About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 84
|
|
S v Mteshane (222/89) [1990] ZASCA 84 (6 September 1990)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
NELSON MTESHANE
Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram
: E.M.
GROSSKOPF, STEYN et EKSTEEN, ARR.
Verhoor
: 24 Augustus 1990
Gelewer
: 6 September 1990
UITSPRAAK EKSTEEN
, AR. :
Die
appellant in hierdie saak was op 2 Februarie 1988 voor die landdros van
Nelspruit op twee aanklagtes van strafbare manslag aangekla.
Albei die
aánklagtes spruit uit 'n motor-botsing wat op 28 Junie 1987 plaasgevind
het, en waarin die twee persone in die aanklagtes
genoem dood is. Dit is in die
aanklagtes beweer dat die appellant die bestuurder was van 'n motor-voertuig KB
1677 toe dit in botsing
was met 'n ander motor-voertuig JVL 489 T.
Die appellant het skuldig gepleit op
albei
aanklagtes. Hy is by sy verhoor
verteenwoordig deur 'n prokureur, Mnr. M.Z. Nyawo, wat namens hom 'n
verklaring
.... / 2
2
ingevolge die bepalings van Art. 112(b) van Wet 51 van 1977 ingehandig het.
Die tersaaklike dele van hierdie verklaring lui soos volg:
"
Aanklag 1
: Ek pleit skuldig op hierdie aanklag teen my. Ek erken dat op
28 Junie 1987 en te Louis' Creek, in die streekafdeling van Noord-Transvaal
ek
wederregtelik vir Marika Botha ge-dood het terwyl ek die bestuurder was van
motor-voertuig KB 1677 en genoemde voertuig toe in
botsing met oorledene se
voertuig was. Ek erken ook dat ek nalatig was deur voertuie verby te gaan teen
aankomende verkeer waarna
my voertuig met 'n aankomende motor met
registrasienommer JVL 489 T gebots het, aangesien ek nie 'n behoor-like uitsig
gehou het
nie.
Ten
opsigte van aanklag 2
: Ek pleit skuldig op
hierdie aanklag teen
my. Ek erken dat op 28
Junie 1987 en te Louis' Creek in die streekafde- ling van Noord-Transvaal, ek
wederregtelik vir
Wessel Mathlaba gedood het terwyl ek die bestuur-
der
was van motorvoertuig KB 1677 en genoemde
voertuig toe in 'n botsing was met 'n voertuig met registrasienommer JVL 489 T
was en die oorledene 'n passasier in my voertuig was.
..../ 3
3
Derdens, ek erken dat ek nalatig was deur motor-voertuie verby te gaan teen
aankomende verkeer waarna my voertuig met 'n aankomende
motor met
registrasienommer JVL 489 T gebots het aangesien ek nie 'n behoorlike uitsig
gehou het nie."
Die appellant het die inhoud van die verkla-ring
bevestig, en hy is gevolglik skuldig bevind op albei aanklagtes.
Voor die oplegging van vonnis het Mnr. Nyawo
namens
die appellant en in antwoord op navrae deur die
landdros die volgende verdere inligting verstrek, nl.
dat die botsing in
die nag plaasgevind het; dit nie
by 'n sperstreep gebeur het nie; en dat dit
op 'n reguit
stuk pad gebeur het. Die landdros het hierop die
appellant tot 3 jaar gevangenisstraf, waarvan 18 maande
voorwaardelik opgeskort was, gevonnis.
...../ 4
4
Die appellant het hierna in hoër beroep ge-gaan na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling. Sy appèl is op 23 Mei 1988 in
daardie Hof aangehoor
en van die hand gewys.
Niks verder het in die aangeleentheid gebeur
voór 18 Augustus 1988 nie toe 'n aansoek vir verlof om na hierdie Hof te
appelleer,
en 'n aahsoek om kondonasie vir die laat aantekening van eersgenoemde
aansoek, ge-liasseer is. Die redes vir appellant se versuim
om be-tyds sy
aansoek om verlof om te appelleer te bring, word in sy ondersteunende
beëdigde verklaring soos volg uiteengesit:
"3
Die prokureur wat my appèl hanteer het, was mnr.
..../
5
5
Moses Nyawo van die firma Moses Nyawo te Evander. Mnr. Nyawo het ook
sommige van die regsaspekte van my besighede hanteer. My besighede
is die
vol-gende: 'n motorhawe by name Nels Garage geleë te Mooiplaas; 'n
droogskoonmakery by name Eerste Hoek ook geleë
te Mooiplaas en 'n
boukontrakteurs-onderneming by name Nels Construction te Ka-Ngwane.
Ongêveer gedurende die tydperk wat die
appèl aangehoor sou word het
ek besluit om nie meer van die dienste van mnr. Nyawo gebruik te maak nie, as
gevolg hiervan
het ek direkte kontak met mnr. Nyawo verloor.
4
Ek het mnr. Nyawo op verskeie geleenthede probeer
kontak om vas te stel
wat die uitslag van die appel
was. Ek het boodskappe by sy kantore gelaat
en
navraag gedoen oor die uitslag van die appël.
Op 10 Augustus 1988 het ek mnr. Nyawo by sy huis
geskakel. Hy het my toe meegedeel dat die appel
van die hand
gewys is.
Ek het daarna regsadvies ingewin en ek is geadvi- seer dat daar aansoek
gedoen kan word om verlof
....../ 6
6
om teen die bekragtiging van die vonnis wat my op-gelê is te appelleer. Ek
is ook geadvisser dat die tyd waarbinne aansoek
om verlof tot appèl
ge-doen moes word reeds verstryk het.
6
Ek wil met respek aanvoer dat die rede waarom ek buite tyd die aansoek om verlof
tot appèl wil bring, nie te wyte is aan my
nalatigheid nie, maar die
gevolg is van omstandighede buite my
beheer."
Hierdie aansoek het op 20 Oktober 1988 voor
die twee
Regters wat sy appèl aangehoor het gekom, en
hulle het sy aansoek om
kondonasie afgewys. Die appel-
lant kom nou op appèl na hierdie Hof teen laasgenoemde
bevel.
Ingevolge die beslissings in
S. v. Tsedi
1984
(1) SA 565 (A) en
S. v. Absalom
1989 (3) SA 154
(A) het
die
appellant die reg om, sonder die verlof van enige
Hof, na hierdie Hof te appelleer teen die afwysing van
..../7
7
sy aansoek om kondonasie.
Om in sy aansoek in die Hof a
quo
te
geslaag het, moes die appellant aangetoon het dat hy grondige redes vir sy
versuim om betyds sy aansoek om verlof om te appelleer
te bring gehad het, en
dat daar redelike vooruitsigte van sukses by die appel is. Die Hof a
quo
het op albei hierdie gronde teen die appellant beslis, en, na my mening, was
hulle ten volle geregverdig om tot so 'n beslissing te
kom.
'n Aansoek om kondonasie is nie 'n blote
forma-
liteit nie. (
Meintjies v. H.D. Combrinck
(Edms.) Bpk
.
1961 (1) SA 262
(A) op 264 A.) Dit word van 'n appli-
kant verwag om
voldoende inligting voor die Hof te plaas
teneinde die Hof in staat te stel om te besluit of die
..../8
8
versuim gekondoneer kan word. In die onderhawige geval
gaan
die aansoek mank aan verskeie ooglopende tekort-
kominge. Soos reeds daarop
gewys is die appellant se
appèl voor die Hof a
quo
op 23 Mei
1988 afgewys. In
sy aansoek voer hy aan dat hy eers op 10 Augustus
1988
hiervan bewus geword het. Sy verduideliking vir sy
onkunde in die
verband word ietwat enigmaties soos volg
in sy versoekskrif weergegee nl.
"Ongeveer gedurende die tydperk wat die appèl aangehoor sou word het ek
besluit om nie meer van die dienste van Mnr. Nyawo
gebruik te maak nie, as
gevolg hiervan het ek direkte kontak met Mnr. Nyawo
verloor."
Daar word nie gesê of die verbreking van
sy
verhouding met Mnr. Nyawo voor of na die aanhoor
van
die appèl geskied het nie, of wat presies bedoel word
...../ 9
9
met die bewering dat hy "direkte" kontak met Mnr. Nyawo
verloor het. Hy
kon blykbaar nog steeds vir Mnr. Nyawo
gebel het of sy kantoor besoek het. Hy
beweer dat hy
"op verskeie geleenthede" probeer het om Mnr. Nyawo te
kontak, maar hy gee
geen verduideliking van wanneer of
by hoeveel geleenthede hy hierdie pogings
aangewend het
nie, of waarom hulle onsuksesvol was. Uiteindelik,
beweer
hy, dat hy Mnr. Nyawo op 10 Augustus by sy huis
geskakel het en die uitslag
van die appèl verneem het.
Weereens is daar geen verduideliking van
waarom hy nie
vroeër vir Mnr. Nyawo by sy huis probeer skakel het nie.
Gesien die ernstige gevolge wat op die appellant gewag
het by die
afwysing van sy appèl is dit verbasend dat
hy nie meer dringend
navraag sou gedoen het nie.
..../ 10
10
Geen voldoende verduideliking vir hierdie versuim word
verstrek nie. Dit
is ook insiggewend dat geen stawende
of verduidelikende verklaring deur Mnr.
Nyawo self by
die versoekskrif geheg is nie, soos verwag kon word.
Die Hof
a quo wys tereg daarop dat die appellant 'n
gesofistikeerde besigheidsman
blyk te wees. As daar
dus grondige redes vir sy versuim was sou 'n mens
'n
breedvoeriger uiteensetting daarvan verwag het.
Wat die tweede oorweging by 'n aansoek om
kondonasie betref, nl. of daar redelike vooruitsigte
van sukses op
appèl is, meen ek ook dat die Hof a
quo
se bevinding dat sulke
vooruitsigte ontbreek, gereg-
verdig was. Die appellant se optrede om
"voertuie",
dws. meer as een voertuig, in die nag verby te steek
.... /11
11
op 'n reguit stuk pad waar hy die ligte van die aankomende kar moes gesien
het, kom vir my op growwe nalatigheid, indien nie roekeloosheid
nie, neer. Dit
was 'n mees ge-vaarlike optrede wat uitgeloop het op die botsing met die
aankomende kar en die dood van twee persone.
In hierdie omstandighede kan dit,
ondanks die feit dat die appellant geen vorige veroordelings het nie, kwalik
gesê word dat
die opgelegde vonnis so buitensporig was dat hierdie Hof
geroepe sou wees om daarmee in te meng.
Bygevolg word die appèl van die hand gewys.
J.P.G. EKSTEEN, AR.
E.M. GROSSKOPF, AR )
stem saam STEYN, AR )