S v Hendricks en Andere (264/90) [1992] ZASCA 14 (6 March 1992)

78 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Admissibility of confessions — Appellants convicted of robbery and illegal possession of a firearm — Confessions admitted despite claims of police brutality — Issue of whether confessions were made voluntarily and without coercion — Court finds that the trial magistrate erred in admitting the confessions as credible evidence due to failure to adequately assess the credibility of witnesses and the implications of the absence of medical evidence regarding alleged injuries — Convictions set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 14
|

|

S v Hendricks en Andere (264/90) [1992] ZASCA 14 (6 March 1992)

Saak No 264/90 WLD
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen
YUSUF HENDRICKS
Iste APPELLANT
SAM
JACOBS
2de APPELLANT
IVAN GEORGE
3de APPELLANT
en
Die
Staat
RESPONDENT
CORAM
:HEFER, NESTADT et MILNE ARR.
AANGEHOOR
:11 NOVEMBER 1991
en 2 MAART 1992.
GELEWER
: 6 MAART 1992.
UITSPRAAK
HEFER AR
/
2.
HEFER AR :
Die appellante en ene Thinnies is, as
beskul-digdes 1, 3, 4 en 5 onderskeidelik,in 'n streekhof in Jo-hannesburg
skuldig bevind aan
roof met verswarende omstan-dighede en derde appellant ook
aan die onwettige besit van 'n vuurwapen. Na 'n onsuksesvolle appèl
na
die Wit-watersrandse Plaaslike Afdeling is verlof aan appellante verleen om na
hierdie hof te appelleer teen hulle skuldig-bevindings.
Die aanklagte het voortgespruit uit die gebeure op Saterdag 2 November 1985
toe ene Twiggs, Heslop en Coet-zee, werknemers van 'n
supermark in Kenilworth,
Johannesburg, beroof is van 'n aansienlike bedrag geld en Coetzee ook van sy
motor. Die enigste vraag is
of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die
appellante lede van die roofbende van vyf was. Vir hierdie doel het die Staat,
benewens die getuienis van Twiggs, Heslop en Coetzee, staatgemaak op
be-kentenisse wat appellante na hulle arrestasie gemaak het.
3. By die
verhoor is beswaar gemaak teen die toelating van die bekentenisse op grond
daarvan dat dit volgens bewe-ring afgelê
is nadat die deponente aangerand
is deur die ondersoekbeampte en ander lede van die Brixton Moord-en
Roofafdeling. 'n Binneverhoor
is ten opsigte van elke bekentenis gehou en die
resultaat was dat die streek-landdros die getuienis van al drie appellante oor
die
beweerde aanrandings verwerp en hulle bekentenisse toegelaat het.
Weens
redes wat later sal blyk, word derde appellant se appél afsonderlik
behandel. Namens hom is in hierdie hof betoog dat
sy bekentenis (bewysstuk F)
nie toegelaat moes gewees het nie en die oorblywende getuie-nis nie sterk genoeg
is om sy aandadigheid
aan die roof te bewys nie. Ek behandel eers die
toelaatbaarheid van bewysstuk F.
Derde appellant het bewysstuk F na ondervraging
op 9 November 1985 voor 'n polisieoffisier, luit Clifford,
4. afgelê. Aangesien dit nie aan 'n landdros gemaak is nie en art
217(1)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 derhalwe nie
van toepassing was
nie, het die bewyslas op die Staat ge-rus om aan te toon dat hy dit vrywillig en
ongedwonge af-gelê het
terwyl hy by sy volle positiewe was en sonder dat
hy onbehoorlik daartoe. beïnvloed is. Die ondersoek-beampte, adj-off Hertz,
het getuig dat derde appellant die. bekentenis volkome vrywillig gemaak het en
op geen stadium óf deur hom óf deur
enige ander polisieman
aange-rand is nie. Dergelike getuienis is deur ander polisie-manne afgelê.
Derde appellant daarenteen
het getuig dat hy herhaaidelik onderwerp is aan
marteling in die vorm van elektriese skokke en op daardie manier oorreed is om
sy
aandadigheid te beken. Volgens hom is die inhoud van bewysstuk F grotendeels
aan hom voorgese.
Soos reeds aangedui, het die streeklanddros appellant se getuienis in die
binneverhoor verwerp en dié van die Staatsgetuies
aanvaar. Myns insiens
het hy fouteer.
5. Ek is geneig om met hom saam te stem dat die inhoud van
bewysstuk F nie aan derde appellant voorgesê kon gewees het nie.
Maar,
hoewel lg se getuienis in hierdie ver-
band verwerplik is, volg dit in al die
omstandighede van die saak nie dat sy weergawe van die beweerde aanrandings
soortgelyke behandeling
verdien nie. Die geloofwaardig-heid van die getuies was
deurslaggewend vir 'n bevinding oor die toelaatbaarheid van die bekentenis
en
die streek-landdros was natuurlik in 'n beter posisie as hierdie hof om hulle
geloofwaardigheid te beoordeel; maar, soos aangetoon
sal word, is daar aspekte
van die getuienis wat nie voldoende aandag gekry het nie.
Derde appellant se
ondervraging het op Vrydag 8 November plaasgevind. Maandag 11 November het hy en
die ander verdagtes die eerste
maal in die landdroshof verskyn. By hierdie
geleentheid het sommige van hulle gekla dat hulle deur die polisie aangerand is
en het
derde appellant versoek om voortaan liewer in die tronk aangehou te word.
(Volgens
6.
hom het hy gevrees vir verdere aanranding aangesien die
polisie nog op soek was na die vermiste geld.) Die voor-sittende landdros
het
daarop beveel dat hulle deur 'n dis-triksgeneesheer ondersoek moes word. Dit is
gedoen. Vol-gens derde appellant was daar merke
aan sy bene en arms wat hy aan
die distriksgeneesheer uitgewys het.
Die vraag of derde appellant wel die
merke aan sy bene en arms gehad het waarvan hy getuig het, was bepa-lend vir die
uitslag van
die binneverhoor. Mnr Van der Walt wat die Staat in hierdie hof
verteenwoordig het, het tereg toegegee dat die aanwesigheid van sulke
merke nie
al-leen vereenselwigbaar was met derde appellant se weergawe nie, maar inderdaad
op geen ander wyse verduidelik kon word
nie. Hoewel die distriksgeneesheer se
bevindings derhalwe klaarblyklik van groot belang was, is hy nie as getuie
geroep nie en is
sy verslag ook nie aan die ver-dediging beskikbaar gestel nie.
Wat gebeur het by af-sluiting van die staatsaak in die binneverhoor
blyk
uit
7. uit die volgende uittreksel uit die oorkonde:
"
Mnr Claassens
(die beskuldigdes se advokaat). Edelagbare ek is ietwat
onverhoeds betrap. Dit was my indruk gewees en dit was ook so meegedeel gewees
deur my geleerde vriend dat die dokter sou geroep gewees het in die vorige dae
was dit die heeltyd ter sprake gewees ons moet nog
vir die dokter wag, en dat
ook die dok-ter vandag beskikbaar sou wees, en ek het vir my geleerde vriend
gevra of hy die dokter gaan
roep of nie, en as hy hom nie sou roep nie of hy hom
aan my beskikbaar sou stel as getuie en die houding van die Staat was deurentyd
gewees dat hy die dokter gaan roep en dat hy hom nie aan my beskikbaar gaan stel
nie, en dit is -ek is heeltemal onverhoeds gevang
en verras dat die dokter nie
geroep gaan word en ek sou nou graag wil verneem of die dokter nou aan my
beskikbaar gestel gaan word
sodat ek hom kan gebruik. Dit is ter sprake dat daar
was ondersoeke gehou deur die dokter, dit is ge-stel aan die getuies dat daar
was beserings ge-wees so ek sou graag wou verneem wat is die houding van die
Staat op hierdie stadium.
AANKLAER
: Edelagbare, die Staat het 'n diskresie om te roep wie hy
wil. As ek besluit om nie die dokter te roep nie dan roep ek hom nie
Edelag-bare.
(SPREEK VERDER DIE HOF HIEROMTRENT TOE)
HOF
: Ek neem aan het
jy 'n verslag beskikbaar van die dokter?
AANKLAER
: Edelagbare ek het verslae beskikbaar in aanrandings-sake van
die dpkter.
HOF
: Is u bereid om dit dan tot die beskikking van die
Verdediging te stel in hierdie sake?
8.
AANKLAER
: Edelagbare dit sal geen doel
dien hoegenaamd nie, want dit sal hoorsê getuienis wees sonder dat die
dokter se teenwoordigheid.
HOF
: Nee, nee, nie aan die Hof nie maar vir
mnr Claassens om vir hom in staat te stel om te besluit of hy dan die dokter wil
roep as
ge-tuie al dan nie.
AANKLAER
: Nee, Edelagbare, ek is nie bereid om dit te doen nie. Ek is
bereid om die dokter af te staan as 'n getuie aan die Verdediging indien
hy hom
wil roep.
HOF
: Ja wel u het natuurlik nou nie meer sê oor die dokter nie
omdat u u saak gesluit het, nou is hy nie meer u getuie nie, die
Verdediging kan
hom dan enige tyd roep as hulle hom wil roep.
AANKLAER
: Soos die Verdediging dit wil ver-kies kan hy dit maar
doen.
HOF
: Mnr Claassens soos ek die posisie dan verstaan staan dit u vry
dan om die dokter te roep te enige tyd."
Aangesien die verdedigingsadvokaat nie insae in die ver-slag kon kry nie,
verbaas dit nie dat hy die hof later meegedeel het dat hy
die distriksgeneesheer
nie as getuie sou roep nie.
In sy uitspraak het die streeklanddros hom soos
volg uitgelaat:
9.
"Mnr Claassens het heelwat gewag gemaak van die feit dat die
Staat nie die dokter wat beskuldigdes ondersoek het as getuie geroep
het
nie..
Dit staan n party natuurlik vry om die getuies te roep en aan te bied wat hy
goed-dink om sy saak te bewys en sy diskresie in die
verband is onbelemmerd.
(
S v Kell
y 1980(3) SA 301 A op 310.) Die Hof sal slegs 'n nade-lige
afleiding van so 'n versuim maak as dit oortuig is dat die getuie die ander
getuies wat aangebied is sal weerspreek."
Na hierdie uitlating word in die uitspraak daarop gewys dat
een van die staatsgetuies (volgens die uitspraak was dit
adj-off Herz maar volgens die oorkonde luit Dempsey wat die
bekentenis van een van die ander beskuldigdes afgeneem het)
onder kruisverhoor getuig het dat hy 'n mediese verslag in
besit van die aanklaer gesien het waarin daar wel beserings
gemeld is. Die uitspraak gaan dan soos volg voort:
"Die hof kan egter nie veel peil trek op die getuienis nie. Adj off Hertz se
getuienis oor die beserings en die aard daarvan en aan
wie dit is, is te vaag om
enigsins die hof te oortuig dat die beskuldigdes, of sommige van hulle, wel
sulke beserings gehad het,
veral in die lig van luitenante Dempsey en Clifford
se getuienis tot die teendeel."
10. Ek is geneig om saam te stem dat luit
Dempsey se getuie-nis oor die verslag wat hy gesien het op sigself nie
vol-doende was vir
'n nadelige afleiding van die versuim om
die
distriksgeneesheer te roep nie. Wat die streeklanddros egter uit die oog
verloor het, is dat die aanklaer nie in kruisondervraging
aan derde appellant
gestel het dat die distriksgeneesheer nie die beweerde merke gevind het nie. Dit
is presies wat hy gedoen het
toe hy een van die ander beskuldigdes {die huidige
tweede appellant) gekruisvra het en mens sou verwag dat hy dieselfde sou doen
indien die ver-slag strydig was met derde appellant se getuienis. Sy ver-suim om
derde appellant te kruisvra aan die hand van die
verslag is op sigself reeds 'n
aanduiding dat dit die staat-saak wat derde appellant betref, nie bevorder het
nie. Dit, tesame met
die kat- en- muis- spel wat die aanklaer gespeel het en sy
volstrekte weiering sonder opgaaf van redes om die verdediging insae in
die
verslag toe te laat, is voldoende rede om aan te neem dat hy die
distriksgeneesheer nie geroep
11.
het nie, minstens ten dele, omdat lg tot sy wete
die staatsaak teen derde appellant kon benadeel.
Ek moet sê datek die
aanklaer se optrede totaal on-verstaanbaar en onverskoonbaarvind. Enigeen met
ondervin-ding van die behartiging
van strafsake is bewus dat aanklaers gewoonlik
nie huiwer om die verdediging insae toe te laat in die verslae van
distriksgeneeshere
nie. Dit geskied waarskyn-lik met die oog op billikheid en
die behoorlike administrasie van die reg omdat verslae van hierdie aard
in
sommige gevalle ongetwyfeld gepriviligeerd is. In die onderhawige geval kon die
aanklaer nie aanspraakmaak op privilegie nie en
selfs al sou hy dit kon doen,
het hy afstand gedoen van die privilegie deur tweede appellant aan die hand van
dieverslag te kruis-vra;
al wat hy bewerkstellig het, wasomdiehele doel waarmee
derde appellant na die distriksgeneesheer verwys is, te fnuik. In
dergelikegevallebehoort
die voorsittende beampte ernstig te oorweegamgebruikte
maak van sy bevoegdhede onder art 186 van die Strafproseswet.
Hoe dit ookal sy, die streeklanddros het die
12.
aanklaer se versuim om die distriksgeneesheer te
roep
en om derde appellant aan die hand van die verslag te
kruisvra
onderskat in sy beoordeling van die geloofwaar-
digheid. In die uitspraak
word gesê dat
"....na die Hof se oordeel was die klagtes van beskuldigdes by die Hof met
hulle eerste verskyning nie soseer weens vrees vir verdere
aanrandings nie maar
toe al 'n voorbereiding vir die latere aanvegting van hulle verdoem-ende
verklarings."
Die enigste rede wat vir hierdie gevolgtrekking verstrek
word, is die volgende:
" Beskuldigde 4 se vrees toe hy in die Hof verskyn het om terug te keer na
Brixton was ook'heeltemal ongegrond en onwaarskynlik.Hy
het reeds die verklaring
gemaak wat die po-lisie wil hê hy moet maak, hy het ook nie rede gehad om
te glo die polisie sou hom
aan-rand om die geld te kry nie, hulle het oorge-noeg
tyd gehad om dit te doen voor beskuldig-des in die Hof verskyn het."
Die geldigheid van hierdie redenasie is, om die minste te
sê,
twyfelagtlg. Maar, afgesien daarvan, is die redelike
moontlikheid - watuit
wat reeds gesê is blyk-dat derde ap-
pellant by sy eerste verskyning in
die hof die merke van
13.
'n aanranding kon gedra het, uit die oog
verloor. Sonder inagneming van hierdie moontlikheid kon die geloofwaar-digheid
van die getuies
nie behoorlik beoordeel word nie. Origens het die streeklanddros
kritiek uitge-spreek teen die wyse waarop derde appellant getuig
het in
teenstelling met die indrukwekkende vertoning van diestaats-getuies. Ek is nie
van voorneme om die kritiek teen der-de appellant
se getuienis te behandel nie.
Dit moet in gedagte gehou word dat hy bêsigwas om leuens te vertel toe hy
getuig het dat die
inhoud van bewysstuk F aan hom voor-gesê is. Daarom
verbaas dit nie dat hy die verhoorhof nie beïndruk het nie. Maar in
die
binneverhoor het dit nie gegaan oor die waarheid van die bekentenis nie; wat ter
sprake was,was sy bewering dat die polisie hom
aangerand het. En,word die
getuienis as geheel oorweeg, kan dit nie gesê word dat die Staat hom van
die las gekwyt het om die
teendeel te bewys nie. Bewysstuk F moes gevolglik nie
toegelaat gewees het nie.
14.
Soos vantevore aangedui, het die Staat ook
staatgemaak op die getuienis van die drie klaers wat al-mal getuig het dat derde
appellant
een van die rowers was. Om gegronde redes het die landdros getwyfel
oor die be-troubaarheid van Twiggs en Heslop se identifikasie.
Coet-zee se
getuienis dat derde appellant een van die rowers was, is egter aanvaar. Basies
kom dit dus daarop neer dat, afgesien
van bewysstuk F, derde appellant betrek is
by die misdaad deur die getuienis van 'n enkele staatsge-tuie en, soos aangetoon
sal word,
is die betroubaarheid van sy identifikasie nie bo verdenking
nie.
Dit blyk naamlik dat daar nie 'n identifikasie-parade voor die verhoor
gehou is nie. Boonop het Twiggs en Heslop erken dat eersgenoemde,voor
die
aanvang van die verhoor,Heslop en Coetzee se aandag gevestig het op die groepie
beskuldigdes wat buite die hof gewag het. Daarom
kan Coetzee se identifikasie in
die hof nie die gewig dra wat dit andersins sou gedra het nie. Ek is in elk
geval
15. nie oortuig dat Coetzee in alle opsigte 'n eerlike getuie was nie.
Hy het oa die insident toe Twiggs sy aandag op die beskuldigdes
gevestig het,
ontken; en, wat meer agter-dogwekkend is, hy het in kruisondervraging, sonder
dat hy daarom gevra is, te kenne gegee
dat derde appellant die dag van die roof
'n klein snorretjie kon gehad het. Dit is dui-delik dat hy sy getuienis probeer
aanpas het
by dié van Twiggs en Heslop. In elk geval kan 'n getuie nie
veel ver-troue inboesem nie indien hy, soos Coetzee, drie maande
na die voorval
(die verhoor het gedurende Februarie 1986 begin) nie kon sê of een van die
rowers na wie se gesig hy na bewe-ring
van naby gekyk het, 'n snor gehad het
nie.
Wat egter die meeste agterdog wek is die feit dat adj-off Hertz wat die
toneel kort na die roof besoek het en al drie klaers daar
kortliks ondervra het,
onder die indruk was dat geeneen van hulle enigeen van die rowers sou kon
identifiseer nie omdat lg almal
klapmusse gedra het. Coetzee het by die verhoor
getuig dat derde appellant op
16. geen stadium so 'n mus gedra het nie.
Indien sy getuie-nis waar is, is Hertz se indruk onverklaarbaar.
Onder al die
omstandighede en gedagtig aan die versigtigheid wat identifikasie-getuienis
verg, kan dit nie op Coetzee se weergawe
bo redelike twyfel bevind word dat
derde appellant een van die rowers was nie. Aange-sien bewysstuk F ook nie
toegelaat moes gewees
het nie, kan sy skuldigbevinding derhalwe nie gestand
gehou word nie.
Eerste en tweede appellante het nie by die ver-hoor van die
appèl verskyn nie en was ook nie verteenwoor-dig nie hoewel kennisgewing
ooreenkomstig reël 7(2) van die reëls van hierdie hof aan hul laas
bekende prokureur gegee is. Die Staat het aansoek gedoen
dat hulle
appèlle ooreenkomstig reël 7(3) afgewys word.
Die hof het
natuurlik 'n diskresie om die appèl af te wys of om dit van die rol te
verwyder maar, soos aangedui in
S v Isaacs
1968(2) SA 184 (A) op 186 D-E
:
17.
" where particular circumstances warrant-
ing the exercise of the above-mentioned item discretion are absent, the
appropriate order is for the Court to dismiss the appeal
fornon-prosecution when
there is no appearance for the appellant."
In die
onderhawige geval is daar geen besondere omstan-
dighede waarom die appèlle nie afgewys behoort te word
nie.
Prima facie
geld wat hierbo gesê is ten aansien
van derde appellant se bekentenis nie teen aansien van
die bekentenisse wat eerste en tweede appellante gemaak
het nie , en is die meriete van hulle appèlle veel swak-
ker as dié van derde appellant.
Eerste en tweede appellante se appèlle
word
afgewys terwyl die appèl van derde
appellant slaag en
sy skuldigbevindings en vonnisse ter syde gestel word.
J J F HEFER AR.
NESTADT AR )
MILNE AR ) STEM SAAM.