About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2000
>>
[2000] ZASCA 168
|
|
ABSA Bank Beperk v De Villiers (443/98) [2000] ZASCA 168 (15 September 2000)
Saak No: 443/98
In
die saak van:
ABSA
BANK
BEPERK
Appellant
en
JOHANNES
CASPARUS DE VILLIERS (Snr)
Respondent
CORAM
:
SMALBERGER, HOWIE, HARMS,
SCOTT
ARR
et
FARLAM
Wnd AR
DATUM
VAN VERHOOR
:
28 August 2000
DATUM
VAN UITSPRAAK
:
15 September 2000
Borgtog
S Verjaringswet S Beletsel ingevolge art 13 (1) (g).
UITSPRAAK
HOWIE
AR/ . . .
HOWIE
AR
:
Die respondent het vir sy
seun se skuld teenoor appellant as mede-hoofskuldenaar
in solidum
borg gestaan en is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling
vir betaling van die borgskuld gedagvaar. Sy verweer was dat die
borgskuld deur novasie of verjaring uitgewis is en, indien novasie
wel plaasgevind het, dat die nuwe skuld verjaar het. Appellant
het
gerepliseer dat voltooiing van verjaring van die hoofskuld en daarmee
die borgskuld, ingevolge art 13 (1) (g) van die Verjaringswet
68 van
1969, uitgestel is en dat daardie beletsel nog ten tye van
gedingsinstelling van krag was.
Op
die
basis
van
`n
gestelde
saak
is
die
Hof
(Van
Coppenhagen R) versoek om te beslis
of appellant se eis
soos deur respondent
beweer, wel verjaar
het.
Die geleerde Regter het
beslis dat die uitwerking van art 13 (1) (g) op die hoofskuld nie die
borgskuld geraak het nie en dat lg
onafhanklik van die hoofskuld voor
instelling van die geding verjaar het.
Die eis
is derhalwe van die
hand gewys en met die Verhoorhof se verlof kom appellant in hoër
beroep.
Die uitspraak van die
Hof
a quo
is
gerapporteer in
1998 (3) SA
920
(O).
In die loop van die
betoog deur appellant se advokaat voor hierdie Hof is die vraag
geopper of die hoofskuld self nie voor die datum
van
gedingsinstelling verjaar het nie. Sy antwoord was dat voltooiing van
verjaring van die hoofskuld nog steeds op daardie datum
uitgestel
was. Dit strook met die terloopse bevinding van die Hof
a quo
te
923 G - H van die gerapporteerde uitspraak. Die vraag is dus of
daardie bevinding korrek was. Dit spreek vanself dat indien,
op die
feite voor die Hof benede, die hoofskuld voor instel van aksie
verjaar het, die borgskuld gelyktydig daarmee uitgewis sou
gewees
het. (
Leipsig v Bankorp Ltd
[1993] ZASCA 198
;
1994 (2) SA 128
(A) te 132 I -
J.) As dit so was, kon appellant se vordering nooit slaag nie en al
dek die verweerskrif daardie situasie nie presies
nie sal die appèl
van die hand gewys moet word.
Art 13 van die Wet bepaal
(vir sover ter sake):
“
(1)
Indien S
. . .
(g)
die skuld die voorwerp is van `n eis
ingedien . . . teen
die insolvente
boedel van die
skuldenaar
. . . ;
. . .
en
(i)
die toepaslike verjaringstermyn, as
dit nie vir die bepalings van hierdie subartikel was nie, voltooi sou
word voor of op, of binne
een jaar na, die dag waarop die betrokke
beletsel in paragraaf . . . (g) . . . bedoel, opgehou het om te
bestaan,
word
die
verjaringstermyn
nie
voltooi
voordat
`n
jaar
na
die
in
paragraaf (i) bedoelde dag verstryk het nie.”
Wat bewyslas betref, is
dit geykte reg dat die party wat verjaring opper dit moet bewys. Aan
die ander kant, indien uitstel van
die afloop van verjaring deur die
teenparty beweer word waar die betrokke verjaringstermyn andersins
klaarblyklik verstryk het,
rus die bewyslas nie op die teenparty om
sodanige uitstel te bewys nie? `n Bevestigende antwoord is verstrek
in
Regering van die Republiek van Suid-Afrika v SA Eagle
Versekeringsmaatskappy
1985 (2) SA 42
(O) te 47 F - G waar art 13
(1) (g) ook ter sprake was en die hof, sonder bespreking, die
stelling gemaak het met `n beroep op
Kapeller v Rondalia
Versekeringskorporasie van Suid- Afrika Bpk
1964 (4) SA 722
(T).
In lg saak het die tersaaklike verjaringstydperk verstryk tussen die
ontstaan van die vordering en die instelling van die
geding. Op 728 A
is gesê dat:
“
(d)ie
bewyslas is dus op die eiser om stuiting te bewys.
Zingel v Doll
,
1939 S.W. A.
13
te bl. 14.”
In
Zingel
se saak
egter (waar die eiser beweer het dat die verweerder `n erkenning
gemaak het wat lg se verjaringsverweer sou ontsenu) was
daar slegs `n
bevel dat die eiser die “onus om te begin” gedra het. Die
trefpunt van die algehele bewyslas was nie
ter sake nie.
Na my mening moet die
antwoord gevind word aan die hand van algemene beginsels. Waar dit
duidelik is, sonder meer, dat die verjaringstydperk
verstryk het, het
die verweerder `n volkome verweer: die eis is finaal uitgewis. Indien
op stuiting van verjaring of uitstel van
die voltooiing van verjaring
staatgemaak wil word, is die posisie nie net dat die eiser sal moet
begin nie. Indien dit op die getuienis
van `n besondere saak onseker
is of stuiting, of die gebeure waarna in art 13 (1) verwys word,
plaasgevind het al dan nie, sal
die eis in daardie situasie
noodwendig moet faal. Die repliek wat deur so `n eiser geopper word
is dus `n aparte geskilpunt ten
opsigte waarvan daar `n afsonderlike
bewyslas (in die sin van die algehele bewyslas) bestaan:
Pillay v
Krishna and Another
1946 AA 946 te 953. In die onderhawige saak
het appellant dus die bewyslas gedra om uitstel van voltooiing van
verjaring ingevolge
art 13 (1) (g) te bewys. In besonder verg dit van
die eiser om te bewys van wanneer tot wanneer die hoofskuld die
voorwerp was
van `n eis wat teen die insolvente boedel ingedien is.
Die tersaaklike feite
blyk uit die pleitstukke, die notule van `n Reël 37 samespreking
en die gestelde saak. Hulle kan soos
volg opgesom word. Die
borgkontrak is in 1990 aangegaan. Op 30 April 1992 is die boedel van
respondent se seun voorlopig gesekwestreer
en op daardie datum was
die hoofskuld (ten bedrae van R717 045) reeds opeisbaar. `n Finale
bevel is op 4 Junie 1992 uitgereik.
Appellant het ses eise teen die
boedel bewys wat almal deur die kuratore aanvaar is. Een daarvan is
gegrond op die onderhawige
hoofskuld. Op 13 September 1993 het die
Meester die eerste finale likwidasie- en distribusierekening
bekragtig. Geen dividend is
toegeken ten opsigte van die hoofskuld
nie. Gedurende Februarie 1996 is die geding ingestel. Op 4 Februarie
1997 is ‘n gewysigde
tweede en finale likwidasie- en
distribusierekening deur die Meester bekragtig. Weereens is geen
dividend ten opsigte van die hoofskuld
toegeken nie.
Van
die
feit
dat
die
eerste
rekening
finaal
en
nie
tussentyds
was nie, moet afgelei word dat daar
geen eiendom van die insolvente seun was wat nog nie te gelde gemaak
was nie en ook geen uitstaande
skulde nie.
As daar wel sodanige
eiendom of skulde was, sou art 92 (4) van die Insolvensiewet 24 van
1936 van toepassing gewees het en sou die
eerste rekening nie finaal
kon gewees het nie. Boonop het appellant nie
bewys dat daar te enige
stadium realistiese vooruitsigte was dat `n gewysigde of heropende
likwidasierekening enige dividend ten
opsigte van die hoofskuld sou
meebring nie.
Die blote feit dat daar
`n gewysigde, tweede finale rekening was meer as drie jaar na
September 1993 dra dus niks tot appellant
se saak by nie. So `n
rekening kon nie die beletsel uitstel of laat herleef nie.
Uit die feite wat
appellant aan die Hof voorgelê het, moet dus afgelei word dat
ten tye van die opstel van die eerste rekening
dit uiters
onwaarskynlik was dat appellant ooit enige betaling ten opsigte van
die hoofskuld uit die insolvente boedel sou ontvang.
Daarna is die
rekening deur die Meester bekragtig en ingevolge art 112 van die
Insolvensiewet was sodanige goedkeuring afdoende,
ook teenoor
appellant.
Met betrekking tot die
ooreenstemmende posisie in die geval van `n gelikwideerde maatskappy
het hierdie Hof in die
Leipsig
saak te 135 I - 136 A beslis
dat met bekragtiging van die eerte finale rekening daar voldoende
finaliteit was om die gevolg te hê
dat die skuld wat daar
betrokke was nie langer die voorwerp was van `n eis ingedien teen die
insolvente boedel waarna art 13 (1)
(g) van die Verjaringswet verwys
nie. Daardie beslissing is van toepassing op die onderhawige saak.
Gevolglik, vanaf 13 September
1993 (die datum van bekragtiging van
die eerste finale rekening) was die hoofskuld op die feite voor die
Hof
a quo
nie langer die voorwerp van `n eis teen die
insolvente boedel nie. Derhalwe het enige beletsel ingevolge art 13
(1) (g) op daardie
datum opgehou om te bestaan. Daar is nog `n
verdere probleemwant appellant het nie bewys wanneer die hoofskuld
opeisbaar geword
het en wanneer dit in die gewone loop van sake sou
verjaar het nie. Sou die hoofskuld dus voor of op 13 September 1993
of binne
`n jaar daarna verjaar het, was verstryking van verjaring
tot slegs September 1994 uitgestel. Sou die hoofskuld meer as `n jaar
na 13 September 1993 verjaar het, was art 13 (1) (g) nie eers van
toepassing nie. Indien die hoofskuld dus kort voor sekwestrasie
opeisbaar geword het, sou `n verjaringstydperk van drie jaar in 1995
verstryk het. Dit was nie appellant se saak dat die hoofskuld
`n
ander verjaringstermyn as drie jaar gehad het nie en die feit dat
appellant hom op art 13 (l) (g) beroep het dui aan dat die
termyn wel
slegs drie jaar moes gewees het anders kon die artikel klaarblyklik
nooit van toepassing gewees het nie. In iedere geval
het appellant
hom nie van sy bewyslas gekwyt nie.
Bygevolg, op die feite
voor die Verhoorhof het die hoofskuld voor die instelling van aksie
verjaar en was die borgskuld daardeur
uitgewis.
Die appèl kan dus
nie slaag nie.
In die lig hiervan is dit
onnodig om te bevind of novasie plaasgevind het. Dit is ook onnodig
om te beslis of `n borgskuld onafhanklik
van die hoofskuld verjaar en
derhalwe of
Rand Bank v De Jager
1982 (3) SA 418
(K) korrek
beslis is al dan nie
Wat koste betref was daar
geen verskyning voor ons deur of namens respondent nie maar hy het
ten minste tot die stadium van liassering
van betoogshoofde
regsverteenwoordiging gehad.
Die appèl word van
die hand gewys met koste.
C T HOWIE
SMALBERGER
AR)
HARMS
AR) STEM SAAM
SCOTT
AR)
FARLAM
WND AR)