About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
>>
2017
>>
[2017] ZALCCT 72
|
|
Basson v Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit en Anders (C751/2016) [2017] ZALCCT 72 (29 August 2017)
IN
DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAPSTAD)
SAAKNOMMER
:
C751/2016
DATUM
:
29 Augustus 2017
In
die saak tussen:
MANNIE
BASSON
APPLIKANT
en
BREEDEVALLEI PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT
EERSTE RESPONDENT
A
SINGH-BHOOPCHAND
TWEEDE RESPONDENT
SUID-AFRIKAANSE PLAASLIKE
REGERING
BEDINGINGSRAAD
DERDE RESPONDENT
UITSPRAAK
STEENKAMP,
R
:
Hierdie
is ʼn aansoek om hersiening van ʼn kondonasiebevel wat deur
Kommissaris A Singh-Boopchand
[1]
gegee is op 8 Augustus 2016. Die applikant, Mnr Basson, is
Afrikaanssprekend en die verrigtinge het in Afrikaans plaasgevind om
hom tegemoet te kom. Di uitspraak is derhalwe en om sy onthalwe ook
in Afrikaans.
[2]
Die
applikant, mnr Mannie Basson, het ʼn grief ingedien teen sy
werkgewer, die Breedevallei Munisipaliteit
[3]
,
wat onsuksesvol was, en hy het daarna ʼn geskil verwys na die
Bedingingsraad. Die geskil het ontstaan in Oktober 2014
en hy
het dit eers in Junie 2016 verwys na die Bedingingsraad
[4]
.
Die verwysing was omtrent 547 dae laat.
Die
Kommissaris het klaarblyklik korrek bevind dat dit ʼn
uitsonderlike lang tydperk is en teen daardie agtergrond het sy die
redes daarvoor oorweeg. Die rede was hoofsaaklik dat mnr Basson
se vakbond, IMATU, nie betyds opgetree het nie. Die
Munisipaliteit het op 5 Mei 2015 op sy grief gereageer. Daarna het
hy, in plaas daarvan om ‘n geskil te verwys, aangehou
om met
behulp van IMATU verdere griewe met die Munisipaliteit gelug. Hy het
eers op 27 Junie 2016 ‘n geskil na die Bedingingsraad
verwys.
Die
Arbiter het verwys na
Royal Auto Spares v NUMSA
[2001] BLLR
1164
(LC) en na die uitspraak van die Arbeidsappèlhof in
Universal Product Network Pty Limited v MABASO
(2006) 27
ILJ
991 (LAC) paragrawe 18 tot 20 waar die Appèlhof gesê
het:
“
As
has often been stated the Court is hesitant to debar a litigant from
relief, particularly where it is an attorney who has been
at fault.
There are limits, however, even where the attorney is largely to
blame for the delay, beyond which the Courts are
not prepared to
assist an applicant.”
Die
Arbiter het bevind dat hierdie so ʼn geval was en daarom die
kondonasie aansoek van die hand gewys. Die Arbiter het
behoorlik die getuienis en die regsbeginsels voor haar in ag geneem
en op grond daarvan ʼn diskresie uitgeoefen wat ʼn
ander
Arbiter ook sou kon uitoefen. Dit was nie onredelik nie.
Die
AANSOEK OM HERSIENING WORD VAN DIE HAND GEWYS.
STEENKAMP,
R
[1]
Die tweede
respondent.
[2]
This
ex
tempore
judgment
was handed down in Afrikaans for the sake of the applicant, who is
Afrikaans speaking. I shall gladly provide a translation
in English
upon request.
[3]
Die eerste
respondent.
[4]
Die derde
respondent.