S v Mathebula (689/91) [1992] ZASCA 66 (19 May 1992)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Death sentence — Appellant convicted of murder and sentenced to death — Appeal against death sentence following legislative changes — Factors considered in determining appropriateness of death penalty — Appellant, a former gardener of the victim, committed murder during a burglary of an elderly widow's home — Evidence of the violent nature of the crime and the vulnerability of the victim weighed against the appellant's lack of prior convictions and claims of diminished responsibility due to drug use — Court finds no mitigating factors sufficient to overturn the death sentence, affirming the appropriateness of the penalty in light of the brutal circumstances of the crime.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 66
|

|

S v Mathebula (689/91) [1992] ZASCA 66 (19 May 1992)

Saak No 689/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHN MATHEBULA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, AR, HOWIE et KRIEGLER, Wnd ARR
VERHOOR
: 4 Mei 1992
GELEWER
: 19 Mei 1992
UITSPRAAK
2
E M GROSSKOPF, AR
Die appellant is in die Transvaalse Provinsiale
Afdeling saam met ene Matlala aangekla van huisbraak met die opset om te roof en
roof
met verswarende omstandighede; verkragting; en moord. Albei beskuldigdes is
deur VAN DYK R en assessore skuldig bevind soos aangekla.
Op die klagte van
huisbraak is die appellant en Matlala tot twaalf en veertien jaar
gevangenisstraf onderskeidelik gevonnis. Op die
verkragtingklag en die moordklag
is albei ter dood veroordeel.
Matlala het, met verlof van hierdie hof, geappelleer teen sy skuldigbevinding
op die moordklag en sy vonnis op die verkragtingklag.
Sy appèl het in
albei opsigte geslaag - sy skuldigbevinding aan moord is ter syde gestel, en sy
vonnis vir verkragting is
verminder tot 25 jaar gevangenisstraf.
Die huidige appellant het 'n aansoek om verlof om te appelleer gerig tot die
verhoorregter. Die aansoek is
3
afgewys en die appellant het die saak daar gelaat. Na die inwerkingtreding
van die Strafregwysigingswet, no. 107 van 1990 (die Wysigingswet),
het die
appellant se geval gedien voor die paneel wat kragtens art. 19 van daardie wet
aangestel is om die vonnisse van sekere ter
dood veroordeelde persone te
heroorweeg. Die paneel het ingevolge art. 19(10) bevind dat die verhoorhof
waarskynlik die doodvonnis
op die moordklagte sou opgelê het indien art.
277 van die Strafproseswet, no. 51 van 1977, soos vervang deur die Wysigingswet,
ten tyde van die vonnisoplegging in werking was, maar nie op die klag van
verkragting nie.
Wat tans voor ons dien ingevolge art. 19(12) van die Wysigingswet is dus
slegs 'n appèl teen die doodvonnis op die moordklag.
Vir die doeleindes
van hierdie appèl moet ons die saak oorweeg asof die gemelde art. 277,
soos vervang deur die Wysigingswet,
in werking was ten tyde van vonnisoplegging
deur die verhoorhof. Die beginsels wat geld by so 'n appél is reeds geyk.
Ons
moet eers 'n bevinding
4
uitbring oor die aan- of afwesigheid van strafversagtende of -verswarende
faktore en dan moet ons, ooreenkomstig 'n onafhanklike diskresie-uitoefening,
besluit of die doodvonnis die gepaste vonnis is (art. 277 van die Strafproseswet
soos saamgelees met art. 19(12)(b) van die Wysigingswet).
Die wesentlike
feite is soos volg. Die oorledene was 'n 88-jarige weduwee wat alleen in 'n
voorstedelike huis gewoon het. Die appellant,
wat destyds 26 jaar oud was, het
as tuinier by die oorledene gewerk, en 'n kamer op die perseel bewoon. Gedurende
die nag van 2/3
Desember 1987 het die appellant en Matlala die diefdraad voor 'n
venster in die oorledene se huis weggebuig en die huis deur die
venster
binnegegaan. Die presiese volgorde van gebeure binne die huis, en die presiese
optrede van elk van die inbrekers, is nie
heeltemal duidelik nie. Wat egter wel
vasstaan is dat albei van hulle die oorledene verkrag het, dat sy met die hand
doodgewurg is,
dat daar geld en 'n klompie ander artikels gesteel is, en dat die
twee boosdoeners toe weer die
5
huis verlaat het, blykbaar deur die voordeur.
Hierdie opsomming toon reeds
die belangrikste strafverswarende faktor, t.w., dat 'n aanval van hierdie aard
uitgevoer was in haar
eie huis op 'n bejaarde en weerlose vrou. Daarbenewens was
die aanvaller haar eie werknemer, wat die inbraak beplan het met die volle
wete
datsy nie in staat was om enige effektiewe weerstand te bied nie. Optrede van
hierdie soort wek die weersin van die gemeenskap,
wat tereg verwag dat swaar
strawwe daarvoor opgelê moet word ter afskrikking van ander sowel as ter
vergelding van die gepleegde
daad.
Dit bring my dan by strafversagtende faktore. In hierdie opsig is daar
eerstens die appellant se rekord. Hy het geen vorige veroordelings
nie behalwe
twee skuldigbevindinge ten opsigte van die besit van klein hoeveelhede dagga in
1984 en 1986 onderskeidelik. Vir huidige
doeleindes kan hy dus as 'n eerste
oortreder beskou word. Dit is 'n faktor wat gewoonlik heelwat gewig dra.
6
Ander versagtende faktore is minder voor die
hand
liggend. Namens die appellant is betoog dat die
geweld wat
teen die oorledene gebruik was, relatief gering was. Haar
dood
is veroorsaak, soos reeds gemeld, deur manuele
verwurging. In die proses
hiervan is die hioïed-beentjie in
haar keel gebreek. Daar was ook nege
krapmerkies aan haar
keel, wat klaarblyklik in die loop van die
verwurging
aangebring was. Met die oog op hierdie beserings het prof.
J.D.
L'oubser, wat die nadoodse ondersoek behartig het, soos
volg getuig:
"Het ek reg verstaan dat selfs 'n kortstondige toepassing van geweld op die
keel genoeg is om die
hioïedbeen te breek? Dit is korrek en ek kan
byvoeg dat veral in 'n bejaarde persoon is dit inderdaad 'n redelike
moontlikheid, omdat as gevolg van ontkalking en brosheid van
die beenstruktuur
wat met 'n hoë ouderdom noodwendig gepaard gaan, die breekbaarheid in grade
eintlik soveel makliker is.
Kan 'n persoon met een hand so 'n ou mens verwurg?
Dat die hioïedbeen breek? Ek glo stellig ja.
Die interessante aspek in verband met die waarneminge aan die hals self wat
vir my hierdie aspek verder omskryf is die feit dat nege
krapmerkies aan die
regterkant van die hals gevind was. Met ander woorde daar was ten minste twee
of
7
drie maal vervat. In 'n persoon wat min of geen weerstand kan bied nie, sou die
nodigheid om te vervat van die greep nie ontstaan
het nie, maar as 'n persoon
nog 'n bietjie kan worstel, dan ontstaan 'n nodigheid om die greep te vervat en
ek sien die feit dat
nege krapmerkies wat ek as naelkrapmerkies kon
identifiseer, daar saam groepeer was, vir my as aanduidend dat daar ten minste
een
maal vervat was, die greep.
So, kortstondig is natuurlik nou 'n relatiewe term, maar dit is nie kortstondig
in die sin van 'n enkele hou nie, dit is, die persoon
wat dit toegedien het, het
bedoel om hierdie persoon se
lugtoevoer af te sny of wat ookal? Ja, ek kan
dit so stel, die indruk wat ek van die beserings gekry het is dat daar met
mening aan die keel gegryp was.
Net ten aansien van hierdie moontlike vervatting en die naelkrapmerke, kan u
enige kommentaar lewer oor die weerstand wat die oorledene
moontlik sou gebied
het, is dit vir u moontlik om daarop kommentaar
te
lewer? Hier is min aan die ledemate van die
oorledene wat gedui kan word as afweerbeserings. Wat my laat dink dat sy nie
effektief kon gepoog het om haarself te verweer
nie."
Uit hierdie passasie blyk dit dat daar
inderdaad
nie besonder ernstige geweld gebruik was nie. Aan die ander
kant
was die geweld wat gebruik was, genoeg om die oorledene
se geringe weerstand te bowe te kom en om haar dood te
8
veroorsaak. Daar kom natuurlik gevalle voor waar moorde gepleeg word met
onnodige geweld of wreedheid. In sulke gevalle sou die geweld
of wreedheid,
afhangende van die omstandighede, as 'n strafverswarende faktor aangemerk kan
word. Die afwesigheid van sodanige geweld
of wreedheid sou egter, so kom dit my
voor, selde indien ooit 'n positiewe strafversagtende uitwerking hê.
Normaalweg sou dit
myns insiens eerder 'n neutrale faktor wees, en ek meen dit
is ook hoé dit in die onderhawige geval beskou moet word.
Benewens die gemelde beserings aan die oorledene se nek en keel het die
oorledene 'n aantal ander beserings gehad wat óf gering
was, óf
klaarblyklik in die loop van die verkragting opgedoen is. Laasgenoemde beserings
is tans nie direk ter sake nie: die
appellant word apart vir die verkragting
gestraf, en die beserings wat daarmee in verband staan, behoort nie tweemaal in
die weegskaal
teen hom geplaas te word nie. By die beoordeling van sy
strafwaardigheid vir die noodlottige beserings kan 'n mens egter wel in ag
neem
9
dat sodanige beserings toegedien is op 'n vrou wat nie alleen
hoogs
bejaard was nie, maar wie se weerstand reeds verswak is
deur verkragtings en
daarmee gepaard gaande pynlike letsels.
Hierdie faktor maak dit des te
moeiliker om te aanvaar dat
die betreklik geringe erns van die
doodsveroorsakende
beserings as strafversagtend beskou kan word.
'n Verdere versagtende faktor, so is betoog, is die
onsekere aandeel van die appellant. Om presies te bepaal wat
die aandeel van elk van die inbrekers was is die hof
aangewese bloot op die uitlatings van die twee van hulle. In
hul getuienis het hulle mekaar oor en weer beskuldig. Albei
van hulle was tereg beskou as onbevredigende getuies, en min
gewig kan dus aan dié getuienis geheg word. Die appellant
het egter in 'n verklaring aan 'n landdros die volgende
weergawe van die gebeure gegee:
"Ja, ek was saam met 'n ou blankevrou gewees. Ek werk eintlik vir haar. Ek
het vir haar gesê miesies ek soek geld ek wil huis
toe gaan. Daar het toe
'n stryery tussen ons twee ontstaan. Sy het toe nie vir my die geld gegee wat ek
vir gevra het nie en ek het
toe met haar baklei deur vir haar te slaan. Ek het
haar aan haar nek gevat en gewurg
10
en het ook vir haar beseer. Ek het vir haar gesê sy moet vir my die
geld gee en sy het geweier en ek het haar nek gedraai. Na
ek haar nek gedraai
het het ek haar daar gelos en geloop."
Die appellant het in sy getuienis van hierdie weergawe probeer wegskram, maar
het nogtans in een stadium erken dat hy die oorledene
gedurende die verkragting
aan die keel vasgegryp het "sodat sy nie kan raas nie".
Dit is moeilik om te glo dat die appellant aan die landdros sou gesê
het dat hy die oorledene gewurg het as dit nie die waarheid
was nie. En die feit
dat hierdie erkenning saam gaan met 'n valse verduideliking oor wat die rede vir
die moord was, doen nie af
aan hierdie gevolgtrekking nie. Toe hy die verklaring
aan die landdros gemaak het, het die appellant duidelik nie kans gesien om
sy
aandeel in die moord te ontken nie, en het hy eerder probeer om sy optrede tot
'n mate te probeer verontskuldig. Die gedagte om
die skuld op Matlala te probeer
pak het klaarblyklik eers later by hom opgekom. Ek meen dus dat daar bo redelike
twyfel bewys is
dat dit die appellant was wat die oorledene verwurg het, en
11
dat sy ontkennings gedurende sy getuienis verwerp moet word. Daar is dus na
my mening geen onsekerheid oor sy rol in die moord nie,
en ek hoef nie te
oorweeg of dit inderdaad 'n versagtende faktor sou gewees het as die posisie
anders was nie.
In die verbygaan mag ek net meld dat Matlala se appèl teen sy
skuldigbevinding aan moord geslaag het op grond daarvan dat daar
nóg
bewys is dat Matlala daadwerklik deelgeheem het aan die verwurging van die
oorledene, nóg dat daar 'n gemeenskaplike
opset tussen hom en die
appellant was wat hom aanspreeklik kon maak vir die appellant se optrede. Dit
was nie nodig vir die hof in
Matlala se appél om hom enigsins uit te laat
oor wat presies t.o.v die appellant bewys was nie, en, soos ek die hof se
uitspraak
lees, het hy ook nie pertinent daarop ingegaan nie. Enige terloopse
aanmerkinge wat in daardie verband gemaak is, kan dus nie vir
huidige doeleindes
behulpsaam wees nie.
Dan is daar betoog dat die appellant ten tyde van
12
die misdaad onder die invloed van dagga was. Die getuienis hieromtrent was
soos volg. Toe Matlala in die getuiebank was, is daar aan
hom gestel deur die
appellant se advokaat dat die appellant sou getuig dat die twee van hulle op die
dag van die misdaad van die
oggend sewe-uur af in die kamer waar die appellant
woonagtig was gesit en dagga rook het. Matlala het dit ontken. Die gebruik van
dagga was 'n moontlike versagtende faktor wat t o v albei die beskuldigdes sou
kón geld, en die feit dat Matlala dit ontken
het, is nie sonder gewig
nie. Maar die saak gaan verder. In sy getuienis in hoof het die appellant getuig
dat hy op die betrokke
dag in die tuin gewerk het totdat Matlala omtrent
sewe-uur die aand daar aangekom het en voorgestel het dat hulle geld by die
appellant
se werkgeefster moet gaan soek. Hierna het die appellant se advokaat
(Mej. Grobbelaar) probeer om getuienis omtrent die dagga uit
hom te trek.
Die oorkonde lui soos volg (Matlala was beskuldigde
"
MEJ. GROBBELAAR
: Wat het u en beskuldigde 1 die
13
dag daar op die perseel gedoen? Op daardie dag
het ek op die perseel
gewerk. Beskuldigde 1 het na my toe gekom en toe het hy gesê hy soek geld
by die ou dame.
HOF
: Ja het julle nog enigiets anders in besonder
gedoen die dag, dit is wat jou advokaat vra?
Ja.
Ja, wat, ek hoor jy
sê ja, ja wat?
MEJ. GROBBELAAR
: Jy hoef nie bang te wees
nie,
vertel vir die hof. Hy het na my toe gekom en
toe het hy gesê ek moet vir die ou dame gaan aanklop en ek moet vir
haar sê ek soek my geld om huis toe te gaan.
HOF
: Watter tyd van
die dag of aand of nag was dit
gewees toe hy die voorstel gemaak het? In die
aand ongeveer sewe-uur.
Juffrou miskien moet u hom maar direk vra, want dit
lyk nie of ons by die dagga sal uitkom nie.
Behalwe as dit natuurlik maar 'n gedagte was,
MEJ. GROBBELAAR
: Soos die hof behaag, kan ek hom
vra?
HOF
: Vra hom maar.
MEJ. GROBBELAAR
: Het jy en beskuldigde 1 die dag ..
(tussenbei)
HOF
: Vra hom of hulle nou die dag ook gerook het en
indien wel waar en wanneer en waar dit vandaan
gekom het en wat die effek daarvan was ensovoorts.
MEJ. GROBBELAAR
: Soos die hof behaag, het u en
beskuldigde 1 die dag daar op die perseel gesit en
dagga rook? Ja die beskuldigde 1 het dagga by
my werkperseel aangebring.
En toe? Hy het vir my die dagga laat rook, hy
het gesê ons moet die dagga rook.
Hoeveel dagga was dit? Dit was 'n halwe arm.
Toe watse effek het die dagga op jou gehad? Toe
die polisie in my kamer kom het hulle die korrels van dagga op my vloer
gekry.
14
Jy antwoord nie my vraag nie, ek vra, wat het die dagga aan jou gedoen, die goed
wat jy gerook het,
wat het dit aan jou gedoen? Dit het my kop
deurmekaar gemaak."
Die appellant se getuienis staaf
dus glad nie die weergawe van die hele dag se rokery in die kamer wat aan
Matlala gestel was nie.
Daarbenewens is die traagheid waarmee die getuienis na
vore gekom het nie aanduidend van waarheid nie. En, in elk geval, daar is
geen
getuienis dat die dagga enige blaamverminderende effek op die appellant gehad
het nie. Sy eie latere getuienis onder kruisverhoor
dui eerder op die teendeel.
Onder al hierdie omstandighede meen ek nie dat daggagebruik as 'n
strafversagtende faktor aangemerk kan
word nie.
Verdere faktore waarop staatgemaak word, is die afwesigheid van
dolus
directus
en van voorafbeplanning. Dit is duidelik dat die boosdoeners beplan
het om die oorledene te beroof maar daar was geen getuienis dat
hulle vooraf
reeds die opset gehad het om te dood nie. Weliswaar het die appellant by haar
gewerk en sou sy hom kon uitken, maar
die
15
twee beskuldigdes se getuienis was dat hulle beplan het om ná
die
inbraak te probeer verdwyn. Die mate van weerstand wat
hulle te wagte was,
was nie sodanig dat hulle hoef te
voorsien het dat dit nodig sou wees om die
oorledene te dood
ten einde haar weerstand te bowe te kom nie. Hulle was dan
ook ongewapen.
Wat die verwurging van die oorledene betref,
is die mate van geweld wat gebruik is versoenbaar met 'n
poging om haar
stil te maak, soos deur die appellant getuig
in 'n passasie waarna ek hierbo verwys het. Weliswaar het
die appellant onder kruisverhoor die volgende gesê (ek
onderstreep een vraag en antwoord):
"Kyk en daar toe jy betrokke was by hierdie voorval en toe jy met die
oorledene gemeenskap gehou het en toe sy gewurg is daar in die
huis, jy het
geweet die oorledene sal jou kan uitken is dit reg? Jy
het mos daar gewerk? Ja.
So jy was seker bang sy gaan jou uitken? Nee ek
was nie bang nie.
Nie bang nie, hoekom nie? Het jy nie gedink sy sal polisie toe gaan en
sê, hierdie man wat hier by my in die tuin gewerk het
is die man wat my
hier kom aanrand het nie? — Nee, ek het nie geweet nie. Is dit nie waarom
jy gehelp het om haar daar dood
te maak nie? Nee ek het gehelp.
Ja, jy het gehelp, en jy het seker gemaak dat sy dood is, want dan kon sy
jou nie uitken nie, req.
16
is dit nie so nie? Dit is mos wat qebeur het?
Ja.
So dit is waarom julle haar nie vasgemaak het nie,
toe julle daar weg is was
sy klaar dood? Is dit
reg? Ja."
Namens die Staat
is klem gelê op die onderstreepte vraag en antwoord. Ek dink egter nie dat
beslissende gewig daaraan geheg
kan word nie. Die vraag self is 'n samegestelde
een wat verskillende elemente bevat, en dit is nie duidelik presies waarmee die
getuie
saamstem nie. Ek meen dat op die getuienis as geheel dit nie bo redelike
twyfel blyk dat die appellant die direkte oogmerk gehad
het om die oorledene te
dood nie. Dat daar minstens opset by moontlikheidsbewussyn (
dolus
eventualis
) was, is gemene saak.
Ten slotte is daar 'n paar ander argumente waaroor nie veel gesê hoef
te word nie. Daar word betoog dat die oorledene 'n versoeking
in die weg van die
appellant geplaas het deur groot bedrae kontant in haar huis aan te hou. Die
appellant self het egter getuig dat
hy nie geweet het van die
17
geld nie, en dit blyk uit die getuienis dat die oorledene haar geld versigtig
weggebêre het. Trouens, behalwe vir 'n geringe
bedrag het die twee
inbrekers nie die geld gevind nie. Van versoeking kan daar dus geen sprake wees
nie. Dan word daar ook gesê
dat die appellant moontlik onder Matlala se
invloed was. Die getuienis toon egter duidelik dat die appellant 'n leidende rol
in die
roof, verkragting en moord gespeel het, en daar is geen aanduiding van
enige beïnvlóeding nie.
As ek dus moet opsom: die aard van die misdaad is 'n ernstige verswarende
faktor. As versagtende faktore is daar die appellant se
skoon rekord asook die
feite dat die moord nie vooraf beplan was nie, en dat dit nie met
dolus
directus
gepaard gegaan het nie. Die verfoeilikheid van die daad verg 'n
swaar straf, soos ek reeds aangedui het, maar onder al die omstandighede
is ek
nie oortuig dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is nie. Hoewel hierdie
'n grensgeval is, meen ek dat die oogmerke
van afskrikking en
18
vergelding, wat in 'n saak soos hierdie sterk na vore tree, tot 'n voldoende
mate gedien kan word deur 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf.
Die appèl slaag. Die doodvonnis word ter syde gestel en vervang deur
lewenslange gevangenisstraf.
E M GROSSKOPF, AR
HOWIE, Wnd AR
KRIEGLER, Wnd Ar Stem saam