About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2001
>>
[2001] ZASCA 1
|
|
S v Kyriacou (535/2000) [2001] ZASCA 1 (15 January 2001)
IN
DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL
VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer
: 535/2000
In die
saak tussen :
SAVVAS
IANNOU KYRIACOU Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM
: VIVIER, OLIVIER en STREICHER ARR
DATUM
: 15 JANUARIE 2001
GELEWER : 15 JANUARIE 2001
_______________________________________________________________
TRANSKRIPSIE
VAN REDES MONDELING GELEWER IN DIE OPE HOF OP 15 JANUARIE 2001 DEUR
VIVIER AR WAARMEE OLIVIER AR EN STREICHER AR
SAAMGESTEM HET.
_______________________________________________________________
VIVIER AR
/
VIVIER AR
:
Hierdie is ‘n appèl,
met verlof van die Hof
a
quo
, teen die
intrekking van die appellant se borgtog ingevolge art 68 van die
Strafproseswet 51 van 1977, soos gewysig (“die
Wet”).
Die appèl is buite die hoftermyn as ‘n saak van
dringendheid aangehoor.
Die appellant is op 28 September
1999 op aanklagte van diefstal gearresteer en is dieselfde dag op
borgtog van R100 000 onderworpe
aan sekere voorwaardes vrygelaat.
Op 24 Julie 2000 het hy voor Lombard R in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale Afdeling op 102
aanklagte van diefstal waarby ‘n
bedrag van ongeveer R4,5m betrokke was, verskyn. Op 30 Augustus
2000, gedurende die verhoor,
het die Staat ingevolge art 68 van die
Wet aansoek gedoen dat die borgtog ingetrek word. Na aanhoor van
getuienis het die Hof
a
quo
ingevolge art
68(1)(g) van die Wet bevind dat dit in die belang van geregtigheid
is dat die borgtog ingetrek word. ‘n
Bevel is gevolglik
gemaak dat die borgtog ingetrek word en dat die appellant tot die
beëindiging van die verhoor aangehou
word.
In hierdie Hof is namens die Staat
betoog, met ‘n beroep op
S
v Mohamed
1977 (2)
SA 531
(A) op 541 A, dat ‘n weiering of intrekking van
borgtog deur die Hoërhof as hof van eerste instansie nie
appelleerbaar
is nie. In die
Mohamed
-saak
het Trollip AR die aard van borgverrigtinge ingevolge art 97 van die
vorige Strafproseswet 56 van 1955, die voorganger van
die huidige
art 65, as volg beskryf (op 539H-540A)
“
[The] proceedings under sec. 97 of the Code
originate in and are closely associated with the accused’s
arrest, detention
and prosecution for a criminal offence. Hence,
although they are civil in form, they are criminal in substance, and
must be
so regarded for the purposes of the relevant sections of the
Supreme Court Act.”
Met verwysing na art 21(1) van die Wet op die
Hooggeregshof 59 van 1959, waarvolgens hierdie Hof regsbevoeg is om,
behoudens
die bepalings van die artikel en enige ander wetsbepaling,
“’
n appèl teen enige beslissing van
die hof van provinsiale of plaaslike afdeling te verhoor en te
beslis”
sê Trollip AR dat daar so ‘n beperking op
appelle in strafsake in art 362 (2) van die vorige Strafproseswet,
wat die
voorganger is van die huidige art 315(4), te vind is,
maar dat ten opsigte van appelle in borgverrigtinge, die beperking
slegs geld waar die Hoërhof die hof van eerste instansie
was (op 541A).
Die Hof
a
quo
het, sonder
verwysing na die
Mohamed
-saak,
en met ‘n beroep op
S
v Pienaar
1992 (1)
SASV 178 (W);
S v
Maki en Andere
1994 (2) SASV 630 (O) en
S
v Ndjadayi
1995
(2) SASV 583 (E) bevind dat borgverrigtinge ‘n siviele saak en
nie ‘n strafsaak is nie en dat, met die nodige
verlof, ‘n
reg van appèl van ‘n beslissing van ‘n Hoërhof
as hof van eerste instansie wel bestaan.
Die vraag of
borgverrigtinge ‘n siviele aangeleentheid is, is deur hierdie
Hof oopgelaat in
S
v Ramokhosi
1999
(1) SASV 497 (SCA) op 500f-g.
Namens die appellant is betoog dat in die
omstandighede van die huidige
saak ‘n reg van appèl ook bestaan uit
hoofde van art 35(3)(o) van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika
108 van 1996 wat bepaal dat elke beskuldigde persoon ‘n
reg op ‘n billike verhoor het, waarby inbegrepe is “die
reg op appèl na, of hersiening deur, ‘n hoër hof.”
In die huidige saak is dit nie
nodig om te beslis of borgverrigtinge in die lig van die Grondwet
nou as ‘n siviele aangeleentheid
beskou moet word en dus nie
onderhewig is aan die beperking op appelle in strafsake bevat in art
315(4) van die Wet nie. Dit
is ook nie nodig om te beslis wat die
effek van art 35(3)(o) van die Grondwet is nie. Ek sal
veronderstel, sonder om te beslis,
dat die bevel van die Hof
a
quo
wel
appelleerbaar is.
Die appellant is ‘n 56-jarige sakeman en
handelaar van Bloemfontein wat volgens sy eie getuienis die eienaar
is van 10
sakeondernemings en 35 eiendomme in die stad en omgewing.
Hy bedryf onder andere algemene handelaarsbesighede by verskeie
winkels
en pakhuise.
Die strafsaak teen hom het gespruit uit ‘n groot
aantal voorvalle van gewapende roof, diefstal van goedere in
transito,
diefstalle en huisbrake wat in Bloemfontein en elders in
die land in die tydperk vanaf Januarie 1996 plaasgevind het. Die
staatsaak
was nie dat die appellant self betrokke was by hierdie
voorvalle nie, maar dat massiewe voorrade van die aldus gesteelde
goedere
deur hom onwettig verkry is en in sy pakhuise en winkels in
Bloemfontein en omgewing beland het.
Die aansoek om intrekking van die appellant se borgtog
was hoofsaaklik daarop gegrond dat hy met misdadige optrede
voortgegaan
het selfs nadat die polisie-ondersoek begin het en selfs
nadat hy op 28 September 1999 op borg vrygelaat is. Die
ondersoekbeampte,
kaptein Van Wyk, het getuig dat ‘n jaar
nadat die polisie-ondersoek op 9 Februarie 1998 begin het, die
polisie op 5 Februarie
1999 by een van die appellant se besighede,
Modern House Furnishers, beslag gelê het op goedere wat in
Januarie 1999 gesteel
is. Verder was daar nadat die appellant op
borgtog vrygelaat is, ‘n inbraak en diefstal by die appellant
se pakhuis by
Bastionstraat in Bloemfontein. Onder die gesteelde
goedere was klere wat weer geblyk het voorheen by Edgars gesteel
was. Die
appellant wou nie ‘n klagte van diefstal lê
nie. Op 28 Julie 2000 het die polisie op vermoedelik gesteelde
goedere
ter waarde van R300 000 beslag gelê by die appellant
se winkel, Viva Cash & Carry in Botshabelo (“die
Viva-ondersoek”).
Verdere ondersoek het getoon dat hierdie
goedere gesteel is deur twee ondernemings wat aan die Rand opereer,
Buy & Save
en Haul Bulk, en dat sommige van die goedere slegs
die vorige maand gesteel is. Soos deurgaans voorheen, was die
appellant se
verduideliking dat hy die goedere gekoop het. Volgens
Van Wyk was ‘n hele aantal van die eienaars van hierdie
goedere
reeds geïdentifiseer. Van Wyk het verder getuig dat
hy rede het om te vermoed dat ‘n verdere R700 000 se goedere
wat deur Buy and Save en Haul Bulk gesteel is, in pakhuise van die
appellant geberg is.
Die appellant is op die aanklagte van diefstal wat
spruit uit die Viva-ondersoek op 28 Julie 2000 gearresteer en is
steeds op
hierdie aanklagte in aanhouding.
Die appellant het in sy getuienis gesê dat hy
die goedere waarop beslag gelê is in die Viva-ondersoek van ‘n
verteenwoordiger van Buy & Save gekoop het. Hy het die persoon
geken en het nie vermoed dat dit gesteelde goedere was nie.
Hyself
dryf handel in groot voorrade handelsware en koop daagliks
vragmotors vol goedere, die waarde waarvan miljoene rande
per maand
beloop. Met ‘n beroep op regsadvies was hy nie bereid om
verdere vrae te beantwoord oor die goedere waarop in
die
Viva-ondersoek beslag gelê is nie. Die appellant het nie die
persoon se naam genoem van wie hy die goedere gekoop
het nie, hy het
nie gesê wanneer of waar of teen welke prys of onder welke
omstandighede hy die goedere gekoop het nie.
Hy het dus geen
besonderhede verskaf van die aankoop of aankope nie en het gevolglik
versuim om voldoende rekenskap te gee van
sy besit van goedere, ten
opsigte waarvan daar redelike verdenking bestaan dat dit gesteelde
goedere is. Daar is dus aanvaarbare
getuienis dat hy hom aan ’n
oortreding van art 36 van Wet 65 van 1955 skuldig gemaak het.
( Sien
S
v Osman and Another v Attorney-General, Transvaal
1998(4) SA 1224(CC).)
Die appellant het wel getuig oor ’n ander
voorval toe ’n man met ‘n vrag skoene afkomstig van
Edgars by hom
opgedaag het en dit aan hom teen R35 per paar instede
van die werklike prys van R165 per paar wou verkoop. Hy het met die
polisie
in verbinding getree van wie hy die versekering gekry het
dat die transaksie in orde is. Teen R35 per paar was die koopprys
wat hy moes betaal ongeveer R27 000, maar die verkoper was tevrede
om ‘n vrag wasgoedpennetjies as betaling te ontvang.
Die
appellant het getuig dat hy oor dokumentêre bewys van die
skoentransaksie beskik. Volgens die appellant se eie getuienis
is
hy ‘n persoon wat daagliks groot handelsvoorrade op informele
en onkonvensionele wyse aankoop. In die omstandighede
sou mens des
te meer van die appellant verwag dat hy op bewyse van die bron van
die goedere en die verkoper se reg om te verkoop
sou aandring en in
staat sou wees om voldoende rekenskap te gee vir sy besit van die
gesteelde goedere betrokke by die Viva-ondersoek.
Soos ek reeds
daarop gewys het, was hy nie in staat om dit te doen nie.
Die Hof
a
quo
het bevind dat
daar aanvaarbare getuienis is dat die appellant sy misdadige optrede
voortgesit het nadat hy op 28 September 1999
op borgtog vrygelaat
is. Dit is duidelik uit die uitspraak dat hierdie die belangrikste
faktor was wat die Hof
a
quo
teen die
appellant in ag geneem het in sy gevolgtrekking dat dit in belang
van geregtigheid was om die appellant se borgtog in
te trek. Die
Hof
a quo
was klaarblyklik geregtig om hierdie faktor teen die appellant in ag
te neem. Die uitdrukking “die belang van geregtigheid”
word meermale in die borgbepalings van die Wet gebruik, sien
subartikels (1), (4), (9), (10), (11) en (12) van art 60 wat met
die
toestaan van borgtog handel. In die konteks waarin dit in art 68
gebruik word, behels dit ‘n waarde-oordeel van wat
reg en
billik is vir al die betrokkenes na ‘n opweging van alle
relevante faktore ten gunste van en teen die intrekking
van borgtog
(vgl
S v Dlamini S
v Dladla and Others; S v Joubert; S v Schietekat
[1999] ZACC 8
;
1999 (4) SA 623
(CC) op 655E-658A).
Na my mening het die Hof
a
quo
alle relevante
faktore vir en teen die intrekking van borgtog behoorlik oorweeg en
ek is nie daarvan oortuig dat sy beslissing
verkeerd is nie.
Die appèl word afgewys.
W
VIVIER AR