About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 114
|
|
S v Marx (511/90) [1991] ZASCA 114 (23 September 1991)
CG SAAKNOMMER: 511/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak van:
HENRY ASHFORD MARX
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: HEFER, VIVIER ARR et VAN DEN HEEVER WAR
AANGEHOOR
: 16
SEPTEMBER 1991
GELEWER
: 23 SEPTEMBER 1991
U I T S P R A A K VAN DEN HEEVER WAR
2
Appellant het in die streekhof skuldig gepleit op vyf aanklagte, is behoorlik
skuldig bevind, en gevonnis. Hy het appèl aangeteken
teen die vonnisse
aan hom opgelê. Die appèl is afgewys. Met verlof van die hof van
tweede instansie val hy die opgelegde
vonnisse weereens aan voor hierdie
Hof.
Sy geskiedenis kan so opgesom word. Hy is gebore op 6 Desember 1942 op
Aberdeen waar hy onder gunstige omstandighede as lid van 'n
stabiele gesin
grootgeword het. Gedurende 1960-1963 het hy grondverskuiwingswerk gedoen by
Barlows, maar bedank om in 1964 'n eie
boerdery in Aberdeen te behartig. Hy is
in September'van daardie jaar saam met sekere Lewis Lamberts skuldig bevind op
drie aanklagte
van veediefstal. Daar was onderskeidelik 122, 51 en 50 skape
betrokke, maar daar moes deel daarvan teruggevind gewees het. Die totale
waarde
is aangegee as R1 261,00 terwyl die vergoedende boete wat aan hom opgelê
is tesame met Lewis
3
maar R263,55 of by wanbetaling 180 dae was. Die vonnisse wat opgelê is,
afgesien van die vergoedende boete, was 24, 18 en 12
maande onderskeidelik,
waarvan hy slegs 'n totaal van 18 maande ondergaan het omdat hy op 4 Maart 1966
vrygelaat is op parool.
Nadat hy vrygelaat is, het hy van 1966 tot 1971 sy
eie saak as grohdverskuiwingskontrakteur gevoer. In die tyd (1968) is hy
getroud.
Uit die huwelik is drie kinders gebore. Die huwelik is 'n
gelukkige.
Van 1972 tot 1980 het hy gewerk as motorwerktuigkundige by die National
Garage op Victoria-Wes waar hy bedank het en die gesin na
Dordrecht yerhuis het,
waarskynlik omdat hy in Julie 1979, nou al 37 jaar oud, weer skuldig bevind is
aan veediefstal. Dié
keer was dit 8 Angora bokke werd R800,00. Hy is
gevonnis tot
'n boete van R1 000,00 of een jaar gevangenisstraf en 'n verdere 18 maande is
opgeskort vir 5 jaar. Hy het daarin geslaag om hom uit
die moeilíkheid te
hou tot 1987.
4
Inmiddels was hy in diens as motorwerktuigkundige van 1980-1982 op Dordrecht,
van 1982-1986 by Toyota Motors in Somerset-Oos, waarna
hy in 1986 sy eie
motorherstelwerk besigheid in laasgenoemde dorp gehad het en sommer kort op
mekaar probleme opgetel het.
Op 12 Februarie 1987 is hy skuldig bevind aan
diefstal van 'n motor en gevonnis tot R6 000,00 en by wanbetaling twee jaar
gevangenisstraf
plus 'n verdere twee jaar gevangenisstraf wat opgeskort is vir
vyf jaar op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan diefstal
of' bedrog
nie en dat hy R11 560,00 aan die klaer vergoed voor of op 30 April 1987.
Hy
kon finansiëel nie die mas opkom nie. Advokaat Kingsley het ons vertel dat
dit ter versagting by die verhoor gekonstateer
is deur appellant se
regsverteenwoordiger en nie deur die aanklaer betwis is nie, dat die feit dat
kliënte by appellant se motorherstelsaak
nie betyds hul skulde teenoor
hom
5
vereffen het nie, tot sy finansiële probleme bygedra het, hoéwel
die feit nie uit die oorkonde aan ons voorgelê
blyk nie omdat die
betoë ter versagting nie getranskribeer is nie. Advokaat Price namens
respondent was nie aandadig aan die
verhoor nie. Hy het advokaat Kingsley se
mededeling nie betwis nie. Dit kan geen verskil aan die uitslag van die
appèl maak
nie sodat dit onnodig is om te besluit of hierdie hof kennis
kan neem van inligting so informeel aangebied, sonder minstens die positiewe
medewerking van die teenparty.
. As gevolg van nie-betaling van skulde is appellant gedreig met siviele
gyseling, en het in Oktober 1988 'n tjek getrek deur sekere
Robinson en
betaalbaar aan Buys gesteel. Die bedrag daarvan was R6 630,00. Appellant het dit
aan P G van Zyl gegee, aan wie hy R2
000,00 verskuldig was, met die valse
voorstelling dat hy die regmatige houer daarvan was, om daardie skuld te delg.
Behalwe dat hy
voorgegee het om die skuld van
6
R2 000,00 te betaal, het van Zyl die balans aan hom uitbetaal d.m.v. twee van
sy eie tjeks, vir R1 820,00 en R2 805,00 onderskeidelik.
Op 7 Desember 1988 is
hy gearresteer. Op 7 Februarie 1989 met sy eerste verskyning in die hof is die
saak uitgestel om in die streekhof
verhoor te word; maar voor die verhoor 'n
aanvang geneem het, het hy in April 1989 'n poging of gesimuleerde poging
tot selfmoord aangewend. Op 23 Junie 1 989 steel hy 'n tjekvorm
van sekere
Kruger, wat hy die volgende dag vervals en uitgee. Die bedrag betrokke was R4
800,00. In Julie 1989 toe sy saak moet voorkom,
was hy in die hospitaal na 'n
motorbotsing waarin hy vry ernstige beserings opgedoen het.
Op 29 Augustus 1989 het hy skuldig gepleit voor die landdros op Somerset-Oos
t.a.v. die diefstal, vervalsing en uitgifte van Juniemaand
en is 'n skriftelike
erkenning van wesenlike feite voor die hof geplaas. Op sekere ander aanklagte
het hy onskuldig gepleit. Dié
is
7
teruggetrek in die streekhof op 26 September 1989 toe hy daar ook
skuldig pleit op die vroeër-gepleegde diefstal en bedrog t.a.v.
die
Robinson-Buys tjek.
Nadat hy in die streekhof skuldig bevind is, het sy
prokureur versoek dat 'n verslag van 'n proefbeampte verkry word. Dit is gedoen.
Haar aanbeveling was dat, hoewel familielede bereid was om appellant
finansiëel te help (
scil
sou 'n vonnis opgelê maar opgeskort
word op voorwaarde van vergoeding), sy dit nie aanraai nie "aangesien sy familie
alreeds
'n finansiële las met sy vorige vonnisse moet dra". Haar
aanbeveling was dus dat die reg sy gang sal gaan.
Op 20 November 1989 is beskul'digde toe gevonnis. T.a.v. die diefstal van die
tjekvorms is hy gewaarsku en ontslaan. Vir die Oktober
1988 bedrog is hy
gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf. Die latere vervalsing en uitgifte van Junie
1989 is saamgeneem vir vonnisdoeleindes
en 12 maande gevangenisstraf is ten
8
opsigte daarvan opgelê.
Die landdros het in sy uitspraak
t.a.v.
vonnisbepaling alle tersaaklike faktore
genoem, ook dat
die opgeskorte vonnis van 1987 waarskynlik in
werking
gestel sal word. Hy het ook verwys na besonderhede in
die
proefbeampte, Mej Parker, se deeglike verslag. Dit
is hoofsaaklik uit daardie verslag wat die inligting
hierbo uiteengesit
verky is, want appellant het nie self
getuig nie.
Mej Parker het dit bevraagteken of appellant
werklik
in April 1989 sy lewe wou neem, en of dit slegs 'n
poging was om simpatie te ontvang. Die verslag lees:
"Hy is vir 'n kort tydperk by Evatt-saal in die Provinsiale Hospitaal opgeneem,
maar het geen terapeutiese behandeling ontvang nie.
Die beskuldigde beindruk mense as 'n baie .aangename, vriendelike en
hulpvaardige mens. Hy is altyd bereid om ander te help ten koste
van homself, sy
gesin en sonder om die implikasies van sy 'hulp' in ag te neem. Hy manipuleer
mense en situasies op 'n baie subtiele
wyse, om sy sin te
kry.
9
Die beskuldigde is op aanbeveling van sy geneesheer sielkundig ge-evalueer. Die
resultate van die evaluering dui op 'n psigopatiese
persoonlikheid. Die
beskuldigde is intelligent en nie psigoties nie. Die verslag van die sielkundige
evaluering is in die besit van
die beskuldigde se geneesheer, maar hy wou nie
toestemming gee vir die verslag om aangeheg te word
nie."
Die indruk word geskep dat dit appellant is
wat geweier het dat hierdie verslag voor die hof geplaas word. Mnr Kingsley was
beslis
dat dit beskuldigde se geneesheer was. Selfs indien dit so is, sou dit
vermoedelik gewees het vanweë 'n beweerde privilegie
waarvan appellant sou
kon afstand gedoen het.
In die OoS-Kaapse Afdeling het Zietsman R, wat
die
uitspraak van daardie hof op appel gelewer het, gesê
nadat hy die feite en ook die betoe namens appellant
gelewer uiteengesit het:
"Die landdros het volledige redes gegee vir die vonnisse wat hy opgelê
het. Alles wat hy moes in ag neem, het hy in ag geneem,
en na my mening het hy
nie in enige opsig misgetas
nie.
10
Daar is wel 'n groot verskil deur hom getref in die vonnis wat hy op klagte 8
opgelê het" (dit is die bedrogaanklag van Oktober
1988) "in vergelyking
met die vonnis op klagtes 5 en 6" (dit is die aanklagtes van vervalsing en
uitgifte van Junie 1989, wat saamgeneem
is vir doeleindes van vonnis) "en dit is
miskien moeilik om te sien waarom hy so 'n groot verskil getref het.
Wat ons hier moet besluit egter is of die vonnis op enige ván die klagtes
so buitensporig hoog en onvanpas is dat daarmee
ingemeng kan word. Die appellant
het my nie oortuig dat dit die geval is
nie."
Dat t.a.v. die vroeër van
die twee oortredings
soveel as drie jaar opgelê is en vir dié gepleeg terwyl
hy
reeds verhoorafwagtend was slegs 12 maande, is
waarskynlik die rede waarom
die hof van tweede instansie
verlof tot verdere appèl verleen het. Die
landdros was
gevra om dit te verduidelik, en het in aanvullende
redes
daarop gewys dat die bedrag betrokke op die vroeër
aanklag
groter was (d.w.s. R6 630,00 teenoor R4 800,00),
dat bedrog vry algemeen in
sy regsgebied voorkom maar
vervalsing en uitgifte nie, en dat met die eerste voorval
11
die boeté en redelike swaar opgeskorte vonnis in 1987 opgelê nog
vars in appellant se gedagte was en mens sou verwag
dat dit hom twee keer sou
laat dink het voordat hy weer 'n soortgelyke misdaad sou pleeg.
Hierdie redes
het die hof van tweede instansie moontlik nie volkome bevredigend gevind nie. Ek
gaan akkoord met Zietsman R dat dit
moeilik te verstaan is waarom die landdros
die groot verskil gemaak het tussen die twee oortredings op die wyse wat dit wel
gedoen
is. Mens sou verwag het dat die latere oortreding eerder swaarder getref
word as die vroeëre een juis omdat dit gepleeg is terwyl
appellant
verhoorafwagtend was. Dit sou 'n geregverdigde afleiding wees dat die hofproses
geen besondere afskrikking vir appellant
inhou nie, boonop nadat in die verlede
gevangenisstraf, boetestraf en opgeskorte gevangenisstraf opgelê is in
pogings om hom
te ontmoedig van herhaling van oneerlikheidsvergrype.
Appellant self kla egter nie dat die verkeerde
12
vonnis op die verkeerde aanklag opgelê is nie. Sy
kennisgewing van appêl voer die volgende gronde aan:
"1. Die vonnis is skokkend en buitengewoon swaar in die omstandighede.
2. Die kumulatiewe effek van die vonnisse maak dit buitengewoon.
3. Die besondere motief vir die appellant se oortreding van so 'n aard was dat
hy nie weer in sulke omstandighede sal beland nie
en 'n herhaling dus so
onwaarskynlik is dat dit geignoreer kan word.
4. Die gemeenskapsbelang beter gedien sou gewees het as 'n vonnis opgelê
was wat die verliese van die klaers sou vergoed
het."
Daar is geen meriete hoegenaamd
in paragrawe 3 of 4 hiervan nie. Appellant het juis 'n gat gegrawe om 'n ander
een te vul en, wat
vergoeding aan die klaers betref, sou sy gesinslede en nie hy
nie deur so 'n bevel bestraf gewees het.
Op die inligting voor die landdros kan daar geen twyfel daaromtrent wees nie
dat effektiewe gevangenisstraf die enigste gepaste straf
in appellant se geval
is. Hy leer nie uit ondervinding nie en kan nie
13
die klaers self vergoed nie. 'n Vergoedingsbevel in die verlede was dan juis
minstens gedeeltelik óorsaak van sy huidige vergrype.
En sou sy familie
help, word soos reeds uitgewys, hulle gestraf en nie hy nie. Dit kan
klaarblyklik nie as versagtende omstandigheid
beskou word nie dat die rede
waarom appellant oneerlik was, was om gevangenisstraf vir skuld vry te spring,
of daardie skuld nou
tewyte was aan die vonnis aan hom opgelê vir
motordiefstal of sake-onbekwaamheid. Inderdaad dui so 'n beweegrede eerder . op
die noodsaaklikheid daarvan dat appellant tot die besef gebring moet word dat hy
die verantwoordelikheid vir en gevolge van sy dade
self moet dra en nie probeer
om sy laste op ander af te skuif nie.
Ek meen dat Zietsman R se siening korrek is: dat gekyk moet word of die straf
op enige van die klagtes opgelê, soveel hoer was
as wat hy (of ons) sou
bepaal het dat dit as buitensporig aangemerk word. Ek meen dat 12 maande vir die
later vervalsing en uitgifte
soveel
14
verskil van wat ek self sou opgelê het, dat inmenging geregverdig sou
gewees het indien die Staat verhoging daarvan aangevra
het pleks daarvan om die
hof te versoek om so iets te oorweeg. Ek meen dat die vonnis van 3 jaar 'n
grensgeval is: stewig, maar ek
kan nie sê dat dit so stewig is dat dit
wanstaltig is nie. Soos reeds opgemerk in hierdie appèl, kla appellant
oor dié
kumulatiewe effek van sy vonnisse en is hy nie gekwel deur dit
wat die hof van tweede instansie bevraagteken het nie. Die geheelbeeld
uit die
oorkonde is dat geregtigheid geskied het, behalwe dat die advokaat vir die Staat
voor ons toegegee het dat indien die moontlike
inwerkingstelling van die 1987
opgeskorte vonnis in ag geneem word, die totaal van daardie vonnis plus wat nou
aan appellant opgelê
is, kumulatief beskou te hoog is en dat hy dit nie
bestry nie dat hierdie hof gelas dat die huidige vonnis samelopend moet wees met
die opgeskorte vonnis (sou dit in werking gestel word).
15
Mnr Kingsley, namens appellant, het alles aangevoer wat moontlik namens
appellant aangevoer kan word om ons te oortuig dat die streekhof
se vonnis te
swaar was, ook dat die verhoorhof nie voldoende ag geslaan het op appellant se
beweerde psigopatiese persoonlikheid
nie. Dit mag verduidelik
wáárom appellant oor die tou trap, maar kan nog beteken dat hy
prakties gesproke ongestraf
moet bly (omdat dit tog nie sal help nie) nóg
dat hy lewenslank ingekerker moet word (om die samelewing teen sy optredes te
beskerm). Die poging is steeds om alle relevante oorwegings in ag te neem en
soos Zietsman R is ek onoortuig dat dit nie behoorlik
gedoen is nie.
Hy het ook probeer om hierdie hof te oprtuig dat appellant wat uit op borg
was en nog is nie nou effektiewe gevangenisstraf opgelê
behoort te word
nie -ek plaas die stelling doelbewus in die teenwoordige tyd-op grond van
faktore wat ingetree het ná skuldigbevinding
16
en vonnis en hangende die huidige appêl. Sy betoog is
dat dit nie
die belange van die samelewing sou dien
indien appellant op hierdie stadium in 'n gevangenis
opgeneem moet word
nie. Hy het 'n brief van prokureurs
Vosloo en Nolte aan die hof wou
voorlê wat die volgende
bewerings bevat:
"1. Nadat Mnr. Marx sy vonnis begin uitdien het in November 1989, is hy
gedurende Januarie 1990 deur Brigadier Hills van die Departement
van Korrektiewe
Dienste meegedeel dat hy nie daar hoort nie en moet aansoek doen om borg
hangende appèl.
2. Borg is toegestaan op 15 Januarie 1990 en
Mnr. Marx is op gemelde datum
huis toe.
Sy vrou wie 'n
onderwyseres pos beklee het
te Cookhouse moes die pot aan die kook
hou.
Ten spyte van menige pogings het Mnr. Marx
geen werk gekry nie.
Terselfdertyd het verskeie persone hom
versoek om hul
voertuie privaat te
herstel.
3. Hierdie herstelwerke was so goed dat Mnr.
Marx verplig was om in Mei 1990
om 'n
werkswinkellisensie aansoek te doen. As 'n
mens in gedagte hou dat
Somerset-Oos 'n
klein dorp is met 'n bevolking van ongeveer
5 000 mense en
die mense dus almal deeglik
bewus was van die Strafsaak teen hom,
dan
17
is dit duidelik dat die gemeenskap se houding teenoor hom persoonlik, baie
positief was, ten opsigte van 'n vonnis wat hom buite
die gevangenis sou hou.
Dit is ook verder duidelik dat die gemeenskap se vertroue in hom tot 'n groot
mate herstel het omrede hulle
bewus was van die "Catch 22" posisie waarin hy hom
bevind het toe die misdrywe gepleeg was. 4. Die herstelwerk het as
kleuteronderneming
begin in Mnr. Marx se agterplaas en het so uitgebrei dat hy
bykomende werkers moes aanstel tot so 'n mate dat daar nou 13 volwassenés
by hom werk."
Daar volg dan 'n lys van
dié werknemers, met
aangifte van al die afhanklikes wat hulle d.m.v. hulle
werk by appellant
by magte is om te onderhou. Die brief
gaan voort:
"Skrywer, in sy hoedanigheid as Voorsitter van die Somerset-Oos Sakekamer, wil
graag daarop wys dat die dorp tans deur die moeilikste
ekonomiese tydperk sedert
die depressie jare
gaan:
(a) Joubert Mills, een van die drie enigste fabrieke is gelikwideer en 75
werksgeleenthede het verlore gegaan.
(b) Die volgende besighede moes hulle deur sluit: Topsport, Handy House,
Mosbolletjies (bakkery), Somerset
Fisheries.
18
(c) Met die samesmelting van Smaldeel
Afdelingsraad en Streekdiensteraad is
die
hoofkantoor plus personeel geskuif na
Cradock.
(d) EVKOM het sy werkswinkels te Somerset-Oos
geskuif met personeel na
Adelaide.
(e) Die Spoorweg het sy stasie afgeskaal en
sekere poste is afgeskaf.
(f) Die ergste droogte in mense heugenis
teister tans die distrik en verskeie
boere
is al uitverkoop omdat hulle nie die mas
kon op kom
nie.
In die lig van bogemelde feite is dit vir hierdie dorp en sy mense uiters
belangrik om elke werksgeleentheid wat geskep is ten alle
koste te behou. Daar
is dus by skrywer geen twyfel dat dit in die beste belang van nie net die
Werkers nie, maar ook Somerset-Oos
is as Mnr. Marx 'n vonnis opgelê word
wat die effek het dat hy nie sy werkswinkel hoef te sluit
nie.
5. Mnr. Marx doen ook alle herstel werk
aan
die voertuie van Gill-Kollege verniet vir
, die skole wat 'n groot
besparing vir hulle
meebring. Persoonlik meen skrywer dat die moontlikheid van Gemeenskapsdiens,
byvoorbeeld oor naweke as deel van die vonnis oorweeg
behoort te word wat kan
insluit dat Mnr. Marx 'n sekere aantal ure per week by enige van die volgende
instansies herstelwerk kan
verrig,
namelik:
(a)
Gill-Kollege
(b)
Munisipaliteit
(c)
Streeksdiensteraad
19
(d) Andries Vosloo Hospitaal
(e) S.A. Polisie
(f) Gevangenisdiens
6. Weens die sukses van die werkswinkel, wat tans onder die behoorlike toesig en
hulp van Mev. Marx bedryf word, is Mnr. Marx ook
in 'n posisie om die verliese
wat deur sy optrede veroorsaak is te vergoed en bied hy ook aan om dit R500-00
per maand te betaal.
7. Daar is wel tydens hierdie hele tydperk vanaf die dag wat Mnr. Marx op borg
uit is deurentyd pastorale bediening aan hom gegee
deur die plaaslike predikante
met die oog op die sielkundige behandeling wat nie hier beskikbaar was nie en
met goeie resultate volgens
skrywer se persoonlike
ervaring."
Mnr Kingsley het betoog dat 'n gepaste vonnis in
die
lig veral van hierdie inligting sou wees
gevangenisstraf wat geheel of
gedeeltelik opgeskort is op
voorwaarde van vergoeding van die klaers, of,
eerder as
enige aaneenlopende effektiewe gevangenisstraf,
periodieke gevangenisstraf en 'n vergoedingsbevel i.t.v.
art 300 van die Strafproseswet, waaraan appellant sou kon
voldoen teen R500,00 per maand.
(
20
Advokaat Price namens die Staat het nie ingestem dat hierdie Hof aandag kan
skenk aan die bewerings in bedoelde brief vervat nie.
Derhalwe, waar geen
substantiewe aansoek geloods is dat hierdie hof verdere getuienis moet aanhoor
nie, is dit onnodig om te besluit
of so 'n aansoek sou geslaag het ondanks
beslissings van hierdie hof dat op appel die hof uitsluitend die omstandighede
in ag neem
wat bestaan het ten tyde van die uitspraak of die vonnis na gelang
van waarteen geappelleer word.
R v VERSTER
1952 (2) SA 231
(A);
R v
HOBSON
1953 (4) SA 464
(A). Prima facie is daardie beslissings nie
omvergewerp deur latere beslissings soos
R teen MARX
1989 (1) SA 222
(A)
nie, wat (a) verwys na omstandighede wat inderdaad reeds bestaan het toe die
verhoorhof vonnis opgelê het en (b) verwys
na 'n feite-kompleks waarbinne
'n latere vonnis aan 'n mede-beskuldigde opgelê, moontlik as norm kan dien
waarteen die billikheid
van die vroeere vonnis deur die hof van
21
tweede instansie getoets kan word.
Hoewel dit verkieslik is indien
enigsins moontlik dat klaers vergoed moet word en oortreders uit die gevangenis
gehou word, was so
'n vonnis in hierdie geval nie gepas nie op die stadium toe
die landdros dit opgelê het. Appellant se vorige veroordelings
was
beslissend en moes noodwendig op daardie stadium beslissend wees gesien veral
die finansiële penarie waarin hy hom toe bevind
het en wat oorsaak was van
sy misdade.
Die appèl word van die hand gewys behalwe dat gelas word
dat die vonnis samelopend sal wees met die opgeskorte vonnis van 2
jaar
gevangenisstraf op 12 Februarie 1987 aan hom op Somerset-Oos opgelê in
saak SH 14/87 sou dit in werking gestel word.
L VAN DEN HEEVER WAR
STEM SAAM:
HEFER AR) VIVIER AR)