S v Nzimande en 'n Ander (501/90) [1991] ZASCA 107 (19 September 1991)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Distinction between co-accused based on intent — Two appellants convicted of murder and other crimes, with one having premeditated intent while the other acted impulsively — Appellant 1 planned the robbery and murder, while Appellant 2 participated without prior intent — Court held that the death penalty was not the only appropriate sentence for Appellant 2, considering his age and lack of premeditation, substituting the death sentence with a 20-year prison term.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 107
|

|

S v Nzimande en 'n Ander (501/90) [1991] ZASCA 107 (19 September 1991)

501/90 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIK
(
APP
è
LAFDELING
)
In die saak tussen
SAMUEL LUCKY N2IMANDE
Eerste
Appellant
MICHAEL MATHEBULA
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
:
SMALBERGER,
VIVIER,
et
EKSTEEN, ARR
VERHOORDATUM
: 6 September
1991
LEWERINGSDATUM
: 19 September 1991
U
I
T
S
P
R
A
A
K
SMALBERGER, AR :-
Ek het die voorreg gehad om die
uitspraak van my kollega VIVIER, te kon lees. Ek stem met hom saam
behalwe wat betref sy bevinding
dat die doodvonnis die
2/
2 enigste gepaste vonnis vir
beskuldigde 2 op die moordaanklag is.
Na my mening bestaan daar grondige
rede om te
onderskei tussen die gevalle van beskuldigde 1
en
beskuldigde 2. Soos blyk uit beskuldigde 1 se
bekentenis, is
hy na die oorledene se huis met die
vooropgesette bedoeling om
haar nie net te beroof nie,
maar om haar ook dood te maak, ter
uitvoering van 'n
plan wat reeds die vorige dag deur
hom bedink was. Daar was dus in sy geval ruim voorafbeplanning en
geleentheid om te besin. Die
geval van beskuldigde 2 is anders. By
gebrek aan bewys tot die teendeel (en daar bestaan nie sodanige bewys
nie) moet sy skuld beoordeel
word volgens die weergawe van die
gebeure wat in sy bekentenis opgeteken staan. Daarvolgens het hy nie
deel gehad aan die voorafbeplanning
nie, en is hy na die oorledene se
huis om haar te beroof, nie dood te
3/
3 maak nie. Sy aanvanklike
gesindheid het dus aansienlik verskil van dié van beskuldigde
1. Daar was in sy geval nie 'n a
priori
bedoeling om te
vermoor nie. Ek aanvaar dat hy later gewillig deelgeneem het aan die
gebeure by die oorledene se huis en 'n volle
aandeel gehad het in die
pleging van die moord. Maar sy deelname het grotendeels geskied op
die ingewing van die oomblik. Hy sou
meegesleur gewees het deur die
gebeure, met min geleentheid om te besin oor sy optrede.
Verder verskil ek met respek van
my kollega dat beskuldigde 2 se ouderdom (19 jaar en 5 maande ten
tyde van die pleging van die misdade)
nie 'n strafversagtende faktor
is nie. My kollega kom tot die gevolgtrekking dat beskuldigde 2 se
lewenswyse die van 'n volwassene
was, en hy is ook beïnvloed
deur die verhoorhof se opmerking dat beskuldigde 2 klaarblyklik
4/
4 'n volwassene is. Die verhoorhof
se opmerking in dié verband is uitsluitlik op die gedrag van
beskuldigde 2 in die getuiebank
gegrond. Na my mening bied dit nie 'n
behoorlike grondslag vir so 'n positiewe bevinding nie. Beskuldigde 2
mag die voorkoms en die
lewensstyl van 'n volwassene hê, maar
dit is nie te sê dat hy die emosionele rypheid van 'n
volwassene het nie. En op
sy destydse ouderdom is dit onwaarskynlik
dat dit die geval sou gewees het. Uiteraard het geen tienderjarige
die rypheid van 'n volwassene
nie. Daar is ook geen bewys daarvan dat
hy uit "inherente boosheid" gedood het nie. (Vgl
S v
Lehnberg en 'n Ander
1975(4) SA 553 (A) op 561 F - G.)
Gesien die faktore genoem, die
afwesigheid van vorige veroordelings en die feit dat beskuldigde 2
waarskynlik rehabiliteerbaar is,
is die doodvonnis na
5/
5 my mening nie
die enigste gepaste vonnis op die
moordaanklag
nie.
Ofskoon afskrikking en
vergelding voorrang behoort te kry
bo die ander doelstellings van straftoemeting, glo ek nie dat hierdie
'n geval is waar die uitwissing
van beskuldigde 2 vereis word nie.
Ek sou dus
beskuldigde 2 se app
è
l teen sy
doodvonnis op die moordaanklag handhaaf, en die doodvonnis met 'n
vonnis van 20 jaar gevangenisstraf vervang. Omdat hierdie
'n
minderheidsuitspraak is, is dit onnodig om aan te dui hoe ek di
é
vonnis by die ander vonnisse sou aangepas het.
J W SMALBERGER
APP
è
LREGTER
Saak Nr 501/90
/MC
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
èl
AFDELING)
In die saak tussen
SAMUEL LUCKY NZIMANDE
Eerste
Appellant
MICHAEL MATHEBULA
Tweede
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
SMALBERGER,
VIVIER et EKSTEEN ARR.
VERHOOR
:
6
September 1991.
GELEWER:
19 September 1991.
U
I
T
S
P
R
A
A
K
VIVIER AR.
2/...
2.
VIVIER AR:
Die twee appellante, na wie ek as
beskuldigdes 1 en 2 onderskeidelik sal verwys, is in die
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling deur
O'DONOVAN WR en assessore
skuldig bevind op ses aanklagte: huisbraak met die opset om te roof
(aanklag 1) ; roof (aanklag 2); verkragting
(aanklag 3); moord
(aanklag 4); brandstigting (aanklag 5) en opsetlike saakbeskadiging
(aanklag 6). 'n Derde persoon ("beskuldigde
3") wat saam
met hulle op aanklagte 1, 2, 4, 5 en 6 verskyn het, is skuldig bevind
aan huisbraak met die opset om te steel en
diefstal en onskuldig op
die ander aanklagte. Beskuldigdes 1 en 2 is as volg gevonnis: op
aanklagte 1 en 2, wat saamgeneem is vir
doeleindes van vonnis, is
beskuldigde 1 tot 11 jaar en beskuldigde 2 tot 9 jaar gevangenisstraf
gevonnis.
3/...
3.
Aanklagte 5 en 6 is ook saamgeneem
vir doeleindes van vonnis en beskuldigdes 1 en 2 is op hierdie
aanklagte beide tot 8 jaar gevangenisstraf
gevonnis. Op die aanklag
van verkragting is beide beskuldigdes 1 en 2 ter dood veroordeel. Ten
opsigte van hul skuldigbe= vinding
aan moord het die Verhoorhof in
die geval van beide beskuldigdes 1 en 2 bevind dat daar geen
versagtende omstandighede is nie en
ingevolge die destyds geldende
reg is hulle gevolglik elkeen die doodvonnis opgelê. Met die
verlof van hierdie Hof appelleer
beskuldigdes 1 en 2 slegs teen die
doodvonnisse wat hulle weens die verkragting sowel as die moord
opgelê is.
Al die aanklagte spruit uit die
gebeure van Maandagaand 8 Februarie 1988 by die kothuis van die
oorledene, 'n 34-jarige vrou, op 'n
kleinhoewe in Carlswald,
Halfweghuis. Die feite wat nie tans in
4/...
4.
geskil is nie, is kortliks die
volgende. Beskuldigde 1 het as stalkneg by die oorledene se buurman
gewerk en het ook soms los werkies
vir die oorledene verrig.
Beskuldigde 3 was die oorledene se huisbediende. Beide beskuldigdes 1
en 3 het op die perseel in die bediendekwartiere
net agter die
oorledene se kothuis ingewoon. Beskuldigde 2 was bevriend met
beskuldigde 1 en het dikwels daar gekom en gereeld daar
oornag. Om
ongeveer agt-uur die betrokke aand het beskuldigdes 1 en 2 toegang
tot die oorledene se huis verkry met 'n sleutel wat
hulle vroeër
die aand by beskuldigde 3 gekry het. Hulle het die oorledene in haar
slaapkamer oorrompel en haar hande en voete
vasgebind. Albei het haar
verkrag en sy is daarna met 'n kussingsloop wat styf om haar nek
gedraai en toe voor vasgeknoop is, verwurg.
Hulle het daarna haar
liggaam in 'n laken toegerol en dit op die bed in haar
5/...
5.
slaapkamer gelaat. Nadat hulle nie
daarin kon slaag om die oorledene se Golf-motor wat buite die huis
geparkeer was, aan die gang
te kry nie, het hulle die huis en die
oorledene se Jetta-motor wat agter die Golf geparkeer was, aan die
brand gesteek met petrol
wat hulle uit die Golf getap het en hulle
daarna uit die voete gemaak met 'n groot hoeveelheid vleis, drank,
klere en ander besittings
wat hulle uit die huis geroof het. Kort
voor elf-uur die aand het beskuldigde 3 twee ander werknemers, Rosie
en Lucas, wakker gemaak
en hulle het toe gesien dat die oorledene se
kothuis en haar Jetta-motor aan die brand is. Hulle het die eienaar
van die kleinhoewe,
mnr Chris Wakeham, in kennis gestel wat die
brandweer en die polisie ontbied het. . Toe die brandweer om 11:13
die aand by die toneel
aankom, was die hele huis in ligte laaie.
Volgens die getuienis van mnr Krugell, die
6/...
6.
stasie-offisier wat in beheer van
die brandweer op die toneel was, was die brand te groot en te
verspreid om in een area te kon ontstaan
het. Nadat die brand geblus
is, is die erg verbrande en naakte liggaam van die oorledene in haar
slaapkamer gevind. Die mediese getuienis
was dat die oorledene beswyk
het as gevolg van drukking op die nek en dat sy reeds dood was toe
haar liggaam verbrand is. Dit is
onseker of die oorledene nakend was
toe sy deur beskuldigdes 1 en 2 oorval is en of sy deur hulle ontklee
is.
Ongeveer twaalf-uur die nag het
beskuldigdes 1 en 2 by die kamer van Samuel Gafane op 'n naby-geleë
kleinhoewe opgedaag. Samuel
en beskuldigde 2 se broer, Joseph Temba,
het saam daar gewerk en gebly, maar laasgenoemde is die vorige Vrydag
uit sy diens ontslaan
en was nie daar toe beskuldigdes 1 en 2 daar
aankom nie. Beskuldigde 1 het 'n rooi tas gedra wat
7/...
7.
beskuldigde 2 kort na hul aankoms
begin uitpak het. Daarin was allerlei besittings van die oorledene,
onder andere vleis en bier.
Hulle het die bier gedrink en die vleis
gaargemaak en geëet. Beskuldigde 1 het die oorledene se
goudkleurige leergordel gedra
wat hy aan Samuel te koop aangebied
het. Beskuldigdes 1 en 2 het die nag daar geslaap en die volgende dag
vertrek sonder die tas
en die ander besittings van die oorledene wat
die polisie later by Samuel se kamer gevind het. Volgens Samuel, wie
se getuienis deur
die Verhoorhof aanvaar is, kon hy geen teken by
enige van dié twee bespeur dat hulle onder die invloed van
drank was nie.
Volgens Joseph Temba, wie se getuienis ook deur die
Verhoorhof aanvaar is, het hy, nadat hy sy werk die Vrydag verloor
het, teruggekeer
na sy tuiste by 'n plekkie met die naam van Klipgat,
wat net wes van Pretoria geleë is. Beskuldigdes 1 en 2
8/...
8.
het die Sondagaand by hom
opgedaag, die nag daar geslaap en die betrokke Maandagoggend weer
vertrek. Hulle het die Dinsdagaand teruggekeer
na Klipgat met twee
tasse vol mans- en vroueklere. Beskuldigde 1 het van die klere vir
hom aangebied maar hy kon nie iets kry wat
hom pas nie. Beskuldigdes
1 en 2 het die Dinsdagnag daar geslaap, die Woensdagoggend na
Pretoria vertrek met die tasse, daardie aand
teruggekeer en die
Donderdagoggend weer met die tasse na Pretoria vertrek. Later daardie
dag het beskuldigde 2 alleen en met leë
hande teruggekeer nadat
hy waarskynlik daarin geslaag het om die klere te verkoop.
Beskuldigde 1 is gedurende die loop van die Donderdag
in Pretoria
gearresteer en beskuldigde 2 is dieselfde aand in Klipgat
gearresteer. Die volgende aand het beskuldigdes 1 en 2 die
ondersoekbeampte, luitenant Steyn, na 'n oop stuk veld naby 'n
bushalte,
9/...
9.
nie ver van die toneel van die
misdaad nie, geneem waar hulle twee koffers en twee drasakke aan
Steyn uitgewys het waar dit versteek
was onder gras en bossies.
Daarin was twee radio's, vroueklere, drank, kruideniersware en ander
artikels wat hulle uit die oorledene
se huis geroof het.
Beskuldigdes 1 en 2 het elk 'n
bekentenis voor 'n vredesbeampte afgelê wat deur die
Verhoorregter as getuienis toegelaat is.
In sy bekentenis het
beskuldigde 1 erken dat hy en beskuldigde 2 reeds die Sondag voor die
voorval daarvan gepraat het dat hulle
die oorledene gaan beroof.
Terwyl hulle die middag van die betrokke dag by 'n drankwinkel was
waar hulle saam vier bottels bier gedrink
het, het hulle besluit om
dit daardie dag te doen. Hy het die besluit van daardie dag verstaan
om te beteken dat hulle die oorledene
sou doodmaak en haar daarna
beroof. In sy
10/...
10.
getuienis by die verhoor het
beskuldigde 1 'n alibi geopper ten effekte dat hy nie naby die toneel
van die misdaad was nie. Dit is
deur die Verhoorhof as vals verwerp.
Beskuldigde 2 het in sy bekentenis te kenne gegee dat hy niks met die
oorsponklike plan om die
oorledene te beroof, te doen gehad het nie
en dat hy die eerste keer daarvan gehoor het kort voordat hulle die
betrokke aand die
oorledene se huis binnegegaan het. Volgens hom het
beskuldigde 1 hom die betrokke dag by sy werkplek kom haal en hom na
beskuldigde
3 se kamer geneem waar laasgenoemde gesê het dat
die oorledene baie geld het. Daarna het beskuldigde 3 die sleutel van
die
oorledene se huis aan beskuldigde 1 oorhandig "sodat ons die
witvrou wat daar woon, kon beroof". Ek vind dit moeilik om
te
aanvaar dat beskuldigde 1, indien dit sý plan was om die
oorledene te beroof, dit nie vroeër met beskuldigde 2 sou
11/...
11.
bespreek het nie. Dit is duidelik
uit hulle optrede tydens en na die pleging van die misdade dat elkeen
'n volle deelgenoot was in
die gesamentlike onderneming. My indruk is
dat hierdie 'n poging van beskuldigde 2 is om homself te
verontskuldig, net soos hy later
gedoen het toe hy by die verhoor
getuig het dat hy slegs wag gestaan het en niks te doen gehad het met
wat in die oorledene se huis
gebeur het nie. In die lig, onder
andere, van sy bekentenis, waarin beskuldigde 2 erken het dat hy saam
met beskuldigde 1 die oorledene
se huis binnegegaan en ten volle
deelgeneem het aan die aanval, verkragting en moord op die oorledene,
is hierdie getuienis tereg
deur die Verhoorhof as vals verwerp. Hoe
dit ook al sy, selfs al word in die guns van beskuldigde 2 aanvaar
dat hy eers kort vantevore
bewus geword het van 'n plan om die
oorledene te beroof, en dat hy nie daarby, soos beskuldigde 1,
verstaan het dat
12/...
12.
die oorledene doodgemaak wou word
nie, toon sy optrede daarna so 'n volle deelname in die pleging van
die misdade en 'n vereenselwiging
met beskuldigde 1 se planne en
optrede, dat daar nie op hierdie basis tussen die twee beskuldigdes
onderskei kan word nie.
In sy getuienis ter versagting het
beskuldigde 2 gesê dat hy en beskuldigde 1 die hele betrokke
middag gedrink het en dat hy
die aand sterk onder die invloed van
drank was. Hierdie getuienis is deur die Verhoorhof verwerp wat in sy
uitspraak op versagting
daarop wys dat beide van hulle die betrokke
aand presies geweet het wat hulle doen. Wat die ouderdom van
beskuldigde 2 betref, sê
die Verhoorhof in die uitspraak oor
versagting dat alhoewel hy slegs 19 en 'n half jaar oud was ten tyde
van die pleging van die
misdade, hy 'n persoon van klaarblyklike
volwassenheid is. Beskuldigde 1 was 22 jaar oud toe
13/...
13.
die misdade gepleeg is.
Sedert die
beskuldigdes se verhoor het die regsposisie met betrekking tot die
oplegging van die doodstraf met die inwerkingtreding
van die
Strafregwysigingswet 107 van 1990 ingrypend verander. Hierdie Hof het
nou 'n diskresie om, indien hy "van oordeel is
dat hy self nie
die doodvonnis sou opgel
ê
het
nie" die vonnis tersyde te stel en die straf opl
ê
wat na sy oordeel gepas is. By 'n app
è
l
teen 'n
doodvonnis oefen hierdie Hof
gevolglik 'n onafhanklike
diskresie uit en
hy moet self oordeel of, met inagneming van die strafversagtende en
-verswarende faktore wat uit die oorkonde blyk,
die doodvonnis "die
gepaste vonnis" ingevolge die nuwe art 277(2)(b) is. (
per
E M GROSSKOPF AR in
S v Senonohi
1990(4) SA 727(A) op 733C-D.)
Die woorde "die gepaste
vonnis" is reeds deur
14/...
14.
hierdie Hof uitgelê om te
beteken "die enigste gepaste
vonnis", sodat die doodvonnis
slegs in gevalle van uitsonderlike erns opgelê sal word. (
S
v Nkwanyana and Others
1990(4) SA 735(A) op 745E-F).
Namens beskuldigde 1 is betoog dat
die volgende strafversagtende faktore in sy guns aangemerk moet word:
eerstens dat hy verontreg
gevoel het omdat sy werkgewer, mnr Peter
Warnaby, die Saterdagoggend gedreig het om hom te ontslaan omdat hy
nie sy werk sou gedoen
het nie en verder omdat beide sy werkgewer en
die oorledene aan hom geld sou geskuld het. Vir hierdie betoog is
uitsluitlik staatgemaak
op wat beskuldigde 1 in sy bekentenis gesê
het. Toe beskuldigde 1 egter getuig het oor die insident tussen hom
en sy werkgewer
die Saterdagoggend, het hy gesê dat, hoewel
Warnaby hom aangespreek het omdat hy nie die vorige dag die perde in
die stalle
toegesluit het
15/...
15.
nie, dit nie waar is dat Warnaby
gedreig het om hom af te dank nie, en dat hy dit bloot gesê het
om die persoon wat sy bekentenis
afneem, gelukkig te maak. Volgens
beide beskuldigde 1 en Warnaby was hy gereeld afwesig van sy werk,
sodat 'n berisping vir hom sekerlik
nie vreemd was nie. Toe Warnaby
getuig het, is dit nooit aan hom gestel dat hy aan beskuldigde 1 geld
geskuld het nie en beskuldigde
1 het self nie so getuig nie. In elk
geval kan ek nie enige gevoel wat beskuldigde 1 teenoor sy werkgewer
gekoester het, as 'n versagtende
faktor beskou wat betref sy optrede
teenoor die oorledene nie.
Beskuldigde 1 se stelling in sy
bekentenis dat die oorledene hom nie betaal het vir die los werkies
nie, is nie in sy getuienis herhaal
nie. Inteendeel, toe hy uitgevra
is oor beskuldigde 3 se bewering in haar verklaring aan 'n
vredesbeampte dat hy
16/...
16.
die oorledene wou spreek omdat sy
hom nie betaal het nie (welke bewering beskuldigde 3 self in haar
getuienis as 'n opgemaakte storie
afgemaak het) het hy uitdruklik en
by herhaling gesê dat die oorledene hom niks geskuld het nie.
Die nodige getuienis ontbreek
gevolglik om die verontregte
gemoedstoestand waarvoor betoog is, te bewys.
Die tweede versagtende faktor wat
namens beskuldigde 1 aangevoer is, is dat hy beïnvloed is deur
die drank wat hy vroeër
die dag gedrink het. Daar is weereens
geen feitebasis vir hierdie betoog nie. Sy hele optrede die aand, die
wyse waarop die gruweldade
die een na die ander uitgevoer is totdat
hy en beskuldigde 2 uiteindelik daarin geslaag het om 'n groot
hoeveelheid goedere uit die
huis weg te dra en te versteek, toon geen
beïnvloeding deur drank nie. Dit spreek eerder van planmatigheid
en behendigheid.
17/...
17.
Samuel Gafane, by wie hy en
beskuldigde 2 teen middernag aangekom het, kon ook geen teken daarvan
bespeur dat beskuldigdes 1 of 2
deur drank aangetas is nie.
Die derde versagtende faktor
waarop namens beskuldigde 1 gesteun is, is die feit dat hy 'n vaste
werk gehad het ten tyde van die pleging
van die misdade. Volgens sy
werkgewer sou hy hierdie werk nie meer lank gehad het nie omdat hy
onbetroubaar was in sy werk. In die
omstandighede van die huidige
saak kan ek nie hierdie aspek as 'n versagtende faktor beskou nie.
Daar is na my mening slegs een
versagtende faktor in die guns van beskuldigde 1 naamlik dat hy geen
vorige veroordelings vir geweldsmisdade
het nie. Hy is op 8 Februarie
1983 as jeugdige tot 6 houe met 'n ligte rottang gevonnis vir poging
tot huisbraak met die
18/...
18.
opset om te steel en poging tot
diefstal van 'n
motorvoertuig.
Wat beskuldigde 2 betref is daar
betoog dat die volgende strafversagtende faktore aanwesig is:
eerstens sy jeugdigheid (soos reeds
genoem was hy 19 j aar en 5
maande oud toe die misdade gepleeg is); tweedens dat hy deur drank
beïnvloed is; derdens dat hy
deur beskuldigde 1 beïnvloed
is en dat hy eers kort vantevore verwittig is van die plan om die
oorledene te beroof; vierdens
dat hy nie na die oorledene se huis
gegaan het met die doel om haar dood te maak nie en laastens dat hy
nie vorige veroordelings
het vir geweldsmisdade nie. Wat die beroep
op beskuldigde 2 se jeugdigheid betref, het ek reeds hierbo verwys na
die Verhoorhof se
opmerking dat hy klaarblyklik 'n
volwassene is. Seskuldigde 2 het
twee keer by die verhoor getuig en die Verhoorhof het dus genoeg
19/...
19.
geleentheid gehad om 'n goeie
oordeel te vorm oor die graad van beskuldigde 2 se volwassenheid.
Volgens beskuldigde 2 het hy std 6
in die skool op Klipgat geslaag en
teen die einde van 1986 na die stad gekom. Hy het vir meer as 'n jaar
voor die pleging van die
misdade gewerk. Hy was getroud en het 'n
kind gehad. Volgens hom was hy en beskuldigde 1, wat twee jaar ouer
was as hy, goeie vriende
en het hulle gereeld by 'n
bepaalde shebeen saam gaan drink.
Sy lewenswyse was dus dié van 'n volwassene.
Wat betref die betoog dat
beskuldigde 2 deur drank beïnvloed is, was sy getuienis dat hy
en beskuldigde 1 die plek waar hulle
gedrink het, om halfsewe die
betrokke aand verlaat het. Die oorledene is eers omstreeks agt-uur
óie aand aangeval. Socs in
die geval van beskuldigde 1, is
daar ook in sy optrede by die pleging van die misdade en daarna geen
20/...
20.
aanduiding te vind dat hy enigsins
deur drank beïnvloed is nie.
Die verdere betoog was dat
beskuldigde 2 in sy optrede die betrokke aand deur beskuldigde 1
beïnvloed is. Die feitebasis vir
hierdie betoog ontbreek.
Alhoewel beskuldigde 1 ongeveer 2 jaar ouer as beskuidigde 2 is, is
daar niks wat daarop dui dat beskuldigde
2 die betrokke aand onder
beskuldigde 1 se invloed gehandel het nie. Toe hy oor óie
kwessie van versagtende omstandighede
oor hierdie aspek getuig het,
het hy wel gesê dat beskuldigde 1 die besluite geneem het in
hulle vriendskapsverhouding, maar
hy het nie gesê dat hyself
onwillig was of oorreed of aangemoedig moes word om die oorledene te
gaan beroof nie. Soos ek reeds
aangedui het, kan ek ook nie die feit
dat beskuldigde 2 eers op 'n laat stadium van die plan om die
oorledene te beroof, gehoor het,
as 'n
21/...
21.
versagtende faktor in sy guns
beskou nie. Soos uit sy bekentenis self blyk, was hy dadelik gewillig
om deel te neem aan die rooftog
en het hy inderdaad 'n volle aandeel
gehad in die pleging van die misdade, alhoewel daar oorgenoeg tyd vir
hom was om te besin. Daar
is verder betoog dat die feit dat
beskuldigde 2 na die oorledene se huis gegaan het met die opset om te
roof en nie om te dood nie,
as 'n versagtende faktor in sy guns
beskou moet word. Ek kan nie saamstem nie. Die verkragting en moord
van die slagoffer van 'n
beplande rooftog in die loop van die rooftog
is 'n verswarende, eerder as 'n versagtende faktor.
Na my mening is daar, soos by
beskuldigde 1, slegs een versagtende faktor wat in die guns van
beskuldigde 2 tel en dit is dat hy geen
vorige veroordelings vir 'n
geweldsmisdaad het nie. Hy het wel drie vorige veroordelings vir
ontsnapping uit
22/...
22.
aanhouding wat aldrie spruit uit
gebeure na die pleging van die betrokke misdade.
Ek kom nou by 'n oorweging van die
verswarende faktore. Die eerste verswarende faktor, na my mening, is
dat die misdade in die loop
van 'n beplande rooftog gepleeg is. Dit
kan met veiligheid aanvaar word dat beide beskuldigdes 1 en 2 geweet
het dat die oorledene
tuis was. Haar twee voertuie was daar geparkeer
en ek vind dit ondenkbaar dat nie een van die drie beskuldigdes van
haar teenwoordigheid
bewus sou gewees en daarvan sou gepraat het nie.
Beskuldigdes 1 en 2 moes dus die gebruik van geweld voorsien het. Die
feit dat die
oorledene in haar huis oorval en vasgebind is voordat sy
verkrag is, is 'n verswarende faktor by die verkragting. Die
gevoellossheid,
grusaamheid en wreedaardigheid waarmee sy daarna
doodgemaak is terwyl sy weerloos en aan die genade van beskuldigdes 1
en 2
23/...
23.
oorgelewer was, is 'n verswarende
faktor by die moord. Die wyse waarop die oorledene doodgemaak is, het
direkte opset om te dood vereis
en het voldoende tyd vir besinning
gelaat. 'n Verdere verswarende faktor ten opsigte van beide misdade
is beskuldigdes 1 en 2 se
optrede na die tyd toe hulle die oorledene
se huis aan die brand gesteek het om die spore van hul misdade uit te
wis en toe hulle
by Samuel Gafane se huis die oorledene se besittings
aan hom probeer verkoop het en geëet en gedrink het van die
vleis en bier
wat hulle van die oorledene geroof het. Laasgenoemde
optrede spreek van 'n totale gevoelloosheid oor hul dade vroeer die
aand.
Die uiteindelike vraag is dan of
dit gesê kan word, met inagneming van die strafversagtende en
-verswarende faktore, dat die
doodvonnis die enigste gepaste vonnis,
eerstens op die moordaanklag is.
24/...
24.
By die beslissing van hierdie
vraag moet die hoof-doelstellings van straftoemeting oorweeg word
naamlik
voorkoming, afskrikking,
vergelding en hervorming (S v
Senonohi
,
supra
op
734E-F). Wat betref die element van voorkoming, het hierdie Hof in 'n
onlangse uitspraak wat geiewer is na die inwerkingtreding
van die
Strafregwysigingswet 107 van 1990,
S v Bezuidenhout
1991(1)
SAKV 43 die volgende op 51 d-e gesê:
"'n Hof trag om die
gemeenskapsbelang te beskerm deur 'n herhaling van die veroordeelde
se misdadige vergrype te voorkom. Dit
spreek vanself dat waar (soos
in die onderhawige geval) dit oor 'n misdaad gaan wat vir die
gemeenskap inherent verderflik is, die
belange van die maatskappy
meer gewig sal dra as by die geval waar die gemeenskapsbelange minder
direk en nadelig getref word."
Na my mening is die gedrag van
beskuldigdes 1
25/...
25.
en 2 so afskuwelik en tot so 'n
mate aanduidend van 'n gehardheid en onverskilligheid teenoor
menslike lewe dat die oogmerke van afskrikking
en vergelding voorrang
behoort te kry bo die ander doelstellings van straftoemeting.
Gevolglik moet, wat die moord betref, hierdie
as 'n uiterste geval
beskou word waar die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Wat die vraag van die gepaste
vonnis vir die verkragting betref moet die geweld wat deel vorm van
die moord geignoreer word om te
verhoed dat dit twee keer teen
beskuldigdes 1 en 2 in aanmerking geneem word. Wanneer dit gedoen
word kan, na my mening, nie gesê
word dat dit 'n uiterste geval
is waar alleen die doodvonnis die gepaste straf is nie. Na my mening
sal reg geskied indien 'n vonnis
van 20 jaar gevangenisstraf vir die
verkragting vir elk van beskuldigdes 1 en 2 opgelê word.
26/...
26.
Gevolglik word die volgende bevel
gemaak.
Die appelle van beskuldigdes 1 en
2 teen die doodvonnis wat hulle op die moordaanklag opgelê is,
word afgewys;
Die appelle van beskuldigdes 1 en
2 teen die doodvonnis wat hulle op die aanklag van verkragting
opgelê is, slaag. Die doodvonnisse
op hierdie aanklag word
tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf
vir elk van beskuldigdes 1 en 2. In
elkeen se geval word gelas dat
die vonnisse wat hy ten opsigte van aanklagte 1, 2, 5 en 6 opgelê
is, saam uitgedien moet
word met die vonnis wat op die aanklag van
ver = kragting opgelê word, sodat elkeen se effek= tiewe
vonnis op aanklagte 1,
2, 3, 5 en 6 20 jaar gevangenisstraf is.
W. VIVIER AR.
EKSTEEN AR) Stem saam.