De Jager en Andere v ABSA Bank Bpk (303/98) [2000] ZASCA 193; [2000] 4 All SA 481 (A) (29 September 2000)

80 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Prescription — Validity of undertaking — Appellants, as sureties for a partnership's debt, provided an undertaking to the respondent bank not to raise a defense of prescription after the underlying debt had allegedly prescribed — Respondent sought to enforce the debt despite the appellants' claim of prescription — Legal issue arose whether an undertaking not to plead prescription is valid when the debt is already extinguished by prescription — Court held that the undertaking was valid and did not contravene public policy, allowing the respondent to enforce the debt against the appellants.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2000
>>
[2000] ZASCA 193
|

|

De Jager en Andere v ABSA Bank Bpk (303/98) [2000] ZASCA 193; [2000] 4 All SA 481 (A); 2001 (3) SA 537 (SCA) (29 September 2000)

RAPPORTEERBAAR
Saaknommer: 303/98
IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN
SUID-AFRIKA
A J DE JAGER
1ste APPELLANT
P J DE JAGER
2de APPELLANT
M G DE JAGER
3de APPELLANT
AWIE DE JAGER (EDMS) BEPERK
4de APPELLANT
en
ABSA
BANK BEPERK
RESPONDENT
CORAM
: SMALBERGER,
HARMS, OLIVIER, SCOTT ARR en MELUNSKY Wnd AR
VERHOORDATUM
: 4
SEPTEMBER 2000
LEWERINGSDATUM
: 29
SEPTEMBER 2000
Regsgeldigheid van onderneming deur ‘n
skuldenaar om nie verjaring te opper nie na uitwissing van
onderliggende skuld.
_________________________________________________________________
UITSPRAAK
__________________________________________________________________
SMALBERGER AR
SMALBERGER AR:
[1]
In hierdie appèl
ontstaan die vraag of ‘n onderneming deur ‘n skuldenaar
teenoor sy skuldeiser om hom nie op
verjaring te beroep nie nadat die
onderliggende skuld reeds deur verjaring uitgewis is, regsgeldig is.
[2]
Kragtens verskeie
skriftelike waarborge het die appellante borg gestaan teenoor die
respondent vir die skuld van ‘n vennootskap,
D B Boerdery.
Gedurende 1995 was daar
onderhandelinge tussen die respondent en die appellante,
verteenwoordig deur hulle prokureur, aangaande
D B Boerdery se
beweerde uitstaande skuld en die appellante se borgskap met
betrekking daartoe.
[3]
In
die loop van die onderhandelinge het die appellante se prokureur te
kenne gegee dat die appellante bereid sou wees om ‘n

onderneming aan die respondent te gee om nie ‘n verweer van
verjaring te opper nie. Na aanleiding daarvan het die appellante
‘n
skriftelike onderneming te dien effekte (“die onderneming”),
wat opgestel is deur die respondent, op 20 November
1995 geteken en
deur middel van hulle prokureur aan die respondent terugbesorg.
[4]
Die
onderneming lui soos volg:

AANGESIEN daar ‘n dispuut bestaan tussen
ABSA Bank Beperk handeldrywend as Volkskas Bank (“die Bank”)
en D B Boerdery
Vennootskap (“die Skuldenaar”) in verband
met rekeningnommer 1920-131-545, (“die Rekening”); en
AANGESIEN die Borge hieronder vermeld in hulle
hoedanighede as borge aanspreeklik is teenoor die Bank vir die
Skuldenaar se verpligtinge
teenoor die Bank; en
AANGESIEN die Bank, die Skuldenaar en die Borge in die
proses is om die dispuut te probeer bylê en die aangeleentheid
te
skik; en
AANGESIEN die Skuldenaar en die borge, ten einde verdere
onderhandelinge te fasiliteer, bereid is om ‘n onderneming aan
die
Bank te gee om nie in enige verrigtinge ten gevolge van die
dispuut of in verband met die Rekening, die verweer van verjaring te

opper nie;
NOU DERHALWE onderneem ons, Abraham Johannes de Jager
(Jnr), Meyer Gabriël de Jager, Petrus Johannes de Jager en Awie
de Jager
(Edms) Beperk (“die Borge”) en D B Boerdery
Vennootskap hiermee onvoorwaardelik en onherroeplik teenoor die Bank
om
nie die verweer van verjaring in enige geregtelike verrigtinge wat
tussen die Bank en die Skuldenaar en/of die Borge en die Bank
mag
plaasvind, teenoor die Bank as verweer te opper nie en doen die Borge
en die Skuldenaar hiermee onvoorwaardelik en onherroeplik
afstand van
enige reg wat die Borge of enige een van hulle of die Skuldenaar mag
hê of mag verkry om die verweer van verjaring
aldus te opper.”
[5]
Die
skikkingsonderhandelinge het blykbaar misluk en in Julie 1996 het die
respondent ‘n dagvaarding teen die appellante uitgereik
waarin
hulle as borge aangespreek is vir die beweerde skuld van D B Boerdery
ten opsigte van laasgenoemde se lopende bankrekening.
[6]
Die appellante het ‘n
spesiale pleit van verjaring teen die dagvaarding afgelewer. Die
spesiale pleit is daarop gegrond
dat enige debietsaldo op die
rekening gedurende November 1991 opeisbaar geword het, dat die
respondent se dagvaarding eers gedurende
1996 aan die appellante
beteken is en dat D B Boerdery se beweerde skuld aan die respondent
en enige aksessore aanspreeklikheid
van die appellante gevolglik
ingevolge die bepalings van die Verjaringswet 68 van 1969 (“die
Wet”) deur verjaring uitgewis
is.
[7]
Die
respondent het hierop gerepliseer en op die appellante se onderneming
om nie ‘n verweer van verjaring te opper, gesteun.
In hulle
dupliek het die appellante erken dat hulle die onderneming gegee het,
maar het aangevoer dat dit geskied het nadat die
beweerde skuld reeds
deur verjaring uitgewis is. Vervolgens het hulle gepleit dat die
onderneming “nie die gevolg [het]
om verweerders [appellante]
se beweerde skuld aan die eiser [respondent] te laat herleef nie,
alternatiewelik is sodanige onderneming
contra
bonos
mores
,
alternatiewelik teen die openbare belang en derhalwe nietig en . . .
bestaan daar nie meer ‘n skuld wat die eiser teen die

verweerders kan afdwing nie”.
[8]
By die
voorverhoor-konferensie het die partye ooreengekom dat die vraag of
die appellante geregtig is om verjaring as ‘n
verweer te opper
in die lig van die onderneming en die aspekte in hulle dupliek
daaromtrent geopper, by wyse van ‘n gestelde
saak afgehandel
sou word.
[9]
Die ooreengekome gestelde
saak is voor Snyders R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling
geargumenteer. Die geleerde regter het
die gestelde saak ten gunste
van die respondent uitgewys en die appellante se spesiale pleit van
verjaring van die hand gewys met
koste.
Sy
het egter verlof aan die appellante verleen om na hierdie Hof te
appelleer.
[10]
In die gestelde saak is
daar nie uitdruklik ooreengekom dat enige debietsaldo op D B Boerdery
se rekening by die respondent in
November 1991 opeisbaar geword het
nie. Die gestelde saak is egter gevoer op die veronderstelling dat
enige eis wat die respondent
teen D B Boerdery mag gehad het reeds
verjaar het toe die onderneming geteken is. Dit blyk uit die
bewoording van die dupliek
wat die grondslag van die gestelde saak
is. Die appèl word dus benader suiwer op die pleitstukke en
die gestelde saak asof
die onderneming gegee sou gewees het nadat
die respondent se eis reeds verjaar het.
[11]
Die Wet, in teenstelling
met sy voorganger, Wet 18 van 1943, maak voorsiening vir sogenaamde
sterk verjaring wat tot uitwissing
van ‘n skuld lei (
Desai
NO v Desai and Others
1996(1) SA 141 (A) op
146 H - 147 B). Ooreenkomstig art 10(1) van die Wet “word ‘n
skuld deur verjaring uitgewis na
verloop van die termyn wat volgens
die toepaslike wetsbepaling ten opsigte van die verjaring van daardie
skuld geld”. Deur
verjaring van ‘n hoofskuld word ‘n
daaraan gekoppelde neweskuld ook deur verjaring uitgewis (art 10(2)).
Gevolglik
sou die uitwissing van D B Boerdery se skuld deur
verjaring ook die appellante se borgskuld uitgewis het (
Leipsig
v Bankorp Ltd
1994(2) SA 128 (A) op 132 I-J).
Laasgenoemde skuld kon nie as gevolg van die onderneming herleef
nie. Dit dien gelet te word
dat dit nie hier soseer gaan om
afstanddoening van verjaring of ‘n erkenning van
aanspreeklikheid nie, maar alleenlik om
‘n onderneming om nie
verjaring na afloop daarvan te opper nie.
[12]
Vir doeleindes van die
onderhawige appèl kan aanvaar word dat die instelling van
bevrydende verjaring as gemeenskapsmaatreël
die openbare belang
dien (
Absa Bank Bpk h/a Bankfin v Louw en
Andere
1997(3) SA 1085 (K) (“die
Absa
Bank
saak”) op 1089B; Hawthorne:
Renunciation of Prescription
:
1991 (54) THRHR 142
op 149). Regsverhoudings word deur tydsverloop
beïnvloed en die onderliggende gedagte by skuldverjaring is
sekerheid (De
Wet en Van Wyk:
Kontraktereg en
Handelsreg
: 5de uitgawe: Vol 1, 284). In
Murray & Roberts Construction (Cape) (Pty)
Ltd v Upington Municipality
1984(1) SA 571
(A) op 578 F-G is daar gesê:

Although many philosophical explanations have
been suggested for the principles of extinctive prescription . . . .
its main practical
purpose is to promote certainty in the ordinary
affairs of people.”
Die primêre oogmerk met sekerheid blyk te wees
billikheid teenoor ‘n skuldenaar (Loubser:
Extinctive
Prescription
op 22).
[13]
Ofskoon art 10(1) van
die Wet bepaal dat ‘n skuld deur verjaring uitgewis word, word
voldoening deur die skuldenaar van ‘n
skuld na die uitwissing
daarvan deur verjaring as betaling van die skuld beskou (art 10(3)).
Dit sou klaarblyklik die geval wees
as betaling met of sonder kennis
van die afloop van verjaring geskied het. Daarbenewens kan ‘n
hof nie uit eie beweging
kennis neem van verjaring nie (art 17(1)).
Verjaring moet in die pleitstukke geopper word deur die
gedingvoerende party wat hom
daarop beroep, alhoewel ‘n hof kan
toelaat dat verjaring in enige stadium van die verrigtinge geopper
word (art 17(2)).
[14]
Die appellante se betoog
kom in wese daarop neer dat die onderneming, en veral die
gepaardgaande onsekerheid wat die wye bewoording
en strekking daarvan
tot gevolg het, teen die openbare belang indruis en dus nietig is.
By beoordeling van die vraag of dit wel
so is, moet daar nie uit die
oog verloor word nie dat die doel van die onderneming was om ‘n
geldige en afdwingbare verbintenis
tussen die appellante en die
respondent te skep. Openbare beleid, die vergestalting van openbare
belang, “demands in general
full freedom of contract; the right
of men freely to bind themselves in respect of all legitimate subject
matters” (
per
Innes HR in
Law Union and Rock Insurance Co
Ltd v Carmichael’s Executor
1917 AA 593
op 598; sien ook
Sasfin (Pty) Ltd v Beukes
1989(1) SA 1 (A) op 9 E-G).
[15]
Uit die bepalings van
die Wet laat die Wetgewer dit duidelik blyk dat dit ‘n
skuldenaar vrystaan om, na die verstryking van
verjaring, en ten
spyte daarvan dat sy skuld uitgewis is, die skuld te betaal of, waar
aksie ingestel is om dit te verhaal, nie
verjaring te opper nie.
Sodanige optrede van die skuldenaar, wat deur die Wetgewer geoorloof
word, kan per definisie nie teenstrydig
met die openbare belang wees
nie. As ‘n skuldenaar hom nie op verjaring hoef te beroep nie
en ‘n hof nie
mero motu
daarvan kennis kan neem en effek daaraan gee nie, blyk daar geen
logiese of beginselrede te wees waarom hy hom nie regtens kan
verbind
om nie verjaring te opper nie. Trouens hy onderneem net om nie te
doen nie wat hom geoorloof is om nie te doen nie. Gesien
die
kontraktuele vryheid wat hom gegun behoort te word, kan daar myns
insiens nie gesê word dat ‘n onderneming van
so ‘n
aard teen die openbare beleid indruis nie.
[16]
Die geldigheid van ‘n
onderneming om nie verjaring te opper nie sal waarskynlik afhang van
die tydstip waarop dit gegee is.
‘n Geval wat geoordeel na
gewysdes voorkom, is waar ‘n skuldenaar (insluitende ‘n
borg) hom kontraktueel verbind,
gewoonlik by die aangaan van die
verbintenis en voordat verjaring begin loop, om afstand te doen van
en hom nie te beroep op, die
beskerming van verjaring nie (“‘n
vooruitlopende onderneming”). Daar is uiteenlopende
beslissings in die Hoër
Howe of so ‘n vooruitlopende
onderneming geldig is al dan nie - sien bv
Nedfin
Bank Bpk v Meisenheimer en Andere
1989(4) SA
701 (T) (wel geldig); die
Absa Bank
saak (ongeldig). Die grondslag van laasgenoemde beslissing is dat so
‘n onderneming die instelling van bevrydende verjaring
ondermyn
en dus teen die openbare beleid is. Aangesien ons egter nie in
hierdie appèl met ‘n vooruitlopende onderneming
te make
het nie, is dit nie vir ons nodig om hieroor standpunt in te neem
nie.
[17]
‘n Ander situasie
wat moontlik meer dikwels voorkom is waar, na verjaring reeds begin
loop het, partye ooreenkom om verjaring
“uit te stel” of
‘n verjaringstermyn te “verleng”. Hierna word in
die
Absa Bank
saak na
verwys as “die konsensuele aanpassing van ‘n
verjaringstermyn” (op 1089 C). Dit geskied normaalweg in

gevalle waar die verjaringstermyn na aan voltooiing is en die partye
meer tyd benodig om te onderhandel om bv onnodige litigasie
te vermy
of hulle geskille by te lê. Dit is immers in die openbare
belang dat partye geskilpunte by wyse van ooreenkoms
elimineer. So
‘n aanpassing geld gewoonlik vir ‘n bepaalde, redelike
beperkte ooreengekome tydperk. In die verband
is daar in die
Absa
Bank
saak gesê (op 1089 C-D) “Daar
kan nie juis ‘n beginselbeswaar wees teen die konsensuele
aanpassing van ‘n
verjaringstermyn nie, mits dit nie, in wese,
neerkom op ‘n negering van die instelling van bevrydende
verjaring nie”.
Indien die kwalifikasie juis is, sal die vraag
of so ‘n aanpassing die instelling van verjaring sou “negeer”

al dan nie waarskynlik afhang van die besondere omstandighede van die
geval. Die omstandighede sou egter sodanig moet wees dat
so ‘n
aanpassing hoofsaaklik die belange van die partye raak en nie
substansieel of wesenlik teen die openbare belang indruis
nie (vgl
South African Co-Operative Citrus Exchange Ltd
v Director-General: Trade and Industry and Another
1997(3) SA 236 (SCA) op 244 G-H (die goedgekeurde aanhaling); Loubser
op cit
op 151). Ons
is egter ook nie hieroor geroepe om ‘n finale standpunt in te
neem nie.
[18]
In duidelike
teenstelling met die voorafgaande is die geval (soos die onderhawige)
waar verjaring reeds afgeloop het. Die skuld
is uitgewis. Die
skuldenaar het gewoonlik sekerheid oor sy regsposisie. Hy beskik oor
‘n volkome verweer as ‘n eis
teen hom ingestel is. Die
sekerheid waarna die openbare belang streef, bestaan dus reeds. Dit
gaan nou nie meer oor die openbare
belang nie, maar eerder oor die
belange van die partye en meer bepaald dié van die skuldenaar.
Hy kan besin oor sy omstandighede
en ‘n onbelemmerde keuse
uitoefen of hy verjaring wil opper al dan nie. Sy uiteindelike
besluit raak net sy eie belang.
As hy besluit om nie verjaring te
opper nie en ‘n onderneming tot dien effek te gee kan dit nie
die openbare belang skend
nie en is so ‘n onderneming gevolglik
op sigself nie nietig nie (vgl Wessels:
Law of
Contract in South Africa
Vol 2, par 2837;
Loubser
op cit
op
158).
[19]
Die verdere vraag wat
ontstaan, is of die geldigheid van so ‘n onderneming afhang van
die tydsduur daarvan. Daar kan vanuit
‘n beginseloogpunt geen
beswaar wees teen ‘n onderneming wat vir ‘n bepaalde tyd
of vir ‘n redelike tyd
(wat objektief vasgestel kan word) van
krag is nie. Daar bestaan dan voldoende sekerheid met betrekking tot
die tydsduur daarvan.
Die appellante se onderneming is egter
onherroeplik en geld vir ‘n onbeperkte tydperk. Dit skep dan,
sonder meer, “‘n
nuwe termyn van onsekerheid” (J C
de Wet:
Opuscula Miscellanea
,
op 134). In
ABSA Bank Bpk h/a Bankfin v Louw
en Andere
(
supra
)
is gesê (
obiter
)
dat dit waarskynlik beter is om nie so ‘n geval te legitimeer
nie (op 1089 J).
[20]
Na my mening bly die
onderneming geldig al is dit vir ‘n onbeperkte tydperk. Soos
reeds daarop gewys, op die tydstip toe
die onderneming gegee is, was
die heersende belang dié van die partye en meer bepaald dié
van die appellante as skuldenaars.
Regssekerheid het reeds bestaan
met betrekking tot die uitgewisde skuld. Die appellante se verdere
optrede moet gemeet word aan
die hand van
grondliggende billikheidsoorwegings. Dit het die
appellante vrygestaan om die
tydsduur van hulle onderneming te beperk of om ‘n
voorwaarde daaraan te koppel
met betrekking tot die instel van ‘n aksie. Op ‘n
tydstip toe dit gegaan het oor hulle persoonlike belange was hulle

tevrede om ‘n kontraktuele verbintenis vir ‘n onbepaalde
tydperk aan te gaan. Hulle het regsverteenwoordiging geniet
en daar
is geen sprake dat ongelyke bedingingsmagte aanleiding tot die
onderneming gegee het nie. Om effek aan die onderneming
te gee, sou
in die omstandighede nóg onbillik teenoor hulle wees nóg
die openbare belang skend. Trouens dit sou
in die openbare belang
wees om erkenning te verleen aan hulle kontraktuele vryheid en
bevoegdheid om die onderneming te gegee het.
Bygevolg het die hof
a
quo
tereg bevind dat die onderneming nie
nietig was nie.
[20]
Die
appèl word van die hand gewys met koste, insluitende die koste
van twee advokate.
____________________
J W SMALBERGER
APPèLREGTER
Harms AR )Stem saam
Olivier AR )
Scott AR )
Melunsky
Wnd AR)