S v Mabaso (460/91) [1992] ZASCA 22 (13 March 1992)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Death penalty — Appeal against mandatory death sentence imposed for murder during robbery — Appellant's involvement as part of a group in a premeditated crime — Factors considered included age, lack of prior convictions, and potential for rehabilitation — Death sentence replaced with life imprisonment as appropriate punishment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 22
|

|

S v Mabaso (460/91) [1992] ZASCA 22 (13 March 1992)

CG Saaknommer: 460/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak van:
SIHLE MABASO
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: JOUBERT, KUMLEBEN et VAN DEN HEEVER ARR
AANGEHOOR
: 6 MAART 1992
GELEWER
: 13 MAART 1992
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Hierdie is 'n kwasi-appèl ingevolge a 19(12) van Wet 107 van 1990 teen
die verpligte doodvonnis in die Witwatersrand Plaaslike
Afdeling opgelê
aan Sihle Mabaso ("appellant") op 29 September 1988 vir 'n moord gepleeg in die
loop van 'n rooftog. Die feite
is in detail gerapporteer in
S v MABASO AND
ANOTHER
[1990] ZASCA 24
;
1990 (3) SA 185
(A) en dit sou oordadig wees om hulle te
herhaal.
Die faktore wat nou tersaaklik is by oorweging van straf is die
volgende:
1.
Appellant het as lid van 'n
groep vertrouelinge opgetree, so 'n mini-bende, bestaande uit sy ouer broer, ' n
neef, hy self en ' n
vriend, almal oorspronklik van Kranskop in Natal, waarna
hulle ook voornemens was om terug te keer volgens wat aan die taxi bestuurder
Dhlamini gesê is.
2.
Die roof wat gelei
het tot mnr Andrade se dood
3
was nie op die ingewing van die oomblik gepleeg nie. Die vier het op
inligting gehandel en op die mees geskikte tyd toegeslaan. Dit
was laat namiddag
op Vrydag, 26 Junie 1987. Die deure van die slaghuis was reeds toe, maar
oorledene, sy 15-jarige dogter Nelia en
haar oom was nog besig om die kas op te
maak. Voornemende kopers het geklop, is ingelaat en het vleis gekoop en die
viermanskap kon
onder voorwendsel van wil koop ook toegang tot die perseel
kry.
3.
Al vier rowers was gewapen,
appellant en sy broer met gelaaide pistole, die ander twee met messe. Die kanse
van die ongewapende middeljarige
sakemanne teen hulle het swak
gestaan.
4.
Die wapens is ook ruim gebruik.
Minstens vyf skote is geskiet. Die sarsie het begin sonder waarskuwing of vooraf
dreigemente toe oorledene
4
se swaer die deur wou oopmaak om die vier uit die perseel te laat. Oorledene
is vermoor toe dit lyk asof hy sy swaer, wat by die deur
aangeval is, wou te
hulp snel. Twee skote het oorledene getref. Hy en sy swaer is beide dood a.g.v.
kopwonde.
5.
Appellant het sy wapen
doelbewus gerig op oorledene. Die dood is met direkte opset
veroorsaak.
6.
Dat die roof tog nie geslaag
het nie is waarskynlik te wyte slegs aan die dogter, Nelia, se gille en nie aan
enige skielike gewetenswroeging
van die misdadigers nie. Kortom, ons het te doen
met 'n gruweldaad wat
berekend en met die oog op
gewin gepleeg is.
Advokaat de Beer wat pro Deo namens appellant voor ons
opgetree het, het aangevoer dat daar voldoende versagtende faktore bestaan
om
daartoe te lei dat
5
langtermyn - indien nodig lewenslange - gevangenisstraf ook as 'n gepaste
straf beskou kan word en die doodvonnis derhalwe nie as
die enigste gepaste
straf nie.
Hy wys daarop dat appellant se skolastiese prestasies maar betreklik skamel
is. Ek meen nie daardie feit is enigsins relevant nie.
Niks dui daarop dat dit
'n rol gespeel het in die gebeure waaroor dit gaan nie.
Die bevinding van die
verhoorhof dat appellant se ouer broer, wat beskuldigde no 2 was by die verhoor,
'n leidende rol gespeel het
en die inspirasie agter die roof was, staan dalk nie
op baie stewige fondament nie. Appellant, omdat hy volgehou het dat hy niks
van
die voorval weet nie, het nooit te kenne gegee dat dit sy ouer broer was wat hom
oorreed het om aan die strooptog deel te neem
nie. Ek meen egter dat die
verhoorhof se bevinding in die guns van appellant geweeg behoort te
6
word. Dit kon wel redelik moontlik so gewees het. Dit was die broer wat met
die huurmotor gereël het om die rowers te vervoer
tot naby hulle prooi. Hy
het vóór in die taxi ingeklim. Hy het die sleutel van die
geldtrommel gehad waarin die vuurwapens
gebêre was, en dit is hy wat
reëlings getref het dat 'n buurvrou dit vir hom bewaar.
Wat swaarder
weeg en waarop Advokaat de Beer ook sterk steun, is die feit dat appellant,
hoewel nie meer 'n kind nie, maar 22 jaar
oud was ten tyde van die pleging van
hierdie oortredings en volgens die oorkonde geen vorige veroordelings hoegenaamd
op sy kerfstok
het nie.
Sy verlede toon prima facie dus dat hy nie inherent
'n geweldenaar is nie. Op ouderdom 22 jaar staan hy eintlik op die drumpel van
die volwasse lewe. Ek meen dat in sy geval lewenslange gevangenisstraf vir die
begane gruweldaad, ook 'n gepaste vónnis sou
wees
7
sonder dat dit die gebruiklike oogmerke van strafbepaling misken.
Die doodvonnis word gevolglik tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van
lewenslange gevangenisstraf.
L VAN DEN HEEVER AR
JOUBERT AR)
) STEM SAAM: KUMLEBEN AR)