S v Faasen (275/91) [1992] ZASCA 35 (26 March 1992)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Sentencing — Appellant convicted of rape and sentenced to death — Appeal against conviction and sentence dismissed — Court considers the impact of the Criminal Law Amendment Act 107 of 1990, which affects the imposition of the death penalty — Evidence of severe violence and lasting injuries to the victim, including permanent paralysis — Appellant's youth, previous marriages, and alcohol consumption considered as mitigating factors, but ultimately found insufficient to warrant a lesser sentence — Court affirms that the nature of the crime and the appellant's actions justify the death penalty as the only appropriate sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 35
|

|

S v Faasen (275/91) [1992] ZASCA 35 (26 March 1992)

Saak no 275/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
)
In die saak tussen:
LEON FAASEN
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, VAN DEN HEEVER ARR
et HOWIE Wn AR.
AANGEHOOR:
17 MAART 1992.
GELEWER
: 26 MAART 1992.
UITSPRAAK
/HEFER AR
2
HEFER AR
:
Die appellant is in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale
Afdeling skuldig bevind aan verkragting en ter dood veroordeel .Sy appél
teen die skuldigbevinding en vonnis is deur hierdie hof van die hand gewys.
Sedertdien het die Strafregwysigingswet 107 van 1990
in werking getree en het
die paneel bevind dat die doodvonnis waarskynlik opgelê sou gewees het
indien art 4 ten tyde van vonnisoplegging
in werking was. Ooreenkomstig art
19(12) van die Wet is die saak nou voor hierdie hof wat dit moet beoordeel asof
dit 'n appél
teen die vonnis is en asof art 4 van toepassing is.
Die volle verhaal van die gebeure op 6 Januarie 1987 toe die verkragting
plaasgevind het, is reeds beskryf in 'n uitspraak van hierdie
hof. Daarom is ek
nie van voorneme om dit te herhaal nie en volstaan ek met 'n bondige opsomming
van die feite.
Vroeg die betrokke middag het die appellant
3
die klaagster - die vrou van die onderbestuurder van ' n bank op die dorp
-naby die poskantoor op Bethlehem teëgekom. Hoewel
sy hom van geen kant
geken het nie het hy haar deur valse voorwendsels oorreed om in sy motor te
klim. Teen haar sin het hy haar
toe ontvoer na 'n plek naby Glen (omtrent 25 km
noord van Bloemfontein) . Op pad soontoe het hy gedreig om haar om die lewe te
bring
indien sy enigiets sou doen om van hom te probeer wegkom en haar gevra om
met hom ges lagsomgang te hê. Sy het ingestem omdat,
soos sy getuig het,
sy bevrees was dat hy haar leed sou aandoen indien sy sou weier en omdat hy
beloof het dat hy haar daarna per
trein na Bethlehem sou terugstuur. By Glen
aangekom, is hulle die veld in waar sy haar gereed gemaak het om aan sy versoek
te voldoen.
Hy het egter gesukkel om die daad te verrig en haar toe so ernstig
aangerand dat sy haar bewussyn verloor het. Soos later sal blyk,
moes hy daarna
geslagtelik met haar verkeer het. Later is hy terug na die pad waar hy ' n
4
verbygaande motoris, ene Mnr Vosloo, voorgekeer het.
Laasgenoemde is saam
met hom na die plek waar die
klaagster gelê het. Hoewel hulle
gereël het dat die
appellant by haar sou bly terwyl Vosloo die polisie en 'n
ambulans sou ontbied, het appellant na sy motor
teruggekeer en weggejaag. Vosloo, en later ook lede
van die verkeerspolisie, het hom agtervolg. Na 'n wilde
jaagtog is hy uiteindelik in die middestad van
Bloemfontein vasgekeer en in hegtenis geneem. Later die
aand het Vosloo die plek waar die klaagster gelê het aan
die polisie gaan uitwys. Sy is toe met 'n ambulans na
'n hospitaal in Bloemfontein vervoer waar sy eers deur
die distriksgeneesheer ondersoek en later deur ander
geneeshere behandel is. Haar toestand tydens die
ondersoek en die gevolge van haar beserings word soos
volg beskryf in die vorige uitspraak van hierdie hof:
"Die klaagster was erg beseer en bewusteloos ten tyde van die ondersoek. Haar
klere was geskeur en vuil. Haar linker-kaak was gebreek
en daar was bloeding by
haar neus en mond. Ontlasting het plaasgevind as gevolg waarvan
5
fesies op haar liggaam en klere aanwesig was. Rondom haar oë en
oogbanke, aan haar onderbeen, regter-heup, op haar hande en in
die omgewing van
haar regter-skouer en nek was kneusings aanwesig. Laasgenoemde is deur
verwurging veroorsaak. Skoppe of houe kon
die ander kneusings veroorsaak het.
Professor Van den Heever, 'n neurochirurg, het haar ook by opname ondersoek en
oor haar toestand
getuig. X-strale het frakture van twee van haar ribbes getoon.
Een van die ribbene het haar long deurdring wat bloeding daarop veroorsaak
het.
Dit was in sigself potensieël 'n lewensbedreiging. Hy het bloeding onder
die kopvel bespeur wat traumatiese breinbesering
aangetoon het. Die verwurging
het die suurstoftoevoer tot die brein tydelik afgesny of beperk. Een van hierdie
faktore, of albei,
verduidelik hy, het 'n erge mate van verlamming tot gevolg
gehad. Sy kon feitlik geen beweging van haar ledemate uitvoer nie. Na
sy haar
bewussyn herwin het, het haar geestesfunksies (denkvermoë, geheue- en
konsentrasievermoë) redelik normaal voorgekom.
Haar spraak het in so 'n
mate verbeter dat sy vanuit 'n rystoel by die verhoor getuienis kon aflê.
Die genoemde verlamming
is egter van 'n permanente aard en enige verbetering,
volgens die professor, sal slegs marginaal wees. Synde 'n kwadrupleeg, sal
sy
vir die res van haar lewe versorg moet word. Soos reeds gemeld, na omtrent 14
dae het sy haar bewussyn herwin en 'n maand later
is sy na die Bethlehem
hospitaal oorgeplaas. Op 19 Augustus 1987 is sy in 'n kliniek vir chroniese
pasiënte in Kroonstad opgeneem.
Met aanvang van die verhoor op 2 Februarie
1988 was sy nog steeds
6
daar gehuisves." (Volledigheidshalwe dien gemeld te word dat die klaagster
getuig het dat die appellant haar met sy lyfband verwurg
het voordat sy haar
bewussyn verloor het.)
Te oordeel aan die mate van geweld wat die appellant
gebruik het en die gevolge daarvan is dit reeds duidelik dat hy swaar gestraf
moet word. Die vraag is egter of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Ten einde dit te bepaal, wend ek my tot die strafversagtende-
en
strafverswarende faktore.
Toe hy die misdaad gepleeg het, was die appellant 24 jaar oud. Ten spyte van
sy betreklike jeugdigheid was hy op daardie stadium reeds
twee maal getroud en
geskei en het hy met 'n derde vrou in Bethlehem saamgewoon. Op skool het hy tot
standerd 8 gevorder (in 'n skool
vir minderbegaafde kinders) waarna hy hom as
letterskilder bekwaam het. Kort na sy arrestasie is hy vir waarneming in die
Oranje
Hospitaal
7
in Bloemfontein opgeneem. Die psigiatriese bevinding was dat hy nie
geestesongesteld of geestesgebrekkig is nie maar dat hy "op 'n
onder-gemiddelde
intellektuele vlak (funksioneer)."
In hierdie hof het appellant se advokaat sy onder-gemiddelde intelligensie,
gepaard met die feit dat hy op pad tussen Bethlehem en
Glen ongeveer tien
blikkies bier gedrink het en sy aanvanklike onvermoë om die geslagsdaad te
verrig as versagting aan ons voorgehou.
Ek kan egter in geeneen van hierdie
faktore afsonderlik of in die gesamentlike effek daarvan enige versagting vind
nie. Wat appellant
se intelligensie betref, het Dr Fourie, een van die
psigiaters wat by die waarneming betrokke was, getuig dat 'n persoon met 'n
onder-gemiddelde
intelligensie "nie so effektief funksioneer soos 'n persoon met
'n gemiddelde intelligensie nie." Ek kan egter nóg in Dr Fourie
se
getuienis nóg in enige ander getuienis wat voor die verhoorhof geplaas is
nóg op
8
enige ander logiese gronde 'n verband vind tussen appellant se intelligensie
en die misdaad wat hy gepleeg het. En, indien daar so
'n verband bestaan, tel
dit eerder teen hom as in sy guns. Dr Fourie het naamlik getuig dat dit sy
indruk was dat die appellant 'n
persoon is wat, as hy nie "sy sin kan kry nie
dat hy dit dan maar op 'n meer konkrete wyse soos met 'n klap oplos." ( Wat die
getuie
hier in gedagte gehad het, was die getuienis van die vrou met wie
appellant saamgeleef het dat hy haar eenmaal tydens 'n woordewisseling
geklap
het.) Dat appellant 'n persoon is wat sy wil deur geweld op andere afdwing, kan
sekerlik nie in sy guns tel nie.
Dat appellant wel tussen Bethlehem en Glen
bier gedrink het is gemene saak maar dit kan nie aanvaar word dat hy noodwendig
soveel
as tien blikkies gedrink het nie. Hy mag wel tien blikkies in die ry
oopgemaak het maar volgens die klaagster het hy 'n hoeveelheid
daarvan oor
homself gemors en oor haar uitgegooi en hoeveel hy
9
inderdaad ingekry het, kan nie vasgestel word nie. In elk geval was hy,
volgens Vosloo, kort na die verkragting in staat om, soos
later sal blyk, 'n
sluwe plan te beraam om uit sy penarie te probeer kom en om op uiters behendige
wyse sy kar teen 'n hoë spoed
deur die verkeer in Bloemfontein se strate te
maneuvreer. Gedagtig hieraan en die feit dat appellant nie 'n totaal ongesoute
drinker
was nie, kan dit nie aanvaar word dat sy drankinname enige
noemenswaardige rol in die pleeg van die misdaad gespeel het nie. Maar,
selfs al
sou dit aanvaar word, dien dit nie as versagting nie. Die misdaad is nie op die
ingewing van die oomblik gepleeg nie. Die
beplanning daarvan en voorbereiding
daarvoor het reeds op Bethlehem plaasgevind. Dit blyk uit die getuienis van
ander Staatsgetuies
dat die appellant, voordat hy die klaagster teëgekom
het, gepoog het om twee ander dames met valse voorwendsels na sy kar te
lok. Op
daardie stadium, en toe hy die klaagster met dieselfde
10
voorwendsel oorreed het om in te klim, was hy volkome nugter. Boonop het hy
tydens die lang rit, voordat die bier hom kon aantas,
meer as voldoende
geleentheid vir besinning gehad. Instede daarvan het hy volhard om homself aan
sy slagoffer-op te dring en haar
urelank te terroriseer voordat hy haar
uiteindelik verkrag het.
Dat appellant se frustrasie voortspruitende uit sy aanvanklike onvermoë
om die geslagsdaad te verrig waarskynlik bygedra het
tot sy bykans dierlike
geweld kan aanvaar word. Dit dien egter nie as versagting nie. Dit lê nie
in die mond van 'n geweldadige
verkragter om sy optrede te probeer verskoon aan
die hand van sy eie fisiese onvermoë tot die bevrediging van sy wellus nie.
By uitstek kan appellant hom nie daarop beroep nie. Volgens die klaagster was hy
nie in staat tot die geslagsdaad totdat sy haar
bewussyn verloor het toe hy haar
met sy lyfband verwurg het nie. By die verhoor is egter bewys dat hy haar
nogtans gepenetreer het
en die
11
enigste afleiding is dat hy dit gedoen het terwyl sy bewusteloos was. Word sy
daad in hierdie lig beoordeel, is 'n suggestie van sy
aanvanklike onvermoë
as versagting eenvoudig verspot.
Wat verder as versagting aan ons voorgehou
is, is dat appellant berouvol is oor sy optrede en vatbaar is vir rehabilitasie.
Wat berou
betref, is dit waar dat appellant nie eenvoudig sy slagoffer in die
veld laat lê het nie maar dat hy hulp probeer kry het by
Mnr Vosloo. Dit
is ook waar dat Vosloo getuig het dat appellant hewig ontsteld was en selfs
gehuil het toe hy hom langs die pad gestop
het. Ek is egter nie bereid om sy
optrede as 'n aanduiding van berou te aanvaar nie. Dit blyk naamlik dat
appellant Mnr Vosloo om
die bos probeer lei het deur te kenne te gee dat iemand
wat saam met hom gewerk het hom vertel het dat sy (appellant se) vrou vermoor
is
en dat hy haar dood in die veld gevind het. Dit was natuurlik 'n leuen en die
waarskynlikheid is dat hy onder
12
die indruk was dat die klaagster inderdaad dood was en toe 'n plan beraam het
om homself te verontskuldig. Daar is derhalwe geen grond
vir 'n bevinding dat hy
feitlik onmiddellik na sy oortreding berou daaroor getoon het nie. By die
verhoor het hy wel herhaaldelik
te kenne gegee hoe jammer hy is oor wat hy die
klaagster en haar familie aangedoen het en moes die hof selfs op een stadium
verdaag
word omdat hy sy emosies nie kon beteuel nie. Nogtans was hy op daardie
stadium steeds nie bereid om die waarheid te praat nie en
het hy die klaagster
en haar familie nog verder verkleineer deur valslik te kenne te gee dat die
klaagster hom vertel het van haar
ongelukkige huwelik en dat sy hom uitgelok en
aangemoedig het om haar seksueel te bevredig. Dit is moeilik, om dié
minste
te sê, om sy getuienis oor sy berou te versoen met sy hardvogtige
poging om die klaagster as 'n slet aan die verhoorhof voor
te hou. Dr Fourie
bestempel appellant se vooruitsigte op
13
rehabilitasie as swak juis weens die afwesigheid van ware
berou en
aanvaarding van skuld. Appellant is 'n eerste
oortreder wat natuurlik op
sigself
prima facie
,'n
versagtende faktor is en aanduidend kan wees
van 'n
potensiaal vir rehabilitasie. Maar, in die lig van Dr
Fourie se getuienis, meen ek nie dat die vooruitsigte
rooskleurig is nie.
As geheel gesien, is daar dan slegs een
werklike versagtende faktor naamlik dat appellant 'n
eerste oortreder is. Dit moet opgeweeg word teen die
verswarende faktore wat hierbo geskets is, Verder moet
in gedagte gehou word dat, by die oplegging van vonnis,
nie net die belange van die beskuldigde nie maar ook die
belange van die klaer en die gemeenskap in geheel in ag
geneem moet word. Wat die appellant die klaagster en
haar familie aangedoen het, blyk uit die volgende
aanhaling uit die verhoorregter se uitspraak:
"Terwyl klaagster haar nie verset het nie, rand die beskuldigde haar op 'n
onnodige, ernstige en wreedaardige wyse aan. Die effek
van
14
hierdie aanranding, en soos op gewys, is dat sy ernstige breinskade opgedoen
het, dat sy verlam is en aan 'n rolstoel vasgekluister
is, dat sy nie beheer oor
haar liggaamsfunksies het nie, sy kan nie lees of skryf nie en moet gevoed word
daar sy nie self kan eet
nie. Sy val in die kategorie van die swakste prognose
en sal vir die res van haar lewe verpleegsorg behoef.
Afgesien van hierdie ernstige fisiese en psigiese letsels is haar huwelikslewe
verwoes. Sy het haar kind, man en haar huis verloor,
so ook haar werk. 'n Mens
kan jou moeilik iets ernstiger voorstel behalwe die dood self en dan bly dit nog
' n ope vraag of in haar
omstandighede die dood nie vir haar verkiesliker sal
wees nie."
Appellant se advokaat het
aangevoer dat 'n
lang termyn gevangenisstraf voldoende sal wees. Ek stem
nie saam nie.
Gesien die oorweldigende oorwig van
verswarende faktore en die feit dat
gevangenisstraf
waarskynlik geen reformatoriese effek sal hê nie,
word
die ander oogmerke van strafoplegging deurslaggewend.
In 'n geval soos die onderhawige kan hieraan nie
uitvoering gegee word
deur die oortreder na die
gevangenis te stuur nie - selfs al sou dit vir die
res
van sy lewe wees. In so 'n gruwelike geval is die
15
doodvonnis myns insiens die enigste gepaste een ten einde andere af te skrik
van dergelike optrede, die gemeenskap se afsku daaraan
uit te druk en natuurlik
as behoorlike boetedoening vir die appellant self.
Die appèl word van
die hand gewys en die doodvonnis bekragtig.
J J F HEFER AR.
VAN DEN HEEVER AR )
STEM SAAM. HOWIE Wn AR )