S v Visagie (460/89) [1990] ZASCA 124; 1991 (1) SA 177 (AD); [1991] 1 All SA 313 (A) (28 September 1990)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Elements of theft — Appellant, an experienced estate agent and director of Terra Trust, convicted of theft for depositing buyers' deposits into her personal account instead of the required trust account — Appellant argued lack of intent to steal due to available funds to repay buyers — Court held that appellant's actions constituted theft as she knowingly misappropriated funds entrusted to her, regardless of her intention to eventually repay the buyers.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 124
|

|

S v Visagie (460/89) [1990] ZASCA 124; 1991 (1) SA 177 (AD); [1991] 1 All SA 313 (A) (28 September 1990)

460/89 N v H
S W VISAGIE en DIE STAAT
SMALBERGER, AR -
460/89 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen
SOPHIA WILHELMINA VISAGIE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: SMALBERGER, MILNE, ARR,
et
NIENABER, Wn AR
VERHOORDATUM
: 21 SEPTEMBER 1990
LEWERINGSDATUM
: 28 SEPTEMBER
1990
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR -
Die appellant is in die streekhof te Parow skuldig bevind aan drie aanklagte
van diefstal. Die
...../2
2
drie aanklagte is saamgeneem vir die doeleindes van vonnis, en sy is
gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik
opgeskort
is. Sy het sonder welslae teen haar skuldigbevindings alleenlik na die Kaap die
Goeie Hoop Provinsiale Afdeling appèl
aangeteken. Met verlof van die hof
a
quo
kom sy nou in hoër beroep.
Hierdie appèl moet besleg
word aan die hand van die volgende feite wat, tensy andersins aangedui, gemene
saak is. Die appellant
was te alle tersaaklike tye 'n ervare eiendomsagent in
diens van die maatskappy Terra Beherend (Eiendoms) Beperk wat te Bellville
sake
gedoen. het as Terra Trust Eiendomsmakelaars ("Terra Trust"). Die appellant was
ook 'n aandeelhouer en mede-direktrise van Terra
Trust. Op 15 Augustus 1986, 28
Augustus 1986 en 12 Oktober 1986 was die appellant, in haar hoedanigheid as
/3
3 eiendomsagent werksaam by Terra Trust, verantwoordelik vir
die verkoop van huise aan onderskeidelik N du Plessis, T Malherbe en
A Smit. Elk
van die skriftelike koopooreenkomste het voorsiening gemaak vir die betaling van
'n deposito op die koopprys van die
betrokke eiendom. Die deposito's was
veronderstel om aan Terra Trust in trust betaal te word. Dit was 'n
vereiste
van die bepalings van die koopooreenkomste, en was in ooreenstemming met Terra
Trust se uitdruklike opdragte aan sy eiendomsagente,
dat alle deposito's van
kopers ontvang in Terra Trust se trustrekening gestort moes word. Helfte van die
rente op inbetalings in
die trustrekening sou aan Terra Trust gaan, en die ander
helfte sou die Raad van Eiendomsagente se Getrouheidswaarborgfonds toekom.
Indien 'n koper skriftelik aange.dring het op rente op sy deposito, sou die
bedrag van die deposito geplaas
/4
4 gewees het by 'n bank onder 'n trustrekeningnommer in een
of ander vorm van rentedraende belegging. Die appellant was deurentyd
ten volle
bewus van Terra Trust se voorskrifte in dié verband.
Betaling deur die
drie kopers van hulle deposito's van onderskeidelik R8 400,00, R8 000,00 en R6
000,00 het geskíed by wyse
van gekruiste tjeks wat aan Terra Trust
betaalbaar was. Die tjeks is aan die appellant oorhandig. In weerwil van haar
verpligting
om die tjeks in Terra Trust se trustrekening te stort, het die
appellant die tjeks in haar persoonlike lopende bankrekening by Volkskas
Bank
inbetaal. Nog die kopers, nog Terra Trust het aan haar magtiging verleen om dit
te doen. Toe die appellant aldus opgetree het,
het sy bewustelik die opdragte
van Terra Trust verontagsaam. Dit is hierdie optrede aan die kant van die
appellant wat tot
/5
5 die drie aanklagte van diefstal aanleiding gegee het. Die
inbetalings van die drie bedrae in die appellant se persoonlike bankrekening
(wat op 15 Augustus 1986, 28 Augustus 1986 en 21 Oktober 1986 onderskeidelik
geskied het), het die volgende tot gevolg gehad. Die
betaling van R8 400,00 het
die appellant se rekening se debietsaldo omskep in 'n kredietsaldo van R3
297,72; die bedrag van R8 000,00
het haar kredietsaldo verhoog tot R8 303,27; en
die betaling van R6 000,00 het 'n
debietsaldo in 'n kredietsaldo van Rl
523,86 verander.
Die blyk uit die getuienis dat die appellant op 23 Julie 1986 aansoek gedoen
het by Rand Trust Financiers om wentelkrediet-fasiliteite
ten bedrae van R20
000,00. Haar aansoek is op 3 Augustus 1986 goedgekeur, en vanaf daardie datum
was die bedrag van R20 000,00 tot
haar beskikking. Die goedgekeurde fasiliteit
is deur haar vir die eerste keer op 17
/6
6 November 1986 gebruik toe daar 'n bedrag van R3
4000,00
daaruit onttrek is. Benewens hierdie fasiliteit het die appellant
beleggings by die Natal en Allied Bouverenigings gehad ten bedrae
van R3 000,00
en R4 000,00 onderskeidelik. Sy het ook 'n belegging van R4 000,00 by Santambank
gehad, maar dit moes dien as sekuriteit
vir die bedrag verskuldig op 'n motor
wat sy aangekoop het. Volgens. die appellant het sy ook verskeie vaste eiendomme
besit. Nie
een van die kopers het skade gely as gevolg van die appellant se
optrede nie. Sy het gesorg dat toe oordrag moes geskied die drie
kopers
gekrediteer is met die volle bedrag van hulle deposito's plus rente daarop teen
14.5% per jaar.
Die appellant het by haar verhoor aange= voer dat sy die
deposito's in haar bankrekening inbetaal het uitsluitlik om rente daarop
vir
/7
7 die kopers te verdien. Indien sy die bedrae in Terra Trust
se trustrekening gedeponeer het, scm hulle geen rente ontvang het nie.
Die
verhoorlanddros het bevind dat die appeliant "geen goeie getuie" was nie, dat sy
ontwykend was onder kruisverhoor, en dat haar
verduideliking dat sy die
deposito's in haar bankrekening gestort het ten einde rente vir die kopers te
bekom, onaanvaarbaar was.
Die appellant se getuienis is ongetwyfeld vatbaar vir
kritiek. Onder meer kon sy nie 'n behoorlike verduideliking verstrek waarom
sy
tydens die verrigtinge in die landdroshof kragtens artikel 112(1) van die
Strafproseswet (51 van 1977) op die drie aanklagte skuldig
gepleit het nie. Haar
getuienis by die verhoor strook ook nie met die antwoord wat sy gegee het op
aanklag 1 nie (wat betrekking
het op Du Plessis se geval) toe sy tydens die
artikel 112(1)(b) verrigtinge gevra is hoekom sy
/8
8
die deposito van R8 400,00 in haar persoonlike bankrekening betaal het,
naamlik, "(e)k moes kommissie kry wat nie na my deurgekom
het nie en toe vat ek
die geld vir eie gebruik want ek het geen inkomste gehad nie". Dit is ook
moeilik begrypbaar hoedat die appellant
kon verwag het om rente op die
deposito's vir die kopers te verdien waar die deposito's inbetaal is op haar
(hoofsaaklik) oortrokke
rekening. Sy het probeer verduidelik dat sy die rente
wat sy op haar oortrokke rekening sou moes betaal het, en wat sy aldus gespaar
het, aan die kopers wou laat toekom. Haar getuienis tydens die verhoor strook
daarenteen wel met die verduideliking wat sy aan die
ondersoekbeampte, sersant
Weideman, verstrek het toe hy haar op 27 November 1986 vír die eerste
keer oor die beweerde diefstalle
ondervra het. Daarbenewens het Malherbe en
Smit. (met betrekking tot aanklagte 2 en 3) albei
/9
9 getuig dat die appellant hulle aanvanklik meegedeel het dat
hulle rente op hulle deposito's sou ontvang, en dat die bedrag rente
in
verrekening gebring sou word wanneer die volle koopsom teen oordrag betaal moes
word (wat wel uiteindelik gebeur het). Ek ag dit
nie nodig om meer volledig op
die getuienis in te gaan nie. Nietenstaaande die verhoorlanddros se bevinding
tot die teendeel, is
ek bereid om vir die doeleindes van die onderhawige
appèl te aanvaar dat dit deurgaans die appellant se bedoeling was om
uiteindelik,
by oordrag van die betrokke eiendomme, teenoor elk van die kopers
verantwoording te doen vir hulle deposito's, tesame met rente daarop.
Die vraag
bly egter steeds of die appellant se erkende handelswyse op diefstal
neerkom.
'n Bondige, en aldus onvolledige, omskrywing van diefstal is die
wederregtelike, opsetlike toe-eiening deur 'n persoon van iemand
anders se
roerende
/10
10 liggaamlike saak (vgl
S v de Jager and Another
1965(2) SA 616 (A) op 617 C). In die onderhawige geval het die appellant 'n
toe-eieningshandeling verrig deur, teenstrydig met haar
verpligting om die
kopers se tjeks in Terra Trust se trustrekening te stort, die tjëks in haar
eie persoonlike rekening te deponeer
(
S v Kotze
1965(1) SA 118(A) op 122
E). Die appellant was deurgaans ten volle daarvan bewus dat die deposito= tjeks
(en die opbrengs daarvan)
nie aan haar behoort het nie, en dat sy nie die reg
gehad het om tot haar eie voordeel daarmee te handel nie. Sy het ook wel deeglik
besef dat nóg Terra Trust nóg die kopers haar sou gemagtig het om
die tjeks in haar eie persoonlike bankrekening, in
stede van in Terra Trust se
trustrekening, te stort. Die vraag wat aldus ontstaan, is of sy die vereiste
toe-eieningsopset gehad
het.
/11
11
Die grondslag van die appellant se
verweer by
haar verhoor, en ook op appèl, was (en ek haal uit die
appellant se
betoogshoofde aan) "dat sy te alle
saaklike tye 'n likiede fonds van
genoegsame omvang tot
haar beskikking gehad het en dat sy nie die
vereiste
opset gehad het om te steel nie". Mnr Botha, namens
die
appellant, het hom in dié opsig beroep op die
uitspraak in
R v
Wessels
1933 TPA 313 op 314 waar
goedkeuring verleen is aan die
stelling:
"that if an agent collects money on behalf of a principal and it is not a
condition of his agency that he should pay over to his
principal the identical
coins collected, then he does not commit the offence of theft if he uses the
actual money he has collected
for his own purposes, so long as he has a fund at
his disposal on which he can draw to pay his principal at all times; and that an
agreement with an institution such as a bank that the bank will allow an
overdraft constitutes such a fund",
onderhewig aan
die voorwaarde dat die bank nie in sy
diskresie, en sonder kennisgewing, die oortrokke
/12
12
rekening-fasiliteit kan terugtrek nie. Wye erkenning
word verleen aan
waarna ek as die
Wessels
-
dictum
sal
verwys. Dit het
aanleiding gegee tot stellings soos
byv. die van Snyman:
Strafreg
:
2de uitgawe, op 532
(met verwysing na
Wessels
se saak) dat
"Waar geld deur X in trust namens Y gehou word of vir besteding volgens opdrag
ontvang is, sal die aanwending van die geld deur X
tot sy (X se) voordeel nie
diefstal wees as X deurgaans 'n likiede fonds tot sy beskikking het waaruit hy Y
se aanspraak kan bevredig
nie."
Daar moet egter
daarteen gewaak word dat die
Wessels
-
dictum
sonder voorbehoud
tot 'n regsbeginsel verhef
word. Die toepassing daarvan moet afhang van
die
omstandighede van elke bepaalde geval. Soos De Wet en
Swanepoel :
Strafreg
: 4 de uitgawe, op 328 (voetnoot
177) tereg opmerk, "(i)ndien mens met 'n werklike geval
van diefstal te
doen het, kan daar geen sprake daarvan
wees dat die vermoë om vergoeding te doen die diefstal
/13
13
ongedaan maak nie, selfs nie by gelddiefstal nie
...."
Die
Wessels
-
dictum
stel dus nie noodwendig 'n
volkome
verweer daar nie. Die bestaan van 'n likiede fonds
dui eerder op
'n afwesigheid van opset, en meer
besonderlik
wederregtelikheidsbewussyn. Die
bestaan van so 'n fonds waaruit betaling te
gelegenertyd gemaak sou kon word, dui daarop dat die nemer nooit van voorneme
was om die
geld wat hy geneem het, te steel nie; omgekeerd, die afwesigheid van
so 'n fonds is 'n
sterk aanduiding dat dit wel sy opset was (sien S y
Harper and
Another
1981(2) SA 636 (D) op 670).' Dit is egter nie vir die doeleindes van
die onderhawige appèl nodig om die juiste strekking van
die
Wessels
-
dictum
te bepaal nie. Wat die trefwydte daarvan ookal mag
wees, is dit alleenlik van toepassing op die geval waar geld in trust gehou
word.
Of geld in trust aan iemand oorgedra is, is dikwels moeilik om te
/14
14
bepaal. In die onderhawige geval is tjeks aan die appellant oorhandig met die
opdrag dat sy hulle in Terra Trust se trustrekening
sou stort. (h Tjek is
natuurlik nie geld nie, maar kan dit as die ekwivalent van geld beskou word -
S v Kotze
(
supra
) op 124 D. ) Die tjeks was alleenlik vir daardie
beperkte doel in die appellant se besit en onder haar beheer geplaas. Soos mnr
Downer,
namens die respondent, tereg betoog het, het die appellant geen
magtiging gehad, enersyds van die kopers, en andersyds van Terra
Trust, om die
geld hoegenaamd in trust te hou nie, d w s, in 'n hoedanigheid as trustee van
die geld of in haar persoonlike hoedanigheid.
Sy was deurgaans slegs in tydelike
bewaring van die tjeks. Haar situasie verskil regtens nie van dié van 'n
boodskapper wat
bank toe gestuur word om geld of tjeks namens iemand anders te
deponeer nie. 'Die
Wessels
-
dictum
is gevolglik
/15
15
nie op die onderhawige geval van toepassing nie.
Steeds ontstaan die vraag of die appellant
die opset gehad het om die tjeks (of die bedrae wat die
tjeks
verteenwoordig) vir haarself toe te eien, selfs
al was sy van voorneme om die
bedrae van die
deposito's, met rente, terug te betaal wanneer oordrag
moes
geskied. As ons hier te doen gehad het met geld
wat die kopers aan die
appellant oorhandig het, en wat
sy in haar bankrekening gestort het in stede van Terra
Trust se
trustrekening, was die regsposisie, soos in
die gewysdes uitgekristalliseer,
heeltemal duidelik.
In
R v Milne and Erleigh
(7) 1951(1) SA 791 (A) op 865
H het
SCHREINER, AR, in navolging van
R v Albertyn
1931
OPA 178, hom soos
volg uitgelaat:
"Where, therefore, a person takes another's money without authority to do so and
intending to consume it (actual consumption is,
I think, only important as
evidence of intention) he commits theft, even if he intends to return other
money, if it is
/16
16
proved that he did not, when he took it, believe that he had the right to take
it or that the owner, had he been consulted, would
have consented to the
taking.
Ofskoon SCHREINER, AR, se uitspraak 'n
minderheids-
uitspraak was, is sy aangehaalde uiteensetting van die
reg
herhaaldelik met goedkeuring aanvaar (sien R v
Herholdt and Others
1957(3) SA 236 (A) op 258 E, 258 H
- 259 A;
S v Heller
1971(2) SA 29(A) op 46 A;
S
v
Graham
1975(3) SA 569 (A) op 577 B). Die posisie
verskil
geensins waar daar met tjeks en nie geld te
make is nie. 'n Geldige tjek
verteenwoordig geld en
is 'n alombekende vorm van betaalmiddel - as sodanig is
dit die ekwivalent
van geld (
S v Kotze
(
supra
) op 123
H) . Die storting deur die
appellant in haar
persoonlike bankrekening van die tjeks wat vir
Terra
Trust se trustrekening bestem was, kom op h
doelbewuste toe-eiening
van die tjeks deur die
appellant neer wel wetende dat dit ongeoorloof was.
/17
17 Sy kon dus aan die diefstal van die tjeks as sodanig
skuldig bevind gewees het (
S v Graham
(
supra
) op 575 H). Sy is
egter nie van die diefstal van die tjeks aangekla nie, maar wel van die diefstal
van geld in bedrae gelykstaande
aan die gesigswaarde van die tjeks. Dié
diefstal sou, na bewering, gepleeg gewees het teenoor die kopers,
alternatiewelik,
Terra Trust. Die aanklagte was nie, in die omstandighede,
onjuis of onvanpas nie (
S v Kotze
(
supra
) op 124 D). Soos in S
v Graham
(
supra
op 576 E - 577 A) bevind, kan die opbrengs van 'n
tjek gesteel word. Toe die appellant die tjeks in haar bankrekening gestort het,
het sy die opbrengs van die tjeks bewustelik vir haarself toe-geëien en dit
aangewend, waar haar rekening oortrokke was, vir
die betaling van haar
skuldeiser (Volkskas Bank), en tot die mate dat daar 'n kredietsaldo was, vir
haar eie gebruik. Haar optrede
in dié verband kom,
/18
18 volgens die beslissings van hierdie Hof waarna verwys is,
op diefstal neer van die geld wat die tjeks verteenwoordig het. Ek is
daarvan
bewus dat daar van hierdie beslissings is wat vanuit akademiese kringe sterk
kritiek uitgelok het. Die beslissings is egter
bindend tensy hulle klaarblyklik
verkeerd is. Ek is geensins oortuig dat dit die geval is nie. Daar is trouens
belangrike beleidsoorwegings
vir die behoud van die bestaande regsposisie. Die
appellant was gevolglik tereg op die drie aanklagte skuldig bevind.
Dit is nie nodig om op die vraag in te gaan of die diefstalle gepleeg is
teenoor Terra Trust of die kopers nie, want die klagstaat
het albei moontlikhede
gedek. Insgelyks is dit nie nodig om die grondslag waarop die verhoorlanddros en
die hof a
quo
die appellant skuldig bevind het - wat van die benadering
wat in hierdie uitspraak gevolg is, verskil - te oorweeg nie.
...../19
19 Die appèl word bygevolg van die hand gewys.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
MILNE, AR)
) STEM SAAM NIENABER, Wn AR)