S v Rheeder (173/97) [2000] ZASCA 39; 2001 (1) SA 348 (SCA) ; [2000] 4 All SA 300 (A) (8 September 2000)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Removal and use of property without owner’s consent — Respondent, a police officer, convicted of four counts of unlawful removal of vehicles from police custody for personal use — Appellant appealed against the Provincial Division's decision to set aside convictions — Legal issue centered on the interpretation of "control" in terms of Article 1(1) of the General Law Amendment Act 50 of 1956 — Court held that the respondent's actions constituted a breach of the statute as he unlawfully used vehicles that were under police control, affirming the convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2000
>>
[2000] ZASCA 39
|

|

S v Rheeder (173/97) [2000] ZASCA 39; 2001 (1) SA 348 (SCA); [2000] 4 All SA 300 (A); 2000 (2) SACR 558 (A) (8 September 2000)

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN
SUID-AFRIKA
SAAKNOMMER 173/97
In die saak tussen:
DIE STAAT
Appellant
en
LEONARD ANDRè RHEEDER
Respondent
CORAM:
HEFER, SMALBERGER EN ZULMAN ARR
DATUM VAN VERHOOR:
6 SEPTEMBER 2000
DATUM VAN UITSPRAAK: 8 SEPTEMBER
2000
Verwydering en gebruik van eiendom sonder
toestemming van die eienaar - oortreding van Artikel 1(1) van die Algemene
Regswysigingswet
50 van 1956
UITSPRAAK
ZULMAN AR
:
[1]
Die respondent is in
die Streekhof te Nelspruit skuldig bevind aan vier aanklagte (aanklagte 1 tot 4)
van oortreding van artikel
1(1) van die Algemene Regswysigingswet 50 van 1956 en
sewe aanklagte van diefstal. Op aanklagte 1 tot 4, wat saamgeneem is vir
vonnisdoeleindes, is hy gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort is vir vier jaar. Op die ander aanklagte
is verskeie boetes en
opgeskorte tronkstraf opgelê.
[2]
Die respondent het teen
die skuldigbevindings en vonnisse geappelleer na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling van die Hooggeregshof.
Die appèl is gehandhaaf ten opsigte van
aanklagte 1 tot 4 (insluitende die alternatiewe aanklagte daartoe) asook een
aanklag
van diefstal en die skuldigbevindings en vonnisse ten opsigte daarvan
is tersyde gestel. Die appèl teen die skuldigbevindings
op die ander
aanklagte is van die hand gewys maar die appèl teen die vonnisse is
gehandhaaf. Die vonnisse is vervang met
ander vonnisse wat nie hier relevant
is nie. Die uitspraak is gerapporteer (sien
S v Rheeder
1997(1) SASV
666(T)).
[3]
Die appellant het daarna suksesvol aansoek gedoen
om verlof om te appelleer na hierdie hof ten opsigte van aanklagte 1 tot 4 asook
die alternatiewe aanklagte daartoe. Die appèl is aanvanklik ter rolle
geplaas vir verhoor op 22 Mei 2000 maar geen betoogshoofde
is deur respondent
ingedien nie en daar was geen verskyning namens hom by die verhoor nie. Omdat
daar ‘n moontlikheid bestaan
het dat hy nie bewus was van die verhoordatum
nie, is die appèl
sine die
uitgestel. ‘n Kennisgewing van
terrolleplasing vir 5 September 2000 is daarna ooreenkomstig Reël 13(2) van
die reëls
van hierdie hof aan die respondent se laasbekende adres gestuur.
Op dié dag was daar weer geen verskyning namens hom
nie.
[4]
Die omstandighede waaruit die vier aanklagte
voortgespruit het, is soos volg: Die Suid-Afrikaanse Polisie het ‘n
spesialiteitsafdeling
te Witrivier. Die afdeling staan bekend as die
Voertuigdiefstaleenheid. Die respondent was te alle relevante tye die
bevelvoerende
offisier van die eenheid met die rang van kaptein. Die pligte van
die afdeling, as ‘n orgaan van die Staat, is om diefstal
van motorvoertuie
te bekamp deur onder andere die beslaglegging van gesteelde of vermoedelike
gesteelde voertuie en die veilige
bewaring daarvan met die doel om dit as
bewysstukke aan ‘n hof beskikbaar te stel en uiteindelik in gepaste
gevalle aan die
wettige eienaars te oorhandig.
[5]
Onbetwisbare getuienis is gelei van offisiere van die Suid-Afrikaanse Polisie
dat dié voertuie nie deur lede van die Suid-Afrikaanse
Polisie gebruik
mag word nie vir enige ander doel behalwe dié waarna ek reeds verwys
het, en dat geen geldige toestemming
daarvoor verleen kon word nie. Die
prosedure wat gevolg is nadat daar op ‘n voertuig beslag gelê is, is
dat dit na
die Suid-Afrikaanse Polisie store gebring word, waar dit in ‘n
SAP 13-register ingeskryf word. Daarna word dit in die stoor
geplaas vir
bewaring. Die sleutels van die voertuie word dan aan ‘n bord gehang.
Wanneer die eienaar van ‘n voertuig
opgespoor word, en die betrokke
voertuig uitgeken is, word ‘n SAP 13-vorm vir ontvangs van die eiendom
geteken. Die vorm
dien ook as vrywaring vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens
teen enige latere moontlike eise vir skade aan voertuie, of eiendom of
onderdele
wat verdwyn het.
[6]
Die getuienis wat op die onderskeie
aanklagte betrekking het, kan kortliks soos volg opgesom word:
AANKLAG
1
Die onderwerp van hierdie aanklag is twee Toyota Hi-Lux bakkies waarop
beslaggelê is en in die SAP 13-register ingeskryf is
as bewysstukke. Ter
stawing van die aanklag is die getuienis van ‘n Sersant Schoeman
aangebied. Hy het getuig dat hy met
die toestemming en medewete van die
respondent die twee voertuie gebruik het om sy meubels te vervoer tydens
‘n verhuising.
Hy is, voordat hy getuienis afgelê het, skuldig
bevind en gevonnis op aanklagte wat verband hou met die genoemde
feite.
AANKLAG 2
Ter stawing van dié aanklag is die
getuienis van Adjudant-offisier Agenbag en Sersant Venter aangebied. Die kern
van hul
getuienis is dat die betrokke voertuig deur Agenbag as bruidsmotor
gebruik is op die inisiatief en met die volle medewete van die
respondent.
AANKLAG 3
Dit was gemeensaak dat die respondent en
ander kollegas met die voertuig wat die onderwerp van dié aanklag vorm -
‘n
Mercedes Benz 300E - ‘n uitstappie na die Kruger Wildtuin
onderneem het.
AANKLAG 4
Die getuienis het daarop gedui dat
die respondent die betrokke voertuig vir die tydperk Desember 1993 tot Junie
1994 vir privaat doeleindes
gebruik het.
Dit was nie betwis ten opsigte
van al vier aanklagte dat daar op die betrokke voertuie beslaggelê is en
dat dit in die SAP 13-stoor
van die Voertuigdiefstaleenheid vir veilige bewaring
en as bewysstukke gehou is nie.
[7]
7.1
Artikel 1(1) van die Algemene Regswysigingswet 50 van
1956 lui soos volg:
“Iemand wat goed sonder ‘n
bona fide-
aanspraak op ‘n
reg daartoe en sonder die toestemming van die eienaar daarvan of van die persoon
wat die beheer daaroor het,
uit die beheer van die eienaar of bedoelde persoon
verwyder met die doel om dit sonder die toestemming van die eienaar of ‘n
ander persoon wat bevoeg is om sodanige toestemming te verleen, vir sy eie doel
te gebuik, hetsy hy deurgaans die bedoeling het om
die goed aan die eienaar of
die persoon uit wie se beheer hy dit verwyder, terug te besorg, aldan nie, is,
tensy dit bewys word dat
so iemand ten tyde van die verwydering redelike gronde
gehad het om aan te neem dat die eienaar of sodanige ander persoon, indien
hy
daarvan geweet het, tot sodanige gebuik sou toegestem het, aan ‘n misdryf
skuldig, en die hof wat hom skuldig bevind kan
hom enige straf oplê wat
regtens vir diefstal opgelê kan word.”
7.2
Hierdie wetsvoorskrif is op die wetboek geplaas na die beslissing
in
R v Sibiya
1955(4) SA 247 (A) waar hierdie Hof op grond van
die ou skrywers se menings en die lang gevestigde praktyk van die howe beslis
het
dat dit geen misdaad is om ‘n ander se saak te neem en tydelik te
gebruik nie.
7.3
Die doel van artikel 1(1) was klaarblyklik om die ongeoorloofde
gebruik van ‘n ander se saak strafbaar te stel. Volgens die
lang titel
van die Wet, was die oogmerk van die wetgewing “om die onwettige
toeëiening van die gebruik van ‘n ander
se goed tot misdryf te
verklaar...”
7.4
Daar is kritiek teen die bewoording van die artikel. Volgens die
kritici is dit gemik teen die onwettige verwydering van goed en
slaag dit nie
in die beoogde doel, naamlik om gebruiksaanmatiging strafbaar te stel nie.
(Milton:
South African Criminal Law and Procedure
volume III J4, Snyman :
Strafreg
4de uitgawe 517 en De Wet en Swanepoel
Strafreg
4de
uitgawe
339 - 340).
[8]
Dit blyk uit
verskeie beslissings dat die artikel ook deur die howe geïnterpreteer is om
slegs die onwettige verwydering
van ‘n ander se saak strafbaar te stel en
gevolglik nie die persoon in wie se besit die goedere reeds regmatig is en wat
dit
op ‘n ongeoorloofde wyse gebruik, aanspreeklik te hou nie. (Sien bv
R v Dunyua
1961(3) SA 644 (O),
S v Motiwane
1974 (4) SA
683(NK)
en
S v Schwartz
1980(4) SA 588 (T)).
[9]
Daar is egter een beslissing wat teenoorgesteld is -
R v Seeiso
1958(2) SA 231 (GW). Die feite was dat die klaer sy motorvoertuig aan die
beskuldigde oorhandig het om die bekleding te herstel.
Die klaer het die
stuurwiel gesluit en die sleutel by hom gehou. Die beskuldigde het die
stuurslot gebreek, die aansitterdrade
aan mekaar gekoppel en met die voertuig
gery. Die beskuldigde is skuldig bevind deur ‘n landdros aan ‘n
oortreding van
artikel 1 (1). Op appèl is namens die beskuldigde betoog
dat die bedoeling van die wetgewer was om die gemeenregtelike posisie,
naamlik
dat die buite-kontraktuele gebruik van ‘n saak deur die besitter daarvan
nie strafbaar is nie, te bevestig en dat die
wetgewing slegs gerig is teen die
persoon wat dit onregmatig uit die besit van die eienaar verwyder. Hieroor het
Diemont R op 233A-D
die volgende te sê gehad:
“In any event it seems to me that if the Legislature had the intention
which counsel seeks to ascribe to it, it would have
been a simple matter to
exclude from the ambit of this offence persons who had a contractual right to
the detention of the property.
Or again depositories, commendatories, bailees,
borrowers and others of a like nature might have been specifically mentioned if
it had been intended to make special provision for them. No such exemptions
have been made and I do not see why they should be.
As has been pointed out the
action of a dishonest bailee who misuses a thing which has been entrusted to
him, is at least as reprehensible
as that of a person not entitled to the
possession of the article..... When I leave my car at the garage to have the
tyre changed,
I do not expect the mechanic to ‘borrow’ it in order
to embark on a trip to the Victoria Falls.”
en later op 233E:

Mr Loubser
says it would be surprising if the Legislature intended
to bring the depositary who makes unlawful use of the goods within the ambit
of
the crime. I do not see why it should be surprising; on the contrary I think it
is surprising that the depositary should hitherto
have
escaped.”
Die hof het bevind dat as gevolg hiervan
dit nie help om kers op te steek by die vroeëre beslissings oor diefstal en
furtum usus
nie, maar dat wat van belang is, die betekenis is wat aan
die woord “control” (“beheer”) geheg moet
word.
[10]
Artikel 1(1) het, sover as wat ek kon vasstel, nog
nie voor hierdie hof gedien vir beslissing nie. In
R v Brand
1960 (3) SA
637
(A) is op 642A die volgende
obiter
opmerkings egter daaroor gemaak
deur Schreiner, AR:
“For these reasons the appellant should not have been found guilty of the
theft of the car and as he did not remove the car
from the owner’s
control, he could not be found guilty of the offence created by sec 1 (1) of Act
50 of 1956.”
[11]
Die kernvraag
in casu
is
watter betekenis aan die woord “beheer” vir doeleindes van artikel
1(1) van Wet 50 van 1956 geheg moet word.
In die verband het Diemont
R in
R v Seeiso
(
supra
) die volgende gesê (op 233
G-H):
“It is to be regretted that the Legislature has seen fit to use the word
‘control’ in this sub-section. It is
a word to which it is
difficult to give a clear and exact meaning and it is for this reason, possibly,
that it is not more frequently
used in legislation. I feel some sympathy for
the learned Judge who described it as ‘an unfortunate word of wide and
ambiguous
import’. (See
Bank of New South Wales &
Commonwealth
,
76 C.L.R. 1).
In my view the word ‘control’ as
used by the Lawgiver in this sub-section does not mean possession nor does it
refer to
the bare physical detention of the article. The person who has the
detention may or may not be in control of the article depending
on the
circumstances under which he acquired the article. Such factors as the
management of the article and the regulation of its
use must be taken into
account. In order to determine these matters we must look to the nature of the
article and the use to which
it is intended to be
put.

(My beklemtoning)
[12]
Ek stem saam. Die eerste vereiste vir beheer is een of ander
vorm van houerskap (
detentio
). Maar beheer binne die omvang van artikel
(1) beteken klaarblyklik meer as om net in liggaamlike besit te wees bv van
‘n
voertuig en om oor die vermoë te beskik om dit te kan gebruik.
Dit vereis volkome beheer, d w s  liggaamlike
besit met
gepaardgaande geoorloofde seggenskap oor die voertuig ingeslote (in die geval
van iemand anders as die eienaar) die reg
of vergunning om dit te kan gebruik
of te kan laat gebruik, hetsy vir ‘n bepaalde doel of na goeddunke. Waar
iemand anders
as die eienaar dus ‘n artikel in sy liggaamlike besit het,
is die aard van die artikel en die omstandighede rakende sodanige
besit
lotsbepalend of daar beheer oor die artikel is soos in artikel 1(1) beoog.
Tensy anders ooreenkom, sou die werktuigkundige
aan wie ek my voertuig
toevertrou om te versien word alleenlik “beheer” daaroor hê
vir soverre dit nodig mag wees
om die versiening te doen en vir aangeleenthede
redelik bykomend daartoe. Sy “beheer” sou hom nie toelaat om die
voertuig
vir sy eie doeleindes te gebruik nie of om ander te veroorloof om dit
te gebruik nie. Enige ongeoorloofde gebruik buite die omvang
van sy
ooreengekome “beheer” sou myns insiens op ‘n oortreding van
artikel 1(1) neerkom.
[13]
Artikel 30(c) van die Strafproseswet
51 van 1977 lui soos volg:
“‘n Polisiebeampte wat ‘n in artikel 20 bedoelde voorwerp in
beslag neem of aan wie so ‘n voorwerp ingevolge
die bepalings van hierdie
Hoofstuk oorhandig word -
moet, indien die voorwerp nie ingevolge die bepalings van paragraaf (a) of (b)
oor beskik of oorhandig word nie, ‘n onderskeidende
uitkenningsteken
daarop aanbring en dit in polisiebewaring hou of sodanige ander reëling met
betrekking tot die bewaring daarvan
tref as wat die omstandighede
vereis.”
Oor dié magte
van die Suid-Afrikaanse Polisiediens word die volgende in
Mokoena v Minister
of Law and Order
1986(4) SA 42 (W) 45J-46A gesê:
“Where members of the police force use wide powers conferred upon them by
statute, the courts have a duty to ensure (so far
as it lies within their
function and duty to do so) that those powers are used lawfully and
properly.”
Die bepaling in artikel 1(1) van Wet 50
van 1956 dien ter beskerming van die individu se eiendom. Gevolglik sou
‘n interpretasie
wat meebring dat ‘n polisiebeampte tot so ‘n
mate in “beheer” van beslaggelegde eiendom kom dat hy dit
straffeloos
vir sy persoonlike voordeel kan gebruik die doel van die artikel
geheel en al negeer.
[14]
Die respondent het toegang tot die
voertuie gehad slegs vir sover dit deur die bepalings van die Strafproseswet
gemagtig word. Hy
het op geen stadium toestemming van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens gehad om die voertuie in sy persoonlike besit te neem en te
bestuur
nie.
[15]
Hoewel hy toegang tot die voertuie en hul sleutels
gehad het, was hy nie in besit daarvan gestel vir die doeleindes waarvoor daar
normaalweg volkome beheer oor ‘n voertuig uitgeoefen word nie. Indien hy
nie regtens (uit hoofde van departementele regulasies
en voorskrifte) bevoeg was
om die voertuig uit die stoor te neem en daarmee rond te ry nie, kan dit nie
gesê word dat hy in
volkome beheer daarvan was nie.
[16]
Na
my oordeel het die hof
a quo
regtens fouteer deur te bevind dat voertuie,
wat in ‘n bergingskamp van die polisie gehou word, in “beheer”
van
die polisiebeampte in bevel van die bergingskamp is tot so ‘n mate dat
hy nie die bepalings van artikel 1(1) oortree indien
hy dit op ‘n
ongeoorloofde wyse gebruik nie. Die betrokke polisiebeampte het slegs in
‘n beperkte administratiewe hoedanigheid
beheer oor die voertuie en hulle
is op geen stadium in sy volkome beheer nie. Enige ongeoorloofde verwydering
van die voertuie
uit die bergingswerf kom neer op verwydering uit die beheer van
die instansie wat in beheer daarvan is en sodanige polisiebeampte
maak hom
gevolglik skuldig aan ‘n oortreding van artikel 1(1) wanneer hy dit sou
doen (mits natuurlik die ander vereistes van
die artikel bevredig is).
[17]
Die appèl slaag.
Die skuldigbevindings op
aanklagte 1 tot 4 en die vonnisse deur die streeklanddros opgelê, word
herstel.
________________________
R H ZULMAN JA
HEFER JA) CONCUR
SMALBERGER JA)