About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 79
|
|
S v Jackson (590/89) [1990] ZASCA 79 (28 August 1990)
590/89 N V H
DESMOND JACKSON en DIE STAAT
SMALBERGER, AR -
590/89 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
DESMOND JACKSON
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: SMALBERGER, STEYN, ARR,
et FRIEDMAN, Wn AR
VERHOORDATUM
: 21 AUGUSTUS 1990
LEWERINGSDATUM
: 28 AUGUSTUS 1990
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die appellant is in die landdroshof,
Wynberg, skuldig bevind aan twee aanklagtes van handeldryf in dagga in
oortreding van artikel
2(a) van Wet 41 van 1971. Daar is bevind dat die
appellant op
/2
2 16 en 20 Mei 1988 twee en vyf dagga "pille" onderskeidelik
aan 'n lokvink verkoop het. Die twee aanklagtes is saamgevat vir die
doeleindes
van vonnis, en die appellant is tot 36 maande gevangenisstraf gevonnis waarvan
12 maande gevangenisstraf voorwaardelik
opgeskort is.
Die appellant het teen
sy skuldigbevindings na die Kaapse Provinsiale Afdeling geappèlleer. Sy
appèl op die tweede aanklagte
(wat betrekking gehad het op die verkoop
van vyf dagga pille op 20 Mei 1988) het geslaag. Na aanleiding daarvan is betoog
aangehoor
ten opsigte van vonnis ofskoon die appellant nie aanvanklik
appèl teen sy vonnis aangeteken het nie. Die Hof a
quo
het egter
die appellant se vonnis onveranderd gelaat. Met verlof van hierdie Hof kom die
appellant nou in hoër beroep alleenlik
teen sy vonnis.
/3
3
Die uitwerking van die Hof a
quo
se uitspraak is dat die appellant
dieselfde vonnis opgelê is vir een oortreding van handeldryf in dagga
waarby twee dagga pille
betrokke is as wat hy aanvanklik opgelê is vir
twee sodanige oortredings waarby sewe dagga pille ter sprake was. Dit behoef
geen betoog nie dat by vonnisoplegging in sake soos die onderhawige die aantal
oortredings gepleeg en die hoeveelheid dagga betrokke
wesenlike faktore is by
die bepaling van 'n gepaste vonnis. Redelikerwys kan in die algemeen verwag word
dat een oortreding ligter
gestraf sal word as twee.
Dit blyk duidelik uit die verhoorlanddros se uitspraak dat hy by
vonnisoplegging die tweede oortreding as uiters strafverswarend beskou
hét. In dié verband het die verhoorlanddros hom soos volg
uitgelaat:
/4
4
"Die feit is dat u op die 16de gevang is en natuurlik uitgelaat was op borg, en
net daarna weer gevang word vir dieselfde ding. Dis
ook iets wat die Hof in
aanmerking moet neem en wat die Hof as uiters strafverswarend beskou. Dit is
duidelik dat jou arrestasie
vir die eerste saak jou nie eintlik veel bekommernis
was nie, jy het jou nie gesteur daaraan nie. Jy het jou absoluut afgevee
daaraan.
Jy het hierdie wet absoluut geminag en maar weer gaan
verkoop."
Die afleiding is onvermydelik dat die
verhoorlanddros
die appellant, indien hy hom net op die eerste
aanklagte
skuldig bevind het, 'n ligter vonnis sou
opgelê hêt.
In sy uitspraak het die Hof a
quo
nie na
die
verhoorlanddros se houding verwys nie, en is
daar
klaarblyklik nie daarop ag geslaan nie. Die Hof het
ook nie by
vonnisbepaling voldoende gewig verleen aan
die feit dat die appellant
uiteindelik net op een
aanklagte van handeldryf waarby twee dagga
pille
betrokke was, skuldig bevind is nie. In diê opsigte
/5
5 het die Hof a
quo
, soos ook tereg deur die
respondent se advokaat toegegee, misgetas. Dit staan gevolglik hierdie Hof vry
om opnuut oor vonnis te besin.
Die appellant het 'n redelike gedugte
misdaadsrekord, maar hy is nog net eenmaal vantevore aan 'n oortreding van Wet
41 van 1971 skuldig
bevind. Dit was in 1982 toe hy as 'n jeugdige 7 houe
opgelê is vir handeldryf in tablette bevattende metakaloon. By oorweging
van die appellant se relevante vorige veroordeling, die omstandighede van die
misdaad en die geykte beginsels wat by vonnisoplegging
geld, is ek van mening
dat 'n gepaste vonnis een sou wees van 18 maande gevangenisstraf waarvan die
helfte voorwaardelik opgeskort
is.
Die appèl slaag. Die appellant se
vonnis word ter syde gestel en word met die volgende vonnis vervang:
...../6
6
"18 maande gevangenisstraf, die helfte waarvan opgeskort word vir 5 jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word
aan 'n oortreding van
artikel 2(a) van Wet 41 van 1971 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting
nie."
J W SMALBERGER APPeLREGTER
STEYN, AR )
) STEM SAAM FRIEDMAN, Wn AR )