About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 67
|
|
S v Februarie (339/91) [1992] ZASCA 67 (19 May 1992)
Saak nr 339/91 E du Plooy
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
STOFFEL FEBRUARIE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram:
HOEXTER, VIVIER et F H GROSSKOPF ARR.
Verhoordatum:
Leweringsdatum:
7 Mei 1992 19 Mei 1992
2
UITSPRAAK
F H GROSSKOPF AR:
Die appellant is in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling skuldig
bevind aan moord, asook aan huisbraak met die doel om te
steel en aan roof,
beide met verswarende omstandighede. Die hof
a quo
het bevind dat daar
geen versagtende omstandighede by die moord aanwesig was nie, en Munnik RP het
die appellant bygevolg die doodvonnis
opgelê. Daarbenewens is die
appellant tot drie jaar gevangenisstraf vir die huisbraak en agt jaar
gevangenisstraf vir die roof
gevonnis. Die geleerde verhoorregter het gelas dat
twee van die drie jaar gevangenisstraf vir die huisbraak saamloop met die agt
jaar gevangenisstraf vir die roof. Die effektiewe termyn van gevangenisstraf was
gevolglik nege jaar. Die appellant appelleer slegs
teen die opgelegde
doodvonnis.
3
en wel met verlof van die hof
a quo
.
Die appellant
was pas 18 jaar oud toe hy die moord op 13 September 1988 gepleeg het. Die
appellant het slegs tot sub A op skool gevorder
en was vir alle praktiese
doeleindes ongeletterd. Hy het onder armoedige omstandighede grootgeword en het
reeds op 13-jarige ouderdom
begin werk. Op die stadium toe die moord gepleeg is,
het hy as handlanger vir 'n boukontrakteur in Somerset-Wes teen 'n loon van
R75
per week gewerk. Die appellant het sedert 1984 'n verhouding met 'n jong
vriendin gehad. Hy het 'n kind by haar verwek, maar
hulle was nie getroud nie en
het ook nie saamgebly nie. Die appellant het trouens nog by sy ouers gewoon. Die
appellant, sy ouers
en nog drie van sy broers en susters het in 'n tweevertrek
huis op 'n plaas in die omgewing gewoon. Die appellant het onderhoud vir
sy kind
betaal, terwyl hy ook ' n deel van sy loon aan sy moeder gegee het.
Die omstandighede waaronder en die wyse waarop
4 die moord en ander misdade gepleeg is, blyk hoofsaaklik uit die appellant
se eie getuienis, asook uit twee verklarings wat hy na
sy arres afgelê
het. Die appellant het die huis waar die misdade gepleeg is, goed geken. Die
boukontrakteur vir wie hy gewerk
het, het toe so pas 'n werkkamer daar aangebou
en die appellant self het ongeveer vier weke op daardie perseel gewerk. Hy het
geweet
dat daar 'n egpaar in die huis woon, dat die man bedags werk toe gaan en
eers laat terugkom, dat die kinders bedags by die skool
is en dat die vrou (die
oorledene in die saak) dan alleen tuis is.
Die appellant beweer dat hy die
betrokke oggend omstreeks 09:00 by die oorledene se huis aangekom het. Hy
sê hy het soontoe
gegaan om te gaan werk, maar sy werkgewer en die ander
werksmense het nie daar opgedaag nie. Volgens die appellant is hy toe later
daar
weg. In die loop van die oggend het die gedagte by hom posgevat om by die
oorledene se huis in te breek en geld te steel. Net
daardie doel voor oe het hy
na die oorledene se huis
5 teruggekeer. Hy het toe gesien dat die oorledene
tuis was, maar dit het hom nie afgeskrik nie, en hy het deur 'n venster in die
werkkamer ingeklim. Van belang is dat
die appellant geen wapen by hom gehad
het toe hy die huis binnegegaan het nie. Hy het geweet dat mens van die
werkkamer, deur 'n aangrensende
kamer, met trappe na die res van die huis kon
gaan. Daar was ook ' n deur wat uit die werkkamer na die garage gelei het. In
die garage
was daar ' n oond wat die oorledene gebruik het om porseleinpoppe wat
sy gemaak het, te bak. Die appellant het van die werkkamer
na die garage gegaan.
Terwyl hy in die garage was, het hy die oorledene met die trappe hoor afkom.
Volgens hom het hy probeer om
êrens in die garage weg te kruip, maar
sonder sukses. Hy het toe 'n waterpas wat daar gelê het, gegryp. Verder
het hy
'n ou trui oor sy kop getrek om so sy identiteit te probeer verberg. Toe
die oorledene by die deur inkom, het hy haar met die waterpas
oor die kop
geslaan. Sy het agteroor geval en geskreeu, en hy beweer dat hy haar nog ' n
slag oor die
6 kop geslaan het. Volgens die appellant was sy egter nie
bewusteloos nie. Daarop het hy haar mond toegedruk totdat sy flou geword
het.
Vervolgens het hy ' n tou gevat en dit styf om haar nek vasgebind.
Die
bevindings van die distriksgeneesheer wat die regsgeneeskundige lykskouing
waargeneem het, strook in beginsel met die appellant
se weergawe van sy
aanranding op die oorledene. Volgens die distriksgeneesheer se getuienis was
verwurging die oorsaak van die oorledene
se dood. Hy het trouens gevind dat die
stuk tou nog redelik styf om die oorledene se nek vasgebind was. Daar was
kneusings om die
oorledene se nek met duidelike tekens van verwurging. Die
distriksgeneesheer het ook 'n ernstige besering bo-op die oorledene se
kop
gevind. Die kopvel was tot op die been oopgekloof, vermoedelik as gevolg van die
hou met die waterpas.
Die appellant het getuig dat die oorledene hom dikwels op die perseel gesien
het toe hy daar gewerk het, en dat hy bang was dat sy
hom sou uitken. Volgens
hóm
7
was dit die rede waarom hy die oorledene oor die kop geslaan
het en die tou om haar nek gebind het. Hy het in die loop van sy getuienis
erken
dat hy geweet het dat die oorledene sou doodgaan as hy haar verwurg, en hy het
toegegee dat hy die tou om haar nek gebind het
met die doel om haar dood te
maak.
Dit is namens die appellant betoog dat hy in 'n toestand van paniek opgetree
het toe hy die oorledene aangeval het. Sy berekende optrede
daarna dui egter op
die teendeel. Nadat hy die oorledene vermoor het, het hy nie in paniek op die
vlug geslaan nie; hy het eers drie
ringe van haar vingers afgehaal en R5 uit
haar broeksak geneem. Daarna het hy die oorledene dieper in die garage ingetrek,
die deur
na die garage toegesluit en die sleutel in 'n blik met verf gegooi.
Vandaar is die appellant met die trappe op na die huis waar hy
geld, asook 'n
tjekboek en kredietkaarte uit die oorledene se handsak geneem het. In 'n ander
kamer het hy nog geld gevind. Hy het
ook die oorledene se horlosie en goue
8
armband gevat. Die appellant sê hy het motorsleutels in
'n laai gevind. Dit het hom in staat gestel om ook die oorledene se
BMW motor te
steel. Dit blyk dus dat die appellant na die moord die huis op sy tyd deursoek
het.
Die appellant se doodvonnis is op 9 November
1989 deur die hof
a quo
opgelê, d w s voor die datum
van
inwerkingtreding van die Strafregwysigingswet 107 van
1990 ("die
wysigingswet"). Artikel 4 van die
wysigingswet het artikel 277 van die
Strafproseswet 51
van 1977 ingrypend gewysig. Hierdie hof moet
nou
ooreenkomstig die bepalings van die gewysigde artikel 277
beslis of
die doodvonnis "die gepaste vonnis" in die
omstandighede is. Die beginsels
wat toegepas moet word
by die beoordeling van die vraag of die doodvonnis
die
gepaste vonnis in 'n bepaalde geval is, is in verskeie
beslissings van
hierdie hof uiteengesit, en dit is nie
nodig om dit weereens te herhaal nie.
Daar moet eerstens
bepaal word of daar enige strafversagtende of
9
-verswarende faktore aanwesig is, en met inagneming van
daardie bevinding
moet dan beslis word of die doodvonnis
die enigste gepaste vonnis is.
Dit
is duidelik dat daar in die onderhawige geval verskeie strafverswarende faktore
aanwesig is. Die slagoffer is in haar eie huis
vermoor, terwyl die moord met
roof gepaard gegaan het. Die appellant het toegegee dat toe die oorledene op hom
afkom, hy haar doelbewus
doodgemaak het omdat hy bang was dat sy hom sou uitken.
Nadat hy die oorledene koelbloedig vermoor het, het hy nie geskroom om haar
ringe van haar vingers te verwyder nie. Daarna het hy haar liggaam in die garage
toegesluit en die sleutel in 'n verfblik gegooi.
'n Verdere strafverswarende
faktor is die appellant se vorige veroordelings. Naas verskeie vorige
veroordelings wat met oneerlikheid
verband hou, is daar ook een vir aanranding
met die opset om ernstig te beseer.
Dit is namens die appellant betoog dat sy
jeug as 'n belangrike strafversagtende faktor in die saak
10
behoort te geld. Soos reeds genoem, was díe appellant
pas 18 jaar oud toe hy die moord gepleeg het. As die appellant slegs
drie maande
jonger was, kon die doodvonnis ingevolge die gewysigde artikel 277 nie
opgelê gewees het nie, aangesien hy dan
onder die ouderdom van 18 jaar sou
gewees het toe die moord gepleeg was. Die geleerde verhoorregter het egter
bevind dat die appellant
"soos 'n volwassene gedink en opgetree" het. Dit is wel
so dat die appellant in sekere opsigte die lewe van 'n jong volwassene gelei
het. Hy het 'n vaste werk en 'n vaste verhouding met sy vriendin gehad. Hy het
ook onderhoud betaal vir die kind wat hy by haar verwek
het. Die appellant en sy
vriendin het egter nie soos volwassenes saamgebly en 'n selfstandige bestaan
gevoer nie; die appellant het
trouens nog soos 'n kind in sy ouerhuis gewoon.
Die appellant se optrede na die pleging van die moord was weliswaar berekend
gewees,
maar die wyse waarop hy die aanvanklike inbraak aangepak het, was weer
ondeurdag en onbeplan gewees, gesien die feit dat
11
die oorledene in die huis was. Dr Zabow, die konsultant
psigiater in beheer van die forensiese eenheid by die Valkenberg-hospitaal,
het
die appellant ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat sy intellektuele
vermoëns binne die perke van laag-normaal val.
Dr Zabow het verder die
mening uitgespreek dat die appellant nie meer volwasse as die gemiddelde persoon
van sy ouderdom is nie.
Die getuienis van dr Zabow is in die geheel deur die hof
a
quo
aanvaar. In die lig van daardie getuienis kan ek met respek nie met
die geleerde verhoorregter se bevinding aangaande die appellant
se volwassenheid
saamstem nie. Dit moet verder in gedagte gehou word dat die
onus
nou op
die staat rus om strafversagtende faktore bo redelike twyfel te weerlê.
(Vergelyk
S v Nkwanyana and Others
1990(4) SA 735(A) op 744 B-C.) Na my
mening het die staat hom nie van hierdie bewyslas gekwyt vir sover dit die
appellant se beroep
op sy jeugdigheid betref nie.
Die beskuldigde in
S v Dlamini
1992(1) SA 18(A)
12
was 'n jong man van tussen 19 en 20 jaar oud toe hy moord
gepleeg het. Die verhoorhof het die doodvonnis vir die
moord opgelê.
Op appêl het Nicholas Wnd AR die kwessie
van Dlamini se jeugdigheid
behandel en o a soos volg op
30C en 31H-I beslis:
"Dlamini was at the time of the murder still in his teens. His history and the
nature of crime, however, showed that he was not an
immature youth, but a man
already seasoned in crime."
" I do not consider that the sentence
of death
is the proper sentence in this case. Although Dlamini's age is not a mitigating
factor, it is, I think, relevant to the propriety
of the death sentence. Rumpff
CJ said in S v Lehnberg [en 'n Ander 1975(4) SA 553(A)] at
561B:
'....(E)k dink ook nie dat die regspleging van 'n beskaafde
Staat begerig is om, behalwe in buitengewone omstandighede, tienderjariges
te
laat ophang nie.'
The same reluctance would, I believe, extend to cases where the accused, though
no longer a teenager, is standing on the threshold
of
manhood."
In
S v Bosman
1992(1) SASV 115(A) het hierdie
hof 'n 18-jarige beskuldigde se doodvonnis vir 'n koelbloedige moord slegs op
grond van sy jeugdigheid
na lewenslange
13
gevangenisstraf verander. Op 120 d-f merk vivier AR soos
volg op:
"Mnr Cilliers het betoog dat die aard en die omstandighede van die moord so
gruwelik is dat die vergeldings- en afskrikkingselemente
as deurslaggewend en
die doodvonnis as die enigste gepaste vonnis beskou moet word. Hierdie betoog
dra klaarblyklik baie gewig en
ek sou geneig gewees het om daarmee saam te stem
as dit nie vir die jeugdigheid van die appellant was nie. In S v Lehnberg en 'n
Ander 1975(4) SA 553(A) op 561A-C het Rumpff HR gesê:
'En
'n persoon van 18 of 19 jaar is, volgens my mening, onvolwasse of hy nog op
skool of universiteit is, en of hy reeds 'n jaar of
wat gewerk het. Om
jeugdiges, sonder meer, met die dood te straf, is om die jeugdige met die maat
te meet waarmee 'n rype volwassene
gemeet word. En ek dink ook nie dat die
regspleging van 'n beskaafde Staat begerig is om, behalwe in buitengewone
omstandighede,
tienderjariges te laat ophang nie.'"
In elkeen van die bogenoemde twee gevalle het die jeugdigheid van die
betrokke beskuldigde 'n deurslaggewende rol by die tersydestelling
van die
doodvonnis gespeel. Die jeugdigheid van die appellaht in die onderhawige saak
behoort myns insiens eweseer 'n
14 deurslaggewende rol by die bepaling van 'n
gepaste vonnis
te speel.
'n Verdere aspek wat myns insiens
strafversagtend is, is die feit dat die appellant die
huis ongewapend
binnegegaan het. Hy het weliswaar geweet dat die oorledene in die huis is, maar
dit blyk nie dat hy hoegenaamd die
oorledene se dood beoog het toe hy die huis
betree het nie. Die appellant het trouens aanvanklik probeer om weg te kruip en
om sy
identiteit met behulp van die trui te verberg.
Dr Zabow het die mening
uitgespreek dat daar 'n redelike moontlikheid van rehabilitasie bestaan indien
die appellant langtermyn gevangenisstraf
opgelê sou word. Dit blyk dat die
appellant ten tyde van die pleging van die onderhawige misdade nog nie voorheen
gevangenisstraf
uitgedien nie, en dat hy dus nog nie vroeër aan 'n
rehabilitasieprogram onderwerp was nie.
In die lig van die appellant se jeugdigheid en die ander oorwegings wat
hierbo genoem is, is ek van
15 oordeel dat die doodvonnis nie die enigste
gepaste vonnis vir die appellant is nie. Die erns van die misdaad en die belange
van
die gemeenskap vereis egter dat 'n lang termyn van gevangenisstraf
opgelê word.
Die appél slaag gevolglik en die volgende bevel
word gemaak:
1. Die doodvonnis vir die moord word tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van
20 jaar gevangenisstraf.
2. Die tydperke van gevangenisstraf wat die hof
a quo
vir die huisbraak
en die roof opgelê het, sal saamloop met die 20 jaar gevangenisstraf vir
die moord.
F H GROSSKOPF AR. HOEXTER AR VIVIER AR Stem saam.