About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 107
|
|
Ndluli v Wilken en Andere (378/89) [1990] ZASCA 107; 1991 (1) SA 297 (AD); [1991] 1 All SA 256 (A) (27 September 1990)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VÁN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
WELCOME NDLULI
Appellant
EN
MNR. W.JJ
WILKEN
Eerste Respondent
DIE PROKUREUR-GENERAAL, TRANSVAAL
Tweede Respondent
DIE PRESIDENT VAN DIE STREEKAFDELING
NOORD-TRANSVAAL
Derde Respondent
Coram
: HOEXTER,
SMALBERGER, STEYN, EKSTEEN, ARR
et
GOLDSTONE, Wn. AR
Verhoor
: 28 Augustus 1990
Gelewer
: 27 September 1990
2
UITSPRAAK
EKSTEEN
, AR :
Dit is 'n appèl teen die afwysing deur die
Hof
a
quo
van 'n versoekskrif van die
appellant waarin hy die
volgende regshulp gevorder het, nl.
"1. Die beslissing van die Eerste Respondent geneem op 14 Maart 1988, dat hy nie
bevoeg is om die Applikant se Spesiale Pleit in
terme van Arti-kel 106(1)(h) van
die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 aangebied op 10 November 1986 in die saak
van die Staat teen
W. Ndluli, Saaknommer SH 663/86 in die Streekhof vir die
Streek-afdeling van Noord-Transvaal gehou te Nelspruit, te bereg nie, hersien
en
ter syde gestel word;
2. Dat die saak na die Eerste Respondent terug verwys word om sy bevinding oor
die gemelde spesiale pleit te gee;"
Die omstandighede wat aanleiding tot hierdie
aansoek
gegee het, soos uit die stukke voor ons af te
....... / 3
3
lei is, skyn die volgende te wees. Die appellant, wat
'n
versekeringsagent van Kabokweni is, was gedurende 1983 in die streekhof te
Nelspruit tesame met drie ander per-sone op 'n aanklag
van diefstal, of in die
alternatief van bedrog, aangekla. Toe die saak geroep was, was die Staat nie
gereed om voort te gaan nie
en was die saak teen die appellant teruggetrek.
Intussen het die ondersoekbeampte, luitenant Erasmus, appellant se proku-reur,
mnr.
Bosman, genader en hom meegedeel dat die polisie van mening was dat die
appellant se aandeel aan die hele aangeleentheid betreklik
gering was en dat
in-dien appellant bereid sou wees om die naam van die per-soon wat die vervalste
tjeks vir betaling aangebied het
aan die polisie te verskaf, sou hy toesien dat
daar geen
.... /4
4
vervolging teen die appellant ingestel word nie, en dat
appellant ook nie as 'n staatsgetuie gebruik sou word nie.
Die appellant
het egter geweier om enige inligting aan
die polisie te verskaf.
Gedurende 1984 was mnr. Bosman telkens weer
deur
luitenant Erasmus genader, en uiteindelik ook deur
die streekhofaanklaer met
dieselfde versoek. Die appel-
lant het steeds geweier om die gevraagde inligting te
verstrek, eh hulle
het hom weer aangekla. Toe hierdie
saak op 20 Junie 1986 geroep was, het
luitenant Erasmus,
luitenant Myburgh en die streekhofaanklaer weereens vir
mnr. Bosman
genader en hom uitdruklik verseker dat die
Staat nie teen appellant sou voortgaan nie, maar dat
hulle slegs die naam
van die persoon wat die vervalste
...../5
5
tjeks aangebied het van hom verlang. Die aanbod is aan
appellant gemaak
dat indien hy hierdie naam aan hulle
verstrek, en aan hulle verduidelik hoe
die skema gewerk
het, en wat sy betrokkenheid daarby was, dan sou
hulle
nie met die kriminele vervolging teen hom voortgaan nie.
In die lig
van hierdie uitdruklike versekering het die
appellant die aanbod aanvaar, en
die naam van die be-
trokke persoon aan hulle verstrek. Die saak is
dan
ook op dieselfde dag teen hom teruggetrek.
Dit blyk gemene saak tussen die partye te wees
dat
so 'n ooreenkoms wel met die appellant aangegaan is.
Trouens dit wil uit die
oorkonde voorkom dat mnr. Wilken -
vermoedelik die voorsittende
streeklanddros - by die
terugtrekking van die saak teen die appellant die
...../ 6
6
voorwaardes van die ooreenkoms aan die appellant verdui-
delik het en hom
gewaarsku het dat indien hy nie die voor-
waardes nakom nie "hy weer gevang
sou word."
Die appellant beweer dat hy sy deel van
die
ooreenkoms nagekom het, maar desondanks is hy
weer op
29 September 1986 voor die streekhof aangekla op 45
aanklagtes van
bedrog. Die aanklaer by die verhoor -
wat nie dieselfde persoon was wat die
ooreenkoms met
appellant en sy prokureur aangegaan het nie - het
die
mening skynbaar gehuldig dat die appellant nie al die
voorwaardes van
die ooreenkoms nagekom het nie. Dit
wil voorkom of die aanklaer op hierdie
beweerde nie-
nakoming van die ooreenkoms die herinstelling van
die
vervolging wou regverdig. Die appellant voer egter
....../7
7
aan dat die senior staatsaanklaer te Nelspruit en die ondersoekbeampte
besluit het dat appellant inderdaad die sleutelfiguur in die
hele aangeleentheid
was, en dat dit die rede vir die herinstelling van die vervolging was. In elk
geval voer die appellant aan dat
dit op 'n ver-breking van hul plegtige
ooreenkoms neerkom om hom nou weer te vervolg.
Toe die saak op 29 September
1986 begin het, was die appellant deur mnr. T.F. Dreyer, 'n prokureur van
Nelspruit, verteenwoordig,
en 'n pleit van onskuldig op al die aanklagtes is
aangeteken. Die saak is daarna uit-gestel na 10 November 1986. By dié
geleentheid
het mnr. Bosman weer vir die appellant verskyn, en, benewens die
pleit van onskuldig, 'n verdere pleit in terme van
....../8
8
artikel 106(1)(h) van die Strafproseswet (Wet 51 van
1977)
("die Wet") ge-opper, nl. dat die aanklaer nie
bevoeg was om te vervolg nie.
In sy toeligting van
hierdie pleit het mnr. Bosman dit duidelik gemaak
dat
sy beswaar nie op die spesifieke aanklaer in die hof
geslaan het nie,
maar wel op die Staat. Hy het aange-
voer dat die prokureur-generaal, wat
namens die Staat
alle vervolgings instel, uit hoofde van die
ooreenkoms
tussen die appellant en die streekhofaanklaer te Nel-
spruit,
nie bevoeg was om te vervolg nie omdat dit stry-
dig met die bepalinge van
die ooreenkoms sou wees.
Hierdie onverwagte en ietwat ongewone pleit
het
heelwat bespreking in die hof uitgelok tussen mnr.
Bosman, die aanklaer en
die landdros. In 'n klaarblyklike
...../ 9
9
poging om die knoop van verwarring wat die pleit ontketen
het deur te
haak, het mnr. Bosman, na die teeverdaging,
voorgestel dat die saak uitgestel
word ten einde hom in
staat te stel om vertoë tot die
prokureur-generaal
self te rig om die vervolging te staak. Hierdie
voor-
stel is met merkbare verligting aangegryp, en die saak
is na 5
Januarie 1987 uitgestel.
Mnr. Bosman het 'n lang brief gedateer 14
Oktober
1986 aan die prokureur-generaal geskryf waar-
in hy die hele aanloop van die
gébeurde uiteengesit
het, soos ek dit hierbo gedoen het, en die
mening
gekonstateer het dat -
"hierdie tipe optrede nie in belang van regs-pleging is nie, en dat onder
hierdie omstandig-hede daar nie voortgegaan moet word met
vervolg-ing teen ons
kliënt nie."
.... / 10
10
In 'n brief gedateer 30 Desember 1986 antwoord
die
hoofklerk van die prokureur-generaal kort en saaklik
soos volg:
"Menere,
DIE STAAT teen WELCOME ELPHY NDLULI LOUWS CREEK M.R. 164/1/83 U
KA/kb/M8/83 van 1 Desember 1986
In opvolging tot my eersgenommerde diensbrief van 21
November 1986 is dit my deur die Prokureur-generaal
opgedra om u mee te deel dat hy die saak nou onder-
soek het en van mening is dat die vervolging teen
u klient moet voortgaan.
Die Prokureur-generaal het egter die Handelstak-
aanklaer te Pretoria, mnr. J.J. de Jager, opdrag
gegee om die vervolging waar te neem, asook die
leiding van die ondersoekspan oor te neem.
Die Prokureur-generaal vertrou dat die reëling
verdere probleme sal uitskakel.
Die uwe,
A. Nel namens HOOFKLERK VAN DIE
PROKUREUR-GENERAAL."
By die hervatting van die saak in die streekhof
op
22 April 1987, is die pleit teen die bevoegdheid van
...../11
11
die aanklaer ingevolge artikel 106(1)(h) van die Wet weer
eens ge-opper, en mnr. Naude, wat toe namens die appellant
verskyn het,
het te kenne gegee dat hy van voornemens was
om getuienis aan te bied om die
pleit gestand te doen.
Weer eens het 'n lang bespreking gevolg en
uiteindelik
het die voorsittende landdros, mnr. le Roux, die stand-
punt
ingeneem dat hy nie bevoeg is om die spesiale pleit
aan te hoor nie omdat die
saak voor mnr. Wilken (die
eerste respondent), 'n kollega van hom begin het.
Die
saak het gevolglik afgestaan totdat die eerste respon-
dent dit kon
verhoor.
By die hervatting van die saak voor eerste
re-
spondent het mnr. Naude weêr eens verlof
gevra om getuie-
nis aan te bied op die spesiale pleit. Die landdros
...../ 12
12
roep toe op die aanklaer om sy standpunt te verneem. Hy
dien hierop die
lang brief wat mnr. Bosman aan die proku-
reur-generaal geskryf het in as
Bewysstuk A, asook die
prokureur-generaal se antwoord daarop as Bewysstuk B,
en
betoog dat indien die eerste respondent die pleit aanhoor,
nadat die
prokureur-generaal in die uitoefening van sy dis-
kresie besluit het om voort
te gaan met die vervolging, dit
daarop sou neerkom dat eerste respondent die
prokureur-
generaal se besluit in hersiening neem. Dit, het hy
aan-
gevoer, was buite die eerste respondent se bevoegdheid.
Slegs die
Hooggeregshof het sulke hersieningsbevoegdheid,
het hy betoog, Hierdie
drogredenasie het die eerste
respondent beïndruk, en geen betoog van
mnr. Naude kon hóm
tot ander insigte bring nie. In sy daaropvolgende
uit-
...../ 13
13
spraak bevind die eerste respondent dat die spesiale pleit ingevolge artikel
106(1)(h) van die Wet wel voor hom ge-opper kon word,
maar dat, in die lig van
die prokureur-generaal se besluit, hy "nie die bevoegdheid het om die be-
sluit van die prokureur-generaal in hersiening te neem nie." In die
daaropvolgende bespreking het die eerste respondent
dit dan ook aan mnr.
Naude duidelik gemaak dat -
"u is geregtig om die pleit te opper maar dit moet in die Hooggeregshof
geskied."
Die saak is hierop na 14 Mei 1988 verdaag.
Om een of ander rede vervat die saak weer op
14
Maart 1988. Mnr. le Roux was toe weer op die
bank, en het
nie kennis gedra van al die gebeurde voor die eerste
res-
pondent nie. Na heelwat verduideliking en bespreking het
die hof
verdaag. Die saak het later voor die eerste
.... / 14
14
respondent vervat en is dit besluit dat die saak weer
uit-
gestel word ten einde die appellant die geleentheid te bied
om die
Hooggeregshof om hulp te nader. Die regshulp wat
hy in sy kennisgewing van
mosie aangevra het, het ek aan die
begin van hierdie uitspraak uiteengesit.
In sy ondersteun-
ende beëdigde verklaring sit die appellant die
agtergrond
van sy saak uiteen, en, soos deur Reël 53(1) vereis
word,
roep hy die eerste respondent op om
"die oorkonde van die verrigtinge waarvan die appli-kant hersiening verlang,
sodanige redes as wat hy regtens moet verstrek of wat
hy wil verstrek, aan die
Griffier te stuur en die applikant in kennis te stel dat hy dit gedoen
het."
Die eerste respondent het toe die oorkonde van al die
ver-
rigtinge voor die streekhof ingedien, maar geen verdere
redes vir sy
beslissing gegee nie. Geeneen van die
..... / 15
15
respondente het enige antwoordende verklarings ingedien nie, sodat die
beweringe van die appellant onweerspreek staan.
Die Hof a
quo
het die
aansoek baie oorsigtelik behandel en tot die gevolgtrekking gekom dat, alhoewel
dié eerste respondent geen bevel op
die spesiale pleit ge-maak het nie,
sy uitspraak in wese daarop neerkom dat hy die pleit van die hand gewys het. Die
Hof het verder
bevind dat -
"die streeklanddros gelyk gegee moet word dat die besluit van die
prokureur-generaal inderdaad die handhawing van so 'n spesiale
pleit onmoontlik
maak. Dit mag so wees dat 'n dusdanige besluit deur die prokureur-generaal om
een of ander rede aanveg-baar is.
Dit sou dan vir die betrokkene aange-wese wees
om by wyse van hersiening by die bevoeg-de hooggeregshof aansoek te doen om
tersydestelling
van die gewraakte besluit van die prokureur-generaal. So 'n
bevoegdheid setel nie in die streekhof nie."
..../ 16
16
Die Hof a
quo
het gevolglik die aansoek
om
hersiening van die hand gewys en opdrag gegee
"dat daar genotuleer word dat die spesiale pleit van die hand gewys word en dat
die aanklaer aan-gesê word om met die vervolging
voort te
gaan."
Dit is teen hierdie bevel wat die appellant in
hoër
beroep kom.
Voordat ek met die regsaspekte van die
saak
handel,wil ek net opmerk dat die verloop van
sake soos
hulle uit die stukke blyk vir my ontstellend voorkom.
Soos ek
reeds daarop gewys het,skyn dit gemene saak te
wees dat die streekhofaanklaer
wel 'n ooreenkoms met
die appellant aangegaan het dat hy hom nie sou
vervolg
indien hy sekere inligting aan die ondersoekbeampte
sou verstrek. Inligting is verstrek en daarna is 'n
....../ 17
17
vervolging teen die appellant ingestel. Die appel-lant sit die omstandighede
van hierdie ooreenkoms breedvoerig en in besonderhede
uiteen in sy
prokuréur se brief aan die prokureur-generaal. Die prokureur-generaal op
sy beurt handel geensins met enige van
die appellant se beweringe in sy
beantwoordende brief nie, en liasseer ook geen antwoordende verklaring by die
hersieningsaansoek
nie. Die appellant se beweringe staan dus onbetwis en
onverduidelik. As hulle waar is, is dit 'n ontstellende kommentaar op die
regspleging
in hierdie saak, wat nie goed te keur is nie. Die integriteit van
die prokureur-generaal en van sy aanklaers in die uitoefening van
.... /18
18
hulle pligte moet altyd bo verdenking staan. As die appellant se beweringe
waar is dan het dit kwalik in hierdie geval gebeur. As
hulle nie waar is nie dan
was die prokureur-generaal en die aanklaer m.i. dit aan die Hof verskuldig om
die beweringe te ont-ken
of te verduidelik. Soos sake tans staan bly daar n
ontstellende geur van oneerbare optrede in die lug hang.
Die pleit rakende
die onbevoegdheid van die aanklaer is een wat ingevolge artikel 106(1)(h) van
Wet 51 van 1977 ("die Wet") deur 'n
beskuldigde per-soon geneem kan word, en
waar dit wel geneem word, soos in hierdie geval, moes die eerste respondent
...... / 19
19
dit aangehoor het en 'n bevinding daaroor uitgebring het. Die
redenasie dat omdat die prokureur-generaal,
na vertoë aan hom, besluit
het om met die vervolging
aan te gaan, die aanhoor van die pleit op 'n
hersiening
van die prokureur-generaal se besluit sou neerkom, is,
soos ek
reeds gesê het, 'n drogredenasie. Daar kan
geen sprake daarvan wees dat
dit op 'n hersiening neer-
kom nie - net so min as wat sy besluit om voort te
gaan
na 'n pleit van
autrefois acquit
of
autrefois convict
en
daaropvolgende vertoe aan hom, op hersiening van sy be-
sluit neerkom.
Dit is vir die verhoorhof om te besluit
of dit 'n geldige pleit is of nie, en
nie vir die proku-
reur-generaal nie. Die eerste respondent was dus
m.i.
verkeerd om tot die gevolgtrekking te kom dat hy
...../ 20
20
nie bevoeg was om 'n bevinding op die pleit uit te bring nie, en dat in die
omstandighede slegs die Hooggeregs-hof bevoeg was om so
'n pleit te bereg.
Ek
vind dit ook moeilik om te begryp hoe die Hof a
quo
tot die
gevolgtrekking kon gekom het dat wat die eerste respondent inderdaad gedoen het,
was om te bevind dat die spesiale pleit
voor hom nie gehandhaaf kon word nie.
Dit is miskien wat hy moes gedoen het, maar hy het inteendeel tot die
gevolgtrekking gekom
dat hy nie die bevoegdheid besit het om die pleit te bereg
nie.
Die kernvraag in die appèl skyn vir my te
wees
om in die eerste plek te bepaal wat die
spesiale pleit
soos in artikel 106(1)(h) uiteengesit, behels.
Hierdie artikel het 'n lang aanloop in ons
....../
21
21
strafprosesreg. Die Transvaalse Ordonnansie 1 van 1903 wat 'n strafkode vir
dié kolonie daargestel het, het in artikel 158
bepaal dat, as 'n
beskuldigde op 'n aanklag pleit, hy o.a. kon pleit
"(7) that the prosecutor
has no title to prosecute." Presies dieselfde woorde word oorgeneem in die
Engelse weergawe van artikel 157(1)(g)
van die Kriminele Procedure en
Bewijsleveringswet (Wet 31 van 1917). Die Nederlandse weergawe daarvan lui
"(g) dat de aanklager niet bevoegd is om te vervolgen."
In die Strafproseswet 56 van 1955 word die Engelse weer-
gawe van die
pleit nl. "that the prosecutor has no title
to prosecute" in artikel 169(2)(g) vertaal as
"(g) dat die aanklaer nie geregtig is om te vervolg nie."
....../ 22
22
In die huidige Wet bly die Engelse uitdrukking nog steeds
onveranderd maar
hierdie keer neig die Afrikaanse weer-
gawe terug na die 1917 Wet en
bepaal:
"106(1) Wanneer 'n beskuldiigde op 'n aanklag pleit,
kan hy pleit
(h) dat die aanklaer nie bevoeg is om te ver-volg nie."
Ek dink nie dat die verskil in die onderskeie Nederlandse en Afrikaanse
bewoording die betekenis van die artikel enigsins ráak
nie, veral in die
lig daarvan dat die Engelse weergawe deur al die jare onveranderd gebly het.
Waar die uitdrukking sy oorsprong gehad het
is nie
vir my duidelik nie. Ek kon geen soortgelyke
uitdrukking in die Engelse gemene- of statutereg
....../ 23
23
opspoor nie en geen sodanige verwysing is in betoog aan
ons voorgehou nie.
Dit is miskien interessant om
daarop te let dat in Ordonnansie 40 van 1828
van die
Kolonie van die Kaap die Goeie Hoop die volgende onder
die hoof
"Of Prosecutors and their Title" verskyn, nl.
"6. The Attorney-General of the Cape of Good Hope is vested with the right, and
entrusted with the duty, of prosecuting in the name
and on
behalf of the King, all the crimes and offences committed in this
Colony.
7. This right of prosecution is exercised by
the
Attorney-General in the Supreme Court, in person -in the Circuit and Districts
Courts, through the medium of the Clerks of the Peace
for the re-spective
districts in which such Courts shall be held; and in the Police Court in Cape
Town, through the medium of the
Superintendent of Police, or his deputy, unless
any other person shall have been specially appointed by the said
Attorney-General
to appear and act for him in any particular case, before any or
either of the said superior or inferior
Courts.
......./ 24
24
8. This right and power of prosecution in the Attorney-General, is absolutely
under his
own management and control."
Die daaropvolgende
artikels handel voorts hoofsaaklik
oor private vervolgings en bepaal
wanneér en deur wie
hulle ingestel kan word, wat die belange van so 'n
pri-
vate vervolger by die saak moet wees, en wat van hulle
verwag word
voordat hulle met die vervolging kan begin.
Dit is insiggewend dat al die
bepalinge onder die hoof
"Of Prosecutors and their Title" op die reg van ver-
skillende persone om
in die howe as vervolgers op te
tree, slaan.
Ondanks die betreklike lang geskiedenis van
hierdie
bepaling in ons strafprosesreg kon ek ook geen
gewysdes wat die strekking of
betekenis van die bepaling
..... / 25
25
probeer uitlê, vind nie. Desnieteenstaande het
skrywers
van handleidings hul heel onomwonde daaroor uitgelaat.
So bv. sê die belese skrywers van Gardiner and Lansdown..
"South African Criminal Law and Procedure" 6de Uitgawe
Vol 1 op p 365
-
"That the person who appears to present the case to the Court on behalf of the
Attorney-General or private prosecutor has no
locus standi
, or is not in
the particular case properly authorized, is not a subject of this plea although
it might form the ground of an allegation
of irregularity in the proceedings.
What is meant by the plea is that the Queen, or the private prosecutor in the
matter, has no
authority to claim the punishment of the alleged offender in
respect of the particular offence charged."
Die belese skrywers van die huidige "South
African
Criminal Law and Procedure" (Lansdown and Camp-
bell) Vol V p 452 neem
hierdie passasie feitlik woordeliks
.... / 26
26
oor. So ook sê die geleerde skrywers van "Swift's Law
of Criminal Procedure" 2de Uitgawe op p 286 -
"The substance of this plea is that the accused denies the ability of the
prosecutor, i.e. the ' State or the private prosecutor,
to claim a con-viction
in respect of the offence with which the accused is charged."
Aan die ander kant beweer die geleerde skrywers van
"Strafprosesreg" deur J.L. Snyman en D.W. Morkel, 2de
Uitgawe op p 369
dat:
"Dit is egter nie duidelik wat met hierdie pleit presies bedoel word nie. Die
mees ooglopende geval waar hierdie pleit ter sprake
kan kom is by privaat
vervolgings, waar die beskuldigde kan aanvoer dat die private aanklaer nie 'n
persoon is wat hom kwalifiseer
om as private aanklaer op te tree nie. Volgens
Hiemstra (239) het hierdie pleit ook betrekking op 'n advokaat wat sonder die
nodige
delegasie verskyn om namens die prokureur-generaal te vervolg. Die
aanwendbaarheid van hierdie pleit blyk ook gepas te wees waar
die
....../27
27
aanklaer die beskuldigde vervolg op 'n aanklag van oortreding van artikel 54 van
die Wet op Binnelandse Veiligheid 74 van 1982, sonder
dat die prokureur-generaal
ingevolge art 64 van gemelde Wet dit skrif-telik gemagtig
het."
Geeneen van hierdie skrywers meld enige gesag vir hulle
standpunte nie.
In sy werk "Suid-Afrikaanse Strafproses" 4de
Uitgawe
p 247 sê die belese skrywer Hiemstra dat
"Dit het betrekking op die aanklaer se
locus standi
om op te tree
Die pleit kan ook aangewend word waar daar inge-volge 'n wet sekere
voorvereistes is wat nagekom moet word voordat 'n vervolging
kan plaasvind. 'n
Voorbeeld is
R. v. Giuseppe
1943 T.P.D. 139
..."
In
Giuseppe
se saak is 12 Italiaanse
krygs-
gevangenes in 'n landdroshof verhoor en
gevonnis sonder
dat daar, ooreenkomstig artikel 60 van die
Geneefse
Konvensie vooraf kennis gegee is aan die verteenwoordiger
...../ 28
28
van die beskermende moondheid. Die saak is in die Trans-vaalse
Provinsiale Afdeling deur Malan R hersien. Hy het die skuldigbevindinge
tersyde
gestel weens die onreëlmatig-heid in die prosedure. Die destyds-geldende
artikel 157(1) (g) van Wet 31 van 1917 was
egter glad nie ter sprake nie, en die
Hof het by hersiening geensins daarmee gehandel nie.
In die afwesigheid van
enige relevante gewysdes is hierdie Hof aangewese bloot op die bewoording van
die betrokke artikel, en die
inslag daarvan in nastrewing van die wetgewer se
bedoeling, vas te stel.
Die woord "aanklaer" word in die Verklarende
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) soos volg omskryf:
"Aanklaer - Beskuldiger:
Die openbare aanklaer
,
.... / 29
29
amptenaar by 'n geregshof wat sake teen beskuldigdes
waarneem."
Die omskrywing van "public prosecutor" in die
Shorter
Oxford English Dictionary het dieselfde strekking, nl.
"a law officer appointed to conduct criminal pro-secutionson behalf of the Crown
or State or in the public interest."
Ons strafreg en die Wet ken
beide 'n openbare aanklaer wat namens die Staat in die howe optree om die saak
teen aangeklaagdes aan
te voer, asook 'n private aanklaer wat by 'n private
vervolging die saak teen die beskuldigde aanvoer. In albei gevalle word daar
na
'n persoon verwys.
In die algemene spreektaal sowel as in die
uitsprake
van ons howe word 'n verwysing na "die aanklaer"
......./ 30
30
of "the prosecutor" by strafsake gesien as 'n verwysing na
die persoon wat
in die hof optree, en nie as 'n verwysing
na die Staat nie. In die Wet vind
ons in artikel 4 h
verwysing na 'n "staatsaanklaer" wat in 'n laer hof
deur
die prokureur-generaal aangestel kan word om as sy ver-
teenwoordiger
vervolgings ten behoewe van die Staat waar
te neem, maar daarna vind ons
feitlik deurgaansverwysings
slegs na "die aanklaer" (sien bv. artikels 54(1),
62,
63(1), 75(2), 85(1) 112(1) en (3), 113, 119, 122(3), 128,
130, 166(1)
en (2) en nog talle ander.) Om nader by
die artikel onder bespreking te kom
vind ons in artikel
105 die bepaling dat:
"105. Voordat die verhoor van 'n beskuldigde 'n aan-vang neem, word die aanklag
deur die aanklaer aan hom gestel en word hy ... deur
die
hof
......./ 31
31
aangesê om onverwyld ooreenkomstig artikel 106 daarop te
pleit."
Die verwysing na "die aanklaer" in hierdie artikel
is
klaarblyklik na die persoon wat in die hof optree om
die saak teen die
beskuldigde te voer. Onmiddellik
daarna volg artikel 106 wat bepaal dat:
"106(1) Wanneer 'n beskuldigde op 'n aanklag pleit, kan hy pleit -... (h) dat
die aanklaer nie bevoeg is om te ver-volg nie."
Daar skyn vir my, onder hierdie omstandighede, geen
rede om in artikel 106
'n ander betekenis aan die woord
"aanklaer" te heg as die betekenis wat dit in artikel
105 en in al die ander artikels in die Wet waarna ek
verwys het, dra nie.
(
Principal Immigration Officer
..../ 32
32
v. Hawabu and Another
1936 A.D. 26
and
Minister of the
In
-
terior v. Machadodorp Investments (Pty.) Ltd., and
Ano
-
ther
1957 (2) SA 395
(A) op 404 D-E.) Na my mening
dus
verwys die woord "die aanklaer" in artikel 106(1)(h) by
'n vervolging
van Staatsweë nie na die Staat nie, máar
na die persoon wat in
die hof as'.aanklaer optree. Die
beswaar wat so 'n pleit inhou is 'n beswaar
teen die reg
of die bevoegdheid van daardie persoon om as aanklaer
in die
saak op te tree.
Private vervolgings word in artikels 7-17
van die
Wet gereël. Artikel 7(1) maak voorsiening vir
h privaat persoon om in
sekere voorgeskrewe gevalle
"hetsy persoonlik of deur 'n regsverteenwoordiger" h
vervolging in te
stel. So 'n persoon word daarna in
....../ 33
33
die Wet na verwys as 'n "private aanklaer". Dit volg
dus
dat die woord "aanklaer" in artikel 106(1)(h), na
'n private aanklaer sal
verwys, en nie na sy regsverteen-
woordiger as hy een sou aanstel nie.
Alhoewel dit nie uit die verslae blyk dat
hierdie
pleit as sulks in
R. v. Altena
1929 T.P.A. 62,
Hall v. Inspector-of
Police, Durban
1930 N.P.A. 277, en
Raaff v. Inspector of Police,
Durban
1930 N.P.A. 291
ge-opper is nie, is die beswaar dat die aanklaer
nie
bevoeg was om te vervolg nie, in aldrie sake met sukses
op
appèl geneem. Die pleit ingevolge artikel 157(1)(g)
van Wet 31 van
1917 kon m.i. in hierdie sake met wel-
slae in die landdroshof ge-opper
gewees het.
Dit volg dus dat die pleit ingevolge artikel
....../
34
34
106(1)(h) wat die appellant in die onderhawige saak voor
die eerste
respondent ge-opper het, misplaas was. Sy
beswaar, soos duidelik uit die
stukke en uit sy proku-
reur se uitlatings blyk, was nie teen die aanklaer
in
die streekhof gerig nie, maar teen die Staat. Die
Staat, het hy
aangevoer, was nie geregtig om hom te ver-
volg nie weens die beweerde
onderneming tussen die ap-
pellant en die Staat aangegaan. As sy beswaar
feitelik
gegrond was, dan kon hy moontlik 'n interdik aangevra het
om die
prokureur-generaal te verbied om met die vervolg-
ing voort te gaan. Hieroor
wil ek my nie uitlaat nie.
Hy kon egter nie 'n verweer ingevolge artikel
106(1)(h)
teen die bevoegdheid van die aanklaer met enige sukses
gepleit het nie.
...../ 35
35
Vir hierdie redes is ek dit met die Hof a
quo
eens dat dit geen doel sal dien om die
saak na die eerste
respondent terug te verwys nie. Die spesiale pleit kan
op die aangevoerde
feite nie slaag nie, en dit is geheel
en al misplaas. Dit blyk uit die
oorkonde dat mnr. Bos-
man toegegee het dat sy brief aan die
prokureur-generaal
die volledige feite waarop die appellant vir sy
spesiale
pleit steun, uiteengesit het. Daar is dus geen sprake
daarvan dat
daar ander feite ook aangevoer kan word nie.
Op hierdie feite moes die eerste
respondent, op 'n juiste
vertolking van die artikel, die pleit van die hand
gewys
het. Die bevel van die Hof a.
quo
dat 'n bevinding dat
die spesiale pleit van die hand gewys word op die oor-
konde genotuleer moet word, en dat die saak na die
....../ 36
36
streekhof terug verwys word om afgehandel te word, was dus reg.
Die appel word van die hand gewys.
J.P.G. EKSTEEN, AR
HOEXTER, AR )
SMALBERGER, AR )
stem saam STEYN, AR )
GOLDSTONE, Wn.AR )