About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 142
|
|
S v Khoza en Andere (61/89) [1990] ZASCA 142; 1991 (1) SA 793 (AD); [1991] 3 All SA 971 (AD) (26 November 1990)
61/89
DIE STAAT / PERCY KHOZA en ANDERE
5MALBERGER, AR
61/89 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
DIE STAAT
Appellant
en
PERCY
KHOZA
Eerste Respondent
CHARLES NDLULI
Tweede Respondent
SAM AMBI NGOBENI
Derde Respondent
DANIEL MONGWE
Vierde Respondent
CORAM
: HOEXTER, VAN HEERDEN, SMALBERGER,
NIENABER, ARR, et PREISS, Wn AR
VERHOORDATUM
: 9 November 1990
LEWERINGSDATUM
: 26 November 1990
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR:-
Die aanloop tot die onderhawige appèl is kortliks soos volg. Die vier
respondente het voor
2/
2
J J STRYDOM, R en twee assessore in die Noordelike Rondgang Plaaslike
Afdeling te Phalaborwa tereggestaan op 'n aanklag van moord.
Dit is hulle ten
laste gelê dat hulle op 10 Junie 1985 te Lulekane wederregtelik en
opsetlik vir ene Ollisa Khumalo ("die oorledene")
gedood het. Die respondente is
voorheen in die streekhof te Gazankulu, voortspruitend uit dieselfde gebeure wat
tot die oorledene
se dood aanleiding gegee het, aan openbare geweld skuldig
bevind ("die vorige verhoor"). Hulle is elk tot sewe jaar gevangenisstraf
gevonnis. Appèl is na die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangeteken
teen hulle skuldigbevindings sowel as hulle vonnisse.
Die appèl teen
hulle skuldigbevindings is van die hand gewys; dié teen hulle vonnisse
het geslaag in soverre die vonnisse
gedeeltelik opgeskort is. Voor J J STRYDOM,
R, het die respondente 'n pleit van
3/
3
autrefois convict
geopper kragtens die bepalings van
artikel 106(1)(c) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet"). Die pleit is
deur die geleerde
verhoorregter afgewys. Hy het egter die saak van die rol
geskrap aangesien hy aanvaar het dat hy in die uitoefening van sy diskresie
so
'n bevel kon maak. Die verhoorregter se uitspraak is gerapporteer - kyk S
v
Khoza en Andere
1989(3) SA 60 (T). (In die uitspraak word daar by
geleentheid verkeerdelik verwys na 'n pleit van
autrefois acquit
- die
pleit was inderdaad een van
autrefois convict
.)
In sy uitspraak (op 62 F - 63 F) verwys die verhoorregter na die getuienis
wat by die vorige verhoor gelewer is met betrekking tot
die respondente se
betrokkenheid by die aanval op die oorledene tydens die oproer wat tot hulle
skuldigbevinding aan openbare geweld
aanleiding gegee het. Hy maak melding
daarvan
4/
4 (op 64 I) dat
"(i)n die onderhawige saak is dit gemeensaak dat die oorledene gedood is tydens
die oproer. Dit is ook gemeensaak dat die aanranding
op die oorledene en haar
verbranding betekenis en gewig gedra het in die uitspraak van die streekhof [by
die vorige verhoor]."
Nadat hy, met verwysing na die
toets neergelê in S v
Ndou and Others
1971(1) SA 668 (A) op 680,
die
respondente se pleite van
autrefois convict
afgewys het
(op 64 C - D), skenk die verhoorregter oorweging (op 64
E) aan wat hy as
'n praktyksreel bestempel, "naamlik
howe is ongeneê om deel te hê
aan 'n stuksgewyse verhoor
op bekende feite". Mettertyd kom hy tot die
gevolgtrekking (op 66.G - H):
"[D]ie hof behoort hom nie te leen vir 'n
stuksgewyse beregting wat klaarblyklik tot benadeling van beskuldigdes in die
uitoefening van hulle regte kan lei nie. Na my mening
behoort ek in hierdie
geval my diskresie teen die Staat uit te oefen en hierdie saak word van die rol
geskrap".
5/
5
Onmiddellik daarna besluit die verhoorregter soos volg
(op 66 'n - I):
"In hierdie saak meen ek dat die regspleging bevorder sal word as ek 'n
regsvraag
meru moto
[sic] reserveer vir beslissing deur die
Appèlhof in Bloemfontein. Die beslissing waartoe ek vanmore gekom het is
res nova
in die een opsig en in die ander opsig het ek teen die
beskuldigdes besluit wat die verweer van
autrefois convict
geopper het.
Beide behoort deur die Appèlhof in Bloemfontein besleg te
word."
Dit is hierdie sogenaamde "regsvraag" wat
aanleiding
gegee het tot die appèl wat voor ons dien.
Artikel 319(1) van die Wet lui soos volg:-
"(1) Indien 'n regsvraag by die verhoor van iemand in 'n hoër hof weens
'n misdryf ontstaan, kan daardie hof uit eie beweging
of op versoek van
óf die aanklaer óf die beskuldigde daardie vraag vir oorweging
deur die Appèlafdeling voorbehou,
en
daarop sit eersgenoemde hof die
vraag uiteen wat voorbehou word
en gelas hy dat dit spesiaal in die oorkonde
aangeteken word en dat 'n afskrif daarvan aan die griffier van die
Appèlafdeling
deurgestuur word." (My onderstreping.)
6/
6 Wat betref die formulering van die regsvraag (of -vrae) wat
die verhoorregter in gedagte gehad het, is in die onderhawige geval
aan die
voorskrifte van artikel 319(1) nie voldoen nie. Voordat ek egter daarop ingaan,
ag ek dit dienstig om op die volgende te
wys. 'n Regsvraag kan alleenlik
voorbehou word op aandrang van 'n beskuldigde indien hy skuldig bevind is (
R
v Ngema
;
R v Cele
1960(1) SA 137 (A) op 140 F). Omdat hulle nie by
die verhoor skuldig bevind is nie, was die respondente gevolglik nie by, magte
om
die voorbehoud van 'n regsvraag aan te vra nie. Andersyds, afgesien van
sekere beperkte gevalle waar die Staat na 'n skuldigbevinding
aansoek kan doen
om die voorbehoud van 'n regsvraag (wat tans nie ter sake is nie), kan die Staat
alleen by 'n onskuldigbevinding
soos bedoel in artikel 322(4) van die Wet 'n
regsvraag laat voorbehou. (
R v Adams and Others
1959(3) SA 753 (A) op 764
G; S,
7/
7
v Seekoei
1982(3) SA 97 (A) op 101 E). In
Adams
se
saak (
supra
) is daar beslis (op 764 G in
fin
) dat waar
'n
aanklag nietig verklaar word 'n regsvraag nie op versoek van die Staat voorbehou
kan word nie omdat
daar nie 'n onskuldigbevinding was nie (sien ook S v
Mene
1978(1) SA 832 (A) op 837 'n - 838 C). Dieselfde beginsel sou
hier geld. Die skrapping van 'n saak van die rol is nie gelykstaande
aan 'n
onskuldigbevinding nie. Gevolglik sou die Staat, wat nadelig geraak is deur wat
neerkom op 'n verbod teen die voortsetting
van
'n vervolging, nie kon aangedring het op die voorbehoud van 'n regsvraag nie.
In die onderhawige geval kon 'n
regsvraag dus alleen kragtens artikel 319(1) voorbehou gewees het deur die
verhoorregter
mero motu
.
Ek het reeds verwys na die passasie in die verhoorregter se uitspraak (op 66
'n - I) wat slaan op die voorbehoud van die "regsvraag".
Die
8/
8
voorskrifte van artikel 319(1) is deur die
verhoorregter oor
die hoof gesien. Die regsvraag of
-vrae wat 'n voorsittende regter wil opper, moet in alle
gevalle deur hom opgestel word "so as accurately to
express the legal point which he had in mind" (R v
Kewelram
1922 AD 1
op 3). Nerens word die regsvraag
of -vrae wat die verhoorregter wou opper duidelik en
volledig uiteengesit nie. Daarbenewens, soos blyk uit
die uitspraak van RABIE, HR, in
S v Nkwenja en 'n Ander
1985(2) SA 560 (A) op 567 A - B:
"Wanneer 'n regsvraag soos bedoel in art 319 van die Strafproseswet 1977
voorbehou word, moet daar sekerheid oor al die feite waarop
die vraag betrekking
het, bestaan, en die Verhoorhof moet daardie feite in sy uitspraak as deel van
die voorbehoue vraag vermeld.
Hierdie vereiste is al meermale in beslissings van
hierdie Hof benadruk."
(Kyk ook in dié verband die ander gewysdes wat
aangehaal en na verwys word op 567 B - F van
Nkwenia
se
9/
9
saak.) Die rede hiervoor word deur RUMPFF, AR, in
S
v
Goliath
1972(3) SA (A) op 9 'n - 10 A soos
volg
aangestip:
"By 'n verhoor kan dit bv gebeur dat die Verhoorregter in sy uitspraak 'n aantal
feite noem wat hy as bewese beskou en wat hy op
daardie stadium as voldoende
deurslaggewend beskou. Daar mag egter ook feite wees wat hy as bewese beskou of
onbetwiste feite wat
hy nie in sy uitspraak noem nie maar wat tog, in die kader
van die saak as geheel, relevant mag wees ten opsigte van die regsvraag
wat
voorbehou word."
Ook in dié opsig het
die.opstelling van die "regsvraag"
te kort geskiet.
Daar kan nie met sekerheid gesê word welke
regsvraag of -vrae die verhoorregter beoog het om aan
hierdie Hof voor te lê vir beslissing nie.
Waarskynlik het hy "vrae" met die volgende strekking
in gedagte gehad:
(a)
Het hy fouteer deur die
respondente se pleit van
autrefois convict
af te
wys?
(b)
Beskik hy oor 'n diskresie om die
"stuksgewyse beregting" van strafverrigtinge te
verbied?
10/
10
(c) Indien wel, het hy sy diskresie in die onderhawige geval behoorlik
uitgeoefen?
Wat betref hierdie "vrae",
net enkele
opmerkings. In die geval van (a) sou die antwoord op
so 'n vraag , in alle
gevalle, ten nouste gekoppel wees
aan die feite van die betrokke geval. Daar
kan nie
van artikel 319(1) gebruik gemaak word om op feite te
appelleer
deur 'n feitevraag, of 'n vraag, die antwoord
waarop deels van die feite en
deels van die reg
afhanklik is, as 'n suiwer regsvraag in te klee nie
(vgl
R v Nzimande
1957(3) SA 772( (A) op 774 A;
S v
Goliath
(
supra
) op 9 G). In die afwesigheid van h
volledige uiteensetting van die feite waarop dit
gegrond is, is hierdie vraag nie vatbaar vir voorbehoud
as 'n regsvraag kragtens artikel 319(1) nie. Met
betrekking tot (b) is dit nie duidelik of die
verhoorregter in gedagte gehad het (in die
uitoefening van sy inherente bevoegdheid) 'n algemene
diskresie om 'n vervolging te stuit om misbruik van die
11/
11
hof se regsproses te verhoed nie, en dus of hy
uitsluitsel wou hê oor die vraag of so 'n diskresie erkenning geniet in
ons regsbestel.
(Vir die erkenning en uitoefening van so 'n diskresie kyk
Connelly v Director of Public Prosecutions
[1964] 2 ALL E.R. 401
[H.L.];
Paweni and Another v Acting Attorney General
1985(3) SA 720 (ZSC).) Wat
(c) betref, val dit te betwyfel of dit hoegenaamd op 'n regsvraag neerkom. In
die veronderstelling dat
dit wel 'n regsvraag daarstel, sou die antwoord daarop
'n volledige uiteensetting van die tersaaklike feite verg ten einde te kan
bepaal of die verhoorregter sy diskresie (indien so 'n diskresie bestaan)
behoorlik uitgeoefen het. Dit is nie gedoen nie.
By die aanvang van die appèl is die advokate die geleentheid gebied om
'n regsvraag of -vrae vir beslegting aan ons voor te
lê wat uitvoering sou
gee aan wat die verhoorregter waarskynlik in gedagte gehad
12/
12
het. Die enigste regsvraag waarmee hulle na
'n
verdaging vorendag kon kom, was die volgende:
"Bestaan daar buite die bepalings van artikels 106(1)(c) en 106(1)(d) van
die
Strafproseswet (Wet 51 van 1977) enige regsreël wat aan 'n hof diskresie
verleen om die stuksgewyse afhandeling van 'n strafsaak
te verbied indien die
Hof van mening is dat daar misbruik gemaak word van die Hof se
regsproses."
Dit sal onmiddellik opval
dat die vraag
geensins verwys na die korrektheid al dan nie van die
verhoorregter se
beslissing met betrekking tot die
pleit van
autrefois convict
nie. Die vraag raak
ook nie die punt of die diskresie waarna verwys is
(indien dit sou bestaan), behoorlik uitgeoefen is nie
(in teenstelling met wat die verhoorregter waarskynlik
beoog het). Met betrekking tot die opgestelde
vraag het mnr
Roets
, namens die appellant, toegegee dat
die verhoorregter wel 'n diskresie sou hê as die
prokureur-generaal te kwade trou opgetree het, maar
13/
13
nie andersins nie. Die antwoord op die vraag sou
dus "Ja" wees. Om die appèl op dié basis af te maak sou geheel en
al
onbevredigend wees - dit sou geensins die probleme oplos wat die
verhoorregter waarskynlik in gedagte gehad het toe hy besluit het
om 'n
regsvraag voor te behou nie, veral aangesien daar nooit enige sprake van kwade
trou aan die kant van die prokureur-generaal
was nie.
Die verhoorregter is
primêr verantwoordelik vir die behoorlike opstel van die regsvraag (of
-vrae), die beslegting waarvan hy
verlang. Dit is nie die taak van hierdie Hof
nie. Trouens, hierdie Hof is nie daartoe in staat, by ontstentenis van die
tersaaklike
feitegegewens, om 'n volledige en behoorlike regsvraag (of -vrae) in
die onderhawige geval op te stel wat al die aspekte sal dek
wat die
verhoorregter in gedagte gehad het nie.
14/
14 Wat staan dit hierdie Hof te doen? Een van twee weë
kan gevolg word. Of die appél kan van die rol geskrap word omdat
die
vereistes van artikel 319(1) van die Wet nie behoorlik nagekom is nie, óf
die aangeleentheid kan na die verhoorregter
terugverwys word sodat hy die
regsvraag of -vrae wat hy beslis wil hê behoorlik kan opstel aan die hand
van die voorskrifte
van artikel 319(1). As die appèl eenvoudig van die
rol geskrap word, hang die hele aangeleentheid as't ware in die lug. Nog
die
resondente nòg die Staat sal die verrigtinge waarop die appêl
betrekking het verder kan voer. Die moontlikheid kan
nie uitgesluit word dat die
Staat opnuut sal poog om die respondente aan te kla vir die moord op die
oorledene nie. Indien wel, kan
lastige probleme in verband met
res
iudicata
en die gebondenheid van 'n ander hof aan die beslissing van die
15/
15 verhoorregter moontlik ter sprake kom. Die hele
aangeleentheid sal gehul wees in regsonsekerheid. Gevolglik blyk terugverwysing
die aangewese prosedure te wees ten einde dit vir hierdie Hof moontlik te maak
om op die bestaande oorkonde die regsvraag of -vrae
wat die verhoorregter aan
ons wou voorlê, te besleg. Dit is klaarblyklik in belang van die
respondente, die Staat en ons strafreg
dat hierdie Hof beslis oor die
korrektheid al dan nie van die regsoorwegings wat aanleiding gegee het tot die
verhoorregter se bevel
dat die saak van die rol geskrap word.
Die volgende bevel word
gemaak:
1.
Die appêl word
sine die
uitgestel;
2.
Aan die hand van hierdie
uitspraak word die aangeleentheid na die verhoorregter terugverwys vir die
behoorlike nakoming van die voorskrifte
van artikel 319(1) van Wet 51 van 1977
met betrekking tot
16/
16
die opstelling en voorlegging van die regsvraag
of-vrae wat hy aan hierdie Hof wil voorlê;
3. Na ontvangs deur die Griffier van hierdie Hof van die regsvraag of -vrae
voorgelê vir beslissing deur die verhoorregter moet
die appèl weer
ter rolle geplaas word.
J W SMALBERGER APPeLREGTER
HOEXTER, AR )
VAN HEERDEN, AR ) STEM SAAM
NIENABER, AR )
PREISS, Wn
AR )