About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 110
|
|
S v Van Niekerk (84/91) [1991] ZASCA 110; [1992] 1 All SA 158 (A) (20 September 1991)
CG
SAAKNOMMER:
84/91
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
è
LAFDELING)
In die saak van:
JOHAN VAN NIEKERK
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, MILNE ARR et
VAN DEN HEEVER WAR
AANGEHOOR
: 3 SEPTEMBER 1991
GELEWER
: 20 SEPTEMBER 1991
U
I
T
S
P
R
A
A
K
VAN DEN HEEVER WAR
2
Appellant
het in die Transvaalse Provinsiale Afdeling tereggestaan op drie
aanklagte: van moord, deurdat hy op 25 Augustus 1989 wederregtelik
en
opsetlik vir Engela Gertruida Johanna Grobler in haar woonstel in
Sunnyside gedood het; verkragting deurdat hy haar aangerand
het en
teen haar wil met haar gemeenskap gehad het; en diefstal, deurdat hy
'n flits, 'n houer met penne, foto-albums, linne-items
en handdoeke,
die eiéndom van Mej Grobler, gesteel het.
Hy het op
al drie klagte onskuldig gepleit. In 'n skriftelike
pleitverduideliking het hy:
erken dat
hy die oorledene verskeie kere met 'n mes gesteek het en so haar
dood veroorsaak het, maar ontken dat hy dit opsetlik
gedoen het;
erken dat
hy met haar gemeenskap gehad het, maar dlt nadat sy reeds dood is;
3. erken
dat hy die artikels in die klagstaat
genoem uit oórledene
se woonstel geneem het,
3
maar ontken dat hy 'n dieftige
opset gehad het.
Hy is voor die inwerkingtreding
van die Strafregwysigingswet nr 107 van 1990 skuldig bevind aan moord
maar met verminderde toerekeningsvatbaarheid,
ooreenkomstig die
bepalings van artikel 78(7) van die Strafproseswet, onskuldig aan
verkragting omdat dit nie buite twyfel bewys
is dat oorledene nog
geleef het toe appellant met haar gemeenskap gehad het nie, en
skuldig aan diefstal. Psigiatriese getuienis
is reeds vóór
uitspraak aangehoor. Na die aanhoor van betoë is beslis dat daar
wel versagtende omstandighede bestaan
ten aansien van die
moordaanklag. Nadat verdere getuienis aangehoor is, het die hof
besluit dat appellant "met of sonder behandeling
'n gevaar vir
die gemeenskap, of daardie gemeenskap nou 'n geslote een is al dan
nie, inhou". Hy is gevonnis tot drie maande
gevangenisstraf op
die dief stalaanklag en ter dood veroordeel op die moordaanklag.
4
Hy kom in
hoër beroep teen die doodvonnis met verlof van die hof wat
daardie vonnis opgelê het.
Dit is
onnodig om die effek van die wysiging van die Strafproseswet in 1990
uit te pluis. Dit is al herhaaldelik deur hierdie hof
gedoen. Hierdie
hof hoef nie oorreed te word dat die verhoorhof misgevat het by die
uitoefening van sy diskresie nie. Indien die
doodvonnis nie beskou
word as die enigste gepaste straf vir die moord deur appellant
gepleeg nie, word dit vervang met 'n andersoortige
vonnis.
Op 29
Augustus 1989 is 'n onaangename reuk bespeur vanauit oorledene se
woonstel in Troyestraat, Sunnyside. Die polisie het haar ontbindende
lyk gevind lê op die sitkamervloer. Speurder-adjudant-offisier
Gerber, en foto's wat geneem is, getuig van bloedsmeersels,
bloedspore, bloedspatsels in die gang vanaf die voordeur na die
sitkamer en in die sitkamer self. Oorledene se onderlyf was nakend,
die lyk bedek
5
met 'n mat.
Briewe aan haar geskryf deur Johan
van Niekerk het speurder-adjudant-offisier Gerber gelei na appellant.
Hy het Gerber geneem na sy
Mazda voertuig. In die kattebak was 'n
kakie rugsak met bloedspatsels op. Daar-binne was artikels afkomstig
uit oorledene se woonstel
sowel as van sy eie bebloede klere. In sy
kamer in die polisiekaserne was 'n jagmes met kleeflint en
duimdrukkers onder die blad
van die lessenaar vasgedruk. Die volgende
dag is beslag gelê op 'n swart boek met aantekeninge in
appellant se handskrif, bewysstuk
19. Uittreksels daaruit was
bewysstukke 20 tot 24. Ek kom later daarna terug.
Professor Loubser wat die nadoodse
ondersoek uitgevoer het, het die beserings beskryf wat aan oorledene
gevind is. Afgesien van wat
hy as naelkrapmerke beskou het aan die
binnekant van die linker dy, was die ander beserings aan die bolyf.
Daar was
6
kneusings, aan die agterkant ook,
maar hoofsaaklik in die gesig, en elf steek- en snywonde. Haar
rugmurg is deur een lang snywond
tussen die derde en vierde
nekwerwels van agter beskadig. 'n Steekwond het die derde nekwerwel
van agter deurboor met afsnyding van
die rugmurg. Vier van die
steekwonde het die borskaswand deurdring. Verdere skaaf- en krapmerke
is beskryf en wat die arts beskou
as 'n afweer-besering op die regter
handpalm.
Appellant het oorledene geken. Hy
het deur bemiddeling van 'n kollega, sersant Kenhardt, met haar begin
korrespondeer. Later het hy
haar opgesoek by haar woonstel. Hulle
verhouding was een van slegs vriendskap. Hy het haar geselskap
geniet. In 'n verklaring wat
hy aan landdros Snyman op 30 Augustus
gemaak het, bewysstuk J, het hy vertel dat hy nadat hy omtrent 'n
halfbottel wyn gedrink het,
na oorledene is. Nadat hy 'n rukkie daar
gekuier het, het hulle begin stry oor politiek. "Die storie het
op 'n argument uitgeloop
en ek het haar geklap
7
en toe sy
my uitjaag is toe wat ons begin baklei het. Anyway, ek het gesien ek
gaan haar nie baasraak nie, toe het ek my mes uitgehaal
en haar
gesteek. Voor ek geloop het , het ek nog 'n paar goed uit haar
woonstel uit verwyder en geloop. Ek het nooit 'n kaal vroumens
gesien
nie, toe het ek haar broek afgetrek om te kyk hoe dit lyk. Hulle sê
ek het haar verkrag maar ek het nie. Dit het nie
plaasgevind nie. Ek
het geloop. Dit was al gewees."
Appellant
is voor die verhoor verwys vir waarneming, meer as een keer. Die
totale periode wat hy vir observasie aangehou is, was drie
maande.
Verslae van twee psigiaters is ingedien. Beide was van mening dat
appellant nie geestesongesteld of -gebrekkig is of was
nie, maar
weens persoonlikheidsversteuring moontlik minder toerekeningsvatbaar
ten tyde van die pleging van die moord, waaroor nog
Dr le Roux nog Dr
Verster op die inligting tot hulle beskikking finaal uitsluitsel wou
gee
8
op daardie
stadium. Beide het derhalwe die verhoor bygewoon en by ooreenkoms
getuienis afgelê nadat beskuldigde self getuig
het.
Dit is
onnodig om appellant se getuienis breedvoerig weer te gee of te
ontleed. Relevante feite is die volgende:
Hy is
gebore op 24 Mei 1964, was dus 25 jaar oud toe hy oorledene se dood
veroorsaak het. Nadat hy gematrikuleer het, is hy in 1983
na die
Polisiekollege in Pretoria en, na opleiding, uitgeplaas na die
wageenheid. Hy was nie gelukkig in die werk nie en het gely
aan
depressie en lusteloosheid. Hoewel hy baie kennisse gehad het, het hy
nie werklike vriende gehad nie. En hy was humeurig. Hy
beskryf 'n
insident toe hy heeldag in 'n slegte bui was. Hy glo sy kollega
Kenhardt kon dit agterkom. "En ek het daar gesit
en toe kom skop
hy my stoel. Wel toe ek my kon kry toe staan ek met my pistool in my
hand." Die reg om 'n pistool te dra is
toe aan hom ontneem. Hy
word
9
maklik en
redelik gereeld kwaad en bly dan redelik lank kwaad en wend homself
dan "seker soort van tot fantasieë hoe ek
dan die ou wat my
seergemaak het terugkry".
Die
getuienis aangaande wat tussen hom en oorledene gebeur het, was alles
behalwe bevredigend en deurspek van "ek weet nie",
"seker",
"vermoedelik", "dit is 'n moontlikheid"
ensovoorts. Hy het voorgegee om geheueverlies daaromtrent
te gehad
het dat hy omgang met oorledene gehad het toe hy die verklaring aan
die landdros gemaak het, maar om nou vaag te onthou
dat dit wel
gebeur het.
Die
aantekeninge in sy sakboekie, bewysstuk 19, het 'n plan van 'n
knaldemper bevat met aantekeninge daarby. Gevra daarna sê
appellant "Ek het 'n wil teen mense gehad en ek het besluit dat
indien mense my gaan te na kom of sleg behandel of iets in dié
lyn, gaan ek hulle
'n les
leer." Plan "A" waarna ook verwys word in die boek, is
'n konsep wat al in 1983 begin het, maar eers om
10
en by 1987
op skrif gestel is. Dit was "h plan om met mense wat my te na
kom af te reken. ... dit sou seker geëindig het
in hulle dood,
maar ek wou hulle verder verneder het soos hulle my verneder het".
Dit het ingehou dat as dit 'n vrou is, selfs
vanweë 'n baie
klein of mindere tenakoming appellant haar sou vasbind en verkrag en
dan doodmaak sodat sy nie kan praat nie.
Hy het in
die hof erken wat hy in bewysstuk J ontken het: dat hy gemeenskap met
oorledene gehad het maar nadat sy reeds dood was.
Daar was
onafhanklike forensiese getuienis deur die Staat aangebied wat die
erkenning van gemeenskap onvermydelik gemaak het.
Drs le
Roux en Verster het hierna getuig. Dr Verster het die mening
uitgespreek dat appellant 'n siek persoonlikheid het en op sy
weergawe van die gebeure, naamlik dat oorledene hom nie net gevloek
en verstoot en uitgejaag het nie, maar ook tussen sy bene geskop
het,
moontlik 'n emosionele opwelling kon ondervind het wat sy
11
weerstandsvermoë
teen onwettige optrede kon ondermyn het. Hy sê "'n mens
kry amper die indruk dat in die beskuldigde
ons sit met 'n situasie
van 'n ongeluk wat een of ander tyd sou moes gebeur het".
Die
bevindings van die verhoorhof kan as volg gelys word:
Die
bêtrokke moordopset was dolus directus.
Daar kan
nie gesê word dat appellant na oorledene se woonstel gegaan
het met Plan A in gedagte nie. Plan A was egter weens
herhaalde
vernederings wat hy moes ondergaan sluimerend in sy gedagte en hy
het die fasette daarvan wat uitvoerbaar was in werking
gestel toe hy
op die betrokke aand verneder is. Kortom, die moord is nie
bewustelik vooruit beplan nie.
Sy
bewering dat hy aan amnesie ly wat betref gemeenskap met die lyk, is
leuens.
Dr
Verster se getuienis dat appellant nie aan 'n
12
geestesgebrek ly nie maar wel
verminderd toerekeningsvatbaar was, is aanvaar. Na betoë is in
'n verdere uitspraak versagtende
omstandighede bevind, egter traag en
sonder erkenning van waar die bewyslas op daardie stadium nog gerus
het. Die hof het bevind
dat die verminderde toerekeningsvatbaarheid
nie wesenlik genoeg was om as 'n
versagtende omstandigheid te geld
nie. Wat provokasie betref, is dit moeilik om agter te kom presies
wat die verhoorhof bevind het
behalwe dat nie bevind kon word nie dat
beskuldigde se beweerde toorn subjektief gesien 'n
gebillikte was, sodat die
"beweerde provokasie nie (skyn)
'n strafversagtende effek te hê
nie alhoewel die feit van moontlike gedeeltelike provokasie nie
algeheel uitgesluit kan word
nie". Daarna is "sy beweerde
verminderde toerekeningsvatbaarheid weens sy
persoonlikheidsversteur-ings" en "moontlike
provokasie"
saam in die skaal gegooi en beskuldigde teen die inslag van die
destydse bewyslas,
13
die voordeel "van enige
twyfel wat ons mag hê" gegun omdat
persoonlikheidsversteuring plus provokasie voldoende vermindering
in
toerekeningsvatbaarheid teweeggebring het om as versagtende
omstandigheid te geld.
Appellant het geen vorige
veroordelings nie.
Die verhoorregter wou inligting
oor die oorledene hê en het haar moeder geroep. Die
verhoorregter het die verdediging genooi
om hom te oortuig dat
appellant rehabiliteerbaar is. Sy advokaat het Dr Verster weereens in
die getuiebank laat kom, en ook appellant
se swaer by wie appellant
ingewoon het vandat hy op borg uit is geroep. Mnr du Plessis het
vertel dat hy in dié tyd 'n verandering
ten goede in appellant
sien intree het. Hy is nie so bot en afsydig soos vroeër nie,
het nooit sy humeur verloor in die vier
maande nie, en tekens getoon
waarvan Du Plessis aflei dat hy berou het.
14
Dr Verster is ondervra oor
appellant se prognose. Ek kom later terug na sy getuienis. Die
aanklaer het Brigadier Jonker, direkteur
van Sielkundige Dienste by
die Gevangenis in Pretoria, geroep ten aansien van welke psigiatriese
behandeling vir appellant verskaf
sou kon word as gevangene.
Die verhoorregter het sy besluit
om die doodstraf op te lê ondanks die bevinding van versagtende
omstandighede, as volg gemotiveer:
1. Die gemeenskap moet teen
appellant beskerm
word, waar hy lank reeds met gedagtes van
moord
selfs vir geringe kwetsure rondloop.
2. Appellant het geen teken van
emosie getoon toe
oorledene se moeder getuig het nie, of van
berou
nie in die verloop dáárvan of van sy eie
getuienis.
3. (a) Oorledene se
agtergeblewenes moet tevrede wees
dat reg en geregtigheid geskied
het;
15
(b) en die natuurlike
verontwaardiging van die gemeenskap as geheel moet erkenning kry in
die vonnis wat die hof oplê.
Die versagtende omstandighede wat
gevind is, is van uiters geringe aard.
Uit 'n psigiatriese oogpunt is
appellant se prognose swak.
Met of sonder behandeling hou
appellant se voortbestaan gevaar vir die gemeenskap in, of daardie
gemeenskap nou 'n geslote een is
al dan nie. Daar is geen
moontlikheid van genesing nie, slegs van beheer daarvan deur
medikasie. Die laaste sin hiervan dui op
'n misvatting want
die getuienis in dier voege het
gegaan oor skisofrenie en dit is duidelik uit die psigiatriese
getuienis dat appellant nie aan skisofrenie
ly nie. Van die ander
bevindings kan met reg ook bevraagteken word maar verg nie ontleding
nie waar hierdie hof de novo 'n eie
16
diskresie moet uitoefen aangaande
die gepaste straf vir appellant se oortreding.
Dat die moord beide bisar en
brutaal was, behoef geen betoog nie. Oorledene was jonk, weerloos,
intelligent en tot appellant se wete
'n aanwins vir die samelewing;
en het oor 'n tydperk aan appellant haar vriendskap gegun. Op sy eie
getuienis was sy waarskynlik
die enigste persoon met wie hy kon
gesels en dit oor 'n
wye spektrum van onderwerpe. Haar
angsvolle en pynlike laaste oomblikke aan die hande van 'n
geregsdienaar wat met dolus directus
opgetree het, die vernedering
van haar bewustelose liggaam of dalk lyk deur haar broekie af te trek
en haar te bekyk en daarna sy
geslagsdrif of -nuuskierigheid te
bevredig en sy berekende optrede daarna om sy spore te probeer uitwis
en skakels tussen hulle wat
hom kon verraai - soos sy briewe aan haar
- te soek en verwyder, is almal faktore wat teen hom moet tel indien
die opweeg van verswarende
en versagtende omstandighede
17
van
wesenlike belang is in hierdie saak. Die versagtende omstandighede
ter sprake, is dat appellant op ouderom 26
'n eerste
oortreder is; en soos bevind deur die verhoorhof, dat hy verminderd
toerekeningsvatbaar was.
Die beeld
van appellant wat uit die getuienis blyk, nog voor mens by die
psigiatriese getuienis kom, is van 'n inkennige humeurige
alleenloper, veels te intelligent vir die sleurwerk wat aan hom
toevertrou is en derhalwe gefrustreer, sonder die selfvertroue om
na
iets beter uit te reik. Met 'n lae eiewaan is hy besonder sensitief
vir verwerping deur ander en volgens sy eie getuienis smeul
en broei
planne vir moorddadige wraak weens vernedering, vir selfs geringe
tenakoming, van 1983 al in sy gemoed.
Die
betrokke dag was 'n slegte. Die meisie wat hy beskou het as sy nooi
(nie die oorledene nie), is kort tevore deur 'n kollega afgerokkel.
Hy is in die steek gelaat deur die persoon aan wie hy sy kar verhuur
het.
18
En toe hy by oorledene opdaag, is
hy verstoot. Wat werklik tussen die twee van hulle gebeur het,sal
slegs appellant weet. Hy het dit
nie goedgevind om die verhoorhof in
sy vertroue te neem nie, soos hy ook nie oop kaarte gespeel het met
die psigiaters na wie hy
verwys is vir waarneming nie. Teenoor Dr
Verster het hy ontken dat hy omgang met 'n lyk gehad het. Die
psigiater beskou hierdie optrede,
soos in die hof uit appellant
uitgetrek is, nie as aanduidend van 'n ware nekrofilie nie, maar 'n
enkelsituasie wat plaasgevind het
by 'n
persoon met "h onderliggende
baie sterk seksuele probleem wat hy nie kon hanteer nie, dat hy
daardie waarskynlike behoef te om
met 'n vrou gemeenskap te gehad het
is waarskynlik baie sterk by hom gewees. ... Enige man wat
'n probleem het om homself
seksueel te kan uitleef en homself seksueel te kan bewys ... soek ...
'n situasie waar daar nie negatiewe
terugvoer oor jou optrede kan
plaasvind nie, en dit is tipies van hierdie situasie".
19
Dit is miskien insiggewend dat Dr
Verster getuig dat van appellant beter samewerking, meer "oop
wees" te wagte is "na
die hofsaak, afhandeling van die
eventuele uitspraak, dat al hierdie aspekte agter die rug is ...".
Met ander woorde, dan sou
appellant eerlik met die psigiaters kan
wees, sonder vrese vir die regsgevolge wat uit sy mededelings aan
hulle mag spruit.
Daar is nie sprake daarvan dat
appellant sertifiseerbaar is as geestesgebrekkig nie. Die psigiaters
het die moontlikheid van 'n mindere
vermoë om selfbeheersing uit
te oefen (en die erns van sy persoonlikheidsversteuring) afgelei van
appellant se weergawe van
die gebeurde. Sou hy, wat besonder
onbevredigend getuig het, hulle en die hof mislei het en sy
persoonlikheidsversteuring betreklik
gering en dus geredelik
behandelbaar wees, sou dit nie as noemenswaardige versagtende
omstandigheid geld nie, gemeet teen die afgryslikheid
van sy optrede.
Waar egter
20
in sy guns aanvaar is dat die
wreedaardigheid van sy
optrede juis spruit uit sy siek
persoonlikheid moet die
gebruiklike oorwegings tersake by
vonnisbepaling soos dié
van vergelding en hervorming wyk
voor dié van voorkoming
en die belange van die samelewing.
Die psigiaters verskil oor die
tegniese
etikette wat aan die besonderhede
van appellant se
persoonlikheidsversteuring geheg
moet word. Dr le Roux
se diagnose in haar aanvanklike
verslag was:
"1.
Persoonlikheidsversteuring met gemengde trekke.
Distimiese versteuring.
Aanpassingsversteuring met
depressie."
In haar getuienis brei sy daarop
uit. Appellant se depressie beskou sy as 'n neurotiese. Die
persoonlikheidsversteuring manifesteer
hom in 'n paranoïse
tendens (appellant se agterdog teenoor, gebrek aan vertroue in, sy
medemens); 'n obsessief/kompulsiewe tendens
(appellant se
pre-okkupasie met ordelikheid en sy
21
gewoonte om lysies te maak om sy
aktiwiteite in klein detail te beplan); en skisoïde trekke (sy
onvermoë om maklik te sosialiseer).
Dr Verster beskou appellant se
depressie nie as neuroties nie maar simptomaties, sy reaksie op sy
selfbeeld, "die ongelukkigheid
van 'n geïsoleerde mens".
Hy getuig ook van die obsessief/kompulsiewe en skisoïede tendens
waarvan Dr le Roux praat
en stem ook saam met haar bevinding van 'n
paranoïse tendens by appellant. Van belang is dat beide van
mening is dat weens sy
kwesbaarheid vir provokasie appellant se
vermoë om selfbeheer uit te oefen aangetas is in die opsig dat
hy baie makliker as
ander uitermate heftig sal reageer op wat hy,
oordrewe, sou beskou as erg vernederende optrede, en dat dit juis is
wat hier gebeur
het. Hy het moontlik in 'n mate en vir 'n kort ruk
selfbeheer verloor. Ons weet dit het in die verlede ook al gebeur,
egter onder
omstandighede wat nie tot doodslag gelei het nie. Dr
22
Verster meen dit is deel van sy
persoonlikheid, sodat ons
nie te doen het met 'n eenmalige
toevalligheid nie.
Appellant is nie 'n psigopaat nie.
Vir
diesulkes word gepoog om
voorsiening te maak binne die
gevangenisopset. (Vgl
S v
LAWRENCE
1991 (2) SASV 57
(A).) Hy is nie geestesgebrekkig
nie sodat sy toestand
dalk met medikasie onder beheer
gebring en gehou kan
word. Hy het teenoor Dr le Roux
erken dat hy 'n moordlus
ervaar, soms wanneer hy "aan
plan A gewerk het, oor plan
A gefantaseer het". By Dr
Verster het hy dreigemente
geuiter teenoor derdes met
betrekking tot bewerings dat
hy gemeenskap gehad het met
oorledene: "hy (het) eintlik
opstandig geraak toe ek hom
gekonfronteer het en sê maar
die forensiese toetse wys dit baie
duidelik, dan het hy
gesê maar as hy hier uitkom
gaan hy daardie mense regsien
wat sulke leuens gaan vertel oor
hom". Hy het h
superieure intelligensie, maar sy
moeilike emosionele
probleme sal oor 'n "redelike
lang tydperk" aangespreek
23
moet word. Waarskynlik kan hy
gehelp word om insig in sy situasie te kry en om 'n ander
lewensuitkyk te kry. Daarvoor is 'n "een
tot een dokter :
pasiëntverhouding" eintlik noodsaaklik, en oor 'n lang
tydperk omdat appellant moeilik toeganklik was
en is. Daar kan egter
geen waarborg wees nie dat selfs met sulke optimale behandeling sy
gevaarlikheid, waarna Dr Verster verwys
as "dangerousness",
geheel en al uit die prentjie geskuif kan word. Oor 'n lang periode
van gevangenisstraf sal die gevaarlikheidselement
volgens Dr Verster
se mening beslis verminder; maar "Ek kan nie voorspel dat hy nie
in die tronk gaan en 'n lang termyn wraakgedagte
gaan miskien groei
desnieteenstaande behandeling nie. Ek kan dit nie heeltemal wegvat
nie. Dit is hoekom ek 'n probleem het met die
kwessie van
gevaarlikheid. Want tensy hier 'n
totale persoonlikheidsverandering
kom kan mens dit nie wegredeneer nie. ... Gaan daar 'n gevaarsituasie
ten opsigte van medegevangenes
24
wees? --- Dit is moontlik.
Bewaarders? --- Dit is ook
moontlik".
Ontsnappings uit die gevangenis
behoort nie te gebeur nie, maar gebeur wel. Appellant se hoë
intelligensie stel hom beter in
staat om so iets te bewerkstellig as
ander. Sou so iets gebeur sonder dat 'n
totale persoonlikheidsverandering
ingetree het, bestaan gevaar vir mense ook buite die gevangenis:
diegene wat hy reeds teenoor Dr
Verster gedreig het om "reg te
sien" of oorledene se moeder wat hom in die ope hof ten diepste
moes verneder het toe sy
uitgevra is oor haar dogter se siening van
appellant pas voor hy gevonnis is.
Brigadier Jonker het Dr Verster se
getuienis onderskraag, dat wat betref persoonlikheidsafwykings daar
ongelukkig geen manier is waarop
mens vooraf kan bepaal welke gevalle
suksesvol gaan reageer op behandeling en welke gevalle nie. Wat Dr
Verster as noodsaaklik beskou
in appellant se geval, naamlik een
psigiater vir een
25
pasiënt sodat oor 'n lang
periode 'n vertrouensverhouding opgebou kan word, sal nie
bewerkstellig kan word sou aan appellant
gevangenisstraf opgelê
word nie.
Dit was gemenesaak dat die enigste
moontlike alternatief tot die doodvonnis, lewenslange gevangenisstraf
sou wees. Die vraag is of
die belange van die samelewing daardeur
voldoende beskerming sou geniet. Die hof het geen wetgewende of ander
mag nie om Gevangeniswese
te verplig om te doen wat Brigadier Jonker
getuig dit nie kan nie: eenvoudig sorg te dra dat appellant die
langtermyn gespesialiseerde
behandeling kry wat hom dalk mettertyd
skadeloos of minder skadelik kan maak. Die hof het ook geen beheer
nie oor reëlings wat
getref kan of nie kan word nie om inmiddels
of moontlik vir die duur van appellant se lewe, ook mede-gevangenes
en bewaarders te
beveilig teen die ontplofbare wese by hulle
ingekerker. Daarsonder, waar daar geen wyse is waarop die hof soiets
kan verseker nie,
moet die belange
26
van die
samelewing swaarder weeg as die belange van die appellant.
Na
my mening moet die app
è
l van die
hand gewys
word.
L VAN DEN
HEEVER WAR
Saak No 84/1991
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APP
è
lAFDELI
NG
In die saak tussen:
JOHAN VAN NIEKERK
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
:
BOTHA,
MILNE ARR et VAN DEN HEEVER Wn AR
VERHOORDATUM
:
3
SËPTEMBER 1991
LEWERINGSDATUM
: 20
SEPTEMBER 1991
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2.
Ek het die
voordeel daarvan gehad om die uitsprake te lees van my kollegas MILNE
AR en VAN DEN HEEVER Wn AR. Vanwe
ë
die meningsverskil tussen hulle, en vanwe
ë
die aard van die saak, dink ek dat dit wenslik is vir my om kortliks
die redes te vermeld waarom ek van oordeel is dat die app
è
l
teen die doodvonnis in hierdie geval van die hand gewys behoort te
word.
Die vernaamste strafversagtende
faktore is die appellant se persoonlikheidsversteuring en die verband
tussen dit en die moord op die
oorledene. Die getuienis laat by my
nie twyfel nie dat die appellant se persoonlikheidsversteuring 'n
bydraende rol gespeel het by
die pleging van die misdaad. As gevolg
van die appellant se defektiewe persoonlikheid is hy buiten-gewoon
vatbaar vir 'n heftige
en gewelddadige reaksie op wat hy beskou as
vernederende optrede teenoor hom, soos dié van die oorledene
op die betrokke aand,
soos deur hom beskryf. Daardie optrede was 'n
besondere vorm van
3. provokasie teenoor die
appellant, gesien bloot vanuit sy subjektiewe oogpunt, juis vanweë
sy persoonlikheids-probleme. Dit
het daartoe gelei dat hy 'n
gedeeltelike en tydelike verlies ondervind het van sy vermoë om
selfbeheer uit te oefen; altans,
daar is 'n "sterk moontlikheid"
dat dit gebeur het, volgens Dr Verster, en dit moet ten gunste van
die appellant aanvaar
word dat dit die geval was. Die omvang van die
verlies aan selfbeheer was egter gering, volgens Dr Verster, soos
blyk uit die appellant
se grotendeels rasionele optrede ná die
geweldpleging.
Teenoor die strafversagtende
faktore is daar ander faktore wat in die weegskaal geplaas moet word.
Gewoonlik neem die oorweging van
sulke ander faktore 'n aanvang met
die beskouing van "strafverswarende faktore", in die sin
van omstandighede wat dui op
die morele verwytbaarheid van die dader.
In die besondere samehang van hierdie saak is die ondersoek egter nie
daarop toegespits
nie. So byvoorbeeld kan die wreed-
4.
aardige en gevoellose optrede van
die appellant teenoor die oorledene, wat saamhang met sy siek
persoonlikheid (in presies watter
mate, kan nie bepaal word nie), nie
'n beduidende rol speel as 'n maatstaf van wat vir hom 'n gepaste
straf sal wees nie. Die omstandighede
wat in die onderhawige saak
neutraliserend kan inwerk op die strafversagtende faktore, met die
oog op die bepaling van 'n gepaste
straf, hou regstreeks verband met
een besondere oogmerk van straftoemeting, naamlik die beskerming van
die belange van die gemeenskap.
Dit is wat bepalend moet wees van die
vraag of lewenslange gevangenisstraf 'n gepaste vonnis sal wees, dan
wel of die doodvonnis
die enigste gepaste straf is.
Met die oog daarop is dit, volgens
my beskouing, van deurslaggewende belang dat die appellant se
besondere en buitengewone vatbaarheid
vir 'n uitbarsting van
gewelddadige reaksie op iets wat vir hom provokerend is, 'n kenmerk
van sy persoonlikheid is wat nie bloot
van verbygaande aard is nie;
dit is 'n
5.
voortdurende toedrag van sake wat
inherent is in sy
defektiewe persoonlikheid. 'n Mens
het nie hier te doen
met 'n eenmalige gebeurtenis nie,
maar met 'n potensieel
herhalende een. Dit is die
duidelike strekking van die
geheel van Dr Verster se
getuienis, soos ek dit
verstaan. By wyse van toeligting,
haal ek net twee
sinne van sy getuienis aan:
"Ek dink amper dit is 'n
onvermydelikheid dat hy vroeër of later sou uitbars en iemand
beseer."
"Een of
ander stadium sou
iets tragies plaas-gevind
het as gevolg van sy persoonlikheid, sy beplanning, sy gevoel teenoor
die buite-w
ê
reld
ensovoorts. En dit het hier plaas-gevind ongelukkig."
Daar is geen suggestie in Dr
Verster se getuienis dat
die posisie ná die
uitbarsting van geweld teenoor die
oorledene, anders sou wees as
voorheen nie. Die
teendeel blyk uit sy
verduideliking dat die behandeling
wat die appellant (nou) kan
ontvang, om enige hoop op
sukses te hê, sal behels dat
hy 'n persoonlikheids-
verandering moet ondergaan. In
hierdie lig moet 'n mens
6. Dr Verster se latere getuienis
beskou, toe hy gesê het "dit is moontlik" dat die
appellant 'n gevaarsituasie vir
medegevangenes en bewaarders sal
inhou. Die getuie het vroeër verduidelik: "die
gevaarlikheidselement is moeilik voorspelbaar".
Hy was nie hier
besig met 'n vae en spekulatiewe moontlikheid nie. Hy het gepraat van
'n
wesenlike gevaar, en van 'n
moontlikheid wat stewig gegrond is op die deskundige getuienis
aangaande die aard van die appellant se
persoonlikheidsversteuring.
Die appellant se geval is na my mening nie vergelykbaar met die
gewone geval van 'n gewelddadige aanrander,
rower of verkragter wat
weens 'n gewelddadige moord tronk toe gestuur word nie. Die appellant
se abnormale persoonlikheid hou 'n
voortdurende bedreiging in vir
almal met wie hy in aanraking kom. Ek dink ook nie dat die feit dat
die appellant vir 'n tyd op borgtog
was sonder dat hy enige geweld
gepleeg het, werklik afbreuk kan doen aan die bestaan van die
sluimerende propen-siteit tot geweldpleging
wat in sy
persoonlikheids-
7. versteuring setel nie. Ek laat
die bespiegeling dat hy uit die gevangenis kan ontsnap, buite
rekening. Sy verwronge persoonlikheid
hou steeds 'n wesenlike gevaar
in vir sy medegevangenes en vir die personeel. Daar is geen werklike
vooruitsig dat daardie gevaar
binne enige redelike tydperk sal afneem
nie. Die Hof durf dit nie geringskat nie.
Om die voorgaande redes is my
mening dat die doodvonnis die enigste gepaste straf is.
Ek stem dus
saam met my kollega VAN DEN
HEEVER Wn AR
dat die app
è
l van die hand gewys
word.
A.S. BOTHA AR
Saaknommer: 84/91 /wlb
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APP
è
LAFDELING
In die saak van:
JOHAN VAN NIEKERK
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
:
BOTHA,
MILNE ARR et VAN DEN HEEVER WAR
AANGEHOOR
:
3
September 1991
GELEWER
:
20
September 1991
U
I
T
S
P
R
A
A
K
/MILNE AR
1
MILNE JA:
Ek het die voorreg gehad om die
uitspraak van my kollega Van den Heever WAR te lees, maar ek kan met
eerbied ongelukkig nie saamstem
met die gevolgtrekking waartoe sy
geraak het nie.
Eerstens meen ek dat daar verdere
strafversagtende
faktore is wat tot dié wat
in my belese kollega se uitspraak
gemeld is, bygevoeg moet word. Al
is dit so dat die
verhoorhof bevind het dat die
appellant se beweerde amnesie
nie eg is nie, het die hof bevind
dat
"... 'n rusie tussen
beskuldigde en die oorledene oor 'n politieke situasie daartoe gelei
het dat oorledene hom die woorde toegevoeg
het en die handelinge
verrig het wat daartoe gelei het dat hulle handgemeen geraak het, hy
haar die steekwonde toegedien het ..."
Volgens die appellant se getuienis
het die oorledene vir hom
2
gesê hy is "'n fokken
Kafferhater", die deur oopgemaak en vir
hom gesê sy wil hom nooit
weer sien nie. Sy het hom met die
hand teen die bors gedruk om, soos
hy dit stel, hom "uit te
help", hy het haar hand
weggevat, sy het hom gestamp, toe
klap hy haar teen die kant van die
gesig waarop sy hom
tussen die bene geskop het.
Hierdie getuienis is nie deur
die verhoorhof verwerp nie.
Trouens, dit blyk uit die
aangehaalde passasie dat hierdie
deel van sy weergawe
minstens in hooftrekke deur die
verhoorhof aanvaar is. Dit
ly geen twyfel nie dat die
appellant hierdie optrede as
vernederend beskou het. Dr Verster
het die waarskynlike
uitwerking daarvan op die
appellant soos volg probeer
rekonstrueer:
"Ek dink nie ons kan plan 'A'
heeltemal uit die weg uit ruim nie. Ek dink dit is deel van sy
emosionele samestelling. 'n Deel
van hierdie alleenloper wat sit en
planne uitwerk, wat dinge probeer doen, wat nie met mense praat oor
homself nie. Wat as kind ook
nie eintlik kontak, kommunikasie kontak,
kameraadskap, kontak met 'n
3
vader gehad het nie, wat nie
eintlik maats gehad het nie. As 'n mens kyk na wat hy self gesê
het in die sosiale verslag dat
hy op laerskool twee maats gehad het,
op hoërskool twee maats. Hy het eintlik nie maats gehad in die
polisie nie. Ook nie in
die wageenheid nie. Hy is 'n alleenloper wat
tog manlike behoeftes het. Wat tog seksuele pre-okkupasie het. Wat
tog ook by tye gemasturbeer
het met seksuele fantasieë, dié
het hy duidelik aan my oorgedra, maar sy plan 'A' is gemik teen mense
wat hom verneder.
Mense wat hom verwerp. As ons aanvaar wat hy genoem
het dat sy (dit is die oorledene) vir hom gesê het, maar jy is
'n so en
so se kafferhater, maak dat jy wegkom uit my woonstel uit,
stamp hom weg. Ek dink dit was in 'n sekere mate 'n sneller, want
hier
is die ding wat hy nie wil hê moet met hom gebeur nie,
gebeur nou en hy word kwaad en daar kom 'n moordlus. 'n Bewustheid
van
'n moordlus, en dan kan aspekte van plan 'A' ten opsigte ván
vroumense in werking kom. Ek dink wat gebeur het, is dat 'n mens
in
jou optrede, motivering van jou optrede dan reageer op dit wat
onbewustelik vantevore in jou ingegrein was en dit dan deel word.
Jy
kan miskien dit nie presies doen soos jy dit wou gedoen het deur eers
vas te bind ensovoorts, maar dan aangaan met die res daarvan."
Met ander woorde, die optrede van
die oorledene was die
"sneller". Die
provokasie het seer sekerlik nie daartoe
gelei dat die appellant sy
selfbeheersing totaal verloor het
nie - tog was daar 'n gedeeltelike
verlies aan selfbeheersing.
4
Die aanval op die oorledene is
klaarblyklik heeltemal buite verhouding tot die provokasie. Boonop is
daar die verstommende feit dat
die appellant na hierdie voortgesette
en wrede aanval gemeenskap gehou het met die bebloede lyk van die
appellant. Vir 'n normale
mens is so 'n optrede haas onverstaanbaar
en op sigself laat dit die vraag ontstaan of die appellant normaal
is. Die antwoord wat
heel duidelik uit die getuienis van dr Verster
en dr Le Roux blyk, is dat die appellant nie normaal is nie.
Tweedens ag ek dit nodig om die
bevindings van dr Verster 'n bietjie meer volledig te behandel.
Hierdie bevindings is soos volg deur
die verhoorhof opgesom:
"1 beskuldigde het 'n
gemengde persoonlikheids-versteuring met obsessief/kompulsiewe en
skisoïde trekke
2 die gemengde
persoonlikheidsversteuring hou in dat daar by beskuldigde verskeie
trekke van persoonlikheidsversteurings en nie net
een enkele sodanige
versteuring is nie
5
die uitstaande trekke van die
persoonlikheids-versteuring setel in die obsessief/kompulsiewe
persoonlikheid wat blyk uit die feit
dat beskuldigde in sekere
opsigte 'h vreeslike geordende bestaan voer', alles word opgeskryf,
hy leef volgens 'n vooropgestelde
rooster en hy probeer al sy
beplanninge volgens skedule doen
beskuldigde het sekere trekke of
eienskappe wat lyk soos skisofrenie of wat skisofrenies van aard is,
maar nie skisofrenie op hierdie
stadium is nie, maar ten opsigte
waarvan daar 'n vae moontlik-heid bestaan dat dit later kan
ontwikkel - daar is ook 'n paranoïede
tendens bespeurbaar
die skisoïede trekke
manifesteer hulle daarin dat beskuldigde 'n suspisie het teen mense
se optrede teenoor hom, dat mense
teen hom is en dat hulle hom
maklik verwerp
hy ly aan depressie, maar dit is
simptomaties van aard - dit is nie 'n endogene of geestesongestelde
depressie nie
dat daar depressiewe gevoelens by
beskuldigde was, is meer waarskynlik 'n reaksie op sy selfbeeld en
'die ongelukkigheid van 'n
geïsoleerde mens'
beskuldigde se amnesie oor die
gebeure en meer besonderlik sy amnesie oor sy gemeenskap met die
oorledene is gesimuleer
die ontkenning van gemeenskap met
die oorledene was 'n doelbewuste verdoeseling van die waarheid
beskuldigde het van die begin af
geweet dat hy gemeenskap gehad het met die oorledene, maar het bloot
weggeskram daarvan
die rede daarvoor kan setel in
skaamte of dat beskuldigde wat volgens sy eie weergawe geen
6
vorige seksuele ervaring gehad het
nie, bang was om sy onvermoë om met 'n lewende vrou gemeenskap
te hê, na vore te bring
dit kan aanvaar word dat daar by
beskuldigde geen werklike amnesie gekoppel aan enige patologiese
toestand soos uiterste dronkenskap,
trauma van die hoof, en so meer,
was nie
inagnemende die opeenvolgende
handelinge deur
beskuldigde verrig, verskyn daar
bitter min
onwillekeurigheid daarin te gewees
het en as daar
bitter min onwillekeurigheid
daarin was, was daar
'bitter min verlies aan beheer' by
beskuldigde ..."
Dan gaan die opsomming voort deur
die passasie waarna reeds verwys is, aan te haal en melding word
gemaak van die gevolgtrekking van
dr Verster dat die appellant geweet
het dat wat hy gedoen het, verkeerd is en dat sy beheerverlies 'n
baie, baie kort tydperk in
hierdie totale gebeure van moordlus was en
daar nie werklike amnesie daarvoor is nie. Verdere bevindings is:
"15 beskuldigde se kognitiewe
en konatiewe funksies was waarskynlik vir die meeste van die tyd
tydens die onderhawige gebeure
intakt
16 daar is egter 'n sterk
moontlikheid dat beskuldigde gedeeltelik beheer verloor het en dat hy
7
verminderd toerekeningsvatbaar was
18 wat op 25 Augustus 1989 gebeur het sou en moes op een of ander
stadium gebeur het."
Die bevindings van dr Verster is
uitdruklik deur die
verhoorhof aanvaar.
Dit blyk ook uit die getuienis dat
die appellant h
knaldemper geteken en ontwerp het.
In hierdie verband haal
ek uit die uitspraak van die
verhoorhof aan:
"Hy sê dat hy 'n wrok
teen mense gehad het en dat as mense hom te na gekom het hy hulle 'n
les wou leer. Hy sou die knaldemper
'saam met 'n vuurwapen' vir die
doel gebruik het. Met verwysing na plan A wat in bewysstuk 23 vermeld
word, getuig hy dat dit 'n
konsep is wat in 1983 by hom begin posvat
het. Teen 1987 rond het hy die plan begin neerskryf. Plan A was
basies 'n plan om aan mense
wat hom verneder 'dieselfde te doen'. Om
plan A te kon uitvoer het hy 'n vuurwapen nodig gehad, 'n tou om
sulke mense mee vas te
bind en 'n
verkyker en kamera vir
'vooraf-spioenasiedoeleindes'. Omdat oorledene hom nooit te na gekom
het nie wou hy dié plan nie op
haar uitvoer nie. Die tou
(bewysstuk 4) is nie die soort tou wat hy vir sy plan in gedagte
gehad het nie. Hy het 'n growwe tou 'wat
kon vasbyt en nie
8
los gaan nie' in gedagte gehad."
Die verhoorhof het aanvaar dat
plan A:
"weens die herhaaldelike
vernederings wat hy (appellant) moes ondergaan, sluimerend in sy
gedagte was en toe hy op die betrokke
aand verneder is, het hy dié
fasette van wat uitvoerbaar was, in werking gestel."
Uit die voorafgaande blyk dit
duidelik dat die persoonlikheidsversteurings van die appellant
ongetwyfeld 'n bydraende rol gespeel
het in die pleging van die
misdaad. Die misdaad was 'n heftige en gewelddadige reaksie op wat hy
beskou het as vernederende optrede
deur die oorledene. Die feit dat
die appellant op so 'n wrede en bisarre wyse gereageer het en so ver
gegaan het om gemeenskap met
haar bebloede lyk te hou, "...
proclaim the very mental illness
from which the appellant suffers"
net soos die " ghastly
and gruesome manner in which the
appellant murdered the deceased ..." in
S v Lawrence
1991(2) SASV 57 (A) op 59i.
9
Ek kan nie aanvaar dat die
uiterste straf opgelê
moet word onder
omstandighede waar dit bevind is dat 'n
moord
gepleeg is waartoe 'n
persoonlikheidsversteuring wesenlik
bygedra het, slegs op grond
daarvan dat daar 'n moontlikheid
bestaan dat die appellant kan
ontsnap of dat hy vir die
bewaarders of mede-gevangenes
gevaarlik mag wees nie. In
Lawrence
se saak supra sê
Goldstone AR op p 59f-h die
volgende:
" Having
regard to the passages cited by Eksteen JA from
S
v Eiman
1989(2) SA 863 (A) at 873A-B,
I
respectfully agree that in a proper case,
and upon
adequate evidence, the probability
that a convicted criminal is likely to constitute a
danger
to prison society is a factor which a Court
might
take into account in the determination of a proper sentence. In the
event that evidence is adduced establishing the probability
that a
dangerous criminal could not be prevented from escaping from custody,
that, too, could be a
factor which might
properly be taken into account.
In the
present case there was no such evidence in respect of either of these
issues. At the cost of repetition,
I
would
stress that, in my opinion, more particularly in cases involving the
death penalty, a Court should not make findings prejudicial
to an
accused on the basis of mere
speculation. A
proper and adequate factual
10
foundation should be laid if the
State wishes such considerations to be taken into account for
purposes of sentence."
Selfs waar daar 'n waarskynlikheid
bestaan dat die
beskuldigde 'n gevaar is vir sy
mede-gevangenes en die
bewaarders, twyfel ek met eerbied
of dit 'n behoorlike faktor
is wat deur die hof in ag geneem
kan word met
vonnisoplegging. Dit is 'n
alledaagse gebeurtenis dat
gevaarlike mense wat tot geweld
geneig is tronkstraf opgelê
word, selfs in moordsake. Net om
een voorbeeld te noem, in
S v Mthembu
1991(2) SASV
144 (A), het hierdie hof bevind dat
die betrokke appellant "....
is a threat to a free society
and there is no real possibility
of his rehabilitation".
Die appellant in daardie saak het
'n aansienlike lys van
vorige veroordelings gehad
waaronder twee vir roof. 'n
Vonnis van lewenslange
gevangenisstraf is deur hierdie hof
opgelê. Hoe dit ook al mag
wees, ek is dit met Goldstone AR
eens dat daar op die getuienis
minstens 'n waarskynlikheid
11
moet wees dat die betrokke
beskuldigde óf "a danger to prison society" is óf
dat hy "could not be prevented
from escaping from custody",
voordat hierdie faktore hoegenaamd in ag geneem mag word.
Dit is waar dat die appellant
teenoor dr Verster gedreig het om diegene "reg te sien" wat
beweer het dat hy gemeenskap gehou
het met die oorledene, maar dit
was lank voor die verhoor waartydens . hy self erken het dat hy wel
gemeenskap gehou het. Wat miskien
van meer belang is, is die feit dat
hy vir vier maande op vrye voet (op borg) was sonder om enige misdaad
te pleeg. Gedurende hierdie
tydperk het hy geleentheid gehad om wraak
te neem op die genoemde mense as hy enigsins werklik bedoel het om
hulle leed aan te doen.
As polisieman, en 'n buitengewone
intelligente polisieman daarby, moes hy gedurende daardie tydperk
besef het dat daar 'n sterk moontlikheid,
en miskien 'n
12
waarskynlikheid, bestaan het dat
hy skuldig bevind kon word aan moord en dat hy óf die
doodstraf óf 'n baie lang tydperk
van gevangenisstraf opgelê
kon word. Hy het dus geweet dat hy waarskynlik óf nooit weer
6f nie vir 'n baie lang tydperk
'n kans sou kry om wraak te neem op
hierdie mense nie. Tog doen hy dit nie. Inteendeel, in hierdie
tydperk het Du Plessis, die appellant
se swaer, wat heel duidelik nie
ten gunste van die appellant bevooroordeeld was nie, tot die
gevolgtrekking gekom dat die appellant
werklik spyt gehad het oor die
saak, dat hy baie sleg voel daaroor. Hy het getuig dat die appellant
gesê het hy weet nie hoe
hy dit sou kon hanteer het as hy in
die oorledene se ouers se skoene gestaan het nie. Daar bestaan geen
rede om die egtheid en betroubaarheid
van hierdie getuienis te
betwyfel nie. Dit is opvallend dat in Eksteen AR se afwykende
uitspraak in die
Lawrence
saak supra (69b) hy dit as belangrik
ag dat die appellant in daardie saak "already
13
attacked a prison warder" en
"The appellant has already
manifested a fairly consistant degree of criminality as evidenced by
his previous convictions, as
well as a consistent degree of
aggression, as evidenced by his frequent dismissals from employment
because of his propensity to violence
against fellow-employees, and
culminating in the vicious assault on his former wife and the present
murder. There is no indication
that punishment has deterred him in
any way or that it is likely to do so in the future."
Hier is daar geen sprake van
vorige veroordelings of vorige
geweld of enige geweld teenoor die
bewaarders nie. Uit die
getuienis blyk dit duidelik dat
daar wel 'n tydperk was waar
hy nie op borg was nie en dus as
verhoorafwagtende gevangene
'n tyd lank in die gevangenis was.
Onder al die omstandighede beskou
ek lewenslange gevangenisstraf as 'n gepaste vonnis en gevolglik is
ek die mening toegedaan dat
die doodvonnis nie die enigste gepaste
14 vonnis is nie.
Ek sou gevolglik die appel
handhaaf en die doodvonnis tot lewenslange gevangenisstraf verander.
A J MILNE
App
è
lregter