About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 129
|
|
S v Mouton (129/90) [1990] ZASCA 129 (9 November 1990)
SAAK NO 129/90
CCC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
SALMON MOUTON
APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
CORAM
NESTADT, EKSTEEN et GOLDSTONE
ARR
DATUM VERHOOR
: 2 NOVEMBER 1990
DATEM GELEWER
: 9 NOVEMBER
1990
UITSPRAAK NESTADT, AR
:
Appellant appelleer teen die doodvonnis wat hom weens moord opgelê
is.
2/
2.
Sy skuldigbevinding spruit voort uit 'n voorval
wat op die namiddag van Saterdag 22 Oktober 1988 in die Clanwilliam distrik
gebeur
het. Op dié dag het appellant na oorledene se huis gegaan. Sy was
'n 21-jarige kleurling vrou. Daar was voorheen 'n verhouding
tussen hulle
gewees. Hy het haar gevra om saam met hom te stap. Sy het ingestem. Hulle het na
die rivier geloop. Op pad het appellant
'n 11-ï&rige kind wat hulle
agtervolg het ernstig aangerand. Hy wou van haar ontslae raak. Appellant en
oorledene het toe
verder alleen aangestap. Hy wou gemeenskap met haar gehad het.
Sy het geweier. Hy het haar toe verkrag. Dit was nadat hy haar klere
geskeur
het. Hy het haar ook aangerand. Benewens haar te skop en te trap, het hy haar
met 'n stok wat hy daar opgetel het verskeie
kere geslaan. Lg houe het
uitgebreide hoofbeserings veroorsaak, naamlik, skedelfraktuur, sub-durale
bloeding en skeuring van die
brein. Dit was die hoofoorsaak van oorledene se
dood. 'n
3/
3. Bydraende oorsaak was 'n perforasie van oorlede se vagina
en rektum. Diê besering is veroorsaak deur 'n stuk hout wat appellant
in
oorledene se privaatdele gesteek het nadat hy haar met die stok aangerand
het.
Appellant se verhoor het voor VAN DEN HEEVER R en assesore in 'n
Rondgaande Strafsitting van die Kaapse Provinsiale Afdeling geskied.
Benewens
die moord aanklag is hy cok daarvan beskuldig dat hy gepoog het om die kind te
vermoor en dat hy oorledene verkrag het.
Hy het op al drie aanklagtes skuldig
gepleit. Ten opsigte van die poging tot moord is hy tot 2 jaar gevangenisstraf
gevonnis. Ten
opsigste van die verkragting is 'n vonnis van 7 jaar
gevangenisstraf hom opgelê. Dit is gelas dat hulle nie samelopend is nie.
Die doodvonnis is gevel as 'n gevolg van 'n meerderheidsbeslissing dat alhoewel
daar versagstende omstandighede was wat appellant
beïnvloed het, hulle
onvoldoende was om sy morele verwytbaarheid te verminder.
4/
4. Sedert appellant se verhoor het Wet 107 van 1990 inwerking
getree. Ons is bygevolg geroepe om te beslis of die doodvonnis, in ag
genome die
aan- of afwesigheid van enige strafversagtende of -verswarende faktore, na ons
mening die enigste gepaste vonnis is. Wat
hier verswarend is, is die wyse waarop
die misdaad gepleeg is. Hierdie was
'n langdurige en wreedaardige aanval op
oorledene. Hy het genadeloos teenoor haar opgetree. Volgens die
distriks-geneesheer wat 'n
nadoodse ondersoek op oorledene uitgevoer het, moes
daar 'n aansienlike mate van geweld gewees het. Trouens, erken appellant in sy
getuienis dat hy haar hard geslaan het. Hy erken ook dat hy haar "baie geslaan
het ... aanhoudend geslaan" het. Toe sy nakend van
hom weggehardloop het, het hy
haar gejaag en die aanranding voortgesit. In 'n stadium het sy geval. Sy kon nie
opstaan nie en het
appellant gevra om haar te help. Onder kruisondervraging is
appellant gevra wat sy reaksie daarop
5/
5. was. Sy antwoord lees: "Toe slaan ek haar met die stok nog
twee houe oor die kop". Alhoewel dit in wese die bevinding van die verhoorhoof
was dat die oorledene slegs met
dolus eventualis
gedood is, erken
appellant dat hy op die ou end die stuk hout in oorledene ingedruk het om seker
te maak dat sy dood is. Daarna het
hy sommer van die toneel weggedraf sonder om
na haar om te sien. Appellant het ook een tersaaklike vorige veroordeling,
naamlik,
aanranding met die opset om ernstig te beseer. Dit was in November
1984. Hy is tot 7 houe gevonnis.
Aan die ander kant egter, en soos alreeds aangedui, bestaan daar wel
versagtende faktore. Hulle is die volgende:
(i) Appellant was tydens die pleging van die misdaad slegs 20 jaar oud. Dit
blyk ook dat hy 'n
relatiewe onsofistikeerde persoon was. Hy was 'n
plaasarbeider wat net std 3 op skool bereik het.
6/
6.
( ii) Alhoewel dit moeilik is om vas te stel hoeveel appellant
gedrink het en tot watter mate dit hom aangetas het, is dit duidelik
(soos die
verhoorhof ook bevind het) dat appellant onder die invloed van drank was.
Verskeie getuies beaam dit. Die moontlikheid
dat sy inhibisies verslap het kan
nie uitgesluit word nie.
(iii) Dit is so, soos mnr
Cilliers
in sy billike behandeling van die
staatsaak uitgewys het, dat die risiko van dood in die onderhawige geval groot
was. Tog, meen ek,
dat die verhoorhof geregtig was om
dolus eventualis
as
'n strafversagtende faktór in ag te neem. Gepaard hiermee is daar die
oorweging dat appellant se besluit om oorledene aan
te val blykbaar op die
ingewing van die oomblik ontstaan het. Aanvanklik het sy hom vrywilliglik
vergesel.
7/
7. (iv) Dit bring my tot die rede vir die aanranding op oorledene. Dit
is onmoontlik om dit vas te stel. Appellant gee verskillende
verduidelikings in
dié verband. Een was dat hy vir oorledene kwaad was omdat sy ontrou aan
hom was. 'n Ander een was dat sy
hom beskuldig het dat hy ander vrouens aanhou.
Dan sê hy ook dat hy nie volle gemeenskap met haar gehad het nie en dat
dit
die rede was hoekom hy haar geslaan het. Uiteindelik sê hy eenvoudig
"ek het nie geweet wat ek gedoen het nie". Hoe dit ookal
sy, is dit redelik om
te aanvaar dat appellant beswaard gevoei het oor die feit dat hulle voormalige
verhouding beëindig is.
Veral is dit so inagnemend die teenwoordigheid by
oorledene se huis toe appellant die dag daar aangekom het van ene Tobias
Filander
(haar destydse minnaar) , en die feit dat hy (Tobias)
8/
8. toe gedreig het om appellant aan te rand. Dit is dus redelik moontlik dat
appellant 6f jaloers 6f gefrustreerd gevoel het. In
iedere geval het dit sy
gemoeds- toestand beïnvloed.
Kumulatief
beoordeel is ek van mening dat bogemelde strafversagtende faktore sodanig is dat
die doodvonnis in die huidige geval nie
die enigste gepaste vonnis is. 'n Lang
tydperk van gevangenisstraf sal aan die afskrikkings-, vergeldings- en
voorkomingselemente
van straftoemeting voldoen. Dit sal ook die weg ooplaat vir
die rehabilitasie van appellant. Na my mening is 'n tydperk van 15 jaar
gevangenisstraf 'n gepaste vonnis. Dit neem in ag die erns van die misdaad. Ek
is van voorneme om te gelas dat die tydperk van gevangenisstraf
ten opsigte van
die verkragting saamloop met gemelde 15 jaar. In ag genome die 2 jaar
gevangenisstraf vir die poging tot moord beteken
dit dat die effektiewe straf
een van 17 jaar gevangenisstraf sal
9/
9. wees.
Die appèl slaag. Die doodvonnis ten
opsigte van die skuldigbevinding-aan moord (aanklag 3) word ter syde gestel. Dit
word met
15 jaar gevangenisstraf vervang. Die vonnisse van 2 jaar
gevangenisstraf en 7 jaar gevangenisstraf ten opsigte van aanklagtes 1 en
2 bly
staan maar die vonnis van 7 jaar sal samelopend met die vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf wees.
NESTADT, AR
EKSTEEN, AR )
) STEM SAAM GOLDSTONE, AR )