S v Mogano (466/91) [1992] ZASCA 12 (5 March 1992)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Death penalty — Appellant convicted of two counts of murder and one count of robbery — Dismissal of appeal against conviction and sentence — Appellant's alibi rejected, with evidence linking him to the crime scene — Brutal nature of the attacks on elderly victims, including severe physical violence — No mitigating factors presented, and previous criminal history indicating a pattern of violent behavior — Court finds death penalty appropriate given the circumstances and lack of prospects for rehabilitation — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 12
|

|

S v Mogano (466/91) [1992] ZASCA 12 (5 March 1992)

466/91 /mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
CAPTAIN MOGANO
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: HEFER, KUMLEBEN et VAN DEN
HEEVER ARR
VERHOORDATUM
: 20 FEBRUARIE 1992
LEWERINGSDATUM
: 5 MAART 1992
UITSPRAAK
KUMLEBEN, AR
/...
1.
Die appellant, 'n 39-jarige man, is in die Transvaalse Provinsiale Afdeling
van die Hooggeregshof aan twee klagtes van moord en een
van roof met verswarende
omstandighede skuldig bevind. Die doodstraf is op elke aanklag opgelê. Die
appellant se aansoek om
verlof om te appelleer is van die hand gewys en sy
versoekskrif aan die Hoofregter het ook misluk. Daarna het die paneel, met
inagneming
van die bepalings van die gewysigde a 277 van die Strafproseswet, nr
51 van 1977, bevind dat die vonnisse waarskynlik opgelê
sou gewees het.
Ingevolge a 19(12) van die Strafregwysigingswet, nr 107 van 1990, dien die saak
nou voor ons om die vonnisse in oënskou
te neem. Ons taak is om te besluit,
alle versagtende en verswarende faktore inaggenome, of die doodvonnis in die
omstandighede op
die drie klagtes die enigste gepaste een is.
Die appellant het op al drie klagtes
2/...
2.
onskuldig gepleit. Sy verweer was 'n alibi maar sy getuienis in
dié verband is verwerp. Sy vingerafdrukke is op die toneel
gevind. Mej
Setlhare, 'n vrou met wie hy h verhouding gehad het, het getuig dat hy met
sommige van die gesteelde goedere by haar
aangekom het. Hoofsaaklik op grond van
hierdie getuienis is die appellant skuldig bevind. Die appellant het geen
getuienis ter versagting
voorgelê nie. Hy het met sy alibi volhard en het
nie die juistheid van die uitspraak aanvaar nie. Sy advokaat in die hof a.
quo
het slegs een faktor ter versagting aangevoer: dat by die moorde
dolus directus
nie aanwesig was nie.
Mnr Davis, wat namens die appellant voor ons opgetree het, het nie die
feitebevindings van die verhoorhof aangaande die pleging van
die misdade
enigsins aangeveg nie. Kortliks kom hulle hierop neer.
Op 29 Desember 1987 was die twee slagoffers, Mnr en Mev Enslin, tuis by hul
woning te
3/...
1
Nylstroom. Die appellant het waarskynlik eers vir Mnr Enslin in sy motorhuis
aangeval. Hy het die oorledene met sy eie hamer te lyf
gegaan en hom minstens 27
houe aan sy kop en borskas toegedien. Hulle het 'n erge mate van kneusing,
bloeding en frakture tot gevolg
gehad. Die oorsaak van dood was breinbloeding en
breinskade as gevolg van 'n ingedrewe skedelfraktuur en bykomende longkneusing.
Daarna het die appellant die huis binnegegaan. Hy het Mev Enslin in haar
slaapkamer aangetref en haar noodlottig verwurg. Kneusings
en velletsels aan
haar bolyf het bewys dat hy haar ook verder aangerand het. Volgens die
geneesheer wat die regsgeneeskundige lykskouing
uitgevoer het, was haar hele
kopvel gekneus as gevolg van die gebruik van 'n stomp voorwerp of 'n stamp of
stampe teen die vloer.
Dit het subdurale breinbloeding veroorsaak wat tot haar
dood bygedra het. Daarna het hy sy rooftog voortgesit. In die loop daarvan
het
hy die huis deurmekaar gemaak
4/...
4. (blykbaar omdat hy na 'n bepaalde besitting gesoek het); die
polshorlosies van die arms van die oorledenes geneem en gesteel; 'n
trommeltjie
waarin Mev Enslin geld en juwele toegesluit het, oop forseer; en met 'n
hoeveelheid klerasie weggeloop. Mnr en Mev Enslin
was onderskeidelik ongeveer 77
en 70 jaar oud.
Voor die pleging van hierdie misdade het die appellant 'n
indrukwekkende reeks veroordelings gehad. Sy kriminele loopbaan het omtrent
op
14-jarige ouderdom begin. Hy het altesaam 20 vorige veroordelings waarvan
minstens 13 as geweldsmisdade beskryf kan word. Die
gebruiklike volgorde van
vonnisse is op hom toegepas: houe met 'n ligte rottang (2 keer); gevangenisstraf
(3 keer); gevangesetting
vir korrektiewe opleiding; gevangesetting ter
voorkoming van misdaad; plus daarna verdere strawwe in die vorm van
gevangenisstraf
en boetes.
Teen die agtergrond van hierdie feite was mnr
5/...
5. Davis se taak om versagtende faktore aan te voer, 'n
onbenydenswaardige een. Hy het aan die hand gedoen dat direkte opset (
dolus
directus
) ten opsigte van die moorde miskien nie bewys is nie. Die getuienis
is tot die teendeel: alles dui daarop dat die appellant wel geweet
het dat die
oorledenes en niemand anders nie op daardie tydstip op die perseel was en dat
weens hulle ouderdom minimale weerstand
van hulle verwag kon word. Hulle is
vermoor om latere uitkenning te verhoed. Dit is onrealisties en hoogs
onwaarskynlik dat hy besluit
het om hulle te vermoor eers na hy die motorhuis of
huis betree het. Mnr Davis het verder aan die hand gedoen dat die feit dat hy
nie met 'n eie wapen daar aangekom het nie, moontlik aantoon dat die moorde, in
teenstelling met die roof, nie vooraf beplan is nie.
Ek stem nie saam nie. Hy
het goed geweet dat hy, met of sonder 'n wapen, met hulle sou kon afreken:
vide
sy aanval op Mev Enslin. Geen verdere gronde van
6/...
6
moontlike versagting is aangevoer nie en ek kan nie die bestaan
van enige vir my voorstel nie.
Daarteenoor is daar oorvloedige verswarende
faktore. Dit was 'n brutale en betreklik langdurige aanval wat helder oor dag
plaasgevind
het. (Die skokkende wreedheid van sy optrede word deur die fotos van
die lyke uitgebeeld.) Die slagoffers, bejaarde en weerlose mense,
is in hul huis
aangeval met die doel om hulle te beroof. Daar is niks in die notule om aan te
dui dat die appellant sy optrede enigsins
berou nie. In die omstandighede moet
die vergeldingselement van straf in hierdie geval vanselfsprekend 'n prominente
rol speel by
die oorweging van die aangewese vorm van straf. Die aard en omvang
van sy vorige veroordelings skakel enige realistiesevooruitsig
op hervorming of
rehabilitasie uit. In dié verband kan daar in die verbygaan net daarop
gewys word dat hy, terwyl hy in 'n
polisiesel in hegtenis aangehou was, ontsnap
het en,
7/...
7. vermoedelik in die proses, 'n lid van die polisie met 'n "skerp
voorwerp" (waarskynlik een wat hy in die polisiesel vervaardig
het) aangerand
het. In die omstandighede sal gevangenisstraf nie noodwendig verseker dat hy nie
aan sy gewelddadigheid binne, of
miskien buite, die gevangenis uiting sal gee
nie.
In al die omstandighede stem ek saam met die beslissing van die hof a
guo
, naamlik, dat die doodvonnis die gepaste straf is.
Die appèl word van die hand gewys.
M E KUMLEBEN
APPeLREGTER