About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 117
|
|
S v Pienaar en Andere (408/90) [1991] ZASCA 117 (23 September 1991)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPELAFDELING
SAAKNR: 408/90
In die appël van:
JEROME PIENAAR 1ste Appellant
RODERICK BOCK 2de Appellant
STEVEN SMITH 3de Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: E.M GROSSKOPF, EKSTEEN ARR et HARMS WndAR
Aangehoor: 29 Augustus 1991 Gelewer: 23 September 1991
2 U I T S P R A A K
HARMS WndAR:
Die drie appellante was respektiewelik beskuldigdes nrs 1, 2 en 4 in die Kaap
die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling voor Williamson
R en twee assessore. Hulle
het, tesame met beskuldigde nr 3, aan 'n reeks misdrywe gedurende die nag van 1
November 1988 tot die
vroeë oggendure van 2 November 1988 deelgeneem.
Hulle, asook beskuldigde nr 3, is aan oa verkragting skuldig bevind. Die drie
appellante is tot die dood veroordeel. Beskuldigde nr 3 het vanweë sy
jeugdigheid (hy was vyftien jaar en drie maande oud ten
tye van die pleeg van
die misdrywe) die doodvonnis vrygespring. Die huidige appêl is slegs ten
aansien van die doodvonnisse.
Vir doeleindes van gerief word die beskrywing van
die
3 appellante soos in die hof
a quo
aangewend, behou.
Die verhoor het voor die inwerkingtreding van die
Strafregwysigingswet, 1990 (Wet 107 van 1990) plaasgevind.
Die bepalings van daardie wet is egter van toepassing op die
verhoor van
hierdie appël.
Op Dinsdag 1 November 1988 laat die aand het die eerste klaagster (mej B),
die tweede klaagster (mej C), en die klaer (mnr D) 'n medewerker
in die
woongebied Belhar afgelaai. Op pad terug huis toe het hulle by n T-aansluiting
stilgehou. n Bende jongmans het langs die pad
gestaan. Die vier beskuldigdes was
deel van die bende. Die vier beskuldigdes het die voertuig genader en
beskuldigde nr 1 het sy
hand deur die venster gesteek, die sleutel uit die
aansitter getrek, 'n mes teen mej B se nek gedruk en haar opdrag gegee om die
deure oop te sluit. Die vier beskuldigdes was al vier met messe bewapen. Die
deur 1 s oopgesluit en beskuldigde nr 1 het voor ingeklim
terwyl
4
beskuldigdes nrs 2, 3 en 4 agter ingeklim het. Beskuldigde nr 1 het begin
wegry en in die ry is die klaers opdrag gegee om hulle geld
en juwele aan die
beskuldigdes te oorhandig. Nadat hulle vir n rukkie rondgery het, is die
voertuig op n eensame plek tot stilstand
gebring. Die twee dames is
aangesê om die motor te verlaat terwyl beskuldigde nr 4 die klaer in die
motor bewaak het. Die twee
klaagsters is aangesê om op die grond te
lê. Beskuldigde nr 1 het mej B met sy mes gedreig en hy het haar gestamp
en
geskop. Nadat sy haar op die grond neergelê het, is sy aangesê om
haar rok op te lig en haar broek uit te trek. Beskuldigde
nr 1 het haar daarop
verkrag. Beskuldigdes nrs 2 en 3 het die ritueel herhaal. Mej C is nie verkrag
nie aangesien sy beweer het dat
sy haar maandstonde gehad het. Beskuldigde nr 4
het toe uit die motor geklim en mej B verkrag.
Die klaers is daarna in die motor gebondel en die groep het weer vir 'n ruk
rondgery. Op hierdie stadium was beskuldige nr 2 die motorbestuurder.
In die ry
het beskuldigde nr 4
5
vir mej B gesê om bo-op hom te sit en hy het haar weer verkrag. Daarop
het beskuldigde nr 3 haar meerdere male in die motor
verkrag. Beskuldigdes nrs 3
en 4 het voortdurend die klaers met 'n mes gedreig.
Die motor is weer op 'n verlate plek tot stilstand gebring. Beskuldigde nr 1
het mej B weer eens verkrag en daarna het beskuldigdes
nrs 2 en 3 haar ook weer
verkrag. Beskuldigde nr 1 het toe vir mnr D gesodomiseer. Toe is Mej B deur
beskuldigdes 1, 3 en 4 gesodomiseer.
Daarna het beskuldigde nr 4 weer eens vir
mej B verkrag en net voor hulle in die motor sou klim, het beskuldigdes nrs 1, 3
en 4 probeer
om mej C te verkrag. Vanweë haar toestand het niks hiervan
tereg gekom nie.
Die rit is daarop voorgesit. Beskuldigde nr 3 het tydens die rit mej B
onsedelik aangerand deur te poog om haar te verkrag, haar te
dwing om hom te
masturbeer en orale seks te bedryf en hy het haar ook op n onbehoorlike wyse
betas.
6
Met die belofte dat as hulle geld sou kry hulle die klaers sou laat gaan, is
mej B se bankkaart en kode aan beskuldigde nr 2 oorhandig
en het hy toe 'n
bedrag geld by 'n bankoutomaat onttrek.
Daarna was daar 'n argument tussen die beskuldigdes oor die vraag of die
klaers gedood moes word of nie maar op die ou einde het beskuldigde
nr 2 van sy
aanvanklike siening afgesien en opdrag gegee dat die motor tot stilstand gebring
moes word. Die sleutels is op die vloer
van die motor gegooi en die beskuldigdes
het uit die motor geklim. Die klaers het onmiddellik die deure gesluit en net
toe hulle
wou wegry, het die beskuldigdes teruggekeer en teen die vensters begin
slaan. Die klaers was egter in staat om weg te kom en is daarop
na n
polisiestasie.
As gevolg van die voormelde optrede is die beskuldigdes soos volg skuldig
bevind en gevonnis:
7
a)
Aan die aanklag van
menseroof is al die beskuldigdes skuldig bevind en die appellante i s elk tot
twee jaar gevangenisstraf gevonnis
terwyl beskuldigde nr 3 een jaar opgelê
is.
b)
Die beskuldigdes is skuldig bevind aan
drie aanklagte van roof. Hierdie aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van
vonnis en die appellante
het elk vyf jaar gevangenisstraf ontvang terwyl
beskuldigde nr 3 vier jaar gevangenisstraf opgelê
is.
c)
Die beskuldigdes i s, soos reeds
gesê, skuldig bevind aan verkragting en die appellante is elk die
doodvonnis opgelê terwyl
beskuldigde nr 3 twintig jaar gevangenisstraf
opgelê is.
d)
Beskuldigde nr 3 is verder
aan onsedelike aanranding skuldig bevind waarvoor hy drie jaar
gevangenisstraf
8 opgelê is.
e)
Beskuldigdes nrs 1, 3 en 4 i
s aan onsedelike aanranding skuldig bevind ten aansien van die sodomie op mej B
gepleeg. Die respektiewe
vonnisse was ses jaar, vyf jaar en ses
jaar.
f)
Op n aanklag van poging tot
verkragting op mej C is beskuldigdes nrs 2 en 4 skuldig bevind en elk is vyf
jaar gevangenisstraf opgelê.
g)
Die
onsedelike aanranding op mej C het n skuldigbevinding vir beskuldigdes nrs 1, 3
en 4 uitgelok met 'n vonnis van drie, twee en
drie jaar
respektiewelik.
h) Ten aansien van die sodomie
gepleeg op Mnr D is beskuldigde nr 1 skuldig bevind en tot ses jaar
gevangenisstraf gevonnis.
9
i) Aan 'n verdere aanklag van roof (met betrekking tot di e bankkaart se
gebruik) i s die beskuldigdes skuldig bevind en respektiewelik
gevonnis tot
twee, vier, een en drie jaar gevangenisstraf.
Om op te som is beskuldigde nr 1, benewens die doodvonnis, tot 24 jaar
gevangenisstraf gevonnis; beskuldigde nr 2 het 16 jaar en beskuldigde
nr 4 het
23 jaar gevangenisstraf benewens die opgelegde doodvonnis ontvang. Beskuldigde
nr 3 se effektiewe vonnis is 20 jaar gevangenisstraf
aangesien die vonnisse op
die ander misdrywe (met n totaal van 16 jaar) met die 20 jaar vir die
verkragting opgelê, saamloop.
'n Beoordeling oor die vraag of hierdie hof in die uitoefening van sy eie
waarde-oordeel die doodvonnis moet bekragtig as die enigste
gepaste vonnis vir
die misdryf, verg dat al die faktore wat 'n invloed op die oordeel kan hê,
hetsy by wyse van strafversagting,
strafverswaring of andersins, eers ontleed
word.
10
Die erns van die misdryf
Verkragting is en bly 'n geweldsmisdryf. Dit raak die wese van die vrou. Die
vrou se persoonlike integriteit word ten diepste gekrenk.
Die misdryf is
gewooniik nie, soos ook in hierdie geval, n misdryf wat as gevolg van 'n
onbeheerbare (of moeilik beheerbare) seksuele
opwelling gepleeg word nie. Die
trauma van die slagoffer word normaalweg oor en oor beleef. Die aflê van
getuienis oor die
verkragting is op sigself n nuwe trauma.
In casu
was die verkragting 'n bende-verkragting. Mej B is gedurende
'n periode van 4 uur deur vier mans ten minste 11 keer verkrag. Die
verkragting
staan ook nie in isolasie nie. Daar was addisionele pogings tot verkragting, sy
is gedwing om orale seks op een van die
beskuldigdes toe te pas, sy is gedwing
om een van die beskuldigdes te
11
masturbeer, sy is betas en sy is deur drie van die beskuldigdes gesodomiseer.
Die hof
a quo
het in die verband die volgende gesê:
"In looking at the total picture and in deciding on an appropriate sentence
on the rape charge, I must of course, as I do, disabuse
my mind of the other
offences committed by the accused f or these will be separately punished. They
cannot, however, be totally ignored
for they are part of the surrounding
circumstances relating to the rapes and provide the context in which the rapes
took place. They
are also indicative of the type of person I am dealing with
when considering an appropriate sentence for the rapes. Thus, although
I must
take care not to punish in the rape sentences f or the other offences committed,
I must nevertheless look at them as forming
part of the overall relevant
picture."
Hierdie benadering is juridies gegrond:
S v S
1991 (2) SA 93
(A) 107 B - H.
Mej B het nie besondere ernstige liggaamlike letsels opgedoen nie. Haar
beserings was kneus- en skaafwonde, vaginale swelling met
skeurtjies en anale
skeurtjies. Dit is deels daaraan toe te skryf dat sy meermaal met die dood
12
gedreig is en dat sy, in die lig van die oormag, haar nie fisies teengesit het
nie. Nogtans sê die distriksgeneesheer:
"...I will remember her forever because I never saw a woman with such damaged
vagina together with such damaged anus."
Hierdie distriksgeneesheer het, terloops, in sy loopbaan
meer as 6000 verkragting- en sodomiegevalle ondersoek.
Mej B se emosionele reaksie agv die misdryf was aanvanklik een van ernstige
skok en toe sy by die polisie aangeland het, het sy gedurig
gehuil. Sy is daarna
na die distriksgeneesheer geneem en sy was nog steeds hewig ontsteld. Sy wou nie
die vernedering van die ondersoek
deurgaan nie. Sy was, in die woorde van die
distriksgeneesheer, "fed-up" met hom in besonder en met die manlike geslag in
die algemeen.
Tydens die verhoor het sy getuig dat hoewel sy slegs twee
13 maal
sielkundige behandeling kort na die voorval ontvang het, sy glo dat sy haarself
beter kan help veral omdat sy nie daarvan
hou om haar persoonlike sake met
vreemdes te bespreek nie. Die hof
a quo
het tereg bevind dat sy
"seems to have made a relatively good recovery from the psychic and emotional
trauma of the multiple rapes and other abuse. She seems
to be a young woman of
strength and calibre, yet it is obvious she still retains some significant
emotional scarring and I would
be surprised if the horror of her experience did
not intrude on her life for many years to come, if not for the rest of her
days."
Premeditasie
:
Die betoog dat daar n afwesigheid van premeditasie was en dat hierdie feit as
strafversagtend aangemerk moet word, gaan nie op nie.
Beskuldigdes het as bende
die betrokke aand rondgeloop. Beskuldigde nr 1 het getuig dat hulle besluit het
dat as hulle iemand langs
die pad raak loop, sou
14 hulle daardie persoon
iets aandoen. Dit kon bv behels dat as hulle 'n sogenaamde "gangster" in die
hande kry, hulle hom miskien
met n mes sou steek. Dit het egter nie saak gemaak
wie hulle slagoffer sou wees nie. Dit is dan ook nie toeval dat, volgens
beskuldigde
nr 4, hulle met oop messe rondgeloop het nie.
Dit mag wees dat die beskuldigdes nie noodwendig n aand van verkragting in
gedagte gehad het nie. Wat hulle wel in gedagte gehad het,
was 'n aand van
geweld. Die geleentheid tot verkragting het in hulle skoot geval toe die motor
langs hulle stilhou. In die lig van
die voorgaande is die aanwesigheid van
premeditasie inderdaad verswarend.
Vorige veroordelings
:
Beskuldigde nr 1 het 'n vorige veroordeling van huisbraak met die opset om te
steel en diefstal toe hy groente ter waarde
15 van R140 uit 'n winkel gesteel
het. Hy is as jeugdige behandel en het houe met 'n ligte rottang asook 'n
opgeskorte gevangenisstraf
van 6 maande ontvang. Daarna, net vier dae voor die
verkragting, is hy aan aanranding met die opset om ernstig te beseer met 'n
stomp
voorwerp skuldig bevind. Die straf was 'n boete van R100 of twee maande
gevangenisstraf. 'n Verdere vier maande gevangenisstraf is
opgeskort.
Beskuldigde nr 2 se lys vorige veroordelings is indrukwekkend. Hy het die
eerste maal met die gereg gebots toe hy ongeveer twaalf
jaar oud was. In 1984,
toe hy ongeveer 14 jaar oud was, is hy aan aanranding met die opset om ernstig
te beseer skuldig bevind. Die
wapen was 'n mes. Gedurende dieselfde jaar het hy
huisbraak met die opset om te steel en diefstal gepleeg toe hy n vuurwapen en
juwele
uit 'n woning gesteel het. n Paar maande later pleeg hy roof. Vyf maande
later rand hy iemand aan, weer eens met 'n mes met die opset
om ernstig te
beseer. In 1986 word hy skuldig bevind aan die besit van n gevaarlike wapen en
in
16 1987 word hy weer eens skuldig bevind aan roof met verswarende
omstandighede. Hierdie keer het hy 'n vuurwapen gebruik. Dit is
gepas om daarop
te wys dat hierdie beskuldigde op 13 September 1985 tot n verbeteringsskool
toegelaat is. Hy het herhaaldelik gedros.
Beskuldigde nr 4 het geen vorige veroordelings nie, en hierdie feit kan in sy
geval as versagtend aangemerk word. In die geval van
die ander appellante is
hulle vorige veroordelings verswarend.
Die relatiewe deelname aan die verkragting
:
Beskuldigde nr 1 het die leiersrol tydens die verkragting en die reeks
misdrywe vervul. Hy self het die klaagster twee keer verkrag
en haar een maal
gesodomiseer. Beskuldigde nr 2 het, ten spyte van sy indrukwekkende lys vorige
veroordelings, die kleinste aandeel
aan die verkragting
17 gehad. Hy i s die
enigste beskuldigde wat die klaagster net een maal verkrag het. Beskuldigde nr
4, sy skoon rekord ten spyt, aan
die ander kant, het die klaagster vier maal
verkrag en een maal gesodomiseer. Die groter aandeel van beskuldigdes nrs 1 en 4
in die
pleeg van die misdryf moet as verswarend teen hulle aangemerk word.
Berou
:
Beskuldigde nr 2 het nie getuig nie en daar is geen getuienis dat hy berou
vir sy optrede het nie.
Beskuldigde nr 4 het weliswaar getuig dat hy berou het maar volgens die
welsynswerker blyk dit dat hy min berou openbaar oor sy aandeel
aan die misdade
en die psigiater wat hom ondersoek het, kon geen tekens van ware berou vind nie.
Dit i s ook opmerklik dat tydens
die verhoor beskuldigde nr 4 se verweer 'n
alibi was. Die verhoor het 'n gevorderde
18 stadium bereik alvorens hierdie verweer laat vaar is.
In beskuldigde nr 1 se getuienis is veel gewag gemaak van sy berou. Ook sy
moeder het getuig van hoe berouvol hy sou wees. Die hof
a quo
is nie deur
hierdie getuienis beindruk nie. Die sielkundige wat namens beskuldigde 1 getuig
het, staaf hierdie bevinding. Hy het
nl gesê dat:
"...the. kind of remorse that is evident from the probation officer's reports
and that I saw, was an immature remorse. The kind of
remorse that you get in a
child of three or four who is sorry because they have been caught but who's not
capable of a more mature
form of remorse which is remorse in terms of principles
and in terms of empathy for victims."
Beskuldigde nr 1 se optrede weerspreek ook sy getuienis oor sy egte berou.
Hoewel hy beweer het dat hy homself aan die polisie wou
oorgee, blyk dit dat toe
hy na sy arres oor die
19 radio gehoor het van sy arres hy dit heel amusant
gevind het. In ieder geval, was sy bereidwilligheid om homself aan die polisie
oor te gee aan die feit dat die polisie van sy identiteit bewus was,
gekoppel.
Hoewel hy kort na sy arres 'n bekentenis gemaak het, het hy daarna in die
gevangenis met beskuldigdes nrs 3 en 4 gereël dat hulle
volle
aanspreeklikheid vir die dade sou neem. Dit kon hy natuurlik doen omdat hy 'n
Teiersrol vervul het. Tydens die verhoor het
hy aanvanklik onskuldig gepleit en
nadat die verhoor in 'n gevorderde stadium was, het hy sy pleit gewysig maar sy
gewysigde pleit
en sy erkennings het nie die volle spektrum van sy optrede gedek
nie. Die berou waarvan die moeder getuig, het eers na skuldigbevinding
ontstaan.
Die persoonlikhede en sosiale agtergrond:
20 Die beskuldigdes kom
almal uit 'n demoraliserende omgewing wat gekenmerk word deur bendemisdaad en
drank- en dwelmmisbruik. Daar
is in die algemeen n gebrek aan behoorlike
behuising en sosiale en ondersteunende dienste. Gesinsbande is dikwels
wankelmoedig of
afwesig. Geldnood is 'n algemene verskynsel. In hierdie opsigte
verskil die agtergrond en milieu van die beskuldigdes nie veel van
dié
van 'n groot deel van die bevolking van hierdie land, of selfs van die
wêreld, nie.
Welsynsverslae is ten aansien van al die beskuldigdes ingehandig. Die inhoud
van hierdie verslae is nie wesenlik in geskil gestel
nie. Wat hierna volg, i s
'n opsomming van hierdie verslae.
Beskuldigde nr 1 kom uit n huisgesin waar die vader hardwerkend is, daar geen
drank- of dwelmmisbruik is nie en waar die ander kinders
geen ernstige
gedragsprobleme openbaar nie. Die gesin het behoorlike huisvesting maar die
21
inkomste is laag. Die beskuldigde word deur sy moeder as waaghalsig en
kort van humeur beskryf. Nadat hy twee maal n standerd gedruip
het, het hy die
skool as std 4-1eerling uit eie keuse verlaat. Hy het 'n baie swak werkrekord.
Hy ontken dat hy alkohol of dwelmmiddels
gebruik. Hy i s 'n bendelid en neem
gereeld aan bendegevegte deel. Hy het n buite-egteiike verhouding en is die
vader van 'n jong
kind. Hoewel die moeder beweer dat hy binne gesinsverband n
voorbeeldige kind is, sê sy egter dat hy binne gemeenskapsverband
probleme
veroorsaak. Die gevolgtrekking van die welsynswerker is dat hy nie emosioneel
deur sy ouers verwaarloos is nie, dat die
ouers in die gesin se basiese
finansiële behoeftes voorsien het en dat n tydelike vervreemding tussen die
ouers nie sy persoonlikheidsontwikkeling
nadelig beinvloed het nie. Beskuldigde
nr 1 openbaar sedert 1984 gedragsprobleme en voer sedertien 'n relatief doeilose
bestaan.
Hy lei n volwasse leefwyse, handel na eie goeddunke en identifiseer met
bendelede.
22
Beskuldigde nr 2 se ouers se verhouding i s nie altyd te goed gewees nie. Die
ouers is streng en die beskuldigde is by verskeie geleenthede
roekeloos deur sy
vader getugtig. Na een so 'n geleentheid, in 1984, het hy probeer selfmoord
pleeg. Hy sien homself as die swartskaap
in die familie. Drank is nie n ernstige
probleem in gesinsverband nie en daar kom ook nie misdaad in gesinsverband voor
nie. Die
beskuldigde het sedert 1984 ernstige skoolversuim geopenbaar en pogings
deur die skool se maatskaplike werker om hom te motiveer,
was onsuksesvol. Hy
word deur sy ouers as n waaghalsige en impulsiewe persoon met n vinnige humeur
beskryf. Hy het selfs probeer
om die woonhuis af te brand en toe dit nie geslaag
het nie, het hy die ruite stukkend geslaan. Beskuldigde het namens 'n ander met
alkohol en dagga handel gedryf en is sedert sy prille jeug n dagga-gebruiker. Hy
misbruik drank en is al vir 'n geruime tyd 'n aktiewe
bendelid. Hy erken
deelname aan bende-misdade.
23
Beskuldigde nr 2 1 s pas na die pleeg van die onderhawige misdaad
(vermoedelik in 'n ander verband) vir waarneming verwys . Volgens
die verslag is
sy intellektuele vermoë in die "dull, normal range" en hoewel daar "no
evidence (is) of psychotic phenomena,
organic impairment or mood disturbance" is
daar getuienis van "a seriously disturbed personality development". Hy ly egter
nie aan
enige geestesiekte nie.
Beskuldigde nr 4 is die jongste van drie kinders. Die moeder is 'n onthouer
en die vader het n stabiele werkrekord. Die gesin ly nie
voedselgebrek nie. Hy
is nie emosioneel deur sy ouers verwaarloos nie. Hoewel die vader drank
misbruik, het dit nie n ontwrigtende
effek op die gesinsfunksionering nie.
Beskuldigde handhaaf self n negatiewe leefwyse. Hy is n bendelid en gebruik
dagga. Hy is werkloos
en wend halfhartige pogings aan om werk te bekom. Hy is
ligsinnig maar het 'n besondere verhouding met sy moeder aangesien hy haar
dikwels tuis verpleeg het.
24
Hy is deur 'n psigiater ondersoek wat tot die gevolgtrekking gekom het dat hy
aan geen geestesgebrek ly nie en dat hy ook nie 'n persoonlikheidsgebrek
het
nie. Die misdryf is nie deur enige psigiatriese versteuring veroorsaak nie. Geen
antisosiale of psigopatiese persoonlikheidstrek
is aanwesig nie hoewel
onvolwassenheid duidelik na vore tree. Die beskuldigde is 'n persoon wat sy
sekuriteit in gnoepsverband soek.
'n Sielkundige en sosioloog, by name Giles, het ter strafversagting getuig.
Hy het kort onderhoude met beskuldigdes 1 en 2 gevoer
en het aan die hand van
die welsynsverslae (in sy eie woorde) geargumenteer dat die doodvonnis nie van
pas is nie. Sy betoog kom
daarop neer dat daar sosiale, familie en persoonlike
faktore is wat n invloed gehad het op die vormingsproses van die beskuldigdes.
Soos hy dit stel, mens kan nie " in fairness, disregard the extremely powerful
formative influences which
25
operated on the convicted. These factors ór influences I'll speak to
under headings of social, familial and individual and
it is my opinion that
taken together, they significantly reduced the social and emotional development
attained by these youngsters
and attainable by many youngsters growing up in
these conditions." Hy kom dan tot die gevolgtrekking dat die beskuldigdes nie
alleen
vir hulle dade verantwoordelik is nie omdat hulle nie uit eie keuse
opgetree het nie. Die samelewing is mede-aanspreeklik vir die
dade wat hulle
verrig het.
Die getuie se basiese uitgangspunt is dat die doodvonnis nie deur die
gemeenskap geverg word nie. Met daardie uitgangspunt is hy van
oordeel dat die
doodvonnis ontoepaslik is wanneer die beskuldigde n lid van die sogenaamde
"disadvantaged people" is. Die verhoorhof
het korte mette met hierdie standpunt
gemaak in die volgende woorde:
26
"I can appreciate his viewpoint but I do not think that it has sufficient
validity to detract significantly from both your personal
responsibility and
from the moral heinousness of what you have done."
Dit is natuurlik so dat elke mens in 'n mate die produk van
sy agtergrond is. Die mate wat die agtergrond
deterministies is van
gedrag, is egter 'n feitevraag. Giles
was nie in staat om sy gevolgtrekking
ten aansien van die
beskuldigdes as individue te motiveer nie. Hy het
bloot
veralgemeen. Die verhoorhof se evaluering van sy getuienis
is dus
gebillik.
Ouderdom
:
Die onderskeie ouderdomme van die beskuldigdes ten tye van die pleeg van die
misdryf was 18 jaar en 7 maande, 18 jaar en 5 maande,
15 jaar en 3 maande en 20
jaar en 4 maande. Die hof
a quo
was ten volle bewus van die ouderdomme
van die appellante maar het geoordeel dat hulle relatiewe
27 jeugdigheid
slegs in n beperkte mate strafversagtend is. (Dit kan net aangemerk word dat die
doodvonnis voor die inwerkingtreding
van die Strafregwysigingswet 107 van 1990
opgelê is. Die bevinding van die hof
a quo
moet in daardie lig
gesien word.)
Dit behoef nie gesag dat jeugdigheid en gepaardgaande onvolwassenheid
strafversagtende faktore is nie. Selfs beskuldigde nr 4 kan,
vir doeleindes van
hierdie vraag, as jeugdige geklassifiseer word. Die getuienis is immers dat hy
besonder onvolwasse en emosioneel.
onderontwikkel is.
Ek is van oordeel dat die hof
a quo
gefouteer het deur te min gewig
aan hierdie faktor te heg. Aangesien die misdryf nie as gevolg van enige
buite-invloed gepleeg is
nie, kan mens met 'n mate van veiligheid aanvaar dat
onvolwassenheid en grootdoenerigheid n belangrike rol in die pleeg van die
misdryf
gespeel het. Die herhalende verkragtings is waarskynlik gepleeg om
teenoor groepgenote hulle manlikheid
28 te bewys.
Gevolgtrekking
:
Dit is nie moontlik om 'n onderskeid tussen die drie appellante by die
oplegging van vonnis te tref nie. Hulle was vrywillige deelgenote
aan die
misdryf en het hulle ten volle met mekaar se optrede geassosieer. Hoewel
beskuldigde nr 4 ouer as die ander was, het hy geen
vorige veroordelings nie.
Hoewel beskuldigde nr 2 aan die ander kant 'n reeks vorige veroordelings het,
was sy relatiewe deelname
aan die verkragting die minste. Beskuldigde nr 1 het
weliswaar 'n leiersrol vervul maar die ander het nie juis 'n leier nodig gehad
nie. Sy deelname aan die verkragtings was ook minder as die van beskuldigde nr 4
en hy is ook jonger as hy. Dit is ook n gesonde
beginsel dat deelgenote aan n
misdryf in die algemeen gelyk behandel moet word.
29
By beantwoording van die vraag of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis
is, moet na die feite in totaliteit gekyk word. Ook moet
die oogmerke van straf
in gedagte gehou word. Hoewel die misdryf 'n besondere ernstige misdryf was en
hoewel daar talle strafverswarende
faktore teenwoordig is, is ek nogtans van
oordeel dat die doodvonnis nie die enigste gepaste vonnis is nie. Vergelding as
oogmerk
van vonnis is
in casu
nie 'n deurslaggewende oorweging nie.
Beskerming van die gemeenskap is wel en dit kan in hierdie geval deur 'n lang
gevangenisstraf
bereik word. Van besondere belang bly die jeugdigheid van die
appellante en die relatiewe beperkte gevolge van die misdryf saamgelees
met die
feit dat 'n oormaat van geweld nie gebruik is nie. Die feit dat meer geweld nie
gebruik is nie, is natuurlik nie versagtend
nie maar dit bring mee dat die erns
van die misdryf minder is as wat dit andersins sou gewees het.
In die lig van voorgaande slaag die drie appellante se appël teen die
doodvonnis op aanklag vyf en word dit vervang met 'n
30
vonnis van 25 jaar gevangenisstraf wat met die gevangenisstraf op die ander
aanklagte opgelê, saamloop.
HARMS WndAR
E.M GROSSKOPF AR )
EKSTEEN AR ) STEM SAAM