S v Mlumbi (70/90) [1990] ZASCA 153 (29 November 1990)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Attempted Murder — Appellants convicted of murder and attempted murder — Appellants claimed alibi but were found guilty based on evidence — Legal issue of whether the trial court erred in its findings and sentencing — Court upheld convictions and sentences, finding no mitigating circumstances and affirming the trial court's discretion in sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 153
|

|

S v Mlumbi (70/90) [1990] ZASCA 153 (29 November 1990)

CG SAAKNOMMER: 70/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak van:
DAVID SIBUSISO MLUMBI
Eerste Appellant
MUKUZUKU GIDEON KHUZWAYO
Tweede appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: HOEXTER, STEYN et EKSTEEN ARR
AANGEHOOR
: 6 NOVEMBER 1990
GELEWER
: 29 NOVEMBER 1990
U I T S P R A_A K STEYN AR
2
Die appellante kom met verlof van hierdie Hof in hoër beroep teen hul
skuldigbevindings en vonnisse. Hulle het as beskuldigdes
2 en 3 op 29 Augustus
1988 in die Zululandse Rondgaande Plaaslike Afdeling voor Kriek R en twee
assessore tereggestaan tesame met
twee mede-beskuldigdes, Luke Malinga (Luke) en
Nicklas Gazu, wat onderskeidelik beskuldigdes 1 en 4 was. Hulle het tereggestaan
op
twee aanklagte wat albei verband gehou het met 'n voorval op 30 April 1987 by
die huurmotorstaanplek (die staanplek) op Nongoma voor
die destyds nog
onvoltooide kleinsake besigheidskompleks (die sakekompleks). Dié
aanklagte was:
(1)
Moord op die 35-jarige
Tamsanqa (Tami) Luthuli (die oorledene) en
(2)
Poging tot moord op die oorledene se 26-jarige vrou, Dorcas Luthuli
(Dorcas).
By die aanvang van die verrigtinge, en
voordat die beskuldigdes gepleit het, is die verhoor van appellante
3
ingevolge art 157 van die Strafproseswet, no 51 van 1977, (die Wet) geskei
van dié van beskuldigdes 1 en 4. Appellante se verhoor
is toe voortgesit
en hulle het onderskeidelik beskuldigdes 1 en 2 geword. Albei het onskuldig
gepleit en elkeen se verweer was 'n
alibi. Albei het op die meriete getuig en
het ooreenkomstig hul verwere beweer dat hulle elders was ten tyde van bogemelde
voorval.
Albei is nietemin op 16 September 1988 op altwee aanklagte skuldig
bevind. Na skuldigbevinding het appellante hul mandate aan hul
onderskeie
advokate beëindig. Die verhoor is daarna uitgestel om appellante in staat
te stel om ander regsverteenwoordiging
te bekom. Op 2 Desember 1988 is die
verhoor hervat. Mnr
Fuller
het toe namens albei appéllante
opgetree. Die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede ten aansien van
die moordklag
is daarna deur die hof ondersoek. Appellante het nie weer getuig
nie en geen getuienis aangaande hierdie aspek
4
is namens hulle voorgelê nie. Die hof het bevind dat daar geen
versagtende omstandighede was nie. Albei appellante was eerste
oortreders. Hulle
is op die moordklag ter dood veroordeel en op die klag van poging tot moord
gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf
elk.
Weens die aard van appellante se
verweer is dit nie betwis dat die oorledene inderdaad vermoor is en dat daar
gepoog is om Dorcas
te vermoor op die tyd en plek in die klagstaat beweer nie.
Dit is slegs die identiteit van die booswigte wat in geskil is. Die onbetwiste
feite met betrekking tot die voorval is kortliks soos volg. Die oorledene was 'n
winkelier op Nongoma. Dorcas se vader is ook 'n
winkelier, blykbaar ook in
daardie omgewing. Luke is haar oom van moederskant. Hy het gepoog om op
bedrieglike wyse haar vader van
sy winkelbesigheid te ontneem. Dorcas en die
oorledene het Luke se poging gedwarsboom. Dit het kwade gevoelens tussen Dorcas
en oorledene
aan die een kant en Luke aan
5
die ander kant tot gevolg gehad. Sy en die oorledene het deur bemiddeling van
haar tante gepoog om die vrede tussen hulle en Luke
te herstel. Voordat dit
bewerkstellig kon word het Dorcas se oupa gesterf. Hy was ook Luke se vader.
Luke het Dorcas en die oorledene
daarvan beskuldig dat hulle vir die dood van sy
vader verantwoordelik was en het 'n klag daaromtrent teen hulle by die plaaslike
polisie aanhangig gemaak. Dorcas en die oorledene is déur die polisie
ondervra in verband met die aanklag. Hulle het skuld
ontken. Die polisie was
tevrede dat hulle onskuldig was en het hulle vrygelaat. Daar is nie voortgegaan
met die klag teen hulle nie.
Daarna het Dorcas en oorledene vir Luke in Nongoma
teengekom. Hy het gedreig dat hy weerwraak op hulle gaan neem omdat hulle sy
vader
doodgemaak het. Op 24 April 1987, dit wil sê 'n week voor die
gebeure by die reeds gemelde staanplek, was Dorcas en oorledene
per motor op pad
na Swaziland. Hulle het in Pongola by Luke
6
verby gery toe hulle na 'n motorhawe gegaan het om petrol in te gooi. Hy
was in 'n motor wat naby 'n stopstraat parkeer was. Hy het
vir hulle gelag. Twee
manspersone het by hom langs sy motor gestaan. Nadat hulle brandstof ingeneem
het, moes hulle weer by dié
stopstraat stilhou. Luke was nog steeds daar
geparkeer en die twee mans het nog steeds soos tevore by hom gestaan. Luke het
sy vorige
dreigement toe in wese herhaal. Hy het gesê hy sal binnekort
wraak neem op die oorledene en Dorcas vir die dood van sy vader.
Op die laat namiddag van 30 April 1987 sou die oorledene, sy vader, Oscar, en
neef, Vuyesile, en Dorcas van Nongoma na Swaziland gaan
in Oscar se Mazda
bakkie. Die punte daarvan het moeilikheid gegee en die oorledene tesame met sy
vader en Vuyesile het dit geneem
na die voormelde staanplek waar hulle voor die
sakekompleks stilgehou het. Hulle het die onderdele wat nodig was om die fout
mee
te herstel by 'n nabygeleë motorhawe gekry en
7
toe aan die bakkie gewerk. Dorcas het daar aangekom in 'n
ander motor saam
met 'n werknemer van die oorledene, Moni Gazu, 'n persoon by name van Thathawe
Mtolo en 'n paar klein kindertjies,
wat die reisgeselskap sou kom groet.
Alhoewel die sakekompleks nog nie voltooi was nie, was daar toe reeds 'n aantal
stalletjies
daarin in aanbou wat deur verkopers ens. betrek sou word. Die Mazda
was naby en parallel met dié stalletjies geparkeer. 'n
Aantal persone wat
deur die Deba Werwingskorporasie gewerf was, het daar rondgestaan. Hulle sou in
sekere van die stalletjies oornag.
Dorcas, die oorledene, Oscar en Vuyesile sou
almal voor in die bakkie sit vir die rit na Swaziland. Toe die fout met die
voertuig
herstel was het hulle begin inklim. Dit was toe ongeveer 18h00 en reeds
skemer, maar die sig was nog redelik goed. (Dorcas het getuig
dat sy nog 'n
persoon op 'n afstand van ongeveer 15 m sou kon herken.) Oorledene se vader sou
bestuur. Hy het omgeloop na die bestuurderskant
van die kajuit om
8
daar te gaan inklim. Vuyesile sou voor Dorcas inklim en
die
oorledene na haar, by die deur aan die
passasierskant. Terwyl Vuyesile besig
was om dit te doen
het 'n skoot agter Dorcas geknal vanuit die rigting
van
die stalletjies. Sy het omgekyk en 'n persoon gesien wat
ongeveer 4
treë weg van haar gestaan het by die ingang
van een van die stalletjies.
Hy het 'n handvuurwapen op
haar gerig gehou. 'n Tweede skoot het afgegaan.
Dié
koeël is rakelings by haar kop verby. Sy het gemeen
dit
was hy wat dié skoot na haar geskiet het en het op
vlug
geslaan. Hy het haar agterna gesit, ingehaal en
vasgegryp. Hulle het geworstel. Dorcas het die
vuurwapen,
wat steeds in sy hand was, vasgegryp,
luidkeels na die omstaanders om hulp
geroep en haar só
verbete teengesit dat haar aanvaller gedwing was om
hulp
in te roep. Hy het geskree (klaarblyklik na sy makkers)
"Kom help my!
Hierdie hond hou die vuurwapen vas!" Twee
persone het hom onmiddellik te hulp
gesnel. Een van
9
hulle het haar terstond met 'n byl op haar regter wysvinger gekap. Daarna het
al drie van hulle haar aangerand en met skerp metaal
voorwerpe te lyf gegaan. Sy
het uiteindelik geval maar is weer gekap op die linker wang. Sy het voorgegee
dat sy dood was. Een van
die aanvallers het haar met geskoende voet op die
linker wenkbrou geskop. Een van die drie het toe gesê dat hulle moet gaan,
die hond is dood. Hulle het toe laat spaander in die rigting van "Zungu se
busse". [Daardie busse het langs die hoofpad gestaan wat
agter die voormelde
sakekompleks verby loop.] Sy het probeer orent kom maar het haar bewussyn
verloor en eers in die hospitaal weer
bygekom. Net voor die eerste skoot het die
oorledene nog agter haar gestaan. Sy het nie opgelet wat daarna van hom geword
het nie.
Sý het hom eers weer gesien op die dag van sy begrafnis. Sy kon
die ander twee aanranders nie identifiseer nie. Dorcas was
baie ernstig beseer.
Moni Gazu, wat na die tweede skoot ook op vlug geslaan
10
het, weg van die onmiddellike omgewing van die skietery, heb haar te hulp
gesnel waar sy bewusteloos op die grond gelê het.
Hy het getuig dat sy 'n
gapende wond dwarsoor haar nek had net onderkant die kakebeen. Sy het deur
hierdie wond asemgehaal. Die inhoud
van die verslag van die ondersoek van Dorcas
deur dr Kaufmann op 30 April 1987 om ± 20h00, is deur die appellante tydens
die
verhoor skriftelik erken (Bewysstuk L paragraaf 6 en bewysstuk N paragraaf
1). Dit is bewysstuk M. Daarvolgens was haar beserings
soos volg:
twee ingedrewe skedelbreuke met oorheenliggende kopvel wonde; breuk van die
linker onderkaak met 15 cm-lange oorheenliggende skeurwond
horisontaal dwarsoor
die laer linker wang wat deurgaan tot in die onderlip en wat ook deur die
slymvlies van die mond dring; 'n 4
cm lange diep skeurwond op die regterwang wat
indring tot op die onderkakebeen; 'n 2 x 1 cm skeurwond aan die regterkant van
die
nek; 'n 10 cm lange skeurwond tussen die wys- en
11
middel vingers wat deurdring tot in die handpalm; breuk van linker oogkasrand
met kneusing en bloeding onder die oog se bindvlies;
die linkeroog verlam en
feitlik blind; linker onder-voortand uit en regter onder-voortand los. (Dorcas
se asemhaling het waarskynlik
deur die penetrerende wond van die linkerwang
gekom en sodoende by Moni Gazu die indruk gelaat dat sy deur 'n nekwond
asemhaal.)
Moni Gazu het op die agterste sitplek van die voertuig gesit waarin
hy gekom het en was ongeveer 15 tree van die Mazda af toe die
eerste skoot
geklap het. Dle Mazda het teenaan die sakekompleks gestaan. Hy het 'n tweede
skoot ook gehoor en het die oorledene sien
val. Hy het gemeen dit was die tweede
skoot wat hom neergevel het. Hy het die jaagtog en aanranding op Dorcas gesien
en staaf haar
weergawe daarvan in alle wesenlike opsigte, maar hy kon geen een
van die booswigte identifiseer nie. Hy het getuig dat Dorcas gevlug
het in die
rigting van hul motor. Moni Gazu en sý mede-insittendes het toe uit
12
die voertuig padgegee en gevlug na die groep gewerfdes,
maar is onverwyld
deur hulle verwilder. Hy het die
worsteling tussen Dorcas en haar
oorspronklike
agtervolger gesien, maar het getuig dat dié toe
geskree
het "Kom gou, kom gou, steek haar, steek haar". Twee
ander persone het hom gaan help. Moni Gazu het van 'n
afstand van ongeveer 20 tree gesien dat die drie persone
haar toe te lyf gaan, en dat een van hulle haar met 'n
blink voorwerp'kap. Hy het treffend getuig dat hulle
besig was om haar dood te maak. Sy het langs die motor
geval waaruit hy gevlug het en het daar bly lê. Haar
aanranders het toe laat spaander oor die staanplek, verby
"Zungu se plek", en het toe verdwyn. Daarna het hy
Dorcas te hulp gesnel soos reeds beskryf. Sy was
behandel in die Nongoma hospitaal vir ses dae en daarna
in die King Edward VIII hospitaal op Durban. 'n Operasie op die linkersy van
haar neusrug is in die Nongoma
hospitaal uitgevoer en sy was ten tyde van die verhoor
13
steeds 'n buitepasiënt by die King Edward VIII hospitaal vir behandeiing
van haar beskadigde linkeroog. Sy het toe ook nog steeds
gely aan hoof pyn weens
haar kopbeserings en aan swakker sig as tevore. Voor die aanranding kon sy nog
goed sien. Dit was klaarblyklik
'n genadelose en moorddadige aanranding op haar
en wie dit ook al uitgevoer het, het ongetwyfeld bedoel om haar dood te
maak.
Die oorledene is tromp-op geskiet van agter af. Appellante het die
korrektheid erken van die bevindings van dr Mthethwa, distriksgeneesheer
op
Nongoma, soos vervat in sy verslag, bewysstuk G, oor die lykskouing wat hy op 5
Mei 1987 uitgevoer het op die lyk van oorledene
(bewysstuk L paragraaf 5 en
bewysstuk N paragraaf 1). Appellante het sy getuienis ook nie betwis nie.
Daarvolgens is die oorsaak
van dood 'n skietwond aan die regter agterkop, agter
die regter oor, wat uitgebreide breinskade tot gevolg gehad het. Dr Mthethwa
het
drie
14
hael patroon korrels en 'n plastiese pluisie in die oorledene se
breinweefsels gevind. Daar was geen haelkorrel merke om die ingangswond
of
elders aan die liggaam nie. Daar was geen uitgangswond nie. Die geneesheer was
van mening dat daar nog haelpatroon korrels in
die breinweefsel kon gewees het.
Die dood sou onmiddellik na dié verwonding ingetree het. Volgens die
onbetwiste getuienis
van 'n deskundige op die gebied van die ballistiek wat
namens die Staat getuig het, konstabel Kloppers van die SA Polisie, moes die
skoot wat die oorledene aldus getref het, afgevuur gewees het met
'n
haelgeweer op 'n afstand van nie meer as 3 meter nie want op 'n groter
distansie sou die pluisie nie die skedel binnegedring het nie
en sou daar 'n
groter verspreiding van haelkorrels gewees het. Om ongeveer 07h00 op 1 Mei 1987
het konstabel N Buthelezi van die
KwaZulu Polisie op Nongoma die staanplek
deursoek en 'n flou koeël, bewysstuk 3, opgetel op die suidelike deel
daarvan, ongeveer
22
15
tree van waar die oorledene geskiet is. Dié koeel is later aan
konstabel Kloppers oorhandig en deur hom ondersoek. Hy was van
mening dat
vanweë die voorkoms daarvan dit uit 'n tuisvervaardigde vuurwapen afgevuur
moes gewees het.
Dorcas het voorts getuig dat sy eerste appellant na 30 April
1987 weer gesien het. Dit was op 'n
uitkenningsparade wat deur die SA
Polisie gereël was te Westville. Sy het hom daar uitgewys as een van die
persone wat haar op
30 April aangevál en aangerand het. Eerste appellant
is gearresteer op 25 Junie 1987 naby sy woning by die Adams Sending in
die
Durban gebied. Tweede appellant is gearresteer op 3 Julie 1987 by die
polisiestasie op Isipingo, nadat hy homself daar gaan oorgee
het in verband met
'n klagte wat nie met die onderhawige geval verband hou nie. Albei van hulle was
gearresteer op klagtes wat nie
verband gehou het met die Nongoma voorval nie.
(Die getuienis ten aansien van hul
16
arrestasies is gelewer tydens die binneverhore waarna ek later sal verwys.)
Dit is dan die onbetwiste getuienis.
Die betwiste getuienis is soos volg.
Dorcas het getuig dat eerste appellant een van die persone was wat by Luke se
motor op Pongola
gestaan het soos reeds beskryf. Dit was die eerste keer wat sy
hom gesien het, maar sy het hom daardie dag tweekeer gesien - met
die gaan na en
terugkeer van die vulstasie. Sy het voorts getuig dat dit ook hy was wat die
vuurwapen op haar gerig het by die staanplek
op Nongoma en haar toe agterna
gesit en aangerand het. Eerste appellant het haar bewerings heftig ontken en
het, soos reeds gemeld,
beweer dat hy elders was en niks weet van die vodrval op
Nongoma nie. Speurder-sersant Michael Mthembu van die Durbanse moord en
roof
eenheid van die SA Polisie het getuig dat tweede appellant hom op 6 Julie 1987
geneem het na 'n kraal in die Adams Sending gebied.
Tweede appellant het aldaar
'n rapport aan hom gemaak as gevolg waarvan hulle na 'n
17
woning in daardie kraal gegaan het, wat ook deur tweede appellant aan hom
uitgewys is. In dié se teenwoordigheid het Mthembu
aan ene Billy Shozi,
wat hulle daar aangetref het, gevra om 'n byl aan hom te oorhandig wat tweede
appellant daar sou gelaat het.
Shozi het daarop die byl, bewysstuk 4, van onder
'n bed uitgehaal en aan Mthembu gegee. Dit is 'n relatief klein handbyltjie,
ongeveer
30 cm lank; die lem is effe stomp, die boonste deel van die steel is
chroom-kleurig en die onderste deel is bedek met swart rubber.
Shozi was ook 'n
staatsgetuie. Hy het getuig dat tweede appellant ongeveer twee weke voordat die
byl aan die polisie oorhandig is
(dit wil sê op ongeveer 22 Junie) by
voormelde woning aangekom het. Dit was die eerste keer dat hy hom gesien het.
Shozi en
sy neef was tuis. Shozi gaan skool in Soweto en kom net met
skoolvakansies huis toe. Hy ken tweede appellant van geen kant af nie
en wis nie
wat sy naam is nie. Tweede appellant het in sy teenwoordigheid die byl
18
aan Shozi se neef oorhandig en hom gevra om die byl vir hom daar te hou; hy
het gesê dat hy op pad was na Umbumbulu en bang
was dat hy die polisie op
pad soontoe sou teenkom. Hy het bygevoeg dat hy later daardie dag die byl weer
sou kom haal. Die neef het
die byl gevat en tweede appellant het toe vertrek
maar het nie weer die byl kom haal nie. Tweede appellant het op geen stadium in
sy getuienis met die byl-insident gehandel nie. Dit is slegs tydens hul
onderskeie kruisondervragings aan Mthembu en Shozi gestel
dat hy nooit die byl
oorhandig het soos deur Shozi beweer nie of dit aan Mthembu gaan uitwys het nie,
en dat hy in der waarheid die
byl vir die eerste keer in die hof gesien het.
Albei getuies het egter voet by stuk gehou.
Dit is gemene saak dat eerste
appellant op Dinsdag, 30 Junie 1987, deur onder andere luitenant Loots van
voormelde moord en roof afdeling,
na die toneel van die misdade by die staanplek
op Nongoma geneem is en daar
19
sekere plekke aan hulle uitgewys het terwyl die foto's bewysstukke F1 en F2
daarvan geneem is. Eerste appellant het beweer dat hy
deur Loots en Mthembu
voorgesê is wat om uit te wys en hoe om te staan terwyl hy dit doen. Hy
het ook ontken dat hy toe enige
verklarings aan hulle gemaak het. Loots en
Mthembu het egter getuig dat hulle onbewus was van die ligging van die toneel,
dat eerste
appellant hulle soontoe geneem het en vrywilliglik op sy eie die
plekke uitgewys het en meegaande verklarings gemaak het, wat alles
deur Loots
daar en dan genotuleer is.
Dit is ook gemene saak dat die appellante kragtens art 119 van die Wet in die
landdroshof op Nongoma verskyn het op die onderhawige
klagtes, Eerste appellant
het op 30 April 1987 (kort na die gemelde uitwysings) aldus verskyn, en wel as
beskuldigde no 2. (Ene Zola
Mthethwa, wat oorlede is voor die aanvang van die
verhoor, was toe beskuldigde no 1.) Tweede appellant
20
het op 25 Augustus 1987 aldaar verskyn as beskuldigde no
5. (Luke en
Nicklas Gazu was toe onderskeidelik beskuldigdes no's 3 en 4). Die oorkonde van
die verrigtinge is by dle aanvang van
die verhoor deur die Staat ingehandig as
bewysstuk C. Daarvolgens het albei appellante onskuldig gepleit en op die
onderskeie datums
verklarings gemaak in terme van art 115 van die wet. Eerste
appellant het tydens sy getuienis op die meriete erken dat hy die verklaring
gemaak het soos daar genotuleer, maar het beweer dat hy nie wis of dit die
waarheid was of nie, omdat hy uit vrees weens 'n
doodsdreigement deur
sersant Mthembu, eenvoudig maar net verklaar het soos dié aan hom
voorgesê het, (Hy het nie in sy
vroeëre getuienis tydens die
reedsgemelde binneverhoor van so 'n dreigement melding gemaak nie en dit is ook
nooit namens hom
aan Mthembu gestel dat hy so 'n dreigement gemaak het nie.
Eerste appellant het egter beweer dat hy sy advokaat wel daarvan vertel
het.)
21
Tweede appellant het tydens die binneverhoor, waarmee ek nog gaan handel, in
die loop van hoof-ondervraging ontken dat hy die verklaring
gemaak soos in
bewysstuk C aangeteken. Hy het gesê "No, I did not say that, I know
nothing about that statement, I was confused,
I know nothing about that". Tydens
sy getuienis op die meriete het hy egter erken dat hy inderdaad so verklaar het,
maar het beweer
dat hy verward was toe hy dit gedoen het. Daar is twee
binneverhore gehou, tydens die verhoor. Die eerste was om te bepaal of tweede
appellant op 7 Julie 1987 te Durban 'n geskrewe bekentenis gemaak het aan
landdros F M Vorster, en indien wel, of hy dit gedoen het
onder omstandighede
wat voldoen aan die vereistes van art 217 (1) van die Wet. Tweede
appellánt het beweer dat hy na sy arrestasie
onderwerp was aan volgehoue
aanrandings deur 'n aansienlke aantal polisiemanne maar dat hy nooit enige
verklaring aan die gemelde
landdros of aan enigiemand anders gemaak het nie,
behalwe toe hy aan die
22
polisie gesê het dat hulle kan skryf wat hulle wil maar dat hy nie
bereid is om enige verklaring af te lê nie. Hy het
erken dat dit sy
handtekening is wat op die betrokke dokument (bewysstuk J) verskyn, maar het
gesê dat hy dié dokument
nie onderteken het nie en dit vir die
eerste keer sien nou dat dit aan hom getoon is. Hy het ook beweer dat hy na die
aanrandings
verplig is deur die polisie om "dokumente" te onderteken waarvan hy
die inhoud nie verstaan het nie. (Tydens sy getuienis op die
meriete het hy
steeds volgehou met sy ontkenning dat hy die verklaring, bewysstuk J, gemaak
het.) Die tweede binneverhoor was gehou
om te bepaal of eerste appellant die
gemelde uitwysings vrywilligiik en uit eie beweging gemaak het en inderdaad
daartydens enige
verklarings aan luitenant Loots gemaak het en ihdien wel of
hulle voldoen het aan die wetlike vereistes vir toelaatbaarheid. Die
verhoorhof
het bevind dat tweede appellant inderdaad die genoemde bekentenis aan die
landdros gemaak het en dat
23
dit toelaatbaar is. Die hof het eweneens bevind dat eerste appellant die
voormelde uitwysings vrywilliglik en uit eie beweging gemaak
het, dat hy
inderdaad die daarmee gepaardgaande verklarings aan luitenant Loots gemaak het
en dat hulle toelaatbaar is. Tweede appellant
se bekentenis en luitenant Loots
se nota's waarin die verklarings van eerste appellant aangeteken is, is daarna
ingehandig as bewysstukke
J en K onderskeidelik. Die hof het in die uitspraak op
die meriete appellante se getuienis aangaande die verklarings vervat in
bewysstuk
C verwerp. Dié bevindings (ten aansien van bewysstukke C, J en
K) is nie voor ons namens appellante aangeveg nie. Mnr
Fuller
, wat weer
eens namens albei appellante opgetree het, het ten aansién van die
bekentenis, bewysstuk J, slegs betoog dat dit
nie bewys is dat dit tweede
appellant was wat die bëkentenis afgelê het nie. Dié betoog
berus op die feit dat nog
die landdros nòg die tolk wat hom bygestaan
het, tweede appellant kon uitken
24
as die persoon wat die bekentenis gemaak het. Die landdros en tolk het albei
egter getuig dat die persoon wat die bekentenis, bewysstuk
J, gemaak het, sy
naam aan hulle verstrek het en die dokument onderteken het. Tweede appellant
het, soos reeds vermeld, erken dat
dit inderdaad sy naam en handtekening is wat
op bewysstuk J voorkom. Die betrokke polisiegetuie, speurder-konstabel Chonco,
het ook
getuig dat hy vir tweede appellant op daardie dag na. en van die
landdroshof geneem het en bewysstuk J daar saam met tweede appellant
ontvang het
vir terugneem na die polisiestasie. Die verhoorhof het bevind dat dit bo
redelike twyfel bewys is dat tweede appelant
die persoon is wat die gemelde
bekentenis afgelê het wat in bewysstuk J vervat is. Daardie bevinding is
na my oordeel klaarblyklik
korrek. Mnr Fuller het, soos reeds genoem, nie die
toelaatbaarheid van die verklarings en 'uitwysing soos vervat in bewysstukke C,
J en K aangeveg nie. Hy het trouens vir doeleindes van sy
25
beboog staatgemaak op die onderlinge verskille tussen die
verskeie
verklarings van elke appellant. Dié verklarings
sal nou in kronologiese volgorde uiteengesit word.
Voordat eerste
appellant op 30 April 1987 die uitwysings
gaan doen het soos voornoemd, is hy
op die vereiste wyse
deur luitenant Loots gewaarsku. Daarop het hy soos
volg
geantwoord:
"I understand. I want to point out where a person was shot. I dont know the
deceased. It was myself, Zola and Zukusa. Both Zola and
Zukusa fired one shot
each."
Die daaropvolgende verloop van die
uitwysings, en die
daarmee gepaardgaande verklarings, is soos volg deur
luitenant Loots opgeteken in bewysstuk K:
"
TIME
: 13h01. Depart from Nongoma Police Station. Km reading 134817.
Suspect instructs me to drive down the main road towards the shopping
centre. At
the taxi rank suspect instructs me to park my vehicle on a certain spot. He
informs me that the deceased's vehicle was
parked on the same spot when he was
shot. He also points out a spot next to a building (stalls) and informs me that
this the spot
is where they (suspect, Zola and Zukuza)
26
stood when the shots were fired. Two photographs taken. (One where the vehicle
was parked and one where they stood at the time of
the shooting. Km reading
134818. Time 1h09."
Sersant Mthembu het as tolk
opgetree. Hy was 'n lid van
die ondersoekspan. Die verklaring wat eerste
appellant
daarna gemaak het tydens die voormelde art 119
verrigtinge te
Nongoma, ook op 30 Junie 1987, is in die
volgende terme:
"I was in the vehicle with accused No 1 seated at the back seat.. I saw Zukuza
Khuzwayo producing a fire-arm and fired a shot. Thereafter
I saw a person
falling down. I did not know that person. I heard a second shot. Thereafter I
did not see anything except that we
ran away. We were travelling on foot. We ran
and got into a bush. I ran with accused No 1 and we found Cleopas Shangase and
Zukuza
Khuzwayo in front. We found them in the bush. We came to Nongoma in a
Kombi with a Nongoma registration. Zukuza Khuzwayo and Cleopas
Shangase were
known to me. I ran away because I became scared when a shot was fired. The Kombi
left us at Nongoma Village. It was
driven by one
Malinga."
Die bekentenis, bewysstuk J, wat tweede
appellant gemaak
het op 9 Julie 1989 soos voormeld, lui soos volg:
27
"Daar is 'n voorval wat te Nongoma plaasgevind het.
Daar is 'n persoon met die naam Malinga in Nongoma. Malinga het beweer dat daar
sekere persone wat hom gepla het, is te Nongoma.
Toe Malinga dit sê was hy
te Isipingo. Malinga het Sibusiso en my gevra om in die motor te klim en Zola
ook. Hy het die motor
bestuur na die plek waar ons bly. Ply wou gehad het dat 2
persone doodgemaak moes word. Malinga het ons gevra om wapens te neem.
Ons het
dit toe geneem. Sibusiso het 'n byl geneem, Zola het 'n vuurwapen geneem. Ek het
ook 'n Zoeloe vuurwapen (tuisgemaak) geneem.
Ons het toe gery in Malinga se
voertuig na Nongoma toe. Ons het toe daar gearriveer. Dit was al skemer toe ons
by Nongoma kom. Ons
het daar geslaap. Die volgende dag het Malinga ons die
persone uitgewys. Ons het sommer daar gebly want dit was gedurende die dag.
Die
persone het weggeloop. Om 5.30 het hierdie pêrsone teruggekom. Ons het toe
na hulle gegaan. Sibusiso het 'n meisie met
'n byl doodgemaak. Zola het 'n
manspersoon geskiet. Ek het ook afgevuur maar die koeël het nie die persoon
getref nie maar dit
is by hom verby. Malinga het Zola 'n Valiant motorvoertuig
geleen en hom ook 'n duisend rand gegee. Die geld is tussen die drie van
ons
verdeel - elk het R300 gekry. Dit is al."
Die
verklaring wat tweede appellant te Nongoma gemaak het
op 25 Augustus 1987, tydens die voormelde art 119
28
verrrigtinge, lui so:
"I saw accused shooting a person. I did'nt know whether he had quarrel. I did'nt
commit the offence."
Toe die appellante op 9 Oktober
1 987 weer in voormeide
landdroshof verskyn om in 'n voortsetting van die art 119
verrigtinge weer
te pleit op die finale klagstaat wat
aldaar teen hulle ingedien is, het albei
weereens
onskuldig gepleit en verklarings gemaak ingevolge art 115
van die Wet. Eerste appellant het toe soos vo.lg
verklaar, "I know nothing
about this case" en tweede
appellant so: "I dont know this offence and I
plead not
guilty to it." By die aanvang van die verhoor in die hof
a quo
het die appellante weer verklarings gemaak
ingevolge art 115. (Hulle is onderskeidelik bewysstukke
A en B.)
Dié van eerste appellant lui so (bewysstuk A):
"1. I know nothing about the commission of these
offences.
2. I have no independent recollection of
the day
29
30 April 1987 and cannot recall what I did on that day. All I know is that I was
arrested on 26 June 1987 and had never been to Nongoma
prior to the occasion
when I was taken there by the police to appear in
Court."
Die relevante gedeelte van die verklaring
wat tweede
appellant toe gemaak het lees soos volg (bewysstuk B):
"2. I plead not guilty to both counts against me on the following basis.
3. I know nothing about the commission of either crimes neither was I present
when they were committed.
4. To the best of my knowledge I was either at my home at Nkonka area or at my
place of employment at Isipingo Hyperama where I worked
irregular hours as a
casual labourer."
Toe hy op die meriete getuig het,
het eerste appellant
volgehou dat hy geen uitwysings aan luitenant Loots
gedoen het nie en niks aan hom gesê het nie, omdat hy nie
gevra was om enigiets te doen nie.
Volgens hul getuienis tydens die tweede
binneverhoor het die SA Polisie op die volgende wyse vir
30
die appellante met die voorval op Nongoma verbind. Op Saterdag, 27 Junie 1987
het eerste appellant sekere uitwysings gaan maak aan
luitenant Loots en sersant
Mthembu op Umlazi in verband met 'n ander saak. Op pad terug na Durban het hy
vrywilliglik, uit sy eie,
en as't ware uit die bloute, aan sersant Mthembu
gesê dat daar ook plekke op Nongoma is wat hy aan die polisie wil gaan
uitwys.
Die voormelde afdeling van die SA Polisie te Durban was op daardie
tydstip nog onbewus van die voorval op Nongoma. Nadat luitenant
Loots die saak
met sy takbevelvoerder bespreek het, is op Maandag 29 Junie besluit om eerste
appellant na Nongoma te neem. Toe hulle
op die Dinsdag in Nongoma aangekom het,
is luitenant Loots en die ander lede van die polisie wat hom, Mthembu en eerste
appellant
soontoe vergesel het, eers na die plaaslike polisiestasie om vas te
stel of daar werklik 'n saak by hulle aangegee was oor 'n voorval
aldaar en
indien wel, wie die ondersoekbeampte is. Hulle had
31
net eerste appellant se woord dat daar wel so 'n voorvai was en hulle wou
vasstel of hy die waarheid praat. Dit was toe vasgestel
dat daar inderdaad so 'n
voorval was. Luitenant Msinga van die KwaZulu Polisie was die betrokke
ondersoekbeampte. Hy is toe na die
polisiestasie ontbied. Appellant het tydens
gemelde binneverhoor ontken dat hy ooit enigsins aangebied het om uitwysings op
Nongoma
te gaan doen en het beweer dat hy herhaaldelik deur die polisie
aangerand en gefolter is. Hulle wou hê dat hy "die waarheid"
moes praat.
Hy het egter geweier om enige verklaring te maak. Later, tydens sy getuienis op
die meriete, het hy egter beweer, soos
reeds gemeld, dat hy uit vrees weens die
doodsdreigement deur sersant Mthembu, die verklaring vervat in bewysstuk C in
die art 119
verrigtinge gemaak het. Voor enige van die binne verhore het
luitenant Masinga op die meriete soos volg getúig. Hy is op 30
April 1987
na die polislestasie op Nongoma ontbied en het Loots hulle daar gevind. Hy
het
32
nie geweet dat eerste appellant by die genoemde voorval betrokke was nie, en
was verras om hom en lede van die Durbanse Polisie daar
te vind. Luitenant
Masinga het 'n
plan, bewysstuk D, van die staanplek en sakekompleks ingehandig, asook 'n
sleutel tot die plan, bewysstuk E. Dit toon aan waar die
Mazda en die tweede
voertuig parkeer was en sekere van die staatsgetuies gestaan het ten tyde van
die skietery en waar Dorcas aangerand
was. Die plan is egter nie volgens skaal
geteken nie, en is in sekere opsigte verwarrend. Dit is nie nodig om verder
daaroor uit
te wei nie. Op die dag van sy arrestasie, 3 Julie 1987, het die
polisie vir tweede appellant en Zola Mthethwa, wat toe reeds aangehou
was,
bymekaar gebring. Zolá het hom toe verbind met die Nongoma voorval.
Eerste appellant het op die meriete getuig dat hy nooit voor 30 Junie 1987 op
Nongoma was nie, dat hy nog nooit op Pongola was nie,
maar dat hy nie kan onthou
waar hy op 30 April 1987 was nie, of wat hy daardie dag
33
gedoen het nie. Destyds het hy 5 dae per week los werk op Amanzimtoti verrig.
Hy was egter nie in registreerde diens nie. Hy het bygevoeg
dat hy nooit van sy
werk afwesig was nie en dat hy derhalwe op 30 April 1987 by die werk was. Hy het
verduidelik dat hy die vraag
misverstaan het toe hy gesê het dat hy nie
kan onthou wat hy op daardie dag gedoen het nie. Later het hy egter gesê
dat
hy onseker is of hy toe inderdaad gewerk het. Hy het in sy vroeëre
bewerings oor aanranding herhaal en ook sy ontkenning dat
hy op Nongoma enigiets
deur luitenant Loots gevra is, of enigiets aan hom gesê of uitgewys het.
Hy het ook sy bewering herhaal
dat sersant Mthembu hom gesê het wat om aan
die landdros op Nongoma te sê, maar het bygevoeg dat Mthembu aan hom
gesê
het om die waarheid te praat.
In sy getuienis op die meriete het tweede appellant beweer dat hy op die dag
van die beweerde voorval loswerk verrig het "by die Hiperama"
(op
34
Isipingo). Hy kon die verskil tussen dié bewering en paragraaf 4 van
sy art 115 verklaring, bewysstuk B, nie verduidelik nie.
Hy het herhaal dat hy
niks weet van 'n verklaring aan 'n landdros nie. Wat sy verklaring in die notule
van die art 119 verrigtinge,
bewysstuk C, betref het hy weer erken dat hy dit
gemaak het, maar het verduidelik dat hy "Zola (Mthethwa) so hoor sê het
aan
die speurders" en het herhaal dat hy verward was toe hy die verklaring
gemaak het. Dit is nie nodig om die getuienis van die appellante
enigsins verder
uiteen te sit of ontleed nie. Ek wil net daarop wys dat die assessore
teenwoordig was tydens albei binneverhore.
Die verhoorhof het gevolglik al die
getuienis aangehoor.
Soos reeds vroeer in hierdie uitspraak aangedui, het die hof die
staatsgetuienis tydens die binneverhore gelewer, aanvaar en dié
van die
appellante verwerp. Oor die getuienis as geheel het die hof die volgende
bevind:
35
"In the judgments at the end of the two trials within a trial, we made
credibility findings in relation to all the witnesses who
testified in them. As
far as the remaining State witnesses are concerned, they all appear to us to he
honest witnesses and we have
no reason to doubt their reliability. Dorcas, in
particular, made a very favourable impression on us. She appeared to us to be an
intelligent and level-headed person and gave an honest an unbiased account of
the events in guestion. As far as the accused are concerned,
the quality of
their evidence and the general impression they made upon us as recorded in our
previous judgments, did not improve
when they gave evidence at the conclusion of
the trial. Putting it euphemistlcally, they did not make a favourable impression
on
us.
Weighing all the evidence before us we have no doubt but that the evidence of
both accused is false, beyond any reasonable doubt
wherever it conflicts with
the State's evidence."
Daar is
verskille tussen die weergawes van
Dorcas en Moni Gazu en tussen sekere van haar beskrywings
van distansies
en posisies en dié wat later deur haar
uitgewys en aangetoon is op die
plan, bewysstuk D. Dit
is ook so dat Dorcas nie in haar polisieverklaring gesê
het dat
eerste appellant 'n vuurwapen op haar gerig het
36
nie. Toe haar verklaring tydens kruisondervraging aan haar voorgelees is, het
sy egter self op daardie weglating gewys en het sy ter
verduideliking bygevoeg
"but I must have told the police". Daar is sekere ander onderlinge verskiile
tussen die weergawes van sekere
van die staatsgetuies, en ook tussen die
verskillende verklarings wat elk van die appellante gemaak het. Mnr Fuller het
na al hierdie
aspekte tydens sy betoog verwys maar het tereg. toegegee dat die
hof geen wanvoorligting ten aansien van die getuienis begaan het
nie. Hy het
slegs betoog dat die hof se evaluering van die getuienis foutief was. Dit is
lank reeds gevestigde reg dat indien daar
geen wanvoorligting op die feite is
nie die vermoede bestaan dat die verhoorhof se evaluering van die getuienis
aangaande die feite
korrek is, en dat 'n hof van appél alleenlik daarmee
sal inmeng indien dit oortuig is dat' daardie evaluasie verkeerd is.
REX v
DHLUMAYO AND ANOTHER
1948 (2) SA 677
(A) op 706 par 8. Ek is nie
37
oortuig dat die verhoorhof se evaluering van die getuienis verkeerd is nie.
Ek is inteendeel tevrede dat dit korrek is. Dorcas was
slegs ongeveer 4 tree van
eerste appellant af toe sy omgedraai en hom gewaar het. Hulle was toe aangesig
tot aangesig. Die "prentjie"
wat sy toe gesien het moes ongetwyfeld onder die
omstandighede in haar bewussyn en geheue ingebrand gewees het. Daarna was sy en
eerste appellant handgemeen en derhalwe nog nader aan mekaar. Sy het hom reeds
twee keer tevore gesien, op Pongola by Luke. Weens
hul kwade verhouding en Luke
se dreigement, sou haar aandag toe pertinent op hom en die persone by hom
toegespits gewees het, en
sou sy hulle voorkoms baie beter kon onthou het as wat
gewoonlik die geval met so 'n soort ontmoeting sou gewees het. Dat haar
identifikasie
van eerste appellant betroubaar is, blyk uit die feit dat sy hom
daarna op 'n uitkenningsparade uitgeken het. Alle redelike twyfel
daaromtrent is
uit die weg geruim deur sy verklarings en
38
uitwysings aan iuitenant Loots en sy verklaring tydens die art 119
verrigtinge in die landdroshof op 30 Junie 1987, soos opgeteken
in bewysstuk C.
Alhoewel dié verklarings met 'n blykbaar verontskuldigende opset gemaak
is, plaas eerste appellant hom daardeur
op die toneel as deel van die bende wat
oorledene doodgeskiet het. Dit pas in by Dorcas se getuienis oor sy optrede. Die
afwesigheid
uit haar polisieverklaring van die bewering dat eerste appellant 'n
vuurwapen op haar gerig het, is nie 'n bewys dat haar getuienis
daaromtrent
onwaar is nie. Haar reaksie toe sy dit agter gekom het dui op die teendeel.
Polisieverklarings is dikwels onvolledig,
soms selfs ten aansien van belangrike
feite. Die omstandighede waaronder en die besondere persoon aan wie so 'n
verklaring gemaak
was, is dikwels vir die onvolledigheid van sulke verklarings
verantwoordelik. Dié aspekte was nie ondersoek nie. In sy bekentenis,
bewysstuk J, plaas tweede appellant homself op die toneel
39
van die misdaad as 'n aktiewe lid van die moordbende wat die oorledene vir
vergoeding doodgeskiet het en gepoog het om Dorcas te vermoor.
Dat die inhoud
van bewysstuk J die waarheid is blyk uit die feit dat die flou koeël wat op
die toneel opgetel is uit 'n tuisgemaakte
vuurwapen afgevuur is. Die "Zoeloe
vuurwapen" waarvan tweede appellant melding maak, is, soos in bewysstuk J self
gemeld, 'n tuisgemaakte
wapen. Ander indikasies van waarheid is (i) die aard van
die aanranding op Dorcas soos deur tweede appellant beskryf, wat gestaaf
is deur
Dorcas se weergawe en die mediese getuienis; (ii) dat twee skote inderdaad
volgens Dorcas en Moni Gazu afgevuur is en (iii)
dat die tweede skoot volgens
Dorcas mis was. Die latere ommeswaai deur albei appellante van erkennings en
selfs bekentenisse af na
algehele ontkennings wat in hul getuienis met
klaarblyklike leuens gepaard gegaan het, dui op 'n betekenisvolle verandering
van houdings,
wat nie met onskuld strook nie, en in werklikheid die
40
teenoorgestelde aandui. Volgens Dorcas se getuienis was eerste appellant
minstens net so 'n aktiewe lid van die moordbende as wat
tweede appellant erken
het dat hy self was. Dit is duidelik dat die oorledene, Dorcas en hul geselskap
so behendig bekruip is dat
geen een van hulle enigiets agtergekom het nie totdat
die moordenaars so naby aan hulle was dat hulle die oorledene tromp-op kon
doodskiet. Al het nie een van die appellante oorledene self geskiet nie, het
albei nogtans aktief aan die beoogde doodmaakproses
deelgeneem. Eerste appellant
het nadat die oorledene reeds platgetrek was voortgegaan met die poging om
Dorcas ook te vermoor. Tweede
appellant het met 'n klaarblyklik moorddadige
bedoeling die skoot met sy tuisgemaakte vuurwapen afgeskiet. Hy het bedoel om
daarmee
sy teiken te tref. Dit blyk duidelik uit die beskrywing daarvan in
bewysstuk J. Elkeen erken ook op sy eie dat hulle deur Luke na
Nongoma gebring
is. Daar is weliswaar 'n potensiële gevaar van verdraaiing van
41
feite of van dwang ens, verskuil in die deelname van 'n
lid van die
ondersoekspan aan uitwysings en verklarings deur 'n beskuldigde (
S v KHOZA EN
'n ANDER
1984 (1) SA 75
(A) en
S v MBATHA
1987 (2) 272 (A)), maar die
verhoorhof was bewus daarvan en het dit in ag geneem by die evaluering van die
getuienis. Die moontlikheid
dat daar in die geval van sersant Mthembu werklik s6
'n gevaar bestaan het, is na my oordeel in elk geval effektief uitgeskakel deur
die voormelde wyse waarop die Durbanse polisie van die voorval op Nongoma te
hore gekom het, die feit dat eerste appellant se uitwysings
en daarmee
gepaardgaande verklarings in wese ooreenstem met Dorcas se beskrywing, en ook
deur sy leuenagtigheid. Appellante en die
ander lede van die bende het bo alle
redelike twyfel opgetree met die gemeenskaplike opset om die oorledene en Dorcas
te vermoor.
Na my mening was appellante tereg op albei aanklagte skuldig
bevind.
Wat die doodvonnisse aan appellante opgelê
42
betref, geld die volgende. Die verhoor is afgehandel en die doodvonnisse
opgelê in wat nou die "ou bedeling" van bestraffing
met die dood vir moord
genoem kan word. Daardie bedeling het tot 'n einde geloop op 27 Julie 1990 toe
die bepalings van die Strafproseswet,
no 51 van 1977, rakende die oplegging van
die doodvonnis ingrypend gewysig is deur die Strafregwysigingswet, no 107 van
1990. Daardeur
is die verpligte doodstraf vir moord afgeskaf en die begrip
"versagtende omstandighede" met die daarmee gepaardgaande leerstukke,
uit ons
Strafprosesreg verwyder. Die inslag van daardie wysigings is reeds breedvoerig
uiteengesit, oorweeg en ontleed in 'n reeks
onlangse beslissings van hierdie
Hof, soos byvoorbeeld:
OBED MASINA AND TWO OTHERS v THE STAT
E (13
September 1990);
ABEL SENONOHI TEEN DIE STAAT
(17 September 1990);
JOHN MEMFU NKWANYANA AND TWO OTHERS v THE STATE
(18 September 1990);
PAUL BEZUIDENHOUT TEEN DIE STAAT
(12 September 1990); en
ROBERT MDAU
TEEN DIE
43
STAAT
(28 September 1990). Dit is nie nodig om daardie beslissings
almal afsonderlik te behandel nie. Opsommenderwys is die uitwerking
van die
"nuwe bedeling" soos in hulle ontleed en uiteengesit, onder meer die
volgende:
(1)
die oorwegings wat geld by
die besluit of die doodvonnis opgelê moet word al dan nie is nou basies
dieselfde by alle halsmisdade;
(2)
die
doodvonnis word slegs vir moord opgelê aan 'n beskuldigde wat daarmee
strafbaar is as die verhoorregter, met inagneming
van die bevindings van die
verhoorhof betreffende die aan- of afwesigheid van strafversagtende en
-verswarende faktore, oortuig is
dat die doodvonnis die gepaste straf
is;
(3)
'n appèl soos die onderhawige
word voortgesit en afgehandel asof die wysigings reeds van krag was tydens die
verrigtinge in
die verhoorhof;
(4) (a) hierdie Hof
kan met 'n doodvonnis inmeng
44
nieteenstaande die afwesigheid van wanvoorligtings of
onreëlmatighede
by die oplegging daarvan indien hierdie
Hof van oordeel is dat hy self nie
die doodvonnis sou
opgelê het nie;
(b) in so 'n geval kan die doodvonnis tersyde gestel word
en kan hierdie
Hof dan die straf oplê wat na sy oordeel
gepas is.
Vir sover dit hierdie Hof aangaan is dle effek
van die nuwe bedeling soos volg saamgevat deur E M
GROSSKOPF AR op bl 15 van sy uitspraak in die
SENONOHI
-
saak, supra:
"By 'n appèl teen 'n doodvonnis oefen die Appèlhof dus nou 'n
onafhanklike diskresie uit. Hy moet self oordeel of, met
inagneming van die
strafversagtende en -verswarende faktore wat uit die oorkonde blyk, die
doodvonnis 'die gepaste vonnis' ingevolge
die nuwe artikel 277(2)(b) is. Deur
die invoeging van artikel 322(2A) het die Wetgewer dus afgewyk van die beginsel
wat tot dusver
in appelle teen vonnis gegeld het, naamlik dat die hof van
appèl slegs kan ingryp as die verhoorhof nie sy diskresie behoorlik
uitgeoefen het nie. Tans kan hierdie hof 'n doodvonnis ter syde stel selfs waar
die
45
verhoorhof se diskresie-uitoefening onbesproke is, en bloot op grond daarvan dat
hierdie hof 'n ander mening huldig oor die gepastheid
van die
doodvonnis."
In die
PAUL BEZUIDENHOUT
-saak,
supra, het HOEXTER AR die
volgende daarby gevoeg (op bl 15):
"Hieruit volg dat ... dit vir hierdie hof onnodig is om oor die korrektheid al
dan nie van die verhoorhof se bevinding in verband
met die afwesigheid van
versagtende omstandighede te beslis. Oor die vraag of die doodvonnis 'n gepaste
straf vir die appellant sou
wees, moet hierdie hof sy eie diskresie laat
geld."
Hierdie Hof het voorts in
bogemelde reeks sake
onder andere beslis:
(a)
dat die frase
"strafversagtende faktore" 'n ruimer begrip behels as die uitdrukking
"versagtende omstandighede" wat in die ou bedeling
gegeld
het;
(b)
dat by die oorweging of 'n doodvonnis
"die gepaste straf" is, die algemene riglyn is dat "die wetgewer beoog het dat
die doodstraf
voortaan net in gevalle van uitsonderlike erns opgelê sou
word" (per E M GROSSKOPF AR
46
in
SENONOHI
, supra, op bl 19), of, anders gestel dat "the imposition of the
death sentence will be confined to exceptionally serious cases where
(in the
words of NICHOLAS AJA in
S v J
1989 (1) SA 669
(A) at 682D, albeit in a
different context) 'it is imperatively called for'" (per NESTADT AR in
NKWANYANA
, supra, op bl 32);
(c) dat strafversagtende en -verswarende
faktore nie
opsigself die beslissende oorwegings is nie, in die sin
dat
die afwesigheid van strafversagtende faktore tot
gevolg sal hê dat die
doodvonnis die gepaste straf is, of
dat die aanwesigheid van strafverswarende
faktore
noodwendig dieselfde gevolg sal hê;
(d) dat indien daar beide strafversagtende sowel as -
verswarende faktore
aanwesig is, moet hul onderskeie
inwerkings op die strafwaardigheid van die
besondere
oortreder deeglik teen mekaar opgeweeg word om daardeur
te
besluit of bestraffing met die dood die gepaste vonnis
is. (In hierdie proses
moet die hoof doelstellings van
47
bestraffing, te wete, afskrikking, voorkoming, hervorming
(rehabilitering) en vergelding, steeds voor oë gehou
word);
(e) dat die uitdrukking "die gepaste straf" uitgelê moet
word as
betekenende "die enigste gepaste straf".
By die oorwegíng van die vraag of die
doodvonnis in die onderhawige geval "die enigste gepaste
bestraffing" vir
die appellante se misdaad is moet die
welbekende triade by strafbepaling ook
nog steeds in ag
geneem word, te wete,
(i) die misdadiger as persoon;
(ii) die aard van sy misdaad en die wyse waarop hy dit
gepleeg het; en
(iii) die belange van die gemeenskap wat deur die
vergryp geraak word.
Die gepastheid van die doodvonnisse aan die
appellante opgelê moet nou oorweeg word. Die persoonlike
omstandighede van appellante is soos volg. Albei is
48
eerste oortreders. Eerste appellant was destyds 24 jaar oud en ongetroud,
maar was aan die betaal van "lobola" om hom in staat te
stel om met die vrou te
trou met wie hy voor sy arrestasie saam geleef het en by wie hy vier kinders het
wie se ouderdomme wissel
van 3 to 7 jaar. Hy was in diens soos reeds vermeld,
teen 'n salaris van R250,00 per maand, maar het slegs tot "klas 1" op skool
gevorder. Tweede appellant was destyds 25 jaar oud en het slegs tot "klas 2" op
skool gevorder. Hy was, soos ook reeds gemeld, in
diens by die Hiperama op
Isipingo, waar hy gewerk het vir ongeveer 6 maande voor 30 April 1987. Hy was
destyds verloof en het 5 kinders
onderhou, wie se ouderdomme gewissel het van 2
to 7 jaar. Hulle is blykbaar sy kinders by sy verloofde.
Beide appellante is weens die feite dat huile eerste oortreders is en nog
redelik jonk is, waarskynlik rehablliteerbaar. Dit is strafversagtende
faktore;
so ook die feit dat albei gewerk het en hul verdienste
49
waarskynlik gebruik het om hul families te onderhou.
Die moord deur appellante gepleeg is egter uiteraard ernstig en gevolglik 'n
strasfverswarende faktor. Die motief waarmee en wyse
waarop hulle dit gepleeg
het, is na my oordeel, verder ernstig strafverswarend. Hulle was albei lede van
'n sluipmoordenaars-bende.
Dit
blyk duidelik uit die wyse waarop hulle en
hul deelgenote vir oorledene met voorbedagte rade van agter af besluip het en
doodgeskiet
het. Dat die moord wat hulle op die oorledene gepleeg het dié
soort was wat in die volksmond 'n "kontrakmoord" heet, is ewe
duidelik. Hulle
was albei, uit eie erkenning, voor die moord in noue kontak met Luke, die
persoon wat 'n moorddadige wraak teen die
oorledene en Dorcas gekoester het en
openlik gedreig het om dit ten uitvoer te bring. Hulle het trouens elkeen
afsonderlik erken
dat hulle in Luke se voertuig na Nongoma geneem is - (eerste
appellant in bewysstuk C en tweede appellant in
50
bewysstuk J). Tweede appellant het trouens in bewysstuk J erken dat hy en
andere met Luke ooreengekom het om twee persone (klaarblyklik
die oorledene en
Dorcas) teen vergoeding te vermoor, en dat hy R300,00 ontvang het as sy deel van
die vergoeding vir die moord. In
sy geval was d.it gevolglik 'n kontrakmoord
teen vergoeding. Wat eerste appellant betref is daar weliswaar, soos mnr Fuller
betoog
het, geen direkte bewys dat hy met Luke ooreengekom het om die oorledene
en Dorcas te vermoor nie, of alternatiewelik, dat hy dit
teen vergoedlng gedoen
het nie. Eerste appellant se verbintenis met Luke aan die een kant en die moord
op oorledene en poging om
Dorcas te vermoor, aan die anderkant, was egter
klaarblyklik nie toevallig nie. Hy was by gewees toe Luke op Pongola sy
wraakdreigement
teenoor Dorcas en die oorledene geuiter het. Eerste appellant
het hulle van geen kant af geken nie. Daar was geen onskuldige rede
vir hom om
op 30 April 1987 in Nongoma te wees nie, en hy
51
had geen persoonlike rede om hulle enige leed aan te doen
nie. Hy was egter kort voor die moord in noue aanraking
met die persoon wat hulle wel ernstige leed wou aandoen.
En dié
persoon het hom na Nongoma geneem. Die wyse
waarop hy deelgeneem het in die
aanval op Dorcas is
sprekende bewys dat iets hom beweeg het om haar en
die
oorledene te wou uitwis. Die enigste redelike
moontlikheid is dat hy daartoe beweeg is deur 'n
ooreenkoms tot dien effekte met Luke. Dit is nie vir
hierdie Hof om te spekuleer oor ander moontlike redes vir
sy optrede nie. Daar was geen suggestie dat daar 'n ander
rede daarvoor was nie en geen sodanige rede is enigsins
waarneembaar uit die bewese feite nie. Vgl
S v GLEGG
1979 (1) SA 34
(A) op 38H-39A. Dit is gevolglik na my
oordeel bo redelike twyfel bewys dat eerste appellant aan
die moord op die oorledene deelgeneem het en gepoog het
om Dorcas te vermoor omdat hy 'n ooreenkoms met Luke gehad
het om dit namens hom te doen. Daar was geen ander rede
52
vir hom om dit te doen nie. Dit is waarskynlik dat dit 'n
bepaling van die
ooreenkoms was dat hy vir die moorde vergoed sou word. Maar bewys op 'n oorwig
van waarskynlikhede is nie genoeg
nie. Vir doeleindes van hierdie uitspraak moet
dit derhalwe aanvaar word dat hy met Luke ooreengekom het om die moorde gratis
ten
behoewe van hom te pleeg.
'n Kontrak-sluipmoord is 'n verfoeilike vergryp
wat mense van vroegtyd af al met afgryse vervul. Dit is ook 'n soort misdaad wat
dodelike
gevaar inhou vir enige menslike gemeenskap. Dit is trouens die soort
gruweldaad wat 'n besonder sombere betekenis gee aan die eeue-oue
uitdrukking
homo homini lupus. Die hedendaagse Suid-Afrikaanse gemeenskap word ernstig deur
sulke gedrag bedreig, en durf. dit nie
duld nie. Dit is 'n ope vraag wat moreel
gesproke die afkeuringswaardigste is - 'n
kontrakmoord teen vergoeding of 'n gratis kontrakmoord waarvoor daar geen
ander rede is as bloot net die
53
ooreenkoms nie. In die eersgenoemde geval is die
beweegrede 'n
weersinwekkende geldgierigheid, en in laasgenoemde 'n weersinwekkende
gevoelloosheid of selfs wreedheid.
Die onderhawige moord is na my oordeel in die
geval van albei appellante derhalwe een van uitsonderlike erns, en is die
oorweging van die openbare belang
beslissend. Die strafverswarende faktore
oortref in
hierdie geval ten aansien van beide appellante die
strafversagtendes tot so 'n mate dat die doodvonnis vir
die moord op die
oorledene die enigste gepaste straf is
vir elkeen van hulle.
Die poging om Dorcas te vermoor, die wreedheid
en volharding waarmee dit gepaard gegaan het, en die
bedreiging wat dit inhou vir die openbare belang weens
die feit dat dit onlosmaaklik gekoppel is aan die moord
op die oorledene, verleen aan dit 'n besondere graad van
erns wat gedugte bestraffing verg in die vorm van 'n lanqg
54
termyn van gevangenisstraf. Daar is na my mening geen rede om met die
vonnisse ten aansien van die tweede aanklag aan die appellante
opgelê in
te meng nie.
Die appèlle van albei appellante teen hul
skuldigbevindings en vonnisse word van die hand gewys.
M T STEYN AR STEM SAAM:
HOEXTER AR) EKSTEEN AR)