About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 17
|
|
Morsner v Len (167/91) [1992] ZASCA 17; 1992 (3) SA 626 (AD); [1992] 2 All SA 57 (A) (12 March 1992)
167/91
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen
JOHANN GROENEWALD MoRSNER
Appellant
en
BERNARD LEN
Respondent
CORAM
: JOUBERT, BOTHA, KUMLEBEN ARR
VAN COLLER et HARMS WnARR
VERHOORDATUM
: 24 FEBRUARIE
1992
LEWERINGSDATUM
: 12 MAART 1992
UITSPRAAK
KUMLEBEN AR
/...
1.
Die respondent, die eiser in die hof a
quo
, het in sy vordering
bekragtiging van sy kansellasie van 'n koopooreenkoms en meegaande regshulp
aangevra. Die vernaamste deel van
die koopsaak was sy ledebelang in 'n beslote
korporasie wat hy aan die appellant verkoop het. Laasgenoemde het die eis op
vele gronde
bestry en ook 'n teeneis om skadevergoeding vir die beweerde
verbreking van dieselfde kontrak aanhangig gemaak. By die aanvang van
die
verhoor het die partye ooreengekom dat net sekere geskilpunte in eerste
instansie bereg sou word. Nadat die getuienis dienooreenkomstig
aangehoor is,
het die hof (per Streicher R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling) sekere van
die gespesifiseerde geskille ten gunste
van die respondent besleg en bevind dat
hy die ooreenkoms regmatig gekanselleer het. Die partye was dit eens dat, indien
dit die
bevinding van die hof sou wees, die teeneis nie kon slaag nie. Die hof
het dus formeel bevind dat
2/...
2.
die respondent se kansellasie van die ooreenkoms 'n geldige verweer
teen die teeneis was. Die appellant, met verlof van die hof a
quo
, kom in
hoër beroep teen die uitspraak.
Ter inleiding is dit slegs nodig om na
die feite wat op die beregte geskilpunte betrekking het, te verwys.
Die
beslote korporasie, C F en J H Vermeulen Handelaars BK, was die eienaar van die
plaas bekend as Fleur de Lys gelee in die Transvaal.
Teen die einde van 1987 het
die respondent sy ledebelang in hierdie beslote korporasie verkry. Op die plaas
het huisvesting bestaan
vir 'n groot aantal besoekers. Daar was ook sport- en
ontspanningsfasiliteite. Die respondent het die plaas onder meer benut deur
dit
aan die Departement van Onderwys en Opleiding, en ander instansies, teen
vergoeding vir opleidingsdoeleindes en kursusse beskikbaar
te stel. Reeds
voordat die respondent enige belang in die plaas verkry het, is
3/...
3. aansoek gedoen om die nodige dranklisensie te bekom om
sterk
drank aan besoekers te verkoop. In Desember 1986, nadat planne vir sekere
noodsaaklike veranderings aan die geboue aan die dranklisensieraad
voorgelê is, het die raad voorwaardelike magtiging vir die verkryging van
h dranklisensie verleen. Alleenlik na finale goedkeuring
en die uitreiking van
die betrokke lisensie sou die verkoop van sterk drank op die plaas wettiglik kon
geskied.
Op 29 Januarie 1988 het die partye 'n skriftelike koopooreenkoms
aangegaan waarvolgens die respondent sy uitsluitlike ledebelang en
sy
leningsrekening in die beslote korporasie, asook bepaalde roerende bates, aan
die appellant verkoop het. Hierdie ooreenkoms, met
twee latere byvoegings wat
dit gewysig en aangevul het, bevat sekere voorwaardes en menige terme wat die
regte en verpligtinge van
die partye uiteensit. Ek hoef net die volgende aan
te
4/...
4.
haal:
KLOUSULE 6.3
"Die VERKOPER waarborg hiermee aan die KOPER dat
die eiendom die reg besit om handel te dryf as vakansieoord wat tans
handeldryf as h wildsplaas, sportplaas en ook 'n dranklisensie
besit."
KLOUSULE 10
"Die partye plaas op rekord dat die Koper nie die reg sal hê om sy
belang in die BK, wat hiermee verkoop word, te vervreem of
te verpand of te
sedeer of op enige ander wyse daarvan ontslae te raak tensy die Verkoper
skriftelik toestemming daartoe gee of tensy
hy die Verkoper uitbetaal, welke
toestemming in geen geval onredelik weerhou sal word nie."
(Hierdie klousule kom voor in die eerste addendum tot
die oorspronklike
ooreenkoms.)
KLOUSULE 16
"Sou enige van die partye versuim en/of nalaat om enige betaling in terme van
hierdie ooreenkoms te maak of om enige ander bepalings
van hierdie ooreenkoms na
te kom en in gebreke bly om hierdie gebrek reg te stel binne 21 dae vanaf
betekening van'n skriftelike
kennisgewing per hand afgelewer, waarvoor 'n
ontvangserkenning voor verkry is of betekening deur die adjunk-balju by die
Domicilium
adres soos vermeld in KLOUSULE 19 hiertoe, sal die
5/...
5.
ander party geregtig wees om:
16.1 Hierdie ooreenkoms te kanselleer;"
KLOUSULE 26
"Die Verkoper sal verder verplig wees op die Effektiewe Datum om ook aan die
Koper te lewer alle lisensies van die Korporasie ....
Die Verkoper sal ook alle
planne en aansoeke in sy besit van die Dranklisensie, Handelslisensie,
Motorhawelisensie, beplande en bestaande
geboue lewer."
Die appellant het die plaas betrek en die besigheid, met bra twyfelagtige
welslae, voortgesit. Die beoogde dranklisensie is nooit
voor kansellasie van die
koopooreenkoms toegestaan nie. Die appellant het nietemin die respondent se
bedenklike voorbeeld gevolg
deur drank onwettiglik op en vanaf die plaas te
verkoop.
Op 7 April 1989 het die appellant die beslote korporasie in 'n
privaatmaatskappy, C F en J H Vermeulen (Edms) Bpk, omskep en 100 aandele
daarin
aan homself uitgereik. Op 'n latere stadium het hy 'n verdere 410 aandele aan
homself en 490 aandele aan ene
6/...
6. mnr Schlaepfer toegewys. Vir sy 490 aandele het Schlaepfer R5 656
468,38 betaal. Dit is gemene saak dat die appellant nooit
skriftelike
toestemming vir die omskepping in 'n maatskappy of vir die uitreiking van
aandele verkry het nie. (Hierna verwys ek na hierdie twee
handelinge as sy
"optrede". ) Daardeur het die appellant sy 100% ledebelang in die voormalige
beslote korporasie met 'n 51% aandeelhouding
in die maatskappy vervang. Die
respondent het sy optrede as 'n verbreking van klousule 10 beskou. Op 10 Julie
1989 het hy die appellant
ingevolge klousule 16 skriftelik aangemaan om die
beweerde verbreking ongedaan te maak, dws, om die
status quo ante
te
herstel. Die appellant wou of kon nie aan hierdie versoek voldoen nie waarop die
kansellasie van die ooreenkoms gevolg het.
Verskeie verwere is aanvanklik in
die verweerskrif uiteengesit en nog andere - sommige waarvan nie gepleit is nie
- is ook op appèl
geopper. Van die verwere is gegrond op die
veronderstelling dat
mondelinge
toestemming wel bewys is.
7/...
7. Ek noem die volgende vrae wat uit die pleitstukke, en die betoog
voor ons, ontstaan:
(i) Was die appellant se optrede sodanig dat hy
ingevolge klousule 10 toestemming daartoe moes
verkry het?
(ii) Indien wel, het die respondent tot sy optrede
ingestem?
(iii) Kan die appellant hom op die leerstuk van estoppel beroep?
(iv) Was die respondent, ten tyde van die kennisgewing van terugtrede en die
daaropvolgende kansellasie, self by magte om sy verpligtinge
ingevolge die
koopooreenkoms na te kom?
(v) Indien nie, kan sodanige onvermoë as h geldige verweer deur die
appellant geopper word?
Ek bespreek die vrae in hierdie volgorde.
Die Wet op Beslote Korporasies, nr 69 van 1984, het 'n nuwe soort regspersoon
daargestel. Die doelstelling was om h eenvoudiger en
goedkoper
3/...
8.
ondernemingsentiteit in die lewe te roep. Daardeur sou
klein
besighede die voordele van regspersoonlikheid kon geniet sonder dat hulle aan
die ingewikkelde voorskrifte van die Maatskappywet,
nr 61 van 1973, hoef te
voldoen. Sekere kenmerke is tipies van en eie aan h beslote korporasie. Om maar
net enkeles te noem. Minimale
formaliteite geld vir die administrasie en bedryf
van 'n beslote korporasie. Soos wel bekend, word aandele nie uitgereik en geen
aandeelkapitaal vereis nie. Alle lede het gelyke seggenskap in die bestuur en
geen voorsiening vir die aanstelling van direkteure
word gemaak nie. Die
rekenkundige- en openbaarmakingsverpligtinge is in die geval van 'n beslote
korporasie minder omvangryk.
Die betekenis en omvang van klousule 10 moet aan
die hand van die appellant se optrede, en teen die agtergrond van hierdie
kenmerkende
verskille, bepaal word. Die bewoording van hierdie bepaling kon
nouliks
9/...
9.
meer omvattend gewees het. Die sinsnede "ontslae te raak" behels enige
handeling waardeur die beheer en besit van die koopsaak permanent
ontneem word:
vanselfsprekend sluit dit dan die tot niet maak daarvan ook in. Die oogmerk was
heel duidelik om die
merx
te bewaar - deur
inter alia
ontdoening
daarvan te belet - totdat die prys betaal is.
Vir die stelling dat die
omskepping van die beslote korporasie in 'n maatskappy nie deur klousule 10
verbied word nie, het die appellant
op aa 29C(1) en 29D(1) van die Maatskappywet
gesteun. Eersgenoemde artikel maak voorsiening vir sodanige omskepping. Artikel
29D(1)
lui soos volg:
"(a) By die registrasie van 'n maatskappy wat van 'n beslote korporasie omgeskep
is, gaan alle bates, laste, regte en verpligtinge
van die korporasie oor op die
maatskappy.
(b) 'n Regsgeding wat voor die registrasie deur of teen die korporasie ingestel
is, kan deur of teen die maatskappy voortgesit word,
en
10/...
10.
enigiets anders wat deur of ten opsigte van die korporasie gedoen is, word geag
deur of ten opsigte van die maatskappy gedoen te
wees.
(c) Die regspersoon wat voor die omskepping as 'n beslote korporasie bestaan
het, bly ondanks die omskepping voortbestaan as 'n regspersoon,
maar in die vorm
van 'n maatskappy."
Hierdie bepalings, aldus die
betoog, dui aan dat so 'n omskepping nie van wesenlike belang is nie en dat so
'n vervorming dus nie
deur die verbod in klousule 10 getref word nie. Maar hulle
is eerder bewys tot die teendeel. Juis omdat 'n ander soort regspersoon
(met die
onderskeidende kenmerke waarop reeds gewys is) in die lewe geroep is, was dit
nodig ter wille van kontinuïteit om die
bepalings van a 29D(1) tot die
Maatskappywet by te voeg.
Daar kan dus met sekerheid gesê word dat die
omskepping van die beslote korporasie in 'n maatskappy sonder toestemming (of
betaling
van die koopprys) deur
11/...
11.
klousule 10 belet word.
Die verdere vraag of die uitreiking van aandele
aan Schlaepfer ook met die klousule strydig is, hoef bygevolg nie oorweeg te
word
nie. Aangesien aandele nooit deel van die koopsaak uitgemaak het nie, kan
die vraag slegs hipoteties gestel word: indien die respondent
aanvanklik aandele
- eerder as sy ledebelang - aan die appellant verkoop het, kon daar enige twyfel
bestaan dat die oordrag van bykans
'n helfte van sy aandele op 'n vervreemding
sou neerkom wat binne die bestek van die verbod van klousule 10 sou val? Die
antwoord
is voor die hand liggend: Nee.
Streng gesproke behoort die
feitevraag (vraag (ii) hierbo) dus tot die omskepping in 'n maatskappy beperk te
word. Daar mag egter
moontlik gesê word dat toestemming tot die
aandeeluitreiking implisiet toestemming tot die omskepping insluit. Ek sal
bygevolg
ten gunste van die appellant die vraag op
12/...
12. die wydste moontlike grondslag benader: Het die respondent tot
sy optrede (wat altwee handelinge insluit) toegestem; of het die
respondent,
wetende daarvan, te kenne gegee dat hy geen beswaar daarteen het nie?
Ter
inleiding verwys ek na wat in diê verband gepleit word. Soos reeds genoem,
beweer die respondent dat die appellant die bepalings
van klousule 10 in twee
opsigte verbreek het: deur die omskepping in 'n maatskappy en die
aandeeluitreiking. In antwoord daarop,
na erkenning van sy optrede, pleit die
appellant soos volg:
"Verweerder beweer dat hy reeds voor 22 Mei 1989 vir Eiser
meegedeel het
dat die beslote korporasie in 'n maatskappy omskep is en dat Eiser
geen
beswaar daarteen geopper het nie
."
"Verweerder beweer dat hy reeds voor 22 Mei 1989 vir Eiser meegedeel het dat 'n
Switser aandele in gemelde maatskappy sou verkry
en dat Eiser
geen beswaar
daarteen geopper het nie
."
13/...
13.
"Verweerder beweer dat Eiser op 22 Mei 1989 tydens 'n telefoniese gesprek
toestemminq aan hom verleen het
dat gemelde Switser aandele in gemelde
maatskappy verkry en
dit goedgekeur het
. Eiser het op gemelde datum,
sowel as tydens 'n verdere telefoniese gesprek tussen die partye, onderneem om
aan Verweerder sy skriftelike
toestemming ten aansien daarvan te gee, maar het
versuim om sodanige skriftelike toestemming aan Verweerder te verskaf." (Ek
beklemtoon.)
Daar sal opgelet word dat ten aansien van die
omskepping die appellant se verweer tot mededeling na omskepping en die
afwesigheid
van beswaar beperk is: daadwerklike toestemming word slegs ten
opsigte van die aandeeluitreiking gepleit. Vir doeleindes van verhoor
is die
appellant gevra om besonderhede oor die beweerde
toestemming
te verstrek
waarop hy geantwoord het: "Die toestemming het geskied tydens 'n telefoniese
gesprek [op 22 Mei 1989] te Pretoria." In
die verbygaan wys ek daarop dat
volgens die pleitstukke moet afgelei word dat toestemming gedurende die
telefoongesprek
uitdruklik
gegee is. (Vgl
Roos v Enqineerinq
14/...
14.
Fabricators (Edms) Bpk
1974(3) SA 545 (A) 549 E -
G.)
Alvorens hierdie feitevraag bespreek word, is dit dienstig om op die
getuienis van die appellant en respondent kommentaar te lewer.
Die verhoorregter
het hom daaroor soos volg uitgelaat:
"Ek is nie beïndruk met óf die eiser òf die verweerder as
'n getuie nie. Alhoewel beide van hulle selfversekerd
in die getuiebank
voorgekom het, is dit duidelik dat beide van hulle sonder enige gewetenswroeging
valse getuienis sal lewer wanneer
dit hulle pas."
Die oorkonde is deurspek met voorbeelde van elkeen se oneerlikheid en
ontwykendheid: die vernaamste daarvan word ter onderskraging
van die hof se
gevolgtrekking in die uitspraak genoem. Die respondent se verduideliking oor
hoedat klousules 6.3. en 26 in die ooreenkoms
ingelyf is, kan nie aanvaar word
nie. Sy ontkenning dat hy
teen 'n profyt
sterk drank verkoop het, is
belaglik. Toe hy 'n lening aanvra, skroom hy nie om
15/...
15. valslik te verklaar dat hy wel 'n dranklisensie ten opsigte van
die plaas besit nie. Bewys van die appellant se oneerlikheid kom
net so
opvallend voor. Volgens hom sou die respondent vir hom vertel het dat
drankverkope 'n netto wins van R120 000,00 per maand
oplewer en het hy hom
sowaar geglo. Sy getuienis oor die voorraadopname was in sekere opsigte uiters
onbetroubaar. Hy was bereid
om bedrieglik op te tree deur te versoek dat 'n
sekere ooreenkoms terugwerkend gedateer word en deur met sy seun, Ulrich, mee te
werk toe hy sekere wanvoorstellings gemaak het. Sy getuienis word ook in sekere
opsigte deur die aanvaarbare getuienis van ander
persone weerspreek:
byvoorbeeld, sy getuienis oor wat mnr Solomon Ramalia hom sou meegedeel het
aangaande die hoeveelheid drank wat
by die plaas afgelewer is en die wins wat
met die verkoop daarvan gemaak is. Op 'n stadium is die appellant ondervra oor
'n brief
wat hy geskryf het
16/...
16. waarin 'n reeks onwaarhede voorkom. Sy enigste verduideliking
en verskoning was dat hy die brief "sonder benadeling van regte"
geskryf het.
Was hy dalk onder die indruk dat getuienis ook sonder benadeling afgelê
kan word? Hierdie voorbeelde - en veel
meer kan aangehaal word - regverdig die
verhoorhof se gevolg-trekking volkome. Dit is nie verrassend dat die hof se
bevindinge oor
die gehalte van hul getuienis nie op appèl aangeveg is
nie. Voor ons het mnr Grobler, wat namens die appellant opgetree het,
hom op die
swakhede in die respondent se getuienis verlaat sonder om die tekortkominge in
die appellant s'n te probeer goedpraat.
Om na die kwessie van toestemming terug
te keer, die appellant het hoofsaaklik op die gemelde telefoongesprek gesteun.
Die gesprek,
soos blyk uit die transkripsie, was tot 'n groot mate onduidelik en
onsamehangend. 'n Uittreksel, wat tipies van die transkripsie
is, lui soos
volg:
17/...
17.
"A [Appellant]: Okay so I'm going to make an
appointment for for for to see him. Now when can you go
BL [Respondent]: I
can go any -
(Click sound, speech from speaker disappears) A: Hello
(Another click sound, the speech returns)
BL: - up to you, so you just tell me when and
I'll go A: Okay. Sh your
phone went dead now BL: Hey?
A: Your phone went dead BL: Oh Jesus no A:
(Laughs) Anyhow, no allright so are gou going
to be here this week BL: I am
here the whole week ja A: Okay Bernie BL: So you just phone and tell me when and
then
its allright A: Ja ja BL: Okay? A: Okay. And eh eh oh yes another thing
before
I forget. Did eh, you've (click sound) seen
the news hey, (click sound)
about Tinus BL: No eh hello! A: Yes
BL: Are you there? A: Yes
BL: Sorry
man, this phone is something very wrong A: Na, you go away and then
18/...
18.
BL: Ja, and suddenly you're just gone A: While you talk
BL: You're gone, you started to speak, you you
said?"
'n Verdere transkripsie van 'n gedeelte van
die gesprek,
wat as 'n "verbeterde" een beskryf word, is as bewysstuk E
ingehandig. Dit is nodig om die volgende daaruit aan te haal:
"JGM: [Die Appellant] Now, Bernie, what about
Avfin, look as I told you about this foreign
guy, this Swiss guy BL: Right
JGM: things are almost sort of ready now BL: OK JGM: Now, have you got any
objection then to me
paying off Avfin, or must we do something
about it before, I mean in principle. BL: You see that is why we were suppose
to meet
on the 5th JGM: Ja .... hallo BL: I arranged it all for you to meet, there
is
some I can hear the phone going plot plot JGM: Ja Ja BL: Cut, I'm speaking
and I'm sure that I'm just
speaking to nothing."
JGM: In principle, let us take a sort of decision then that ... O.K. lets start
(a) with ... this foreign guy
19/...
19.
BL: Right
JGM: And . . . let us say I can manage to get the thing through, now finally
after all this battling, because I still haven't got
a final reply, you don't
have any objection against that going ahead, as such?
BL: No, I've got no
objection there at all.
JGM: OK, so then what we can do then, taking that as a starting point, as
soon as the money is released, I've got to go and sit down
around a table with
Avfin, my argument is the following, and I wanted to have this clear
BL: Hallo JGM: Yes?
BL: Yea, I don't know what is going on here,
truly, hey there is something very very wrong
here
JGN: But haven't you heard what I said?
BL: Nothing at
all
JGM: OK
BL: It was dead, I have been screaming at you ...
we must
not talk too much over the phone JGM: No alright, but I just want to get clarity
I
mean what we discuss here isn't of vital
importance, .. BL: The only thing
is that I want to know that OK
.. you know he is buying into the company,
obviously as I told you BL:
Right JGM: He is buying shares and so on, so what I have
to do now before this thing gets concluded,
or once it is concluded for that matter, we
get to the stage where money will
20/...
20.
materialise.
BL: Correct ja.
JGM: OK, so I can hold back on Avfin for guite a while if you want me
to.
BL: No, I've got nothing there you know its
something that Avfin and I have to sit down and sort out the same way as you and
I must should first sit and then we go to Avfin.
BL:
I think the first step is, even with you
sorting the money out. JGM: Ja BL: Let us get together, I will give you
the
permission that you reguire, in writing. JGM: OK BL: And then that is done,
the Avfin side we can
sort out the same time."
Die gesprek bevat geen
pertinente mededeling dat die beslote korporasie in 'n maatskappy omskep is nie.
Daar is ook geen sprake van
uitdruklike toestemming tot die aandeeluitreiking
nie. Mnr Grobler moes hom noodgedwonge verlaat op die stelling dat die inhoud
van
die gesprek by
implikasie
sodanige afleidings regverdig: en in
dié verband het hy hom veral op die woorde "shares", "company" en "let us
get
21/...
21. together, I will give you the permission that you require"
verlaat.
Soos 'n mens sou verwag, is die respondent in die getuiebank hieroor
uitgevra. Ek kan nie op die verhoorhof se volledige samevatting
van die
respondent se antwoorde en verduidelikings verbeter nie. Dit lui soos volg:
"Volgens die eiser was die lyn baie sleg en dat dit die geval was blyk
duidelik uit die transkripsie van die gesprek. Volgens die
eiser moes die eerste
rentebetaling geskied het aan die einde van April 1989 en het die verweerder nie
betaal nie. Die verweerder
het 'n tekort aan fondse gehad en het gesê
hulle moet op 15 Mei 1989 ontmoet om die saak uit te sorteer. Die ontmoeting op
15 Mei 1989 het nie plaasgevind nie, die eiser was ontsteld daaroor en wou graag
met die verweerder ontmoet. Dat die eiser graag
met die verweerder en sy
prokureur wou ontmoet blyk duidelik uit die transkripsie.
Aan die begin van die gesprek word gepraat van 'n derde verband. Ingevolge
die ooreenkoms kon the verweerder 'n derde verband oor
die eiendom registreer,
dit wil sê na die Avfin en die Klaserie Jeug verbande. Ingevolge die
ooreenkoms was die verweerder
verplig om die eiser van sy
22/...
22.
verpligtinge as borg en mede-hoofskuldenaar teenoor die verbandhouers Avfin
en Klaserie Jeug te onthef so gou moontlik, maar in elk
geval binne 24 maande.
Volgens die eiser het die verweerder gedurende die 18 maande wat die
telefoongesprek voorafgegaan het, gereeld
vertel van lenings van buitelanders en
hy het gemeen dat die verweerder weer besig was om te verwys na so 'n lening.
Die eiser wou
onthef word van sy verpligtinge teenoor die verbandhouers maar het
terselfdertyd die houding ingeneem dat Avfin aan hom geld geskuld
het ten
opsigte van betalings deur hom gemaak ten opsigte van die Avfin lening voor
registrasie van die verband en voor uitbetaling
van die lening.
Volgens die eiser wou die verweerder van hom weet of hy maar kon voortgaan om
Avfin te betaal voordat die eiser die geld wat Avfin
aan hom verskuldig was van
Avfin verhaal het. Dit was ten opsigte van die afbetaling van die Avfin lening
wat die eiser gesê
het dat hy nie beswaar het nie, aldus die eiser se
getuienis. Die eiser het getuig dat hy nié die gedeelte van die
maatskappy
en die aandele reg kon verstaan het nie. Dit was 'n baie swak
hoorbare telefoongesprek en hy sou nooit, veral nie in die lig van
die feit dat
die verweerder agterstallig was met die rentebetalings toegelaat het dat die
verweerder die bk in 'n maatskappy verander
en aandele verkoop nie. Hy wou die
verweerder en sy prokureur ontmoet en dit was eintlik al waarin hy belanggestel
het. Hy het die
telefoongesprek beskryf as 'a set up to try and set me up'.
23/...
23.
Ten opsigte van sy woorde:
'Let us get together, I will give you the permission that you require, in
writing'
het die eiser getuig dat daar twee maniere
was om daarna te kyk. Eerstens was 'n gedeelte van die Avfin lening in sy naam
en het hy
onder die indruk verkeer, omdat hy aangeneem het dat Avfin hom geld
skuld, dat hy moes saam ingaan wanneer die verweerder die lening
gaan afbetaal.
Tweedens was daar die kwessie van 'n derde verband wat hy besig was om te
registreer. Indien die verweerder 'n ander
verband in die plek van die Avfin
verband sou stel, sou hy moes toestem dat sy verband 'n derde verband bly.
Volgens die eiser het
hy na hierdie toestemming verwys."
Nieteenstaande die hof se ongunstige opmerkings oor die respondent se
getuienis, waarna reeds verwys is, bestaan daar myns insiens
onvoldoende rede om
sy verduideliking as vals te verwerp. Maar selfs indien dele daarvan verdag is,
kan daar met vertroue op 'n beoordeling
van al die getuienis in dié
verband gesê word dat toestemming op grond van hierdie telefoongesprek nie
bewys is nie.
Die getuienis van die appellant oor die
24/...
24.
toestemming-vereiste is uiters insiggewend. Tydens hoofondervraging is
hy hieroor uitgevra:
"Ja, nou wat was u eie siening in verband met u reg om die BK te omskep in 'n
maatskappy en om aandele in die maatskappy verdere
aandele in die maatskappy, te
laat uitreik aan mnr. Schlaepfer. Was u siening dat dit strydig was met die
ooreenkoms met mnr. Len
of nie? -- Nee, ek het, kyk, mnr. Len het geen probleme
daarmee gehad van die staanspoor af nie, maar toe ek hierdie ooreenkoms
ingestuur
het na mnr. Van der Westhuizen, het hy vir my daarop attent gemaak dat
daar so 'n klousule in die ooreenkoms bestaan en vir my gesê
dat ek aandag
daaraan moet gee. As en indien ek dit nou as van toepassing beskou.
Ja? -- Ek het hom toe gesê ek dink nie hy hoef bekommerd te wees nie. Ek
het die saak met mnr. Len bespreek, ek sien nie dat,
sover dit my betref, dat ek
die onderneming verbreek het daar nie. Dit was iéts wat ek gedebatteer
het met my ouditeur op
'n stadium en ander mense, maar my persoonlike gevoel was
dat ek nie besig was om te vervreem nie, my belang te vervreem nie. Trouens,
ek
dink ek was besig om my belang te verbeter in waarde.
Nadat mnr. Van der Westhuizen vir u gesê het dat daar moontlik oorskryding
van die bepaling kan wees, wat het u gedoen, wat
het u vir hom gesê? --Ja,
mnr. Van der Westhuizen het my daarop attent gemaak en hy het ook vir my daarop
attent gemaak
25/...
25.
dat dit op skrif moet wees. Toe sê ek vir hom nee, goed, Jasper, ek neem
kennis daarvan en ek sal daarmee handel. Ek het besluit
ek sal nou maar vir
veiligheid mnr. Len se toestemming op skrif kry vir wat dit mag werd wees.
Ja? -- En ek het mnr. Len toe geskakel en hy was so op hoogte van die situasie
dat hy in elk geval half aangebied het om dit vir
my op skrif te gee. Die
volgende dag het ek besluit dat ek hom liewer moet skakel en vir hom sê,
sit net vir my 'n brief in
die pos tot die effek dat ek dit op skrif het. Ek het
hoegenaamd nie 'n probleem hiermee voorsien nie, veral nie in die lig van die
gesprekke wat ek met mnr. Len gehad het nie.
Ja, het hy dit toe vir u deur die pos gestuur? --Nee, ek het nooit so iets
ontvang nie."
Deur so te getuig, het die appellant vir homself h
dilemma geskep. Indien hy onder die indruk verkeer het dat toestemming onnodig
was, sou hy dit nie aangevra het nie. Indien hy besef het dat toestemming wel
nodig was en 'n brief tot dien effekte (in 'n verdere
gesprek) aangevra het, sou
hy op die respondent se versuim om een te stuur seer sekerlik gereageer het.
Die respondent se prokureur het op 28
Junie
26/...
26. 1989 'n brief aan die appellant
se prokureur, mnr van der Westhuizen, geskryf waarin gesê is:
"In aansluiting by ons skrywe gedateer 26 Junie 1989, wens ons u mee te deel dat
ons op 27 deser 'n soek by die kantoor van die Registrateur
van Maatskappye
uitgevoer het en toe tot ons skok en verbasing vasgestel het dat u kliënt
die beslote korporasie C.F. &
J.H. VERMEULEN HANDELAARS BK op 7 April 1989
onregmatiglik tot 'n maatskappy omskep het.
Bogemelde omskepping het sonder enige kennis aan die kant van ons kliënt en
sonder sy toestemming plaasgevind. Daar bestaan
gegronde redes waarom ons
kliënt nie tot sodanige omskepping sou ingestem het nie en derhalwe beskou
ons kliënt die omskepping
as 'n verbreking van klousule 10 van die addendum
tot die ooreenkoms gedateer 10 Januarie 1988. Ons kliënt sal ook op hierdie
... daad van kontrakbreuk aan die kant van u klient steun as ... grond vir sy
kansellasie van die ooreenkoms."
Daarop het die appellant se
prokureur dieselfde dag
geantwoord:
"Wat betref u addisionele skrywe van 28 Junie 1989 kan ons u kliënt se
'skok en verbasing' nie deel nie. Geen benadeling van
welke aard ookal kan vir u
kliënt daaromtrent bestaan nie. Daar is ook geen verbod in die kontrak dat
sodanige omskepping
27/...
27.
mag plaasgevind het nie. Uit hoofde waarvan u dit
as 'n daad van kontrakbreuk beskou, is nie duidelik nie. U sal vir ons verdere
inligting moet gee met betrekking tot welke skade
u kliënt daardeur sou ly
of hoe sy belange daardeur benadeel kan word."
Die vorige maand
het mnr van der Westhuizen van die omskepping in 'n maatskappy bewus geword. Hy
het die appellant aangeraai om die
nodige toestemming te bekom. Laasgenoemde het
daartoe ingestem hoewel hy die nodigheid daarvoor bevraagteken het. In die
omstandighede
is dit enigsins aanvaarbaar dat sy prokureur so sou geantwoord het
sonder om sy klient te raadpleeg? En indien die appellant vir
hom gesê het
dat toestemming tydens die telefoongesprek gegee is, sou hy in dier voege
geantwoord het? Die antwoord op beide
vrae is beslis: Nee. (Ek mag net noem dat
toe mnr van der Westhuizen oor die inhoud van sy brief uitgevra is, was sy
antwoorde uiters
onoortuigend (Volume 15, bladsye 1360 en 1361): dit is
egter
28/...
28. onnodig om daaroor uit te wei.) In sy brief van 4 Julie 1989 skryf
die respondent se prokureur onomwonde soos volg:
"Ons plaas op rekord dat die omskepping van die Beslote Korporasie na 'n
maatskappy en die uitreiking van die 490 aandele aan Mnr.
W. Schlaepfer sonder
sy kennis of toestemming plaasgevind het en 'n verdere daad van kontrakbreuk aan
die kant van u kliënt
daarstel waarop ons klient vir sy kansellasie van die
ooreenkoms sal steun."
Hierdie stelling het ook nie enige
antwoord in die brief van mnr van der Westhuizen, gedateer 10 Julie 1989,
uitgelok dat toestemming
inderdaad gegee is nie. Dieselfde geld vir die formele
kennisgewing van terugtrede ingevolge klousule 16 wat op 10 Julie 1989
persoonlik
aan die appellant beteken is.
Ten slotte wys ek daarop dat die
appellant se bewering in sy verweerskrif dat hy die respondent "reeds voor 22
Mei 1989 [m a w voor
die
29/...
29.
telefoongesprek] vir Eiser meegedeel het dat die beslote korporasie in
'n maatskappy omskep is en dat Eiser geen beswaar geopper het
nie", geensins
bewys is nie. Die appellant se getuienis in dié verband is vaag en
onbevredigend. Enige voorstelling te dien
effekte is deur die respondent in sy
getuienis heftig ontken: "that is completely incorrect."
In die omstandighede
kan met sekerheid gesê word dat die nodige toestemming - by implikasie of
andersins - nie verleen is nie
en dat die respondent nooit - by implikasie of
andersins - te kenne gegee het dat hy geen beswaar teen die omskepping in 'n
maatskappy
het nie.
Dit bring ons by vraag (iii) hierbo. Aanvanklik het die
appellant estoppel gepleit om die afwesigheid van
skriftelike
toestemming
te oorbrug. Die uitgangspunt van hierdie verweer was dat mondelinge toestemming
wel bewys is. Voor ons het mnr Grobler
30/...
30.
hierdie verweer, in die alternatief, op 'n wyer grondslag (en in die
veronderstelling dat toestemming nie verleen is nie) aangevoer.
Hy het dit soos
volg
geformuleer - sy betoog is in Engels voorgedra:
"That the respondent created the impression that the appellant could conclude
the transaction with the Swiss gentleman which transaction
was the sale of
shares in the company to the Swiss gentleman without first having the
respondent's written permission."
Daar bestaan oorvloedige gronde
waarom hierdie verweer nie kan slaag nie: (i) Soos geformuleer, slaan dit nie op
die
omskepping in
'n
maatskappy
nie tensy veronderstel word dat
"sale of
shares
" sydelings daarna verwys. (ii) Soos reeds aangedui, is
estoppel in hierdie vorm nooit gepleit nie. (iii) In hulle ooreenkoms by die
aanvang van die verhoor, het die partye bepaal dat slegs die geskille wat deur
die
31/...
31. bewerings in paragraaf 3 tot 8 van die verweerskrif ontstaan in
die eerste stadium besleg sou word. Die paragrawe het die estoppel,
soos
aanvanklik gepleit, ingesluit. In die omstandighede was die appellant nie
geregtig om hierdie verweer op ander gronde aan te
voer nie: "The duty of an
appellate tribunal is to ascertain whether the Court below came to a correct
conclusion on the case submitted
to it." per Innes AR in
Cole v Government of
the Union of S.A.
1910 A.D. 263
op 272 (Vgl ook
A J Shepherd (Edms)
Bp
k v
Santam
Versekeringsmaatskappy Bpk
1985(1) S.A. 389
(A) 415 C -D. ) (iv) Hierdie verweer soos voorgedra deur mnr Grobler kan in elk
geval nie slaag nie. Die oorsaaklikheidselement
is nie bewys nie, naamlik, dat
die indruk wat die respondent na bewering geskep het, daartoe gelei het dat die
appellant die omskepping
sonder toestemming laat geskied het. Dit blyk dat die
appellant nooit voor die omskepping op 7 April
32/...
32. 1989 (oftewel daarna) onder die indruk verkeer het dat toestemming
nodig was nie. Sy getuienis wat dit aantoon, is reeds in 'n
ander verband
aangehaal. Die appellant se beskouing van die aangeleentheid was dat die
omskepping nie op 'n verbreking van klousule
10 neerkom nie. Hy het dus nie
bewys dat enige indruk ("impression") wat hy mag gehad het, hom tot die
omskepping sonder toestemming
beweeg het nie. Terloops wys ek daarop dat sy
besluit om "vir veiligheid" die respondent se toestemming te verkry (indien so
'n besluit
ooit geneem is) heel duidelik eers na die omskepping geneem
is.
Die oorblywende vrae ((iv) en (v) hierbo) kan gesamentlik - en saaklik -
afgehandel word. Die appellant het in sy verweerskrif beweer
dat die respondent,
ten tyde van die kennisgewing van terugtrede van 10 Julie 1989, sekere van sy
verpligtinge.ingevolge die koopooreenkoms
nie behoorlik
33/...
33. nagekom het nie. Ek gebruik as voorbeeld die bewering dat die
respondent, met verwysing na klousules 6.3 en 26, onvolkome presteer
het deurdat
hy nie 'n dranklisensie aan die appellant gelewer het nie. Op grond hiervan het
die appellant hom op die
exceptio non adimpleti contractus
beroep.
Aangesien die respondent nie hierdie verpligting wou of kon nakom nie, kan die
appellant - aldus sy betoog - weier om sy
sy verbreking van klousule 10 reg te
stel: die kennisgewing van terugtrede en bygevolg die daaropvolgende kansellasie
was derhalwe
sonder regsgevolge. Daar steek nie enige pit in hierdie betoog nie.
Die
exceptio
, synde 'n verweer, slaan op
wederkerige
prestasies
wat ingevolge 'n ooreenkoms gelyktydig nagekom moet word (asook op gevalle
waarin die eiser eers moet presteer). Soos
die huidige Hoofregter in
Ese
Financial Services (Pty) Ltd v Cramer
, 1973(2) S.A. 805 (C) 809 D - E,
beklemtoon het:
34/...
34.
"For reciprocity to exist there must be such a relationship between the
obligation to be performed by the one party and that due
by the other party as
to indicate that one was undertaken in exchange for the performance of the other
and, in cases where the obligations
are not consecutive,
vice versa
(see
de Wet and Yeats,
Kontraktereg
, p.138;
Myburgh v Central Motor
Works
, 1968(4) S.A. 864 (T) at p.865;
Anastasopoulos v. Gelderblom
,
1970(2) S.A. 631 (N) at p.636)."
Soos die aanhaling aandui, het
die
exceptio
te doen met wederkerige
prestasies
. Derhalwe, waar 'n
obligatio non faciendi
verontagsaam word, wat op kontrakbreuk neerkom,
kan ek my nouliks indink dat 'n verweerder hom op hierdie
exceptio
met
welslae kan beroep. Hoe dit ookal sy, tussen die respondent se verpligtinge om
ingevolge die ooreenkoms te presteer en die appellant
se verbreking van klousule
10 kan daar geen sprake van wederkerigheid wees nie. Dit het mnr Grobler
geredelik toegegee. Dit is bygevolg
onnodig om te beslis of die respondent op
die tersaaklike tydstip in staat en
35/...
35. bereid was om sy deel van die ooreenkoms uit te voer.
Die advokate was dit eens dat, sou die appèl nie slaag nie, die
bevindings van die hof a
quo
deur die bevel wat hierna volg, vervang en
aangevul behoort te word.
Die appèl word van die hand gewys met koste, insluitende die koste van
twee advokate. Die beslissing van die hof a
quo
word gewysig om soos volg
te lui:
"1. Bede 1 word toegestaan.
2. Verweerder se teeneis word van die hand
gewys.
3.
Verweerder word beveel om
die koste van die verhoor te betaal; insluitende die koste van twee advokate en
die kwalifiserende fooie
van Dr Jansen.
4.
Bedes 3.1, 3.2, 4, 5 en 6 word
sine die
uitgestel vir latere
beregting.
M E KUMLEBEN
APPèLREGTER
JOUBERT AR)
BOTHA AR)
VAN COLLER WnAR) - Stem saam
HARMS WnAR)