S v Malepe (63/90) [1990] ZASCA 143 (26 November 1990)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentence — Appellant convicted of murder, rape, robbery, and assault — Appellant's involvement in a planned robbery resulting in the murder of the victim and assault on her children — Appeal against conviction for murder and sentence of death — Court finding no mitigating circumstances applicable to the appellant — Appellant's actions and participation in the crime established through his own statements and evidence — Appeal dismissed, conviction and sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 143
|

|

S v Malepe (63/90) [1990] ZASCA 143 (26 November 1990)

CG SAAKNOMMER: 63/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELIN)
In die saak van:
PAULUS MALEPE
"Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: SMALBERGER, EKSTEEN et NIENABER ARR
AANGEHOOR
: 12 NOVEMBER 1990
GELEWER
: 26 NOVEMBER 1990
UITSPRA
AK
NIENABER AR
2
Die appellant is op 18 Augustus 1989 ter dood veroordeel. Die verhoorhof het
bevind dat hy, tesame met twee trawante, vir die moord
op mev Magarieta Parra
Melindra verantwoordelik was en dat daar in sy, anders as in hul geval, geen
versagtende omstandighede was
nie.
Die moord is tydens 'n vooraf-beplande
rooftog gepleeg toe die drie van hulle die oorledene in haar huis oorrompel het.
In die proses
is sy eers verkrag en toe met 'n elektriese koord verwurg. Haar
twee jong kinders, Sandra, 'n 11-jarige dogter, en Sergio, 'n seun
van 9, was
tydens die voorval saam met haar in die huis. Toe die seuntjie sy ma te hulp wou
snel, is hy met 'n mes deur die hand
gesteek. Ook is daar by 'n kafee van die
oorledene se man ingebreek. 'n Aantal artikels is gesteel. Van die artikels
sowel as die
oorledene se besittings is later by die appellant en een van sy
mede-beskuldigdes gevind.
Dit het alles tot 'n verhoor voor Hartzenberg R en
twee assessore in die Transvaalse Provinsiale Afdeling
3
gelei. Die appellant, wat ten tyde van die misdaad 22 jaar oud was, en sy
twee mede-beskuldigdes, wat onderskeidelik as 16 en 19 jaar
oud beskou is, het
op vyf klagtes tereg gestaan, te wete: (1) moord (op mev Melindra); (2)
verkragting (van mev Melindra); (3) roof
(ten opsigte van mev Melindra en die
twee kinders); (4) aanranding met die opset om ernstig te beseer (op die
seuntjie, Sergio);
en (5) huisbraak met die opset om te steel en diefstal (die
inbraak in die kafee van mnr Melindra).
Die appellant, as beskuldigde no 1 ,
is op al die klagtes, die verkragting uitgesonderd, skuldig bevind. Vir die
moord is hy, soos
reeds gesê, ter dood veroordeel. Vir die roof en die
aanranding met die opset om ernstig te beseer is hy gesamentlik tot 12
jaar en
vir die huisbraak met die opset om te steel en diefstal tot 4 jaar
gevangenisstraf gevonnis. Daar is gelas dat 2 jaar van
laasgenoemde vonnis met
die 12 jaar van eersgenoemde
4
vonnis sou saamval - 'n effektiewe vonnis dus van 14 jaar
gevangenisstraf.
Beskuldigde no 2 wat op al die klagtes, die verkragting
inkluis, skuldig bevind is, is nie die doodstraf opgelê nie, hoofsaaklik
vanweë sy jeugdigheid. Op die moordklag is hy tot 10 jaar gevangenisstraf
veroordeel. So ook op die verkragtingklag, met die
verdere bepaling dat 7 jaar
daarvan met die vonnis op die moordklag moes saamloop. Klagtes 3 en 4 is vir
doeleindes van vonnis saam
beskou. Daarop is hy tot 9 jaar gevangenisstraf
gevonnis wat weereens met die vonnis op die eerste klag moes saamloop. Op klag 5
is hy tot 1 jaar gevangenisstraf gevonnis wat eweneens met die vonnis van 10
jaar op die moordklag moes saamloop. Sy totale effektiewe
vonnis was dus 13
jaar.
Beskuldigde no 3 is op al die klagtes behalwe klag 5 (die huisbraak) skuldig
bevind. Omdat hy jonger as die appellant maar ouer as
beskuldigde no 2 was, is
hy
5
nie ter dood veroordeel nie maar wel 'n swaarder vonnis as beskuldigde no 2
opgelê, naamlik 12 jaar gevangenisstraf op die moordklag;
op die
verkragtingklag is hy, nes beskuldigde no 2, tot 10 jaar gevangenisstraf
gevonnis; en is klagtes 3 en 4 vir vonnisdoeleindes
saamgeneem en is 'n vonnis
van 10 jaar gevangenisstraf hom daarvoor opgelê. Sewe jaar van die vonnis
van 10 jaar op klagte
2, so is gelas, moes saamloop met die vonnis op die
moordklag, terwyl die gesamentlike vonnis op klagtes 3 en 4 insgelyks met die
vonnis op die eerste klag sou saamval, 'n totaal dus van 15 jaar effektiewe
gevangenisstraf.
Met verlof van die hof a quo appelleer die appellant teen sowel sy
skuldigbevinding aan moord as sy vonnis. Daar is geen appèl
teen die
skuldigbevindings of die vonnisse met betrekking tot die orige klagtes nie.
Om die appèl behoorlik te kan beoordeel moet die gebeure opnuut bekyk
word.
6
Die oorledene was ten tyde van haar dood met ene Armando de Abreu Melindra
getroud. Hulle was Portugees-sprekend en het twee besighede
in Witbank bedryf:
die Apollo-kafee wat hoofsaaklik deur Melindra bestuur is, en 'n viswinkel, die
Ocean Fisheries, wat hoofsaaklik
onder die oorledene se toesig was. Die
appellant was vir 'n tydperk van enkele weke reeds in hul diens. Hy was
Portugees magtig.
Die aand van die 24ste Julie 1987 was daar die een of ander
voorval by die Apollo-kafee. Die kafee was in 'n nywerheidsgebied geleê"
en het uit 'n kafee sowel as 'n restaurant-gedeelte bestaan. Lede van die
polisiemag het daar opgedaag en die restaurant-gedeelte,
tot almal se
konsternasie, met traangas bestook. Melindra was ontsteld en skynbaar ontstoke
en hy is met sy bakkie, vergesel van
die appellant, na die polisiestasie om uit
te vind wat die polisie besiel het om so op te tree. Vir die een of ander rede,
wat nooit
tydens die verhoor
7
opgeklaar is nie, is hy terstond seif deur die po.lisie gearresteer en
aangehou. Hy gee die sleutels van sy bakkie aan die appellant
met die opdrag om
die oorledene te gaan haal. Teen dié tyd was dit ongeveer 21h00. Toe sy
vrou na 'n ruk steeds nie opdaag
nie, raak hy onrustig. Die polisie was hom
egter nie simpatiek gesind nie en dit was eers na herhaalde versoeke dat hulle
hom toegelaat
het om huis toe te bel. Toe hy nie kon deurkom nie (soos later
geblyk het, was die telefoon-prop uitgeruk) neem hulle hom eers, op
sy versoek,
na die kafee waar hy dadelik onraad merk (sigarette en lekkers het oral
rondgestrooi gelê) en toe na sy huis waar
sy bakkie in die tuin gestaan
het. Omdat sy bakkie daar was, het die polisie gemeen dat alles pluis is en het
hulle nie vertoef nie.
Melindra is slegs afgelaai. Sy kinders, wat in die huis
was, was egter so vreesbevange dat hulle aanvanklik nie die deur vir hom
wou
oopmaak nie. Toe hy uiteindelik die huis in is, het hy op die lyk van sy
vrou
8
afgekom.
Wat inmiddels gebeur het, is dat die appellant met die bakkie by
die polisiestasie weg is. Eers is hy na die Apollo-kafee wat hy met
die sleutels
wat Melindra aan hom besorg het, oopgesluit het, en waar hy 'n
hoeveelheid
sigarette gebuit het. Op 'n stadium - oor die presiese tyd en plek het daar nie
volkome eenstemmigheid tussen die beskuldigdes
geheers nie - het die appellant
beskuldigdes 2 en 3 opgelaai. Volgens die appellant het die drie van hulle reeds
vantevore afgespreek
om die Melindra's die een of ander tyd te beroof aangesien
die appellant vroeër verneem het dat daar heelwat geld in die plafon
van
die huis versteek was.
Wat daarna gebeur het, blyk onder meer uit 'n
verklaring wat die appellant voor luitenant Venter van die Suid-Afrikaanse
Polisie afgelê
het. Die toelaatbaarheid van dié verklaring is
aanvanklik betwis as sou die polisie dit op die appellant afgedwing het -
9
maar toe die appellant gedurende die newe-verhoor oor
toelaatbaarheid
begin getuig, het hy vanuit die
staanspoor erken dat sowel die verklaring as
sekere
uitwysings wat hy aan die polisie gemaak het, ongedwonge
en
vrywilliglik gemaak was. Die verklaring, bewysstuk S,
is gevolglik toegelaat. Dit lui:
"Op Vrydag 24/7/1987 om ongeveer 21h00 het die
Polisie na
Appolo Kafee gekom en traangas
ingegooi. Die Polisie is toe daarna weg.
Die
witman die eienaar van die kafee, het die kafee
gesluit en toe
Polisiestasie toe gegaan. Die
polisie het toe die witman aangehou.
Die
eienaar van die kafee het sy voertuigsleutels
aan my oorhandig en my
versoek om vir sy vrou
te gaan sê dat hy gearresteer is.
Ek is toe terug na Appolo Kafee waar ek
geprobeer het om die agterdeur toe te maak,
Ek het toe 'n aantal sigaret dose op die bakkie
gelaai.
Daarna het ek vir swart vrou Constance wat ook
by die kafee
werksaam is by haar huis gaan
aflaai.
Toe ek van die kafee af weggetrek het, het ek
twee ander
swart mans genaamd Petrus en Oupa
Skosana opgelaai. Ons is daarna na
Ferrobank
om die Portugese vrou te gaan meedeel dat haar
man deur die Polisie gearresteer is.
Terwyl ons oppad was na Ferrobank het ons oor
geld begin
praat. Ek het vir Petrus en Oupa
10
vertel dat 'n sekere wit vrou my eendag vertel
het dat daar
baie geld in die plafon van die
kafee eienaar se huis versteek word. Ons
drie
het toe beplan om die Portugese vrou te gaan
beroof.
Toe ons by die huis opgedaag
het, het Oupa
Skosana 'n kombers oor die Portugese vrou se kop
gegooi. Die
kinders in die huis huil en
skreeu. Oupa het een van die kinders met 'n
mes
in sy hand gesteek. Ek het die seuntjie na die
toilet geneem en die
bloed van sy hand probeer
afwas.
Oupa en Petrus het die wit vrou
toe verkrag.
Ek het net gestaan.
Ek het toe in die
plafon geklim en geld gesoek.
Oupa het vir my gevra dat hy draad soek.
Ek
het toe 'n stuk draad aan hom oorhandig, waarmee
hy die wit vrou toe verwurg het.
Ons
is toe by die huis weg. Ek en Petrus is
toe na my ouerhuis te Lydenburg."
(Die Petrus na wie
verwys is, was beskuldigde no 2 en
Oupa beskuldigde no 3.)
Dat die appellant by die gebeure rondom die
moord en verkragting op die oorledene betrokke was, is
nooit deur hom betwis nie, nog in sy gemelde verklaring,
nòg tydens sy pleitverduideliking en latere getuienis.
Wat wel in geskil was, was sy presiese aandeel en sy
11
gesindheid.
Blykens sy verklaring, bewysstuk S, het beskuldigde no 3 die
appellant na afloop van die verkragting vir 'n stuk draad gevra wat die
appellant aan hom oorhandig het en waarmee beskuldigde no 3 die oorledene
verwurg het.
Ongetwyfeld skep dit die indruk dat die verwurging in sy
teenwoordigheid plaasgevind het. Volgens sy getuienis was dit egter nie so
nie.
Nadat die oorledene oorrompel is, so getuig hy, het hy die twee kinders na die
badkamer geneem waar hy hulle toegesluit het.
Hy het toe geld gaan soek. Hy het
wel daarop afgekom dat sy mede-rowers met die oorledene doenig was. Sy was toe
reeds so te sê
nakend. Beskuldigde no 3 was besig om haar te verkrag
terwyl beskuldigde no 2 by haar gestaan het en haar hande vasgehou het. Volgens
hom het hy beskuldigde no 3 nog vermaan om dit nie te doen nie. Dis toe dat
Sergio, die jong seun, op die toneel verskyn.
12
Hy het beskuldigde no 3 op sy rug geslaan. Beskuldigde no 3 het hom met 'n
mes in die hand gesteek. Hy, die appellant, het Sergio
toe na die badkamer
teruggeneem. Daarna het hy in die plafon ingeklim, steeds op soek na geld. Op 'n
stadium het hy egter deur die
plafon getrap en in 'n kamer geval. Nadat dit
gebeur het, het beskuldigde no 3 by hom gekom "en vir my gesê hy soek 'n
tou,
hy wil die oorledene daarmee vasmaak". In sy getuienis in hoof het die
appellant gesê dat beskuldigde no 3 gesê het dat
hy haar arms wil
vasmaak. Onder kruisverhoor het dit haar hande geword. Volgens die appellant het
hy toe die videodraad (die koord
van die TV-toestel) vasgehou terwyl beskuldigde
no 3 dit afgeknip het. (Tydens 'n latere uitwysing demonstreer hy hoe _dit
gedoen
is. 'n Foto is daarvan geneem.) Beskuldigde no 3 is toe met die koord
daar weg. Die appeliant is terug badkamer toe om die dogter
te probeer oorreed
om hom te gaan wys waar die geld versteek is. Gevolglik het hy nie
13
gesien wat beskuidigde no 3 met die draad maak nie. Hy ontken dat hy by was
of gesien het hoe die oorledene verwurg is. Hy het nooit
die tou om haar nek of
haar lyk gesien nie. Hy het wel vermoed dat beskuldigde no 3 die oorledene
verwurg het aangesien hy die een
was wat die koord by hom geneem het. Toe die
polisie skielik opdaag, het die drie van hulle gevlug.
Volgens dié
verduideliking het hy nooit vooraf kon dink dat sy mede-beskuldigdes die
oorledene òf sou verkrag òf
sou verwurg nie. So iets was nooit
deel van hul plan nie. Weliswaar het hy die koord aan beskuldigde 3 oorhandig
wat van die TV-toestel
afgesny is en waarmee die oorledene verwurg is, maar hy
het nooit besef, so getuig hy, dat beskuldigde no 3 dit vir daardie doel
sou
aanwend nie. Volgens hom het hy gemeen dat beskuldigde no 3 alleen maar die
oorledene se hande agter haar rug wou vasmaak. Origens
was hy nie teenwoordig
toe die oorledene daadwerklik verwurg is nie en het hy eers
14
agterna besef wat gebeur het.
Op hierdie weergawe moes die appellant aan
sowel die moord as die verkragting onskuldig bevind gewees het en kan daar van
strafbare
manslag geen sprake wees nie.
Die vraag is of hierdie weergawe
redelik moontlik waar kan wees. Ek meen van nee.
In die eerste plaas het die
appellant hom, soos die verhoorhof tereg opgemerk het, as 'n deurtrapte leuenaar
bewys. Die weergawe wat
namens hom deur sy advokaat aan die staatsgetuies, meer
besonderlik die kinders, gestel is, het hemelsbreed van sy latere getuienis
verskil. Daardie weergawe, waarvolgens hy die skuld op ene Ben probeer plaashet,
was niks anders as 'n blatante versinsel en 'n berekende
poging om die hof 'n
rat voor die oë te draai nie.
Reeds uit sy eie getuienis is dit duidelik
dat die appellant die voorbok onder die drie beskuldigdes
15
was. Die gedagte van die roof het by hom ontstaan en hy het al die beplanning
gedoen en die opdragte gegee. Soos die hot a quo tereg
daarop wys, het die drie
beskuldigdes vooraf geweet dat die oorledene tuis sou wees. Hulle moes besef het
dat sy die geld wat hulle
wou roof nie goedskiks en sonder verset sou oorhandig
nie. Deel van die plan was juis om die oorledene skadeloos te stel. Dit is
gedoen deur 'n kombers oor haar te gooi toe sy die deur oopmaak. Die doel kon
alleen maar wees om weerstand te bowe te kom en latere
herkenning te verydel.
Volgens Sandra was dit juis die appellant wat die oorledene met hul binnekoms in
die huis gegryp het. Van
die beskuldigdes was gewapen met 'n mes soos blyk uit
die wond wat die seuntjie, Sergio, opgedoen het. Die appellant kon nie anders
as
om te besef het dat geweld tydens die rooftog gebruik sou moes word nie en hy
het trouens daaraan meegedoen deur Sandra hardhandig
te verhoed om die polisie
te skakel en met die dood te dreig.
16
Volgens die distriksgeneesheer wat 'n nadoodse ondersoek op die lyk van die
oorledene uitgevoer het, is die koord drie keer om haar
nek geslaan en ntet fors
vasgetrek. Op die waarskynlikhede, sou dit volgens die geneesheer meer as net
een persoon geverg het om
die oorledene op dié manier om die lewe te
bring.
Gedagtig daaraan dat die drie boosdoeners deurgaans saam opgetree het,
dat die appellant die leier onder hulle was, dat hy geweet
het dat die oorledene
verkrag is (ofskoon hyself nie daaraan aandadig was níe), is dit na my
mening ondenkbaar dat die appellant,
toe hy die koord aan beskuldigde no 3
oorhandig het, nie sou besef het dat dit vir 'n ander doel aangewend sou word as
om bloot haar
hande vas te bind nie. Op daardie stadium was die oorledene reeds
verkrag en oorweldig en het sy nie meer geskree en te kere gegaan
nie. Om net
haar hande vas te knoop, sou geen sin hê nie. Die verkragting het 'n hele
nuwe dimensie aan die gebeure verleen:
nou
17
was dit van wesensbelang dat hulle nie later geïdentifiseer moes word
nie. Na my mening is die appellant se verduideliking dat
hy nooit vermoed het
dat die koord gebruik sou word om die oorledene mee te verwurg nie,
onaanvaarbaar. Op die waarskynlikhede moes
die appellant, selfs op sy eie
weergawe, besef het dat die koord gebruik sou word om die oorledene ernstige
leed aan te doen. Die
oogmerk kon alleen maar wees om haar skadeloos te stel en
in die omstandighede waar die appellant aan haar goed bekend was, kon dit
alleen
maar beteken het dat sy om die lewe gebring sou word. Ook is dit ondenkbaar dat
die appellant geen ag geslaan het op wat verder
met die oorledene sou gebeur het
nadat hy die koord aan beskuldigde no 3 oorhandig het nie. So beskou het die
appellant dus of 'n
berekende kousale aandeel in die oorledene se dood gehad
deur beskuldigde no 3 te help om die koord te knip met die gedagte dat hy
die
oorledene daarmee sou vermoor, òf hy voldoen, op sy minste, aan die
18
vereistes wat daar, in die afwesigheid van 'n voorafgaande afspraak, vir die
leerstuk van gemeenskapiike oogmerk gestel word: hy was
teenwoordig; hy het
geweet wat aan die gang is; en hy het hom, deur sy eie optrede en met die nodige
mens rea, met die daad van die
ander vereenselwig. (Vgl
S v MGEDEZI AND
OTHERS
1989 (1) SA 687
(A) te 705I-706C.)
Tot hierdie gevolgtrekking word mens genoop
selfs sonder inagneming van die getuienis van beskuldigde
no 2. Volgens
beskuldigde no 2 het die appellant nie
alleen maar net bystand verleen nie: dit was hy wat die
koord om die
oorledene se nek getrek en haar verwurg het.
Sy getuienis hieroor lui soos
volg:
"Paulus [die appellant] was van die eetkamer af. In die eetkamer is daar 'n wit
TV-stel. Toe ek klaar met haar gemeenskap gehad het,
toe ek besig was om my
broek reg te trek, het hy 'n
draad getrek wat agter die TV is. Dit is beskuldigde 1. Hy het toe na my toe
gekom waar ek was saam met die wit vrou en hy het toe
'n
woord geuiter 'As ek hierdie persoon lewendig hier kan los, sal die persoon 'n
klagte teen my
19
gaan lê.' Daarna het hy toe vir Oupa geroep om hom te kom help. Hy het toe
hierdie tou om die wit vrou se nek vasgemaak en
hy het gesê ek moet myself
besig hou met die werk wat hy vir my gegee
het."
Voorts het beskuldigde no 2 getuig dat die
appellant sou gesê het dat die kinders doodgemaak moet word "want hulle
sal 'n klagte
teen hom lê". Volgens beskuldigde no 2 het beskuldigde no 3
hom vermaan om dit nie te doen nie.
Ooreenkomstig diê getuienis was die appellant primêr vir die dood
van die oorledene verantwoordelik. Die hof a quo het
hom egter nie op die
getuienis van beskuldigde no 2 verlaat nie. Word sy getuienis krities en
wantrouig benader, soos dit hoort wanneer
die getuienis van 'n deelnemer
beoordeel word, kan daar inderdaad nie met vertroue daarop staatgemaak word nie.
Beskuldigde no 2
probeer homself ten koste van die appellant verontskuldig.
Daarin kan hy nie geglo word nie. Ook weerspreek hy hom op kardinale aspekte
van
sy
20
getuienis, soos byvoorbeeld of hy met die oorledene gemeenskap gehad het of
net gepoog het om dit te doen. Waar sy getuienis nie allesins
bo verdenking
staan nie, meen ek, soos die verhoorhof klaarblyklik ook gemeen het, dat dit
onveilig sou wees om op sy getuienis te
steun. Maar selfs sonder sy getuienis is
die afleiding onvermydelik dat die appellant op sy minste aan moord skuldig is
op die grondslag
dat hy hom, deur sy eie optrede, met die moord op die oorledene
deur sy makkers vereenselwig het.
Die advokaat vir die appellant het in die
alternatief betoog dat as beskuldigde no 2 se getuienis buite rekening gelaat
word, die
appellant hoogstens aan strafbare manslag skuldig bevind moes gewees
het: redelikerwys moes hy besef het, toe hy die koord aan beskuldigde
no 3
oorhandig het, dat laasgenoemde die oorledene daarmee sou vermoor; deur dit nie
te besef nie, was hy nalatig; gevolglik het
hy op 'n nalatige wyse
21
tot die dood van die oorledene bygedra. Aldus die betoog. Daarmee kan ek nie
akkoord gaan nie. Toe die appellant die koord aan beskuldigde
no 3 oorhandig
het, het hy goed geweet waarvoor dit bestem was en het hy hom, op sy minste, met
die moontlikheid versoen dat die
oorledene daarmee verwurg sou word. Ten beste
vir die appellant was daar dus dolus eventualis, soos die hof a guo bevind
het.
Na my mening is die skuldigbevinding van die appellant aan moord dus in
orde.
Dit bring my by die vonnis.
Die hof a quo het bevind
dat daar, in die appellant se geval, en anders as wat met beskuldigdes 2 en 3
gesteld was, geen versagtende
omstandighede bestaan het nie. Gevolglik is hy ter
dood veroordeel. Die saak is aldus afgehandel voor die inwerkingtreding van die
Strafregwysigingswet, 107 van 1990, wat 'n nuwe bedeling met betrekking tot die
oplegging van die doodstraf in
22
Suid-Afrika ingevoer het. Daarvolgens moet die huidige
appèl
voortgesit word "asof artikels 4 en 13(b) te alle
tersaaklike tye in werking was" (art 20(1)). Hierdie wet
hek die pas
afgelope tyd reeds etlike kere die aandag van
hierdie hof geniet. Die huidige
appel opper geen aspekte
van vertolking van die wet wat as kontensieus beskou
kan
word nie, sodat dit onnodig is om volledig met die
bepalings daarvan
te handel. Die korrekte benadering
blyk uit wat. in
ROBERT MDAU v DIE
STAAT
('n
ongerapporteerde uitspraak van hierdie hof in saak nommer
537/88, gelewer op 28 September 1990) op pp 8 en volgende
hieroor gesê is:
"Artikel 20(1 ) van die nuwe wet vereis dat hierdie appel voortgesit en
afgehandel word 'asof artikels 4 en 13(b) te alle tersaaklike
tye in werking
was'. Artikel 4(2) bepaal dat die doodvonnis slegs opgelê word nadat die
hof 'n bevinding uitgebring het oor
die aan- of afwesigheid van enige
strafversagtende of verswarende faktore' en die voorsittende regter, met
inagneming van so 'n bevinding,
oortuig is 'dat die doodvonnis die gepaste
vonnis is'. Artikel 13(b) verleen aan
hierdie
23
Hof 'n vrye diskresie om, 'indien hy van oordeel is dat hy self nie die
doodvonnis sou opgeiê het nie', die vonnis tersyde te
stel en die straf op
te lê wat na sy oordeel gepas is. (S.
v. Obed Masina en Ander
, 'n
ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof in saak no. 695/89 gelewer op
13.9.1990.)
By oorweging van die vraag wat die gepaste vonnis in die
onderhawige geval moet wees, is hierdie Hof aangewese op dieselfde benadering
wat 'n verhoorhof ooreenkomstig die bepalinge van artikel 4(2) van die nuwe wet
moes gevolg het, nl. om met inagneming van die aan-
of afwesigheid van enige
strafversagtende of verswarende faktore te besluit of hy oortuig is dat die
doodvonnis die gepaste vonnis
is. In dié verband moet daarop gewys word
dat ingevolge die ongewysigde artikel 277 van die Strafproseswet, Wet 51 van
1977
('die Wet') was die oplegging van die doodvonnis by moord verpligtend tensy
versagtende omstandighede bevind word. Slegs dan kon
die hof 'n ander vonnis as
die doodvonnis oplê. Selfs waar versagtende omstandighede bevind is, kon
die verhoorregter nog die
doodvonnis oplê. In so 'n
geval was die
verhoorregter geroepe om te oorweeg of dit gepas sou wees om so 'n drastiese
stap te neem, en of 'n mindere straf nie
aan die afskrikkende, vergeldende en
hervormende aspekte van strafoplegging sou voldoen nie. (
S. v. LetsolO
1970 (3) SA 476
(A) op 476H-477B en vgl. ook
S. v. Matthee
1971 (3) SA
769
(A)). Ingevolge die nuwe wet het die klem egter verskuif. Die doodvonnis is
nie meer verpligtend nie en sal slegs opgelê word
indien
24
die verhoorregter, met inagneming van die hof se bevinding insake
strafversagtende of verswarende faktore, oortuig is dat die doodvonnis
nie slegs
'n gepaste vonnis is nie, maar dat dit
die
gepaste vonnis is. Voorheen
was hierdie Hof op appèl, in die afwesigheid van enige wanvoorligting in
die uitspraak van die
verhoorregter, in 'n groot mate gebonde aan 'n
diskresionêre besluit van die verhoorregter by vonnisoplegging. Ingevolge
artikel
13(b) van die nuwe wet het hierdie Hof 'n vrye diskresie om met 'n
vonnis in te meng en die vonnis op te lê wat hy meen die
gepaste vonnis
moet wees.
Hierdie klemverskuiwing word verder benadruk deur die nuwe
benadering ten opsigte van die trefpunt van die bewyslas. Waar die bewyslas
vroeër op die beskuldigde gerus het om op 'n oorwig van waarskynlikhede die
bestaan van versagtende omstandighede te bewys (
S. v. Theron
[1984] ZASCA 1
;
1984 (2) SA
868
(A)), rus die bewyslas nou op die Staat nie slegs om die bestaan van
verswarende faktore bo redelike twyfel te bewys nie, maar ook
om daardie
versagtende faktore wat uit die Staat se saak blyk of deur die beskuldigde te
berde gebring word bo redelike twyfel te
weerlê. (
Nkwanyana en Ander v.
Die Staat
, 'n ongerapporteerde uitspraak van hierdie Hof in saak no. 52/90
gelewer op 18.9.1990.) Die benadering van hierdie Hof op appèl
onder die
nuwe wet is dus wesenlik anders as die van dié Hof a quo wat hom
toegespits het op die oorweging of daar versagtende
omstandighede was of
nie."
25
In die onderhawige geval speel die bewyslas geen noemenswaardige rol nie. Die
verswarende en versagtende omstandighede wat daar is,
spreek uit die oorkonde
self. Geeneen van die advokate het dan ook ooreenkomstig art 20(3) van die nuwe
wet versoek dat die saak
vir verdere ondersoek na die bestaan al dan nie van
strafverswarende of -versagtende faktore na die verhoorhof terugverwys word
nie.
Die appellant was 'n werknemer van die oorledene se man, aan die
oorledene en die twee kinders goed bekend. Die oorledene se man het
die
appellant versoek om hom uit die penarie waarin hy so onverwags gedompel is, te
probeer red deur sy vrou te gaan haal, en die
appellant het ingewillig om dit te
doen. Wat die appellant daarenteen wel gedoen het, was om die dilemma waarin mnr
Melindra hom
bevind het, vir sy eie misdadige doeleindes uit te buit. Vir hom
was dit die ideale geleentheid om die roof wat hy vroeër reeds
beplan
het,
26
van stapel te stuur. Om dit te kon doen, het die appellant die ander twee
beskuldigdes by die rooftog betrek. Minstens een van hulle
was met 'n mes
gewapen. Geweld is inderdaad gebruik. Sergio is met 'n mes gesteek, beide
kinders is deur die appellant met die dood
bedreig en die oorledene is op 'n
wreedaardige wyse verwurg. Volgens beskuldigde no 2 was dit juis die appellant
wat die koord om
die oorledene se nek vasgetrek het maar, vir die redes wat
reeds verstrek is, is so iets nie bo redelike twyfel teen die appellant
bewys
nie. Mens moet die moontlikheid dus aanvaar dat die appellant fisies 'n mindere
rol as die ander twee by die moord op die oorledene
vervul het. Daar is ook geen
aanduiding dat die booswigte vooraf beplan het om die oorledene te verkfag en om
haar en haar kinders
daarna om die lewe te bring nie. Wat beplan was, was die
rooftog. Dit is goed denkbaar dat die verkragting op die ingewing van die
oomblik geskied het en dat die moord daarna gepleeg is in
27
'n poging om die kwade gevolge van die verkragting te vermy. As dit so is,
tel dit in die appellant se guns dat hy nie self aan die
verkragting deel gehad
het nie ofskoon hy by was toe dit gebeur het en weinig gedoen het om dit te
verhoed.
Wat origens in dié verband ook relevant is, is die betreklike
jeugdigheid van die appellant (ten tyde van die voorval was hy
22 jaar oud) en
die feit dat sy vorige veroordelings geen geweldsmisdade insluit nie. Hy het
reeds vier vorige veroordelings, almal
vir diefstal, vir die eerste waarvan hy
lyfstraf opgelê is, en daarna onderskeidelik vonnisse van 9 maande, 12
maande, en 3
maande gevangenisstraf.
Wat nou bepaal moet word is of die
doodstraf, in die lig van die faktore hierbo bespreek, "die gepaste vonnis" is.
(Oor die betekenis
van dié uitdrukking in die nuwe wet, raadpleeg pp
30-32 van die uitspraak van hierdie hof in
NKWANYANA AND TWO OTHERS v THE
STATE
, 'n
28
ongerapporteerde uitspraak in saak nommer 52/90 gelewer op 18 September
1990.) Ek meen van nee. Weliswaar was dit 'n wreedaardige
moord wat tydens 'n
rooftog gepleeg is; maar aan die ander kant is daar nie bewys dat die moord
vooraf beoog of te wagte was nie.
Ofskoon een van die aanvallers met 'n mes
gewapen was, en ofskoon die mes wel teenoor een van die kinders gebruik is, is
dit nie
teenoor die oorledene gebruik nie. Die moontlikheid kan nie uitgesluit
word dat die moord 'n regstreekse gevolg was van die verkragting
waaraan die
appellant nie aandadig was nie. Sy vorige veroordelings dui ook nie daarop dat
die appellant nie rehabiliteerbaar is
nie. Hoe afskuwelik die daad ook al was,
meen ek dus nie dat die doodstraf die enigste gepaste vonnis sou wees nie. Na my
mening
sou 'n langdurige gevangenisstraf eerder as die doodstraf in die
besondere omstandighede van hierdie geval die gepaste vonnis wees.
Hoe langdurig? Die advokaat vir die appellant
29
het lewenslange gevangenisstraf aan die hand gedoen. So 'n vonnis sou gans en
al uit pas wees met die effektiewe vonnisse wat vir
sowel die moord as die
verkragting op beskuldigdes no's 2 en 3 opgelê is. Selfs 'n effektiewe
vonnis van 20 jaar gevangenisstraf
(wat na my mening 'n
gepaste vonnis sou
wees) mag na verhouding kwaai voorkom. Maar dan lê die fout by die
vonnisse daar en nie hier nie. Ek meen
met eerbied dat die verhoorhof
beskuldigdes no's 2 en 3, gedagtig aan die gruwel van hul dade, ietwat
tegemoetkomend behandel het.
Hul vonnisse dien egter nie voor hierdie hof nie
(vgl
S v REDDY
1975 (3) SA 757
(A)) en hoewel ter sake (vgl
S v
GIANNOULIS
1975 (4) SA 867
(A) te 871A-873H;
S v MOLOI AND ANOTHER
1987 (1) SA 196
(A) te 219I-220F; 223E-224B), kan daardie vonnisse nie as die
deurslaggewende maatstaf geld wanneer hierdie hof, in die uitoefening
van sy
tans vrye diskresie, 'n gepaste straf vir die appellant moet oorweeg nie. (Vgl
S v MARX
1989 (1) SA 222
(A) te 225D-226B.)
30
Hierdie hof se bevel is
dus:
1.
Die appèl teen die skuldigbevinding
misluk.
2. Die appèl teen die vonnis slaag. Die doodvonnis op klagte 1 word
tersyde gestel en met gevangenisstraf van 20 jaar vervang.
Voorts word gelas dat
die vonnisse wat die appellant ten opsigte van klagtes 3, 4 en 5 opgelê
is, met hierdie vonnis van 20
jaar gevangenisstraf saamloop.
P M NIENABER ÁR STEM SAAM:
SMALBERGER AR)
ERSTEEN AR)