About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
2000
>>
[2000] ZASCA 180
|
|
Van Der Merwe v Bonaero Park (Edms) Bpk (106/98) [2000] ZASCA 180; 2000 (4) SA 329 (SCA) (31 May 2000)
DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL
VAN SUID-AFRIKA
SaakNo: 106/98
In die saak tussen:
PIETER GIDEON VAN DER MERWE
Appellant
en
BONAERO PARK (EDMS) BEPERK
Respondent
Coram
:
Grosskopf, Schutz, ARR en Mthiyane Wnd AR
Verhoor
:
5 Mei 2000
Gelewer
:
31 Mei 2000
Voorlopige vonnis - eiser se versuim om op aanvraag
behoorlik sekerheid ingevolge reël 8(9) te stel.
U I T S P R A A K
F H GROSSKOPF AR
:
[1]
Die
Transvaalse Provinsiale Afdeling het op 3 Desember 1996 voorlopige
vonnis op grond van ’n skuldbewys ten gunste van
die
respondent (hierna “die eiser” genoem) teen die
appellant (hierna “die verweerder” genoem) toegestaan
vir betaling van R116 073,45 tesame met rente en koste. Die
verweerder het daarna sonder sukses aansoek om tersydestelling
van
die voorlopige vonnis gedoen, maar die hof het wel die tydperk
waarbinne die verweerder ooreenkomstig reël 8(11) kennis
moes
gee dat hy tot die prinsipale saak (soos dit in die reël genoem
word) wil oorgaan, tot 7 Oktober 1997 verleng. Die
verweerder se
kennisgewing van voorneme om tot die prinsipale saak oor te gaan
(“kennisgewing van verskyning”) was
egter twee dae laat
afgelewer. Die eiser het die standpunt ingeneem dat die verweerder
se kennisgewing van verskyning regtens
geen effek het nie en dat die
voorlopige vonnis ingevolge die bepaling van reël 8(11)
ipso
facto
“’n
finale vonnis” geword het. Die eiser het vervolgens ’n
lasbrief teen die verweerder uitgereik.
Dit het aanleiding gegee
tot ’n dringende aansoek deur die verweerder vir kondonasie
van die laat liassering van sy kennisgewing
van verskyning. Die hof
a quo
het die verweerder se aansoek om kondonasie van die hand gewys met
koste, maar verlof aan die verweerder verleen om na hierdie
hof te
appelleer.
[2]
’n
Verweerder teen wie voorlopige vonnis toegestaan is, kan nie sonder
meer tot die prinsipale saak oorgaan nie. Volgens
reël 8(10)
moet daar aan een van twee voorvereistes voldoen word. Hierdie
subreël bepaal soos volg:
“Iemand teen wie voorlopige vonnis toegestaan
is kan alleen tot die prinsipale saak oorgaan as hy die vonnisskuld
en getakseerde
koste betaal het of as die eiser versuim om op
aanvraag behoorlik sekerheid ingevolge subreël (9) te stel.”
Dit is gemene saak dat die
verweerder nie die vonnisskuld en getakseerde koste betaal het nie.
Die hof
a quo
het bevind dat daar ook nie aan die ander voorvereistes, nl die
eiser se versuim om op aanvraag sekerheid te stel, voldoen is
nie
en dat die verweerder gevolglik nie geregtig was om tot die
prinsipale saak oor te gaan nie.
[3]
Die
kernvraag in hierdie appèl is of die eiser versuim het om op
aanvraag behoorlik sekerheid ingevolge reël 8(9)
te stel.
Hierdie subreël bepaal soos volg:
“
Op aanvraag moet die eiser
sekerheid
de
restituendo
tot
bevrediging van die griffier aan die verweerder verskaf, teen
betaling van die vonnisskuld.”
[4]
Die
verweerder het op 26 September 1997 by wyse van ’n
“kennisgewing van aansoek om sekerheidstelling”(
“kennisgewing”)
die eiser versoek om sekerheid te stel.
Die kennisgewing lui soos volg:
“
GELIEWE KENNIS TE NEEM dat
die Verweerder hiermee die Eiser versoek om in terme van Reël
8(9) sekerheid
de
restituendo
tot
bevrediging van die Griffier te verskaf, teen betaling van die
vonnisskuld.”
[5]
Die
eiser het soos volg per brief, geskryf deur sy prokureur, op die
kennisgewing gereageer:
“
Rakende u versoek vir
sekerheid
de
restituendo
, is u
nie geregtig om daarvoor te vra tot tyd en wyl u kliënt betaal
het nie.”
Die brief is gedateer 29 Augustus 1997. Die datum is
klaarblyklik nie korrek nie en ek aanvaar dat dit 29 September 1997
moet
wees, synde ’n datum kort na die datum van die
kennisgewing. Die verweerder het nie op hierdie brief gereageer
nie, maar
sy kennisgewing van verskyning op 9 Oktober 1997
afgelewer. Dit was twee dae laat. Die feit dat die verweerder nie
op die
bogenoemde brief van die eiser geantwoord het nie, regverdig
egter nie die afleiding wat die eiser nou wil maak nie, nl dat die
verweerder deur sy stilswye aanvaar het dat die eiser se standpunt
met betrekking tot sekerheidstelling korrek was.
[6]
Die
hof
a quo
het tot die volgende beslissing gekom, nl :
“
dat die kennisgewing wat in hierdie saak ter
sprake is bloot die bewoording van reël 8(9) slaafs nagevolg
het sonder dat
daar enige betaling geskied het of ’n aanbod om
betaling daarin vervat was.”
en
“
dat daardie kennisgewing onder die omstandighede
onvoldoende was om die reg te verleen om tot die prinsipale [saak]
oor te gaan.”
Die hof
a
quo
het verder
bevind dat waar die verweerder nie aan een van die twee
voorvereistes van reël 8(10) voldoen het nie, hy nie
geregtig
was om ’n kennisgewing van verskyning af te lewer nie, selfs
nie indien dit betyds sou gewees het nie.
[7]
Die
eiser en die hof
a
quo
huldig dus
beide die standpunt dat die eiser se versuim om op versoek van die
verweerder sekerheid te stel, nie ’n versuim
ingevolge reël
8 (10) was nie. Hulle steun egter op verskillende gronde vir
hierdie standpunt. Volgens die eiser moes
die verweerder eers
betaal voordat hy sekerheid kon vra. Volgens die hof
a
quo
moes die
verweerder ’n behoorlike aanbod om te betaal in sy
kennisgewing vervat het. Ek sal eerstens handel met die vraag
of
die eiser geregtig was om die verweerder se versoek om
sekerheidstelling te verwerp vir die rede wat hy in sy brief
aanvoer.
[8]
Soos
reeds gemeld, was dit die eiser se standpunt, soos uiteengesit in
die brief van 29 September 1997, dat die verweerder eers
moes betaal
voordat hy die eiser kon versoek om sekerheid te stel. Na my mening
is hierdie standpunt in stryd met die bepalings
van reëls 8(9)
en 8(10), en met die uitleg van hierdie reëls deur die howe.
Die reëls bevat geen bepaling dat
’n verweerder eers
moet betaal voordat hy sekerheid mag vra nie. Deur daadwerklike
betaling van die verweerder te eis
voordat sekerheid eers gevra mag
word, negeer die eiser die bepalings van reël 8(9). Reël
8(9) maak immers voorsiening
vir die geval waar sekerheid versoek
word “teen betaling van die vonnisskuld”. Die reël
bepaal nie dat daar
eers betaal moet word voordat daar vir sekerheid
gevra mag word nie. Die Engelse teks van die reël bepaal
insgelyks dat
sekerheid versoek word “against payment of the
amount due under the judgment”. Na my oordeel behels die
versoek
ingevolge reël 8(9) dat die twee handelinge, nl die
betaling van die vonnisskuld en die verskaffing van sekerheid,
gelyktydig
sal geskied. Dit is ook wat die verweerder in sy
kennisgewing versoek het. Na my mening sal dit baie onbillik wees
indien dit
van ’n verweerder verwag word om die vonnisskuld te
betaal as hy nie terselfdertyd die versekering verkry dat die eiser
die bedrag sal kan terugbetaal indien die verweerder uiteindelik die
suksesvolle party in die prinsipale saak is nie.
[9]
Die
standpunt dat betaling en sekerheidstelling gelyktydig moet geskied,
is uitdruklik onderskryf in
Aarwater
(Edms) Bpk v Venter
1982(3) SA 974(T) op 976F. Dié benadering is ook gevolg in
Antares (Pty) Ltd v
Chenille Corporation of SA (Pty) Ltd
1976(4) SA 140(W) op 141C-F. Die beslissing in die
Antares
saak is weliswaar op ’n ander aspek, nl op die effek van die
woorde “finale vonnis” in reël 8(11), deur
die
volle hof in
Kemp v
Booysen
1979(4) SA
34(T) op 37G-38B omvergewerp.
Dit is insiggewend om te sien hoe
partye die probleem van “gelyktydigheid” in die praktyk
oplos. In
Super
Eight Promotions (Pty) Ltd v Dial Picture Productions (Pty) Ltd en
Andere
1976(2) SA
748(T) het die verweerder die volle vonnisskuld op 19 September 1975
betaal, maar eers nadat behoorlike sekuriteit
de
restituendo
reeds
op 17 September 1975 deur die eiser gestel was.
[10]
Die
beginsel dat betaling nie voor sekerheidstelling hoef te geskied
nie, blyk ook uit
CGE
Rhoode Construction Co (Pty) Ltd v Provincial Administration, Cape
and Another
1976(4) SA 925(C), waar soos volg op 928C-D en op 929A-B beslis is:
“
The interim relief obtainable
in our law, as in Roman-Dutch law, is
solutio
fiduciaria
,
payment under security. This has been recognised since the earliest
reported decisions in South Africa up to recent times.”
“
The provisional sentence
judgment of 11 February 1976 entitled applicant to payment of the
amount thereof only if applicant was
able to ‘furnish the
defendant with security
de
restituendo
to the
satisfaction of the Registrar’ (Rule 8(9)). Applicant’s
right to payment is a qualified one, and this qualification
cannot
fall away merely because applicant finds it difficult or impossible
to find acceptable security.”
[11]
Die
beginsel dat betaling nie voor sekerheidstelling hoef te geskied nie
was blykbaar ook vroeër aanvaar, dws voordat die
huidige
hofreëls in 1965 in werking getree het. So is daar in die
bekende
Prefatory
Remarks on Provisional Sentence
wat in 1 Menzies verskyn het, soos volg in § 2 opgemerk:
“
[B]y the judgment of the Court, provision is
made that the plaintiff shall not be entitled to payment or
execution, unless he
give adequate security ....”
Hierdie beginsel is myns insiens ook
in vroeëre hofsake aanvaar, soos blyk uit
Kent
v Transvaalsche Bank
1907 TS 765
op 768 en
Le
Roux v Earl
(1909)
26 SC 386
op 392.
[12]
Na
’n oorsig van sekere Romeins-Hollandse gesag het die hof in
Junius v Alberts
1906 TH 16
op 19
tot die volgende gevolgtrekking gekom:
“
Though in one or two cases the expression is
used that security must be given before payment or execution, it is,
I think, clear
that the practice which has been adopted by this
Court and by the Cape is in conformity with the law of Holland.
Voet [42.1.13]
states distinctly that in Holland the defendant had
to pay the money directly to the plaintiff upon his giving proper
security,
and that otherwise the money was to be deposited in court
until security had been given.”
Hierdie beslissing is later met
instemming gevolg deur die volle hof in
Gerber
v Stolze and Others
1951(2) SA 166(T) op 173H-174A.
[13]
Dit
blyk uit die voorgaande dat die eiser se standpunt, nl dat die
verweerder eers moet betaal voordat hy geregtig is om vir sekerheid
te vra, nie op enige gesag berus nie. Die eiser se advokaat kon ons
ook nie na enige gesag ter ondersteuning van die eiser se
standpunt
verwys nie. Dit volg dus dat die eiser se verwerping van die
verweerder se kennisgewing neerkom op “versuim
om op aanvraag
behoorlik sekerheid ingevolge subreël (9) te stel”. Dit
volg verder dat die verweerder ingevolge
reël 8(10) tot die
prinsipale saak mag oorgaan.
[14]
Die
hof
a quo
het nie die eiser se standpunt onderskryf nie, maar tog bevind dat
die eiser nie ingevolge reël 8(10) versuim het nie en
dat die
verweerder dus nie tot die prinsipale saak kon oorgaan nie. Die
beswaar van die hof
a
quo
is dat die
verweerder se kennisgewing bloot die bewoording van reël 8(9)
slaafs navolg sonder dat dit ’n behoorlike
aanbod om te
betaal vervat. Ek kan met respek nie met hierdie bevinding saamstem
nie. Die verweerder se kennisgewing is nie
’n blote versoek
vir die verskaffing van sekerheid nie; dit bevat ook die verweerder
se duidelike aanbod, nl “teen
betaling van die vonnisskuld”.
Daarbenewens maak die verweerder dit duidelik in sy kennisgewing
aan die eiser dat die
versoek om sekerheid te stel meer bepaald
ingevolge reël 8(9) gemaak word. Die eiser se versuim
ingevolge reël 8(10)
is juis sy versuim om op aanvraag
behoorlik sekerheid “ingevolge subreël (9)” te
stel, dws sekerheid teen betaling
van die vonnisskuld.
[15]
Vir
die redes hierbo uiteengesit is ek dus van mening dat die eiser se
versuim om sekerheid te stel wel ’n versuim ingevolge
reël
8(10) was. Die verweerder was dus geregtig om ingevolge reël
8(10) tot die prinsipale saak oor te gaan. Soos
reeds gemeld, was
hy twee dae laat met sy kennisgewing van verskyning. Die hof
a
quo
het in die
loop van die uitspraak opgemerk dat as die verweerder wel tot die
prinsipale saak kon oorgaan en dus ’n kennigewing
van
verskyning kon aflewer, kondonasie vir die twee dae laat liassering
van die kennisgewing van verskyning verleen sou kon word.
Die
geleerde regter het bygevoeg:
“
so het ek ook die advokate verstaan wat vir die
onderskeie partye verskyn het.”
Dit volg myns insiens dat die hof
a
quo
by implikasie
bevind het dat die verweerder wel “goeie redes” vir
kondonasie ingevolge reël 27(1) in sy aansoeke
uiteengesit het.
Dit is namens die eiser voor ons betoog dat hierdie gevolgtrekking
nie op die stukke geregverdig is nie aangesien
die verweerder nie
die meriete van sy verweer in die kondonasie aansoek uiteengesit het
nie. Die regter wat die verweerder se
aansoek om tersydestelling
aangehoor het, was klaarblyklik ook tevrede dat die verweerder
“goeie redes” in daardie
aansoek uiteengesit het. As
daar geen meriete in die verweer was nie, sou daardie hof sekerlik
nie die tydperk waarbinne die
verweerder kragtens reël 8(11)
tot die prinsipale saak kon toetree tot 7 Oktober 1997 verleng het
nie.
Na my oordeel bevat die aansoek om tersydestelling, wat
deel van die stukke voor ons uitmaak, wel voldoende “goeie
redes”
vir kondonasie en behoort kondonasie toegestaan te
word.
[16]
In
die loop van die uitspraak waarin hy verlof om te appelleer verleen
het, meld die geleerde regter dat hy nie vroeër na
die
beslissing van die volle hof in
Kemp
v Booysen
,
supra
,
verwys is nie en dat daardie beslissing nie deur hom oorweeg was
nie. In
Kemp v
Booysen
is daar
op 37G-38B beslis dat die woorde “finale vonnis” in reël
8(11) nie beteken dat kondonasie vir die laat
liassering van ’n
kennisgewing van verskyning nie in ’n gepaste geval ingevolge
reël 27 verleen kan word nie.
(Vgl
F
O Kollberg (Pty) Ltd v Atkinsons Motors Ltd
1970(1)
SA 660(K);
Mahabro
Investments (Pty) Ltd v Kara
1980(2)
SA 772 (D).) Dieselfde beginsel geld in die onderhawige geval.
[17]
Die
appellant se appèl slaag gevolglik met koste. Die bevel van
die hof
a quo
word
tersyde gestel en vervang met die volgende bevel:
“Die applikant se aansoek om kondonasie slaag
met koste.”
-----------------------
F
H GROSSKOPF
Appèlregter
Schutz AR)
Mthiyane
Wnd AR) stem saam