About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 125
|
|
S v Dreyer (585/89) [1990] ZASCA 125 (28 September 1990)
585/89 N v H
BRIAN JONATHAN DREYER en DIE
STAAT
SMALBERGER, AR -
585/89 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
BRIAN JONATHAN
DREYER
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: SMALBERGER, STEYN, ARR,
et
FRIEDMAN, Wn AR
VERHOORDATUM
: 21 AUGUSTUS 1990
LEWERINGSDATUM
: 28 SEPTEMBER
1990
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR
Hierdie appêl is gerig teen die vonnis van twee jaar gevangenisstraf,
die helfte waarvan voorwaardelik opgeskort is, wat die
appellant in die
landdroshof, Bellville, opgelê is vir onwettige
/2
2
handeldryf in drank in oortreding van artikel 185(a) van Wet 87 van 1977
("die Wet"). Die appellant se appèl teen sy vonnis
na die Kaapse
Provinsiale Afdeling is van die hand gewys. Hy kom nou in hoër beroep teen
sy vonnis met verlof van hierdie Hof.
Die hoeveelheid drank betrokke was twintig kaste brandewyn met 'n aankoopprys
van R2 432-64, Luidens die oorkonde was die appellant
ten tyde van die pleging
van die misdaad dertig jaar oud. Hy is getroud met drie kinders. Sy vrou is 'n
onderwyseres. Ten tyde van
die verhoor was sy verdienste tussen R700-00 en
R800-00 per maand. Sy vrou se verdienste was om en by R600-00 per maand. By die
aanhoor
van dle appèl is ons meegedeel dat die appellant se verdienste
sedertdien gestyg het en tans ongeveer R2 000-00 per maand
beloop. Die appellant
het 'n aantal vorige veroordelings, onder meer drie vir
/3
3
onwettige handeldryf in drank. Die eerste hiervan was
in Januarie 1981 toe
hy met R100-00 beboet is. Die
tweede was in Februarie 1982 toe hy 'n
erkenning van
skuld van R100-00 betaal het. Die derde
skuldigbevinding was in Junie 1985. By daardie
geleentheid is hy met
R300-00 beboet. Met een
uitsondering is die appellant se ander
vorige
veroordelings van 'n minder ernstige aard. Die
appellant was nog nooit direkte gevangenisstraf opgelê
nie.
In die loop van vonnisoplegging het die
verhoorlanddros die volgende opmerking gemaak:-
"Die Hof het oorweeg om vir u 'n boete op te lê, maar dit blyk uit wat u
prokureur vir die Hof gesê het, dat u nie in
staat sal wees om 'n boete te
betaal nie en u prokureur het die Hof gevra om vir u gevangenisstraf op te
lê. Die Hof gaan dit
doen."
As daar gelet word
op wat die appellant se prokureur
(volgens die oorkonde) wel betoog het, blyk dit (1) dat
/4
4 hy nooit gesê het dat die appellant nie in staat was
om
'n boete te betaal nie, en (2) dat hy nie die verhoorlanddros gevra het
om die appellant direkte gevangenisstraf op te lê nie,
maar wel 'n volkome
opgeskorte vonnis van gevangenisstraf. Ofskoon die Hof a
guo
dit nie as
sodanig aangeteken het nie,-kom die verhoorlanddros se aangehaalde opmerking
myns insiens op 'n mistasting neer - 'n mistasting
wat ek sal aanvaar, soos
namens die respondent betoog, veroorsaak is deur 'n
misverstand. Dit bly egter, soos tereg namens die respondent toegegee, 'n
mistasting, en gevolglik sfaan dit hierdie Hof vry om opnuut
oor 'n gepaste
vonnis te besin.
Te oordeel aan die strawwe wat voorgeskryf is, beskou die Wetgewer die
onwettige handeldryf in drank in 'n ernstige lig. Luidens artikel
187(1)(a) van
die Wet is 'n persoon by skuldigbevinding weens h
/5
5 misdryf kragtens artikel 185(a) strafbaar met 'n boete van
hoogstens Rl0 000-00 of by wanbetaling met gevangenisstraf vir 'n tydperk
van
hoogstens vyf jaar In die geval van 'n tweede of latere skuldigbevinding binne
vyf jaar na 'n vorige skuldigbevinding "kan die
strawwe voorgeskryf in
subartikel (1) vir die betrokke misdryf, verdubbel word of kan die hof die
beskuldigde vonnis tot gevangenisstraf
sonder die keuse van 'n boete, vir'n
tydperk wat nie langer is nie as dubbel die tydperk aldus vir die betrokke
misdryf voorgeskryf".
(Artikel 187(2).) Na aanleiding hiervan, die appellant se
drie soortgelyke vorige veroordelings, die hoeveelheid drank betrokke en
die
appellant se klaarblyklike winsmotief met die pleging van die misdryf, het mnr
Van Niekerk, namens die respondent, betoog dat
die opgelegde vonnis, ondanks die
verhoorlanddros se mistasting, nogtans 'n gepaste
/6
6 vonnis is.
Mnr Cloete, namens die appellant, het betoog
dat die appellant se persoonlike omstandighede sterk versagtend is. Hy het
daarop gewys
dat die appellant reeds tot 'n mate gestraf is deurdat hy die
aankoopprys van die drank moes verbeur weens beslaglegging op die drank.
Hy het
verder daarop gewys dat ofskoon die appellant drie soortgelyke vorige
veroordelings het, hy in die een geval toegelaat is
om 'n erkenning van skuld te
betaal; en in die ander gevalle is betreklik geringe vonnisse opgelê. Die
vonnisse die appellant
voorheen opgelê, so is betoog, was sodanig dat
hulle nooit werklik die erns van die appellant se misdadige optrede aan hom
tuisgebring het nie. Mnr Cloete het tereg daarop gewys dat die appellant nog
nooit die voordeel van 'n opgeskorte vonnis gehad het
nie vir onwettige
handeldryf in drank - met die moontlike
/7
7 voordelige uitwerking wat so 'n straf mag hê. Voorts
het hy betoog dat 'n swaar boete met 'n alternatief van gevangenisstraf,
gekoppel aan 'n opgeskorte tydperk van gevangenisstraf, 'n gepaste vonnis sou
wees, en daarbenewens ook die gemeenskapsgevoel sou
bevredig,
Ek gaan in
hoofsaak akkoord met mnr Cloete se betoog. Ofskoon die appellant se drie vorige
veroordelings vir onwettige handeldryf
in drank met die nodige erns bejeën
moet word, sou gevangenissetting sonder meer myns insiens nie die gepaste straf
in die onderhawige
geval wees nie. Die vonnisse wat in dié verband die
appellant voorheen opgelê is, was onvoldoende, en het klaarblyklik
nie
daarin geslaag, om hom die erns van sy optrede te laat besef nie. Hy is nog
nooit 'n opgeskorte of ander vonnis opgelê
wat as waarskuwing kon dien dat
sou hy voortgaan met soortgelyke misdadige optrede hy die wesenlike gevaar
/8
8 loop van die oplegging van direkte gevangenisstraf nie.
Indien hy nou 'n redelike stywe boete opgelê is, gekoppel aan 'n
opgeskorte
tydperk van gevangenisstraf, sou dit 'n tweeledige doel dien. Die
boete sal vir hom 'n straf wees vanweë die geldelike verbeuring
wat dit tot
gevolg sal hê. Die opgeskorte vonnis (wat.op sigself ook 'n straf is) sal
daardie straf aanvul, en terselfdertyd
as afskrikmiddel dien teen soortgelyke
toekomstige optrede. Die heilsame uitwerking van 'n
opgeskorte vonnis in gepaste omstandighede moet nooit onderskat word nie. Die
beoogde vonnis sou beantwoord aan al die doelstellings
van vonnis, en behoorlike
uitvoering gee aan die geykte beginsels wat by straftoemeting geld.
Die vraag ontstaan egter of ons by magte is om die beoogde vonnis op te
lê. In dié verband het ons, na die aanhoor van
die appèl,
mnre Cloete en Van
9 Niekerk versoek om verdere skriftelike betoë aan
ons voor te lê. Ons is hulle dank verskuldig vir hulle bystand. Ek het
alreeds verwys na die strafbepalings wat in artikel 187(2) van die Wet bevat is.
Hulle magtig, in die geval van 'n tweede of latere
skuldigbevinding, 'n vonnis
van 'n boete van hoogstens R20 000-00 (of by wanbetaling gevangenisstraf vir 'n
tydperk van hoogstens
tien jaar) of 'n vonnis van gevangenisstraf sonder die
keuse van 'n boete vir 'n tydperk van nie langer as tien jaar nie. Die
bewoording
van artikel 187(2) is egter sodanig dat dit nie die oplegging van 'n
boete (met gevangenisstraf as alternatief), en daarbenewens
'n tydperk van
gevangenisstraf (hetsy opgeskort of nie), magtig nie -kyk
S v Jacobs
1990(1) SASV 637 (K). Artikel 163(2) van die Drankwet 27 van 1989 ("die nuwe
Wet"), wat met ingang 2 April 1990 in werking getree
het, magtig egter
/10
10 wel so 'n vonnis. Kan die bepalings van artikel 163(2)
van die nuwe Wet aangewend word in die onderhawige geval? Na my mening wel,
en
om die volgende redes.
In
Prokureur-Genéraal, Noord-Kaap v Hart
1990(1) SA 49 (A) is die respondent ("Hart") aan besit van dagga in
oortreding van artikel 2(b) van Wet 41 van 1971 skuldig bevind.
Hy is direkte
gevangenisstraf opgelê, die helfte waarvan voorwaardelik opgeskort is. Sy
appèl na die Noord-Kaapse Afdeling
teen sy skuldigbevinding is van die
hand gewys, maar sy vonnis is vernietig as synde buitensporig swaar. In terme
van artikel 1 van
wet 101 van 1986, wat Wet 41 van 1971 gewysig het deur
voorsiening te maak vir 'n boetestraf, en wat intussentyd in werking getree
het,
is Hart 'n boete opgelê. Die vraag wat op appèl ontstaan het, is of
Hart 'n geldige aanspraak op die straftemperende
. bepalings wat na die
oplegging van vonnis deur die 1986
/11
11
Wysigingswet afgekondig is, kon maak. Hierdie Hof het bevind dat hy wel
daarop kon aanspraak maak. Daar is beslis dat toe die Noord-Kaapse
Afdeling die
oorspronklike vonnis vernietig het op grond daarvan dat dit onvanpas was, die
Hof by oorweging van 'n gepaste vonnis
die uitgebreide vonniskeuses wat die 1986
Wysigingswet tot sy beskikking gestel het in aanmerking kon neem. Die Hof was
nie genoop
om 'n minder paslike vonnis op te lê slegs omdat die 1986
Wysigingswet nie bestaan het ten tyde van die aanvanklike vonnisoplegging
nie.
Die benadering in
Hart
se saak is myns insiens in die onderhawige
geval van toepassing Soos vermeld, het die verhoorlanddros 'n mistasting begaan
en dit
staan ons dus vry om opnuut oor vonnis te besin. Sedert die oorspronklike
vonnisoplegging het. die bepalings van die nuwe Wet in
werking getree.
/12
12
Hart
se saak het te doen gekry met die wysiging van 'n
bestaande
strafbepaling; ons het hier te make met 'n nuwe strafbepaling in 'n vervangende
Wet. In beginsel egter is die twee gevalle
gelykstaande aan mekaar. Die nuwe Wet
is in wese 'n her-verordening van die (ou) Wet. As sulks is dit 'n voortsetting
van die Wet
en kom die veranderings wat dit meebring regtens op dieselfde as
wysingings van die Wet neer (vgl. die gewysdes aangehaal in
S v Mpetha
1985(3) SA 688 (A) op 713 I - 714 C).
Die beginsel in
Hart
se saak geld net waar die uitgebreide
vonniskeuses wat beskikbaar word as gevolg van die wysiging of her-verordening
van 'n Wet straf
temperend van aard is, of waar hulle as straftemperend
aangewend kan word. Dit geld nie waar
'n gewysigde strafbepaling swaarder teen 'n beskuldigde inwerk nie. Artikel
163(2) van die nuwe Wet verleen by
/13
13 vonnisoplegging bykomende keuses met betrekking tot
straf. In die onderhawige geval kan die bepalings van artikel 163(2) as
straftemperend
aangewend word. Indien waarna ek verwys het as die "beoogde
vonnis" nie opgelê kon word nie sou ons voor 'n beperkte keuse
gestaan het
- 6f 'n boetevonnis óf gevangenissetting. Gesien die appellant se drie
vorige veroordelings sou gevangenissetting
waarskynlik die meer gepaste van die
twee keuses gewees het. Vir soverre die beoogde vonnis die verwydering van
direkte gevangenisstraf
tot gevolg sal hê, sal die aanwending van die
bepalings van artikel 163 (2) van die nuwe Wet in die appellant se geval
straftemperend
inwerk. Volledigheidshalwe kan gemeld word dat mnre Cloete en Van
Niekerk dit eens was dat ons by magte is om die bepalings van artikel
163(2) aan
te wend.
/14
14
Ons is tydens die aanhoor van die
appèl,
meegedeel dat die appellant in staat sal wees om
onmiddellik 'n boete van R2 000-00 te betaal. Na my
mening is 'n hoër boete aangewese, maar ek sou bereid
wees om die
appellant tegemoet te kom en hom toe te
laat om die verdere bedrag in paaiemente af te betaal.
In die verband is ek dit eens met die uitlating van
KRIEGLER, R in
S v Mosia
1988(2) SA 730 (T) op 735 G -
H, naamlik:
"Die omvang van die boete word tog immers nie verminder deur 'n reëling
wat betaling daarvan paaiementsgewys verg nie. Daar is
tewens heelwat te
sê daarvoor dat die persoonlike afskrikkingswaarde - en selfs in 'n mate
die algemene - bevorder word as
die beskuldigde oor 'n langdurige termyn gereeld
van sy inkomste moet afknyp om sy boete te betaal."
Die appèl slaag. Die appellant se vonnis
word tersyde gestel en word met die volgende vonnis
vervang:
/15
15
1) 'n Boete van R3 500-00 of, by wanbetaling, 12 maande gevange= nisstraf, en
daarbenewens 'n verdere 12 maande gevangenisstraf wat
volkome opgeskort word vir
5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan 'n
oortreding van artikel 154(1)(a)
van Wet 27 van 1989 gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
2) Die boete van R3 500-00 is betaalbaar soos volg:
R2 000-00 binne 14 dae vanaf lewering van hierdie uitspraak;
R500-00 op of voor 30 November 1990
R500-00 op of voor 31
Desember 1990
R500-00 op of voor 31 Januarie 1991
J W SMALBERGER APPeLREGTER
STEYN, AR)
FRIEDMAN, Wn AR) STEM SAAM