About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 144
|
|
S v Bakkes (375/90) [1990] ZASCA 144 (26 November 1990)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak
tussen:
CAREL-JOHN BAKKES
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
E M GROSSKOPF, SMALBERGER et STEYN, ARR
VERHOOOR:
26 November 1990
GELEWER:
26 November 1990
UITSPRAAK MONDELINGS GELEWER NA AFLOOP VAN DIE ARGUMENT
E M GROSSKOPF, AR
1
Ons is versoek om hierdie saak so gou as moontlik af te handel aangesien die
appellant, ooreenkomstig die verhoorhof se vonnis, reeds
vanaf 15 Januarie 1991
gemeenskapsdiens moet lewer, en hy tans moet beplan vir sy toekomstige loopbaan.
Ons het tot 'n besliste gevolgtrekking
oor die uitslag van die appêl
gekom, en onder die omstandighede is dit dus gepas dat ek onmiddellik uitspraak
lewer.
Die appellant is skuldig bevind aan strafbare
manslag.
Hierdie skuldigbevindng het ontstaan uit 'n
skietvoorval. Die hof
a quo
het die relevant feite soos volg
saamgevat.
"Beskuldigde is op 11 Oktober 1970 gebore wat beteken dat hy 16 jaar en ietwat
meer as sewe maande oud was tydens die voorval. Op
daardie stadium was hy in
standerd nege. Gedurende die dag van die gebeure was hy vir alle praktiese
doeleindes in beheer van die
plot (waar hy by sy ouers gewoon het) en moes hy
toesien na die veiligheid van sy twee jonger susters en broer. Hy was verder
toevertrou
met nie alleen 'n ,22 geweer nie maar ook met 'n 7,62 mauser waarmee,
volgens dr Marais, olifante gedood kan word. Hy was ook nie
onkundig van die
verskynsel van opslagkoeëls nie. Hy het self getuig dat hy bewus was van
die gevare verbonde aan die gebruik
van vuurwapens en die gevare verbonde
daaraan as daar in die algemene rigting van mense geskiet word. Hy blyk ook
terdeë bewus
te wees van die feit dat die
2
afvuur van 'n vuurwapen vanuit die heupposisie onakkuraat 'in enige rigting'
kan wees. Hy is ook terdeë bewus daarvan dat 'n
7,62 geweer 'n veel
gevaarliker wapen as 'n ,22 geweer is.
Voormelde kennis is volgens algemene ervaring ook diê kennis wat 'n
redelike man in die betrokke omstandighede sou hê.
Nieteenstaande
bewustheid van wat hierbo vermeld is, bewapen beskuldigde hom met die 7,62 en
gebruik hy dit inderdaad toe hy die
oorledene en die klaer gewaar. Die wyse
waarop hy dit gebruik gaan mank aan die wyse waarop die redelike man dit sou
gebruik het.
Op 'n afstand van 100 meter lê hy op die algemene rigting van
die oorledene en die klaer aan, weliswaar nie direk op hulle
nie maar in lyn met
hulle en na 'n punt ongeveer twee meter onderkant die plek waar hulle gesit het.
Wat meer is, daardie punt is
op 'n rotskoppie waarvan die helling skuins in die
rigting van die oorledene en die klaer opgeloop het. Ongeag die gevare waarvan
hyself bewus is, vuur hy die eerste skoot in daardie rigting. Op die getuienis
van dr Marais, prof Loubser en kaptein Wolmarans,
welke getuienis ons onomwonde
op hierdie punt aanvaar, moes twee koeëls in daardie algemene rigting
afgevuur gewees het. Alhoewel
beskuldigde beweer dat hy slegs een koeël
daarheen afgevuur het, is dit so dat hy self sê dat hy vanaf 'n
heupposisie
twee verdere skote afgevuur het. Dat een van daardie skote ook tot
gevolg gehad het dat die oorledene getref is spreek in effek vir
sigself. Op sy
eie weergawe behoort hy te besef het dat van daardie skote die oorledene kon
tref."
Ek stem met hierdie uiteensetting saam.
Op appèl voor ons is daar veral geargumenteer dat die
3
appellant ten tye van die voorval net 16 jaar en 7 maande oud was, en dat sy
jeug in ag geneem moes gewees het by die beoordeling
van die vraag of hy nalatig
was. Daar is 'n deeglike en interessante argument uiteengesit in die partye se
betooghoofde oor die vraag
of die toets by nalatigheid altyd 'n
objektiewe
een is, en of die hof ook subjektiewe faktore in ag mag neem. Myns insiens is
dit nie nodig om hierdie vraag te beslis
nie. Selfs al sou 'n mens die appellant
se persoonlike omstandighede in ag neem blyk dit dat, al was hy jonk, hy
aansienlike ondervinding
van vuurwapens gehad het, en gereeld vuurwapens gebruik
het. Ek vind dit moeilik om te glo dat hy nie geweet het van die moontlikheid
van opslagkoeëls, selfs by die 7,62 mauser nie. Hoe dit ook al sy, die
vraag is nie of hy geweet het van die moontlikheid van
opslagkoeels nie, maar of
hy, as 'n redelike mens, behoort te geweet het. Myns insiens behoort selfs 'n
sestienjarige te weet dat
dit gevaarlik is om met 'n
vuurwapen naby mense te
skiet, en dit geld veral vir 'n
sestienjarige wat ondervinding in die
gebruik van vuurwapens het.
4
Ek meen dus dat die skuldigbevinding in orde was.
Dit bring my dan by die
vonnis. Die appellant is gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf wat vir 5 jaar
opgeskort is onder sekere voorwaardes,
en veral 'n voorwaarde dat hy 2250 uur
gemeenskapsdiens verrig. Daar is betoog dat hierdie vonnis te swaar is. Die
verhoorhof het
getuienis ten opsigte van vonnis aangehoor en het 'n deeglike en
ewewigtige uitspraak oor vonnis gelewer waarmee ek saamstem. Weens
die
omstandighede wat die verhoorhof genoem het, meen ek dat daar geen gronde is om
by die opgelegde vonnis in te meng nie.
Die appèl teen skuldigbevinding en vonnis word
afgewys.
E M GROSSKOPF, AR
SMALBERGER, AR
STEYN, AR Stem saam