor te dra
beperk; en
(b) sy ledetal (met uitsondering van
persone wat in diens van die maatskappy is en van persone wat
voorheen in diens van die maatskappy
was en gedurende sodanige
dienstyd lede van die maatskappy was en na afloop van hulle dienstyd
lede gebly het), tot vyftig beperk;
en
(c)

n
aanbod aan die publiek vir inskrywing op aandele of skuldbriewe van
die maatskappy verbied.

Volgens
art 20(3) mag geen private maatskappy sy statute op so

n
wyse wysig dat dit nie meer al die bepalings in subart (1) bevat nie
tensy hy terselfdertyd in

n publieke
maatskappy omskep word.  Artikel 20(4) bepaal dat indien

n
privaatmaatskappy versuim om die bepalings van sy statute soos in
subart (1) bedoel na te kom terwyl hulle in die statute ingesluit
is,
word hy (tensy die Hof op aansoek anders beveel) onverwyld aan die
vereistes wat uitreiking van finansiële jaarstate en
tussentydse
verantwoording wat op

n openbare
maatskappy betrekking het, onderworpe.
Hierdie
bepalings regverdig drie opmerkings.  Ten eerste blyk dit dat
oordragsbeperkings ten aansien van aandele

n
onontbeerlike eienskap is van

n
privaatmaatskappy soos in die Wet omskryf.  Die Wet bepaal by
wyse van definisie dat

n
privaatmaatskappy  een is wat so

n
beperking in sy statute bevat;  by onstentenis hiervan is dit
regtens onmoontlik dat die betrokke entiteit

n
privaatmaatskappy kan wees.  Dat die tersaaklike beperkings
betrekking het op die regsaard en -essensie van só

n
maatskappy is (soos later sal blyk) myns insiens van belang by die
bepaling van hulle effek en betekenis.
Tweedens
vereis die Wet dat “die reg” om aandele oor te dra,
beperk moet word.
[4]
Die gebruik
van die omvattende begrip “die reg” in art 20(1)(a) is
opvallend.  Dit dui op die wetgewing se bedoeling
dat die
aandeelhouer se bevoegheid om die maatskappy se aandele hoegenaamd
oor te dra in die statute beperk moet word.
Derdens
behels ‘n oordrag in die volle en tegniese sin van die woord ‘n
reeks stappe wat die aangaan van ‘n oordragsooreenkoms

insluit.  Soos Rumpff AR verduidelik het in
Inland
Property Development Corporation (Pty) Ltd v Cilliers
[5]
(‘n
saak aangaande art 24
bis
van die Maatskappywet 46 of 1926):

In regard to
shares, the word ‘transfer’ in its full and technical
sense, is not a single act but consists of a series
of steps, namely
an agreement to transfer, the execution of a deed of transfer and,
finally, the registration of the transfer.”
Daar
is geen aanduiding in die Wet te bespeur dat die beperking van slegs
een van hierdie stappe in art 20(1)(a) beoog word nie.

Inteendeel, dit blyk na my mening uit die bepaling dat dit die
wetgewing se bedoeling was dat

n
privaatmaatskappy se statute die oordrag van sy aandele in die

volle
en tegniese sin

waarop Rumpff AR
wys, moet beperk; wat die statute gevolglik moet beperk, is

die
reg

om die hele reeks stappe wat in

n oordrag behels word, aan te gaan.
En dit omvat die aangaan van

n
ooreenkoms om oor te dra, die verlyding van

n
oordragsakte en die uiteindelike registrasie van die oordrag.
Artikel
91 sluit hierby aan.  Di
é
bepaling, wat ook betrekking het op die
oordraagbaarheid van

n
privaatmaatskappy se aandele, is getiteld

Aard
van aandele

en lui:

Die aandele
of ander belang wat ‘n lid in ‘n maatskappy het, is
roerende goed en oordraagbaar op die wyse deur hierdie
Wet en die
statute van die maatskappy bepaal.”
Die
bedoeling wat uit art 91 spreek, is klaarblyklik om te verhoed dat
aandele op ‘n wyse anders as deur die Wet en die maatskappy
se
statute bepaal, oorgedra kan word.  Artikel 91 skyn met ander
woorde ‘n beletsel te plaas op gepoogde aandele-oordragte
wat
nie strook met die wyse deur die Wet en die statute bepaal nie: word
die beperkings in die statute vervat, nie nagekom nie,
is die aandele
volgens art 91 glad nie oordraagbaar nie.
[6]
Dit
is teen hierdie statutêre agtergrond dat die bepalings van
Markplaas se statute beskou moet word.  Dit staan

n
maatskappy se stigters (en daarna sy lede) natuurlik vry om binne die
beperkings wat die Wet neerlê
die
inhoud van die statute te bepaal.  Artikel 59(2)(b) van die Wet
skep bloot die moontlikheid dat Tabel B van Bylae 1 van
die Wet
ingelyf kan word (soos in Markplaas se geval wel gebeur het) en selfs
dan is die aanname van die statute onderworpe aan
die moontlikheid
van aanpassings en latere wysigings (art 62) na gelang van die
stigters (en lede) se voorkeure.  Tabel B
van Bylae 1 van die
Wet behels

n beperking op die
oordraagbaarheid van aandele.  Waar die oorspronklike
aandeelhouers nie by ooreenkoms daarvan afwyk nie,
behels dit dus by
inlywing daarvan

n kontraktuele
beperking tussen die aandeelhouers onderling.
In
Borland’s
Trustee v Steel Brothers & Co Ltd
[7]
beklemtoon
Farwell R die tweeledige aard van ‘n maatskappy se statute.
Enersyds is die statute ‘n reeks verbintenisse
tussen die
aandeelhouers.  In dié opsig is hulle kontraktueel van
aard.  Andersyds word die kontrak in ooreenstemming
met en binne
die perke van die maatskappywetgewing aangegaan.  Aan die aard
van die regte wat in die aandeelhouding vervat
word, word derhalwe
statutêre beslag gegee.  In ‘n bekende passasie stel
Farwell R dit soos volg:

A share is
the interest of a shareholder in the company measured by a sum of
money, for the purpose of liability in the first place,
and of
interest in the second, but also consisting of a series of mutual
covenants entered into by all the shareholders inter se
in accordance
with s 16 of the Companies Act, 1862.  The contract contained in
the articles of association is one of the original
incidents of the
share.

[8]
Daar
word herhaaldelik in die Suid-Afrikaanse regspraak met goedkeuring na
dié beslissing verwys
[9]
en dit beeld
na my mening die verhouding tussen die statutêre grondslag
enersyds en die onderlinge kontraktuele reëling
andersyds wat
die statute van ‘n maatskappy beslaan ook in ons reg juis uit.
Teen
hierdie agtergrond moet die tersaaklike bepalings van Markplaas se
statute ontleed word.  Die maatskappy se statute is
kragtens art
59(2)(b) van die Maatskappywet aan Tabel B van Bylae 1 ontleen.
Artikels 21-24 bepaal soos volg:

21. Indien
‘n lid van die maatskappy verlang om al of enige van sy aandele
van die maatskappy te verkoop, moet hy skriftelik
kennis van sy
voorneme om te verkoop aan die direkteure gee en die prys vermeld wat
hy vir daardie aandele verlang.
22. Die direkteure
moet binne een maand na die datum van ontvangs van die kennisgewing
in statuut 21 bedoel die inhoud daarvan
aan elke ander lid van die
maatskappy meedeel en elke sodanige lid het die reg om die aandele
aldus aangebied, te verkry binne
een maand na die datum van ontvangs
van daardie mededeling: Met dien verstande dat indien meer as een lid

n aanbod maak vir al die aandele
aldus aangebied die aandele in gelyke dele aan elke sodanige lid
verkoop word en waar breukdele
van aandele oorbly, word sodanige lede
gesamentlike houers van sodanige breukdele van die aandele.
23. Indien die lede van die
maatskappy nie oor die verkoopprys van die aandele kan ooreenkom nie,
kan die ouditeur van die maatskappy
versoek word om die ware en
redelike waarde daarvan te bepaal, en die lede moet daardie waarde as
die verkoopprys van die aandele
aanvaar.
24. Indien nie een
van die lede van die maatskappy aanbied om die aandele te koop binne
die tydperk in statuut 22 bedoel of indien
lede van die maatskappy
aanbied om

n deel van die aandele
aldus aangebied, te koop, kan die lid wat die aandele te koop
aanbied, die aandele of die oorblywende deel
van die aandele wat nie
deur lede van die maatskappy gekoop is nie, te koop aanbied aan

n
ander persoon en, nieteenstaande die bepalings van statuut 11, moet
die direkteure die registrasie van die aandele op die naam
van
daardie persoon goedkeur, tensy hulle gegronde rede het om so

n
registrasie te weier.

Artikel
11 verleen aan die direkteure die bevoegdheid om sonder opgaaf van
redes te weier om die oordrag van aandele van die maatskappy
te
registreer.
In
Estate
Milne v Donohoe Investments (Pty) Ltd
[10]
het Ogilvie
Thompson AR daarop gewys dat die beperking wat op aandele-oordragte
in ‘n privaatmaatskappy se statute bevat word
“essentially
one of construction of the relevant articles” is en dat “the
prima
facie
right of a shareholder to deal freely with his shares must perforce
yield to contrary provisions ascertained on a correct construction
of
the company’s articles”.   Só gesien kan
daar op die volgende wesenlike aspekte van drie artikels
(21, 22 en
24) van die statute gewys word.  Waar ‘n lid verlang om sy
aandeelhouding te verkoop, vereis art 21 dat hy
eers kennis van sy
voorneme aan die direkteure “moet” gee.
[11]
Artikel 22
verleen in hierdie omstandighede aan die ander lede “die reg”
om die betrokke aandele “te verkry”
vóórdat
die aandele aan iemand anders te koop aangebied mag word.  Die
ooreenkoms tussen die bewoording in die
Wet self en in art 22 is na
my mening nie bloot toevallig nie: die “reg” wat volgens
art 20(1)(a) van die Wet beperk
moet word, is juis die “reg”
wat art 22 aan die ander lede verleen, naamlik om deur aanbod en
aanname die sluit van
‘n koopooreenkoms, gevolg deur die
verlyding van ‘n oordragsakte en daarna registrasie, oordrag
van die aandele te
“verkry”.
[12]
Eers ná
voldoening aan die voorgaande vereistes verleen art 24 aan die lid
die bevoegdheid (“kan”) om die aandele
hoegenaamd aan ‘n
buitestander te koop aan te bied.
Gelees
in die lig van art 20(1)(a) van die Wet, blyk dit dus dat die statute
van Markplaas ‘n onderlinge ooreenkoms tussen
die maatskappy se
aandeelhouers
inter
se
bevat wat in ooreenstemming met die wetsbepaling die reg om die
maatskappy se aandele oor te dra, beperk deur gebiedend te vereis
dat
die uiteengesette prosedure eers nagevolg moet word voordat die
aandele hoegenaamd regtens aan ‘n buitestander aangebied
of
oorgedra kan word.  Dié slotsom regverdig die verdere
gevolgtrekking dat die beperking, in die woorde van Farwell
R, ‘n
oorspronklike eienskap in die aandele self daarstel en dat by
onstentenis van nakoming van die prosedure wat die statute
bevat geen
regte ten aansien van die betrokke aandele dus aan ‘n koper
oorgedra kan word nie.
[13]
Die
onderlinge reëling in die statute uiteengesit, in navolging van
die gebiedende aanwysing van art 20(1)(a) van die Wet,
bevat met
ander woorde ‘n beletsel op die aanbieding of oordrag van die
aandele hoegenaamd, tensy die uiteengesette prosedure
eers nagekom
word.  Gevolglik, sonder nakoming van die voorvereistes, “the
right, from its inception, lacks the attribute
of
transmissibility”.
[14]
Dit
volg dat Booyens se argument dat Tabel B van Skedule 1 van die
Maatskappywet nie ‘n absolute verbod daarstel nie, maar
suiwer
prosessuele regte skep wat slegs deur ‘n interdik afgedwing sou
kon word, ongegrond is en dat Smuts se betoog
dat die statute by
implikasie ‘n
pactum de non
cedendo
daarstel wat oordrag verhoed,
gelyk gegee moet word:

The
stipulation against cession is part and parcel of the agreement
creating the right, and the right is limited by the stipulation.”
Paiges
v Van Ryn Gold Mines Estates Ltd
;
[15]
Trust
Bank of Africa Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd
.
[16]
Dat
die beperking op aandele-oordragte in stryd met die statute ten
gunste van die aandeelhouers oor en weer bestaan en dat
mede-aandeelhouers
in die beperking ‘n belang het, behoef geen
betoog nie. Dit spreek trouens vanself uit die voorskrif in die
Maatskappywet
wat die tersaaklie beperking vereis.  Waar dit vir
‘n skuldenaar in ‘n gewone
skuldenaar/skuldeiser-verhouding
“per slot van sake altyd van
belang [is] om te weet wie sy skuldeiser is”,
[17]
is dit des
te meer vir ‘n aandeelhouer in ‘n privaatmaatskappy,
“waarby die hele opset juis is om die beheer binne
‘n
beperkte kring van goedgekeurde lede te hou”,
[18]
van
kernbelang, selfs waar die verhouding oorwegend of suiwer kommersieël
van aard is,
[19]
om te weet
wie sy of haar mede-lid is.
Dit
volg dat die verhoorhof se aanvaarding dat Booyens deur die
koopooreenkoms regte verkry het ten aansien van die aandele en dat

kennis van die voorkoopsreg in die maatskappy se statute vervat ter
sake was, foutief was.
Hierdie
slotsom maak dit onnodig om te beslis oor Smuts se verdere betoë
dat op die feite van die saak daar geen geldige oordragshandeling

plaasgevind het nie (met ‘n beroep op
Botha
v Fick
);
[20]
dat indien
daar ‘n sessie plaasgevind het, dit verminderde regte aan
Booyens oorgedra het (na analogie van
Van
der Berg v Transkei Development Corporation
);
[21]
dat kennis
van die inhoud van Markplaas se statute van regsweë in elk geval
aan Booyens toegedig moes word (met ‘n beroep
op
Abrahamse
v Connock’s Pension Fund
);
[22]
en dat
absolusie van die instansie in ieder geval in die omstandighede van
die verhoor verkeerdelik toegestaan is.
Dit
volg dat Coetzee WndR insgelyks gefouteer het met sy aanname dat
Booyens die reghebbende ten opsigte van die aandele geword
het en dat
sy bevel op dié grond alleen ter syde gestel moet word.
Daarbenewens is dit myns insiens gepas om daarop
te wys dat, afgesien
van die feit dat Booyens se aansoek onder art 115 van die
Maatskappywet in die lig van die hangende appèlstappe
teen du
Plessis R se bevel heeltemal voorbarig was, dié wetsbepaling
kwalik ‘n gepaste uitkoms bied om oordrag van
aandele in
mosie-verrigtinge te verkry of te verleen waar feite-dispute voorkom
wat nie op die stukke opgelos kan word nie.
[23]
Daar is ook appèl aangeteken
teen Coetzee WndR se kostebevel in ‘n kondonasie-aansoek wat
Smuts gebring het, maar Smuts
se advokaat kon op geen grond wys
waarop met hierdie diskresie-uitoefening ingemeng kan word nie.
Wat die koste van die appèl
betref het Smuts se advokaat
toegegee dat een-derde van die appèlrekord onnodig was.
Die respondent kan nie met dié
koste belas word nie.  Wat
die koste van die verhoor betref, is ek van mening dat hoewel die
verhoor aansienlik verkort (indien
nie uitgeskakel) sou kon gewees
het deur die geskilpunt by wyse van ‘n gestelde saak te laat
bereg, die houding van Booyens
ten dele tot dié verloop
bygedra het en dat dit onbillik sou wees om Smuts van sy koste in die
Hof
a quo
te ontneem.
Die
volgende bevele word gemaak:
In saaknommer 222/99:
1.
Die appèl slaag met koste,
insluitend die koste van twee advokate, maar uitgesluit die koste van
een-derde van die oorkonde.
2.
Die bevel van die Hof
a
quo
word ter syde gestel en word
met die volgende vervang:

(i) Die
aansoek wat vir verhoor verwys is, slaag met koste.
(ii) Daar word verklaar dat 50% van
die aandele in Markplaas (Edms) Bpk in die kurator van die insolvente
boedel P S Roux, Boedelnommer
T3163/94 vestig.”
In saaknommer 257/99:
3.
Die appèl slaag met koste,
insluitend die koste van twee advokate.
4.
Die bevel van die Hof
a
quo
word ter syde gestel en met die
volgende vervang:

Die aansoek
word van die hand gewys met koste.”
E
CAMERON
REGTER
VAN APPÈL
VIVIER
AR )
NIENABER
AR)
OLIVIER
AR)

STEM SAAM
SCHUTZ AR)
[1]
1982
(3) SA 893 (A)
[2]
Sien
Estate
Milne v Donohoe Investments (Pty) Ltd and Others
1967 (2) SA 359
(A) en
Lombard
v Suid-Afrikaanse Vroue-Federasie, Transvaal
1968 (3) SA 473
(A).  Vergelyk ook
Swart
v Celliers
1976 (2) PH E10 (K) (waar die koper kennis gedra het van die
beletsels op oordrag),
Mendonides
v Mendonides and Others
1962 (2) SA 190
(D) en
Britz
NO v Sniegocki and Others
1989 (4) SA 372 (D).
[3]
1927
AD 240 250
[4]
Die
Afrikaanse teks is onderteken; die Engelse teks praat van

the
right to transfer its shares

.
[5]
1973
(3) SA 245
(A) 251C, met beroep op die uitspraak van Lord Reid in
Lyle
& Scott Ltd v Scott

s
Trustees and British Investment Trust Ltd
1959
AC 763
(HL) 778; [1959] 2 All ER 661 (HL) 668.
[6]
Die
woord

oordraagbaar

in
die Afrikaanse teks word in die Engelse teks as

transferable

weergegee.
[7]
[1901]
ChD 279 288
[8]
Artikels
14-16 van die Companies Act, 1862 (25 & 26 V. c. 89) het met die
aard en aangaan van

n
maatskappy se statute gehandel.  Art 16 het onder andere bepaal
dat nadat die statute geregistreer was

they
shall bind the company and the members thereof to the same extent as
if each member had subscribed his name and affixed his
seal thereto,
and there were in such articles contained a covenant on the part of
himself, his heirs, executors, and administrators,
to conform to all
the regulations contained in such articles, subject to the
provisions of this Act

.
Die eweknie is art 65(2) van die Maatskappywet:

Die
akte en statute bind die maatskappy en sy lede, in dieselfde mate
asof dit onderskeidelik deur elke lid onderteken is, tot
nakoming,
behoudens die bepalings van hierdie Wet, van al die bepalings van
die akte en van die statute.

[9]
Onder
andere deur Innes HR in
Liquidators,
Union Share Agency v Hatton
1927 AD 240 251.
[10]
1967
(2) SA 359
(A) 370F-G
[11]
In
die Engelse teks:

shall

.
[12]
Vir

n
soortgelyk omvattende uitleg van die woord

oordrag

in

n
maatskappystatuut, sien
Lombard
v Suid-Afrikaanse Vroue-Federasie, Transvaal
1968 (3) SA 473
(A) 483F-485H.
[13]
Prof
MS Blackman in Joubert,
Lawsa
(Eerste Heruitgawe) vol 4 deel 1 para 232
[14]

Cession

,
Joubert,
Lawsa
(Eerste Heruitgawe) vol 2 para 254.  Dit is vergelykbaar met
die geval waar partye onderling ooreenkom dat

n
bepaalde reg slegs op

n
wyse wat hulle voorskryf, gesedeer mag word: vergelyk aw para 246.
[15]
1920
AD 600 617
[16]
1968
(3) SA 166
(A) 189D-G
[17]
De
Wet en Yeats
Kontraktereg
en Handelsreg
(5 uitg, 1992, vol 1) bl 254 n 16, wat die vereiste in die
Paiges
-
en
Trust
Bank
-sake
dat die beperking in die belang van die skuldenaar moet wees in
twyfel trek.
[18]
Lombard
v Suid-Afrikaanse Vroue-Federasie, Transvaal
1968
(3) SA 473
(A) 485A, per Steyn HR
[19]
Vergelyk
Hulett
and Others v Hulett
[1992] ZASCA 111
;
1992 (4) SA 291
(A) 307E-I.
[20]
1995
(2) SA 750 (A)
[21]
1991
(4) SA 78 (TkGD)
[22]
1963
(2) SA 76 (W)
[23]
Verrin
Trust & Finance Corporation (Pty) Ltd v Zeeland House (Pty) Ltd
and Others
1973
(4) SA 1
(C) 9H-11A, 13F-G, 14C-B, per Corbett R