S v Shepherd (7/90) [1991] ZASCA 111 (20 September 1991)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Fraud — Sentencing — Appellant convicted of fraud involving a scheme to purchase livestock on credit without intention to pay — Appellant and co-accused devised a plan to mislead auctioneers into believing funds were available for payment — Appellant sentenced to nine years' imprisonment, reduced on appeal to six years — Court held that disparity in sentences between co-accused was unjustified given their similar culpability and circumstances, particularly considering the appellant's time spent in custody prior to sentencing — Appeal dismissed, with the court affirming the appropriateness of the reduced sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 111
|

|

S v Shepherd (7/90) [1991] ZASCA 111 (20 September 1991)

CG SAAKNOMMER: 7/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
ADAM JOHANNES SHEPHERD
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: NESTADT, GOLDSTONE ARR et VAN DEN HEEVER WAR
AANGEHOOR
:
10 SEPTEMBER 1991
GELEWER
: 20 SEPTEMBER 1991
U I T S P R A A K VAN DEN HEEVER WAR
2
Appellant, volgens die klagstaat toe 38 jaar oud, het in die Streekhof as
beskuldigde nr 3 tereggestaan op 'n aanklag van bedrog.
Na 'n uitgerekte verhoor
is hy en sy twee mede-beskuldigdes skuldig bevind - beskuldigde nr 2 in absentia
en nadat sy borg verbeurd
verklaar is. Hy kon nog nie opgespoor word nie. Ek
verwys geriefshalwe na die beskuldigdes volgens hulle nommers by die
verhoor.
Die feite in die saak kan so opgesom word. Die drie beskuldigdes het
in 1984 'n plan beraam waarvolgens vee op veilings op krediet
gekoop sou word en
gou daarna herverkoop word, Die opbrengs sou tussen die deelnemers verdeel word.
Die beplanning het nie daarvoor
voorsiening gemaak dat die afslaers ooit betaal
sou word nie. Ten einde die afslaers te oorreed om vee op krediet te verkoop,
het
nr I, destyds 'n praktiserende prokureur,
'n dokument in vae en dubbelsinnige terme opgestel om afslaers te laat glo
dat daar genoeg geld in 'n
3
trustrekening beskikbaar was om die koopprys van die vee wat nr's 2 en 3 sou
aankoop, te dek. As oëverblindery, vermoedelik,
om te "verduidelik" hoe hy
so 'n dokument "onskuldig" kon uitgereik het, is 'n staat opgestel van bates wat
aan nr 3 sou behoort
het en hopeloos oordrewe waardes aan die bates toegedig. Nr
1 se brief op sy amptelike briefhoof as prokureur aan Mnre WL Ochse Afslaers
van
Witbank lui:
"Geagte Menere
i/s:
AANKOPE LEWENDE HAWE
Hierdie skrywe is ter stawing van ons kliënt Mnr A J Sheppard (sic) se
toekomstige aankope van vee deur u organisasie. Ons instruksies
is as volg: om
die bedrag van R500 000,00 (Vyfhonderdduisend Rand) aan u oor te betaal binne
sestig dae vanaf datum van aankope.
Hierdie bedrag sal in trust gehou word en
van tyd tot tyd soos u state volg, oorbetaal word.
Ons mag net meld dat die nodige sekuriteit daar gestel is en dat by voltooiing
van enige transaksies ons sal bevestig tot en met
die bedrae soos per u
state.
Soos met u ander groot
kliënte is ons meegedeel
4
dat sestig dae aanvaarbaar is vir u organisasie. Tjeks sal deur hierdie firma
aan u voorsien word by ontvangs van u state.
Ons glo dat hierdie reëlings u sal welgeval en bevestig ons gesprek met u
Mnr Jonker."
Hierdie dokument het klaer maatskappy
oorreed om vee tot die bedrag van R203 751,50 aan nr's 2 en 3 op skuld te
verkoop. Niks hiervan
is ooit betaal nie en die vee kon ook nie weer opgespoor
word nie.
Nr's 1 en 3 was vir praktiese doeleindes eerste oortreders. Elk het
slegs een vorige veroordeling wat verband hou met voertuigbestuur.
Beide is
egter in ander verrigtinge skuldig bevind en gevonnis kort voor vonnisoplegging
in hierdie aangeleentheid. Presies waaroor
daardie ander sake gaan, en hoe lank
die vonnis is wat aan nr 3 opgelê is, blyk nie uit die oorkonde nie, maar
is ook nie van
wesenlike belang in die onderhawige verrigtinge nie. Die
streeklanddros het daardie vonnisse in ag geneem toe hy vir nr 1 vonnis
tot sewe
jaar
5
gevangenisstraf en nr 3 tot nege jaar gevangenisstraf, want hy het gelas dat
drie jaar van dié wat hy oplê in beide gevalle
"saam uitgedien word
met enige ander vonnis van gevangenisstraf wat die beskuldigde tans uitdien",
sodat effektief vier jaar by nr
1 se ander vonnis en ses jaar by nr 3 s'n gevoeg
is.
Beide het hulle op die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die
Hooggeregshof beroep ten aansien van skuldigbevindings sowel as vonnisse.
By die
aanhoor daarvan is die appèl teen die skuldigbevindings laat vaar. Die
hof van tweede instansie het beide vonnisse
verminder, nr 1 s'n van sewe na ses
jaar en dié van nr 3 van nege na ses jaar. Met ander woorde nr 1 het een
jaar afslag gekry,
nr 3, drie. Beide sou effektief dus drie jaar ondergaan vir
hierdie oortreding.
Kriegler R het gesê dat had nr 1 se saak alleen op appél gedien,
dit moeilik sou gewees het om in te meng met die vonnis
van sewe jaar vir nr 1
selfs inagnemende
6
twee faktore wat in sy guns tel waarvan die landdros nie
uitdruklik gewag
gemaak het nie. Maar die vonnis van nr
3 is te kwaai:
"Om vir hom as eerste oortreder op sy ouderdom vir daardie rol in hierdie
misdaad nege jaar gevangenisstraf op te lê, is al
klaar heel besonder. As
daar dan bygevoeg word dat hy 16 maande in hegtenis verhoorafwagtend was en
tydens die jaarlange verhoor
in die gevangenis was, dan is die vonnis inderdaad
onvanpas hoog.
Adv. Toweel het namens tweede appellant die retoriese vraag gevra: As hy nie 'n
eerste oortreder was nie, wat sou dan sy vonnis gewees
het? Hy is inderdaad
gestraf feitlik tot die bevoegdheidsplafon van die streeklanddros.
In die geval van die tweede appellant meen ek dat daar so 'n wesenlike verskil
is tussen die vonnis wat vir hom vanpas sou wees volgens
my mening en dié
wat opgelê is dat daar ingegryp moet word. Ek meen ook dat daar geen
grondslag is waarop daar tussen
tweede appellant en eerste appellant onderskei
behoort te word nie. Die een het wel 'n groter rol gespeel, die ander het 'n
groter
verantwoordelikheid gehad. Die een het meer aktief en langer deelgeneem
aan die bedrogspul, die ander het deur sy brief op sy amptelike
briefhoof 'n
onmisbare bydrae gemaak tot die sukses van die bose
plan."
Met verlof van die hof van
tweede instansie,
7
maak nr 3 nou beswaar teen die bevel van daardie hof omdat dit na bewering
nie gevolg gee nie aan die bedoeling van die Transvaalse
Provinsiale Afdeling om
nr's 1 en 3 oor dieselfde kam te skeer, inagnemend juis die feit dat nr 3 lank
in aanhouding was maar nr
1 uit op borg.
Advokaat Jordaan, wat pro Deo voor
ons namens nr 3 opgetree het, het toegegee, korrek, dat die totale tydperk vanaf
arrestasie tot
vonnis, ongeveer 16 maande was en dat nr 3 nie 16 maande
verhoorafwagtend was waarna die verhoor 'n jaar geduur het nie. Hy is naamlik
gearresteer op 16 Junie 1986. Die verhoor het na voorlopige borgverrigtinge wat
nie op hom betrekking het nie, op 13 Oktober 1986
begin. Hy is op 20 Oktober
1987 gevonnis.
Oor die algemeen is dit wenslik dat persone wat saam aangekla
is van dieselfde oortreding waaraan hulle eweveel skuld het gelyk gestraf
word
(
S v MOLOI AND
8
ANOTHER
1987 (1) SA 196
(A)). Dit is egter geen beginselvereiste nie
(
S v GIANNOULIS
1975 (4) SA 867
(A)). Dit is ook so dat die howe in
gepaste omstandighede ag slaan op die tydperk wat 'n aangeklaagde voór
vonnis in aanhouding
was, by bepaling van wat in sy geval 'n billike straf sou
wees: hom as't ware 'n mate van krediet gee dáárvoor omdat
'n
vonnis nie terugwerkend
gemaak kan word tot datum van arrestasie nie.
(S v
HAWTHORNE EN 'n ANDER
1980 (1) SA 521
(A);
S v MGEDEZI AND
OTHERS
1989 (1) SA 687
(A).)
Die hof van tweede instansie was bewus
daarvan dat nr 1 op borg was, nr 3 nie; en het klaarblyklik 'n
breë oordeel gevel oor die morele verwytbaarheid van die twee here
sonder om voor te gee dat 'n aptekersskaal wat al die items
in elk se posisie,
optrede, gesindheid sou moet weeg, vir albei op presies dieselfde syfer te staan
sou kom nie.
Daar was 'n aantal verswarende omstandighede by
9
die oortreding betrokke. Die oortreding was in detail beplan. Nr 3 het 'n
belangrike en aktiewe aandeel gehad in beide die beplanning
(wat ingesluit het
dat hy sou landuit wyk en die ander nie vasgetrek word nie) en uitvoering
daarvan. Die bedrag betrokke was aansienlik
en klaer het niks daarvan teruggekry
nie, kon geen van die vee opspoor nie en het ook regskoste aangegaan in
onsuksesvolle pogings
om die koopprys sivielregtelik terug te vorder. Dat nr 3
boonop 'n ongerehabiliteerde insolvent was, moet teen hom tel veral waar
daar
geen tekens van berou by hom te bespeur was nie. Hy het enduit met leuens
volhard. Die landdros sê ook dat soortgelyke
oneerlikheidsoortredings
binne sy regsgebied dikwels voorkom. Sou nr 3 se vonnis verminder word van die
aanvanklike nege tot wesenlik
minder as ses jaar, sou die vonnis kunsmatig wees
en 'n wanindruk skep, vir die toekoms, op nr 3 se lys van vorige veroordelings
(
MGEDEZI
se saak, supra, op bl 717 A-C). Indien geregtigheid dit
10
verg, sou daar desondanks ingegryp behoort te word.
Van belang in hierdie
saak, is dat dit deur appellant se eie toedoen was dat hy nie ook op borg
vrygelaat is nie en dat dit as gevolg
van sy optredes was dat afhandeling van
die saak so lank gesloer het as wat wel die geval was.
Daar is nooit deur of namens hom om borg
aansoek gedoen nie. Dit was nie te wyte aan gebrek aan
middele nie, want
hy het regsverteenwoordiging geniet van
13 tot 29 Oktober 1986 toe volgens sy
regsverteenwoordiger dié hom
moes onttrek omdat die
"fontein opgedroog het". Die rede waarom geen so 'n
aansoek geloods is
nie, was waarskynlik dat hy geweet het
dat hy geen borg toegestaan sou gewees
het nie. Onder
kruisverhoor het hy so getuig:
"Mnr. Shepherd op 'n stadium kort na hierdie sogenaamde transaksie van Belfast
wat nou voor die Hof dien, is u na Amerika, is dit
korrek? -- Dit is korrek.
Ekskuus of laat ek liewer sê ek is toe oorsee, nie Amerika toe nie. Eers
na
11
Londen.
En in die proses het u borgvoorwaardes op
sekere sake gebreek? -- Dit is reg.
Deurdat u nie die hof bygewoon het nie? -- Dit
is korrek.
U het dit so formeel erken? Is dit korrek? --
Dit is korrek."
Hy was tussen 9 en 10 maande in die
buiteland en het
teruggekom nadat (hy sê, nie "omdat" nie) daar
probleme
van die Amerikaanse owerhede was dat hy die land
moet
verlaat.
Die verhoor het ook lank geduur ondermeer omdat hy kort-kort
uitstel gevra het: op 27 Januarie, om weer 'n eie regsman te kry; op
13
Februarie 1987 om betoog voor te berei; op 8 April 1987 omdat hy die
streeklanddros se weiering dat hy sy saak 'n tweede keer
heropen, op hersiening
wou neem; op 5 Oktober 1987 omdat hy getuies ter versagting wou roep wat
inderdaad op die uitsteldatum nie
geroep is nie nadat sy regsman met die getuies
gekonsulteer het.
Indien die tydperk voor vonnis onder sulke
12
omstandighede hoegenaamd in aanmerking kom, kan daar nie gesê word dat
die verskil tussen wat nr 1 en nr 3 vir hul onderskeie
sondes in totaal moet
verduur treffend ongelyk is nie, ook inagnemend dat nr 1 andersoortige nadeel as
nr 3 gely het. Hy is van die
prokureursrol geskrap. (
GIANNOULIS
se saak,
supra, bl 873 G-H en kyk
S v MARX
1989 (1) SA 222
(A) 225H-226H.)
Die appèl word van die hand
gewys.
L VAN DEN HEEVER WAR
STEM SAAM:
NESTADT AR) GOLDSTONE AR)